• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Koffie?

Started by Anton Louw, August 08, 2018, 09:06:07 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Anton Louw

Goeiemôre  almal wat nog hier gaan inloer en lees vandag! Julle moet 'n lekker Vrydag en naweek he!   :toothy4:
Koffie vir enigiemand?   :coffee2:
Kamp is koning!

adele

Vir my seblief! Ek's kom kyk of als in orde is by my huis, plante water gee, honde aandag en kos gee, dan Bloemfontein toe. Hoopglo Chris more ontslaan word. Mooi dag julle en almal wat so spookagtig hier rondloer.
adéle  :grommit:

PM

Ek het nou 'n proetjie aan elke koppie koffie gevat en al Raaitjie se "sagte-mannetjie" opgevreet.   :icon_biggrin:
Ons het die naweek wat verby is 'n troue bygewoon in Manzi Maninge, net so 4 kilometer verby Dube en so 'n entjie voor Dikololo.  Ai, wat 'n slegte pad om te ry.  Dube is darem nader aan die teerpad. 
Om te weet is om te verstaan.

Anton Louw

Quote from: PM on January 11, 2019, 06:22:37 PM
Ek het nou 'n proetjie aan elke koppie koffie gevat

En?  Wie maak die lekkerste koffie   :icon_bigsmurf:
Kamp is koning!

PM

Wil jy my nou tussen die pan en die vuur se vlam plaas?  Enige koffie is beter as geen koffie nie.  (Ek wil  'n vet glimlag hier plaas, maar vandag werk my gatseggies weer nie.)

Die laaste twee weke wil ek nie oor hê nie.  Dit was net een dolle gejaag van bakboord na stuurboord om ons aansoeke vir ons visums ingehandig te kry.  Op die ou einde het ons dogter in NZ gehelp om dit aanlyn te doen.  Ons moes hier ons paspoorte gaan wys vir 'n fooi van R505.00.  Nou wag ons net. 

My rekenaar het gekalf, nie soos in 'n nuwe neukenaartjie te kry nie, maar soos inmekaar getuimel.  Mense, wat 'n gemors om al die data weer terug te kry.  Vandag is dit aan die werk, ek moet net 2uur met Andre skakel om die uitgaande pos reg op te stel, dan is ek aan lyn. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Jy hoef nie te kies nie liefste PM'pie - hou net jou koppie en se 'vul op sebliefie en dankie'  :coffee2: :notworthy:

Anton Louw

Goeiemore!     :coffee2:

Meraai ek sien julle geniet die sonkragstofie? 
Kamp is koning!

Meraai vannie Baai

Arig Anton. Arig. Ek stap so gemiddeld 5 000 tree stofie toe en terug net om dop te hou. Goeie oefening vir die tante en ons porsies moes natuurlik ook noodgedwonge krimp want die tonneltjie se spasie redelik beperk maar nog steeds genoeg vir kreatiewe maniere om 'n verskeidenheid met een sessie te kan gaarmaak in die son. Gelukkig het die ou van my mos die 'bargain' van twee vir die prys van 1 gekry.

Anton Louw

Quote from: Meraai vannie Baai on January 17, 2019, 08:54:51 AM
want die tonneltjie se spasie redelik beperk

Dalk tyd vir 'n groter stofie?  :icon_bigsmurf:
Kamp is koning!

Meraai vannie Baai

Ons beloer hom klaar Anton, maar sy prys op die oomblik nog scary. $900 - so ek bedink maar die proses om alles gepak te kry met die tweetjies wat ons nou het. Outop het gese hy sal dophou en as hulle so by $700 rond aangebied word sal hy koop. Op die oomblik is hulle almal uitverkoop in Aus. Baie gewild!

Natuurlik stem die ouens wat hou van hulle vuurtjie tydens kampering nie saam nie. Ons was self baie lief vir 'n vuur aanslaan en braai dit dit gaan mos hand aan hand met kamp opslaan en ontspan, maar die lewe het so efffffffens van 'n draai gegooi en die rook van enige vure nou uit soos die opsitkers van toenderjare.

Anton Louw

Wat gaan hier aan dat hier niks aangaan nie!  :grommit:
Kamp is koning!

PM

Ons het hier in Leeupoort geland met krag wat af was en dit was 'n aardigheid van yskaste en vrieskaste was.  So tussen die afpak en uitpak gaan dit maar so sit sit so.  Was en stryk en groente bewerk nog so tussen in ook.  Ons is nou so ampertjies klaar.  Moet nog net die laaste beddens skoon oortrek dan kan ons weer begin pak vir die groot trek.  Dankie vir die koffie, dit hou my aan die gang!
Om te weet is om te verstaan.

Anton Louw

Moore!     Hoe gaan dit?   Het jy lekker geslaap?  :toothy4:
Hierso is 'n lekker beker koffie  :coffee2:

Henetjie maar dit voel of hierdie jaar nou volstoom loop en of tyd nie veel kleingeld het om uit te deel nie?   Ons is doening en die tekort aan tyd veroorsaak dan nog so 'n bietjie spanning ook of hoe?   Maar dit is seker goed as 'n mens besig kan wees - solank daar darem ook tyd gemaak kan word vir verhoudings en liefde, dan behoort die saak reg te wees!

Tannie Petra - ek neem aan julle is nou veilig daar anderkant?  Geniet dit.

Lekker dag vir almal!  :icon_bigsmurf:
Kamp is koning!

Meraai vannie Baai

Dankie baie vir koffie Anton.  :coffee2: :notworthy: :icon_salut:

Anton Louw

Ek het vanoggend 40mm uitgegooi na gisteraand se reen begin val het.   Dit is nogsteeds lekker koel en nat met 'n drup drup.
My 3de beker koffie is ook al agter die blad.
Groete en lekker dag vir almal!  :toothy4:
Kamp is koning!