Author Topic: Ek wil net graag weet!  (Read 66764 times)

0 Members and 3 Guests are viewing this topic.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #45 on: August 03, 2011, 08:17:52 AM »
Baia dankie  :wave:

 :icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin:
*The one and only AWESOME-EST


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #46 on: August 23, 2011, 06:11:27 AM »
Ek wil net graag weet, hoe kan iemand sewe tot nege maande swanger wees, die "fetus" in 'n emmer kry en nog steeds nie weet dat jy pas gekraam het nie?  Dit is die storie wat 'n vrou aan die polisie vertel het, nadat hulle die emmer met die inhoud iewers gevind het.  (Berig:  News 24)
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #47 on: October 22, 2011, 04:11:51 AM »
Naas, ek wil net graag weet, hoekom slaap jy nie nog nie?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #48 on: October 22, 2011, 08:00:05 AM »
Hoe nou? 4:11? Soos 'n baba geslaap vannag. Wat het jy op gemaak?






 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #49 on: October 22, 2011, 10:01:37 AM »
Ek haal verlore tyd in.  Te lekker rondgery en gekuier.  Nou is dit weer volstroom skouer aan die wiel.
Maandag gaan ek drukkers toe met ons boek.  Weet nie hoeveel huiswerk gaan ek weer kry nie, maar ek sal maar vasbyt en deurdruk.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #50 on: October 22, 2011, 06:25:55 PM »
Oeeeee... klink soos opwinding wat wag.
Grootste kersgeskenk aan myself, daai boek.
Ons hou duimvas dat daar nie baie huiswerk gaan wees nie.
Wat jou ander vraag is, PM, nee ek weet ook nie hoe iemand kan kraam en nie weet ietsie GROOT het nou net in die emmer geval nie.
Hierdie dames is nie bereid om na 'n baba om te sien nie, maar ook nie bereid om GRATIS voorbehoeding te neem of toe te sien dat hul 'partner' kondome gebruik nie.
Aan die ander kant,  baie van hulle word gedwing om seks te he en die gevolg is die ietsie groot wat in die emmer land.
Ek weier om te glo dat hulle bloot naief is en nie weet waar babas vandaan kom.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #51 on: October 23, 2011, 07:01:20 AM »
Party mense kan met moord en moord wegkom.  Ek lees 'n rukkie gelede dat 'n ma haar dogter hospitaal toe geneem het omdat sy pyn op haar maag gehad het.  Daargekom is die kind besig om te kraam.  ???  Dit is raar maar waar.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #52 on: October 24, 2011, 07:39:02 PM »
Nee ek wonder ook, hoe weet jy nie jy is swanger nie?
*The one and only AWESOME-EST


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #53 on: November 19, 2011, 10:55:14 AM »
Ek wil net graag weet...
as jy nou heeltemal "down under" is, dit meen as jy soos Ellé sou sê, onder die bed wegkruip, wat wil jy hê moet ek doen.
Moet ek jou uitlos dat jy dinge op jou eie, rustig, self verwerk, of sou jy wou hê ek moet jou voete kom kielie dat jy weer kan lag?
Soms, as mense so stil raak, dan wonder ek of alles goed gaan en of hulle 'n "geselsie" nodig het.  Soms probeer 'n mens raad gee, maar dit is dikwels nie wat die leser wil hoor nie.
Hoe gemaak?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #54 on: November 22, 2011, 01:44:06 PM »
Ek is iemand wat uitgelos wil word tot ek self die probleem verwerk het.  Daarna sal ek self weer te voorskyn kom. Ek moet eers stilte handhaaf en in my "mind" die ding deurwerk en uitsorteer.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #55 on: November 22, 2011, 06:52:53 PM »
Wie voel nog so?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #56 on: November 22, 2011, 06:57:23 PM »
PM, dit was nog al die jare so. As iets aan my knaag, raak ek stil tot ek dit in my binneste uitgesort het. En hierdie kwartaal was net bietjie te veel vir my "brose gestelletjie". Dit het regtig niks met die forum of enige van sy lede te doen nie, maar alles met die lewe.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #57 on: November 22, 2011, 08:11:42 PM »
My bek is toe, niemand moet na my kant toe kyk nie.  Ek is stil.  Ek le onder die bed in die hoekie waar dit donker is. Nie eens die spinnekoppe maak my bang nie.  Wil met niemand praat nie en as 'n foon lui, ignoreer ek dit.  Slaap baie of glad nie.  Huil sommer omdat daar trane in my traankliere is.  Dis weird.  Ek kan of verlang na aanraking of dit heeltemal verfoei.  Ek is baie geirriteerd.  Ooreet myself of eet glad nie.
Ek kan vir dae, weke so voel en dan net een oggend is dit asof ek uit myself tevoorskyn kom.  Die lug is helder en klanke ook helderder. 
Dit is presies asof ek uit 'n donker diepte terug keer na die lig.
Nie lekker nie.
Ek wil uitgelos word.  Ek sal self besluit wanneer en met wie ek kans sien om mee te kommunikeer.
Ek dink tog mense moet na my uitreik, maar moet dit nie persoonlik vat as ek nie reageer nie, maar ek mag dalk net.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #58 on: November 23, 2011, 08:27:56 AM »
Nou is ek net die teenoorgestelde.  Dit is asof daar 'n koolstoof in my binneste is wat aan die brand is.  Ek raas en blaas en tier en my bek het nie brieke nie.  So woed ek myself uit totdat dit oor is en dan sal ek nooit eers weer daaroor dink of praat nie. 

Dalk is dit hoekom dit vir my so moeilik is as ek met mense te doen het wat in sy/haar eie hoekie sit om dinge te verwerk.  Eerstens dink ek, dit is nou weer ek met my groot bek wat iemand te na gekom het.  My se ma het alewig gesê:  Petronella, as dit nie vir jou groot bek was nie het die kraaie lankal in jou agterend nes gemaak.

Dan is ek in 'n familie ingetrou waar die neefs se gades geweldig agteraf is.  Hulle kan darem vir jou koppe bymekaar sit en ander ageraf beskinder dat die biesies bewe.  Het nooit die moed om reguit vir jou te sê wat fout is nie, of jou 'n geleendheid te gee om jou kant van die saak te stel nie.  Jy is sumier veroordeel en verdoem en dit het 'n geweldige invloed op my gehad.  Sukkel nounog om dit te verwerk. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #59 on: November 23, 2011, 11:20:28 AM »
Dit wat jy sien, dis wat jy kry. Ek hou van wegkruip. Stil bly. Maar as jy dalk toevallig aan my voete kielie sal ek niks laat blyk oor my binneste nie. Net die wat my baie baie goed ken sal iets agterkom. Ek borrel oor lag en maak grappies soos gewoonlik. Die masker is my bed of donker hoekie waaragter ek wegkruip. My muur word dan stilletjies weer opgebou.
Gewoonlik as ek knorrig is begin ek geweldig skoonmaak  :icon_biggrin:. So wanneer ek skrop en "springclean" buite die normale (vir 'n kiemfreak) dan kan jy maar eerder weg bly, want dan byt ek.  :icon_biggrin:
Ek is nie 'n maklike mens nie en sal dit eerste vir 'n vreemde se so dat daar later geen ongemaklike oomblikke is nie.
As ek nie van iemand hou nie, ignoreer ek hom/haar soos 'n stopstraat! Jy sal baie gou agterkom as ek nie meer jou se maatjie is nie. Skynheilig was nog nooit my sterk punt nie. Ek is wat ek is en soos ek is, eerlik en ongelukkig soms te reguit vir my eie gesondeheid.  :dontknow:
Maar dan ek is Trapsoetjie en verander maklik my kleur, so besluit maar self  :dontknow:
 :angel12: