Ek wil net graag sê, dit is kwart voor nege en ek leun hier oor die reling van die 12de verdieping, Venus soen die see en ek soen my vriende. Die stadsliggies flikker en wuif totsiens, maar my hart huil, want om te groet is die moeilikste van alles.
Andrew en Trappies is nou net hier uit... vroeër het ons vir Naas en Ouma gegroet. Ons het die roete van vader Cloete gedoen, alles geleen en gesteel weer terug geneem

en hier kom Hannes en "krap my rug" en streel oor my hare. Hy weet dit is nie maklik vir my nie.
Net hier neem ek 'n besluit. Die lewe is so kort. As ek nie 'n plan maak om gereeld vir my vriende te kom kuier nie, is ek die een wat die armste sal wees.
Ouens, ek wil so graag hê dat julle hier in die Kaap moet hande vat en mekaar ondersteun, mekaar dra, (en hier kom Hannes en hy soen-soen my teen my slape en krap-krap deur my hare) ek belowe dat ek met julle volgende byeenkoms hier sal wees om dit met julle te deel. Reel dit en laat my weet! Ek sal hier wees!
Julle moet een ding verstaan! Ons is 'n familie. Ons verstaan mekaar en ons dra mekaar. Ons het 'n kringetjie, 'n sirkeltjie wat soveel plek het om te groei en groter te word. Vat hande, lief mekaar, want almal van ons het 'n behoefte aan liefde.
Praat weer later...