• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Koffie?

Started by Anton Louw, August 08, 2018, 09:06:07 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Dit reen op die oomblik hier in ons deel van Gatkantland en 'n koppie warm koffie sal nou net die regte ding wees om dit mee te vier. PM mater, ek hoop die onstelde maagprobleme het die wyk geneem.

Anton Louw

Hallo Meraai.  Ek skink gou vir jou 'n lekker beker boeretroos  :coffee2:    Lekker dag vir julle, al is hy al amper halfpad verby!
Kamp is koning!

PM

Hier is my bekertjie en 'n pakkie beskuit. 
Dankie Raaitjie, dit is baie beter.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Anton Louw

Dit was 'n lekker beskuitjie PM, self gebak?

Hier 'n toewnsing vir 'n heerlike Vrydag en naweek vir elkeen wat hier lees!   Ek moet gou die kabouter by die skool gaan aflaai en sal vir almal kom koffie en tee maak as ek terug is  :hello:
Kamp is koning!

PM

Hier in Leeupoort is 'n tannetjie wat beskuit bak vir 'n inkomste.  Ons ondersteun haar gewoonlik. 


Ek sit solank hier by die vuurtjie totdat jy terug is.  My bekertjie wag hier op die randjie.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

PM

Ek pak maar 'n nuwe vuurtjie en sit solank die water op.  Ek wag nog geduldig. 
Om te weet is om te verstaan.

Anton Louw

Ai Petra!  Jammer dat jy nou al vir 2 dae so alleen en getrou langs die vuurtjie vir my moes sit en wag.  Hier is ek nou!  Terug na 'n lang reis  :icon_salut:  :toothy4:
Jy is 'n ware staatmaker met die vuur wat nog lekker brand saam met die kookwater wat net reg is vir die koffie.   :coffee2:
Kamp is koning!

PM

Dankie tog jy is veilig terug.  Ek haat dit om tee en koffie te maak, Hannes, my man, doen dit altyd.   :color:
Nou is jy weer hier en ek kan net my bekertjie hou.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Anton Louw

Ai en daar laat ek julle weer in die steek?   Maandae is kantoor vergaderings dae en moes ek dus vroeg in die pad val van Pretoria na Kyalami toe.   
Koffie?  :hello:
Kamp is koning!

Anton Louw

Goeie more almal!   Mag julle 'n lekker dag he!

Ek skink lekker tee en koffie  met beskuit!   :hello: :coffee2:
Kamp is koning!

PM

Goeie more.  Dankie vir die koffie en beskuit.  Daar is so 'n idioom:  Lui by die vak, maar fluks by die bak.  (Lui om te werk maar gou om te eet.)
Om te weet is om te verstaan.

Anton Louw

Goood mornings!   :icon_biggrin:   Lekker dag vir almal!  So 'n vinnige koffietjie voor ek die pad Polokwane toe aandurf.  Siek julle later  :icon_salut:
Kamp is koning!

PM

#162
Dankie vir die foffietjie.  Ry versigtig en kom veilig terug.   :wave:   Sien ek nou die "fingerfoutjie", foffietjie  :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.

Anton Louw

Laaaaang dag.  14 ure later en ek is weer terug  :wave:
Kamp is koning!

PM

Wonderlik.  Dit is ver om heen en weer te ry op dieselfde dag.  Gelukkig vir die snelweg.  Duur, maar gouer. 
Om te weet is om te verstaan.