• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Koffie?

Started by Anton Louw, August 08, 2018, 09:06:07 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Anton Louw

Goeie dag Afrikaanse maters!    Dit is darem 'n bietjie koeler hier by ons asgevolg van die bietjie natigheid wat in die lug is.

Darem nog nie te laat vir 'n koffie nie of hoe?    :coffee2:
Kamp is koning!

Meraai vannie Baai

Nooit te laat vir koffie nie dankie Anton. Hoop jy het 'n lekker dag. Soos julle, sien ons ook uit na 'n wegloop kampsessie. Vir elkeen wat hier verby kom vandag, plaas ek die ene... en vra opreg: hoe was jou dag?


PM

Waar die hart van vol is loop die mond van oor.  Twee swart mans het ons meisiekind se huis binnegebars, haar met messe gesteek, verkrag en haar goed gesteel.  Ek is skoon naar!  Hoe gaan die arme vrou dit verwerk?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Sooooo soo bitter jammer PM. Ek het nie woorde. Drukkie vir julle almal  :crybaby2:

adele

oeeee neee, lief PM, dis verskriklik. Niemand kan so iets verwerk nie, slegs oorgee aan Jesus, met volste oorgawe en trane teen sy bors, kan mens aangaan.
adéle  :grommit:

Anton Louw

Ag Nee Petra!  Dit is aaklige nuus om te hoor.   Baie sterkte en spesiale liefde vir julle en vir haar.

Mag daardie mans vol swere uitslaan en hulle dae van hel nooit eindig nie!
Kamp is koning!

PM

Dit is baie erg.  Ons het so pas gehoor dat altwee mans gevang is.  'n Mens voel so magteloos. 
Daardie vroumensie het in ons huis grootgeword.  Sy is die lieflikste sagste mens. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#202
 :love7: Stuur drukkies en omgee vir almal betrokke lief PM. Julle in ons gedagtes. Sterkte met die pad vorentoe om hierdie aaklige gebeure af te handel.

Wens mens kon die seer wegtoor  :crybaby2: So gaan die lewe sy sirkelgang. Die een is treurig en die ander weer opgewonde en voel skuldig maar ook dankbaar.

Ons is besig om te pak diekant vir die week se wegloop maar ek het eers vir ons 'n potjie tee aangeslaan en daar is nog koek oor vir die soettand. Besig om die pandok in sy kersgewaad te tooi voor ons pad vat - verskoon die deurmekaar voorkoms en help jouself groot asseblief. Kan nie glo as ons terugkom is daar net 'n maand oor dan is dit kersfees  :icon_biggrin:



So lyk dit as ons nie tee drink nie. Ek lief die feestyd.



Vir die ou wat sy kaloriekies tel... daar is  slaai op die tafel... blaas maar die kers dood as jy gaan slaap. Wag, dit nog dag by julle mos. Oi, ouderdom.




Anton Louw

Goeie môre almal, julle moet 'n lekker Donnerdag geniet!

Kan ek die koffie skink?

WOW Meraai!  Dit lyk mooi  :angel8:
Kamp is koning!

adele

Dankie Anton, vir my ook 'n heerlike beker romerige koffie met bietjie heuning.
goeie more, lief almal.
Dis waar wat jy sê, Raaitjie, skuldig maar dankbaar. Ek verstaan die gevoel so diep. Hier val dinge ook uitmekaar, my kinders ..... maar die lewe wag nie vir ons nie, jy moet draf om by te bly. Ai, lief Petra, ek dink so aan jou dogter. Drukkie vir haar ....
adéle  :grommit:

PM

Dankie vir julle drukkie sustertjies. 

Raaitjie, dit lyk pragtig.  Jou tafels is altyd keurig. 
Om te weet is om te verstaan.

Anton Louw

Goeie more almal!   Dis Vrydag vir wat dit werd is!  Julle moet 'n gatskop naweek he!  :bootyshake:
Koffie vir enigiemand?   :coffee2:
Kamp is koning!

Anton Louw

Dit is seker nie te laat vir koffie nie?
Kom mense, staan nader, ek skink 'n lekker namiddag enetjie sommer met 'n knertsie in?   :coffee2:
Kamp is koning!

adele

 :coffee2:   :coffee2:  twee bekers vol vir my, dankie Anton. Omdat ek dit bitterlik nodig het voor ek my oorgee aan die slegste whisky. Ek drink nie eers die lekkerste nie, wat nog te sê ...  :icon_biggrin:    Mag julle lesers se aand goed wees  :toothy4: 
adéle  :grommit:

Anton Louw

Môre môre maters!   Ons gaan 2018 uitdruk soos 'n lemoen sodat elke laaste bietjie sap uitloop, dan gaan ons sy skil omdop en hom leeg eet!

Lekker dag vir almal!

Adele ek hoop die slegte Whisky was darem lekker?   Nog enetjie?  :coffee2:
Kamp is koning!