• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Koffie?

Started by Anton Louw, August 08, 2018, 09:06:07 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

AB

wat van n wyntjie vir iemand.

PM

Wie seg dan nee vir so 'n klein glasie wyn?  Dit is heerlik om jou hier raak te loop AB, ek het al gedink jy het die land verlaat (en sit in 'n boom iewers  :icon_biggrin:  )  Baie welkom.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek's in Stoffeltjie! Gaan net gou my mooiste glas haal.

PM

Anton, is jy laat of is ek vroeg?  Ek stook solank die vuurtjie.   :wave:
Om te weet is om te verstaan.

Anton Louw

Goeie more maatjies.   Ek is laat  :angel4:

Kamp is koning!

Anton Louw

Dumelang, lekhai.

Saobona.

Siyabonga.

Koffie?  :coffee2:
Kamp is koning!

Anastasia

Ek lig my koppie tee hoog. Laat hy val waar hy wil, grond toe ook as dit dan moet.  Ek kom plak sommer my nuuste nonsens praat hier:  deel ek anderdag op my facebook blad - vriendin wil raad weet vir 'n mooi Afrikaanse liedjie wat sy kan speel as sy kerk in stap op haar troudag:  stel ek toe "Aanstap Rooies, die pad is lank en swaar..." voor.   :hello2:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

PM

Dis goed, 'n mens kan mos lekker snert kwytraak oor 'n kopppietjie.  Ek dank my sterre vir 'n man soos myne, en ek het alle simpatie met hom vir 'n lang swaar pad.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Anton Louw

Quotestel ek toe "Aanstap Rooies, die pad is lank en swaar..." voor.

Hahahahhaha!    Goeie een!  :icon_biggrin:
Kamp is koning!

Meraai vannie Baai

...en is daar hoeka ook 'n reeltjie wat lui: 'die mense wag al daar en die koffie is al klaar' nou voel ek so opgewek, swaai my kwassie fraai en tiekiedraai verspot.  :`ip2:

Anton Louw

O laat julle kwassies swaai swaai....

Kamp is koning!

Meraai vannie Baai

Anton, ek is kooi toe met daardie liedjie wat bly swaai en draai het in my kop. Snaaks hoe so iets net kan aanhou eggo deur jou kreukelkamer  :icon_biggrin: Vanoggend kan ek vir jou 'n koppie boeretroos aanbied uit die koffiekan in ons pandok :coffee2: al is jy nou in lapaland.

PM

Lekker is die koffie vanoggend.  Hoop julle dag sal sprankel.   :wave:
Om te weet is om te verstaan.

Anton Louw

Goeie more almal!     Geniet die dag!   :coffee2:   ek skink solank  :angel7:
Kamp is koning!

PM

Dagsê matertjies.  Hoop julle kry 'n bietjie reen.  Lief julle.
Ek het "Aanstap rooies" gaan neerpen vir die wat dit wil lees. 
Om te weet is om te verstaan.