Die Afrikaanse Forum

Digkuns => Digformules of -strukture => Topic started by: Meraai vannie Baai on July 20, 2011, 04:53:57 AM

Title: Epitaaf
Post by: Meraai vannie Baai on July 20, 2011, 04:53:57 AM
'n Epitaaf ("ἐπιτάφιος", letterlik: "op die grafsteen" in antieke Grieks) - soms word die laaste eer so bewys aan die oorledene. Talle epitawe is in die vorm van 'n versie uitgrafeer op die grafsteen/-plaat. Wikipedia maak ook melding van die feit dat baie digters hulle eie epitaaf skryf voor hulle dood  :notworthy:

Grafsteenskrif van 'n gedig

Hier pronk die pes en plaag
van 'n familie se fiemies;
die geite en geheime
van huis en haard ...

So het gedagtes en oomblikke -
kale repies versugtinge of onrus,
'n rusplek gevind tussen die vrede
van verse ...

©Meraai vannie baai
Title: Re: Epitaaf
Post by: Trapsoetjie on July 20, 2011, 08:48:21 AM
Op ‘n mooie dag was sy daar,
niemand so kon raai, maar
sy het in die nuut uitgestaar,
en nie die voortuig wat haar gestamp het gewaar!
©  :angel12:
Title: Re: Epitaaf
Post by: Meraai vannie Baai on July 20, 2011, 08:57:12 AM
Hie hie ... hier leg Meraai, links gewys en regs gedraai  :icon_biggrin: Mal oor jou kopiereg en gedig  :love7: Trappies beduie eers gou vir ons hoe 'stap' 'n voertuig iemand  :evil6:
Title: Re: Epitaaf
Post by: PM on July 20, 2011, 09:24:30 AM
Raaitjie jy is stout!  *lag*

:hello2:  Pragtig matertjie! 

Hoe klink dit?

Op ‘n mooie dag was sy daar,
niemand sou kon raai, maar
sy het in die niet gestaar,
nie die kar wat haar getrap het gewaar!   
Title: Re: Epitaaf
Post by: Meraai vannie Baai on July 20, 2011, 09:27:12 AM
Hierdie gedig van jou spreek boekdele op die grafsteen Trappies  :love7:  PM  :notworthy: Lief julle twietjies stikkint  :love7:
Title: Re: Epitaaf
Post by: PM on July 20, 2011, 10:23:18 AM
Dankie Raaitjie.  Ons  :love7: jou stinkend!   :bootyshake:

Trappies,  wa jy nou? 

Raaitjie hierdie twiekies moet ook by Epitaaf kom.
Title: Re: Epitaaf
Post by: Naas on July 20, 2011, 10:50:58 AM
Hier lê ek,
die eerste keer in my lewe,
dood.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Epitaaf
Post by: Trapsoetjie on July 20, 2011, 10:58:40 AM
 :icon_biggrin: Lekker lag ekke nou,

Skuus het die "M" teruggesit wat sy so wild weggestamp het.. :icon_biggrin:

Jou eerste keer  :icon_bigsmurf:, eish jy's agter ou!

 :angel12:
Title: Re: Epitaaf
Post by: Meraai vannie Baai on July 20, 2011, 11:32:43 AM
Bulder ek alweer onvroulik dat oom buurman oor sy lennelam draad hang om te sien wie jaag wie  :hello2: Pragtige grafskriffie Naas  :notworthy:
Title: Re: Epitaaf
Post by: adele on July 20, 2011, 06:26:35 PM
 :smileinbox:   proes-proes, dis nou jy, Naas, altyd met iets onverwags
Title: Re: Epitaaf
Post by: PM on July 21, 2011, 05:49:51 AM
Hierdie afdeling kan nogal baie vermaak inhou.   :icon_biggrin:
Title: Re: Epitaaf
Post by: Naas on July 21, 2011, 11:47:03 AM
Hier le Jo
Die minisipale ou
geen paaie gebou.




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Epitaaf
Post by: PM on July 21, 2011, 04:02:15 PM
Hier lê Jhonny Sandra
ons moes hom omdraai
oor sy liefde vir viagra.
Title: Re: Epitaaf
Post by: PM on July 22, 2011, 08:58:50 AM
"Tried everything twice...both times were nice!"
Title: Re: Epitaaf
Post by: Meraai vannie Baai on July 24, 2011, 11:24:54 PM
Hie hie hie hie ..... julle is gevat ne!!  :toothy4: PM sal ons gaatjie maak vir die epitafies  :book1: :hello2:
Title: Re: Epitaaf
Post by: PM on July 25, 2011, 08:23:01 AM
As jy dink dit is goed, doen gebruik ons dit. 
Title: Re: Epitaaf
Post by: Meraai vannie Baai on July 25, 2011, 08:41:55 AM
Kom ons kyk wat verskyn nog soos die spreekwoordelike skrif teen die steen  :bootyshake: :book1:
Title: Re: Epitaaf
Post by: Naas on July 25, 2011, 09:35:05 AM
Nou skryf ek maar
hierdie Epitaaf
want ek hoor,
daar's manne met 'n graaf.

Al draai ek nou hier om
bo sal ek nie weer kom
want die kluite wat hul gooi
maak hierdie een, my laaste sooi.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Epitaaf
Post by: Meraai vannie Baai on July 25, 2011, 09:42:21 AM
PUIK PUIK!!!  :angel8: :notworthy:
Title: Re: Epitaaf
Post by: adele on July 25, 2011, 10:55:02 AM
   :hello2:    :hello2:    :hello2:
Title: Re: Epitaaf
Post by: Meraai vannie Baai on July 25, 2011, 11:04:07 AM
adéle ekke staan hier voor die gaatjies en wag vir jou geskriffie  :book1:
Title: Re: Epitaaf
Post by: adele on July 25, 2011, 11:36:36 AM

hier lê ek nou, marmerkoud,
my los skroewe sò benoud,
geen vet, o gedorie,
my gewrigte te olie,
vergaan tussen koolstof en hout.
Title: Re: Epitaaf
Post by: Meraai vannie Baai on July 25, 2011, 11:38:26 AM
  :hello2: :notworthy: ek het GEWEEET dit is die moeite werd om hier rond te dwaal matertjie!!!  :love7:
Title: Re: Epitaaf
Post by: adele on July 25, 2011, 12:08:44 PM
aai aai, dankie vriendin   :love7: 
Title: Re: Epitaaf
Post by: Naas on July 25, 2011, 12:37:09 PM
Dankbaar le ek hier,
my siel uit te rus.
My buurman het g'n hond
dis die dat ek dankbaar is.




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Epitaaf
Post by: Meraai vannie Baai on July 25, 2011, 12:42:42 PM
  :icon_biggrin: Naas alte dankbaar vir jou humoristiese steengeskrifte  :notworthy: en ekke wil amenteer op daai dankbaar vir geen hond! Ons het die naweek gaan kamp en sowaar as vet, elke kampeerder het 'n hond of twee MET hulle eie huisie van seil en dit was omtrent 'n Babelse lawaai van kef-kef tot onaardse geblaf as jy verby stap badkamers toe. As ekke tot rus kom sal ek beslis ook verkies om g'n buurman met 'n hond te he nie  :toothy4:
Title: Re: Epitaaf
Post by: PM on July 26, 2011, 04:36:06 AM
Dankie vir julle  mooi bydraes.  Dit gaan 'n mooi humorblad afgee.  Wie gaan die kunswerk daarby ontwerp?
Title: Re: Epitaaf
Post by: Meraai vannie Baai on July 26, 2011, 06:18:19 AM
Ek steek my hand op vir Naas. Het al van sy kunswerke gesien en dis PUIK  :notworthy:
Title: Re: Epitaaf
Post by: PM on July 26, 2011, 08:06:56 AM
Dit gaan mal by Naas.  Ek wag om te hoor wat hy seg. 
Title: Re: Epitaaf
Post by: Naas on July 26, 2011, 08:58:09 AM
Naas het erge griep. (Wens dit was wingerdgriep) en moet nog voorberei om vanaand 25 ouerpare toe te spreek en more nog 24 pare. (Elke paar appart)
Vergeef maar as ek net nu en dan inloer vir 'n glimlag maar as ek nie nou my gedagtes lig hou nie gaan ek wel mal word.

Epiteef... askuus... epitaaf se kunswerk sal ek probeer as ek kans kry. Ek sukkel nog met my eie bekendstellingsblad.

Heeelp. Ek sink!



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Epitaaf
Post by: Meraai vannie Baai on July 26, 2011, 09:13:14 AM
Moenie sinkie, kyk links .... gryp die spaan Naas!!! Diekant klou ek en Outop namens jou  :love7:
Title: Re: Epitaaf
Post by: PM on July 26, 2011, 09:51:42 AM
Kyk regs, hier's nog een om aan te gryp!   :icon_biggrin:

Baie dankie Naas en voorspoed!  Hier is 'n sakdoekie vir die ...
Title: Re: Epitaaf
Post by: Meraai vannie Baai on July 26, 2011, 10:56:57 PM
Hierdie twietjies  is *raakgelees en nou spesiaal geplaas vir ons natneusmatertjie (met respekte  :notworthy:)

*Anna Wallace

Die kinders van Israel het brood gevra,
en die Here het vir hulle gestuur:
Manna.
Ou klerk Wallace het 'n vrou gevra,
en die duiwel het vir hom gestuur:
Anna.

*In 'n kerkhof in Thurmont, Maryland:
Hier lê 'n ateis - Mooi aangetrek en nêrens om heen te gaan nie.
Title: Re: Epitaaf
Post by: Naas on July 27, 2011, 06:18:33 AM
Vir ou laas,
hier le Naas.
Deur die lewe gehaas.
Op pad na erens,
kom hy toe nerens,
behalwe hierdie plaas.
Title: Re: Epitaaf
Post by: Meraai vannie Baai on July 27, 2011, 11:15:11 AM
Ek geniet hierdie struktuur!!! Naas jou humorsin altooslik deur 'n ster wat selfs deur die dag helder skyn  :love7:
Title: Re: Epitaaf
Post by: PM on July 27, 2011, 03:00:31 PM
Ryg hulle in.  Dié plekkie is bespreek!
Title: Re: Epitaaf
Post by: adele on July 27, 2011, 03:47:56 PM
uit Finansies & Tegniek

Spike Milligan se grafskrif wat hy gekies het kort voor sy afsterwe onlangs op iets in die tagtig: “Ek het julle mos gesê ek’s siek.”
Title: Re: Epitaaf
Post by: Meraai vannie Baai on July 28, 2011, 07:05:15 AM
En niemand wou luister nie ... kyk nou!! hheehehehhe Adele dit is kostelik. Ek het vandag by die boek se afdeling vir strukture ook die epitaaf gaan aanbring en ek dink julle bydraes gaan wye glimlaggies op menige leser se gesig laat plooi  :toothy4:
Title: Re: Epitaaf
Post by: Naas on September 07, 2011, 01:24:42 PM
Vir oulaas, 'n epitaaf

Ek is dood en ek vrot in die aarde
en die wurms krioel oor my heen
kom skop sand oor my graf met jou tekkies
as bewys van jou liefde vir my



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Epitaaf
Post by: PM on September 07, 2011, 01:46:42 PM
Wow Naas, dit klink oes my maat... vir oulaas!   :dontknow:
Ek hoop nie dit gaan so sleg met jou longe nie.   :evil6:

Kom skryf maar nog, ons wag vir jou. 
 :love7:
Title: Re: Epitaaf
Post by: Meraai vannie Baai on September 08, 2011, 07:56:38 AM
Oe hene Naas ek hoop dit gaan beter jongie! Sterkte. Jou epitaaf laat mens bekommerd man  :crybaby2:
Title: Re: Epitaaf
Post by: Meraai vannie Baai on September 23, 2011, 02:39:29 AM
Langenhoven se epitaaf geskryf deur homself:

Soek nie om sy verdienst na te gaan
Sy swakhede te delf uit hierdie graf
(Albei rus daar waar hoop en vrees bestaan)
Die boesem van sy vader en sy God
 

Title: Re: Epitaaf
Post by: PM on September 23, 2011, 06:39:08 AM
Dit sê nogal 'n mondvol.  Iemand het 'n rukkie gelede gesê, dit is so vreemd dat 'n afgestorwe persson se foute saam met hom begrawe word.  Niemand sê ooit 'n lelike woord van hom/haar nie.  Ek is te bang hulle kom spook by my.  :icon_biggrin:
Title: Re: Epitaaf
Post by: Meraai vannie Baai on September 30, 2011, 02:41:45 AM
 :angel4:  :bootyshake: :notworthy:
Title: Re: Epitaaf
Post by: Trapsoetjie on September 30, 2011, 01:09:44 PM
Hier lê Trapsoetjies, sy wou nie Soetjiestrap nie.

Met die draai van die lewe
het sy deur gejaag
..wie sou kon raai dat sand
haar tot ruste sou bring!

Na nog het sy gestrewe
tog was alles so vaag
..bring dit haar tot die rand
waar almal net mooi woorde sing!

Toemaar sy is vergewe
al het sy soms haar lewe gewaag
..met 'n geweer wat in haar hand brand
is sy deur haar lewens kring!

 :angel12:
Title: Re: Epitaaf
Post by: PM on September 30, 2011, 02:19:07 PM
Pragtig Trappies.    :icon_biggrin:   

Bly om te sien jy kuier 'n bietjie met die potlood in die hand.   :love7: :love7:
Title: Re: Epitaaf
Post by: Meraai vannie Baai on October 01, 2011, 02:07:14 PM
Trappies ekke lig hoed en knak 'n knieg .... hoor jy hoe kraak dit?  :book1: :notworthy:
Title: Re: Epitaaf
Post by: adele on October 01, 2011, 03:01:44 PM
Dit sê nogal 'n mondvol.  Iemand het 'n rukkie gelede gesê, dit is so vreemd dat 'n afgestorwe persson se foute saam met hom begrawe word.  Niemand sê ooit 'n lelike woord van hom/haar nie.  Ek is te bang hulle kom spook by my.  :icon_biggrin:

by 'n begrafnis sit die vrou en hulle 9 kinders almal in die voorste bank, droogoog en verslae. grootoog kyk die kleiner kinders om hulle rond. dan begin die dominee met sy rede; hy het ver en diep gaan soek na woorde om die man se goeie hoedanighede ten beste beskryf; te vertel hoe almal hom en sy goeie werke gaan mis, hoe 'n verlies sy heengaan vir die omgewing en samelewing is, wie gaan nou dit en dat vir die skool, kerk, boerderygemeenskap, koöperasie ens ens ...

na 'n kwartier staan die vrou op en roep haar kinders
"kom julle, ons is by die verkeerde begrafnis"

 :grommit:
Title: Re: Epitaaf
Post by: PM on October 01, 2011, 06:22:01 PM
Ai, dit laat my aan "Dolfie" dink.  As een van julle weet waar Madz haarself bevind, ek soek al maande na haar.
Ek wil Dofie in die boek sit, ek het kopiereg daarop, maar ek wil so graag net vir haar daarvan laat weet. 

Ek dink ek weet hoekom hulle geloop het.   :crybaby2:

Title: Re: Epitaaf
Post by: Meraai vannie Baai on October 02, 2011, 05:12:36 AM
Glimlag ekke alweer WYD  :toothy4:
Title: Re: Epitaaf
Post by: Assie on November 13, 2018, 01:57:21 PM
Hier le Assie
kry nie 'n deksel wat passie
ja, ek le alleen
onder die bleddie swaar steen



 :mumum:
Title: Re: Epitaaf
Post by: Meraai vannie Baai on November 13, 2018, 08:37:31 PM
 :angel4:  :headbang: :sign10:
Title: Re: Epitaaf
Post by: PM on November 15, 2018, 10:53:52 AM
"Shame" ons sal 'n plan moet maak.  Hoekom skryf jy nie in by 'n boermeisie soek 'n boer nie.
Title: Re: Epitaaf
Post by: Assie on November 15, 2018, 11:54:40 AM
Nee o Gaats Antie PM. 'n meisie het mos darem haar trots. My weivelde is net vir een bul bedoel. Volgens Oupa is daai program se naam heeltemal verkeerd. Dit moes eintlik "'n slet soek pret gewees het.


 :mumum:
Title: Re: Epitaaf
Post by: PM on November 15, 2018, 12:05:32 PM
Jou slime oupa is gans te slim.  'n Meisie moet darem pret ook hê?
Title: Re: Epitaaf
Post by: Assie on November 15, 2018, 12:08:13 PM
tannie verstaan verkeerd. Daar is darem sekere pret wat mens mos nou nie loop en deel met anner mense nie.



 :mumum:
Title: Re: Epitaaf
Post by: PM on November 15, 2018, 12:16:55 PM
Hier lê die PM tannie,
sy had geen pret nie
was nie omdat sy nie wou nie
of sy nie konnie
sy was net nie 'n slet nie. 


Ag nee!  Dit klink so eentonig.   :icon_biggrin:




Title: Re: Epitaaf
Post by: Assie on November 15, 2018, 12:23:22 PM
Kom ons pas bietjie aan, as ek mag

Hier lê PM tannie,
sy had geen prettie
was nie omdat sy nie kannie
of sy nie wou nie
sy was nettie 'n slettie. 


 :mumum:
Title: Re: Epitaaf
Post by: Meraai vannie Baai on November 15, 2018, 12:25:46 PM
En daar mis sy allie pret siestog  :toothy4: :bootyshake:
Title: Re: Epitaaf
Post by: PM on November 15, 2018, 12:40:12 PM
Dankie Assie.  Dit klink baie beter!   :icon_biggrin:
So 'n verdomde veeartsie weet nie 'n hoe groot kleinnood hy gemis het nie. 
Title: Re: Epitaaf
Post by: PM on November 15, 2018, 12:42:01 PM
Jy het al gehoor van stille waters diepe grond?  O gaats, hier het ons nou met "diepe grond" te doene.  Skrik ek nou!  :angel12:
Title: Re: Epitaaf
Post by: Assie on November 15, 2018, 12:50:24 PM
 :icon_scratch: Ek wonder nou of daai slet se grafskrif nie dalk 'n epiteef is nie.




 :mumum:
Title: Re: Epitaaf
Post by: PM on November 15, 2018, 01:42:38 PM
Oe la la!  Is dit nou dubbelsinnig bedoel?   :toothy4:
Title: Re: Epitaaf
Post by: Meraai vannie Baai on November 15, 2018, 08:41:07 PM
Hahahahaha. Epiteef - puik beskrywing  :book1: :notworthy: :`ip2: