Author Topic: Ek wil net graag weet!  (Read 38775 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #105 on: July 26, 2013, 06:44:33 PM »
 :wave:  Koehieeee... ek's hier.
Ok, het 'n grys truitjie aangetrek en voor die bed gele. 
Dis hel koud.  Hoekom sou hulle se 'hel' koud?  Ek het nou sop in en nou voel ek sommer beter.  Nie lank nie, en ek klim in die bed met..... Huisgenoot.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #106 on: July 27, 2013, 09:20:32 AM »
Ons is nou hier so 12 kilometer van Heidelberg af en dit is 'n lekker oggend.  Die son skyn en die wind is effens parmantig.  Ek dink dit is koud daar by julle, sop koud!   :icon_biggrin:  Nie hel koud nie.  Sal ons dit aanmekaar skryf?  Sopkoud.  Dan kook 'n mens 'n kommetjie sop en eet vetkoek daarby.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #107 on: July 27, 2013, 11:31:51 AM »
Sopkoud  :hello2: Hier het ons darem vandag weer gevoel ons sien kans vir die lewe en so vleisie skrikgemaak oor die kole. Op die oomblik is Outop besig om die komende naweek se uittog te bespreek met onse geliefde kampvrinne oor die foon.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #108 on: July 28, 2013, 08:01:31 AM »
Ag heerlik.  Dit was so lekker in die bos, ek gun julle 'n kampie.  Wanneer vertrek julle?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #109 on: July 28, 2013, 09:15:03 AM »
As ek gese dis helkoud hier in die Kaap... het julle nog nie gevoel hoe voel Saterdag en Sondag.
Moeeeeviese koud.
Strepies-koud.  Alles krimp in tot net 'n strepie. 
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #110 on: July 28, 2013, 10:00:46 AM »
Ek hoop daardie koue front waai gou verby EllĂ©.  Ons sien op die nuus dat dit koud en nat is daar innie Kaap.
Ek sal nou net graag wil weet of die Weskaap genoeg reen kry vir die blomme hierdie jaar. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Miss Piggy

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 16
  • Gender: Female
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #111 on: September 08, 2013, 01:50:48 PM »
Hi PM

Ek weet ek is skaars . . . ja, die winter is my nie goedgesind nie.  Ek loer darem nog so dan en wan hier in.  Weet ek belowe elke keer, maar gee net kans.  Smaak my deesdae ek gaan eers by aftrede weer geleentheid kry om heeldag saam te kuier.

:snorting: :snorting: :toothy4:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #112 on: September 08, 2013, 06:06:09 PM »
Liters en liters reen het geval in die Weste van die land.
Blomme is volop. 
Damme is oorvol en die grond is soos 'n vol spons. 
Ook die inwoners in (keel-)vol.  Nou kan die lente maar opdaag.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #113 on: September 09, 2013, 06:25:11 AM »
Ag tog, te veel dinge en te min tyd.  Wens ek was daar om dit te sien.  Beaufort Wes is so naby aan die Kaap, maar tog so ver.
Hier in Pretoria is die weer heerlik en die lente het in al haar glorie opgedaag.  Alles bot en ons loop sonder baadjies rond.
Om te weet is om te verstaan.