• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Koffie?

Started by Anton Louw, August 08, 2018, 09:06:07 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Anastasia

Inderdaad 'n man wat luister.  Dankie :hello2:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Naas

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Myne gou kom haal. Dankie baie baie  :notworthy: hierdie kant is die :sunny: besig om te sak. Geniet julle dag maters. Ek is besig om vetkoek te maak - en voor ek die maalvleis verbrand, kom groet ek tot DV more weer.

Anton Louw

Julle moet 'n heerlike aandjie geniet met vetkoek.
Kamp is koning!

adele

Hallo lief PM, Raaitjie, Anastasia, Anton en my liewe Boet Naas ... en almal wat saamlees ... PM, ekke wil saam kamp, ek bring net nou my bekertjie vir koffie, met genoeg melk in seblief.
Ek is sowaar af van diens af, kan jul glo, het verlede naweek gewerk. En met my volgende aan diens-naweek oor drie weke, is ek 'n paar dae met verlof. Chris se kinders het 'n kuier beplan ... ons bid dat dit sal realiseer  (dinge werk nie altyd uit wanneer die gees nie so gewillig klink nie)

In elk geval, eishhhh, hierdie Vrystaat gaan môre en Saterdag die koudste naweek hierdie jaar ingaan, sien ek, en dit nou hierdie langnaweek wanneer ons weer volkspele-maraton hou. Ons begin môre-aand teen 7 uur speel, regdeur tot Saterdag laatmiddag. En laat ek jul vertel, van 3uur Saterdagoggend tot na sonop, kan ons ons nie eers warm speel nie, daai koue dring deur murg en been. So huppel gaan ons huppel  :toothy4: Maar agter die klavier wikkel ek my toe met "leg warmers", warm moffies en kombers. En genoeg warrrm koffie.

adéle  :grommit:

Anastasia

Interessant, Adel.  Ek het volkspele laas op skool gedoen!  Nie geweet dit word nog aktief gedoen nie.  Dit was darem lekker, hoor!  Is jy in verpleging, of slaan ek die bal mis?  Dankie vir die vrolike geselsie
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Meraai vannie Baai

Ek het al van Adele se volkspele fotos/videos gesien. Mensig dit bring soveel heimwee terug! Hoop ons gaan weer bederf word met 'n paar.

Anton Louw

Goeie more almal!   :hello:  Julle moet 'n gatskop dag en naweek beleef ASB!

Hier by ons waai die winde dat die dak plate oplig .

Groete

Voortrekker
Kamp is koning!

Anastasia

Baie dankie.  Hier by ons op die Natalse Suidkus is dit ook reënweer en grillerig grou as ek by die venster uitkyk na die see toe.  Glad nie 'n lekker dag vir mens se rumatieke nie!  Mooi dag en naweek ook vir julle daar, en al my verbeeldingsmaters hier
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Anton Louw

Goeie more maats!    Dit is Saterdag, ek hoor die voeltjies sing!  My vriende in die Oos Kaap het baie reen gekry na soveel lang maande / jare van wag en hoop dat ietsie moet val.

Goeie more Anastasia!    'n Lekker teetjie vir jou?   Ek gaan nou 'n 2de koffietjie bou  :coffee2:
Kamp is koning!

Anton Louw

Dit voel of ek soos 'n klip geslaap het, lekker.    My oge voel toe en nog vol sand.  Die ketel kook.    Waar is my pantoffels!

Kan ek skink vir enigiemand?  :coffee2:

Goeiemore!
Kamp is koning!

Meraai vannie Baai

Lyk my almal voel nog soos jy  :icon_biggrin: Ek hou my beker. Maak maar vol asseblief en dankie  :notworthy:

Anton Louw

Hallo Meraai.    Jy moet lekker slaap?   Amper alweer tyd om op te staan!
Kamp is koning!

adele

More liewe almal, voor ek my Sondagstukkie skryf (al heeeltemal te laat, maar ek was nog te moeg) groet ek gou. Ek is nog by die kinderinne op Brandfort om 'n kuiertjie ook in te werk.
Ons het ook Donderdagnag in en om die dam en die dorp +/- 30 mm reën gehad, dis 'n wonderlike genadedag so in die begin van die laatwinter. Maar wraggies, koud het vrydagnag 'n nuwe betekenis gekry. teen 3-uur was die ys 5mm dik op die voertuie se ruite. Maar ons het oorleef en sien nou weer uit na volgende jaar.
Maak julle dag mooi, geniet die sën en genade as dissipels van Christus, vertel in jul lewe vir almal wat jul teëkom van sy Liefde en Vreugde. Daar is baaaie mandjiesvol daarvan, jul moet skep soveel jul nodig het. Moet net nie mors daarmee nie. Deel dit uit saam met 'n glimlag aan elkeen wat nie hul eie het nie.
adéle  :grommit:

Anastasia

Goeie more maters, ek is ook by, my middagete is al amper klaar gekook. 

Ja, Anton, ons woon op die rand tussen KZN en Oos Kaap se grens, so 3km vanaf die Wild Coast Sun.  Ons het heel naweek goeie reëns gehad.

Julle moet 'n heerlike Sondag geniet, almal, en Meraai, lekker slaap
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!