• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie

Started by Meraai vannie Baai, January 19, 2018, 04:42:04 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

Ek wil tog vertel dat Eben een groot ding probeer het ... hy het my elke dag, vandat hy vir die eerste chemo gegaan het, woordeliks laat neerskryf hoe hy voel en hoe dit hom affekteer het. Hy wou aan die hele wêreld vertel hoe swaar dit vir hom was om niks te geweet het nie, om nie antwoorde te kon kry op al sy vra oor chemo nie. Ek het gewonder of die mediese personeel dan tot geheimhouding gesweer word daaroor. En ja, hy het baie siek geword daarvan, so erg dat ons huisdokter by my huis vir hom binneaarse oorgieting kom insit het ens ...
maar twee weke later toe hy nog 'n sarsie moes kry, was hy reeds te swak en is die volgende dag weg. Ongelukkig is ek aangeval oor ek sy vertellings en ondervinding op fb geplaas het, uitgevreet vir ongevoelig, so het ek als teruggehou. Sy groot wens dat ek aan ander moes vertel hoe dit voel, kan ek dus nog nie nakom nie.

Maar aan die ander kant, baaaie goeie vriende van my, die man is sowat 'n jaar gelede met kanker in longe, bloed, lewer en kliere gediagnoseer en het sommer uit die staanspoor chemo geweier en alternatiewe behandeling gekies, soos cannabisolie en ander kruie wat ek nie nou kan onthou nie, en dis nou al 'n jaar later en sy tellings raak laer. En hy lyk so goed al het hy baaaie gewig verloor.
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

#76
Liefste mater, watter aaklige pad om te stap. My hart gaan uit na jou. Mag ek vra dat jy dit oorweeg om 'n bietjie van wat jou geliefde maat ervaar het, met ons te deel. Dit was my doel met die plasing, dat ons self kom deel sodat ander wat hierdie paadjie ook oningelig moet stap 'n idee kan vorm van wat vorentoe wag.

Dit is so onregverdig dat 'n mens hierdie kruis moet dra en nie weet wat dit behels of waarheen dit kan lei nie. Dalk sal dit vir ander so baie beteken as jy kan kom deel matertjie. Ek glo dat Eben dit goed sou keur want hy wou deur sy lyding ander inlig en voorberei. Hoe kosbaar.

Meraai vannie Baai

#77
My sus se chemo is die afgelope twee weke gestaak omdat sy te siek geword het daarvan. Was opgeneem in die hospitaal en wag op uitslae vir die breinskandeering wat gedoen moet word.  Nadat sy ontslaan is uit die hospitaal waar sy behandel was vir ondraaglike pyn, kon ek my oe nie glo toe ek weer 'n foto van haar sien nie. Twee weke sonder chemogif en sy het weer moed gehad om haarself te versorg en so pragtig gelyk.  Vorige fotos het dit gevoel ons kyk na 'n lewende lykie. 'n Skaduwee van haar ou self.

Die dokter het bevestig dat indien die kanker verder versprei, die behandeling nie gehelp het nie. Ons kinders weet dat ek my keuse gemaak het - geen ingryping van enige aard sou die groot K my pad kruis en reeds versprei het nie. 






adele

Liefste Raaitjie, ek bly hier verbind en gaan nog terugkom ... skraap nog biki moed bymekaar, nee, eintlik eis die lewe my op en ek wil genoeg tyd hê ...
Ek is hartseer saam met julle, Vriendin, maar ook dankbaar sy voel en lyk beter. En ja! Gun haar haar vrede en die lekker om haarself te versorg. En as sy na God toe moet gaan, gun haar die vreugde oor wat in die Hemel op haar wag. Ja, beslis nie chemo nie. Maar as sy gespaar word, weet sy het nog 'n werkie hier op aarde.
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Dankie baie baie vir jou inloer liefste mater van ons. Verstaan ten volle hoe jy voel.  :love7:

Naas

Hierdie is vir my 'n baie hartseer onderwerp omdat daai groot K onder my vriende en familie maai.
Die lang en kort daarvan is dat watter kant toe mens ook al draai, die sekel wen op die einde.
Ek probeer maar die volstruis tegniek en steek my kop onder die sand in as julle so oor die onderwerp praat.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

#81
Ek verstaan alte goed dierbare mater van ons. Waardeer opreglik die inloere en weet dat julle elkeen ook verstaan en die pad self ook gestap het, hetsy 'n geliefde of self  :crybaby2: Jou woorde oor die sekel het my diep getref. So maar so waar!

Sluip ek gou terug om te vra dat julle asb saam ons sal bid. My sus gaan vandag 11.30 SA tyd vir haar breinskandering. Sy lyk so pragtig dat dit moeilik is om te glo dit is dieselfde ou mensie wat skaars kon sien en loop.


Naas

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai


adele

adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Wat 'n voorreg dat ons der duisende kilometers ver van mekaar, tussen lyne kan omgee en saam bid. Ons waardeer opreg   :love7:

My sus se skandering het geen tekens getoon dat die kanker versprei het na haar brein  :hello2: en die onkoloog het besluit om voort te gaan met haar behandeling Donderdag. Verheug dat daar geen breingewas is nie, is liggestel! Nou le die laaste ses chemosessies voort en ons bid bid bid dat sy sterk genoeg sal wees om dit te kan voltooi. 

PM

Hoe diep raak daardie emmer rose aan my siel maters.  Ek bring ook graag een en hoop net die beste vir jou sus en julle familie.  As die behandeling werk glo ek dit sal die moeite, pyn en lyding werd wees. 


Ek wou nog seg Adele, kom deel asseblief Eben se wens met ons.  Ons wil weet. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek wil graag 'n skakel hier los na 'n plasing wat AB gedeel het. Dit handel oor die natuurlik helingsmiddel van vrugte. Wonderlike insig gewis, veral die feit dat die vrugte geeet moet word op 'n lee maag!

http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=638.0

PM

Ek wil graag weet hoe dit met jou sus gaan Raaitjie.  Kom deel asseblief.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Skies ek antwoord nou eers, ons het bietjie weggeloop kus toe vir twee weke. Ek het gisteraand kontak gehad met my sus om te hoor hoe dit gaan. Sy kon nie haar tweede laaste chemo behandeling kry nie want haar witbloedtelling was te laag. Ongelukkig verhoog die kans om ernstige infeksie dan veral vir kanker pasiente  :crybaby2: Ons vertrou dat dit volgende week beter sal wees sodat sy die laaste twee behandelinge kan ontvang PM. Dan gee hulle haar 'n maand kans en neem weer skanderings om te kyk of chemo effektief was of nie.