• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Koffie?

Started by Anton Louw, August 08, 2018, 09:06:07 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

My plek ook geboek vir daardie vertel. Groot asseblief en dankie  :hello2:

Anton Louw

Nee ek ken ook nie die kooltjie in die koffiekan nie?
Kamp is koning!

Naas

Ai, nou's ek weer terug op die plaas. As die moersak (dis die flenniesak waarin die moer in die koffiekan gehou is) begin oud en stukkend raak het van die koffiemoer in die blikbeker beland en dit kan nogal die koffie bederf. 'n Warm kooltjie word dan in die beker (of die kan) gegooi. Die kooltjie het die moer laat afsak na die bodem en die koffie kon moerloos geniet word.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Nooit te oud om te leer nie! En dit so kuier-kuier om die koffiekan. Hou julle bekers, ek maak vol.  :coffee2:

Anton Louw

Baie dankie vir die verduideliking naas.     Die naaste wat ek deesdae aand die idee van daai moerkoffie smaak kan kom is om die koffiehuis sakkies (soos tee sakkies)  te gebruik.
Kamp is koning!

PM

Hier is my beker, maak maar vol.  Dankie.  Die laaste paar dae was 'n uitdaging en nou sit ek hier en dink ek kan opvang, maar nee, nou kry ek gaste.  Sal maar saam koffie drink tot die klokkie lui.  Niks boude vandag nie.  Ha-ha.
Om te weet is om te verstaan.

Anton Louw

O aarde!   Ek sien dit is al 4 pm en ek kom loer nou eers hier in.   Ag jammer dat ek julle so afskeep.  Ek het 'n middag slapie gevat tussen 2 tot 3  en toe bel my baas my wakker.    Ek het toe eers gou 'n vinnige koffietjie gemaak om my weer reg te ruk voor ek hom teruggeskakel het.

Julle moet 'n lekker Laaste Winterdag he!
Kamp is koning!

Anton Louw

Goeie more op hierdie 1ste September 2018.    Ek het daai lekker feeeeeling in my.....   Dit is die Lente feeeeeling ...!

Julle moet 'n awesome dag en Lente beleef!   Kan ek die ketel maar weer kook vir 'n koffietjie vir enigiemand?
Kamp is koning!

Meraai vannie Baai

Ek steek nog so paar kole in die vuur. Jy kan maar die ketel nader skuif  :coffee2: :hello2:

adele

Selfde hier ... ek dwaal deur die gang, stoep .. tuin ...wissrl kopikofi af met 'n teetjie .... maak jul dag ekstramooi ... dis 'n mooi dag hier  :love7:
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Dit was Vadersdag diekant van die aardbol. Daar is nog so paar pannekoekies oor van Outop se treat - dalk raak iemand wat hier verby kom dors en honger  :coffee2:


Naas

Ek het klaar gegaps. Dis prentjielekker. Dankie Ta Raaitjie.


Ek is maar net een, maar ek ís een.

Anton Louw

Oooh donner dit lyk lekker!
Kamp is koning!

Anton Louw

Hallo Almal!   Dit is Dinsdag en lyk vir my tyd wil vir niemand wag nie.   Lekker dag vir ieder en elk!
Koffie?
Kamp is koning!

Meraai vannie Baai

#104
Smaak my mos al wat ons deesdae op die forum doen is koffiedrink al om die kampvuurtjie. Lekker man. Lekker! Ek hou my beker Anton, maak maar vol asseblief en dankie in een asem. :coffee2: vandag is daar niks te eet by van my kant af nie - die ouvrou craft weer vir 'n slag en dan vergaan hoor en sien. Maar vir koffie steel ek tyd!

When my blood runs black as the moonless night
and my heartbeat sounds as the warriors' march
only then may you say
I've had enough coffee!


Anonymous