Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Anton Louw on August 08, 2018, 08:06:07 AM

Title: Koffie?
Post by: Anton Louw on August 08, 2018, 08:06:07 AM
Goeiedag almal!    Julle moet 'n heerlike dag beleef waarookal jy jouself bevind.
Daar is darem niks so lekker soos 'n warm beker koffie of tee in die oggend terwyl jy al die mense rondom jou groet nie!

Koffie vir enigiemand?  Tee?  Milo? 


Title: Re: Koffie?
Post by: Naas on August 08, 2018, 08:45:14 AM
Ek groetb jou met my eie koppie stomende moer in die hand. Lekker dag vir jou ook. Kamp jy die naweek?



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on August 08, 2018, 09:19:42 AM
Moerkoffie as jy het sebliefie vir my ook. Watter heerlike verrassing!
Title: Re: Koffie?
Post by: Naas on August 08, 2018, 09:22:20 AM
:coffee2:

Skuif nader Ta Raaitjie. Ons gaan nog lekker kamp saam met Anton.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on August 08, 2018, 09:24:57 AM
Naas, nee ons kamp nie hierdie naweek nie.  Ek moet so nou en dan werk ook en het 'n paar voorleggings wat teen Vrydag moet in wees en dan nog 'n moontlike vlug Maandag Antananarivo toe.   Ek sal myself maar verlustig in die ander se kamp avonture totdat dit weer my beurt is.

Kamp julle die naweek?

Hallo Meraai  :wave:
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on August 08, 2018, 09:56:59 AM
Ek het nader geskuif. Hou my beker vir nog 'n volmaak groot asseblief. Ons trektande is vir twee maande getrek hierdie kant van die aardbol. Outop woel by die kragstasie met 'n twee maande lange 'shut'. Goeie Afrikaanse woord asseblief  :icon_bigsmurf:
Title: Re: Koffie?
Post by: Anastasia on August 08, 2018, 10:13:34 AM
Ek drink glad nie koffie nie, ek hou bloot nie daarvan nie.  Maar ek is gek na die aroma.  Dus, skink vir my asb 'n lekker gegeurde teetjie. 

Naas, hoe kry jy die koffiebeker dat hy so vlieg oor die blad?

Anton, hoe sê jy jy moet Antananarivo toe gaan, al asof jy daaroor kla?  Heng, ek is so arm, ek het nie eens geweet waar dit is nie!  Ek moes vir Oom Google loop vra het waar dit is.  Wat 'n paradys!
Title: Re: Koffie?
Post by: Naas on August 08, 2018, 10:17:31 AM
Nee Maatjie, die ou boerseun het jare laas gekamp. 2006 in Malawi. Die wil is daar maar die onderstel kom net nie meer in 4 x 4 mode nie.
Ek kamp maar in die agterplaas.
Ta Raaitjie ek weet nie wat daai Ausie shut beteken nie. As Ta Raaitjie dit in 'n ingelse sin sit sal ek dalk daar Afrikaans kry.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Koffie?
Post by: Naas on August 08, 2018, 10:22:03 AM
Roep die bekertjie by die Gatvreetjies, "highlight die woord wat opkom en kies die M wat so heen en weer hardloop by die gatvreetjies.
Jy kan enigiets so laat hardloop.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Koffie?
Post by: Anastasia on August 08, 2018, 10:24:05 AM
Naas, ek wou nou net my stert in 'n krul ruk.  Gedog ek het nou weer vanoggend my onsigbare kleedjie aan!  Gedog jy ignore my.  Dankie vir die instruksies.  Kom ons kyk of ek dit regkry.   :sunny:
Title: Re: Koffie?
Post by: Anastasia on August 08, 2018, 10:25:08 AM
Sonnetjie wat travel Take Two!   
:sunny:
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on August 08, 2018, 10:25:24 AM
Ek weet ons mater Anastasia is nie kampliefhebber nie maar ons wieletjieshuis hier in Australia is so gerieflik dat ek nie eers die pandok mis nie. Ons het die voorreg gehad om nou al twee keer te toer saam my sus en swaerie (uit SA) en hulle 'n bietjie te bederf tussen die kangaroos en bloekoms. Soms bederf ons onsself en boek in by 'n karavaanpark naby ons kinders op die Goue Kus sodat hulle ook saam kan kom ontspan, maar meestal is dit gratis- of boskamp waar ons omring is met skoon vars lug!

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/wielietjieshuis%20slaapkamer.jpg)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/wieletjieshuis%203.jpg)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Wieletjieshuis%202.jpg)

Die lekkerste deel is die buite-kombuis wat uitskuif, daar is ook 'n klein yskas om jou drankies koud te hou as deel van die opset.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/wieletjieshuis%20buitekombuis.jpg)

En ek kan vir julle lekker kampkoffie ook maak  :icon_biggrin:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Kamp%20koffie.jpg)





Title: Re: Koffie?
Post by: Anastasia on August 08, 2018, 10:26:58 AM
Jippie, ek het iets nuut geleer.  Dankie Naas Smurf.  Ek het nie 'n Noorderliggie hier gesien nie, die sonnetjie is seker dan maar 'n substituut.  (Heng, lees die woord versigtig, netnou maak jou tong 'n fout!) :laughing7:
Title: Re: Koffie?
Post by: Anastasia on August 08, 2018, 10:28:32 AM
Meraai, as ek so kon kamp het ek permanent gekamp!  Maar helaas is ons te arm hier
Title: Re: Koffie?
Post by: Naas on August 08, 2018, 10:28:52 AM
Moet gou my beter helfte Dr toe vat. sal nou eers stil raak.
Noordliggie, jy moet geduldig wees met my. Onthou mybrein werk nog met pramfien en dis koud hier by ons.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on August 08, 2018, 10:30:34 AM
Naa, ek wil nou daai 'shut' beduie en hier moet mens ook versigtig lees anders klink dit of Outoppie droog maak en plaas van al die instrumente  uithaal, herprogrammeer indien nodig, weer installeer en kalibreer wat so kragstasie bedryf aan die gang hou. Vir twee maande lank word alles 'gestrip, gefieks en teruggesit'. Shut klink korter hahahah.
Title: Re: Koffie?
Post by: Anastasia on August 08, 2018, 10:32:55 AM
Ek hoor dis bra koud daar sonder pramfien!  Hie hie.   >:D >:D
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on August 08, 2018, 10:39:39 AM
Ek giggel onbedaarlik. Daardie woord van jou het my gedagtes ophol Anastasia  :icon_bigsmurf: en op die vrolike noot gaan ek inkom vir landing. Dit is pure nag hier by ons en ek het by tafeldek uitgekom en verder elke paar minute hier kom inloer. Outop geniet gelukkig nog 'n rooietjie en loer na wat op sy poskoets beland het. Dankie vir die koffie Anton. En ook al die saamkuier met ons maats soos van ouds. My hart klop warm vanaand.
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on August 08, 2018, 10:40:24 AM
Dankie Anton, ek hou my groot beker.  Swart sonder suiker asseblief.  Ek is koffieverslaaf.  Ek sal ook meer wil weet van "daai plek".  :icon_biggrin:


Raaitjie,  Hannes sê dit is seker 'n instandhoudings uitskakeling.  (Maintenance shut down)


Hier waar ons in Leeupoort woon het ons gewoonlik so twee tot drie dae 'n week "kamp" wanneer eers die krag en dan die water, of die krag en die water af is.  Dan gaan haal ons water by die watertenk en maak kos op die vuur.  Gewoonlik maak ons 'n vuurtjie saans en maak 80% van ons kos daarop.  Iemand wat wil kom saam kamp?
Title: Re: Koffie?
Post by: Anastasia on August 08, 2018, 10:53:39 AM
Hannes is 'n slim en wyse man, hy kom seker uit die Ooste  - PM hier op die suidkus is ons kort kort sonder water en/of krag.  So frustrerend
Title: Re: Koffie?
Post by: Naas on August 08, 2018, 10:54:40 AM
Stem saam PM. Instandhouding is die woord. Ongelukkig word dit deesdae hier by ons met 'afbrand' verwar.

Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on August 08, 2018, 11:38:23 AM
Val ek amper agteroor en dink ek is op kampforum toe ek meraai se mooi wa foto's sien.  Julle kamp in styl daar anderkant (-:

Anastasia, ek was al in Tana, ek vlieg eintlik Majunga toe in die noordweste en kom weer Donderdag terug.  In Majunga oornag ek waarna ek dan verder suidwes vlieg met 'n klein vliegtuigie.   Ek gaan na 'n groot garnaal plaas om 'n voorlegging te doen.  Slaap een nag op die garnaal plaas en dan weer die tog terug Tana en Oliver toe! (-:   Dit is werk, weg van my vrou en seuntjies af, alleen.

PM ek is bly ek het 'n koffie maatjie gevind   :headbang:

Vir Naas en die ander wie graag wil sien hoe kamp ons:    https://www.kampforum.co.za/node/25      (glad nie so grand soos tannie meraai  nie)     

Nou moet ek weer werk en seker by die ander forum ook gesels, hulle gaan afgeskeep voel.
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on August 08, 2018, 11:45:00 AM
Ek wou nog noem, hierbo wou ek Shrimp geskryf het, maar te danke aan julle raad het ek die moeite gedoen en dit gaan vertaal na garnaal.  :icon_salut:
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on August 08, 2018, 12:09:36 PM
Garnaal... dit rol so lekker van kies tot kies. Ek het jou wrintiewaar vergeet wat dit in Afrikaans is. Dankie Anton  :notworthy: :hello2:
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on August 08, 2018, 12:53:53 PM
Dit is wonderlik dat jy werklik mooi suiwer Afrikaans wil skryf en praat. Ons sukkel soms self om stil te staan en die regte woord toe "soek".  Dit is egter elke ou se eie voorkeur en ons sal niemand daaroor veroordeel nie. 
Title: Re: Koffie?
Post by: Anastasia on August 08, 2018, 02:20:28 PM
Mensig, Anton, maar jy IS deftig met jou afrikaanse woord vir shrimp.  Ek het amper gedog 'n garnaal is 'n grootkop in die weermag.  Gewonder of ek 'n saluut moes doen :police:
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on August 08, 2018, 11:28:44 PM
 :angel4: Ek het amper gedog 'n garnaal is 'n grootkop in die weermag.  Gewonder of ek 'n saluut moes doen :police:

My lagpil vir die dag in. Anastasia - drukkie vir jou mater!
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on August 09, 2018, 05:36:43 AM
Goeie more afrikaanse forum!   Julle moet almal 'n heerlike dag he!   Hier by ons waai die winde, dit is nou in Centurion.

Koffie?  :coffee2:
Title: Re: Koffie?
Post by: Anastasia on August 09, 2018, 06:59:05 AM
Baie dankie vir die wakker word koffie.   
:coffee2:
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on August 09, 2018, 07:04:26 AM
Ek het vir jou tee gemaak Anastasia. :angel12:
Title: Re: Koffie?
Post by: Anastasia on August 09, 2018, 07:07:16 AM
Inderdaad 'n man wat luister.  Dankie :hello2:
Title: Re: Koffie?
Post by: Naas on August 09, 2018, 07:48:02 AM
:wave: :hello2: :headbang: :coffee2: :headbang: :hello2: :wave:


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on August 09, 2018, 08:17:01 AM
Myne gou kom haal. Dankie baie baie  :notworthy: hierdie kant is die :sunny: besig om te sak. Geniet julle dag maters. Ek is besig om vetkoek te maak - en voor ek die maalvleis verbrand, kom groet ek tot DV more weer.
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on August 09, 2018, 09:05:26 AM
Julle moet 'n heerlike aandjie geniet met vetkoek.
Title: Re: Koffie?
Post by: adele on August 09, 2018, 12:41:59 PM
Hallo lief PM, Raaitjie, Anastasia, Anton en my liewe Boet Naas ... en almal wat saamlees ... PM, ekke wil saam kamp, ek bring net nou my bekertjie vir koffie, met genoeg melk in seblief.
Ek is sowaar af van diens af, kan jul glo, het verlede naweek gewerk. En met my volgende aan diens-naweek oor drie weke, is ek 'n paar dae met verlof. Chris se kinders het 'n kuier beplan ... ons bid dat dit sal realiseer  (dinge werk nie altyd uit wanneer die gees nie so gewillig klink nie)

In elk geval, eishhhh, hierdie Vrystaat gaan môre en Saterdag die koudste naweek hierdie jaar ingaan, sien ek, en dit nou hierdie langnaweek wanneer ons weer volkspele-maraton hou. Ons begin môre-aand teen 7 uur speel, regdeur tot Saterdag laatmiddag. En laat ek jul vertel, van 3uur Saterdagoggend tot na sonop, kan ons ons nie eers warm speel nie, daai koue dring deur murg en been. So huppel gaan ons huppel  :toothy4: Maar agter die klavier wikkel ek my toe met "leg warmers", warm moffies en kombers. En genoeg warrrm koffie.

Title: Re: Koffie?
Post by: Anastasia on August 09, 2018, 07:00:44 PM
Interessant, Adel.  Ek het volkspele laas op skool gedoen!  Nie geweet dit word nog aktief gedoen nie.  Dit was darem lekker, hoor!  Is jy in verpleging, of slaan ek die bal mis?  Dankie vir die vrolike geselsie
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on August 09, 2018, 11:12:45 PM
Ek het al van Adele se volkspele fotos/videos gesien. Mensig dit bring soveel heimwee terug! Hoop ons gaan weer bederf word met 'n paar.
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on August 10, 2018, 07:59:33 AM
Goeie more almal!   :hello:  Julle moet 'n gatskop dag en naweek beleef ASB!

Hier by ons waai die winde dat die dak plate oplig .

Groete

Voortrekker
Title: Re: Koffie?
Post by: Anastasia on August 10, 2018, 08:08:16 AM
Baie dankie.  Hier by ons op die Natalse Suidkus is dit ook reënweer en grillerig grou as ek by die venster uitkyk na die see toe.  Glad nie 'n lekker dag vir mens se rumatieke nie!  Mooi dag en naweek ook vir julle daar, en al my verbeeldingsmaters hier
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on August 11, 2018, 06:25:39 AM
Goeie more maats!    Dit is Saterdag, ek hoor die voeltjies sing!  My vriende in die Oos Kaap het baie reen gekry na soveel lang maande / jare van wag en hoop dat ietsie moet val.

Goeie more Anastasia!    'n Lekker teetjie vir jou?   Ek gaan nou 'n 2de koffietjie bou  :coffee2:
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on August 12, 2018, 06:45:57 AM
Dit voel of ek soos 'n klip geslaap het, lekker.    My oge voel toe en nog vol sand.  Die ketel kook.    Waar is my pantoffels!

Kan ek skink vir enigiemand?  :coffee2:

Goeiemore!
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on August 12, 2018, 07:47:56 AM
Lyk my almal voel nog soos jy  :icon_biggrin: Ek hou my beker. Maak maar vol asseblief en dankie  :notworthy:
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on August 12, 2018, 08:07:01 AM
Hallo Meraai.    Jy moet lekker slaap?   Amper alweer tyd om op te staan!
Title: Re: Koffie?
Post by: adele on August 12, 2018, 08:22:53 AM
More liewe almal, voor ek my Sondagstukkie skryf (al heeeltemal te laat, maar ek was nog te moeg) groet ek gou. Ek is nog by die kinderinne op Brandfort om 'n kuiertjie ook in te werk.
Ons het ook Donderdagnag in en om die dam en die dorp +/- 30 mm reën gehad, dis 'n wonderlike genadedag so in die begin van die laatwinter. Maar wraggies, koud het vrydagnag 'n nuwe betekenis gekry. teen 3-uur was die ys 5mm dik op die voertuie se ruite. Maar ons het oorleef en sien nou weer uit na volgende jaar.
Maak julle dag mooi, geniet die sën en genade as dissipels van Christus, vertel in jul lewe vir almal wat jul teëkom van sy Liefde en Vreugde. Daar is baaaie mandjiesvol daarvan, jul moet skep soveel jul nodig het. Moet net nie mors daarmee nie. Deel dit uit saam met 'n glimlag aan elkeen wat nie hul eie het nie.
Title: Re: Koffie?
Post by: Anastasia on August 12, 2018, 10:11:33 AM
Goeie more maters, ek is ook by, my middagete is al amper klaar gekook. 

Ja, Anton, ons woon op die rand tussen KZN en Oos Kaap se grens, so 3km vanaf die Wild Coast Sun.  Ons het heel naweek goeie reëns gehad.

Julle moet 'n heerlike Sondag geniet, almal, en Meraai, lekker slaap
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on August 12, 2018, 10:18:18 AM
Dankie vir die koffie Anton. Dit is nou 6.17 Sondagaand diekant van die aardbol. Weet julle, ons is werklik geseend om so in die kuberruim te kan kuier. Adele dankie mater, ek het kom skep vanuit die mandjie. Anastasia, ek het my amper verbeel ek ruik jou Sondagkos. Soos ek nou net iewers geskryf het, die ouvrou gaan nou in die kooi kruip met Outop se pilletjie (tablet) en vir my 'n mooi fliek soek om te geniet. Hy kyk onder in die grot na 'n skop-skiet-gedoente, so ek hou verby. Nie gebou vir sulke dinge nie  :icon_bigsmurf:
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on August 12, 2018, 10:43:19 AM
"3km vanaf die Wild Coast Sun"

Ek weet baie goed waar dit ongeveer is.    Laat my dink aan 'n ware storie, toe ek en ouboet as jong verlorenes die land getoer het met rugsakke.  Ons was oppad Durban toe, noordwaarts geryloop na 'n week by Grahamstad se kunstefees.   Geen geld nie, dood honger wetend dat daar 'n maaltyd wag in Durban by vriende se huis.

So met die ryloop tel 2 Indiers in 'n bakkie ons op.  Ons 2 agterop, saam met een groot pynappel! 

Hulle stop toe juis daar by die Wild Coast Sun om seker die kele te gaan nat maak en geluk probeer by die slotmasjiene?  Ek en broer agter op die bakkie moes maar sit en wag, met water in ons ou army waterbottels, saam met die groot pynappel.

Die pynappel het nie lank gehou nie, en die soet sap was die skuld gevoel die moeite werd, of was dit?

Nou ja, soos die storie loop, nadat die 2 Indiers klaar is met hulle dinge by die Casino, was dit toe weer verder Noordwaarts, met nog net een stop - en ek het gewonder hoekom hulle met 'n oop bakkie ry sonder vrag?

Sowaar!  Pynappel plantasies.   Laat ek dit so stel, ons het baie pynappels verslind daardie dag, maar die pynappel wat ek nooit sal vergeet nie is die een wat ons by die Wild Coast sun geeet het. (-:

....  ons het toe by Durban uitgekom, saam met 'n vrag vol pynappels.
Title: Re: Koffie?
Post by: Anastasia on August 12, 2018, 08:20:01 PM
Lekker lees ek aan die vertelling nou!  Ja, ons het 'n pragtige plekkie geseend gewees om te bekom met ons ou pensioengeldjie.  Beide ek en manlief was al ons jare lank in die onderwys, en het altyd hier kom vakansie hou.  Elke liewe vakansie gery en na huise gekyk, en gedroom (al het ons gedink dis 'n onbekombare droom, met onderwys salarisse soos dit was).  Met aftree het ons styf oge toegeknyp en die sprong gewaag.  Ons geniet dit hier, veral die plek van ons, absoluut ongerep en eenkant.  Maar, daar is mos maar altyd 'n slang in die paradys.  Ons het so nege maande gelede wonderlik ontkom van 'n nare 'home invasion'.  Maar ons laat nie toe om verdryf te word nie.  Groot gat in ons spaargeldjie later, is dit nou 'n Fort Knox.  En hoop ons maar vir die beste. 

Ken die pynappels van hier se kant.  Dis 'n ander pynappel as enige ander.  Ek kook ook so aan die kant konfyte en chutneys, en pryk dit op al die klein padstalletjies en winkeltjies hier op die soom langs die kus se rakke.  My pynappel konfyt is uiters gewild.  As jy die prop oopmaak gryp daardie geur jou vas aan die neusvleuels!  Wens ek kon met julle almal deel.
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on August 12, 2018, 08:36:31 PM
"was al ons jare lank in die onderwys"

Laat my nou wonder?   Was julle Afrikaanse onderwysers? 

Naas, as jy hier lees.   Was jy Afrikaanse onderwyser op HTS?
Title: Re: Koffie?
Post by: Naas on August 12, 2018, 08:52:57 PM
Ek het tekeninge en kuns en kultuur gegee. Is tans engineer dosent by Westcoast College.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Koffie?
Post by: adele on August 12, 2018, 09:23:01 PM
As mens nie dadelik iets kan antwoord nie, dan vergeet ek. Anastasia, iewers het jy gevra wat ek doen ... skuus ek antwoord sommer nou hier. Nee, al het ek voor my eerste troue verpleeg, is ek nie daar nie. Ek is assistentbestuurder by 'n vakansie-oord in die Vrystaat, langs Aldam. Ons is deel van Vrystaat dept Toerisme.
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on August 12, 2018, 09:30:31 PM
"vakansie-oord in die Vrystaat,"

Wat is die naam van die plek Adele?
Title: Re: Koffie?
Post by: adele on August 12, 2018, 11:05:08 PM
Willem Pretorius-oord ... moet net nie daaroor opgewonde raak nie  :nono:
 Ons is nog deel van die wildreservaat om die dam.
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on August 13, 2018, 11:56:10 AM
Hier kom ek ook nou aangehuppel.  Ons internet was drupsgewys die naweek.  Wanneer dit langnaweek is word die plekkie oorval met naweekgangers en ek reken dit is al die kinders wat rekenaarspeletjies speel.
Dit gaan my verstand te bowe dat mense van die stad af kom om hier tussen die diere en die natuur te kuier en die kinders sit in die huis, die hele naweek!  Die afkoppiegenerasie. 

Ek hoop julle het almal 'n wonderlike naweek gehad. 
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on August 13, 2018, 12:09:29 PM
En op hierdie kuierende noot, kom ek vanaand vir eers groet. Daar is nog koffie in die kan en 'n lekseltjie room, as jy vinnig spring is daar dalk nog twee of drie van die skons oor  :icon_biggrin:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Koffieenskons.jpg)

 :love7: :wave:
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on August 13, 2018, 12:15:03 PM
Ek gryp gou enetjie!  Dankie lief matertjie.  Geniet jou aand en lekker slap. 
Title: Re: Koffie?
Post by: adele on August 13, 2018, 01:59:15 PM
Dit gaan my verstand te bowe dat mense van die stad af kom om hier tussen die diere en die natuur te kuier en die kinders sit in die huis, die hele naweek!  Die afkoppiegenerasie ......  :dontknow:  :crybaby2: Mense vra baie wat hulle hier kan kom doen, wel, nie veel as jy nie hou van die natuur en diere nie ... net swembad en visvang. En kan die kinders kla?

En dan, ja, die ander 'generasie' (kom ons noem hulle maar so)  :crybaby2:  hulle weet van onkapabel drink, sommer al so hier aankom, baklei, eis, beskuldig as ons reëls probeer toepas ... o ja, hulle is meesters daarin .... staan agter die deur en soek ons ook daar. En dan musiek, ons is o.a. teenaan die wildreservaat. twv om mekaar as besoekers te konsidereer, het ons nie musiek toegelaat nie, tot  sekere mense ons met 'n hengse bohaai by ons hoofkantoor verkla het, nou los ons alle mense, laat hul doen wat hul wil, musiek ingesluit. He he, toe baklei van hulle groepe eendag en kom verkla mekaar, want elke groep se musiek pla die ander. Ons het 'n dowe oor gedraai. As jy gekonsidereer wil word, pas dit ook teenoor ander toe .... dan nie?

Hier het ons dieselfde ondervindinge, PM, besige tye is ons internet baie swak, en met die groot privaatvakansie-oord langs ons, staan ons geen kans oor langnaweke en piektye nie.
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on August 13, 2018, 02:13:28 PM
Ja, dit is regtig onaangenaam.  Gelukkig is ons sekuriteit baie kwaai en as iemand hom nie kan gedra nie word hy van die plaas af verwyder.  Dit is relatief stil en rustig.  Gelukkig het ons nie daardie ander generasie hier by ons nie. 
Die internet wat so stadig is, is werklik 'n irritasie.
Title: Re: Koffie?
Post by: Anastasia on August 13, 2018, 04:45:05 PM
Hier antwoord ek almal nou so van 'n luisie (pun intended) op 'n punt af:

Adel, dankie en interessant.  Ek het as kleine dogtertjie van 5 my alie afgeval by die Willem Pretorius vakansie oord!  Letterlik!

Anton, nee, my man was Geografie onnie, maar laaste jare hoof en adjunkhoof.  Ek het Engels doseer.  Ek is 'n Afrikaanse Griek wat Engels gegee het.  Lekker lag ek.  Ek skryf gemakliker in Engels, vandaar sal jy sien op die blad waar ek gedigte plaas, dat baie in Engels is.

Meraai, jou koffie lyk alte heerlik!  ek sit graag aan!

PM, dis die milleniums.  Net hulle ma's kan hulle liefhê!
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on August 14, 2018, 03:13:15 PM
Ek stem saam met jou Anastasia.  As 'n mamma haar bosbokkie melk gee en jy stel nie belang om te kom kyk nie, hoort jy nie in die bos nie. 
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on August 17, 2018, 10:09:23 PM
Goeienaand vriende!

Ek is terug vannuit Madagaskar en het julle baie gemis!

Ek hoop dit gaan goed met almal?
Title: Re: Koffie?
Post by: Naas on August 17, 2018, 10:59:01 PM
En ek dag jy's in Nederland. Naweke fraak dit maar stillerig hier rond.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on August 20, 2018, 01:30:54 PM
Hallo Anton.  Bly om jou veilig uit en tuis te hê.
Ja, naweke hier in Leeupoort is die opvangs maar beroerd.  Ek sou graag meer hier wou kuier, maar soms is dit net nie moontlik nie.  Ons het 'n "long drop" vol geld spandeer om die sein te versterk, maar aan die einde van die dag was dit nie die probleem nie. 
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on August 21, 2018, 06:33:55 AM
Lekker lekker, dit voel vir my die winter seisoen het begin draai.  Alhoewel ons dalk nog 'n verrassing van koue kan kry?

Julle moet 'n heerlike dag beleef!   Kan ek koffie of tee skink?  Daar is vanoggend heerlike Ouma beskuit ook as julle vinning genoeg is.

Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on August 21, 2018, 06:44:37 AM
Uitasem maar ek's hier. Daardie beskuit mis ek vir niks. Dankie baie Anton. Hier is my beker... maak maar vol dankie.
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on August 21, 2018, 06:54:18 AM
Daarshy ... geniet hom Meraai.  :coffee2:   Gaan jy vir ons Omelet maak? 
Title: Re: Koffie?
Post by: Anastasia on August 21, 2018, 07:15:50 AM
Julle kan sommer hier by my insleep vir 'n lekker ontbyt.  Ek moet elke oggend 'n grooooot ontbyt maak.  My seun eet BAIE want hy doen mos sterkman kompetisies.  Dis juis weer die 27e September 'n groot kompetisie by Matlatiele, hier in die Oos Kaap.  Dis altyd ons twee se lekker 'uit' naweek, want ons bly sommer daar in die Royal Courtyard oor.  Klein ou dorpie, maar amper met 'n Pelgrimsrus tipe charm.  Ja nee, die ma ondersteun erg met kosse en daar wees.  Maar dis so MOOI sport, met MOOI  deelnemers.  En ek bedoel nie 'daardie' mooi nie, almal kon my seuns gewees het.  Dis die grootste manne, met ewe groot harte.  Wens julle kan sien hoe mooi hulle almal met hul vrouens, kinders en ouers is.  Spesiale kaliber mense daardie.  En glad nie afgunstig kompeterend nie.  Moedig mekaar erg aan, en is vreeslik omgee oor nuwe manne wat begin.

Maar ek dwaal af, hier is reuse ommelette vir almal vanmore op die spyskaart.
Title: Re: Koffie?
Post by: Anastasia on August 21, 2018, 07:17:15 AM
Skuus, Matatiele ...
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on August 21, 2018, 07:26:50 AM
Goeie more Anastasia!
Title: Re: Koffie?
Post by: Anastasia on August 21, 2018, 10:24:35 AM
More Anton.  Kry 'n skeppie
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on August 21, 2018, 12:48:46 PM
Ons dooi oor omelet, ek kom dadelik 'n skeppie kry mater  :love7: Jy mag maar trots wees op daardie blok van 'n seun hoor XXX
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on August 21, 2018, 04:57:13 PM
Ag nee!  Julle het alles opge-eet!  Ek hoop ek kan more vroeg eerste by die kospotte wees.  Vandag was besig.  Ek kry gaste vir aadete en het net gou kom inloer voor hulle opdaag. 
Dit is in elk geval te laat vir koffie, hier is 'n lekker groot "magnum" vol rooiwyn.  Help julle self.  (Ek swaai my stêre)
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on August 21, 2018, 05:01:27 PM
"te laat vir koffie"     Nie hier by my nie.

Lekker aand vir julle en julle gaste Petra, geniet die wyn!  :bootyshake:
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on August 21, 2018, 05:04:51 PM
Waar is jy dan nou weer matertjie?
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on August 22, 2018, 05:45:43 AM
Ek weet nie wie dwaal waar nie maar as jy hier verby kom, ek het roomyskoffie gemaak (okay, ek weet dit is nog winter - dalk is die roomys gesmelt as jy hier aankom en dan het jy net roomkoffie)  :icon_biggrin:
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on August 22, 2018, 11:42:21 AM
Is daar nog van daardie roomys koffie oor?

Goeie dag almal!   Julle moet soet wees asb!   Lekker dag. (-:
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on August 22, 2018, 11:58:47 AM
Jy is gelukkig Anton. Nog enetjie oor...

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Roomyskoffie.jpg)
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on August 22, 2018, 12:41:34 PM
Oooooh lekker lekker lekker lekker !   Dankie Meraai (-:
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on August 23, 2018, 05:12:20 AM
More more!   Nog 'n omwenteling rondom die son, en wat 'n voorreg om so 'n klompie saam met julle ook te doen (-:

Ek maak koffie, so bring jou beker en ek skink vir jou!

Mag julle elkeen 'n heerlike dag beleef en mag die voorspoed julle verveel!
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on August 23, 2018, 05:39:25 AM
Dankie vir die vervelige voorspoedwense (hahahhaha lekker gegiggel vir daai ene van jou) en die koffie mater Anton. My beker gehou hoor...skies ek bewe so dit is vrek koud diekant van die aardbol.
Title: Re: Koffie?
Post by: adele on August 23, 2018, 09:13:50 AM
Ekke kom ook myse bekertjie hou, nog kruppel van tuinwerk, maar baie lus vir keelnatmakertjie en srukkie beskuit ...
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on August 24, 2018, 04:07:23 PM
Goeie middag matertjies.  Die lewe jaag nou so by my verby ek kry net nie kans in die oggend om te kom saam kuier nie.  Hannes het mos 'n kweekhuis laat oprig en dit hou my aan die gang hoor.  Hier is vir julle elkeen 'n rankmalvatjie om die dag op te kikker.  (liefies)
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on August 28, 2018, 07:04:37 AM
Goooood morning South Africa!

Kom ek skink vir jou 'n lekker beker koffie ag toe!   

As jy ooit gedink het die heelal en sterrestelsels en Nebula en planete is ongelooflik,  weet asb  dat JY as lewende denkende wese wat al hier dinge kan sien , bevraagteken en bewonder is baie meer Awesome en die grootse wonderwerk van 'n skepping ooit!
Yip, al is jy net 'n spikkel stof, is dit wat binne in jou wese aangaan en wie jy is BAAAIE groter en meer amazing as enige sterrestelsel, sonnestelsel of planeet wat bestaan.

Lekker dag vir almal!
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on August 28, 2018, 07:06:49 AM
Pragtige opbouende woordspore wat my hart verbly. Ek hou soos gewoonlik ook my beker. Maak maar vol sebliefie Anton. PM ek gaan dadelik my rankmalvatjie plant.

 :hello2: :icon_salut::coffee2:
Title: Re: Koffie?
Post by: adele on August 28, 2018, 01:31:31 PM
Daai rankiemalva kry ereplek, PM, dankie baie.
Hoe lief ek jou woorde, Anton. Laat my weer die wonder bedink wat ek kry by Louie Giglio se video "How great is our God" Ek kan dit elke dag kyk.
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on August 29, 2018, 06:38:48 AM
Goeie more afrikaners!

Wie stook nog 'n meel sakkie met moer oppie stoof?   Ai hoe verlang ek na my pa!

Ek hoor gister, daar is net 2 tipes mense?   Faktap ingeligte mense   en Faktap oningeligte mense  :dontknow:
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on August 29, 2018, 07:17:06 AM
Soms is ek die een, dan weer die ander Anton.  Oor die meelsakkie vraag: ek stook nog gereeld moerkoffie maar het ongelukkig nie meelsakkie nie. As ek gehad het, sou hy verseker in 'n craft projek omskep was hahahahaha. My ouma het vadoeke gemaak van dit en ek onthou haar doekpoedings op die koolstof. Oi, verlang ek ook nou. Ek gaan gou vir ons ietsie lekkers haal saam die koffie hoor. Hang aan...

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC08623.jpg)
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on August 29, 2018, 07:40:35 AM
Yummy!    Dit lyk darem lekker.  Dankie!
Title: Re: Koffie?
Post by: Anastasia on August 29, 2018, 09:28:20 AM
So van koffie moer en meelsakkies gepraat.  My man vra of julle die kuns ken met kampeer van  blykbaar 'n kooltjie in die koffiekan gooi?  Dit laat my amper losbreek en uit volle borste sing:  Jan Pierewiet, Jan Pierewiet!  ...
Title: Re: Koffie?
Post by: adele on August 29, 2018, 09:32:48 AM
Kooltjie inni koffiekan? Vertel seblief daarvan.
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on August 29, 2018, 10:59:11 AM
My plek ook geboek vir daardie vertel. Groot asseblief en dankie  :hello2:
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on August 29, 2018, 01:32:22 PM
Nee ek ken ook nie die kooltjie in die koffiekan nie?
Title: Re: Koffie?
Post by: Naas on August 29, 2018, 03:54:49 PM
Ai, nou's ek weer terug op die plaas. As die moersak (dis die flenniesak waarin die moer in die koffiekan gehou is) begin oud en stukkend raak het van die koffiemoer in die blikbeker beland en dit kan nogal die koffie bederf. 'n Warm kooltjie word dan in die beker (of die kan) gegooi. Die kooltjie het die moer laat afsak na die bodem en die koffie kon moerloos geniet word.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on August 29, 2018, 11:27:48 PM
Nooit te oud om te leer nie! En dit so kuier-kuier om die koffiekan. Hou julle bekers, ek maak vol.  :coffee2:
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on August 30, 2018, 06:44:37 AM
Baie dankie vir die verduideliking naas.     Die naaste wat ek deesdae aand die idee van daai moerkoffie smaak kan kom is om die koffiehuis sakkies (soos tee sakkies)  te gebruik.
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on August 30, 2018, 11:13:03 AM
Hier is my beker, maak maar vol.  Dankie.  Die laaste paar dae was 'n uitdaging en nou sit ek hier en dink ek kan opvang, maar nee, nou kry ek gaste.  Sal maar saam koffie drink tot die klokkie lui.  Niks boude vandag nie.  Ha-ha.
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on August 31, 2018, 04:08:33 PM
O aarde!   Ek sien dit is al 4 pm en ek kom loer nou eers hier in.   Ag jammer dat ek julle so afskeep.  Ek het 'n middag slapie gevat tussen 2 tot 3  en toe bel my baas my wakker.    Ek het toe eers gou 'n vinnige koffietjie gemaak om my weer reg te ruk voor ek hom teruggeskakel het.

Julle moet 'n lekker Laaste Winterdag he!
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on September 01, 2018, 05:50:22 AM
Goeie more op hierdie 1ste September 2018.    Ek het daai lekker feeeeeling in my.....   Dit is die Lente feeeeeling ...!

Julle moet 'n awesome dag en Lente beleef!   Kan ek die ketel maar weer kook vir 'n koffietjie vir enigiemand?
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on September 01, 2018, 07:30:38 AM
Ek steek nog so paar kole in die vuur. Jy kan maar die ketel nader skuif  :coffee2: :hello2:
Title: Re: Koffie?
Post by: adele on September 01, 2018, 07:51:41 AM
Selfde hier ... ek dwaal deur die gang, stoep .. tuin ...wissrl kopikofi af met 'n teetjie .... maak jul dag ekstramooi ... dis 'n mooi dag hier  :love7:
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on September 02, 2018, 12:35:59 PM
Dit was Vadersdag diekant van die aardbol. Daar is nog so paar pannekoekies oor van Outop se treat - dalk raak iemand wat hier verby kom dors en honger  :coffee2:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/vadersdag%20treat%208.jpg)
Title: Re: Koffie?
Post by: Naas on September 02, 2018, 12:48:59 PM
Ek het klaar gegaps. Dis prentjielekker. Dankie Ta Raaitjie.


Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on September 02, 2018, 01:57:14 PM
Oooh donner dit lyk lekker!
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on September 04, 2018, 07:11:54 AM
Hallo Almal!   Dit is Dinsdag en lyk vir my tyd wil vir niemand wag nie.   Lekker dag vir ieder en elk!
Koffie?
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on September 04, 2018, 07:14:13 AM
Smaak my mos al wat ons deesdae op die forum doen is koffiedrink al om die kampvuurtjie. Lekker man. Lekker! Ek hou my beker Anton, maak maar vol asseblief en dankie in een asem. :coffee2: vandag is daar niks te eet by van my kant af nie - die ouvrou craft weer vir 'n slag en dan vergaan hoor en sien. Maar vir koffie steel ek tyd!

When my blood runs black as the moonless night
and my heartbeat sounds as the warriors’ march
only then may you say
I’ve had enough coffee!


Anonymous
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on September 04, 2018, 09:16:46 AM
Dog ek by myself, laat ek gou weer hier inloer en 'n drukkie los vir wie ook al verby kom en bietjie alleen voel vanoggend. Hulle vertel dat koffie 'n taal op sy eie is. Ek het probeer om 'n drukkie in my koppie te los maar toe werk dit nie so mooi in Afrikaans nie, so.......

  :coffee2: Coffee is a hug in a mug  :coffee2:

Title: Re: Koffie?
Post by: Anastasia on September 04, 2018, 06:09:06 PM
En ek kom mosterd na die maal hier aan.  Ek het nooit geweet 'n dag se ure kan so by mens verbygesmokkel word nie.  Maar ek was heel dag, en LETTERLIK heel dag vanaf half 5 vanoggend, tot 'n halfuur gelede druk besig om van my nagraadse studente se werkstukke persklaar te kry vir inhandiging.  Dit is wanneer jy besef die werk wat jy doen is vir jou lekker.  Sonder nat of droog oor die lippe, maar lekker.
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on September 05, 2018, 07:07:05 AM
Goeie more maatjies.  Lekker dag vir julle!   
Ek moet vandag weer ingaan kantoor toe want 'n man moet ook so af en toe werk  :angel4:

Nou vir my 2de beker koffie  :coffee2:
Title: Re: Koffie?
Post by: adele on September 05, 2018, 07:24:11 AM
More Anton, ek ook oppad maar haak vas by Nadal, hy sukkel  ....  :crybaby2:  en Thiem gee hom opdraand! Maar ek moet oor 7 minute by werk wees .... dus mooi dag almal. Ek sal daar gaan koffie.
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on September 06, 2018, 08:52:56 PM
Good night!   Lekker slaap.  Ek is pootuit!   Gaan nie nou koffie drink nie.  Hierdie 2 wille wragtigs / kabouters van my trek elke moontlike stukkie energie uit 'n mens uit  :icon_bigsmurf:
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on September 08, 2018, 08:31:04 AM
Goeie more Afrikaanseforum.co.za
 Mag julle 'n heerlike Saterdag beleef.      Kan ek vir enigiemand 'n koffietjie skink?  :toothy4:
Title: Re: Koffie?
Post by: adele on September 08, 2018, 08:58:16 PM
Anton, liewers laat as nooit ... nadat ons heeldag omtrent geen netwerk gehad het nie, met gepaardgaande verlies aan internet dan ook. maar vir 'n laataand-koppikoffie hou ek my beker ... in hierdie ysige winter van 8-9 september 2018      :hello: 

Ek is heel naweek aan diens, maar gaan nou inkruip. Daar is min mense wat by ons oornag, die koue hou ook die kampeerders en hengelaars tuis .... ekke lees en skryf en kry af en toe goeie nuus en ondersteuning, so my hartjie klop-klop van vreugde want more kom Chris ook kuier  :love7:

mooi bly almal.
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on September 10, 2018, 02:31:44 PM
Dag ek loer gou in vir 'n koffietjie.  My gatseggies werk vandag!   :wav:


 :occasion14:   Skuus     :coffee2:   :coffee2:     :bootyshake:
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on September 10, 2018, 05:59:33 PM
Hello auntie Petra  :wave:
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on September 10, 2018, 11:05:43 PM
Hoera vir jou gatsiggies  :bootyshake: hou ek ook my beker  :coffee2:
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on September 11, 2018, 04:39:24 AM
Goeie môre!    Dit kom nou van 8 uur in die bed klim, dan pla die wakker 'n mens van 3uur af.   

Dit is nog lekker koel hier by ons in Pretoorsdorp na al die reen en sneeu van die Kaap.   Die ketel gaan nou kook en dan maak ek vir julle lekker tee, koffie en milo  :toothy4:

Ek wens vir jou 'n heerlike dag toe!
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on September 11, 2018, 08:06:24 AM
 :coffee2:  Mooi man, hier is my beker.  Ek vat hom die koffie, swart en sterk sambliefie.   :angel12:
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on September 12, 2018, 12:58:24 AM
En nou slaap julle (hopenlik) almal nog heerlik terwyl die ouvrou diekant dwaal en die kombuis vermy - skottelgoedwas is nie my gunsteling huistaak nie.  So ek kom bedel vir 'n heerlike koppie moerkoffie soos Petra ook van hou - sterk, swart en bitter vir my assebliefie en dankie.
 :notworthy: :coffee2:

Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on September 12, 2018, 05:37:22 AM
Goeie more Meraai.   Jammer dat ek jou moes laat wag.  Hier is vir jou 'n beker lekker moer koffie gemaak met baaaaie liefde!  :toothy4:
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on September 12, 2018, 12:19:50 PM
Ek het skonsies gebak.  Hier is vir julle 'n bord vol met room en konfyt, of kaas en oxo.
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on September 14, 2018, 06:21:30 AM
Goeie more maters!  Dit is Vrydag!   
Koffie vir enigiemand?   :coffee2:
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on September 14, 2018, 04:23:42 PM
Goeie dag Anton.  Hier waar ons woon moet ons so een keer per week winkels toe om te gaan vars produkte koop.  Dit neem amper die hele dag op.  Dan is daar 'n  paar ou spoke wat nie self by die winkels kan uitkom nie en ons doen sommer vir hulle ook die nodigste inkopies.  Nou is ons tuis, klaar afgelewer, afgepak en uitgepak.  Lig ek die botteltjie hoog vir die wat 'n sonsondersopie wil deel.


 :hello2:
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on September 17, 2018, 07:41:39 AM
Goeie more!  'n Lekker en voorspoedige week vir almal!

Nou vir my 2de beker koffie voor ek die pad kantoor toe aanvat!
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on September 17, 2018, 08:56:03 AM
Soos gewoonlik kan ek ook weer my beker kom hou vir 'n hervul. Het ons kleinkinders hier gehad van Donderdag af tot vandag so 12 uur. Mamma en pappa ook gekuier tot Saterdag en toe bietjie alleen tyd saam spandeer op die motorfiets. Die ouma se kniege was eelte uitgekniel want ek het besef krag om die kleingoed alleen groot te maak as dinge verkeerd sou loop is daar net nie meer nie, al is die gees hoe gewillig.
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on September 17, 2018, 02:29:43 PM
Ek dink dit is hoekom "oumense" nie meer kinders kan hê nie.   :icon_biggrin:


 :coffee2:
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on September 20, 2018, 06:04:55 AM
Môre môre môre!    Dit is al amper weer naweek!  :wave:

Saterdag vlieg ek weer Madagaskar toe vir 'n week ....eish.  Weg van my geliefdes  :crybaby2:

Mag elkeen wie hier lees 'n wonderlike dag beleef!

Koffie?
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on September 20, 2018, 01:01:24 PM
Ek hou my beker en hier is 'n pak beskuit.  Ek kan self nie glo dat die tyd so snel verbyjaag nie.  Dit is al amper Kersfees en my liggies hang nog.   :icon_biggrin:
Title: Re: Koffie?
Post by: Anastasia on September 24, 2018, 10:21:05 AM
Goeie more almal.  Julle moet lekker koffie drink.  Ek drink vandag my laaste tee tuis.  More moet ek dit inruil vir hospitaal tee.  Ek sal laat weet wanneer ek kapabel is hoe die angiogram en wat daarop volg afgeloop het.   :hello:
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on September 28, 2018, 05:15:49 AM
Goeie more!  Ai hoe lekker om vanoggend vir myself te kan koffie maak hier in my eie huis en dan lekker voor die klets masjien  te kan kom sit en tik tik tik!
Kan ek vir enigiemand skink?   :coffee2:
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on September 28, 2018, 01:30:03 PM
Ja seblief, hier is my beker.  Ek het al welkom gesê, maar nog 'n hartlike welkom aan jou.  Ek het jou gemis, vir jou, nie net die koffie nie.   :icon_biggrin:
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on September 29, 2018, 11:26:08 PM
:coffee2: :hello2: Lekker om gou my beker ook te kom vul. Lief jou woord 'klets masjien' :notworthy:
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on October 02, 2018, 05:38:04 AM
Goeie more almal!   
Maak julself reg vir 'n lekker koue paar dae en hou die koffie reg!  :wave:
Title: Re: Koffie?
Post by: adele on October 02, 2018, 05:43:14 AM
 :coffee2:  :coffee2:  :wave: môre! gelukkig gaan elke koue nou gou verby ...  :toothy4:
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on October 02, 2018, 10:29:01 AM
Op hierdie stadium sal 'n paar koue dae net die ding wees vir Leeupoort.  Ons is almal uitgebraai.   :icon_biggrin:
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on October 04, 2018, 05:52:52 AM
Goeie more maters!    Ek maak koffie!

Vanoggend het 'n gou 'n vergadering in Boksburg en daarna gaan ek terug huiswaarts om my kampwaentjie te haak en dan ry ons Louw's Bela Bela toe om 'n nuwe kampeerplek te gaan uittoets - Lekkerrrr

Geniet julle dag!
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on October 04, 2018, 06:34:28 AM
Geniet in oorgawe. Ek wou juis kom bedel vir 'n koffie boeretroos, gelukkig is ek nog betyds voor julle hak en pad vat  :coffee2: :hello2: :headbang:
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on October 05, 2018, 02:01:06 PM
Julle is seker al goed ingerig Anton.  Laat weet asseblief hoe dit daar lyk.  Ons is so 70 kilometer van Bela Bela (wat die kookpot beteken) af. 
Title: Re: Koffie?
Post by: adele on October 06, 2018, 06:13:14 AM
More môooore!
Ek sien nou net dat Anton twee maande gelede hier kom koffiekroeg oopmaak het, en ons is al klaar10 blaaie vol. Hier is nog 'n koffie-oggend, ek is op pad om die hek(hel)wag by die reservaat te gaan aflaai en te kyk of die oord nog staan na gister se besoekers .....  :crybaby2:  Hulle maak my moeg.

geniet gou koffie saam met die lekker koue sonskyn, die tweede lente is aan die kom ....  :love7:   :toothy4: 
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on October 06, 2018, 10:50:40 AM
Lekker om jou hier te sien Adele.  Lag ek vir jou vingerfoutjie "helwag" en die stoutigheid doem hier voor my op. 
Ja, dit is 'n lekker koffiekroeg.  Heerlik om gou hier in te glip vir 'n koffietjie.   :love7:


Hoe gaan dit met julle renosters? 
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on October 08, 2018, 07:58:52 AM
More more!   Dis 'n nuwe wiek!  Djulle moet geniet!

 :wave: :toothy4: :wave:

Die koffie loop soos stroop!
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on October 08, 2018, 02:41:32 PM
Dan maak ons so.  Lief julle almal stinkend. 
Title: Re: Koffie?
Post by: Anastasia on October 09, 2018, 05:57:56 PM
Adel, daardie 'helwag' - wat sou sy funksie wees?  Om die mense in te laat in die warm plek, of om hulle binne te hou?  Soms kan 'n vingerfout lekker sports veroorsaak  :glasses1:
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on October 11, 2018, 04:11:36 PM
 :icon_biggrin:  Adele sal hulle buite wil hou. 
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on October 16, 2018, 08:21:36 AM
Hallo hallo hoe gaan dit met al die afrikaanse mense?   Lekker dag en week vir julle!   Ons het amper weggereen hier in Pretoorsdorp so saam met die WeePee wat die Blou Balle kaf gedraf het!   :toothy4:

Hoe lyk dit met 'n lekker beker koffie?  :coffee2:
Title: Re: Koffie?
Post by: adele on October 16, 2018, 10:18:57 AM
Lekker lag ek nou vir jou Anastasia, nogal iets om aan te dink ... ja, die emosionele kan nogal in hel ontaard, maar die binnekant van die reservaat is natuur op sy beste, soos alle natuur maar is .... maar die PAAIE ... so enkele plekke ook maar hel-klipperig.
Maar as ek nou so dink, die afgelope naweek het ek TEERpad gery, wel, probeer ry, maar skommel-skommel anderkant uitgekom, as ek nog moes melk produseer, sou dit botter gevorm het. Dit is tussen Bloemhof en Wesselsbron .... ek weet nie of ek moes  :crybaby2:   :crybaby2:  of  :violent1:  en :boxing:  en dan :BangHead:  nie.
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on October 16, 2018, 01:23:00 PM
Ek geniet jou emojies, dit praat hard en duidelik met my.   :icon_biggrin:


Vandag sal ek tee drink asseblief.  Ietsie wat die maag streel.  Het jy so iets Anton?
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on October 17, 2018, 05:51:44 AM
Môre môre goeie môre!

Petra ek maak vir jou 'n lekker spesiale teetjie  :toothy4:

Ek wens almal 'n lieflike en liefdevolle dag toe!
Title: Re: Koffie?
Post by: adele on October 17, 2018, 06:14:11 AM
Hierso is myse bekertjie, lekker warrrm koffie seblief. Dis vrystaat is skoon gewas, stof het saggies gaan lê.
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on October 17, 2018, 06:27:52 AM
Goeie more Adele  :wave:
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on October 17, 2018, 10:13:44 AM
Dankie Anton, dit is dierbaar van jou. 
Ons het verlede Saterdag 10mm reen gehad.  Dit het darm die stof afgewas en ons sien uit na die naweek se reen wat voorspel word. 
Mag julle almal 'n wonderlike dag beleef.   :love7:
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on October 18, 2018, 06:13:05 AM
Dit reen op die oomblik hier in ons deel van Gatkantland en 'n koppie warm koffie sal nou net die regte ding wees om dit mee te vier. PM mater, ek hoop die onstelde maagprobleme het die wyk geneem.
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on October 18, 2018, 06:30:44 AM
Hallo Meraai.  Ek skink gou vir jou 'n lekker beker boeretroos  :coffee2:    Lekker dag vir julle, al is hy al amper halfpad verby!
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on October 18, 2018, 10:18:08 AM
Hier is my bekertjie en 'n pakkie beskuit. 
Dankie Raaitjie, dit is baie beter.   :love7:
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on October 19, 2018, 06:26:42 AM
Dit was 'n lekker beskuitjie PM, self gebak?

Hier 'n toewnsing vir 'n heerlike Vrydag en naweek vir elkeen wat hier lees!   Ek moet gou die kabouter by die skool gaan aflaai en sal vir almal kom koffie en tee maak as ek terug is  :hello:
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on October 19, 2018, 10:39:59 AM
Hier in Leeupoort is 'n tannetjie wat beskuit bak vir 'n inkomste.  Ons ondersteun haar gewoonlik. 


Ek sit solank hier by die vuurtjie totdat jy terug is.  My bekertjie wag hier op die randjie.   :bootyshake:
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on October 20, 2018, 09:49:11 AM
Ek pak maar 'n nuwe vuurtjie en sit solank die water op.  Ek wag nog geduldig. 
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on October 21, 2018, 05:51:58 AM
Ai Petra!  Jammer dat jy nou al vir 2 dae so alleen en getrou langs die vuurtjie vir my moes sit en wag.  Hier is ek nou!  Terug na 'n lang reis  :icon_salut:  :toothy4:
Jy is 'n ware staatmaker met die vuur wat nog lekker brand saam met die kookwater wat net reg is vir die koffie.   :coffee2:
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on October 22, 2018, 09:15:59 AM
Dankie tog jy is veilig terug.  Ek haat dit om tee en koffie te maak, Hannes, my man, doen dit altyd.   :color:
Nou is jy weer hier en ek kan net my bekertjie hou.   :icon_biggrin:
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on October 22, 2018, 04:03:39 PM
Ai en daar laat ek julle weer in die steek?   Maandae is kantoor vergaderings dae en moes ek dus vroeg in die pad val van Pretoria na Kyalami toe.   
Koffie?  :hello:
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on October 23, 2018, 06:35:08 AM
Goeie more almal!   Mag julle 'n lekker dag he!

Ek skink lekker tee en koffie  met beskuit!   :hello: :coffee2:
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on October 23, 2018, 11:08:14 AM
Goeie more.  Dankie vir die koffie en beskuit.  Daar is so 'n idioom:  Lui by die vak, maar fluks by die bak.  (Lui om te werk maar gou om te eet.)
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on October 24, 2018, 05:59:23 AM
Goood mornings!   :icon_biggrin:   Lekker dag vir almal!  So 'n vinnige koffietjie voor ek die pad Polokwane toe aandurf.  Siek julle later  :icon_salut:
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on October 24, 2018, 10:29:41 AM
Dankie vir die foffietjie.  Ry versigtig en kom veilig terug.   :wave:   Sien ek nou die "fingerfoutjie", foffietjie  :toothy4:
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on October 24, 2018, 08:19:06 PM
Laaaaang dag.  14 ure later en ek is weer terug  :wave:
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on October 25, 2018, 09:09:24 AM
Wonderlik.  Dit is ver om heen en weer te ry op dieselfde dag.  Gelukkig vir die snelweg.  Duur, maar gouer. 
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on October 26, 2018, 06:08:45 AM
Goeie more almal!   Julle moet 'n lekker vrydag ennaweek he!  :hello:  Koffie?  :coffee2:

Lekker groot rugby die naweek?
(https://www.kampforum.co.za/sites/default/files/inline-images/IMG-20181024-WA0006_crop_720x576.jpg)
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on October 26, 2018, 10:36:04 AM
Ja dankie, dit sal lekker smaak.  Ek het hierdie raakgeloop:


slootjiepens, s.nw.
 
(geselstaal)
 
Ook soms slootjiespens.
PITKOFFIE: Hy vra of ons koffie wil drink. Hy sê: “Wil jy slootjiepens of nylon hê?” Die koffiepit het ’n slootjie. Nylon is kitskoffie  “Slootjiepens,” herhaal hy, en toe hy sien ek verstaan nie, “pittekoffie. En regte oondbrood” (G. Weideman: Draaijakkals, 1999, 118).
 
’n sloot eet, lieg, ens.
Idiomatiese uitdrukking. Baie erg of behoorlik: Jy kan hom nie glo nie; hy lieg ’n sloot. As my kop die kussing raak, slaap ek ’n sloot. Sy was honger en het ’n sloot geëet.


By ons kry jy nie "plastick" koffie nie.  Vanoggend het ek regte oondbrood met varkvet vir die wat belangstel.   :coffee2:
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on October 31, 2018, 07:53:52 AM
Ek sal slooitjiepens neem dankie Petra  :coffee2:
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on October 31, 2018, 10:00:23 AM
Brood en varkvet neem my terug na my kinderdae op die delwerye. Die slootjie uitdrukkings was heel vermaaklik julle en totaal vreemd tot my skande. Nooit t te oud om te leer nie besef ekke weer. Kan ek maar 'n moerkoffie kry asseblief?

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Moerkoffie.jpg)

Title: Re: Koffie?
Post by: PM on October 31, 2018, 03:32:20 PM
Jy sal vir Anton moet vra, ek skink net doppies.   :evil6:


Ons krag was gister af, dan het ons in opvangs nie.  Vandag is ons water af en ek sukkel my stert af om iets te plaas.  Ek sal weer later probeer.   :hello:
Title: Re: Koffie?
Post by: adele on October 31, 2018, 03:34:08 PM
Ek het so 'n beker nodig ... jaaa, miskien die inhoud ook.
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on November 01, 2018, 12:54:39 AM
 :angel4: Dink ons almal kan soms doen met so beker moerkoffie Anton. Dankie vir jou gereelde skinkings  :coffee2:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Coffee%20drinking.jpg)
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on November 01, 2018, 06:00:57 AM
Goeie môre maters!    :coffee2:

Julle moet 'n lekker dag hé! :toothy4:

Die ketel het ketel het gekook!
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on November 01, 2018, 06:31:47 AM
...En 'n lekker Maand ook!   Dit is alweer amper Krismis en die "summer feeling" begin nou sterk loop!  :icon_biggrin:
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on November 03, 2018, 07:30:27 AM
Môre môre alle afrikaanse forum mense!   Julle moet julle Saterdag en naweek geniet!

Kan ek vir enigiemand koffie skink?  Tee, Milo?   :coffee2:

 :toothy4:
Title: Re: Koffie?
Post by: adele on November 03, 2018, 07:38:47 AM
Dankie Anton, hiers my kommetjie vir milo, seblief
Title: Re: Koffie?
Post by: adele on November 03, 2018, 07:39:16 AM
Maak jul naweek mooooi  :love7:
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on November 03, 2018, 11:22:32 PM
Julle is getag ...  :coffee2:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Koffie%20liefhebbers.jpg)
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on November 04, 2018, 04:00:21 PM
Dit kan vir my werk!   :toothy4:
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on November 05, 2018, 06:49:20 AM
Goeie môre!

(https://scontent-jnb1-1.xx.fbcdn.net/v/t1.0-9/45432078_362034777866838_725061973590409216_n.jpg?_nc_cat=108&_nc_ht=scontent-jnb1-1.xx&oh=d4905000ef4f9d9c053ef924258a3a65&oe=5C8833E3)
Title: Re: Koffie?
Post by: AB on November 05, 2018, 08:13:57 AM
wat van n wyntjie vir iemand.
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on November 05, 2018, 09:26:24 AM
Wie seg dan nee vir so 'n klein glasie wyn?  Dit is heerlik om jou hier raak te loop AB, ek het al gedink jy het die land verlaat (en sit in 'n boom iewers  :icon_biggrin:  )  Baie welkom.   :notworthy:
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on November 05, 2018, 09:57:09 AM
Ek's in Stoffeltjie! Gaan net gou my mooiste glas haal.
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on November 06, 2018, 05:22:02 AM
Anton, is jy laat of is ek vroeg?  Ek stook solank die vuurtjie.   :wave:
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on November 06, 2018, 06:56:43 AM
Goeie more maatjies.   Ek is laat  :angel4:

(https://scontent-jnb1-1.xx.fbcdn.net/v/t1.0-9/45403671_362492987821017_6779768162075279360_n.jpg?_nc_cat=110&_nc_ht=scontent-jnb1-1.xx&oh=13aad0f1b3d4c02594efed67b2bd67a3&oe=5C4742B1)
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on November 09, 2018, 06:30:40 AM
Dumelang, lekhai.

Saobona.

Siyabonga.

Koffie?  :coffee2:
Title: Re: Koffie?
Post by: Anastasia on November 09, 2018, 10:59:38 AM
Ek lig my koppie tee hoog. Laat hy val waar hy wil, grond toe ook as dit dan moet.  Ek kom plak sommer my nuuste nonsens praat hier:  deel ek anderdag op my facebook blad - vriendin wil raad weet vir 'n mooi Afrikaanse liedjie wat sy kan speel as sy kerk in stap op haar troudag:  stel ek toe "Aanstap Rooies, die pad is lank en swaar..." voor.   :hello2:
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on November 09, 2018, 01:16:36 PM
Dis goed, 'n mens kan mos lekker snert kwytraak oor 'n kopppietjie.  Ek dank my sterre vir 'n man soos myne, en ek het alle simpatie met hom vir 'n lang swaar pad.   :notworthy:
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on November 09, 2018, 07:51:01 PM
Quote
stel ek toe "Aanstap Rooies, die pad is lank en swaar..." voor.

Hahahahhaha!    Goeie een!  :icon_biggrin:
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on November 10, 2018, 10:55:29 AM
...en is daar hoeka ook 'n reeltjie wat lui: 'die mense wag al daar en die koffie is al klaar' nou voel ek so opgewek, swaai my kwassie fraai en tiekiedraai verspot.  :`ip2:
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on November 11, 2018, 08:15:09 PM
O laat julle kwassies swaai swaai....

Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on November 11, 2018, 11:19:49 PM
Anton, ek is kooi toe met daardie liedjie wat bly swaai en draai het in my kop. Snaaks hoe so iets net kan aanhou eggo deur jou kreukelkamer  :icon_biggrin: Vanoggend kan ek vir jou 'n koppie boeretroos aanbied uit die koffiekan in ons pandok :coffee2: al is jy nou in lapaland.
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on November 12, 2018, 08:49:42 AM
Lekker is die koffie vanoggend.  Hoop julle dag sal sprankel.   :wave:
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on November 13, 2018, 05:25:18 AM
Goeie more almal!     Geniet die dag!   :coffee2:   ek skink solank  :angel7:
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on November 13, 2018, 11:52:05 AM
Dagsê matertjies.  Hoop julle kry 'n bietjie reen.  Lief julle.
Ek het "Aanstap rooies" gaan neerpen vir die wat dit wil lees. 
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on November 20, 2018, 07:38:10 AM
Goeie dag Afrikaanse maters!    Dit is darem 'n bietjie koeler hier by ons asgevolg van die bietjie natigheid wat in die lug is.

Darem nog nie te laat vir 'n koffie nie of hoe?    :coffee2:
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on November 20, 2018, 10:53:42 AM
Nooit te laat vir koffie nie dankie Anton. Hoop jy het 'n lekker dag. Soos julle, sien ons ook uit na 'n wegloop kampsessie. Vir elkeen wat hier verby kom vandag, plaas ek die ene... en vra opreg: hoe was jou dag?

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/How%20was%20your%20day.jpg)
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on November 20, 2018, 11:44:07 AM
Waar die hart van vol is loop die mond van oor.  Twee swart mans het ons meisiekind se huis binnegebars, haar met messe gesteek, verkrag en haar goed gesteel.  Ek is skoon naar!  Hoe gaan die arme vrou dit verwerk?
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on November 20, 2018, 12:10:15 PM
Sooooo soo bitter jammer PM. Ek het nie woorde. Drukkie vir julle almal  :crybaby2:
Title: Re: Koffie?
Post by: adele on November 20, 2018, 12:13:03 PM
oeeee neee, lief PM, dis verskriklik. Niemand kan so iets verwerk nie, slegs oorgee aan Jesus, met volste oorgawe en trane teen sy bors, kan mens aangaan.
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on November 20, 2018, 01:15:56 PM
Ag Nee Petra!  Dit is aaklige nuus om te hoor.   Baie sterkte en spesiale liefde vir julle en vir haar.

Mag daardie mans vol swere uitslaan en hulle dae van hel nooit eindig nie!
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on November 20, 2018, 02:08:44 PM
Dit is baie erg.  Ons het so pas gehoor dat altwee mans gevang is.  'n Mens voel so magteloos. 
Daardie vroumensie het in ons huis grootgeword.  Sy is die lieflikste sagste mens. 
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on November 22, 2018, 05:56:04 AM
 :love7: Stuur drukkies en omgee vir almal betrokke lief PM. Julle in ons gedagtes. Sterkte met die pad vorentoe om hierdie aaklige gebeure af te handel.

Wens mens kon die seer wegtoor  :crybaby2: So gaan die lewe sy sirkelgang. Die een is treurig en die ander weer opgewonde en voel skuldig maar ook dankbaar.

Ons is besig om te pak diekant vir die week se wegloop maar ek het eers vir ons 'n potjie tee aangeslaan en daar is nog koek oor vir die soettand. Besig om die pandok in sy kersgewaad te tooi voor ons pad vat - verskoon die deurmekaar voorkoms en help jouself groot asseblief. Kan nie glo as ons terugkom is daar net 'n maand oor dan is dit kersfees  :icon_biggrin:

(https://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC01292.jpg)

So lyk dit as ons nie tee drink nie. Ek lief die feestyd.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC01330.jpg)

Vir die ou wat sy kaloriekies tel... daar is  slaai op die tafel... blaas maar die kers dood as jy gaan slaap. Wag, dit nog dag by julle mos. Oi, ouderdom.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC05907.jpg)

Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on November 22, 2018, 06:28:37 AM
Goeie môre almal, julle moet 'n lekker Donnerdag geniet!

Kan ek die koffie skink?

WOW Meraai!  Dit lyk mooi  :angel8:
Title: Re: Koffie?
Post by: adele on November 22, 2018, 08:14:53 AM
Dankie Anton, vir my ook 'n heerlike beker romerige koffie met bietjie heuning.
goeie more, lief almal.
Dis waar wat jy sê, Raaitjie, skuldig maar dankbaar. Ek verstaan die gevoel so diep. Hier val dinge ook uitmekaar, my kinders ..... maar die lewe wag nie vir ons nie, jy moet draf om by te bly. Ai, lief Petra, ek dink so aan jou dogter. Drukkie vir haar ....
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on November 22, 2018, 09:11:57 AM
Dankie vir julle drukkie sustertjies. 

Raaitjie, dit lyk pragtig.  Jou tafels is altyd keurig. 
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on November 23, 2018, 06:01:57 AM
Goeie more almal!   Dis Vrydag vir wat dit werd is!  Julle moet 'n gatskop naweek he!  :bootyshake:
Koffie vir enigiemand?   :coffee2:
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on November 26, 2018, 05:10:21 PM
Dit is seker nie te laat vir koffie nie?
Kom mense, staan nader, ek skink 'n lekker namiddag enetjie sommer met 'n knertsie in?   :coffee2:
Title: Re: Koffie?
Post by: adele on November 26, 2018, 06:02:20 PM
 :coffee2:   :coffee2:  twee bekers vol vir my, dankie Anton. Omdat ek dit bitterlik nodig het voor ek my oorgee aan die slegste whisky. Ek drink nie eers die lekkerste nie, wat nog te sê ...  :icon_biggrin:    Mag julle lesers se aand goed wees  :toothy4: 
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on November 27, 2018, 05:21:37 AM
Môre môre maters!   Ons gaan 2018 uitdruk soos 'n lemoen sodat elke laaste bietjie sap uitloop, dan gaan ons sy skil omdop en hom leeg eet!

Lekker dag vir almal!

Adele ek hoop die slegte Whisky was darem lekker?   Nog enetjie?  :coffee2:
Title: Re: Koffie?
Post by: adele on November 27, 2018, 06:19:08 AM
 :toothy4:  :toothy4: nie 'n druppel daarvan nie, dankie Anton, net jou koffie was heeeerlik, dankie. En saam met julle geniet ek elke druppel lemoen, mooi gesê, Anton. maak jul dag kosbaarmooi!  :love7:
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on November 30, 2018, 06:16:31 AM
Môre môre wat gaan hier aan dat hier niks aangaan nie?  :toothy4:

Tannie Petra ek hoop jy is ok?   Ek sal moet gaan inloer?    

Ons praat so oppie ander forum van hoe stil dit daar ook is en hoe "besig" die mense hierdie tyd van die jaar is om alles klaar te maak en af te sluit!   Moet tog nie vergeet om 'n beker koffie te kom skink nie.  :coffee2:

Môre is dit 1 Desember en dan is dit krismis maand!  Ek hoop julle almal gaan 'n heerlike Desember beleef!    :angel8:
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on December 02, 2018, 02:03:09 AM
 :angel4: Wat gaan hier aan dat hier niks aan gaan nie  :sign10: :`ip2: Anton, as jy by tannie Petra inloer, gee haar 'n drukkie van my kant af asseblief hoor  :love7: Ek hou my bekertjie vir ietsie kouds asseblief. Ons slaan weer die 40 grade hier in Gatkantland. Ek het al my hangmandjies se plante verloor in die week wat ons weg was. Om dit in houers met waters te sit het nie eers gehelp nie. Sal maar weer in die nuwe jaar plant.
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on December 03, 2018, 06:25:49 AM
Goooood morning!   Sommer al vroeg vroeg is dit lekker warm hier by ons ...eish.   

Nog 2 weke dan kamp ons, maar vir eers moet ek nog brood verdien.

Lekker dag en week vir almal!

Koffie?  :coffee2:
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on December 04, 2018, 05:20:42 AM
Goeie môre maters!  Julle moet 'n lekker dag hé! :toothy4:
Ek het my laaste werks  trippie hierdie week voor ek einde volgende week met verlof gaan.  Ek kan voel die jaar begin nou sy tol eis en raak vreeslik lui.   Ek vlieg vanoggend Inhambane toe en sal weer Donderdagaand terug wees in SA.

Groete en soet wees!

Koffietjie vir enigiemand?  :coffee2:
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on December 04, 2018, 02:35:02 PM
Middag, middag julle.  Anton, kom veilig terug en geniet 'n paar kreefies vir my part.


Dankie vir die drukkie Raaitjie, ek pluk dit sommer self. 
Jammer om te hoor van jou plante.  Die goed is mos soos kinders!   :crybaby2:
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on December 05, 2018, 01:25:15 AM
Drukkie was my voorreg en plesier PM. Altyd maar hartseer as mens se plante vrek, soos jy tereg noem dit is soos ons kinders. Hier is so paar coffee moods - kies joune en stoot die koffiekan terug oor die vlammetjies assebliefie. Ek is hoeka mos wakker terwyl julle slaap
 :coffee2: :icon_biggrin:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Coffee%20moods.jpg)

Title: Re: Koffie?
Post by: PM on December 05, 2018, 04:17:08 PM
Ek kies - I'm drinking coffee - snoesig in my koppie.  :love7:
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on December 05, 2018, 09:10:30 PM
Hiehiehie, jy lyk tog te snoesig PM. Dit is nog Woensdag by julle ne?

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/coffee%20time.jpg)
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on December 07, 2018, 06:18:49 AM
Goeiemore!  Dis Vrydag en lekker om terug te wees in SA!    kom skink 'n koffietjie en geniet julle naweek!!   :coffee2:   :icon_bigsmurf:
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on December 07, 2018, 06:22:35 AM
Welkom terug Anton. Hier is my beker. Maak maar vol hoor  :coffee2:

(https://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Coffee%20to%20the%20resque.jpg)
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on December 07, 2018, 07:15:35 AM
Hallo Meraai  :toothy4:
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on December 11, 2018, 03:57:41 AM
Hello daar! Ek weet nie waar jy nou kamp of swerf nie Anton, maar ek het solank 'n roomkoffie geskink as iemand dalk lus voel om my geselsskap te hou...

(https://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC04867_2.jpg)

Title: Re: Koffie?
Post by: PM on December 12, 2018, 01:02:36 PM
Ek sal jou "heg" met so 'n koffietjie.  (Join)  :icon_biggrin: 
Dit lyk so feestelik en keurig. 
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on December 13, 2018, 07:47:01 AM
OOOOOH YUMMY Meraai!

Ek drink maar ' bekertjie pastiek koffie  :grommit:
Lekker dag vir almal!
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on December 19, 2018, 07:11:40 AM
Goeiemôre maters!
Ons kamp lekker by Drie Berge.  Julle moet 'n awesome dag hé!
Koffie?  :coffee2:
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on December 20, 2018, 10:36:27 AM
Geniet kampmater! Ek kon loer hoe pragtig dit daar is en sommer ontspanne gevoel deur net te kyk. Dankie vir die  :coffee2: vandag is laaste dag (vir eers tot in die nuwe jaar) dat ek gaan inloer of kom bedel vir koffie. Ons gaan self bietjie wegloop. Geniet wat julle ook al doen aan ons ander maters as julle dalk ook lus voel vir 'n boeretrosie en hier 'n draai maak. Wonderlike kersfees vir julle XXX
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on December 23, 2018, 02:54:17 PM
Mag ek sommer hier vir almal 'n pragtige kersfees toewens.  Mag julle heerlik kuier saam met familie en vriende, daar is net een voorwaarde, kom veilig terug.
Ek is lief vir julle.   :love7:


Anton, kom wys 'n bietjie waar kamp julle asseblief. 
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on December 31, 2018, 12:41:10 PM
Hallo Julle!  Ons is terug na 15 nagte van lekker bos en kamp en avontuur!  Dit was 'n fees saam met ons 2 kabouters en is nou bly om weer veilig tuis te wees, alhoewel ons hartseer is om ons vakansie huisie / tentjie vir eers moes oppak.

Hierso so 'n paar fototjies totdat ek die artikels van die 2 oorde gaan plaas.

Ons was sedert laas Sondag by Dube in Brits:

(https://www.kampforum.co.za/sites/default/files/inline-images/IMG_20181223_155516_crop_992x603-496x302.jpg)

Ons het 'n "prime spot"  staanplek gekry sommer regs langs die swembad "super tube" area!

(https://www.kampforum.co.za/sites/default/files/inline-images/IMG_20181223_160219~2-569x366.jpg)

(https://www.kampforum.co.za/sites/default/files/inline-images/20181226200724_IMG_5478-576x384_0.JPG)

(https://www.kampforum.co.za/sites/default/files/inline-images/IMG_20181227_192229~2_crop_648x388.jpg)

Pragtige wild by Dube - voer tyd.

(https://www.kampforum.co.za/sites/default/files/inline-images/IMG_20181228_162531_crop_790x439-592x329.jpg)

Daar vat hy weer!

(https://www.kampforum.co.za/sites/default/files/inline-images/IMG_20181228_184606_crop_992x661-496x331.jpg)

Kan julle glo, gister toe ons solank die add a room afslaan en begin oppak kry ons hierdie gedierte van 'n spoeg kobra in ons tent!

(https://www.kampforum.co.za/sites/default/files/inline-images/IMG_20181230_172155_crop_496x317_0.jpg)


Voor Dube was ons ook 'n week by Drie Berge - lieflik en baie rustig

(https://www.kampforum.co.za/sites/default/files/inline-images/IMG_20181216_122318_crop_992x630-496x315.jpg)

(https://www.kampforum.co.za/sites/default/files/inline-images/IMG_20181218_112132-648x486_crop_648x442.jpg)

(https://www.kampforum.co.za/sites/default/files/inline-images/IMG_20181218_151640_crop_992x595-496x298.jpg)


Julle sal maar moet wag vir die ander foto's ....  :icon_salut:

Groete!
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on January 02, 2019, 01:51:15 AM
Nou is ek van vooraf lus vir kamp maar die slangelange kan jy maar hou  :icon_bigsmurf: prrrrragtige kampplek en genoeg om die kids besig te hou ook. Bly julle is veilig terug Anton.
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on January 02, 2019, 08:35:25 AM
Goeie more!   Hoelykit met 'n lekker beker koffie of tee?   
Lekker dag vir almal!   :coffee2:   :toothy4:
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on January 03, 2019, 02:54:49 AM
Ek het sommer myself gehelp dankie Anton  :toothy4: :coffee2:

(https://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/koffie%20treat.png)
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on January 08, 2019, 08:13:01 AM
Hallo Almal!  :toothy4:

Wies soek koffie?    :coffee2:
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on January 09, 2019, 12:13:26 AM
Ekke asseblief. Bietjie room bo-op vir my vandag  (ek het beskuit saamgebring)

(https://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/karringmelk%20beskuit%20en%20koffie.jpg)
Title: Re: Koffie?
Post by: adele on January 09, 2019, 08:36:36 AM
More julle almal, dankie Anton, Raaitjie vir al jul kampfoto's, so bly jul het geniet. Ekke vergeet soms om weer in te loer wanneer die besigste werkstyd vd jaar by ons, al ons kragte getap het. Maar nou sit ek die eerste keer in baie weke stil, rustig, alleen met net TWR as geselskap. En toe onthou ek om hier te kom koffie soek.
Ek is sowaar twee hele weke met verlof, eintlik drie weke op papier, maar ek weet mos hoe dit in my kantoor gaan lyk, so ek sal dalk maar oor twee weke gaan loer en so bietjie inhaal en daardie dae weer later af vat.
Chris het gister 'n knievervanging gehad, maar ek het gistermiddag teruggekom huis toe om oog oor die plaas ook te hou. Hy is meer bekommerd oor die plaas as oor my omgee vir hom, maar aangesien daar genoeg mense is om sy pyn te help stil, het ek toe maar geluister en teruggekom.  :icon_biggrin: Daarom my vredevolle stilte.
Tuisgekom, het 'n verrassing gewag ... dit het eerste keer in baie maande goed gereën, 'n hele 43 mm ... eenvoudig wonderlik. Ons het al begin beplan aan voer aankoop, maar nou hoop ons regtig op opvolgreën ook. Ek plaas foto's op fb, Raaitjie.
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on January 09, 2019, 11:54:58 AM
Hallo Adele  :wave:
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on January 10, 2019, 12:27:28 AM
Ek gaan dadelik loer vir die fotos op FB matertjie. Sterkte vir Chris en vertrou die herstel gaan volkome wees. Dankie vir  :coffee2: Anton. Heerlik om vandag twee vriende om die tafel te sien. Toe ek nou hier kom was daar gelukkig nog koffie in die glaskan en die geur van koffiebone het my verlei vir 'n tweede lekseltjie. Die volgende ou sal moet gou spring om sy/haar beker vol te maak.

(https://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Coffee%20invite.jpg)
Title: Re: Koffie?
Post by: adele on January 10, 2019, 05:13:08 AM
Ek's eerste hier mmmmm lief die geur. Beter as daai kartonglasie of eerder houertjie, die kleintjie, nie medium nie,  by die hosipitaal se koffiekroeg vir R20. Ek wou dit teruggee, maar nou ja. En kyk, ek lief sterk koffie, met baaaie melk. Maar daardie het die plêstieklepelplaatjie laat regop staan.
 :coffee2: :hello2: :coffee2: :love7: dankie Raaitjie  :coffee2: :love7:
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on January 10, 2019, 06:34:51 AM
Goeiemore Julle.   mmmmmm die koffie ruik en lyk lekker   :coffee2:

Lekker dag vir almal!
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on January 11, 2019, 02:26:54 AM
Dankie Anton. Ek hou weer my grootste beker vanoggend...  :coffee2: maak maar vol assebliefie. Hierdie erf hou my kreatief aan die koffiedrink voorwaar. 

(https://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Koffiebone%201b_1.jpg)
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on January 11, 2019, 06:26:36 AM
Goeiemôre  almal wat nog hier gaan inloer en lees vandag! Julle moet 'n lekker Vrydag en naweek he!   :toothy4:
Koffie vir enigiemand?   :coffee2:
Title: Re: Koffie?
Post by: adele on January 11, 2019, 08:49:12 AM
Vir my seblief! Ek's kom kyk of als in orde is by my huis, plante water gee, honde aandag en kos gee, dan Bloemfontein toe. Hoopglo Chris more ontslaan word. Mooi dag julle en almal wat so spookagtig hier rondloer.
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on January 11, 2019, 06:22:37 PM
Ek het nou 'n proetjie aan elke koppie koffie gevat en al Raaitjie se "sagte-mannetjie" opgevreet.   :icon_biggrin:
Ons het die naweek wat verby is 'n troue bygewoon in Manzi Maninge, net so 4 kilometer verby Dube en so 'n entjie voor Dikololo.  Ai, wat 'n slegte pad om te ry.  Dube is darem nader aan die teerpad. 
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on January 15, 2019, 10:26:09 AM
Ek het nou 'n proetjie aan elke koppie koffie gevat

En?  Wie maak die lekkerste koffie   :icon_bigsmurf:
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on January 15, 2019, 01:23:03 PM
Wil jy my nou tussen die pan en die vuur se vlam plaas?  Enige koffie is beter as geen koffie nie.  (Ek wil  'n vet glimlag hier plaas, maar vandag werk my gatseggies weer nie.)

Die laaste twee weke wil ek nie oor hê nie.  Dit was net een dolle gejaag van bakboord na stuurboord om ons aansoeke vir ons visums ingehandig te kry.  Op die ou einde het ons dogter in NZ gehelp om dit aanlyn te doen.  Ons moes hier ons paspoorte gaan wys vir 'n fooi van R505.00.  Nou wag ons net. 

My rekenaar het gekalf, nie soos in 'n nuwe neukenaartjie te kry nie, maar soos inmekaar getuimel.  Mense, wat 'n gemors om al die data weer terug te kry.  Vandag is dit aan die werk, ek moet net 2uur met Andre skakel om die uitgaande pos reg op te stel, dan is ek aan lyn. 
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on January 17, 2019, 07:18:50 AM
Jy hoef nie te kies nie liefste PM'pie - hou net jou koppie en se 'vul op sebliefie en dankie'  :coffee2: :notworthy:
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on January 17, 2019, 07:58:07 AM
Goeiemore!     :coffee2:

Meraai ek sien julle geniet die sonkragstofie? 
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on January 17, 2019, 08:54:51 AM
Arig Anton. Arig. Ek stap so gemiddeld 5 000 tree stofie toe en terug net om dop te hou. Goeie oefening vir die tante en ons porsies moes natuurlik ook noodgedwonge krimp want die tonneltjie se spasie redelik beperk maar nog steeds genoeg vir kreatiewe maniere om 'n verskeidenheid met een sessie te kan gaarmaak in die son. Gelukkig het die ou van my mos die 'bargain' van twee vir die prys van 1 gekry.
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on January 17, 2019, 09:25:58 AM
want die tonneltjie se spasie redelik beperk

Dalk tyd vir 'n groter stofie?  :icon_bigsmurf:
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on January 17, 2019, 10:30:30 AM
Ons beloer hom klaar Anton, maar sy prys op die oomblik nog scary. $900 - so ek bedink maar die proses om alles gepak te kry met die tweetjies wat ons nou het. Outop het gese hy sal dophou en as hulle so by $700 rond aangebied word sal hy koop. Op die oomblik is hulle almal uitverkoop in Aus. Baie gewild!

Natuurlik stem die ouens wat hou van hulle vuurtjie tydens kampering nie saam nie. Ons was self baie lief vir 'n vuur aanslaan en braai dit dit gaan mos hand aan hand met kamp opslaan en ontspan, maar die lewe het so efffffffens van 'n draai gegooi en die rook van enige vure nou uit soos die opsitkers van toenderjare.
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on January 22, 2019, 08:17:34 AM
Wat gaan hier aan dat hier niks aangaan nie!  :grommit:
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on January 22, 2019, 01:47:10 PM
Ons het hier in Leeupoort geland met krag wat af was en dit was 'n aardigheid van yskaste en vrieskaste was.  So tussen die afpak en uitpak gaan dit maar so sit sit so.  Was en stryk en groente bewerk nog so tussen in ook.  Ons is nou so ampertjies klaar.  Moet nog net die laaste beddens skoon oortrek dan kan ons weer begin pak vir die groot trek.  Dankie vir die koffie, dit hou my aan die gang!
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on February 05, 2019, 06:08:56 AM
Moore!     Hoe gaan dit?   Het jy lekker geslaap?  :toothy4:
Hierso is 'n lekker beker koffie  :coffee2:

Henetjie maar dit voel of hierdie jaar nou volstoom loop en of tyd nie veel kleingeld het om uit te deel nie?   Ons is doening en die tekort aan tyd veroorsaak dan nog so 'n bietjie spanning ook of hoe?   Maar dit is seker goed as 'n mens besig kan wees - solank daar darem ook tyd gemaak kan word vir verhoudings en liefde, dan behoort die saak reg te wees!

Tannie Petra - ek neem aan julle is nou veilig daar anderkant?  Geniet dit.

Lekker dag vir almal!  :icon_bigsmurf:
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on February 08, 2019, 09:23:24 AM
Dankie baie vir koffie Anton.  :coffee2: :notworthy: :icon_salut:
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on February 12, 2019, 09:22:59 AM
Ek het vanoggend 40mm uitgegooi na gisteraand se reen begin val het.   Dit is nogsteeds lekker koel en nat met 'n drup drup.
My 3de beker koffie is ook al agter die blad.
Groete en lekker dag vir almal!  :toothy4:
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on February 13, 2019, 06:09:53 AM
Die ouens wat weet vertel drie koppies koffie per dag kan jou lewer beskerm. Nog net twee in diekant van die aardbol so ek hou my  :coffee2:  :headbang: :icon_salut:
Title: Gelukkige Valentynsdag - wees verandwoordelik asb!
Post by: Anton Louw on February 14, 2019, 08:14:59 AM
Hallo Almal.   Mag julle 'n lekker "liefdevolle" valentynsdag he!    Fokus asb!

(https://www.kampforum.co.za/sites/default/files/inline-images/IMG-20190214-WA0002.jpg)

(https://www.kampforum.co.za/sites/default/files/inline-images/IMG-20190214-WA0001.jpg)
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on February 14, 2019, 11:04:21 AM
O my wereld! Wat 'n keuse  :headbang: Mag dit ook vir ieder en elk 'n wonderlike Vaaltyndag wees.
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on March 19, 2019, 07:48:49 AM
Ek skink spesiaal vir Antie Meraai 'n lekker koppie koffie.  Suiker?  Melk?  :icon_biggrin:
(https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/45/A_small_cup_of_coffee.JPG/275px-A_small_cup_of_coffee.JPG)
 Enigiemand anders vir 'n koppie?


Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on March 19, 2019, 08:04:37 AM
Oeee, staan nader ek jou moederlike drukkie gee. Nie suiker maar met die melk hoef jy nie skaam te wees nie hoor  :coffee2: as niemand loer nie gaan ek bietjie room ook bysit.
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on April 04, 2019, 07:05:41 AM
Goeiemôre almal!  Ek sien die son het weer soos vantevore opgekom vanoggend. :toothy4:

(https://www.kampforum.co.za/sites/default/files/inline-images/snoopy%20live%20once.jpg)

Ek hoop dit gaan goed met Meraai en dat die prosedure goed afgeloop het en dat herstel ook mooi oppad is.
Title: Re: Koffie?
Post by: adele on April 04, 2019, 09:12:48 AM
Goeie mooi more julle! Mag jul dag/tye/lewe vol kosbare onthou wees. Ek vergeet soms van sekere koffiekroegies soos hierso en geniet nou elke inloer,  :coffee2:  en lepeltjie room. Raaitjie, hoopglo dit gaan goed daarso  :love7:
Dankie Anton, lekker om jou amper raak te loop  :toothy4:
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on April 08, 2019, 10:58:16 PM
En toe word ek ook dors....  :coffee2: :hello2: :love7: dit gaan goed diekant. Moet keer of ek kan gewoond raak aan die bederwery.
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on April 16, 2019, 07:22:01 AM
Môre sê!  :coffee2:

Meraai ek lees op Bakkies Boek dat dit vooruit gaan met jou?   Ek is so bly en dit is lekker om jou weer in ons midde te he!

Ek maak koffie -   kan ek vir enigiemand skink?    Hier is tee en Milo ook.   :wave:
Title: Re: Koffie?
Post by: adele on April 16, 2019, 08:32:29 AM
goooeeeiie mooi oggend julle, Anton, Raaitjie, Naas en Assie ook .... Milo vir my, dankie Anton. genoeg tee deur die nag geniet  :icon_biggrin:
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on April 17, 2019, 04:02:36 AM
Ek giggel toe ek nou die 'vooruit gaan' raaklees Anton. Dese dage nou wel nie meer so half kunsmatig vooruitstrewend nie *bloos*  maar dankbaarlik nou gifvry, sal ek nooit weer kla oor 'n besemstokvoorkoms nie. Dit is wel met my siel, gees en liggaamsgewys sal weldra deel bydra. Gaan nog so in slowmotion aan op die oomblik. Intussen hou die uwe haar beker maak vol sebliefie. As moerkoffietjie is sal die boervrou hou vir tweede ene ook sebliefie.
 :coffee2: :notworthy: :hello2: :love7:

So van boer en moer gepraat:

JY IS 'N BOER AS:

- jou regterarm bruiner is as jou linkerarm
- jou voorarms dikker is as jou bo-arms
- jy beter kan bestuur op die grondpad as op ‘n teerpad
- 4 karre in ‘n ry rowwe verkeer is
- jy versnel in plaas van rem as daar ‘n jakkals oor die pad hardloop
- jy ‘n hek kan oop- en toemaak sonder om jou gesprek te onderbreek
- jy skaapkraal toe stap in plaas van kafee toe as die vleis op is
- hoender en vis vir jou tel as groente
- jy die woorde pyp, pomp, gat en Klimaks in een sin kan gebruik
sonder om te dink dit is suggestief
- jou honde net van pap en melk lewe
- jy meer as 1 keer per week bloei sonder om te weet hoe dit gebeur het
- jy drie stelle finansiёle state aanhou. Een waarop jy amper bankrot
is vir SARS, een waarop jy op die rand van miljoenêr is vir die
bankbestuurder en een wat die waarheid is
- jy Zoeloe/Sotho beter kan praat as Engels
- jou Engelse woordeskat bestaan uit ‘yes’, ‘no’, ‘thank you’ en ‘Vat
vrou! Hulle praat alweer Engels!’
- jy eerder jou hemp sal uittrek as jou hoed afhaal.
- jy alle mans met die hand groet en al die vrouens soengroet, veral
vreemde mense!
- jy dink ‘n meneer gee skool en al die ander mense kan aangespreek
word as ‘oom’ en ‘tannie’
- jy ingeskryf is op die Landbouweekblad en elke week uitsien na Werfbobbejaan
- jy liewer is vir jou trekker as jou skoonseun
- jy kan sê watter kant toe die wind waai sonder om jou vinger nat te lek
- ‘Afrikaners wat saamstaan’ vir jou beteken die beeste is in die kraal
- jy op die 5de Julie nog ‘n kortbroek dra
- jy dink metro-man is die nuwe naam vir moffies
- jou jaarlikse dankoffer skaap, bees of graan insluit
- jou werknemers jou ‘Lanie’ noem en jy nie omgee nie
- jy die weer beter kan voorspel as die SABC
- jou radio iewers tussen 100 en 103 staan
- jy elke keer moet gaan was en mooi aantrek as jy ‘n kar hoor aankom
- jy die woord ‘gel’ net gebruik in sinne soos ‘gel, maar dit is koud’
of ‘gel, maar nou is ek honger’
- jy naastenby enige iets kan regmaak met insolation-tape, ‘n tang en
’n stukkie binddraad
- een of almal van die volgende goed in een of meer van jou voertuie is:
draadtang, ‘n spuit, spuitnaalde en terramycin, ‘n paar patroondoppies
(waarvan ‘n paar nog gelaai is), insolation-tape, ‘n stuk tou, ’n stuk
binddraad, ‘n paar spaanders - heel moontlik ‘n 13, 17 en 19 en ‘n grip
onder die seat, (as jy na ‘n bakkie se sitplekke verwys as seats en
aanneem dit is Afrikaans, saam met clutch en exhaust), ‘n klomp papiere
insluitend strokies, kwitansies, fakture, toiletpapier en ‘n spul ander
wat al so vuil getrap is dat jy nie regtig weet wat hulle is nie, maar
daar binne hou net vir ingeval jy hulle later nodig kry. En ‘n bos
sleutels wat als oopsluit op die plaas.

Jy is met ‘n boer getroud as...

- twee van die drie bondels wasgoed hoofsaaklik kakie is
- jy olie, bloed, sweet en modder met die eerste slag kan uitwas
- die lande en spilpunte netjieser is as jou blomtuin
- jou blomme in netjiese “stroper” rytjies staan met ‘n aanvoor weerskante
- jy gou ‘n stukkie omgespit wil hê en jy hoor die trekker start
- twee van die etes wat jy bedags maak, meer as die helfte vleis is
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on May 05, 2019, 02:16:53 AM
Heerlik om te kan inloer en koffie kry.  Ek is hard besig om op te vang waark  ek verloor het. 
Raaitjie, ek is regtig jammer dat ek nie daar was om jou te ondersteun nie, maar ek is dankbaar dat dit nou weer goed gaan.   :hello2:




Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on May 05, 2019, 09:33:20 AM
Ek het gou nog 'n koppietjie moerkoffie kom bedel voor die son sak diekant. Bly julle veilig terug mater en lekker gekuier.
 :love7: :coffee2:
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on May 10, 2019, 05:07:16 PM
Baie lekker.  Ek is jammer oor die (finger-foute), maar ek en die nuwe neukenaar sukkel om mekaar gewoond te raak.  Hannes het mos vir my 'n nuwe een gekoop nadat ek my ou geliefde maat in rooiwyn versuip het.  In NZ het ek baie gesukkel, toe ruil Jannas my.  Nou is dit weer 'n aanpassing, maar ek kom daar. 
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on June 05, 2019, 08:21:53 PM
  6 weke laas koffie gehad - my keel is lekker droog - die ketel kook - wie drink saam?  :coffee2:
Title: Re: Koffie?
Post by: adele on June 06, 2019, 05:54:21 AM
'N dag laat, maar hier is ekke ook...... Dannnnkie Willa, Andre   :toothy4: :toothy4: :hello: :toothy4: :toothy4:
More almal  :coffee2: :coffee2: :hello2: :hello2:
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on June 06, 2019, 07:49:05 AM
Goeiemore Adele  :wave:
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on June 07, 2019, 12:58:14 AM
Dankbaar kom ek ook aanmeld en hou my  :coffee2: :notworthy: :angel8:
Title: Re: Koffie?
Post by: adele on June 07, 2019, 06:42:22 AM
Hi Anton, hallo Raaitjie... mag julle dag sommer klop-klop-klopdisselboom (een van die mooiste woorde in Afrikaans) wees, die naweek ook. Ek werk weer en het 'n plek volgeboek, sonder genoeg personeel, so ons sluit die reservaat se hekke, en by die oord gaan ek net af en toe inloer wanneer iemand my dalk bel. Dis nou maar die realiteit van vandag. Hoekom? Stilbly ..... sjuuuut. Niemand mag dit hardop sê nie.
 
Ek dink aan gisteroggend, kom 8uur aan by 'n ander oord vir beplande vergadering. Sien al heelpad van uur en half uit na die (veronderstelde) koffie en toebroodjies, maar 'n yskoue stilte wag ons in. (die vergadering moes al half 9 begin, maar teen 8:45 kom die koffie toe darem en is ons weer 'n uur agter op die program). Ai toe het ek besef hoeveel ons staatmaak op ons oggendkoffie, giggel iets in my binneste vir ons boere se klein gewoontetjies .... ek vir een, lief dit om op die stoep te koffie met sonsopkoms, nou bietjie laat want dan is ek gewoonlik al oppad werk toe, maar in die somertyd! lief dit  :toothy4:
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on June 07, 2019, 08:01:26 AM
Ek kry koud ...  :icon_scratch:
Title: Re: Koffie?
Post by: adele on June 07, 2019, 10:27:03 AM
Kom kuier inni Vrystaat, koud kouer vrekkoud, maar ons harte is warm
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on June 07, 2019, 02:36:56 PM
Die paar maande in NZ het my laat vergeet van sonder water, sonder krag en sonder opvangs.   :crybaby2:   
Heerlik om weer 'n paar ouens raak te lees. 
Dankie vir die koffie, sal weeer more probeer. 


Hier by ons is dit gelukkig nie so koud soos daar in Centurion nie.  Ons gaan Kleinkind oplaai en na Gerhard toe neem, dan sal ons weer baie koud kry.


 :love7:
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on September 13, 2019, 07:25:19 AM
Ek  moet eers kom vergifines vra dat ek so lanklaas hier oppie afrikaanse forum kom saam gesels het.   Maar ek het darem nie van julle vergeet nie. 

Ja ek lewe nog en stap sterk aan.  Die lewe het vir my 'n hand vol uitdagings en geleenthede gegee wat my lekker besig hou en ook selfs my eie kampforum sien deesdae minder van my. 

Dit is seker weer tyd om die balans te vind en al die prioriteite mooi op die tafel uit te sprei  sodat elkeen weer sy eie regverdige aandag geniet - afrikaanse forum ingesluit  :icon_salut:

Inelkgeval, voor ek nou praat en praat en praat totdat die koffie heeltemaal koud word.  Kan ek dalk vir enigiemand 'n lekker warm enetjie inskink?  :coffee2:

Geniet julle dag!!!
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on September 13, 2019, 10:23:04 AM
Ek hou twee bekers sebliefie  :coffee2:  :coffee2: en selfde asem sommer 'n warm welkom terug hoor. Self maar goed skuldig vir dros met tye, verstaan ek hoe besig die lewe kon word. Geniet jou pragtige gesin en kom wys weer waarmee woel jy hoor!
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on May 21, 2020, 05:50:22 PM
Ons het self 'n paar uitdagings ervaar, maar dit lyk darem of ons nou 'n bietjie meer tyd het.  Moenie dink as jy met pesioen is dat jy meer tyd het nie.  Die teendeel is waar. 
Ek hou my beker vir wanneer jy weer verby kom.   :hello2:
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on May 22, 2020, 06:22:22 AM
 :coffee2: Ek hou my beker ook uit. Maak vol asseblief  :notworthy:
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on May 22, 2020, 11:23:32 AM
Skuus vir die "fingerfoute", my kop sukkel nog om met my vingers te praat.
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on May 22, 2020, 12:07:23 PM
Ek moes self nou terugsluip en 'n vingerglips gaan regsien  :icon_bigsmurf: Sien ons drink al vir 19 internetblaaie saam koffie. WOW!  :headbang:
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on May 22, 2020, 12:12:25 PM
Anton is 'n kuur!  :coffee2:
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on June 01, 2020, 07:17:21 AM
 :coffee2: Ek hou my beker en is dankbaar dat my sig mettertyd ook verswak het - so pas gelees dit is die natuur se manier om jou te beskerm teen die skok as jy jouself sien in die spieël noudat jy en die yskas feitlik 'n siamese tweeling geword het tydens 'lockdown'!
 :toothy4: :bootyshake: :headbang:
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on June 12, 2020, 11:08:38 AM
O hallie ha!  :icon_biggrin:  Nou het ek my skaterpilletjie vir die dag in.  Dit is hoekom ek liewers nie met 'n bril op in die spieel kyk nie.   :angel4:
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on September 05, 2021, 01:48:10 PM
Hallo!  :wave:

Ja, lekker koffie en swiss roll na 'n heerlike hoender potjie.     Magie vol en die ogies gaan nou binnekort die pad slaapkamer toe volg.

Ek hoop dit gaan goed met almal hier.

Title: Re: Koffie?
Post by: Assie on September 05, 2021, 03:07:05 PM
Ons huppel maar voort.

 :mumum:
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on September 06, 2021, 08:56:24 AM
Daar het al baie water in die see geloop vandat ek 'n koppietjie koffie by jou gedrink het Anton.  Dit gaan goed met my en Hannes, hoop om dieselfde by jou kant te hoor.   :icon_cheers:
Title: Re: Koffie?
Post by: adele on September 06, 2021, 12:48:06 PM
Bekertjie koffie uit die trekkerswa-keteltjie seblief 🌸🌴
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on September 06, 2021, 11:21:35 PM
Hou ek myne ook....  :coffee2: Seblief en dankie  :toothy4:
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on September 07, 2021, 09:17:35 AM
Ek staan ook hier in die ry.  Anton het seker net gou die mosbeskuit gaan haal.   :hello2:
Title: Re: Koffie?
Post by: Anton Louw on September 07, 2021, 07:32:10 PM
Baie water?  Laat ek hoor Petra   :grommit:

Ek ry gereeld met my fiets daar verby die hjuis in Clubview en dan wonder ek hoe dit met julle gaan.  Woon jou seun nog daar?
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on September 07, 2021, 09:16:29 PM
Ja, baie water in die see.
Gerhard woon nog daar.  Jy kan gerus 'n draai by hom gooi.  Ek sal graag die blik op sy gesig wil sien as jy vir hom sê dat jy 'n vriend van sy ma is!  Ha-ha.  My pragtige kind!  Ek lief hom 'n hond uit 'n bos uit!
Ons sal sekerlik vroeg volgende week by hom 'n draai gooi dan kom drink jy koffie.  Ek sal jou laat weet. 
Hannes moet vir Dr. van Dalen gaan sien in verband met 'n tant!   :icon_biggrin:   Hy is steeds die beste tandarts in die land. 
Waar is daardie beskuit?  Jy maak nog steeds die lekkerste koffie!  Lief vir jou!
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on October 20, 2021, 04:24:30 AM
Een ding weet ek verseker - ons lief koffiedrink hier by die forum. Ek is 30205ste ene wat julle nooi om saam my en PM 'n  :coffee2: te geniet. Winkelgemmerkoekies is ongelukkig al wat ek het maar dit proe soos mens se ouma se resep en het selfs die Ausies by die werk verslaaf geraak aan dit nadat Outop een keer 'n pakkie werk toe geneem het.
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on October 20, 2021, 04:38:22 AM
Heerlike koffie!  Gemmerkoekies is my lewenslyn as ons iewers heen ry.  Dit help vir die bewegingsiekte. 
Vandag gaan 'n lang dag wees met al die besoeke wat Hannes moet doen.  Fisio, x-strale, internis, dokter en dan eers huistoe.  So, bring daai koffie nader!
Title: Re: Koffie?
Post by: Meraai vannie Baai on October 20, 2021, 05:38:58 AM
Ek los die ketel hier, stoot hom oor die 0 van 'n stronkevuurtjie. Sterkte en drukkies weereens. Hou die blinkkant bo!  :love7:
Title: Re: Koffie?
Post by: PM on October 20, 2021, 05:41:08 AM
Dankie Raaitjie, ek sal beslis kort-kort kom vol maak.   :coffee2: