• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Koffie?

Started by Anton Louw, August 08, 2018, 09:06:07 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

#15
Naa, ek wil nou daai 'shut' beduie en hier moet mens ook versigtig lees anders klink dit of Outoppie droog maak en plaas van al die instrumente  uithaal, herprogrammeer indien nodig, weer installeer en kalibreer wat so kragstasie bedryf aan die gang hou. Vir twee maande lank word alles 'gestrip, gefieks en teruggesit'. Shut klink korter hahahah.

Anastasia

Ek hoor dis bra koud daar sonder pramfien!  Hie hie.   >:D >:D
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Meraai vannie Baai

Ek giggel onbedaarlik. Daardie woord van jou het my gedagtes ophol Anastasia  :icon_bigsmurf: en op die vrolike noot gaan ek inkom vir landing. Dit is pure nag hier by ons en ek het by tafeldek uitgekom en verder elke paar minute hier kom inloer. Outop geniet gelukkig nog 'n rooietjie en loer na wat op sy poskoets beland het. Dankie vir die koffie Anton. En ook al die saamkuier met ons maats soos van ouds. My hart klop warm vanaand.

PM

Dankie Anton, ek hou my groot beker.  Swart sonder suiker asseblief.  Ek is koffieverslaaf.  Ek sal ook meer wil weet van "daai plek".  :icon_biggrin:


Raaitjie,  Hannes sê dit is seker 'n instandhoudings uitskakeling.  (Maintenance shut down)


Hier waar ons in Leeupoort woon het ons gewoonlik so twee tot drie dae 'n week "kamp" wanneer eers die krag en dan die water, of die krag en die water af is.  Dan gaan haal ons water by die watertenk en maak kos op die vuur.  Gewoonlik maak ons 'n vuurtjie saans en maak 80% van ons kos daarop.  Iemand wat wil kom saam kamp?
Om te weet is om te verstaan.

Anastasia

Hannes is 'n slim en wyse man, hy kom seker uit die Ooste  - PM hier op die suidkus is ons kort kort sonder water en/of krag.  So frustrerend
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Naas

Stem saam PM. Instandhouding is die woord. Ongelukkig word dit deesdae hier by ons met 'afbrand' verwar.

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Anton Louw

Val ek amper agteroor en dink ek is op kampforum toe ek meraai se mooi wa foto's sien.  Julle kamp in styl daar anderkant (-:

Anastasia, ek was al in Tana, ek vlieg eintlik Majunga toe in die noordweste en kom weer Donderdag terug.  In Majunga oornag ek waarna ek dan verder suidwes vlieg met 'n klein vliegtuigie.   Ek gaan na 'n groot garnaal plaas om 'n voorlegging te doen.  Slaap een nag op die garnaal plaas en dan weer die tog terug Tana en Oliver toe! (-:   Dit is werk, weg van my vrou en seuntjies af, alleen.

PM ek is bly ek het 'n koffie maatjie gevind   :headbang:

Vir Naas en die ander wie graag wil sien hoe kamp ons:    https://www.kampforum.co.za/node/25      (glad nie so grand soos tannie meraai  nie)     

Nou moet ek weer werk en seker by die ander forum ook gesels, hulle gaan afgeskeep voel.
Kamp is koning!

Anton Louw

Ek wou nog noem, hierbo wou ek Shrimp geskryf het, maar te danke aan julle raad het ek die moeite gedoen en dit gaan vertaal na garnaal.  :icon_salut:
Kamp is koning!

Meraai vannie Baai

Garnaal... dit rol so lekker van kies tot kies. Ek het jou wrintiewaar vergeet wat dit in Afrikaans is. Dankie Anton  :notworthy: :hello2:

PM

Dit is wonderlik dat jy werklik mooi suiwer Afrikaans wil skryf en praat. Ons sukkel soms self om stil te staan en die regte woord toe "soek".  Dit is egter elke ou se eie voorkeur en ons sal niemand daaroor veroordeel nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Anastasia

Mensig, Anton, maar jy IS deftig met jou afrikaanse woord vir shrimp.  Ek het amper gedog 'n garnaal is 'n grootkop in die weermag.  Gewonder of ek 'n saluut moes doen :police:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Meraai vannie Baai

 :angel4: Ek het amper gedog 'n garnaal is 'n grootkop in die weermag.  Gewonder of ek 'n saluut moes doen :police:

My lagpil vir die dag in. Anastasia - drukkie vir jou mater!

Anton Louw

Goeie more afrikaanse forum!   Julle moet almal 'n heerlike dag he!   Hier by ons waai die winde, dit is nou in Centurion.

Koffie?  :coffee2:
Kamp is koning!

Anastasia

Baie dankie vir die wakker word koffie.   :coffee2:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Anton Louw

Ek het vir jou tee gemaak Anastasia. :angel12:
Kamp is koning!