• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Koffie?

Started by Anton Louw, August 08, 2018, 09:06:07 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Anton Louw

Is daar nog van daardie roomys koffie oor?

Goeie dag almal!   Julle moet soet wees asb!   Lekker dag. (-:
Kamp is koning!

Meraai vannie Baai

Jy is gelukkig Anton. Nog enetjie oor...


Anton Louw

Oooooh lekker lekker lekker lekker !   Dankie Meraai (-:
Kamp is koning!

Anton Louw

More more!   Nog 'n omwenteling rondom die son, en wat 'n voorreg om so 'n klompie saam met julle ook te doen (-:

Ek maak koffie, so bring jou beker en ek skink vir jou!

Mag julle elkeen 'n heerlike dag beleef en mag die voorspoed julle verveel!
Kamp is koning!

Meraai vannie Baai

Dankie vir die vervelige voorspoedwense (hahahhaha lekker gegiggel vir daai ene van jou) en die koffie mater Anton. My beker gehou hoor...skies ek bewe so dit is vrek koud diekant van die aardbol.

adele

Ekke kom ook myse bekertjie hou, nog kruppel van tuinwerk, maar baie lus vir keelnatmakertjie en srukkie beskuit ...
adéle  :grommit:

PM

Goeie middag matertjies.  Die lewe jaag nou so by my verby ek kry net nie kans in die oggend om te kom saam kuier nie.  Hannes het mos 'n kweekhuis laat oprig en dit hou my aan die gang hoor.  Hier is vir julle elkeen 'n rankmalvatjie om die dag op te kikker.  (liefies)
Om te weet is om te verstaan.

Anton Louw

Goooood morning South Africa!

Kom ek skink vir jou 'n lekker beker koffie ag toe!   

As jy ooit gedink het die heelal en sterrestelsels en Nebula en planete is ongelooflik,  weet asb  dat JY as lewende denkende wese wat al hier dinge kan sien , bevraagteken en bewonder is baie meer Awesome en die grootse wonderwerk van 'n skepping ooit!
Yip, al is jy net 'n spikkel stof, is dit wat binne in jou wese aangaan en wie jy is BAAAIE groter en meer amazing as enige sterrestelsel, sonnestelsel of planeet wat bestaan.

Lekker dag vir almal!
Kamp is koning!

Meraai vannie Baai

Pragtige opbouende woordspore wat my hart verbly. Ek hou soos gewoonlik ook my beker. Maak maar vol sebliefie Anton. PM ek gaan dadelik my rankmalvatjie plant.

:hello2: :icon_salut::coffee2:

adele

Daai rankiemalva kry ereplek, PM, dankie baie.
Hoe lief ek jou woorde, Anton. Laat my weer die wonder bedink wat ek kry by Louie Giglio se video "How great is our God" Ek kan dit elke dag kyk.
adéle  :grommit:

Anton Louw

Goeie more afrikaners!

Wie stook nog 'n meel sakkie met moer oppie stoof?   Ai hoe verlang ek na my pa!

Ek hoor gister, daar is net 2 tipes mense?   Faktap ingeligte mense   en Faktap oningeligte mense  :dontknow:
Kamp is koning!

Meraai vannie Baai

Soms is ek die een, dan weer die ander Anton.  Oor die meelsakkie vraag: ek stook nog gereeld moerkoffie maar het ongelukkig nie meelsakkie nie. As ek gehad het, sou hy verseker in 'n craft projek omskep was hahahahaha. My ouma het vadoeke gemaak van dit en ek onthou haar doekpoedings op die koolstof. Oi, verlang ek ook nou. Ek gaan gou vir ons ietsie lekkers haal saam die koffie hoor. Hang aan...


Anton Louw

Yummy!    Dit lyk darem lekker.  Dankie!
Kamp is koning!

Anastasia

So van koffie moer en meelsakkies gepraat.  My man vra of julle die kuns ken met kampeer van  blykbaar 'n kooltjie in die koffiekan gooi?  Dit laat my amper losbreek en uit volle borste sing:  Jan Pierewiet, Jan Pierewiet!  ...
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

adele

Kooltjie inni koffiekan? Vertel seblief daarvan.
adéle  :grommit: