• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Koffie?

Started by Anton Louw, August 08, 2018, 09:06:07 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Anton Louw

Goeienaand vriende!

Ek is terug vannuit Madagaskar en het julle baie gemis!

Ek hoop dit gaan goed met almal?
Kamp is koning!

Naas

En ek dag jy's in Nederland. Naweke fraak dit maar stillerig hier rond.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Hallo Anton.  Bly om jou veilig uit en tuis te hê.
Ja, naweke hier in Leeupoort is die opvangs maar beroerd.  Ek sou graag meer hier wou kuier, maar soms is dit net nie moontlik nie.  Ons het 'n "long drop" vol geld spandeer om die sein te versterk, maar aan die einde van die dag was dit nie die probleem nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Anton Louw

Lekker lekker, dit voel vir my die winter seisoen het begin draai.  Alhoewel ons dalk nog 'n verrassing van koue kan kry?

Julle moet 'n heerlike dag beleef!   Kan ek koffie of tee skink?  Daar is vanoggend heerlike Ouma beskuit ook as julle vinning genoeg is.

Kamp is koning!

Meraai vannie Baai

#64
Uitasem maar ek's hier. Daardie beskuit mis ek vir niks. Dankie baie Anton. Hier is my beker... maak maar vol dankie.

Anton Louw

Daarshy ... geniet hom Meraai.  :coffee2:   Gaan jy vir ons Omelet maak? 
Kamp is koning!

Anastasia

Julle kan sommer hier by my insleep vir 'n lekker ontbyt.  Ek moet elke oggend 'n grooooot ontbyt maak.  My seun eet BAIE want hy doen mos sterkman kompetisies.  Dis juis weer die 27e September 'n groot kompetisie by Matlatiele, hier in die Oos Kaap.  Dis altyd ons twee se lekker 'uit' naweek, want ons bly sommer daar in die Royal Courtyard oor.  Klein ou dorpie, maar amper met 'n Pelgrimsrus tipe charm.  Ja nee, die ma ondersteun erg met kosse en daar wees.  Maar dis so MOOI sport, met MOOI  deelnemers.  En ek bedoel nie 'daardie' mooi nie, almal kon my seuns gewees het.  Dis die grootste manne, met ewe groot harte.  Wens julle kan sien hoe mooi hulle almal met hul vrouens, kinders en ouers is.  Spesiale kaliber mense daardie.  En glad nie afgunstig kompeterend nie.  Moedig mekaar erg aan, en is vreeslik omgee oor nuwe manne wat begin.

Maar ek dwaal af, hier is reuse ommelette vir almal vanmore op die spyskaart.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Anastasia

Skuus, Matatiele ...
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Anton Louw

Goeie more Anastasia!
Kamp is koning!

Anastasia

More Anton.  Kry 'n skeppie
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Meraai vannie Baai

Ons dooi oor omelet, ek kom dadelik 'n skeppie kry mater  :love7: Jy mag maar trots wees op daardie blok van 'n seun hoor XXX

PM

Ag nee!  Julle het alles opge-eet!  Ek hoop ek kan more vroeg eerste by die kospotte wees.  Vandag was besig.  Ek kry gaste vir aadete en het net gou kom inloer voor hulle opdaag. 
Dit is in elk geval te laat vir koffie, hier is 'n lekker groot "magnum" vol rooiwyn.  Help julle self.  (Ek swaai my stêre)
Om te weet is om te verstaan.

Anton Louw

"te laat vir koffie"     Nie hier by my nie.

Lekker aand vir julle en julle gaste Petra, geniet die wyn!  :bootyshake:
Kamp is koning!

PM

Waar is jy dan nou weer matertjie?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek weet nie wie dwaal waar nie maar as jy hier verby kom, ek het roomyskoffie gemaak (okay, ek weet dit is nog winter - dalk is die roomys gesmelt as jy hier aankom en dan het jy net roomkoffie)  :icon_biggrin: