• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Koffie?

Started by Anton Louw, August 08, 2018, 09:06:07 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

'N dag laat, maar hier is ekke ook...... Dannnnkie Willa, Andre   :toothy4: :toothy4: :hello: :toothy4: :toothy4:
More almal  :coffee2: :coffee2: :hello2: :hello2:
adéle  :grommit:

Anton Louw

Goeiemore Adele  :wave:
Kamp is koning!

Meraai vannie Baai

Dankbaar kom ek ook aanmeld en hou my  :coffee2: :notworthy: :angel8:

adele

Hi Anton, hallo Raaitjie... mag julle dag sommer klop-klop-klopdisselboom (een van die mooiste woorde in Afrikaans) wees, die naweek ook. Ek werk weer en het 'n plek volgeboek, sonder genoeg personeel, so ons sluit die reservaat se hekke, en by die oord gaan ek net af en toe inloer wanneer iemand my dalk bel. Dis nou maar die realiteit van vandag. Hoekom? Stilbly ..... sjuuuut. Niemand mag dit hardop sê nie.

Ek dink aan gisteroggend, kom 8uur aan by 'n ander oord vir beplande vergadering. Sien al heelpad van uur en half uit na die (veronderstelde) koffie en toebroodjies, maar 'n yskoue stilte wag ons in. (die vergadering moes al half 9 begin, maar teen 8:45 kom die koffie toe darem en is ons weer 'n uur agter op die program). Ai toe het ek besef hoeveel ons staatmaak op ons oggendkoffie, giggel iets in my binneste vir ons boere se klein gewoontetjies .... ek vir een, lief dit om op die stoep te koffie met sonsopkoms, nou bietjie laat want dan is ek gewoonlik al oppad werk toe, maar in die somertyd! lief dit  :toothy4:
adéle  :grommit:

Anton Louw

Ek kry koud ...  :icon_scratch:
Kamp is koning!

adele

Kom kuier inni Vrystaat, koud kouer vrekkoud, maar ons harte is warm
adéle  :grommit:

PM

Die paar maande in NZ het my laat vergeet van sonder water, sonder krag en sonder opvangs.   :crybaby2:   
Heerlik om weer 'n paar ouens raak te lees. 
Dankie vir die koffie, sal weeer more probeer. 


Hier by ons is dit gelukkig nie so koud soos daar in Centurion nie.  Ons gaan Kleinkind oplaai en na Gerhard toe neem, dan sal ons weer baie koud kry.


:love7:
Om te weet is om te verstaan.

Anton Louw

Ek  moet eers kom vergifines vra dat ek so lanklaas hier oppie afrikaanse forum kom saam gesels het.   Maar ek het darem nie van julle vergeet nie. 

Ja ek lewe nog en stap sterk aan.  Die lewe het vir my 'n hand vol uitdagings en geleenthede gegee wat my lekker besig hou en ook selfs my eie kampforum sien deesdae minder van my. 

Dit is seker weer tyd om die balans te vind en al die prioriteite mooi op die tafel uit te sprei  sodat elkeen weer sy eie regverdige aandag geniet - afrikaanse forum ingesluit  :icon_salut:

Inelkgeval, voor ek nou praat en praat en praat totdat die koffie heeltemaal koud word.  Kan ek dalk vir enigiemand 'n lekker warm enetjie inskink?  :coffee2:

Geniet julle dag!!!
Kamp is koning!

Meraai vannie Baai

Ek hou twee bekers sebliefie  :coffee2:  :coffee2: en selfde asem sommer 'n warm welkom terug hoor. Self maar goed skuldig vir dros met tye, verstaan ek hoe besig die lewe kon word. Geniet jou pragtige gesin en kom wys weer waarmee woel jy hoor!

PM

Ons het self 'n paar uitdagings ervaar, maar dit lyk darem of ons nou 'n bietjie meer tyd het.  Moenie dink as jy met pesioen is dat jy meer tyd het nie.  Die teendeel is waar. 
Ek hou my beker vir wanneer jy weer verby kom.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

 :coffee2: Ek hou my beker ook uit. Maak vol asseblief  :notworthy:

PM

Skuus vir die "fingerfoute", my kop sukkel nog om met my vingers te praat.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek moes self nou terugsluip en 'n vingerglips gaan regsien  :icon_bigsmurf: Sien ons drink al vir 19 internetblaaie saam koffie. WOW!  :headbang:

PM

Anton is 'n kuur!  :coffee2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#284
 :coffee2: Ek hou my beker en is dankbaar dat my sig mettertyd ook verswak het - so pas gelees dit is die natuur se manier om jou te beskerm teen die skok as jy jouself sien in die spieël noudat jy en die yskas feitlik 'n siamese tweeling geword het tydens 'lockdown'!
:toothy4: :bootyshake: :headbang: