• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ek wil net graag sê!

Started by PM, July 19, 2011, 08:20:49 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Dit is al laat al en die rooiwyn het al gepraat al,  maar ek wil net graag vir my mensies sê, ek lief julle 'n hond uit 'n bos uit!

Hartlik dankie aan almal wat so hard saam met my werk om my droom te verwesenlik!  Ek werk al vyf jaar aan hierdie boek en nou lê dit in my skoot!  Dankie aan ieder en elk wat deel hiervan wil wees.  Ek lief julle!  Dankie vir julle bydraes.  Ek weet dat dit 'n boek sal wees waarop ons trots kan wees! Ons gaan betaal dat ons bars, maar dit sal elke sent die moeite werd wees!  Ek lief julle!   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Dit wat sonder moeite in ons skoot val, word nie waardeer nie. SO dankbaar jy is ons  :book1: maatjie en hierdie boek gaan beslis   :notworthy: wees!

:love7: jou stikkint.

PM

Dankie vir die vertroue Raaitjie.  Die kunswerk wat tot nou toe ingekom het is asemrowend mooi!   :bootyshake: Sodra Stof aankom sal ek vir hom vra of ons nie sommer een van sy voorbeelde kan plaas nie, sodat julle kan sien waarmee ons besig is.  Ek wens ek kon hom permanent hier hou om saam te werk!   :wave:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


Lox

ek wil jou iewers in die dag bel oor die boek
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Jy is welkom Lox.  Ek wag in spanning!   :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.

PM

Jammer ouens,  ek het julle sleg afgeskeep.  Was vandag by die drukkers ('n briefie sal binnekort in julle e-possies beland) en toe kry ek die nuus, my meisiekind is in die hospitaal.  Ons kom nou van daar af en wag nog om te hoor wat die tannie spesialis te sê het nadat sy die "scan" gelees het en wag vir nog 'n opinie.
Ek sal julle e-posse antwoord sou gou moontlik. 
Ons het die 250 bladsye-merk oorgesteek.  Ek sal ook by die boekbespreking 'n aankondiging maak,  maar die sluitingstyd om bladsye te bespreek is die einde van Julie.  Baie dankie aan julle almal wat dit reeds gedoen het. 
Nou gaan ek eers gou kosmaak. 
:love7:
:bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

adele

ons wag op jou en stuur tonne sterkte, vriendin.    :love7: 
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

♥♥Dink aan jou matertjie. Sterkte en drukkie vir Meisiekind!!♥♥

PM

Dankie julle, ek kan nie wag dat die dag breek om nuus te kry nie.  Hulle het aanvanklik gesê dit is nierstene, maar daar is nog iets.  Ons sal maar net moet wag!   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

En daar is NIKS erger as om te wag in onsekerheid. Drukkie vir jou PM  :love7:

PM

Dankie Raaitjie.  Jy is dierbaar.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

Ai ekke is sorrie om te hoor van jou meisiekind PM

en ek is opgewonde om te hoor van die wonderlike boek hehe

:icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin:
*The one and only AWESOME-EST


PM

Goeie more Chichi.  Ek sien dit is al jou derde possie,  maar ek sê sommer hier welkom by die forum.  Meisiekind word vandag ontslaan, dit gaan sommer baie beter. 
Ek het vir jou 'n plekkie geskep by "kom skryf saam".    Teen R5.00 per gedig en R10.00 per 1000 woorde kan jy jou werk daar plaas.  Jy het tyd tot die einde van Julie om jou spasie in die boek te bespreek teen R50.00 per bladsy.  Die bankbesonderhede is onder "algemene sake".  Daar is ook 'n "boekvoorlegging" waar jy meer kan lees.
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

Baie dankie vir die verwelkoming!!!  En dankie vir die uitnodiging maar ek gaan dit ongelukkig van die hand wys, ek is 'n baie baie swak skrywer.  Ek beeld maar die gevoelentjies en dinge in teken en so aan uit.

Ek is bly om te hoor van jou meisiekind  :icon_biggrin:

:toothy4:
*The one and only AWESOME-EST