• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Epitaaf

Started by Meraai vannie Baai, July 20, 2011, 05:53:57 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

PM

As jy dink dit is goed, doen gebruik ons dit. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Kom ons kyk wat verskyn nog soos die spreekwoordelike skrif teen die steen  :bootyshake: :book1:

Naas

Nou skryf ek maar
hierdie Epitaaf
want ek hoor,
daar's manne met 'n graaf.

Al draai ek nou hier om
bo sal ek nie weer kom
want die kluite wat hul gooi
maak hierdie een, my laaste sooi.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai


adele

adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

adéle ekke staan hier voor die gaatjies en wag vir jou geskriffie  :book1:

adele


hier lê ek nou, marmerkoud,
my los skroewe sò benoud,
geen vet, o gedorie,
my gewrigte te olie,
vergaan tussen koolstof en hout.
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

  :hello2: :notworthy: ek het GEWEEET dit is die moeite werd om hier rond te dwaal matertjie!!!  :love7:

adele

aai aai, dankie vriendin   :love7: 
adéle  :grommit:

Naas

Dankbaar le ek hier,
my siel uit te rus.
My buurman het g'n hond
dis die dat ek dankbaar is.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

#25
  :icon_biggrin: Naas alte dankbaar vir jou humoristiese steengeskrifte  :notworthy: en ekke wil amenteer op daai dankbaar vir geen hond! Ons het die naweek gaan kamp en sowaar as vet, elke kampeerder het 'n hond of twee MET hulle eie huisie van seil en dit was omtrent 'n Babelse lawaai van kef-kef tot onaardse geblaf as jy verby stap badkamers toe. As ekke tot rus kom sal ek beslis ook verkies om g'n buurman met 'n hond te he nie  :toothy4:

PM

Dankie vir julle  mooi bydraes.  Dit gaan 'n mooi humorblad afgee.  Wie gaan die kunswerk daarby ontwerp?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek steek my hand op vir Naas. Het al van sy kunswerke gesien en dis PUIK  :notworthy:

PM

Dit gaan mal by Naas.  Ek wag om te hoor wat hy seg. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Naas het erge griep. (Wens dit was wingerdgriep) en moet nog voorberei om vanaand 25 ouerpare toe te spreek en more nog 24 pare. (Elke paar appart)
Vergeef maar as ek net nu en dan inloer vir 'n glimlag maar as ek nie nou my gedagtes lig hou nie gaan ek wel mal word.

Epiteef... askuus... epitaaf se kunswerk sal ek probeer as ek kans kry. Ek sukkel nog met my eie bekendstellingsblad.

Heeelp. Ek sink!



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.