• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Koffie?

Started by Anton Louw, August 08, 2018, 09:06:07 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Anton Louw

Goeie more maters!  Dit is Vrydag!   
Koffie vir enigiemand?   :coffee2:
Kamp is koning!

PM

Goeie dag Anton.  Hier waar ons woon moet ons so een keer per week winkels toe om te gaan vars produkte koop.  Dit neem amper die hele dag op.  Dan is daar 'n  paar ou spoke wat nie self by die winkels kan uitkom nie en ons doen sommer vir hulle ook die nodigste inkopies.  Nou is ons tuis, klaar afgelewer, afgepak en uitgepak.  Lig ek die botteltjie hoog vir die wat 'n sonsondersopie wil deel.


:hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Anton Louw

Goeie more!  'n Lekker en voorspoedige week vir almal!

Nou vir my 2de beker koffie voor ek die pad kantoor toe aanvat!
Kamp is koning!

Meraai vannie Baai

Soos gewoonlik kan ek ook weer my beker kom hou vir 'n hervul. Het ons kleinkinders hier gehad van Donderdag af tot vandag so 12 uur. Mamma en pappa ook gekuier tot Saterdag en toe bietjie alleen tyd saam spandeer op die motorfiets. Die ouma se kniege was eelte uitgekniel want ek het besef krag om die kleingoed alleen groot te maak as dinge verkeerd sou loop is daar net nie meer nie, al is die gees hoe gewillig.

PM

Ek dink dit is hoekom "oumense" nie meer kinders kan hê nie.   :icon_biggrin:


:coffee2:
Om te weet is om te verstaan.

Anton Louw

Môre môre môre!    Dit is al amper weer naweek!  :wave:

Saterdag vlieg ek weer Madagaskar toe vir 'n week ....eish.  Weg van my geliefdes  :crybaby2:

Mag elkeen wie hier lees 'n wonderlike dag beleef!

Koffie?
Kamp is koning!

PM

Ek hou my beker en hier is 'n pak beskuit.  Ek kan self nie glo dat die tyd so snel verbyjaag nie.  Dit is al amper Kersfees en my liggies hang nog.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Anastasia

Goeie more almal.  Julle moet lekker koffie drink.  Ek drink vandag my laaste tee tuis.  More moet ek dit inruil vir hospitaal tee.  Ek sal laat weet wanneer ek kapabel is hoe die angiogram en wat daarop volg afgeloop het.   :hello:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Anton Louw

Goeie more!  Ai hoe lekker om vanoggend vir myself te kan koffie maak hier in my eie huis en dan lekker voor die klets masjien  te kan kom sit en tik tik tik!
Kan ek vir enigiemand skink?   :coffee2:
Kamp is koning!

PM

Ja seblief, hier is my beker.  Ek het al welkom gesê, maar nog 'n hartlike welkom aan jou.  Ek het jou gemis, vir jou, nie net die koffie nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

:coffee2: :hello2: Lekker om gou my beker ook te kom vul. Lief jou woord 'klets masjien' :notworthy:

Anton Louw

Goeie more almal!   
Maak julself reg vir 'n lekker koue paar dae en hou die koffie reg!  :wave:
Kamp is koning!

adele

 :coffee2:  :coffee2:  :wave: môre! gelukkig gaan elke koue nou gou verby ...  :toothy4:
adéle  :grommit:

PM

Op hierdie stadium sal 'n paar koue dae net die ding wees vir Leeupoort.  Ons is almal uitgebraai.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Anton Louw

Goeie more maters!    Ek maak koffie!

Vanoggend het 'n gou 'n vergadering in Boksburg en daarna gaan ek terug huiswaarts om my kampwaentjie te haak en dan ry ons Louw's Bela Bela toe om 'n nuwe kampeerplek te gaan uittoets - Lekkerrrr

Geniet julle dag!
Kamp is koning!