• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Epitaaf

Started by Meraai vannie Baai, July 20, 2011, 05:53:57 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Moenie sinkie, kyk links .... gryp die spaan Naas!!! Diekant klou ek en Outop namens jou  :love7:

PM

Kyk regs, hier's nog een om aan te gryp!   :icon_biggrin:

Baie dankie Naas en voorspoed!  Hier is 'n sakdoekie vir die ...
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#32
Hierdie twietjies  is *raakgelees en nou spesiaal geplaas vir ons natneusmatertjie (met respekte  :notworthy:)

*Anna Wallace

Die kinders van Israel het brood gevra,
en die Here het vir hulle gestuur:
Manna.
Ou klerk Wallace het 'n vrou gevra,
en die duiwel het vir hom gestuur:
Anna.

*In 'n kerkhof in Thurmont, Maryland:
Hier lê 'n ateis - Mooi aangetrek en nêrens om heen te gaan nie.

Naas

Vir ou laas,
hier le Naas.
Deur die lewe gehaas.
Op pad na erens,
kom hy toe nerens,
behalwe hierdie plaas.
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Ek geniet hierdie struktuur!!! Naas jou humorsin altooslik deur 'n ster wat selfs deur die dag helder skyn  :love7:

PM

Ryg hulle in.  Dié plekkie is bespreek!
Om te weet is om te verstaan.

adele

uit Finansies & Tegniek

Spike Milligan se grafskrif wat hy gekies het kort voor sy afsterwe onlangs op iets in die tagtig: "Ek het julle mos gesê ek's siek."
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

#37
En niemand wou luister nie ... kyk nou!! hheehehehhe Adele dit is kostelik. Ek het vandag by die boek se afdeling vir strukture ook die epitaaf gaan aanbring en ek dink julle bydraes gaan wye glimlaggies op menige leser se gesig laat plooi  :toothy4:

Naas

Vir oulaas, 'n epitaaf

Ek is dood en ek vrot in die aarde
en die wurms krioel oor my heen
kom skop sand oor my graf met jou tekkies
as bewys van jou liefde vir my



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Wow Naas, dit klink oes my maat... vir oulaas!   :dontknow:
Ek hoop nie dit gaan so sleg met jou longe nie.   :evil6:

Kom skryf maar nog, ons wag vir jou. 
:love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Oe hene Naas ek hoop dit gaan beter jongie! Sterkte. Jou epitaaf laat mens bekommerd man  :crybaby2:

Meraai vannie Baai

Langenhoven se epitaaf geskryf deur homself:

Soek nie om sy verdienst na te gaan
Sy swakhede te delf uit hierdie graf
(Albei rus daar waar hoop en vrees bestaan)
Die boesem van sy vader en sy God



PM

Dit sê nogal 'n mondvol.  Iemand het 'n rukkie gelede gesê, dit is so vreemd dat 'n afgestorwe persson se foute saam met hom begrawe word.  Niemand sê ooit 'n lelike woord van hom/haar nie.  Ek is te bang hulle kom spook by my.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


Trapsoetjie

Hier lê Trapsoetjies, sy wou nie Soetjiestrap nie.

Met die draai van die lewe
het sy deur gejaag
..wie sou kon raai dat sand
haar tot ruste sou bring!

Na nog het sy gestrewe
tog was alles so vaag
..bring dit haar tot die rand
waar almal net mooi woorde sing!

Toemaar sy is vergewe
al het sy soms haar lewe gewaag
..met 'n geweer wat in haar hand brand
is sy deur haar lewens kring!

:angel12: