• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Koffie?

Started by Anton Louw, August 08, 2018, 09:06:07 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Geniet in oorgawe. Ek wou juis kom bedel vir 'n koffie boeretroos, gelukkig is ek nog betyds voor julle hak en pad vat  :coffee2: :hello2: :headbang:

PM

Julle is seker al goed ingerig Anton.  Laat weet asseblief hoe dit daar lyk.  Ons is so 70 kilometer van Bela Bela (wat die kookpot beteken) af. 
Om te weet is om te verstaan.

adele

#137
More môooore!
Ek sien nou net dat Anton twee maande gelede hier kom koffiekroeg oopmaak het, en ons is al klaar10 blaaie vol. Hier is nog 'n koffie-oggend, ek is op pad om die hek(hel)wag by die reservaat te gaan aflaai en te kyk of die oord nog staan na gister se besoekers .....  :crybaby2:  Hulle maak my moeg.

geniet gou koffie saam met die lekker koue sonskyn, die tweede lente is aan die kom ....  :love7:   :toothy4: 
adéle  :grommit:

PM

Lekker om jou hier te sien Adele.  Lag ek vir jou vingerfoutjie "helwag" en die stoutigheid doem hier voor my op. 
Ja, dit is 'n lekker koffiekroeg.  Heerlik om gou hier in te glip vir 'n koffietjie.   :love7:


Hoe gaan dit met julle renosters? 
Om te weet is om te verstaan.

Anton Louw

More more!   Dis 'n nuwe wiek!  Djulle moet geniet!

:wave: :toothy4: :wave:

Die koffie loop soos stroop!
Kamp is koning!

PM

Dan maak ons so.  Lief julle almal stinkend. 
Om te weet is om te verstaan.

Anastasia

Adel, daardie 'helwag' - wat sou sy funksie wees?  Om die mense in te laat in die warm plek, of om hulle binne te hou?  Soms kan 'n vingerfout lekker sports veroorsaak  :glasses1:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

PM

 :icon_biggrin:  Adele sal hulle buite wil hou. 
Om te weet is om te verstaan.

Anton Louw

Hallo hallo hoe gaan dit met al die afrikaanse mense?   Lekker dag en week vir julle!   Ons het amper weggereen hier in Pretoorsdorp so saam met die WeePee wat die Blou Balle kaf gedraf het!   :toothy4:

Hoe lyk dit met 'n lekker beker koffie?  :coffee2:
Kamp is koning!

adele

Lekker lag ek nou vir jou Anastasia, nogal iets om aan te dink ... ja, die emosionele kan nogal in hel ontaard, maar die binnekant van die reservaat is natuur op sy beste, soos alle natuur maar is .... maar die PAAIE ... so enkele plekke ook maar hel-klipperig.
Maar as ek nou so dink, die afgelope naweek het ek TEERpad gery, wel, probeer ry, maar skommel-skommel anderkant uitgekom, as ek nog moes melk produseer, sou dit botter gevorm het. Dit is tussen Bloemhof en Wesselsbron .... ek weet nie of ek moes  :crybaby2:   :crybaby2:  of  :violent1:  en :boxing:  en dan :BangHead:  nie.
adéle  :grommit:

PM

Ek geniet jou emojies, dit praat hard en duidelik met my.   :icon_biggrin:


Vandag sal ek tee drink asseblief.  Ietsie wat die maag streel.  Het jy so iets Anton?
Om te weet is om te verstaan.

Anton Louw

Môre môre goeie môre!

Petra ek maak vir jou 'n lekker spesiale teetjie  :toothy4:

Ek wens almal 'n lieflike en liefdevolle dag toe!
Kamp is koning!

adele

Hierso is myse bekertjie, lekker warrrm koffie seblief. Dis vrystaat is skoon gewas, stof het saggies gaan lê.
adéle  :grommit:

Anton Louw

Goeie more Adele  :wave:
Kamp is koning!

PM

Dankie Anton, dit is dierbaar van jou. 
Ons het verlede Saterdag 10mm reen gehad.  Dit het darm die stof afgewas en ons sien uit na die naweek se reen wat voorspel word. 
Mag julle almal 'n wonderlike dag beleef.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.