Wil net graag se:
Ek sit altyd saans my selfoon af as ek gaan slaap. Ek slaap sleg en as ek wakker gemaak word, slaap ek nie weer nie. Maak nou nie saak watter uur van die nag dit is. Die bank is baie skuldig hieraan.
Met koffie sit ek die rekenaar aan ek gaan lees my FB en stuur wense aan my familie.
Na 'n oggend stappie maak ek ontbyt en gaan lees weer my FB..... my kinders het gisteraand verloof geraak moet ek sien.
Ek voel bietjie treurig dat ek nie daarvan vertel is nie.
Miskien voel ek net so bietjie uitgesluit?
My seun skakel... het Ma my sms gekry gisteraand, want jy was nie beskikbaar op jou foon.
Jammer, seun, jy wou my al gisteraand vertel en ek het gedink....
Hierdie ma sal seker maar bietjie bedroef raak. Hy is haar enigste.
Gelukkig het hulle die mal idee om te immigreer uit hul koppe gesit.