Wil jy my nou tussen die pan en die vuur se vlam plaas? Enige koffie is beter as geen koffie nie. (Ek wil 'n vet glimlag hier plaas, maar vandag werk my gatseggies weer nie.)
Die laaste twee weke wil ek nie oor hê nie. Dit was net een dolle gejaag van bakboord na stuurboord om ons aansoeke vir ons visums ingehandig te kry. Op die ou einde het ons dogter in NZ gehelp om dit aanlyn te doen. Ons moes hier ons paspoorte gaan wys vir 'n fooi van R505.00. Nou wag ons net.
My rekenaar het gekalf, nie soos in 'n nuwe neukenaartjie te kry nie, maar soos inmekaar getuimel. Mense, wat 'n gemors om al die data weer terug te kry. Vandag is dit aan die werk, ek moet net 2uur met Andre skakel om die uitgaande pos reg op te stel, dan is ek aan lyn.