• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Koffie?

Started by Anton Louw, August 08, 2018, 09:06:07 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

#105
Dog ek by myself, laat ek gou weer hier inloer en 'n drukkie los vir wie ook al verby kom en bietjie alleen voel vanoggend. Hulle vertel dat koffie 'n taal op sy eie is. Ek het probeer om 'n drukkie in my koppie te los maar toe werk dit nie so mooi in Afrikaans nie, so.......

  :coffee2: Coffee is a hug in a mug  :coffee2:

Anastasia

En ek kom mosterd na die maal hier aan.  Ek het nooit geweet 'n dag se ure kan so by mens verbygesmokkel word nie.  Maar ek was heel dag, en LETTERLIK heel dag vanaf half 5 vanoggend, tot 'n halfuur gelede druk besig om van my nagraadse studente se werkstukke persklaar te kry vir inhandiging.  Dit is wanneer jy besef die werk wat jy doen is vir jou lekker.  Sonder nat of droog oor die lippe, maar lekker.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Anton Louw

Goeie more maatjies.  Lekker dag vir julle!   
Ek moet vandag weer ingaan kantoor toe want 'n man moet ook so af en toe werk  :angel4:

Nou vir my 2de beker koffie  :coffee2:
Kamp is koning!

adele

More Anton, ek ook oppad maar haak vas by Nadal, hy sukkel  ....  :crybaby2:  en Thiem gee hom opdraand! Maar ek moet oor 7 minute by werk wees .... dus mooi dag almal. Ek sal daar gaan koffie.
adéle  :grommit:

Anton Louw

Good night!   Lekker slaap.  Ek is pootuit!   Gaan nie nou koffie drink nie.  Hierdie 2 wille wragtigs / kabouters van my trek elke moontlike stukkie energie uit 'n mens uit  :icon_bigsmurf:
Kamp is koning!

Anton Louw

Goeie more Afrikaanseforum.co.za
Mag julle 'n heerlike Saterdag beleef.      Kan ek vir enigiemand 'n koffietjie skink?  :toothy4:
Kamp is koning!

adele

Anton, liewers laat as nooit ... nadat ons heeldag omtrent geen netwerk gehad het nie, met gepaardgaande verlies aan internet dan ook. maar vir 'n laataand-koppikoffie hou ek my beker ... in hierdie ysige winter van 8-9 september 2018      :hello: 

Ek is heel naweek aan diens, maar gaan nou inkruip. Daar is min mense wat by ons oornag, die koue hou ook die kampeerders en hengelaars tuis .... ekke lees en skryf en kry af en toe goeie nuus en ondersteuning, so my hartjie klop-klop van vreugde want more kom Chris ook kuier  :love7:

mooi bly almal.
adéle  :grommit:

PM

Dag ek loer gou in vir 'n koffietjie.  My gatseggies werk vandag!   :wav:


:occasion14:   Skuus     :coffee2:   :coffee2:     :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Anton Louw

Hello auntie Petra  :wave:
Kamp is koning!

Meraai vannie Baai

Hoera vir jou gatsiggies  :bootyshake: hou ek ook my beker  :coffee2:

Anton Louw

Goeie môre!    Dit kom nou van 8 uur in die bed klim, dan pla die wakker 'n mens van 3uur af.   

Dit is nog lekker koel hier by ons in Pretoorsdorp na al die reen en sneeu van die Kaap.   Die ketel gaan nou kook en dan maak ek vir julle lekker tee, koffie en milo  :toothy4:

Ek wens vir jou 'n heerlike dag toe!
Kamp is koning!

PM

 :coffee2:  Mooi man, hier is my beker.  Ek vat hom die koffie, swart en sterk sambliefie.   :angel12:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#117
En nou slaap julle (hopenlik) almal nog heerlik terwyl die ouvrou diekant dwaal en die kombuis vermy - skottelgoedwas is nie my gunsteling huistaak nie.  So ek kom bedel vir 'n heerlike koppie moerkoffie soos Petra ook van hou - sterk, swart en bitter vir my assebliefie en dankie.
:notworthy: :coffee2:


Anton Louw

Goeie more Meraai.   Jammer dat ek jou moes laat wag.  Hier is vir jou 'n beker lekker moer koffie gemaak met baaaaie liefde!  :toothy4:
Kamp is koning!

PM

Ek het skonsies gebak.  Hier is vir julle 'n bord vol met room en konfyt, of kaas en oxo.
Om te weet is om te verstaan.