• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Koffie?

Started by Anton Louw, August 08, 2018, 09:06:07 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Die ouens wat weet vertel drie koppies koffie per dag kan jou lewer beskerm. Nog net twee in diekant van die aardbol so ek hou my  :coffee2:  :headbang: :icon_salut:

Anton Louw

Hallo Almal.   Mag julle 'n lekker "liefdevolle" valentynsdag he!    Fokus asb!



Kamp is koning!

Meraai vannie Baai

O my wereld! Wat 'n keuse  :headbang: Mag dit ook vir ieder en elk 'n wonderlike Vaaltyndag wees.

Anton Louw

Ek skink spesiaal vir Antie Meraai 'n lekker koppie koffie.  Suiker?  Melk?  :icon_biggrin:

Enigiemand anders vir 'n koppie?


Kamp is koning!

Meraai vannie Baai

Oeee, staan nader ek jou moederlike drukkie gee. Nie suiker maar met die melk hoef jy nie skaam te wees nie hoor  :coffee2: as niemand loer nie gaan ek bietjie room ook bysit.

Anton Louw

Goeiemôre almal!  Ek sien die son het weer soos vantevore opgekom vanoggend. :toothy4:



Ek hoop dit gaan goed met Meraai en dat die prosedure goed afgeloop het en dat herstel ook mooi oppad is.
Kamp is koning!

adele

Goeie mooi more julle! Mag jul dag/tye/lewe vol kosbare onthou wees. Ek vergeet soms van sekere koffiekroegies soos hierso en geniet nou elke inloer,  :coffee2:  en lepeltjie room. Raaitjie, hoopglo dit gaan goed daarso  :love7:
Dankie Anton, lekker om jou amper raak te loop  :toothy4:
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

En toe word ek ook dors....  :coffee2: :hello2: :love7: dit gaan goed diekant. Moet keer of ek kan gewoond raak aan die bederwery.

Anton Louw

Môre sê!  :coffee2:

Meraai ek lees op Bakkies Boek dat dit vooruit gaan met jou?   Ek is so bly en dit is lekker om jou weer in ons midde te he!

Ek maak koffie -   kan ek vir enigiemand skink?    Hier is tee en Milo ook.   :wave:
Kamp is koning!

adele

goooeeeiie mooi oggend julle, Anton, Raaitjie, Naas en Assie ook .... Milo vir my, dankie Anton. genoeg tee deur die nag geniet  :icon_biggrin:
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

#265
Ek giggel toe ek nou die 'vooruit gaan' raaklees Anton. Dese dage nou wel nie meer so half kunsmatig vooruitstrewend nie *bloos*  maar dankbaarlik nou gifvry, sal ek nooit weer kla oor 'n besemstokvoorkoms nie. Dit is wel met my siel, gees en liggaamsgewys sal weldra deel bydra. Gaan nog so in slowmotion aan op die oomblik. Intussen hou die uwe haar beker maak vol sebliefie. As moerkoffietjie is sal die boervrou hou vir tweede ene ook sebliefie.
:coffee2: :notworthy: :hello2: :love7:

So van boer en moer gepraat:

JY IS 'N BOER AS:

- jou regterarm bruiner is as jou linkerarm
- jou voorarms dikker is as jou bo-arms
- jy beter kan bestuur op die grondpad as op 'n teerpad
- 4 karre in 'n ry rowwe verkeer is
- jy versnel in plaas van rem as daar 'n jakkals oor die pad hardloop
- jy 'n hek kan oop- en toemaak sonder om jou gesprek te onderbreek
- jy skaapkraal toe stap in plaas van kafee toe as die vleis op is
- hoender en vis vir jou tel as groente
- jy die woorde pyp, pomp, gat en Klimaks in een sin kan gebruik
sonder om te dink dit is suggestief
- jou honde net van pap en melk lewe
- jy meer as 1 keer per week bloei sonder om te weet hoe dit gebeur het
- jy drie stelle finansiёle state aanhou. Een waarop jy amper bankrot
is vir SARS, een waarop jy op die rand van miljoenêr is vir die
bankbestuurder en een wat die waarheid is
- jy Zoeloe/Sotho beter kan praat as Engels
- jou Engelse woordeskat bestaan uit 'yes', 'no', 'thank you' en 'Vat
vrou! Hulle praat alweer Engels!'
- jy eerder jou hemp sal uittrek as jou hoed afhaal.
- jy alle mans met die hand groet en al die vrouens soengroet, veral
vreemde mense!
- jy dink 'n meneer gee skool en al die ander mense kan aangespreek
word as 'oom' en 'tannie'
- jy ingeskryf is op die Landbouweekblad en elke week uitsien na Werfbobbejaan
- jy liewer is vir jou trekker as jou skoonseun
- jy kan sê watter kant toe die wind waai sonder om jou vinger nat te lek
- 'Afrikaners wat saamstaan' vir jou beteken die beeste is in die kraal
- jy op die 5de Julie nog 'n kortbroek dra
- jy dink metro-man is die nuwe naam vir moffies
- jou jaarlikse dankoffer skaap, bees of graan insluit
- jou werknemers jou 'Lanie' noem en jy nie omgee nie
- jy die weer beter kan voorspel as die SABC
- jou radio iewers tussen 100 en 103 staan
- jy elke keer moet gaan was en mooi aantrek as jy 'n kar hoor aankom
- jy die woord 'gel' net gebruik in sinne soos 'gel, maar dit is koud'
of 'gel, maar nou is ek honger'
- jy naastenby enige iets kan regmaak met insolation-tape, 'n tang en
'n stukkie binddraad
- een of almal van die volgende goed in een of meer van jou voertuie is:
draadtang, 'n spuit, spuitnaalde en terramycin, 'n paar patroondoppies
(waarvan 'n paar nog gelaai is), insolation-tape, 'n stuk tou, 'n stuk
binddraad, 'n paar spaanders - heel moontlik 'n 13, 17 en 19 en 'n grip
onder die seat, (as jy na 'n bakkie se sitplekke verwys as seats en
aanneem dit is Afrikaans, saam met clutch en exhaust), 'n klomp papiere
insluitend strokies, kwitansies, fakture, toiletpapier en 'n spul ander
wat al so vuil getrap is dat jy nie regtig weet wat hulle is nie, maar
daar binne hou net vir ingeval jy hulle later nodig kry. En 'n bos
sleutels wat als oopsluit op die plaas.

Jy is met 'n boer getroud as...

- twee van die drie bondels wasgoed hoofsaaklik kakie is
- jy olie, bloed, sweet en modder met die eerste slag kan uitwas
- die lande en spilpunte netjieser is as jou blomtuin
- jou blomme in netjiese "stroper" rytjies staan met 'n aanvoor weerskante
- jy gou 'n stukkie omgespit wil hê en jy hoor die trekker start
- twee van die etes wat jy bedags maak, meer as die helfte vleis is

PM

Heerlik om te kan inloer en koffie kry.  Ek is hard besig om op te vang waark  ek verloor het. 
Raaitjie, ek is regtig jammer dat ek nie daar was om jou te ondersteun nie, maar ek is dankbaar dat dit nou weer goed gaan.   :hello2:




Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek het gou nog 'n koppietjie moerkoffie kom bedel voor die son sak diekant. Bly julle veilig terug mater en lekker gekuier.
:love7: :coffee2:

PM

Baie lekker.  Ek is jammer oor die (finger-foute), maar ek en die nuwe neukenaar sukkel om mekaar gewoond te raak.  Hannes het mos vir my 'n nuwe een gekoop nadat ek my ou geliefde maat in rooiwyn versuip het.  In NZ het ek baie gesukkel, toe ruil Jannas my.  Nou is dit weer 'n aanpassing, maar ek kom daar. 
Om te weet is om te verstaan.

Anton Louw

  6 weke laas koffie gehad - my keel is lekker droog - die ketel kook - wie drink saam?  :coffee2:
Kamp is koning!