• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Epitaaf

Started by Meraai vannie Baai, July 20, 2011, 05:53:57 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

'n Epitaaf ("ἐπιτάφιος", letterlik: "op die grafsteen" in antieke Grieks) - soms word die laaste eer so bewys aan die oorledene. Talle epitawe is in die vorm van 'n versie uitgrafeer op die grafsteen/-plaat. Wikipedia maak ook melding van die feit dat baie digters hulle eie epitaaf skryf voor hulle dood  :notworthy:

Grafsteenskrif van 'n gedig

Hier pronk die pes en plaag
van 'n familie se fiemies;
die geite en geheime
van huis en haard ...

So het gedagtes en oomblikke -
kale repies versugtinge of onrus,
'n rusplek gevind tussen die vrede
van verse ...

©Meraai vannie baai

Trapsoetjie

#1
Op 'n mooie dag was sy daar,
niemand so kon raai, maar
sy het in die nuut uitgestaar,
en nie die voortuig wat haar gestamp het gewaar!
©  :angel12:

Meraai vannie Baai

#2
Hie hie ... hier leg Meraai, links gewys en regs gedraai  :icon_biggrin: Mal oor jou kopiereg en gedig  :love7: Trappies beduie eers gou vir ons hoe 'stap' 'n voertuig iemand  :evil6:

PM

#3
Raaitjie jy is stout!  *lag*

:hello2:  Pragtig matertjie! 

Hoe klink dit?

Op ‘n mooie dag was sy daar,
niemand sou kon raai, maar
sy het in die niet gestaar,
nie die kar wat haar getrap het gewaar!   
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#4
Hierdie gedig van jou spreek boekdele op die grafsteen Trappies  :love7:  PM  :notworthy: Lief julle twietjies stikkint  :love7:

PM

Dankie Raaitjie.  Ons  :love7: jou stinkend!   :bootyshake:

Trappies,  wa jy nou? 

Raaitjie hierdie twiekies moet ook by Epitaaf kom.
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Hier lê ek,
die eerste keer in my lewe,
dood.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Trapsoetjie

 :icon_biggrin: Lekker lag ekke nou,

Skuus het die "M" teruggesit wat sy so wild weggestamp het.. :icon_biggrin:

Jou eerste keer  :icon_bigsmurf:, eish jy's agter ou!

:angel12:

Meraai vannie Baai

Bulder ek alweer onvroulik dat oom buurman oor sy lennelam draad hang om te sien wie jaag wie  :hello2: Pragtige grafskriffie Naas  :notworthy:

adele

 :smileinbox:   proes-proes, dis nou jy, Naas, altyd met iets onverwags
adéle  :grommit:

PM

Hierdie afdeling kan nogal baie vermaak inhou.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Hier le Jo
Die minisipale ou
geen paaie gebou.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Hier lê Jhonny Sandra
ons moes hom omdraai
oor sy liefde vir viagra.
Om te weet is om te verstaan.

PM

"Tried everything twice...both times were nice!"
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Hie hie hie hie ..... julle is gevat ne!!  :toothy4: PM sal ons gaatjie maak vir die epitafies  :book1: :hello2: