• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ek wil net graag sê!

Started by PM, July 19, 2011, 08:20:49 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Janie

Nou het die droom waar geword en ek sê net weer en nog 'n keer.  Dit is 'n pragtige boek en werklik baie goedkoop.  Hie-hie, ek bedoel nie soos in "goedkoop" nie, net uitstekende waarde vir geld.  Baie geluk aan almal wat deel is daarvan.  Ek stel voor dat julle nou nog 'n boek skryf. 

Trapsoetjie

Ek wil net graag sê, ek is nog hier rond, seker bietjie skaars. Voel of die dae net nie genoeg ure het nie. Dan raak mens nog moeg ook, ai dis nou 'n probleem die moeg word storie. As ek nie nodig gehad het vir slaap nie sou dinge soveel makliker gewees het.  :evil6:
Het die "oulike" ouditeure hier by die werk. Vrek elkekeer as hulle hier is dan dink ek, sjoe hulle is nie baie "bright" nie wil eskom nie hulle liggies aanskakel nie. EISH!
Gelukkig die naweek kamp ons weer met Wegsleep. Het die nodig, tussen al die dorings is daar altyd 'n roos wat helder glimlag en 'n oogknip.
So met al die gebabbel wou ek eindlik net sê ek is lief julle, en loer so nu en dan hier in.

Chao.

:angel12:

PM

Dit was nou heerlik om van jou te hoor. As ons weer gesels is dit "face to face".  :icon_biggrin:
Geniet die naweek. Jy verdien dit.
:love7:
:bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#108
Oe gaan geniet Trappies! Lief jou woord: Wegsleep. Ons gaan ook weer die naweek onse wieletjieshuis hak en smaak my julle Wegsleep gaan saam  :icon_biggrin:

*jy was die slagoffer van 007 vandag  :notworthy: :icon_salut: :book1:

Trapsoetjie

Ta-Meraai, Wegsleep is nie my woord nie. Dis 'n boek. Deel van 'n ander boek genoem WEG. Ons het 'n kampforum onder Wegsleep ook, dan reel hulle gewoonlik 'n kamp en ons wat deel is van Wegsleepforum, gaan kamp almal saam. Ja, maar ek stem dis 'n lekker woord.  :toothy4:

PM, kan nie wag nie. Daar het nou so baie dinge verander tuis. Kan nie wag om jou alles te vertel nie.  :hello2: :hello2: :hello2:

:angel12:

Meraai vannie Baai

Oe blommetjie, nou verstaan ek 100 persent  :toothy4: Het in alle gevalle jou gegapsde woorde gaan virewig: http://afrikaanseforum.co.za/smf/index.php?PHPSESSID=b2904f9d60cd5b32ff34ad7a82e3bceb&topic=1380.msg7601#new
:icon_salut: :hello2:

PM

Baie oulik gedoen Raaitjie. 
Ek merk dat daardie bladsy waarvan jy die skakel geplaas het, van bo na onder lees.  By my profielblad het ek die funksie verander om van onder na bo te lees.  Met ander woorde, sodra ek 'n bladsy op die forum oopmaak, staan die laaste plasing heel bo, dan hoef ek nie van bo af te rol tot onder nie.  Dit is vir my makliker.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Eish... ek gaan probeer. Soos jy verstaan ek mooi vinnig as jy laaank beduie  :icon_bigsmurf: :notworthy:

PM

Jy klik op "Profile"
gaan na "look and layout"
merk die blokkie "most resent at top"
en
Bob's your uncle.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Hahahahaah, ek bulder onvroulik. Wou kom getuig ek het nuwe familielid- Bob's my uncle en ek weet laaste geskriffies was op bladsy 8. En ek soeeeeek, en soeeeek. Gone. Weg.  :icon_bigsmurf: Toe onthou ek dat ek nou net bladgeskud het met oom Bob  :toothy4:

PM

 :sign10: 

Nou gaan ons ry.  As ek langs die pad 'n tydjie en opvangs het kom kuier ek weer. 
Vrydagaand sal ons in die Kaap wees.
Lief julle en ek gaan julle mis.
:love7:
:bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

PM

En dit is nou Vrydagaand en ons is veilig in die Kaap!
Met al die padverleggings het ons drie ure langer op die pad spandeer as wat ons beplan het, maar ons is darem veilig hier!
Ek gee Hannes se selfoonnommer vir almal wat wil kom kuier en ons adres wil hê.
Hannes:  082 892 6391
Ouens, ons is lus vir kuier!
Slaat daai lyntjie, ons wag vir julle!
Om te weet is om te verstaan.

PM

Ek wil net graag sê, dit is vandag ons 22ste dag in die Kaap en ons het nog nie 'n dag sonder vriende gehad nie.  Maandag gaan ons terug en dit voel soos 'n langnaweek wat ons in die Kaap spandeer het. 
Wat ek eintlik wou sê is dat ek so vol energie is na gisteraand se  boekbekendstelling, dat ek nie aan die slaap kan kom nie en hier sit ek soos Naas en gesels met myself!
Eish!
Dit was egter 'n wonderlike tyd, maar dit is ook soos Ouma Naas sê, ons dae is getel!
Dit het tyd geword om afskeid te neem.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek wil ook net graag kom sê:  Julle ROCK (ala kaboutertaal vir fantabalooooslik) ... gaan nie saam afskeid neem nie want ek moes al te veel kere in my lewe groet, ek weet mos julle gaan almal weer hier kom spore trap op onse erfie. Tot dan - reis veilig geliefdes, dankie vir ons vriendskap en die vreugde om julle my sielematers te mag noem. PM ekke nooi nou jou nou, vir so ietsie wat klap en borrel  :hello2: jy het dit reggekry: 'n Droom is bewaar  :book1: :notworthy: :icon_salut: :pottytrain2:

PM

Tjorts Raaitjie, laat hy val waar hy wil, maar al die regte plekkies warm maak!  :icon_biggrin:

Elle sê ook, ons sien mekaar "agter die skerms". 

Dit is so Raaitjie, maar sonder julle sou dit net nie kon gebeur nie. 
Glip hier 'n smaailtjie tussen die trane uit:  :pottytrain2:
:notworthy:   :bootyshake:  :love7:
Om te weet is om te verstaan.