• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Koffie?

Started by Anton Louw, August 08, 2018, 09:06:07 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

O hallie ha!  :icon_biggrin:  Nou het ek my skaterpilletjie vir die dag in.  Dit is hoekom ek liewers nie met 'n bril op in die spieel kyk nie.   :angel4:
Om te weet is om te verstaan.

Anton Louw

Hallo!  :wave:

Ja, lekker koffie en swiss roll na 'n heerlike hoender potjie.     Magie vol en die ogies gaan nou binnekort die pad slaapkamer toe volg.

Ek hoop dit gaan goed met almal hier.

Kamp is koning!

Assie

Ons huppel maar voort.

:mumum:

PM

Daar het al baie water in die see geloop vandat ek 'n koppietjie koffie by jou gedrink het Anton.  Dit gaan goed met my en Hannes, hoop om dieselfde by jou kant te hoor.   :icon_cheers:
Om te weet is om te verstaan.

adele

Bekertjie koffie uit die trekkerswa-keteltjie seblief 🌸🌴
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Hou ek myne ook....  :coffee2: Seblief en dankie  :toothy4:

PM

Ek staan ook hier in die ry.  Anton het seker net gou die mosbeskuit gaan haal.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Anton Louw

Baie water?  Laat ek hoor Petra   :grommit:

Ek ry gereeld met my fiets daar verby die hjuis in Clubview en dan wonder ek hoe dit met julle gaan.  Woon jou seun nog daar?
Kamp is koning!

PM

Ja, baie water in die see.
Gerhard woon nog daar.  Jy kan gerus 'n draai by hom gooi.  Ek sal graag die blik op sy gesig wil sien as jy vir hom sê dat jy 'n vriend van sy ma is!  Ha-ha.  My pragtige kind!  Ek lief hom 'n hond uit 'n bos uit!
Ons sal sekerlik vroeg volgende week by hom 'n draai gooi dan kom drink jy koffie.  Ek sal jou laat weet. 
Hannes moet vir Dr. van Dalen gaan sien in verband met 'n tant!   :icon_biggrin:   Hy is steeds die beste tandarts in die land. 
Waar is daardie beskuit?  Jy maak nog steeds die lekkerste koffie!  Lief vir jou!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Een ding weet ek verseker - ons lief koffiedrink hier by die forum. Ek is 30205ste ene wat julle nooi om saam my en PM 'n  :coffee2: te geniet. Winkelgemmerkoekies is ongelukkig al wat ek het maar dit proe soos mens se ouma se resep en het selfs die Ausies by die werk verslaaf geraak aan dit nadat Outop een keer 'n pakkie werk toe geneem het.

PM

Heerlike koffie!  Gemmerkoekies is my lewenslyn as ons iewers heen ry.  Dit help vir die bewegingsiekte. 
Vandag gaan 'n lang dag wees met al die besoeke wat Hannes moet doen.  Fisio, x-strale, internis, dokter en dan eers huistoe.  So, bring daai koffie nader!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek los die ketel hier, stoot hom oor die 0 van 'n stronkevuurtjie. Sterkte en drukkies weereens. Hou die blinkkant bo!  :love7:

PM

Dankie Raaitjie, ek sal beslis kort-kort kom vol maak.   :coffee2:
Om te weet is om te verstaan.