• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Koffie?

Started by Anton Louw, August 08, 2018, 09:06:07 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Anton Louw

Goeiemôre maters!
Ons kamp lekker by Drie Berge.  Julle moet 'n awesome dag hé!
Koffie?  :coffee2:
Kamp is koning!

Meraai vannie Baai

Geniet kampmater! Ek kon loer hoe pragtig dit daar is en sommer ontspanne gevoel deur net te kyk. Dankie vir die  :coffee2: vandag is laaste dag (vir eers tot in die nuwe jaar) dat ek gaan inloer of kom bedel vir koffie. Ons gaan self bietjie wegloop. Geniet wat julle ook al doen aan ons ander maters as julle dalk ook lus voel vir 'n boeretrosie en hier 'n draai maak. Wonderlike kersfees vir julle XXX

PM

Mag ek sommer hier vir almal 'n pragtige kersfees toewens.  Mag julle heerlik kuier saam met familie en vriende, daar is net een voorwaarde, kom veilig terug.
Ek is lief vir julle.   :love7:


Anton, kom wys 'n bietjie waar kamp julle asseblief. 
Om te weet is om te verstaan.

Anton Louw

Hallo Julle!  Ons is terug na 15 nagte van lekker bos en kamp en avontuur!  Dit was 'n fees saam met ons 2 kabouters en is nou bly om weer veilig tuis te wees, alhoewel ons hartseer is om ons vakansie huisie / tentjie vir eers moes oppak.

Hierso so 'n paar fototjies totdat ek die artikels van die 2 oorde gaan plaas.

Ons was sedert laas Sondag by Dube in Brits:



Ons het 'n "prime spot"  staanplek gekry sommer regs langs die swembad "super tube" area!







Pragtige wild by Dube - voer tyd.



Daar vat hy weer!



Kan julle glo, gister toe ons solank die add a room afslaan en begin oppak kry ons hierdie gedierte van 'n spoeg kobra in ons tent!




Voor Dube was ons ook 'n week by Drie Berge - lieflik en baie rustig








Julle sal maar moet wag vir die ander foto's ....  :icon_salut:

Groete!
Kamp is koning!

Meraai vannie Baai

Nou is ek van vooraf lus vir kamp maar die slangelange kan jy maar hou  :icon_bigsmurf: prrrrragtige kampplek en genoeg om die kids besig te hou ook. Bly julle is veilig terug Anton.

Anton Louw

Goeie more!   Hoelykit met 'n lekker beker koffie of tee?   
Lekker dag vir almal!   :coffee2:   :toothy4:
Kamp is koning!

Meraai vannie Baai

Ek het sommer myself gehelp dankie Anton  :toothy4: :coffee2:


Anton Louw

Hallo Almal!  :toothy4:

Wies soek koffie?    :coffee2:
Kamp is koning!

Meraai vannie Baai

#233
Ekke asseblief. Bietjie room bo-op vir my vandag  (ek het beskuit saamgebring)


adele

More julle almal, dankie Anton, Raaitjie vir al jul kampfoto's, so bly jul het geniet. Ekke vergeet soms om weer in te loer wanneer die besigste werkstyd vd jaar by ons, al ons kragte getap het. Maar nou sit ek die eerste keer in baie weke stil, rustig, alleen met net TWR as geselskap. En toe onthou ek om hier te kom koffie soek.
Ek is sowaar twee hele weke met verlof, eintlik drie weke op papier, maar ek weet mos hoe dit in my kantoor gaan lyk, so ek sal dalk maar oor twee weke gaan loer en so bietjie inhaal en daardie dae weer later af vat.
Chris het gister 'n knievervanging gehad, maar ek het gistermiddag teruggekom huis toe om oog oor die plaas ook te hou. Hy is meer bekommerd oor die plaas as oor my omgee vir hom, maar aangesien daar genoeg mense is om sy pyn te help stil, het ek toe maar geluister en teruggekom.  :icon_biggrin: Daarom my vredevolle stilte.
Tuisgekom, het 'n verrassing gewag ... dit het eerste keer in baie maande goed gereën, 'n hele 43 mm ... eenvoudig wonderlik. Ons het al begin beplan aan voer aankoop, maar nou hoop ons regtig op opvolgreën ook. Ek plaas foto's op fb, Raaitjie.
adéle  :grommit:

Anton Louw

Kamp is koning!

Meraai vannie Baai

Ek gaan dadelik loer vir die fotos op FB matertjie. Sterkte vir Chris en vertrou die herstel gaan volkome wees. Dankie vir  :coffee2: Anton. Heerlik om vandag twee vriende om die tafel te sien. Toe ek nou hier kom was daar gelukkig nog koffie in die glaskan en die geur van koffiebone het my verlei vir 'n tweede lekseltjie. Die volgende ou sal moet gou spring om sy/haar beker vol te maak.



adele

Ek's eerste hier mmmmm lief die geur. Beter as daai kartonglasie of eerder houertjie, die kleintjie, nie medium nie,  by die hosipitaal se koffiekroeg vir R20. Ek wou dit teruggee, maar nou ja. En kyk, ek lief sterk koffie, met baaaie melk. Maar daardie het die plêstieklepelplaatjie laat regop staan.
:coffee2: :hello2: :coffee2: :love7: dankie Raaitjie  :coffee2: :love7:
adéle  :grommit:

Anton Louw

Goeiemore Julle.   mmmmmm die koffie ruik en lyk lekker   :coffee2:

Lekker dag vir almal!
Kamp is koning!

Meraai vannie Baai

#239
Dankie Anton. Ek hou weer my grootste beker vanoggend...  :coffee2: maak maar vol assebliefie. Hierdie erf hou my kreatief aan die koffiedrink voorwaar.