• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Koffie?

Started by Anton Louw, August 08, 2018, 09:06:07 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Anton Louw

Goeiedag almal!    Julle moet 'n heerlike dag beleef waarookal jy jouself bevind.
Daar is darem niks so lekker soos 'n warm beker koffie of tee in die oggend terwyl jy al die mense rondom jou groet nie!

Koffie vir enigiemand?  Tee?  Milo? 


Kamp is koning!

Naas

Ek groetb jou met my eie koppie stomende moer in die hand. Lekker dag vir jou ook. Kamp jy die naweek?



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Moerkoffie as jy het sebliefie vir my ook. Watter heerlike verrassing!

Naas

:coffee2:
Skuif nader Ta Raaitjie. Ons gaan nog lekker kamp saam met Anton.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Anton Louw

Naas, nee ons kamp nie hierdie naweek nie.  Ek moet so nou en dan werk ook en het 'n paar voorleggings wat teen Vrydag moet in wees en dan nog 'n moontlike vlug Maandag Antananarivo toe.   Ek sal myself maar verlustig in die ander se kamp avonture totdat dit weer my beurt is.

Kamp julle die naweek?

Hallo Meraai  :wave:
Kamp is koning!

Meraai vannie Baai

Ek het nader geskuif. Hou my beker vir nog 'n volmaak groot asseblief. Ons trektande is vir twee maande getrek hierdie kant van die aardbol. Outop woel by die kragstasie met 'n twee maande lange 'shut'. Goeie Afrikaanse woord asseblief  :icon_bigsmurf:

Anastasia

Ek drink glad nie koffie nie, ek hou bloot nie daarvan nie.  Maar ek is gek na die aroma.  Dus, skink vir my asb 'n lekker gegeurde teetjie. 

Naas, hoe kry jy die koffiebeker dat hy so vlieg oor die blad?

Anton, hoe sê jy jy moet Antananarivo toe gaan, al asof jy daaroor kla?  Heng, ek is so arm, ek het nie eens geweet waar dit is nie!  Ek moes vir Oom Google loop vra het waar dit is.  Wat 'n paradys!
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Naas

Nee Maatjie, die ou boerseun het jare laas gekamp. 2006 in Malawi. Die wil is daar maar die onderstel kom net nie meer in 4 x 4 mode nie.
Ek kamp maar in die agterplaas.
Ta Raaitjie ek weet nie wat daai Ausie shut beteken nie. As Ta Raaitjie dit in 'n ingelse sin sit sal ek dalk daar Afrikaans kry.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Naas

Roep die bekertjie by die Gatvreetjies, "highlight die woord wat opkom en kies die M wat so heen en weer hardloop by die gatvreetjies.Jy kan enigiets so laat hardloop.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Anastasia

Naas, ek wou nou net my stert in 'n krul ruk.  Gedog ek het nou weer vanoggend my onsigbare kleedjie aan!  Gedog jy ignore my.  Dankie vir die instruksies.  Kom ons kyk of ek dit regkry.   :sunny:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Anastasia

Sonnetjie wat travel Take Two!   :sunny:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Meraai vannie Baai

#11
Ek weet ons mater Anastasia is nie kampliefhebber nie maar ons wieletjieshuis hier in Australia is so gerieflik dat ek nie eers die pandok mis nie. Ons het die voorreg gehad om nou al twee keer te toer saam my sus en swaerie (uit SA) en hulle 'n bietjie te bederf tussen die kangaroos en bloekoms. Soms bederf ons onsself en boek in by 'n karavaanpark naby ons kinders op die Goue Kus sodat hulle ook saam kan kom ontspan, maar meestal is dit gratis- of boskamp waar ons omring is met skoon vars lug!







Die lekkerste deel is die buite-kombuis wat uitskuif, daar is ook 'n klein yskas om jou drankies koud te hou as deel van die opset.



En ek kan vir julle lekker kampkoffie ook maak  :icon_biggrin:








Anastasia

Jippie, ek het iets nuut geleer.  Dankie Naas Smurf.  Ek het nie 'n Noorderliggie hier gesien nie, die sonnetjie is seker dan maar 'n substituut.  (Heng, lees die woord versigtig, netnou maak jou tong 'n fout!) :laughing7:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Anastasia

Meraai, as ek so kon kamp het ek permanent gekamp!  Maar helaas is ons te arm hier
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Naas

Moet gou my beter helfte Dr toe vat. sal nou eers stil raak.
Noordliggie, jy moet geduldig wees met my. Onthou mybrein werk nog met pramfien en dis koud hier by ons.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.