• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Koffie?

Started by Anton Louw, August 08, 2018, 09:06:07 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Anton Louw

Goeie more almal!   Julle moet 'n lekker vrydag ennaweek he!  :hello:  Koffie?  :coffee2:

Lekker groot rugby die naweek?
Kamp is koning!

PM

#166
Ja dankie, dit sal lekker smaak.  Ek het hierdie raakgeloop:


slootjiepens, s.nw.

(geselstaal)

Ook soms slootjiespens.
PITKOFFIE: Hy vra of ons koffie wil drink. Hy sê: "Wil jy slootjiepens of nylon hê?" Die koffiepit het 'n slootjie. Nylon is kitskoffie  "Slootjiepens," herhaal hy, en toe hy sien ek verstaan nie, "pittekoffie. En regte oondbrood" (G. Weideman: Draaijakkals, 1999, 118).

'n sloot eet, lieg, ens.
Idiomatiese uitdrukking. Baie erg of behoorlik: Jy kan hom nie glo nie; hy lieg 'n sloot. As my kop die kussing raak, slaap ek 'n sloot. Sy was honger en het 'n sloot geëet.


By ons kry jy nie "plastick" koffie nie.  Vanoggend het ek regte oondbrood met varkvet vir die wat belangstel.   :coffee2:
Om te weet is om te verstaan.

Anton Louw

Ek sal slooitjiepens neem dankie Petra  :coffee2:
Kamp is koning!

Meraai vannie Baai

Brood en varkvet neem my terug na my kinderdae op die delwerye. Die slootjie uitdrukkings was heel vermaaklik julle en totaal vreemd tot my skande. Nooit t te oud om te leer nie besef ekke weer. Kan ek maar 'n moerkoffie kry asseblief?




PM

Jy sal vir Anton moet vra, ek skink net doppies.   :evil6:


Ons krag was gister af, dan het ons in opvangs nie.  Vandag is ons water af en ek sukkel my stert af om iets te plaas.  Ek sal weer later probeer.   :hello:
Om te weet is om te verstaan.

adele

Ek het so 'n beker nodig ... jaaa, miskien die inhoud ook.
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

 :angel4: Dink ons almal kan soms doen met so beker moerkoffie Anton. Dankie vir jou gereelde skinkings  :coffee2:


Anton Louw

Goeie môre maters!    :coffee2:

Julle moet 'n lekker dag hé! :toothy4:

Die ketel het ketel het gekook!
Kamp is koning!

Anton Louw

...En 'n lekker Maand ook!   Dit is alweer amper Krismis en die "summer feeling" begin nou sterk loop!  :icon_biggrin:
Kamp is koning!

Anton Louw

Môre môre alle afrikaanse forum mense!   Julle moet julle Saterdag en naweek geniet!

Kan ek vir enigiemand koffie skink?  Tee, Milo?   :coffee2:

:toothy4:
Kamp is koning!

adele

Dankie Anton, hiers my kommetjie vir milo, seblief
adéle  :grommit:

adele

Maak jul naweek mooooi  :love7:
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Julle is getag ...  :coffee2:


PM

Dit kan vir my werk!   :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.

Anton Louw

Kamp is koning!