• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ek wil net graag weet!

Started by PM, July 05, 2011, 10:45:04 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Stof

Quote from: Jeannedarc on July 07, 2011, 12:59:47 PM
Lepinotus

As ek reg onthou het jy 'n thingamajig op die forum geskep vir die spesifieke doel maar ek kan nie sien dat daar soiets op is nie

Dié thingamajig sou deur die organiseerder van sosiale sake geskep gewees het.  Stof het dus nie outoriteit om op 'n ander se gebied in te meng nie.  Of dalk was sy net nie instaat nie, omdat die forum die afgelope week 'n paar keer griep gehad het.

Quote from: Jeannedarc on July 07, 2011, 12:59:47 PM
Gaan jy die opname ding bedryf?

Ons gaan Die Afrikaanse Forum se amptelike opnemer wat Bestuur gekoop het, gebruik.  Stof glo jy sal die klanktoerusting onthou.  Hoop net Bestuur het die opnemer se batterye omthou...  En diegene wat vanaand uitkiepie, sal D.V. voor die einde van volgende week, na die klanksnitte op die forum kan luister.

Vanaand, gaan 'n lekker ding afgee.  Ek sien uit daarna.  Onthou die 1720.
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

Stof

Ons kuier lekker.  Ons mis almal wat hier kon wees, sou wees, wou wees en gehoop het om hier te kon wees.  Aan elkeen wat nie hier is nie, ons mis julle.
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

PM

Ons was net 'n handjievol, maar die bure het seker gedink ons is landvol.   :icon_biggrin:

Dit was 'n heerlike byeenkoms.  Stof en Natalie het ons vermaak met spookstories en voorlesings.  Hannes het gesorg vir 'n vuurtjie wat knetter in die hoek en die wyn en kos het gesorg vir die res. 

Volgende byeenkoms is die 12de Augustus.  Hoop om julle almal hier te hê.
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

 :hello:

Ek is so bly julle het dit geniet en ek wens regtig ek het nader gebly.

PM

As ek reg onthou was dit Natalie wat gesê het:  "Volgende keer Skype die ander saam!"  Wie van julle kan nie Skype nie?
Om te weet is om te verstaan.

werelde weg

klink mos nou alte lekker!!!!

PM

WW, dit is alte lekker!  Ek wens net julle kon in lewende lywe hier gewees het.  Man, dit kon nou alte alte lekker gewees het. 
Ek en Stof het 'n geheimpie in ons moue vir die volgende byeenkoms wat die 12de gehou word!   :dontknow:   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

bloubefoeterd

PMpie ja. Daai is nou 'n lastige vragie om te beantwoord.


Die eerste is dat hulle regterbrein mense is. Dis mos nou mense wat in prentjies dink. En as hulle daai prentjie van 'n lege bottel en bordjie kry dan swiets alle denkprosesse af.

Ten tweede, is dit 'n feit dat mens nie op 'n honger maag in prentjies kan dink nie.

PM ek dink dis die redes vir die gedrag wat jy na verwys het heel aan die begin.

PM

Dit is 'n heel aanvaarbare antwoord.   :icon_biggrin:  Ek het ervaring daarvan!   :icon_biggrin:

Blouetjie,  is jy te ver van "Magaliesberg se noordelike hang" om die 12de Augustus te kom saam kuier?  (Annlin)
Om te weet is om te verstaan.

werelde weg

patrys dit klink vir my na n alye goeie idee
daai plannetjie van julle... gaat die mense oppi verhoog staan en gesels?

PM

Jaaaa!!!!!   Elke ou het 'n tydgleuf waarin hy kan doen wat hy wil voor die mikrofoon.

Ons eie kunstenaars gaan 'n opvoering doen.

Dan het ons 'n gaskunstenaar wat vir ons kom musiek maak en sing!!!!!    :hello2:  en nog...
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Snik snik  :crybaby2: Hier sit ek ... oor die waters, maar glo dit: in die gees is ek daar  :hello2:

PM

Raaitjie, so tienuur in die aand hier,  hoe laat is dit dan by julle?  Sal ons jou kan Skype?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek trek net gou my kouse uit laat ek my tone EN vingers kan inspan nooi  :icon_biggrin: Nou terug!

PM

Nee!  Gebruik Outop se vingers!   :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.