Author Topic: Ek wil net graag sê!  (Read 97994 times)

0 Members and 3 Guests are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ek wil net graag sê!
« Reply #120 on: February 19, 2012, 06:32:17 AM »
Julle name is huishoudelik diekant van die aardbol  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10713
  • Gender: Female
Re: Ek wil net graag sê!
« Reply #121 on: February 19, 2012, 09:14:10 PM »
Ek wil net graag sê,  dit is kwart voor nege  en ek leun hier oor die reling van die 12de verdieping, Venus soen die see en ek soen my vriende.  Die stadsliggies flikker en wuif totsiens, maar my hart huil, want om te groet is die moeilikste van alles. 
Andrew en Trappies is nou net hier uit...  vroeër het ons vir Naas en Ouma gegroet.  Ons het die roete van vader Cloete gedoen, alles geleen en gesteel weer terug geneem  :icon_biggrin: en hier kom Hannes en "krap my rug" en streel oor my hare.  Hy weet dit is nie maklik vir my nie. 
Net hier neem ek 'n besluit.  Die lewe is so kort.  As ek nie 'n plan maak om gereeld vir my vriende te kom kuier nie, is ek die een wat die armste sal wees. 
Ouens, ek wil so graag hê dat julle hier in die Kaap moet hande vat en mekaar ondersteun, mekaar dra, (en hier kom Hannes en hy soen-soen my teen my slape en krap-krap deur my hare) ek belowe dat ek met julle volgende byeenkoms hier sal wees om dit met julle te deel.  Reel dit en laat my weet!  Ek sal hier wees!
Julle moet een ding verstaan! Ons is 'n familie.  Ons verstaan  mekaar en ons dra mekaar.  Ons het 'n kringetjie, 'n sirkeltjie wat soveel plek het om te groei en groter te word.  Vat hande, lief mekaar, want almal van ons het 'n behoefte aan liefde.
 
Praat weer later...
« Last Edit: February 20, 2012, 06:14:08 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10713
  • Gender: Female
Re: Ek wil net graag sê!
« Reply #122 on: March 27, 2012, 08:07:58 AM »
Naas, ek wil net graag sê, ek wil jou ruil vir ses bladsye in boek 2 vir ses groot kerse met jassies aan. Presies soos daai wat jy vir my gegee het vir my verjaarsdag.  Dit is so pragtig dat almal my present wil hê!
As dit moontlik is (laat weet maar as ek moet inbetaal) dan sal ek 'n plan maak om dit by jou te kry wanneer ons terug is van Botswana af.
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10713
  • Gender: Female
Re: Ek wil net graag sê!
« Reply #123 on: April 08, 2012, 12:46:45 PM »
Ek moet eintlik hierdie hoekie die "solo-hoekie" noem, ek praat te lekker met myself!  :evil6:

Ek wil net sê.  Die laaste paar dae het dit rustig gegaan hier in die bos.  Almal is weg vir die langnaweek en 'n speldpunt lek in die transformator, het verhoed dat ons ook kon huistoe gaan.  Dit word met gas onder druk gehou totdat die sweiser dit kan kom herstel. 
Kort-kort het ek meneer sien sit met ons boek.  Die pragtige kommentaar van sy kant af is dat ons werklik trots kan wees op ons boek.  Hy seg dit is regtig, egtig 'n mooi boek.
"Dit is 'n pragtige nalatingskap aan julle geliefdes."
Dit was treffend!  :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Ek wil net graag sê!
« Reply #124 on: April 08, 2012, 08:45:54 PM »
Lekker om net weer herinner te word hoe 'n pragstuk ons bewerk het.
Darem lekker.
Se vir Hannes baie dankie.  Maar natuurlik gaan meeste krediet na sy spogvrou. 
Hoeveel slapies nog voor julle huistoe kom?

Jy moet weet, die mense het gaan KKNK en die ander is padaf.  Anner sit by die huis en loer kort-kort hier.
Ons mis julle ook, vriendin.
Groete vir Hannes.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10713
  • Gender: Female
Re: Ek wil net graag sê!
« Reply #125 on: April 09, 2012, 01:52:36 AM »
Eish! Ons gaan dit weer doen Elsabé.  Noudat almal die boek se konsep verstaan kan julle baie help om dit hierdie keer presies dieselfde, maar baie anders te maak.  :icon_biggrin:
Sulke tye soos hierdie, wanneer jy eintlik tussen jou familie moet wees, besef ek net weereens hoeveel Hannes vir my beteken.  Hy kan soms so uit die bloute 'n droë aanmerking maak wat my kliphard laat lag, dan weer ander tye iets kwytraak wat die wind uit my seile neem.   :love7:

Hoor ook van die "soveel duisend moters per uur" op die paaie en dink aan die strande wat tot oorlopens toe vol is.  Sou dit nou nie die ideale tyd gewees het om rustig by die huis te bly en kwaliteit tyd met jou geliefdes te spandeer nie?  Op te krul met 'n boek en net lekker laat te slaap nie?   

Een ding wat ek beslis weet is dat ek nie weet wanneer ek my waar sal bevind nie.  Nie solank as wat Manlief vir Powertech werk nie. 
Ons is al tien dae hier en is agt dae agter met die projek!  :icon_biggrin: Vandag (nee gister) was dit ernstig warm hier en ons het juis onder die "lapa" gesit en wonder of dit
Woensdag gaan reën.  :icon_biggrin: (Die span kom eers Dinsdag terug.)
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Ek wil net graag sê!
« Reply #126 on: April 09, 2012, 08:34:27 AM »
Hannes sal maar gewoond moet raak aan Afrika tempo... 0 tot 60 dae in drie jaar.

Ek hoor Malawi se eerste minister is dood aan 'n hartaanval maar hulle het dit nog nie agtergekom nie.
Malawi het 'n energie krisis. Geen petrol, geen gas, geen elektrisiteit. Hulle moes die minister se lyk buiteloand toe stuur want agv die energiekrisis is die lykshuise buite werking.
Gelukkig het julle darem nog die dasiese in Bosswanna



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Ek wil net graag sê!
« Reply #127 on: April 09, 2012, 09:11:52 AM »
hie hie, en ons is ook amper daar, ek weet regtig nie wat ons nog aan die gang hou nie, dis seker die baaaie groot voorsprong wat ons opgebou het voor die tsunami van disfunksionaliteit ons bereik het.

geniet elke dag, lief vriendin, ons Vader is gelukkig oral en as ek nie meer weet wat om te doen nie, gesels ek net met Hom. Gister... ja ek wil dit tog deel al skiet my oge weer vol trane, het ek iemand sover gekry om te gaan inloer, daar by 'n broer....want ons moes my seun gaan groet en ''toe-val-lig'' bly hy nou daar naby [omdat hy nie werk het nie en biki saam  met maats rondval]
onvrede en woede en hartseer het hulle 'n paar jaar uitmekaar gehou...en ek kan hom nie dwing nie maar het tog geskimp en met 'n lewensgroot padbord deur satan voor hom waarop in sierletters geskryf is  ''NEE'' was gebed my toevlug...en toe ons daar stilhou het trane satan se hele teenwoordigheid weggespoel. ai, ja ...toemaar, julle sal verstaan.

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10713
  • Gender: Female
Re: Ek wil net graag sê!
« Reply #128 on: April 09, 2012, 02:11:30 PM »
Oe Naas, Hannes kan al eiers kook!  :icon_biggrin:  Hy sal dit nooooit gewoond raak nie, maar geniet nogtans jou 0-60.

Hulle sê ook hier op die nuus dat in dele van Zimbabwe sit hulle tot 18 ure sonder krag, drie keer per week.  Zim skuld oor die $22 Miljoen aan Mosambiek vir krag gelewer, nou het hulle die lewering gestaak.  Mugabe skuld ook 'n paar miljoen, want hy verstaan nie hoekom hy moet krag betaal nie!  :icon_biggrin:

Ons raak elke dag 'n bietjie beter ingerig. Vandag bou ons 'n muisbosskerm.  :icon_biggrin:
 Die voëltjies gee vir ons baie plesier en die stilte van die bos is om oor huis toe te skryf! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10713
  • Gender: Female
Re: Ek wil net graag sê!
« Reply #129 on: July 17, 2012, 09:22:28 PM »
Ai Adelé, ek lees weer jou bydrae en ek omvou soveel dinge wat jy hier sê!
Nou ja toe, julle weet almal dat ek nou nie die ideale Christen is nie, maar ek betrap myself gedurig dat ek ook "gesprek" voer.  Al het AB my gewaarsku dat ek nie in die slaggat moet trap van "wat het ek verkeerd gedoen dat hierdie hel my moes tref nie"! 
Flip flippie, waar is die dae toe ons 'n "muisbosskerm" gebou het?  Toe het ons nog gekla met 'n witbrood onder elke arm!   :toothy4: Laat dit vir jou 'n les wees Pieternella! Nou bou jy 'n muisbosskerm in  jou eie agterplaas!  :icon_biggrin:  Die vogeltjies sing hier beter as daar!
Wanneer is dit weer volmaan?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Ek wil net graag sê!
« Reply #130 on: July 19, 2012, 12:35:37 PM »
PM wat is 'n ideale Christen??  Ek weet nie.

Ek weet net, daar is mense wat claim to be Christens, maar nooit vir Christus leer ken nie.  Dan doen hulle baie skade in Sy Naam.

Geen een van God se kinders is volmaak nie, anders het ons met vlerke saam die Engele rondgevlieg - hulle is reeds volmaak.
Ons het almal foute en sondes (party van ons net meer as ander van hier rond - ek is maar erg vol sondes)

God sit nie daar Bo in die Hemel en watch wanneer wie wat verkeerd doen sodat Hy ons met 'n bliksemstraal kan tref of ons huise kan oorvloed met storm watters nie.
Ons lewe wel in 'n sondige-siek-wereld waar dinge ons tref en met ons gebeur.  God laat dit wel toe, want Hy voorsien die krag wat ons nodig het, maar Hy slat ons nie omdat ons stout was nie.

God is liefde en genade

selfs vir ou sleg sondaar soos ek - my lewe is 'n bewys daarvan!

lekker daggie

Willa
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Ek wil net graag sê!
« Reply #131 on: July 30, 2012, 02:35:48 PM »
Hier loop ek so tussen die die blaaie van verlange se gange. Weet ek was laas, lank gelede, hier in die donker boek van stilte. Lees ek so hier en daar. Met 'n laggie en 'n traan wat nu en dan op my wang sigbaar raak. Weet ek weer hier is baie liefde tussen die stille donker mure.

Sal weer kom loer.  :wave:

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10713
  • Gender: Female
Re: Ek wil net graag sê!
« Reply #132 on: July 30, 2012, 04:50:20 PM »
Ek mis jou as jy nie hier is nie Trappies.  Ek is ook maar skaars, sukkel my alie af om pryse te kry vir alles.  Dit is 'n grootse werk.  Ons is nou so te sê deur al die kwotasies.  Ons sal die privaatheid en die stilte baie waardeer. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10713
  • Gender: Female
Re: Ek wil net graag sê!
« Reply #133 on: September 14, 2012, 04:21:35 AM »
Hierdie bydrae van Trappies laat my baie dink.  Sy was beslis in 'n "skrywers stemming" toe sy dit geskryf het.  Waarheid bly staan, hier is baie liefde en omgee. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ek wil net graag sê!
« Reply #134 on: September 14, 2012, 04:51:42 AM »
Kan ek maar my AMEN hier kom neersit tussen Trappies se liefdevolle blaaie van die donker boek van stilte?