Dit gaan my verstand te bowe dat mense van die stad af kom om hier tussen die diere en die natuur te kuier en die kinders sit in die huis, die hele naweek! Die afkoppiegenerasie ......
Mense vra baie wat hulle hier kan kom doen, wel, nie veel as jy nie hou van die natuur en diere nie ... net swembad en visvang. En kan die kinders kla?
En dan, ja, die ander 'generasie' (kom ons noem hulle maar so)
hulle weet van onkapabel drink, sommer al so hier aankom, baklei, eis, beskuldig as ons reëls probeer toepas ... o ja, hulle is meesters daarin .... staan agter die deur en soek ons ook daar. En dan musiek, ons is o.a. teenaan die wildreservaat. twv om mekaar as besoekers te konsidereer, het ons nie musiek toegelaat nie, tot sekere mense ons met 'n hengse bohaai by ons hoofkantoor verkla het, nou los ons alle mense, laat hul doen wat hul wil, musiek ingesluit. He he, toe baklei van hulle groepe eendag en kom verkla mekaar, want elke groep se musiek pla die ander. Ons het 'n dowe oor gedraai. As jy gekonsidereer wil word, pas dit ook teenoor ander toe .... dan nie?
Hier het ons dieselfde ondervindinge, PM, besige tye is ons internet baie swak, en met die groot privaatvakansie-oord langs ons, staan ons geen kans oor langnaweke en piektye nie.