Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Meraai vannie Baai => Topic started by: Meraai vannie Baai on January 19, 2018, 04:42:04 AM

Title: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on January 19, 2018, 04:42:04 AM
*Die volgende inligting word slegs gedeel omdat ek self opsoek is na antwoorde en moontlike (meer natuurlike) maniere om die ontstaan van kanker betyds te beveg bo en behalwe die mediese ingrepe en behandelinge wat indien dit betyds en lewensreddend is, nog steeds die beste behandeling is en dus deur die oorgrote meerderheid verkies en toegepas word. Hierdie plasing het ek verskuif na my eie hoek vir eers, om alles op datum te bring.

“It's important to have an open mind, but not so open that your brains fall out."

Dit is algemeen bekend dat ons in die proses van oorlewing na diagnose van 'n terminale toestand alles in ons vermoe gaan doen om tyd te 'koop'.  Alternatiewe behandelinge teen kanker is dus geen uitsondering nie. Soms is dit amper komies as jy van die behandelings vanuit die dokter/spesialiste se oogpunt bekyk.
 
Na 'n pasient aan die geneesheer genoem het dat 'n 'coffee enema' as alternatiewe behandeling toegepas was, het die dokter stilweg gewonder of dit room ook ingehad het...
 :`ip2: :icon_biggrin:

Voor jy begin wonder of ek die een of ander onheilige slang-olie-geloofsgroep aanhang deesdae - vir my is dit nog altyd belangrik om myself bemagtig met kennis sodat meer ingeligte besluite en beter persoonlike keuses gemaak kan word wanneer daar 'n mediese probleem opduik. Sodoende kan ek hopenlik die kanse op oorlewing verhoog en in die proses van behandeling, 'n beter lewensgehalte handhaaf.

Ek sal niemand aanraai om nie mediese hulp in te roep nie en hulle self te probeer behandel met alleenlik alternatiewe metodes teen kanker nie, maar ek voel baie sterk oor die feit dat ons liggame so geskape is om self te kan veg teen skeet en kwaal. Ongelukkig leef en eet ons nie meer soos in die tyd van Adam en Eva nie.

Lees ek die volgende baie interessante stelling raak: As jy 'n vuur betyds wil blus is dit beter om die brandweer te ontbied as om net met 'n tuinslang die verspreiding van die vlamme te probeer keer.  Dieselfde geld vir die verspreiding van kankerselle. Daar moet gepoog word om die liggaam se eie natuurlike funksies so ver moontlik te 'boost' met alles wat dit nodig het om terug te kan veg en die gesonde selle te beskerm.

Natuurlik bly die belangrikste voorkoming in die oorlog teen kanker om dit so vroeg moontlik op te spoor en die bron van kwaad,  te verwyder/behandel.

Soos met alles in die lewe is daar voor- en nadele ter sprake. Dit is geen geheim dat hierdie behandelingsprosesse in die vernietiging van die kwaadaardige selle nie in staat is om te onderskei tussen gesond en kwaadaardig nie :crybaby2:

En dit is dan wanneer elke bietjie kennis wat ons inwin oor wat ons neem, eet of drink inderdaad 'n wapen in die stryd of 'n vyand vir jou liggaam is.

Penisillien is veilig vir byna elkeen wat dit neem, behalwe vir diegene wat ernstig allergies daarvoor is! Kennis van soortgelyke allergie/teenreaksies van medikasies kan die verskil tussen gesond word en die dood beteken.

Daar is sekere inligting wat jy as pasient nie altyd van bewus is rakende kankerbehandeling nie. As jy 'open minded' is, ek het 'n paar van dit wat vir my lewensbelangrik is, gedeel in die onderstaande kommentare.

Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on January 19, 2018, 04:48:12 AM
Uitslag: (Ab)normale selle

Daglig -  slegs 'n tonnel
na die duister van onsekerheid
en vrees - 'n serp, geweef
met die laaste kleure van die son
wat wurg om menswees krom;
die maan - 'n sekel teen die hemel...

© Meraai vannie baai

Sou 'n kankergogga in die toekoms ongenooid hom kom tuismaak in my organe ens. is die gevaar van verhoogde drukking in die hart en longare met gepaardgaande hartversaking te groot risiko om met chemoterapie behandel te word aangesien daar reeds linkerhartversaking en vergroting is wat bydrae tot die abnormale drukking.

(Ek het by 'n plasing by die artikels oor pulmonale hipertensie gedeel oor die moontlike fatale gevare van chemoterapie vir sommige pasiente).

Vir ander is die oplossing voor die handliggend en gryp hulle geskok a.g.v kankerdiagnose na die oplossing van uitsny, chemoterapie en of bestraling. Daar word immers wyd verkondig dat hierdie behandelinge suksesvol is.

As jy sou lees dat 'n sekere huishoudelike aparaat wat jy gebruik nou langer (twee maande byvoorbeeld) sal funksioneer sonder om aan die brand te slaan soos die geval huidiglik is, sal jy dit beskou as 'n suksesvolle verbetering?

Waarom glo ons dan dat die twee/drie maande en selfs vyf jaar 'ekstra' oorlewing tydens sekere kankerbehandelings beskou word as 100% suksesvol?

Wat word in mediese terme beskou as suksesvol?

Volgens John Davidson moet die term 'sukses syfer' beter gedefinieer word. In 'n analise van beskikbare data oor die effektiwiteit van chemoterapie ("Die Bydrae van Sitotoksiese Chemoterapie tot 5-jarige oorlewing in volwasse maligniteite), gepubliseer in die tydskrif Kliniese Onkologie in 2004, het drie Aussie-professore dit as '5 jaar oorlewing' gedefinieer.

Aan die ander kant, vir die nuwe anti-angiogenese kolorektale kanker dwelm, Avastin, word sukses gedefinieer as ongeveer twee addisionele maande van oorlewing. En dood as 'n 'newe-effek' van Avastin (as gevolg van trombose, hartaanval, ens.) is 4 keer meer waarskynlik as met die behandeling wat dit beoog om te vervang.

Terloops, ons praat hier oor 'absolute sukseskoerse'. Kankerdwelm statistieke word dikwels aangebied as 'relatiewe sukseskoerse', omdat hulle beter lyk. Byvoorbeeld, as kankerdwelm A 'n suksessyfer van 2% toon, en kankermedisyne B toon 4%, sal die bemarkingsmanne en selfs onkoloë dwelm B as 100% meer effektief as middel A voorhou.

*BRONNE: https://livingfoods.co.uk/cancer-research-by-john-davidson/
http://www.self-helpcancer.org/

As die inligtingsboekie wat jy saam met jou huishoudelike apparaat ontvang het aandui dat jy gewaarsku word dat die gebruik van die apparaat jou hart, longe, lewe, niere en voortplantingsorgane permanent kan beskadig - sou jy dit gekoop het of sou jy eerder vooraf wou weet van hierdie gevare sodat jy kon soek na 'n beter, minder gevaarlike produk? Kom ons kyk hoe lyk die 'waarskuwings' op een van die intensiewe behandelings van kanker:

Die volgende is algemene newe-effekte van chemoterapie:

Moegheid
Pyn (hoofpyn, spierpyn, maagpyn en pyn van senuweeskade)
Mond- en keelsere
Diarree
Naarheid en braking
Hardlywigheid
Afwykings van die bloed
Veranderinge in denke en geheue
Seksuele probleme
Eetlusverlies
Haarverlies
Permanente skade aan die hart, long, lewer, niere of voortplantingstelsel.

'n Nare uitkoms inderdaad: permanente orgaanskade, orgaanversaking, interne bloeding, weefselverlies, kardiovaskulêre lekkasie (arterie agteruitgang) hartversaking is maar 'n paar.

Dit is geen geheim dat chemoterapie 'n giftige proses is wat nie kan onderskei tussen gesonde en kwaadaardige selle nie. My geliefde sus het twee maande gelede nog elke naweek en selfs deur die week gaan draf saam met haar gesin. Sy was fiks en vol lewenslus. Toe ontdek sy die knop in haar bors.

Biopsie het getoon dat dit kwaadaardig is. Haar tweede oorlog teen borskanker. Vorige sessie was vyf jaar gelede. Haar bors was toe weer opgebou na die 'suksesvolle(?)' chemobehandeling.

Hierdie keer was daar verspreiding na omliggende kliere en weefsels en 7 gewasse in haar keel. Die ander bors is ook verwyder en binne 'n week na die eerste chemobehandeling het sy al haar hare verloor wat ons natuurlik te wagte was. Dit was ongelukkig die begin van 'n bose sirkel want die gif in haar are het nou ook haar niere aangetas en dit het weer aanleiding gegee tot die verbrokkeling van haar heup. Sy kan skaars loop na slegs 'n tweede 'red devil' behandeling en 'n heupvervanging is voorgestel.

Die onkoloog het haar vooraf gewaarsku oor die gevaarlike newe effekte van die behandeling op haar hart en daarom word 'n echo voor behandeling geneem om te kyk of daar vergroting/versaking of ander skade is. Dit is dus ook geen verrassing dat 'n groot aantal pasiente sterf weens hartversaking en hartaanvalle tydens behandeling en NIE as gevolg van die kanker nie.

???

Dieselfde sus wat twee maande gelede stralende nog gedraf het is na twee maande net 'n skaduwee van haar ou self! Ek het dadelik gedink aan al die gevare van so groot operasies met die persoon se verminderde immuniteit a.g.v die behandeling teen verspreide kanker.

Dit is geen geheim dat ons immuunstelsel erg benadeel word deur chemoterapie. Navorsing het bewys dat dit so onderdruk kan word onder andere weens verlies van witbloedselle, dat dit die liggaam verhinder om voldoende beskerming te bied teen algemene siektes wat selfs tot die dood kan lei. Daar word beweer dat sowat 67 persent van mense wat tydens kankerbehandeling sterf, opportunistiese infeksies opdoen weens 'n direkte gevolg van die immuunstelsel wat faal weens die aggressiewe, giftige aard van die terapie.

Senior kanker dokter dr. Charles Moertal van die Mayo Clinic in die VSA het gesê: "Ons mees effektiewe regimes is gevul met risiko's en newe-effekte en praktiese probleme, en nadat hierdie prys betaal is deur al die pasiënte wat ons behandel het, slegs 'n klein fraksie word beloon met 'n oorgangsperiode van gewoonlik onvolledige tumorregressies ... "

Dr Ralph Moss is die skrywer van The Cancer Industry, 'n skokkende ontbloot van die wêreld van konvensionele kankerpolitiek en -praktyk.

Wetenskaplikes by McGill Cancer Centre het 'n vraelys aan 118 longkanker dokters gestuur om te bepaal watter graad van geloof hierdie praktiserende kankergeneeshere geplaas het in die terapieë wat hulle toegedien het. Hulle is gevra om op te tree asof hulle  kanker het en is gevra watter van ses huidige behandelinge hulle sou kies.

Nege en sewentig dokters het gereageer, waarvan 64 (81 persent) nie sou toestem om met Cisplatin behandel te word nie - een van die algemene chemoterapeutiese middels wat hulle besig was om te toets (tans wêreldwye verkope van sowat $ 110,000,000 per jaar).

Agt en vyftig van die ander het bevind dat al die betrokke middels onaanvaarbaar was weens die ondoeltreffendheid van chemoterapie en die onaanvaarbare hoë graad van toksisiteit.

Bron: https://www.cancertutor.com/deathbydoctoring4/



Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on January 19, 2018, 05:12:15 AM
Die volgende skokkende inligting het ek per toeval raakgelees:

The world's first controlled trial of adjuvant therapies for breast cancer was centralized in my department - Dr Leslie Blumenson and I - made a surprising discovery. More than half of the patients - had tumours - that were more like benign lesions.

Our discovery was highly unpopular with the medical profession - the truth could lead to malpractice suits by women who had lost a breast because of an incorrect medical diagnosis.

The furious doctors at the National Cancer Institute - took our highly successful breast cancer research program away from us - they eventually succeeded in suppressing our findings and blocking new publications." Dr Irwin Bross PhD. , director , statistics, Roswell Pk Memorial.


Dit het my laat dink: wat het van die hippokratiese eed geword? Die belofte dat dieetkundige maatreëls na die geneesheer se vermoë en oordeel in die belang van die siekes aangewend sal word; dat hulle teen skade en onreg beskerm sal word. Dat niemand op versoek ’n dodelike middel gegee sal word nie, en dat die geneesheer self ook nie so iets sal voorstel nie.

Het hierdie eed verander in die eed van Mammon?

Het jy al daaraan gedink hoe vinnig jy in sommige gevalle gedwing word deur voorstelle van jou dokter/spesialis om so gou as moontlik intensiewe, ingrypende behandeling te ondergaan terwyl jy jouself nog in skok bevind wees die terminale diagnose?

Voor jy nog kan dink aan 'n tweede of derde opinie is die teater reeds bespreek. Geen kans om uit te vind of die betrokke artse uitgekontrakteur is of nie? Wat gaan die newe effekte wees? Wat is die waarborg op sukses?

Kom ek haal 'n stukkie uit my dierbare vriend se briefie aan nadat 'n vergroeisel uit sy rug verwyder is wat na ondersoek geblyk het dat hulle wyer moet sny om al die kwaadaardige selle te verwyder.

Hy het my gebel en geseg dis kanker en dat dit groter verwyder moet worre. Sy meisie sal die hospitaal bespreking doen en dis n vinnige storie. Toe ek kanker hoor toe skrik ek en seg dis dan reg so. Ek moes gevra het wat dit sou kos en of ek tweede opinie kon kry en het nie!

Die spesialis het aansienlik meer gevra as wat ander sou! My sus het ook nie kans gehad om tweede opinie in te win en het na die verwydering van haar bors eers gehoor dat die narkotiseur uitgekontrakteur was. Moenie in hierdie slaggate trap nie!

Vra ook om verwys te word na spesialiste wat kennis dra rakende meer natuurlike behandelingsmetode en dit kombineer met huidige metodes.

Bemagtig jouself met kennis en pas dit toe - Dr. William Li, President van die Angiogenese Stigting, bied 'n nuwe benadering oor die behandeling van kanker en ander siektes: anti-angiogenese, die voorkoming van die groei van bloedvate wat 'n tumor voed. Die belangrikste eerste (en beste) stap: Eet kankerbestrydingskosse wat die toevoerlyne afsny en kanker op sy eie spel klop. Moeder natuur het al die leidrade.

Nog leesstof indien jy belangstel:
 http://www.telegraph.co.uk/science/2016/08/30/chemotherapy-warning-as-hundreds-die-from-cancer-fighting-drugs/
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on January 19, 2018, 05:30:45 AM
Op 'n meer positiewe noot:

'n Jaarlikse bloedtoets vir agt algemene kankers kan binnekort deel word van Australiė se gereelde gesondheidsondersoeke, wat die vroeë opsporing vir die dodelike siekte moontlik maak en in die proses klaarblyklik duisende lewens kan red.

In 'n groot deurbraak, sê navorsers hulle het 'n toets ontwikkel wat agt tipes vroeë kanker kan identifiseer in die tydperk voordat hulle na die res van die liggaam versprei het.

Die toets identifiseer kanker van die eierstokke, lewer, maag, pankreas, esofagus, kolorektale, long- en borskanker - siektes wat gesamentlik verantwoordelik is vir meer as die helfte van die kankersterftes in Australië elke jaar.

Die toets, genaamd CancerSEEK, bied spesifieke hoop op pankreaskanker, omdat dit in sy vroeë stadiums moeilik is om te diagnoseer. As gevolg hiervan sterf meer as nege uit 10 mense met die siekte binne 5 jaar nadat hulle gediagnoseer is.

Navorsers beweer daar is nou 'n "wye venster van die geleentheid om kankers op te spoor voor die aanvang van metastase."

BRON: http://www.smh.com.au/national/major-breakthrough-as-researchers-develop-blood-test-for-eight-common-cancers-20180118-h0kmdv.html
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on January 19, 2018, 07:13:05 AM
Aanbevole videos as jy belangstel in 'n gesonder eetstyl wat kankerwerende bestanddele bevat:

https://www.youtube.com/watch?v=nRTjmVP6Rvo

https://www.youtube.com/watch?v=7ciVtdysxxo

Een van die beste videos oor borskanker en 'n natuurlike manier om dit te beveg:
https://www.youtube.com/watch?v=LA7jCLH22t4&t=236s
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie vertel word nie
Post by: adele on January 19, 2018, 01:24:58 PM
Ek sou so graag wou weet hoe cannabis sou help om PH te verbeter <3

https://www.organicfacts.net/.../cannabis-essential-oil.html

http://www.foodmatters.com/.../7-health-benefits-of...

https://drericz.com/cannabis-oil-uses/
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie vertel word nie
Post by: Naas on January 19, 2018, 08:19:28 PM
🍋🍋🍋🍋🍋 🍋
VERBASENDE GEVRIESDE SUURLEMOENE

Plaas die gewaste suurlemoen in die vrieskas.
Sodra bevrore rasper die hele suurlemoen fyn (met skil en al) en bêre in 'n houer in die vrieskas.

Sprinkel dit oor jou al jou kos!! Op groente, slaai, roomys, sop, graan, pasta, spaghetti, rys, sushi, visgeregte, ... die lys is eindeloos. Al die kos sal 'n onverwagte wonderlike smaak verkry!

Heel waarskynlik dink jy net aan suurlemoensap as vitamien C?? Nie meer nie! Wat is die groot voordeel van die gebruik van die hele suurlemoen behalwe die voorkoming van verderf & die toevoeging van nuwe smaak tot jou disse?
Suurlemoen skille bevat soveel as 5 tot 10 keer meer vitamiene as die suurlemoen sap self & dis wat jy vermors!

Suurlemoen skille is gesondheids vernuwend in die uitwissing van giftige
elemente in die liggaam. Die verrassende voordele van suurlemoen is die wonderbaarlike vermoë om kankerselle dood te maak! Dit is 10,000 keer sterker as chemoterapie!!

Waarom weet ons nie daarvan? Omdat daar laboratoriums is wat belangstel in die maak van 'n sintetiese weergawe sodat hulle groot winste kan maak. Jy kan nou 'n vriend in nood help deur hom/haar te laat weet dat suurlemoene voordelig is in die voorkoming van die siekte.

Die smaak is lekker en dit produseer nie die gruwelike gevolge van chemoterapie. Hoeveel mense sal sterf terwyl dit geheim gehou word, sodat die groot multimiljoenêr maatskappye se wins  nie in gevaar gestel word?

Hierdie plant is 'n beproefde middel teen kanker van alle soorte.
Dit word ook beskou as 'n anti-mikrobiese middel teen bakteriële infeksies en swamme, en is effektief teen inwendige parasiete en wurms. Dit reguleer bloeddruk & is 'n antidepressant, dit bekamp stres en senuwee versteurings.

Die bron van hierdie inligting is fassinerend: dit kom van een van die grootste dwelm
vervaardigers in die wêreld, wie sê dat na meer as 20 laboratoriumtoetse sedert 1970, die aanhalings onthul dat dit die kwaadaardige selle in 12 kankers vernietig, insluitende kolon, bors, prostaat, long en pankreas ...

Die samestellings van hierdie boom het 'n  10,000 keer beter effek as die produk adriamycine, 'n dwelm wat normaalweg gebruik word in die chemoterapeutiese wêreld, die middel vertraag die groei van die kankerselle. Wat selfs meer verbasend is: hierdie tipe van terapie met suurlemoen aftreksel vernietig net kwaadaardige kankerselle en dit het geen invloed op gesonde selle.

So, gee die suurlemoene 'n goeie was, vries hulle en rasper. Jou hele liggaam sal jou daarvoor liefhê!!
🍋🍋🍋🍋🍋🍋 🍋

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on January 19, 2018, 09:58:43 PM
Duisend en tien dankies vir die deel Naas en ook mater Adele. Die suurlemoen is inderdaad 'n wondermiddel! Ek eet gewoonlik 'n suurlemoen met skil en al. Die kinders weet ook al as hulle lemoene van die boom af pluk moet hulle vir ouma 'n stukkie skil bere  :icon_biggrin:

Adele een van die skakels (eerste) gee 'n groot forbidden waarskuwing. Tweede skakel was ongelukkig ook nie beskikbaar nie. Kon wel die onderste ene oor cannabis oopmaak en die leesstof was werklik net so interessant! Ek het nie 'n idee of cannabis sou help vir abnormale drukking in hart en longare van PH pasiente nie, gesien dat dit wel help vir sistoliese bloeddruk en dat dit klaarblyklik kanker kan voorkom. Sou dit nie wonderlik wees!

Nog inligting beskikbaar oor die kankerbevegtingsvoordele van vitamine C
https://www.cancertutor.com/vitamin-c-cancer/
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on January 19, 2018, 11:46:29 PM
Eat to beat

Die volgende skakel het 'n wonderlike saamgestelde lys van verskeie kankerwerende/kankerbestrydende voedselsoorte onder andere  kruie en speserye/groentes/vrugte/olies en nog vele meer - tot 'n verrassing vir die soettande  :icon_biggrin:
https://www.eattobeat.org/food

Hoë inname van kankerbestrydingskosse soos groente, vrugte, vis, kalsiumryke kosse en vesel is geassosieer met 'n verminderde risiko van kolorektale, long- en borskanker, terwyl rooi en verwerkte vleisinname, alkoholinname, ongesonde liggaamsmassa-indeks (BMI ), en abdominale vetsug geassosieer word met 'n verhoogde risiko.

Om fisies aktief te wees en genoeg vitamien D te verkry, het ook die vatbaarheid van kanker verminder.

Inflammasie is die onderliggende probleem wat kankeragtige tumorinisiasie, progressie en groei dikteer. Studies dui daarop dat 30 persent tot 40 persent van alle soorte kanker voorkom kan word met 'n gesonde lewenstyl en dieetmaatreëls! Ander bronne beweer dat hierdie getal eintlik baie hoër is, met ongeveer 75 persent van kankergevalle is lewenstylverwant.

Vir meer inligting besoek gerus die bron:
https://draxe.com/cancer-fighting-foods/
https://www.youtube.com/watch?v=x70JBhQSGaM




Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on January 20, 2018, 12:01:08 AM
A Miracle Drug or Quackery?
‘Second Opinion,’ on the Dispute Over Laetrile


Although a Google search for laetrile yields descriptions like “clinically ineffective,” “dangerously toxic” and “quackery,” the film suggests that the drug’s only problem was the bottom line: It was dirt-cheap, compared with other cancer medications, which annoyed the pharmaceutical industry. Mr. Moss, a family man, needed his salary but couldn’t believe that “refusing to lie on behalf of my employer” and spreading the truth would be grounds for firing. He was wrong, and laetrile was never approved by the Food and Drug Administration.

The Promising Cancer Treatment That's Forbidden in the US

A new documentary chronicles how a major cancer research center covered up positive studies about Laetrile in the 1970s, as told by insider Ralph Moss New York’s Memorial Sloan Kettering Cancer Center brushed positive Laetrile studies under the rug, bowing to politics and conflicts of interest Laetrile, banned in the US since 1963, is made from amygdalin, a natural compound derived from the seeds of many fruits such as apricot pits Sloan Kettering’s highly respected cancer scientist Kanematsu Sugiura found that Laetrile significantly reduced the spread of lung cancer in mice Contemporary Laetrile studies support Dr. Kanematsu’s findings, but Sloan Kettering still refuses to acknowledge the truth about the cover-up

https://www.chrisbeatcancer.com/b17-laetrile-alternative-cancer-treatment-suppressed-50-years/
“A control for cancer is known, and it comes from nature, but it is not widely available to the public because it cannot be patented, and therefore is not commercially attractive to the pharmaceutical industry.”
-G. Edward Griffin


https://www.youtube.com/watch?v=ctd-QF982mA&feature=feedf

https://www.youtube.com/watch?v=tPADSv3XAv0
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on January 21, 2018, 07:59:21 AM
Kankerpasiënte behoort/moet poog om so ver moontlik die volgende voedselsoorte te vermy:

Diepgebraaide, pangebraaide, geroosterde, ander vorme van gebraaide vleis/disse soos met oopvlamme ens, gebakte vleisdisse aangesien die blootstelling van dierlike proteïene aan hoë hitte 'n kankerverwekkende byproduk nl. heterosikliese amiene skep. 

Oormatige inname van sout, suiker, en olierige kosse.

Rooivleis en verwerkte vleis soos spek, ham, worsies.

Gepreserveerde kosse soos piekels, konfyt, kiam chye en gepreserveerde eiers, aangesien hulle nitriete bevat wat kankerverwekkend is.

Aangesien kankerbehandelings dikwels newe-effekte veroorsaak, soos naarheid en smaakveranderinge wat lei tot verlies aan eetlus, is dit belangrik dat pasiënte nie te veel dieetbeperkings het nie. 'n Gebalanseerde dieet moet die liggaam voorsien van proteïene (om weefsels te bou, infeksie te voorkom, wonde te genees en 'n gesonde immuunstelsel te onderhou), koolhidrate en vette (energiebronne), vitamiene en minerale (vir behoorlike groei, liggaamsfunksionering) en die belangrikste, baie water en vloeistowwe om ontwatering te voorkom.

Die strategie is om die gunsteling kosse te bedien sonder om te veel ophef oor die fyner aspekte van 'n gesonde dieet te maak. Tog is dit beter om oormatige inname van sout, suiker en olie te vermy het me Chang verduidelik.

'n Goeie dieet vir 'n kankerpasiënt bevat 'n mengsel van groente en vleis, en vermyding van baie soet en olierige kosse. Voorkeur-kookmetodes sluit in stoom, kook, en roerbraai eerder as braai en bak.

Die middels wat in chemoterapie gebruik word, is ontwerp om vinnig groeiende kankerselle uit te wis. Maar hulle beskadig ook vinniggroeiende gesonde selle, veral in die mond, spysverteringskanaal en haarfollikels.

Bykomende dieetwenke vir kankerpasiënte
'n Gesonde dieet is baie belangrik vir kankerpasiënte, selfs al voel hulle nie altyd honger of lus nie.

Probeer gerus nuwe kosse en smake.  As gevolg van smaakverandering, kan kos wat jy nog nooit van gehou het nie, goed proe tydens die behandeling.

Verlig mondsere met sagte voedsel, soos granitas (soortgelyk aan "Italiaanse ices") of 'smoothies'. Die sere kan baie pynlik wees, wat dit moeilik maak om te eet.

Verpulp waatlemoen, en sit dit in ysblokhouers om te vries. Suig dan aan die blokkies. Die koue werk soos 'n oppervlakkige plaaslike verdowing - sodoende kan jy die mondsere effe verdoof.

Bronne:
https://www.healthxchange.sg/food-nutrition/food-tips/balanced-diet-cancer-patients
https://www.livestrong.com/article/337720-foods-that-taste-good-to-chemotherapy-patients/

Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on January 21, 2018, 08:36:53 AM
Die gevare van interaksie tussen sekere medikasie en pomelo's.

https://www.canceractive.com/cancer-active-page-link.aspx?n=3383

BEWARE OF GRAPEFRUIT WITH CHEMO DRUGS
One patient rang us recently about her terrible side-effects with her cancer drug. When we looked at her diet, she ate a daily grapefruit for breakfast. So we looked up the drug Taxol/Paclitaxel on the manufacturer’s website. ‘Do not eat grapefruit’, was written clearly. The oncologist had mentioned nothing, but he had told her to stop taking her vitamins!

Eating the fruit or drinking the juice has the same effect. Similar concerns have been expressed for Tamoxifen and Herceptin.The Lawson Health Research Institute in London, Canada has studied the effects of mixing grapefruit juice with prescription drugs for decades. Currently they have 44 where grapefruit interferes. Of the 27 drugs added to the list since 2008, 13 of them can potentially cause sudden death.


*pasiente word aangeraai om die lys van medikasies wat interaksies kan vorm aan hulle onkoloog te wys. Daar is 'n volledige lys by die skakel.

Het jy al ooit daaraan gedink dat die interaksie tussen jou medikasie en 1 glas pomelosap 'n ongewenste, selfs dodelike oordosering kan meebring?

Pomelo veroorsaak ook 'n interaksie met die werking van antibiotika, kalsiumkanaalblokkers wat gebruik word om hoë bloeddruk te behandel en sommige cholesterolverlagende medisyne.

Verfrissende pomelo's is ryk aan fito-voedingstowwe soos lycopene, vitamin A en beta-carotene. Die vrug staan ​​bekend as "paradysvrug" vir die unieke gesondheidsbevorderende sowel as siektevoorkomende eienskappe, veral onder die gesondheidsbewustes en  fiksheidsentoesiaste.

Maar onlangse studies het getoon dat in meer as 85 dwelm-interaksies met pomelo's - 43 van hulle baie ernstig kan wees. Daar is 'n middel wat CYP3A blokkeer (inhibeer). Hierdie stof word ook in ander vrugte en sappe aangetref: seville lemoene, granate en
starfruit.

Dwelms
Daar is baie verskillende soorte middels wat die werking van CYP3A ensieme kan beïnvloed, insluitend: sekere antibiotika, sommige chemoterapie dwelms, anti-swamdwelms. HIV behandelings, anti-konvulsante dwelms, kalsiumkanaalblokkeerders, anti depressante, statins en steroïede.

Kruiemiddels
Daar is ook baie verskillende kruiemiddels wat CYP3A ensieme beïnvloed, insluitende:

St John's Wort (St John's wort verminder die konsentrasie en biobeskikbaarheid van die chemoterapeutiese metaboliet van irinotecan (SN-38) met 42% en imatinib met 32%)

Ander kruiemiddels sluit die volgende in:
Swart cohosh
Ginseng
Ginko biloba
Goldenseal

Dit is dus uiters noodsaaklik dat jou dwelm-absorpsie gemonitor word sodat die medikasie, voedsel of byvoegings wat die
werking van CYP3A-ensieme kan beïnvloed, nie die kankerbehandeling beïnvloed nie. Hulle sal jou adviseer of jy sekere kosse of kruiemiddels moet stop.

Jy mag dalk 'n ander mediese toestand hê wat beteken dat jy nie mag ophou om 'n geneesmiddel wat 'n CYP3A-ensiem beïnvloed, te gebruik nie. As dit die geval is, kan jou dokter die dosis van die kankermedikasie verander indien nodig.

Dit beteken ook dat jy nie kan deelneem aan kliniese proewe wat kankermedisyne ondersoek wat deur CYP3A-ensieme beïnvloed kan word nie.

Bronne:
http://www.naturalhealingmagazine.com/grapefruit-mixed-with-prescription-drugs-can-be-deadly/

http://www.cancerresearchuk.org/about-cancer/cancer-in-general/treatment/cancer-drugs/how-you-have/taking-medicines/foods-drinks-avoid

https://www.oncologynurseadvisor.com/chemotherapy/understanding-the-interaction-between-food-and-treatment/article/177852/

Interaksie tussen Warfarin en sekere vrugte/sappe:

Pomelo-, cranberry- en granaatsap vorm 'n interaksie met warfarin: Groot hoeveelhede kan warfarin aktiwiteit verhoog en die risiko van bloeding verhoog.

Daar is geen spesifieke warfarin-dieet nie. Sekere kosse (hoe inhoud Vit K) en sekere drankies kan egter warfarin minder effektief maak om bloedklonte te voorkom. Dit is belangrik om aandag te skenk aan wat jy eet/drink terwyl jy warfarin gebruik.

Klein hoeveelhede op gereelde grondslag kan geneem word sodat jou bloedverdunners se dosis daarby aangepas kan word, maar pasiente word gemaan om nie te veel van die volgende in te neem nie:
Kale.
Spinach.
Brussels sprouts.
Parsley.
Collard greens.
Mustard greens.
Chard.
Green tea.

Raadpleeg jou dokter voordat jy enige groot veranderinge in jou dieet maak en voordat jy enige medisyne, vitamiene of kruieaanvullings begin. As jy nie vir 'n paar dae kan eet of voortgaan met maagversteuring, diarree of koors nie, kontak jou dokter dadelik.

https://www.mayoclinic.org/diseases-conditions/thrombophlebitis/expert-answers/warfarin/faq-20058443

Interaksie van gemmer en sekere medikasies:

Gemmer kan die effekte van die medikasie wat in hemophilia en bloedverdunning gebruik word neutraliseer en die situasie vererger en dodelike bloeding veroorsaak.

Gemmer vorm ook 'n gevaarlike interaksie met hoë bloeddruk- of diabetiese medikasie.

Die kombinasies van gemmer met anti-stolmiddels, beta-blokkers of insulienmiddels kan uiters skadelik wees. Gemmer stimuleer bloedverdunning en verminder bloeddruk en bloedsuiker van diabete kan te laag daal.

https://www.rxlist.com/ginger-page3/supplements.htm
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on January 21, 2018, 09:14:45 AM
Na aanleiding van die gevare van oordosering het 'n groep navorsers hulle toegespits om die positiewe interaksie van pomelo's te ondersoek. Indien jy belangstel:

Grapefruit stops an enzyme from breaking drug down so more enters the bloodstream
Study is first to harness this usually dangerous drug interaction with grapefruit
Could reduce side-effects as less medication needed


Read more: http://www.dailymail.co.uk/health/article-2185263/Grapefruit-juice-cancer-drugs-dramatic-boost-effectiveness.html#ixzz54nixLZJN
Follow us: @MailOnline on Twitter | DailyMail on Facebook
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on January 26, 2018, 12:24:49 AM
  :book1: Hoe effektief is chemoterapie?

Sommige kankers reageer beter op chemo as ander.  Hoewel dit nie in die navorsing wat ek gaan deel ingesluit is nie, het chemo 'n beter sukses syfer op leukemie en sommige kankers onder kinders.

'n Baanbrekers 14 jaar lange studie was in Desember 2004 in die Journal of Clinical Oncology gepubliseer nl. “The Contribution of Cytotoxic Chemotherapy to 5-year Survival in Adult Malignancies”.

Navorsers by die Departement Bestralingsonkologie by die Noord-Sydney Kanker Sentrum het die 5-jarige oorlewingsyfers van chemoterapie bestudeer op 22 soorte kankers in die VSA en Australië.

Hulle het 154,971 Amerikaners en Australiërs met kanker, 20 jaar en ouer, wat behandel is met konvensionele behandelings, insluitende chemoterapie, se vordering bestudeer.

Slegs 3 306 van die 154,971 pasiente het oorleef wat aan chemoterapie gekrediteer kon word.

Volgens hierdie navorsing is die beste resultate van chemoterapie in die behandeling van testikulêre kanker.

In testikulêre kanker is chemo 41,8% effektief teenoor 5 jaar oorlewing.

In Hodgkins-siekte is chemo 35.8% effektief teenoor 5-jaar oorlewing.

Study Results:
“The overall contribution of curative and adjuvant cytotoxic chemotherapy to 5-year survival in adults was estimated to be 2.3% in Australia and 2.1 % in The USA”


BRON:
https://www.chrisbeatcancer.com/wp-content/uploads/2011/12/contribution-of-chemotherapy-to-5-year-survival.pdf

NS: Maak seker dat jy na die tabelle op bladsy 3 en 4 kyk. Hierdie tabelle toon die oorlewingsyfer in die VSA en Australië, met chemobehandelings, vir elke tipe kanker.

Jy sal opmerk dat die oorlewingsyfer vir sommige kankers na chemo-behandeling 'n dash (-) het. Dit beteken nul (geen) doeltreffendheid van chemoterapie teenoor 5 jaar oorlewingssyfer. Dit sluit in pankreaskanker, sagteweefsel sarkoom, melanoom, nier-, blaas- en baarmoederkanker.



Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Naas on January 26, 2018, 02:59:44 AM
My dogter se skoonpa het twee chemo behandelings gehad na sy diagnose. Hy het bitter siek geword as gevoel daarvan en dit verder geweier. Hy het toe ook sy tyd gebruik om intense navorsing te doen in die veld. Sy bevinding was onder andere dat kanker floreer in suur omstandighede.  Die pasient wil dus sy Ph balans so alkalis moontlik hou. Hy het selfbehandeling begin toe pas deur onder andere sy eetpatroon aan te pas, Canabas olie daagliks te neem en antisuur soos eno twee keer 'n dag te neem. Hy het dit nooit vir die dokters gesê nie. Sy self medikasie het nie net die kankertellings konstant gehou nie maar dit selfs verminder. Hy het wel sy stryd teen die kanker verloor maar... sy aanvanklike diagnose was twee maande omdat die kanker te laat opgetel is. Hy het met sy selfbehandeling dit verleng na vier jaar. Die enigste medikasie wat hy wel gebruik het was die pynmedikasie nader aan die einde.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on January 26, 2018, 07:05:10 AM
Duisend en tien dankies Naas vir hierdie terugvoering. Aan die einde is dit vir my belangrik dat 'n mens die tydjie wat jy nog saam geliefdes kan wees, so sinvol (sonder ekstra lyding van newe effekte van behandeling) en beste lewensgehalte moontlik onder omstandighede vir jouself kan skep. Veral wanneer die kanker so ver versprei is dat jy letterlik met chemo net tyd met jou lyding koop.
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Naas on January 26, 2018, 09:15:05 AM
Ek persoonlik dink nie die kwaliteit van die tyd wat chemo gee is die moeite werd nie. (Wel vir die dr se beursie) Kobus se gekoopte tyd was van goeie gehalte en hy kon tot twee weke voor sy heengaan nog 'n sinvolle bestaan maak met behulp van pynpille alleen.
Hierdie is egter 'n baie persoonlike reis wat elkeen moet aanpak saam met hul geliefdes... hand aan hand soos jy en Outop gewoond is.
Sterkte wens ek jou toe uit die diepte van my hart.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on January 26, 2018, 12:19:57 PM
Baie dankie vir jou pragtige inset Naas. Die pad is ene wat my geliefde ou sustertjie op die oomblik stap na sy nou reeds die tweede keer met die groot K kennis gemaak het. Die keer is dinge ver gevorder  :crybaby2: en Dinsdag kry my ander sus haar uitslae van die knoppe wat uit haar borste gesny is. Asof dit nie genoeg is, kry ons Maandagoggend kwart oor agt my geliefde Outop se verslae om te hoor of hulle die gogga op sy rug met 'wortel en tak' kon uitsny. Wat 'n nare paar weke.  So skielik kom maak die groot K hom tuis in ons familiekringetjie.

Ons hoor (en die familie in SA sien) hoe my sus letterlik uitteer binne weke vandat sy met chemo begin het.  Niemand anders sien kans om deur dieselfde lyding te gaan nie en soos die navorsings bewys - daar is so klein kans op werklike sukses met die behandeling wat sy nou ontvang dat mens onwillekeurig wonder of dit werklik die moeite werd is.

Sou so graag daar wou wees vir my ou sussatjies maar my 'verhouding' met die asemdief plaas my in 'n te groot risiko en word vlieg (veral sulke lang vlugte) ten sterkste afgeraai. Die lewe maak snaakse draaie ne!
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: PM on January 28, 2018, 03:39:51 PM
Gatta patatta!  Ons was net drie dae weg en kyk hierdie pragtige bydraes.  Dankie julle.

Dankie vir die verwysing Raaitjie.
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on January 30, 2018, 07:17:11 AM
Soos altyd, 'n voorreg om te kan deel. Ons het goeie nuus gekry gister. Outop se uitslae van die pataloog het ons weer laat asemhaal. Seker die wonderlikste woorde vir enige pasient in dieselfde omstandighede. Benign lichenoid keratosis.

Nie kwaadaardig nie!!  :notworthy: :icon_salut: :hello2:

Nou wag ons op die uitslae van my sus wat sy vandag 10 uur SA tyd kry. Tot dan maak ons so...

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Just%20breath.jpg)
 
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: PM on January 30, 2018, 08:05:42 AM
Daardie gewag rafel 'n mens heeltemal uit.  Ons is so dankbaar dat julle goeie nuus ontvang het Raaitjie.  Hoop van harte dat jou sus se uitslae ook goed sal wees.  Laat weet tog so gou as wat jy dit ontvang het. 
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: adele on January 30, 2018, 10:21:44 AM
Ds Stefaan de Jager, Ng Kerk Humansdorp-Oos (vanaf fb geknip en plak)

Iemand wat terminaal siek was, is onlangs oorlede. Die berig in die koerant lui "hy het sy stryd teen kanker verloor." `n Vrou lê kritiek in die hospitaal na `n motorongeluk en daar word berig dat sy "veg om haar lewe." As gelowiges het ons so gewoond geraak aan hierdie soort uitdrukkings maar as ons mooi daaroor besin dan is dit tog nie die waarheid nie.

`n Gelowige verloor nie sy stryd teen kanker nie. Die kanker het die stryd verloor toe die Here die gelowige kom haal en in heerlikheid opgeneem het. Die gelowige wat aan die Here behoort veg ook nie vir haar lewe nie. Haar lewe is in die Here se hande en al sterf sy, is die sterwe `n wins omdat Christus haar lewe was.
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: adele on January 30, 2018, 10:22:31 AM
ek is so dankbaar vir julle Raaitjie, jul geluk en geloof is 'n voorbeeld vir elkeen van ons  :love7:   :love7: 
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: PM on January 30, 2018, 11:33:47 AM
Dit is werklik die waarheid.  Daar is soveel onwaarhede wat by Christene ingeprent is.  Hierdie is 'n boodskap wat maar weer en weer herhaal kan word.
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on January 30, 2018, 12:27:43 PM
Dankie liefste maters vir julle omgee. So pas gehoor my sus se uitslae was soos Outop sin gister, ook goedaardige vergroeisels. Vanaand slaap ek soos 'n klippertjie. Die afgelope weke was regtig egtig loutere hel en my wankelrige geloof het 'n hupstootjie ontvang  :icon_bigsmurf: Nou kan ons almal daar wees vir my ander brawe ou sustertjie in haar stryd met die groot K.
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: PM on January 30, 2018, 12:47:51 PM
Ag wonderlik!  Dit is wonderlike nuus my sustertjie.  Ons is sooooo dankbaar.  Slaap lekker matertjie. 
Sterkte vir jou ander sustertjie.
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Naas on January 30, 2018, 02:33:00 PM
Hoekom is dokters so ongevoelig eerlik? Waarom nie net eers die toetse doen en wag vir die uitslae voordat hulle jou vertel wat jou makeer nie. Ek onthou nog soos gister daardie dag by die dokter toe hy my meedeel dat daar moontlike kwaadaardige groeisels in my longe is en indien dit wel kwaadaardig is is dit onomkeerbaar en daar gaan jy. Ons sal eers oor drie maande weet... Dit was "die beste" nuus wat ek nog voor kersfees gekry het. En so moes ek vir drie maande met my eie kopwroegings saamleef voordat ek gelukkig gerus gestel is. WAAROM nie net se dat ek oor drie maande moet kom vir 'n opvolgondersoek nie. As dit dan die ergste is het hy my ten minste drie maande se wroeging gespaar.
Ek sal daai donnerse dokter NOOIT vergewe vir daai drie maande in my lewe nie.
Die gerustelling dat dit God se wil en besluit is doen niks aan die siellestryd wat ek moes deurgaan nie. Ek glo dat Ta Raaitjie se suster en Outop altwee deur dieselfde hel in hulle koppe is. As jy nie self daar was nie is daar geen manier om dit te verstaan nie. Dit is 'n pad wat elkeen vir homself moet loop maar dit is nie 'n afdraende teerpad nie.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: PM on January 30, 2018, 03:27:22 PM
Jy praat waar en ek het baie simpatie met jou.  'n Mens voel of jy kan moord pleeg. 
Hannes se dokter wou sommer die hele familie spreek, maar ek het 'n stokkie daarvoor gesteek. 
Gelukkig het ons ook anderkant uitgekom, baie hel gehad, maar ons is daardeur.  Sterkte vir almal wat die paadjie moet stap. 
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on January 30, 2018, 10:54:48 PM
Oi joi joi. Naas, PM - staan asseblief nader vir 'n stywe drukkie. Verstaan alte goed. En soos Naas skryf, jy moet self deur hierdie goete wroeg om die impak tot jou uitslae daar is, te verstaan. Stem saam met julle - sommige dokters is werklik so ongevoelig wanneer dit by 'doodsvonnis' kom. Reguit op die man af, skud jou hand en wag in die oop deur vir die volgende kranke (lees tjek-op-voete).
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on January 31, 2018, 06:24:56 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC06332_1.jpg)

Dink hierdie plasing sal 'n goeie aanvulling wees by dit wat Naas en PM (ek self ook) menige male ervaar het op die pad van onsekerheid.

Ek het 'n pragtige bydrae ontvang via die gevreetboek se poskoets. Hierin noem Dr. Jonathan Stegall tien dinge waarna ons kan oplet wanneer jy, veral na diagnose van kanker, seker maak dat jou dokter in die omstandighede waarin jy jou tans bevind, jou persoonlike belange op die hart dra. Die tien kan basies saamgevat word dat jy 'n pasiënt-gefokusde geneesheer aan jou sy wil hê op die onbekende pad. Ek gaan so paar dinge aan raak wat hy bespreek het.

Soms voel ons skuldig om die dokter te 'pla' met ons vrae en dink dat die voorgestelde behandeling sonder twyfel in ons eie belang sal wees en oorweeg nie eers alternatiewe nie. Sommiges dokters is openlik kortaf en val jou in die rede nog voor jy eers 'n vraag voltooi.   

Jy moet jou dokter kan vertrou. Troos vind in die feit dat hy vertroud is met jou mediese geskiedenis EN jou emosionele sy van menswees. Nie twee persone is dieselfde nie en sal derhalwe verskillend reageer op uitslae wat jou kniege kan knak.

Ongelukkig het ons hier in die kleiner dorpies nie altyd die voorreg dat jou verslae deur 'n dokter bespreek gaan word wat vertroud is met alles nie. Veral wanneer dit 'n opleidingskliniek/spreekkamer is en die besoekende dokters weet hulle gaan jou nooit weer sien nie. Hoe gouer jy by die deur uit is, hoe beter. Geskok het jy aanvaar dat die voorgestelde behandeling die beste is sonder dat jy eers presies weet wat dit behels.

Ons besef nie altyd dat ons die keuse het wanneer behandeling ter sprake is nie. Meestal het die dokter reeds gereel met die onkoloog en is jou 'bed' al bespreek nog voordat jy eers 'n enkele vraag kon vra.  Daar is so baie wat jy later wel aan gaan dink en dit veroorsaak onnodige stres. Jy behoort ingelig te word oor wat die newe effekte gaan wees. Hoe groot is die suksessyfers.

Wat ons nooit eers aan dink nie is die feit dat ons die volgste reg het om aan te dring om verwys te word na gesondheidsorg wat die beste moderne medisyne kombineer met die beste natuurlike terapieë.

Chirurgie, bestraling en hoë dosis chemoterapie is nie die enigste wapen in die oorlog teen kanker nie en elkeen het  sy eie onderskeie risiko's en jy moet jouself bemagtig met kennis en die vrymoedigheid neem om dit met jou dokter en mediese span te bespreek voor daar besluit word op die behandeling.

Integratiewe onkologie kombineer beide die wetenskap van moderne medisyne en die kuns van pasiëntsorg.

Die skakel het wonderlike inligting sou jy belangstel om meer te lees.
https://www.cancertutor.com/10-things-look-cancer-doctor/







Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: PM on January 31, 2018, 09:57:37 AM
Dit is nou baie goed uiteengesit.  Ons moet net besef dat ons verantwoordelik is vir ons eie gesondheid en onkunde is nie 'n verskoning nie.  Doen navorsing en vertrou op jou eie oordeel.
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Naas on January 31, 2018, 10:14:24 AM
Dankie Ta Raaitjie. Dit se en help baie om jou navorsing te lees.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: adele on January 31, 2018, 01:29:45 PM
Ek soek na 'n Afrikaanse woord vir daardie "great" in the great physician .... Soms is daar net nie 'n woord wat iets so omskryf soos in 'n ander taal nie.
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: PM on January 31, 2018, 02:01:19 PM
Dalk is die woord "wonderlike"?  Dokter die Grote? 
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on February 01, 2018, 01:13:49 AM
Bly om te sien ek is nie die enigste wat opsoek was na 'n goeie Afrikaanse plaasvervanger vir great nie. Oorspronklik wou ek graag Sir William se woorde in Afrikaans op my foto gebruik maar kon om die dood nie 'n geskikte ene kry nie. Die impak bly verlore gaan  :icon_scratch:

'n Goeie geneesheer behandel die skeet; maar 'n slim geneesheer behandel die mens met 'n skeet.

Al waaraan ek kon dink as moontlike plaasvervanger in ons moedertaal, was om te speel met "die en 'n" en het toe "slim" in die plek van 'great' gebruik. Werk dit of nie  :icon_scratch: :dontknow:
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: PM on February 01, 2018, 06:28:41 AM
Dit kan werk ja.
Ek wonder of "'n simpatieke geneesheer" dalk ook kan werk.
Wat is dit wat 'n mens wil tuisbring?
'n Uitstekende geneesheer?
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on February 01, 2018, 06:38:13 AM
Ek kry nie die stetoskoop wyer 'oop' op die bed nie, so my skryfspasie baie beperk. Gawie het ook 'n paar voorstelle gebring maar ek sukkel om dit ingepas te kry op die foto. Gaan probeer met 'n ander ene tot ek regkom, dankie vir insette PM!  :notworthy: :bootyshake:
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: PM on February 01, 2018, 06:41:59 AM
. . . maar, 'n dokter met 'n OOP steteskoop . . .  (lag)

Ek weet jy sal dit regkry. 
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Naas on February 01, 2018, 09:23:42 AM
Die regte Afrikaanse woord vir "great" is nie sosiaal aanvaarbaar nie.
Dit is 'n befokte dokter.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: PM on February 01, 2018, 10:06:38 AM
Ek stem!  Jy is al weer besig met die F-woorde. 
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Naas on February 01, 2018, 11:34:02 AM
Freeslik jammer...  :angel4:  :color:


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on February 01, 2018, 12:06:08 PM
Dankie vir julle kostelike inloere. Wat sal ons wees sonder die kruk van humor wonder ek baie? Ek het nodig gehad om weer te giggel. My sussa nou besig om haar derde chemobehandeling te kry; die kommer vreet hoeka na binne soos sielekanker en moet kners op die tande want die uwe neig sterk om self te leun teen 'n F-woord of twee :icon_bigsmurf:

Onwillekeurig dink ek aan Jelleke Wierenga se woorde in haar onderhoud: "...metaforiese kanker - die kanker van die siel of die gees, wat dikwels in liggaamlike kanker manifesteer. Sy noem verder: "Ek is oortuig daarvan dat die emosionele lading van my binnepyn in liggaamlike kanker sou uitgeslaan het as ek dit nie in die skryfdaad uit-gedruk het nie..."

Om te deel is vir my helend. Dankie vir julle omgee. Sterkte aan elkeen wat self betrokke is as pasient of familie/vriend van 'n kankerlyer.

Ten slotte vanaand: Meeste van ons is bewus dat stres as 'n kankerverwekker geidentifiseer is en wil graag in 'n volgende plasing uitwei oor die verband tussen stres en kanker.
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: PM on February 02, 2018, 11:53:24 AM
Ek wag in spanning en vra omverskoning vir my vrivelose gedrag. 
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: adele on February 03, 2018, 01:14:52 PM
Daardie 'uitstekende" werk nog sover vir my die beste. Daar is meer woorde, maar nie een bring vir my die deeltjie van simpatieke/omgee saam met die slimwees van so 'n dokter in nie.
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on February 05, 2018, 05:11:07 AM
Ek stem saam met jou Adele. Soms gaan die 'oemf' van 'n stelling verlore wanneer ons dit probeer vertaal, soos in hierdie geval. PM matertjie, niks om te vergewe nie maar sal geniet as jy kom verduidelik wat vrivelose beteken  :book1: :icon_biggrin:

Soos belowe, wil ek 'n baie insiggewende benadering oor die verband tussen kankerverspreiding en stres met julle deel. My vertaling is nie altyd perfek nie maar ek gee gewoonlik 'n skakel na die oorspronklike bronne van inligting waar ons lesers verdere navorsing kan doen en self besluit of dit gewig dra of nie.

In 'n studie uit die VSA wat gepubliseer in die 'Journal of Clinical Investigation' is bevind dat die aktivering van 'n gene genaamd ATF3 wat belangrik is om gesonde selle te help aanpas tydens stres - betrokke kan wees by metastase (verspreiding) van bors- en moontlike ander kankers.

Metastase hou die grootste sterftegevaar in vir kankerpasiente en bied 'n uitdaging aan navorsers om meer te wete te kom oor wat hierdie chaotiese wanorde en verspreiding veroorsaak.

Vorige studies het getoon dat stres wel 'n risikofaktor vir kanker is, en dat sielkundige stres byvoorbeeld gekoppel is aan aggressiwiteit van borskanker. Sommige dokters en navorses ontken hierdie verband ten sterkste.

Die uitwerking van stres kan voortspruit uit hoe jou liggaam daarop reageer.  Wanneer jy gespanne raak, produseer jou liggaam sekere sogenaamde "streshormone" om dit te hanteer. In baie kankers bind hierdie hormone met kankerselle. Dit kan die selle meer indringend maak en help beskerm wanneer hulle van een deel van die liggaam na die ander beweeg. Dit maak dit makliker vir die kwaadaardige gewas om te groei en versprei.

Navorsers weet reeds dat ATF3 geaktiveer word wanneer alle soorte selle stresvolle toestande ervaar wat hul vermoë bedreig om 'n konstante interne omgewing (homeostase) te handhaaf. 

Onder normale omstandighede beskerm ATF3 die liggaam teen skade deur die gesonde selle 'selfmoord' te laat pleeg as daar 'n risiko is dat dit permanent deur spanningstoestande beskadig was (bv. tydens gebrek aan suurstof of bestraling).

Wanneer kankerselle die eerste keer ontstaan, herken die immuunstelsel hulle as vreemde agente en word die immune selle aangemoedig om die indringers aan te val en te vernietig. In die vroeë stadiums van kankerontwikkeling werk hierdie liggaamlike meganisme perfek. Maar hierdie natuurlike proses raak verward wanneer kankerselle begin om seine te stuur na die immune selle wat dan veroorsaak dat hulle die groei van die tumor aanhits i.p.v vernietig.

Studies van die Ohio State University het bewys dat kankerselle,  ATF3 in immuunselle kan aktiveer wat na die ligging van tumor gestuur is. Dit veroorsaak dat die immuunselle wanfunksioneer en kankerselle versprei van die gewas na ander dele van die liggaam.

Navorsers stel hulle ten doel om hierdie wanordelike proses te ontleed ​​van presies hoe tumorselle die liggaam se eie hulpbronne kaap om oorlewing en verspreiding van kanker te bevorder.

ATF3 selle kan geaktiveer word deur verskeie faktore asook die seine wat deur kankerselle gestuur word. Onder andere sluit dit 'n hoë vet dieet, bestraling, chemoterapie, UV-skade en soos bespreek, selfs langdurige stres in.

Meganismes waardeur emosies die kankerproses kan bevorder, sluit die volgende in: streshormone wat laer immuunfunksies verminder en die metabolisme van hormone en omgewings toksiene verander. 

Streshormone kan 'n proses wat anoikis genoem word, inhibeer, wat siek selle doodmaak en verhoed dat hulle versprei, sê Lorenzo Cohen, Ph.D., professor of General Oncology and Behavioral Science, and director of the Integrative Medicine Program at MD Anderson.

Chroniese stres verhoog ook die produksie van sekere groeifaktore wat jou bloedtoevoer verhoog. Dit kan die ontwikkeling van kankeragtige gewasse versnel, voeg hy by.

In'n verdere studie onder leiding van prof. Shamgar Ben-Eliyahu, van die Tel Aviv Universiteit se Departement Sielkunde, is wetenskaplik bewys dat sielkundige en fisiologiese stres voor, tydens en na operasies, 'n biologiese impak het wat die werking van die immuunstelsel verminder.

Dit het groot 'n invloed op progressie van siekte sê hy, veral by die kritieke punt tydens onkologiese chirurgie wanneer 'n primêre tumor verwyder word.

"Die sielkundige stresfaktore van chirurgie het 'n groot impak op die immuunstelsel, maar dit word skaars in die mediese gemeenskap bespreek" sê prof. Ben-Eliyahu. "Ons is een van die eerste studies om te wys dat sielkundige vrees nie minder belangrik kan wees as die werklike fisiologiese weefselskade in die onderdrukking van immuunbekwaamheid nie."

Die verrassende deel van prof. Ben-Eliyahu se studies is dat streshormone soos adrenalien, wat voor en tydens chirurgie vrygestel word, "onderliggend is aan die verwoestende gevolge van chirurgie op immuunbekwaamheid," sê prof. Ben-Eliyahu.

Tot nou toe het dokters aanvaar dat die immuunstelsel verswak is weens weefselskade en die liggaam se reaksie daarop. 'n Swak immuunstelsel is een van die belangrikste faktore wat kankermetastase bevorder na 'n operasie, verduidelik prof. Ben-Eliyahu.

Tydsberekening is krities na kankeroperasies," sê prof. Ben-Eliyahu. "Daar is 'n beperkte tydsduur (ongeveer 'n week) na die operasie wanneer die immuunstelsel optimaal moet funksioneer om die klein, oorblywende stukkies tumorweefsel wat rondom die liggaam versprei word, dood te maak."

Hy het bevind dat die belangrikste streshormone wat 'n impak op immuniteitsbekwaamheid het, voor en tydens die operasie vrygestel word. Prof Ben-Eliyahu was tydens die skryf van die oorspronklike artikel, besig met ontwikkeling van 'n nuwe tegniek, gebaseer op bestaande generiese middels, om die invloed van hierdie hormone te blokkeer.

Hoe belangrik is emosionele ondersteuning vir die kankerlyer?

Dit is welbekend dat pasiente met beter ondersteuning geneig is om 'n beter funksionele immuunstelsels en laer vlakke van sekere streshormone te hê.

Sommige studies toon ook dat mense met meer ondersteuning laer vlakke van chemikalieë het wat nuwe selgroei bevorder en gewasse minder aggressief maak.

Bronne:
https://www.sciencedaily.com/releases/2013/08/130822194143.htm
https://www.cancer.gov/about-cancer/coping/feelings/stress-fact-sheet
http://www.foundationforwomenscancer.org/types-of-gynecologic-cancers/vulvar/cancer-and-stress/



Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: PM on February 06, 2018, 10:37:15 AM
Dit is 'n pragstuk Raaitjie.  Die vertaling is tops, geen probleem. 
Baie dankie vir die uitstekende inliging.  Met Hannes se kolonkanker was dit 'n groot gesoek na inligting.  'n Mens is so kwesbaar en gryp na elke grashalpmie/inligting.


Getrou aan my persoonlikheid was ek weer "frivolous" om die woord so te verdraai dat dit kreun.  Dit sou nie gewerk het met 'n ef nie.  Jy weet mos, die f-woorde!  :read2:

Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on February 20, 2018, 09:52:58 AM
My hart is vanaand stikkkkint. My sus het na haar derde 'red devil' chemo behandeling, gordelroos gekry wat na haar gesig en oë versprei het. :crybaby2:
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: adele on February 20, 2018, 10:58:05 AM
Liefste Raaitjie, sterkte. My woorde is nou te min en voel vir my te stil, daarom stuur ek maar net 'n drukkie. Mag jou sus heeldag met Jesus se genade om haar voel en aan sy Roksoom vas hou.
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on February 20, 2018, 11:58:40 AM
Ons het nog nie my ou moederlief vertel dat sussa nou nog komplikasie het a.g.v die gordelroos - sy oud en broos. Ek het juis gou my plasing kom aanpas. Ek is dankbaar dat jy oorspronklik plasing kon lees en saam bid. Ai Adele my geloof nerfdun. Weet jy die sus van my doen net goed haar hele lewe lank en sy het die swaar kant van die lewe deur en deur moes ervaar. Tog het sy altyd bly lag en ander opgelig met haar unieke humorsin. Sy is nou net 'n skaduweetjie.  Kan nie help om te dink as sy nie die operasie gehad het en die sterke chemo gif, sou sy dalk nie eers bewus gewees het dat sy siek is. Net die knop gevoel.  :crybaby2:
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: PM on February 21, 2018, 12:31:57 PM
Al wat ek kan seg is hou moed my lief sustertjie.  Ek dink aan julle met liefde.
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on February 21, 2018, 09:23:01 PM
Dankie vir julle liefde PM. Dit is 'n sterk kruk altyd deur. Daar was gister 'n dokter Nel van Johannesburg by my sus om haar pynmedikasie aan te pas en vandag sal 'n oogdokter haar besoek. Ons het so min kennis van gordelroos en my sus het nie besef dat die verhoogde intensiteit van pyn wat haar skielik getref het, 'shingles' is nie. Haar verlaagde weerstand weens die behandeling natuurlik die ideale broeiplek :crybaby2:

Omdat die pasiente reeds soveel pyn en ongemak verduur weens die chemobehandelinge, word die toestand misgekyk en ongelukkig hou komplikasies 'n wesenlike gevaar vir permanente sigprobleme indien dit na die oe versprei, wat nou gebeur het.

Herpes zoster ophthalmicus is caused by the same virus that causes chickenpox (varicella-zoster virus).

If shingles affects a certain nerve (trigeminal nerve) in the head, it causes itching, tingling, and a rash on the forehead, cheek, nose, and around one eye. It potentially threatens eyesight ]Herpes zoster ophthalmicus can cause the following harmful conditions in the eye: keratitis, Iritis/uveitis, conjunctivitis, severe eye pain, increased intraocular pressure, corneal scarring, ptosis, corneal ulceration, decreased vision, blurred vision, cataracts (from herpes zoster), diplopia, recurrent inflammation, recurrent iritis/uveitis, and recurrent keratitis.

Bron: http://vir123.com/herpes-zoster-and-blindness/

Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: PM on February 23, 2018, 10:19:21 AM
Dit is 'n baie ongemaklike en pynvolle ervaring.  Willa het dit 'n rukkie gelede gehad, sy kan dalk vertel hoe erg dit was.
Ons is bly jou sustertjie kry die nodige hulp.  Ons hou duime vas dat sy baie gou baie beter sal wees. 
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on February 25, 2018, 12:00:02 PM
Sal goed wees as Willa meer kan kom vertel van hierdie nare toestand mater. Ons kan net vertrou dat my sus se sig gaan herstel. Een oog nog toegeswel en met die ander ene kan sy vorms begin uitmaak alhoewel dit baie dof en kollerig is. Ek het haar vandag gebel en kon 'n paar minute gesels.

My sus se grootste struikelblok in die hele kankerproses is dat hulle haar nie toerus met die ware feite rondom haar siekte en behandeling nie. Sy verkies om emosioneel eerder voorbereid te wees op dit wat gaan gebeur met haar en dat haar vordering/agteruitgaan openlik bespreek word sonder om inligting te weerhou of openlik te jok.

Sy voel dat dit nie meer help om vrae te vra nie want jy hoor nie die waarheid nie  :crybaby2:

Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: PM on February 25, 2018, 02:00:31 PM
Sterkte matertjie.  Ek sal die skakel vir Willatjie stuur.   :love7:
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Ah Willa on February 25, 2018, 04:55:34 PM
okay - hier kom n sneeu storm .....  :toothy4:

PM het my gou die link gestuur ... ek het nog nie alles gelees nie - sal eers mooi lees

maar ek merk dat hier 'n nare kanker ook deel is van die proses - so my vriend Petro - sal van groot waarde wees ... gaan hoor of sy wil kom saam praat - julle sal haar vreeslik geniet - sy is 'n regte perel mens wat met woorde kan toor ... so ons eie soort mens  :hello2:

Gorrelroos tap 'n mens se energie en die pyn ..... ja .... ek wou op my tande byt - maar dis mos geruil vir winkel tande ... en daai plastic byt mos nie soos jou eie tande nie .... so ek het maar n tumeric tak gegryp ....

maar ek het ook vir alle nonens eenvoudig gesê :  :wav: and smile and goodbye ....
ek het ophou worry oor ander se worries ...  :toothy4:
en selfsugtig focus ek net op my man, my kind en so bietjie myself ....

sal later meer kom lees - maar op die oomblik het ek nie proses capacities nie

 :angel4: en die Afrikaans is weer baie meer Engels ha ha  :notworthy:
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: PM on February 26, 2018, 08:39:51 AM
Dankie en welkom Willa.  Sal graag jou insette oor gordelroos wil sien. 
Hoe gaan dit met jou sus Raaitjie?
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on February 26, 2018, 11:12:14 AM
Dit sal wonderlik wees as Willa en haar vriendin met ons kan kom gesels. Toe ek hierdie plasing begin het, was my idee dat ons sal deel uit  persoonlike ervarings van pasiente/familie/vriende.

My sus is ontslaan. Hulle het 'n baie swak mediese fonds wat dus nie 'uitgeput' kan word bloot omdat die fondse beskikbaar is nie. Haar sig nog baie swak  :crybaby2: maar ons vertrou dat dit gaan verbeter.  Die chemobehandeling sal seker voortgaan sodra haar onkoloog die groenlig gee. Persoonlik glo ek nog dat dit haar lewenskwaliteit ongeloooooooooflik verminder het maar die tyd wat gekoop word, vir haar op die oomblik kosbaar en 'n persoonlike besluit.  As ek kyk na haar fototjies en dit vergelyk, is sy skaars herkenbaar  :crybaby2:
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: PM on February 27, 2018, 09:29:10 AM
Al wat ek kan seg is sterkte en nogmaals sterkte.  Dit is ook geweldig moeilik vir jou omdat hulle so ver is.  Ons dink aan julle familie Raaitjie. 
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on March 07, 2018, 10:54:52 PM
Vanoggend besef ek weer hoeveel emosionele ondersteuning beteken. Dankie vir julle omgee mater. My sus se sig is beter (sy woel al weer met trouklere ontwerp en maak - skrefies oge en al siestog) so ons is sooooooooo dankbaar. Ongelukkig het van die sere op haar gesig en kop nou smetterig geword. Wil nie eers dink aan die merke wat dit gaan laat nie  :crybaby2:

Ek gesels so paar weke terug met 'n vriendin wat ook borskanker gehad het. Vra haar toe wat sou sy graag wou weet wat die dokters haar nie op voorberei het nie. Haar antwoord was dat sy nie voorbereid was op die emosionele skok en reaksie van haar familie wat haar siekte meegebring het nie. En ons het dieselfde ervaar. Die kommer vreet van binne oor jou geliefdes wat ernstig siek is in so mate dat dit intense wilskrag neem om net met jou daaglikse roetine voort te gaan.
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: PM on April 30, 2018, 05:50:08 PM
Daardie deel van harsteer van die familie verstaan ek baie goed.  Dit is ongelukkig 'n pad wat 'n ou moet loop, jy kan dit nie "sidestep" nie.  Dit is soos jy seg, dit maak 'n mens se kniee lam.  Gelukkig om ons ook daar deur. 
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on May 03, 2018, 07:24:24 AM
Ek het so pas weer met my geliefde ou sustertjie gepraat oor die foon, net voor sy vir nog 'n chemo sessie gaan. Sy voel kwaad, met reg, want niemand het haar emosioneel voorberei op wat fisies vir haar wag nie. Haar vrae word nie beantwoord nie. Natuurlik voel almal om haar positief op te beur ter ondersteuning. Wat ons almal vergeet is dat sy vrese het wat sy wil deel met iemand wat sal verstaan. Net luister.

PM het by haar plasing gevra of intensiewe behandeling nodig of gewens is.  Ek het my sus gevra hoe sy voel daaroor en haar antwoord was reguit: "Ou Raai, as ek maar net geweet het wat presies op my wag, maar niemand het my voorberei op hoe 'n mens agteruitgaan nie... en wat wag nog? My naels begin letterlik afvrot en toe ek vra of dit normaal is, het hulle geantwoord ja, dit gebeur, asof dit niks snaaks is."

My dierbare ou sustertjie het midde die pyn en lyding nog nie haar sin vir humor verloor nie. So tussen ons gedeelde trane glip 'n stukkie humor deur en vertel sy my dat as mens so maer word, bly jou oe en neus dieselfde. Die res krimp weg. As sy instap waar die hulle chemo ontvang, sien sy net reuse neuse en die oge. Die vel word deurskynend amper spokerig - meer soos lewende lyke week na week.
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: PM on May 03, 2018, 08:31:40 AM
Ek is regtig geskok!  Ag Raaitjie, stuur 'n drukkie vir haar van ons af.

Die probleem is dat 'n mens nie die feite ken nie.  Jy weet nie hoe gaan jou liggaam reageer nie en daar waar lewe is is daar hoop.  Die meeste mense gryp na 'n grashalmpie as hulle in daardie boodjie ry. 

Ek weet ook van mense wat deur hel is, maar hulle het wel genesing gevind.  Hoe nou?
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on May 03, 2018, 10:53:47 AM
Bitter moeilik mater. Hartbrekende situasie, veral omdat ons so ver is en vlieg is nie 'n opsie vir my nie  :crybaby2:
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: PM on May 03, 2018, 03:05:58 PM
Julle almal is in ons gedagtes en ek dink elke dag aan julle.  "n Stywe drukkie vir julle almal sustertjie.
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on May 04, 2018, 07:23:56 AM
Dankie vir al die omgee en gebede. 'n Foto gesien waar my sus se toonnaels begin afval. Hoe sy dit uithou sal net sy alleen weet.
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: PM on May 04, 2018, 07:38:34 PM
Dit is skokkend.  Ek huil vir haar sustertjie.  Dit moet ongelooflik pynlik wees.  Sy kan seker nie eers 'n kous daaroor verdra nie, wat praat nog van 'n skoen! Ag Raaitjie, wat moet ek se.
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on May 05, 2018, 09:46:23 AM
My ander sus het vanaand laat weet die res van ons ou baba sustertjie se toonnael ook afgeval. Dit is een bloederige spul en ek moes sluk aan die trane toe sy my wys hoe dit lyk. Almal verwag sy moet sterk wees. Wegsteek. Nie huil nie. Sy is na aan opgee maar druk deur omdat haar mensies glo sy gaan gesond word ten spyte van haar pyn en lyding wat sy alleen dra. My vraag vanaand: het ons die reg om van ander te verwag om deur te druk met intensiewe behandeling as die pasient voel dat hy/sy het die einde van haar wilskrag en liggaamlike vermoe bereik?

Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: PM on May 05, 2018, 10:08:56 AM
Nee ek dink nie ander het die REG om vir haar voor te skryf nie, maar ek verstaan hoe hulle voel.  Hulle liefde vir haar skryf vir hulle voor. 
Onthou jy hoe omge-ellie ek was toe Hannes so siek was en "niemand was bekommerd oor my", wat moes magteloos staan en toekyk.  Dit is vir die pasient se geliefdes eens so erg.  As ons die uiteinde van die saak kon weet, sou ons in 'n beter posisie wees om besluite te neem. 
Ek voel dat die pasient 'n besluit moet neem en die res moet vrede maak daarmee, al is dit hoe moeilik.

Sterkte ou matertjie.
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on May 05, 2018, 11:18:45 AM
Ek onthou alte goed matertjie  :crybaby2: julle ook deur hel en terug. Soos iemand wat die pad gestap het, tereg opgemerk het - hierdie swaard bly altyd hang oor jou!
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: PM on May 07, 2018, 01:30:03 PM
Dit is so, daardie swaard wat hang.  Net 'n ou verkouetjie laat jou hoendervleis kry van vrees. 
Ek en Gerhard sit nou hier en bespreek my broer se situasie.  Sewe jaar gelede het die dokters hom vier dae gegee om te lewe en gelukkig is hy nog met ons.  Dit is 'n ander hel daardie, die onbekende.  As ons maar net kon weet. 
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on May 07, 2018, 11:01:09 PM
Ai mater wat kan mens se? Sommige gevalle, soos met jou broer, laat mens dankbaar verstom staan en ander kere is die situasie net mooi omgedraai  :crybaby2: Ek sit en wag op verdere nuus om te hoor hoe dit nou gaan met my ou sussatjie. Sy is by ongevalle, die pyn het ondraaglik geword en my ander sus het haar hospitaal toe geneem.
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on May 09, 2018, 12:18:21 PM
Harte vanaand stikkint van vooraf. Sus se kanker het versprei. Nou le die besluit vir haar voor of sy gaan deurdruk met die aaklige behandeling wat tyd koop ten koste van lewenskwaliteit.
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Naas on May 09, 2018, 08:33:13 PM
 :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2:


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on May 10, 2018, 12:54:42 AM
Dankie vir omgee liefste maters. Hierdie hoek het my wegkruipplek geword wanneer ek voel om te skreeu tot ek hees is  :icon_bigsmurf: :crybaby2:
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: adele on May 13, 2018, 09:16:22 PM
Raaitjie .... ek sit en huil, huil,  my hart breek vir haar, vir julle. Ek wil so graag my gevoelens met jul deel, my ondervindinge, maar ander wat hier lees gaan dit as negatief beskou. So een en ander, soos wat PM hier onder gesê het ... "Nee ek dink nie ander het die REG om vir haar voor te skryf nie, maar ek verstaan hoe hulle voel.  Hulle liefde vir haar skryf vir hulle voor."
Nee, lief julle, dis nie hul liefde vir haar nie. Dis die sleg van ons lewe vandag, vandat sielkundiges begin het om die wêreld te oorheers, moet alles en almal mos positief wees, die meeste sg vriende vertel so gou dat as jy nie positief deur die hel van chemo gaan nie, jou geloof in God te swak is.
Snert!!!.
Liefste Raaitjie, toe my kinders se pa gediagnoseer is, was sy kanker al baie ver versprei en die wonderlike dokter wat ek glo deur God gestuur is, het later by ons in die kamer ingekom, die deur toegemaak en min of meer die volgende gesê: 
""Riaan, jy gaan hiervandaan na die kankerafdeling gestuur word, dis die prosedure. (Hy was toe in die Universitas hospitaal.) Daar gaan hulle vir jou oorreed om chemo te kry, want so en sus en watookal die roetine en plig van die geneeshere daar. Maar ek wil net vir jou sê, as dit ek was, sou ek gesê het dankie, maar nee dankie. Gun my eerder 'n korter tyd, goeie kwaliteittyd saam met my geliefdes, as om 'n jaar of twee langer te leef met die nadele van chemo en die pyn wat dan aan die einde gaan wag.""

wel, Riaan het een sessie chemo deurgegaan, die dokters se verslae weer gelees en baie uitgevra, en verder chemo geweier. Hy was tot op die einde, vyf maande later, wel baie siek en net vel-en-been, maar by sy positiewe en gerus en gemaklik. Ons het hom nooit verwyt nie, nooit probeer oorreed om aan te gaan met chemo nie, maar het wel baie oor die dood en Jesus gesels, oor my en die kinders wat agterbly, ag sommer alles. Ons kon sy dood verwerk o.a. in die sin dat hy geweet het ons gaan oukei wees en ons kon weet waarheen hy gaan. Hy was 52 jr.

Oor Eben se kanker was dinge bietjie anders, want daar het ek te doen gekry met mense wat weer soos profete op 'n miershoop gestaan en 'positief' roep het. Hy is weg sonder dat ons ordentlik oor die dood en hiernamaals en ons wat agterbly, kon gesels. iets waaroor ek vandag nog huil.
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: adele on May 13, 2018, 09:24:42 PM
Ek wil tog vertel dat Eben een groot ding probeer het ... hy het my elke dag, vandat hy vir die eerste chemo gegaan het, woordeliks laat neerskryf hoe hy voel en hoe dit hom affekteer het. Hy wou aan die hele wêreld vertel hoe swaar dit vir hom was om niks te geweet het nie, om nie antwoorde te kon kry op al sy vra oor chemo nie. Ek het gewonder of die mediese personeel dan tot geheimhouding gesweer word daaroor. En ja, hy het baie siek geword daarvan, so erg dat ons huisdokter by my huis vir hom binneaarse oorgieting kom insit het ens ...
maar twee weke later toe hy nog 'n sarsie moes kry, was hy reeds te swak en is die volgende dag weg. Ongelukkig is ek aangeval oor ek sy vertellings en ondervinding op fb geplaas het, uitgevreet vir ongevoelig, so het ek als teruggehou. Sy groot wens dat ek aan ander moes vertel hoe dit voel, kan ek dus nog nie nakom nie.

Maar aan die ander kant, baaaie goeie vriende van my, die man is sowat 'n jaar gelede met kanker in longe, bloed, lewer en kliere gediagnoseer en het sommer uit die staanspoor chemo geweier en alternatiewe behandeling gekies, soos cannabisolie en ander kruie wat ek nie nou kan onthou nie, en dis nou al 'n jaar later en sy tellings raak laer. En hy lyk so goed al het hy baaaie gewig verloor.
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on May 15, 2018, 11:01:45 PM
Liefste mater, watter aaklige pad om te stap. My hart gaan uit na jou. Mag ek vra dat jy dit oorweeg om 'n bietjie van wat jou geliefde maat ervaar het, met ons te deel. Dit was my doel met die plasing, dat ons self kom deel sodat ander wat hierdie paadjie ook oningelig moet stap 'n idee kan vorm van wat vorentoe wag.

Dit is so onregverdig dat 'n mens hierdie kruis moet dra en nie weet wat dit behels of waarheen dit kan lei nie. Dalk sal dit vir ander so baie beteken as jy kan kom deel matertjie. Ek glo dat Eben dit goed sou keur want hy wou deur sy lyding ander inlig en voorberei. Hoe kosbaar.
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on May 20, 2018, 07:51:25 AM
My sus se chemo is die afgelope twee weke gestaak omdat sy te siek geword het daarvan. Was opgeneem in die hospitaal en wag op uitslae vir die breinskandeering wat gedoen moet word.  Nadat sy ontslaan is uit die hospitaal waar sy behandel was vir ondraaglike pyn, kon ek my oe nie glo toe ek weer 'n foto van haar sien nie. Twee weke sonder chemogif en sy het weer moed gehad om haarself te versorg en so pragtig gelyk.  Vorige fotos het dit gevoel ons kyk na 'n lewende lykie. 'n Skaduwee van haar ou self.

Die dokter het bevestig dat indien die kanker verder versprei, die behandeling nie gehelp het nie. Ons kinders weet dat ek my keuse gemaak het - geen ingryping van enige aard sou die groot K my pad kruis en reeds versprei het nie. 





Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: adele on May 20, 2018, 07:58:49 AM
Liefste Raaitjie, ek bly hier verbind en gaan nog terugkom ... skraap nog biki moed bymekaar, nee, eintlik eis die lewe my op en ek wil genoeg tyd hê ...
Ek is hartseer saam met julle, Vriendin, maar ook dankbaar sy voel en lyk beter. En ja! Gun haar haar vrede en die lekker om haarself te versorg. En as sy na God toe moet gaan, gun haar die vreugde oor wat in die Hemel op haar wag. Ja, beslis nie chemo nie. Maar as sy gespaar word, weet sy het nog 'n werkie hier op aarde.
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on May 20, 2018, 08:06:47 AM
Dankie baie baie vir jou inloer liefste mater van ons. Verstaan ten volle hoe jy voel.  :love7:
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Naas on May 21, 2018, 09:36:25 AM
Hierdie is vir my 'n baie hartseer onderwerp omdat daai groot K onder my vriende en familie maai.
Die lang en kort daarvan is dat watter kant toe mens ook al draai, die sekel wen op die einde.
Ek probeer maar die volstruis tegniek en steek my kop onder die sand in as julle so oor die onderwerp praat.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on May 21, 2018, 09:45:16 AM
Ek verstaan alte goed dierbare mater van ons. Waardeer opreglik die inloere en weet dat julle elkeen ook verstaan en die pad self ook gestap het, hetsy 'n geliefde of self  :crybaby2: Jou woorde oor die sekel het my diep getref. So maar so waar!

Sluip ek gou terug om te vra dat julle asb saam ons sal bid. My sus gaan vandag 11.30 SA tyd vir haar breinskandering. Sy lyk so pragtig dat dit moeilik is om te glo dit is dieselfde ou mensie wat skaars kon sien en loop.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Joeytjie%20pragtig%20versorg.jpg)
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Naas on May 21, 2018, 12:22:04 PM
Ons bid...


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on May 21, 2018, 01:10:51 PM
 :love7:
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: adele on May 21, 2018, 01:38:33 PM
Laat weet Raaitjie  :love7:
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on May 21, 2018, 10:46:22 PM
Wat 'n voorreg dat ons der duisende kilometers ver van mekaar, tussen lyne kan omgee en saam bid. Ons waardeer opreg   :love7:

My sus se skandering het geen tekens getoon dat die kanker versprei het na haar brein  :hello2: en die onkoloog het besluit om voort te gaan met haar behandeling Donderdag. Verheug dat daar geen breingewas is nie, is liggestel! Nou le die laaste ses chemosessies voort en ons bid bid bid dat sy sterk genoeg sal wees om dit te kan voltooi. 
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: PM on May 22, 2018, 01:29:05 PM
Hoe diep raak daardie emmer rose aan my siel maters.  Ek bring ook graag een en hoop net die beste vir jou sus en julle familie.  As die behandeling werk glo ek dit sal die moeite, pyn en lyding werd wees. 


Ek wou nog seg Adele, kom deel asseblief Eben se wens met ons.  Ons wil weet. 
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on June 02, 2018, 11:58:42 AM
Ek wil graag 'n skakel hier los na 'n plasing wat AB gedeel het. Dit handel oor die natuurlik helingsmiddel van vrugte. Wonderlike insig gewis, veral die feit dat die vrugte geeet moet word op 'n lee maag!

http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=638.0
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: PM on June 20, 2018, 05:53:27 AM
Ek wil graag weet hoe dit met jou sus gaan Raaitjie.  Kom deel asseblief.
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on June 29, 2018, 09:59:13 AM
Skies ek antwoord nou eers, ons het bietjie weggeloop kus toe vir twee weke. Ek het gisteraand kontak gehad met my sus om te hoor hoe dit gaan. Sy kon nie haar tweede laaste chemo behandeling kry nie want haar witbloedtelling was te laag. Ongelukkig verhoog die kans om ernstige infeksie dan veral vir kanker pasiente  :crybaby2: Ons vertrou dat dit volgende week beter sal wees sodat sy die laaste twee behandelinge kan ontvang PM. Dan gee hulle haar 'n maand kans en neem weer skanderings om te kyk of chemo effektief was of nie.
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: PM on July 02, 2018, 03:17:03 PM
Uit my hart uit hoop ek dit is goeie nuus.  Die gewag maak 'n mens mal!  Ek het verlede week daar in die hospitaal iemand ontmoet wat pragtig gereageer het op die chemo.  Kaalkop en al lag hy van oor tot oor.  Ek dink toe dadelik aan jou sus en hoop van harte dat al die pyn en lyding die moeite werd is. 
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on July 02, 2018, 10:40:54 PM
Verblydend om te hoor inderdaad PM en ons kan net vertrou dat my sus ook eendag so wyd gaan glimlag en kan getuig dat die hel van haar behandeling die moeite werd was.
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on July 04, 2018, 02:27:59 AM
My sus se grootste ongemak en pyn op die oomblik is seer gewrigte.   Sy sal moet gaan nuwe koppies koop vertel sy spottend vir my. Die ou hande wil nie meer saam werk nie. Ongelukkig het die dokters en spesialiste haar nie voorberei op al die newe effekte wat jou kan tref selfs maande/jare na jou ingrypende behandelinge nie  :crybaby2: :dontknow:

So vandag wil ek dan 'n bietjie meer lig werp op een van hierdie newe effekte naamlik Lymphedema

Lymphedema is 'n waarskynlike newe-effek van borskanker-operasie en bestralingsterapie wat in sommige mense gedurende die maande of selfs jare na die einde van die behandeling voorkom. Die aantal limfkliere wat verwyder is, hou verband met verhoogde risiko.

Lymph is 'n dun, helder vloeistof wat deur die hele liggaam versprei word om afval, bakterieë en ander stowwe uit weefsels te verwyder. Oedeem is die opbou van oortollige vloeistof. So ontstaan ​​limfedeem wanneer te veel in enige area van die liggaam versamel word.

Lymphedema kom algemeen voor in die deel van die liggaam wat deur limfknope vir die spesifieke area gedreineer word. As jy limfknope onder jou arm (okselvormige limfknope) verwyder het, is dit moontlik dat jy limfedeem in jou bors, rug of arm op dieselfde kant kan ontwikkel. Die toestand begin gewoonlik aan die verste deel van die ledemaat soos die hand of enkel, maar jy moet alle risiko's monitor.

Omdat die simptome geleidelik/stelselmatig plaasvind en soms sporadies verskyn en weer verdwyn is dit moeilik om te diagnoseer en die pasient besef nie dat dit met tyd gaan vererger nie.  Vroeë behandeling is belangrik om die simptome te verminder en die uitkoms te verbeter.

Baie toestande het dieselfde simptome en sommige simptome is baie subtiel, sodat dit maklik deur die dokters of terapeute sonder blootstelling of ervaring, verkeerd diagnoseer of geignoreer kan word wanneer lymphedema-pasiënte behandel word.

Simptome van limfedeem kan sporadies wees en kan die volgende insluit:

* Pyn, tinteling, ongemak, of verhoogde warmte ervaar in die hand-, arm-, bors-, bors- of onderarm areas'
*  Volheid of swaar gevoel in die hand, arm, bors, bors of onderarm.
* Stywe/stram of verminderde buigsaamheid in nabygeleë gewrigte, soos die skouer, hand of pols.
* Skietende pyn sensasie asook 'pins and needles'.
* Tenderheid in die elmboog.
* Ligte opgehewendheid of swelling in jou arm, hand, bors of bors, met 'n tydelike indentasie van die vel wanneer jy dit met jou vinger
   druk.
* Are in die hand is moeiliker om te sien, en / of die kneukels lyk minder sigbaar, of eens gerimpelde vel lyk jonger of gladder, sigbare
   'puffiness' van die vel.
* 'n Baadjie of hempmou wat voorheen gepas het, is skielik te nou en moeiliker om aan te trek.
* Jou bra voel te styf en laat merke op jou lyf.
* Jy merk op dat die twee kante van rug in grootte verskil (asimmetries).
* Moeilik om horlosies, ringe of armbande aan te sit of af te haal.
* Veltekstuurveranderinge of voorkoms, soos digtheid, rooiheid of verharding.
* Uitslag, jeuk, rooiheid, pyn of warmte van die vel.
* Koors of griepagtige simptome.

As jy enige van hierdie simptome ervaar het of  lymphedema vermoed en nog nie gediagnoseer was, kontak asseblief 'n terapeut of jou onkoloog.

Bronne:
https://www.breastcancer.org/treatment/lymphedema

https://www.riancorp.com/patients/lymphedema-signs-symptoms/#utm_source=FB_Ad&utm_medium=Ad&utm_campaign=Top_Of_Funnel_Awareness_LL&utm_content=Ad1
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on July 04, 2018, 03:20:22 AM
Chemoterapie en limf edeem:
Navorsing het nog nie bepaal of chemoterapie self limf edeem risiko verhoog nie. Ons weet egter dat chemoterapie soms lei tot gewigstoename, wat 'n risikofaktor is. Baie vroue wat chemoterapie ontvang, neem ook steroïede - 'n algemene voorbeeld is dexametason (handelsnaam: Decadron) - om te help met newe-effekte, en dit kan bydra tot gewigstoename.

Chemoterapie kan ook lei tot gewigstoename as gevolg van hormonale veranderinge, soos tydelike of permanente menopouse (staking van menstruasieperiodes) en / of moegheid wat dit moeilik maak om aktief te bly.

As jy intraveneuse chemoterapie in die arm ontvang, maak seker dat jy vra dat behandelings aan die teenoorgestelde kant van jou liggaam gegee word (nie op die operasiekant nie). Enige opening in die vel kan verhoogde limf edeem risiko inhou. As limfknoppe aan albei kante verwyder is, vra vir alternatiewe areas om chemo te ontvang, soos 'n borskas.

Gevaar van oorgewig en limfedeem:
As jou liggaam ekstra vet bevat, benodig die vetweefsel meer bloedvate om suurstof en voedingstowwe te vervoer. As gevolg hiervan sal  enige areas van die liggaam met ekstra vet, dus ook meer vloeistof bevat om van ontslae te raak. As jou limfstelsel nie die hoeveelheid vloeistof wat uit jou arms of bolyf kom, kan hanteer nie, kan dit lymphedem tot gevolg hê.

Infeksie of besering
Enige infeksie of besering wat die arm, hand of bolyf aan dieselfde kant van die liggaam as jou operasie beïnvloed kan lei tot inflammasie van die liggaam se weefsels, wat op sy beurt die limfstelsel harder laat werk. Wanneer 'n area van die liggaam ontsteek word, verhoog die bloedvloei en so ook vloeistof-vloei. (Dink aan 'n verstuite pols wat rooi en geswel is, of 'n besmette snit waar pus vorm.) As jou limfstelsel nie kan byhou nie, kan dit limf edeem veroorsaak.

Gevaar van vlieg:
Daar is verskillende menings of vliegtuigreise verhoogde risikos meebring of nie. Lugdruk is laer op hoë hoogtes. Alhoewel vliegtuigkajuite onder druk geplaas word vir ons gerief en veiligheid, is die druk steeds laer as wat dit op die grond is.

Die teorie is dat minder druk op die bolyf en ledemate die lymfvloei kan vertraag, wat lei tot 'n groter risiko om in die weefsel te bou, veral tydens lang vlugte. Nog 'n moontlike faktor is die baie veranderinge in druk wat mense ervaar wanneer hulle twee of drie verbindingsvlugte het.

Sommige limf edeem terapeute beveel aan om 'n ligte, goed toegeruste kompressiemou ('n elastiese mou aan die arm aan te pas) om druk op die arm konstant toe te pas tydens lugreise. Navorsing dui daarop dat dit onwaarskynlik is dat vlugte limf edema sal aktiveer in mense wat beskou word as lae risiko en wat geen simptome gehad nie.

Sommige terapeute voel dat vir hierdie individue 'n kompressiemou as 'n voorsorgmaatreël meer skade as goed kan doen. Maar as jy baie risikofaktore het of selfs subtiele simptome gehad het, kan 'n ligte kompressiemou 'n goeie idee wees.

As jy vliegtuigreise beplan, praat met jou limf edeem terapeut. As 'n mou as 'n voorsorgmaatreël aanbeveel word, moet dit deur 'n deskundige toegerus en gepas word. Dit is nooit 'n goeie idee om 'n mou aanlyn of by 'n mediese voorraadwinkel te koop en dit op jou eie te gebruik nie.

Behoorlike pas verseker dat die mou werk soos dit veronderstel is om die limf te help om op en uit die arm en hand te beweeg. Andersins kan die mou op sekere plekke te styf wees, wat die vloei van limf kan beperk en dinge vererger.

Wees ook versigtig vir ander reisverwante risikofaktore. Wees versigtig om nie baie swaar koffers op te tel nie. As jy alleen reis, moet jy hulp vra by die lughawepersoneel en ook hulp by jou bestemming. Beweeg gereeld asook jou arm van tyd tot tyd. As jy jou arm en bolyf te lank in een posisie hou, kan dit die vloei van limf vertraag.
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on July 17, 2018, 01:08:25 AM
Die verband tussen slapeloosheid en kanker - As jy nie kan rus nie, kan jy nie genees nie!

Baie kankerpasiënte is bewus van die feit dat die immuunstelsel jou eerste verdedigingslinie is in beide die voorkoming van kanker en die stryd teen 'n kankerdiagnose. Wat die meeste dalk nie besef nie, is hoe belangrik dit is om genoeg slaap te kry sodat jou immuunstelsel behoorlik funksioneer vir suksesvolle remissie van 'n kankerdiagnose en jou algemene gesondheid.

Verskeie studies het getoon dat as ons nie genoeg slaap kry nie, die immuunstelsel ooreis word en feitlik dadelik begin wanfunksioneer. Binne 'n paar paar nagte met swak slaap gaan jou immuunstelsel in overdrive en vervaardig inflammatoriese sitokiene wat nadelig is vir ons gesondheid. Ons kry 'n vloed wit selle in die bloed in reaksie op 'n infeksie wat 'n natuurlike proses is maar indien hierdie proses kronies plaasvind is dit alles behalwe gesond, veral vir kankerpasiënte.

Volgens prof. Keith Scott-Mumby, MD, MBChB, HNV, Ph.D., is slaap nie net belangrik nie - dit is noodsaaklik vir jou gesondheid.

"Slaap is waarskynlik een van die mees genesende en herstellende funksies in die natuur," sê hy. "Ons benodig dit nie net daagliks om liggaams- en weefselverlies te herstel en ons brein weer op die regte spoor te sit nie, ensovoorts maar dit is ook 'n genesingsmeganisme in eie reg. As jy nie kan rus nie, kan jy nie genees nie en daarom is bedrus so belangrik vir persone wat moet herstel tydens 'n siekte.

Die gebrek aan slaap kan bykans elke liggaamsfunksie nadelig beïnvloed, volgens Mumby. "As jy nie genoeg slaap kry nie, kan verskillende dinge verkeerd gaan in jou liggaam en daar is geen twyfel dat sekere siektes geassosieer word met te min slaap.
Hartsiektes en diabetes is net twee van hulle", verduidelik hy.

Daar is baie inflammatoriese siektes, maar hartsiektes en diabetes is twee besondere inflammatoriese toestande waar die hele proses gebaseer is op die immuunstelsel wat oorreageer en 'n ontstekingsreaksie lewer wat dan ontaard in 'n kroniese toestand.

Die liggaam se inflammatoriese reaksie

"Dit is algemene kennis dat inflammasie in die kort termyn 'n goeie ding is," sê Mumby. "Dit is jou liggaam se natuurlike reaksie - jou liggaamstemperatuur verhoog sodat jy koors ontwikkel wat in sommige gevalle ook swelling en hitte meebring asook pyn en rooiheid.

Dit is wat veronderstel is om te gebeur en is dan ook veronderstel om natuurlik weer op te klaar en verdwyn. As jy 'n splinter in jou vinger kry en dit raak ontsteek is hierdie liggaamsreaksie ten goede, maar dit moet hoogstens nie langer as 3, 4 tot 5 dae duur nie. Dit is wanneer inflamasie toestande chronies word, wanneer gevaar intree en dit is waar kroniese gebrek aan slaap belangrik kan wees."

As die immuunstelsel nie perfek kan funksioneer nie, is daar 'n risiko dat sommige van die 'skelmkankerselle' deur die liggaam se immune-netwerk gaan glip en selfunksie wanorderlik oorneem. Daarom is dit baie belangrik dat kankerpasiënte leer om die kuns van slaap te verbeter en te perfek."

Volgehoue studies dui op 'n verband tussen slaapstoornisse en 'n hoër risiko van verskillende soorte kankers by mans en vroue.

'n Oorwerkte immuunstelsel kan byvoorbeeld selfs allergieë veroorsaak wat lewenskwaliteit verminder en baie onnodige ongemak en onsteking meebring wat die las op jou immuunstelsel in 'n bose kringloop verhoog.

Indien jy belangstel om meer te lees:
https://www.cancertutor.com/the-link-between-sleep-deprivation-and-cancer/





Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: PM on July 18, 2018, 06:31:26 PM
Raaitjie, ek het na 'n lang dag hier kom inloer en hier is soveel wonderlike inligting dat ek sal moet terug kom om dit weer te lees.  Jy is 'n ster my matertjie.  Dankie vir al die wonderlike inligting in ons eie taal!  Dit wil gedoen word. 
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on July 20, 2018, 08:22:41 AM
Dankie vir jou gereelde inloer en omgee mater! Ek word so moedeloos opsoek na inligting in Afrikaans en as jy jou dan soos gewoonlik in 'n doodloopstraat bevind, sak my moed tot by my klein toontjie. Om betroubare inligting in Engels te kry is alreeds 'n soektog op sy eie so die uwe  is maar te dankbaar dat van die wat vir my familie belangrik was om ten volle te verstaan, met 'n bietjie geduld, vertaal kan word.

Ek wil ook sommer my sus se nuutste verslag kom deel: sy het haar chemobehandeling voltooi en het gister haar kankertelling uitslae ontvang. Die gewag was aaklig maar die uitslae het haar onkoloog tevrede gestel en sy is nou op mondelinge chemobehandeling. Beenpyne vreet nog intens weens haar behandeling maar ons vertrou en glo dat dit met tyd gaan verbeter.

'n Groot dankie aan elkeen wat saam met ons gebid het en die ondersteuning van omgee hier op die forum veral.

 :notworthy: :icon_salut: :love7:

Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: PM on July 23, 2018, 04:30:30 PM
Hierdie naweek het ons vriende onthaal wat twee jaar gelede hulle 40 jarige seun aan maagkanker verloor het. My vraag aan hulle was of hulle ooit behandeling teen kanker sal ontvang en altwee het gelyk gesê: Nee, nooit!


Ek is dankbaar vir hierdie pragtige inligting wat mense kan help om 'n ingeligte besluit te neem. Baie dankie.  As daar iemand is wat nog inligting hier kan plaas sal ons dit baie waardeer.  Kom deel ook asseblief julle ervarings met ons.
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on July 23, 2018, 11:04:13 PM
Dit sal wonderlik wees as ons terugvoering kan kry mater. Ek stem saam. Gister het ek onstellende nuus gehoor, my sus het die onkologie suster aan diens gevra of sy die uitslae van haar kankertellings na behandeling met haar kan deel (dit was voor sy die onkoloog self sou sien).

Die suster het die verslag aan my sus gewys. Haar tellings was onder andere 24, 8 en 1.  Toe sy die onkoloog besoek vra haar dogter hom oor die uitslae van die tellings. En wat antwoord hy? Dit lyk baie goed. Hy is tevrede - dit is almal 1.   

 :icon_scratch: :dontknow: - dit wat die dokter jou nie vertel nie!
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: PM on July 24, 2018, 02:21:08 PM
My mond hang oop!  Goeie genade!  Gelukkig het ons darem een enetjie en hoop van harte dat dit so sal bly.   :notworthy:
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on August 06, 2018, 11:00:42 PM
My sus word vandag geopereer om penne in haar heupe te sit want die borskanker het versprei na haar heupe en bene. Ek kon Sondag 'n bietjie met haar gesels via messenger en soos gewoonlik was haar antwoord op my vraag hoe dit gaan dieselfde:"Ek is fine ou Raai".
 
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Im%20fine%20read%20upside%20down%20too.jpg)

Ek glo my sus se weergawe is ook 'n stom kreet omgedraai: help me
:crybaby2:
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: adele on August 08, 2018, 04:45:03 AM
Ek wil weer begin met ai .... maar nee, dis negatief. Dankie dankie Raaitjie, vir jou vertalings, dis goud werd. Ek wil ook iets deel wat aansluit by jou vriende, PM. Begin van die jaar toe my familie my verras het met 'n verjaarsdagnaweek, het die gesprek ook iewers na kankerbehandelings toe gedraai. My tannie het 'n klein botteltjie met daggaolie gaan haal om aan haar vel te smeer en so het ons uitgevra en vertel. Lang storie kort, my broer het net opgestaan en geloop. Na 4 jaar, kan hy nog nie vrede maak met die gedagte van kanker nie. My skoonsus se behandeling en diepe intense lyding daarmee saam wat niks werd was nie, het hom byna gebreek. Hy het haar omtrent dag en nag versorg en elke kreun moes waarneem ... sy wou ook nooit kla nie en het elke keer ekskuus gevra.
Ek is twee keer daardeur, soos julle weet, elk met sy eie verloop, en weet net ek sal baaaie moeilik, indien wel, instem tot daardie tipe behandeling as dit my sou oorkom.
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on August 08, 2018, 06:18:49 AM
Soveel simpatie met jou liefste Adele. Na wat ons gesien het met my sus die afgelope paar maande het ons almal, kinders ingesluit, besluit geen ingrypende behandeling vir een van ons nie. Daar is meer natuurlike maniere om jou liggaam te help om te baklei en die vyande te vernietig soos die Liewe Vader ons  geskape het.

Jou liggaam is toegerus om homself te genees maar ons is blootgestel aan soveel environmental gifstowwe en gasse, kroniese stres van die samelewing en eetgewoontes wat lepel vir lepel (en selfs met elke asemteug), help om ses voet gate te grou wat vooraf gegaan word met die naarste siektes.

 :crybaby2:
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Anastasia on August 08, 2018, 07:31:42 AM
Ek het 'n lang lang tyd gelede al vas besluit, sou ek met die groot K se nuus gekonfronteer word, gaan ek bloot voort met my lewe.  Ek sal regtig nie Chemo en alles daarmee gepaardgaande oorweeg nie.
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: adele on August 08, 2018, 08:55:35 AM
stem saam .... ek sal alternatiewe gebruik, as ek geld sal hê. Soveel vriende getuig positief daarvan. Veral suurstof en canbabis olie. Maar agter chemo sit ek 'n negatief, punt.
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on August 09, 2018, 02:47:42 AM
Deur al hierdie lyding en onsekerheid het my sus nog nooit haar geloof verloor nie. Ek weet dat sy 'healing' gevind het waar dit vir ewig saak maak.  Vir diegene met enige terminale siekte toestand is jy bewus dat jou liggaam die stryd een of ander tyd gaan verloor maar ons het 'n groot troos solank jou siel en gees gesond is, is jy in oorvloed geseend, want dit is onverganklik deel van jou.

Na ek myself omtrent simpel gehuil en murmereer het (ons het vandag ook 'n PH mater moes groet) het ek die volgende samestelling gemaak met 'n foto van my Meisiekindjie se plaaspad tydens vloede. Dit was vir my so inspirerend - hoewel die paaie onbegaanbaar was na die plaas toe tydens vloede, bring dit heling midde die chaos en ongemak. Die sonlig wat 'deurskyn' op die woorde het ek agterna eers gesien en dit was helend opsigself vir my eie weerbarstige gemoed.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/PH%20Healing%20Health.jpg)

Psalm 147:3 He heals the brokenhearted and binds up their wounds.

Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: adele on August 09, 2018, 12:54:35 PM
Ek snik saam met jou liefste Raaitjie, want ek sien geen nut in die aftakeling van mens se liggaam wat jou siel en menswaardigheid saamsleep nie. En vir soveel jare was chemo die in-ding, dink net toe ek nog kind en jongmens was ... niemand sou droom om die te weier nie. maar vandag? Dankie, maar nee dankie.
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on August 11, 2018, 03:28:21 AM
Verseker voel ons gesin dieselfde mater. Hierdie is my sus se tweede kennismaking met die groot K in haar borste. 'n Nuwe woord het hom kom tuismaak in ons midde: Metastase.

 :crybaby2:

Metastase is 'n komplekse proses waarin metastastiese-borskankerselle uit die bors versprei het na ander dele van die liggaam. Sodra metastase plaasgevind het, is dit baie moeiliker om borskanker effektief te behandel.

As borskanker op ander gebiede van die liggaam gemetastaseer het, word dit 'n 'Stage IV' borskanker genoem. Soms het metastase reeds plaasgevind toe die oorspronklike borskanker gediagnoseer was. In my sus se geval het sy bewus gewees van die vretende pyne in haar bene nog voordat die knop in haar bors gediagnoseer was as kanker vir die 2de keer.

In ander gevalle word die metastase van borskanker maande of selfs jare na die aanvanklike behandeling gevind. Dit sal 'n 'herhalende' borskanker genoem word.

Algemene sekondêre verspreiding van borskanker is gewoonlik na die volgende:

Been (Mees algemene sekondêre tuiste wat voorkom in ongeveer 70% van metastatiese gevalle van borskanker).
Longe
Omliggende limfknoppe
Brein
Lewer

Hoe versprei borskankerselle in die liggaam?
 
Borskanker selle beweeg deur die liggaam soos enige ander kankerselle. Eerstens kan die kankerselle die naburige gesonde weefsel binnedring. Daarna infiltreer dit die plaaslike limfknoppe of bloedvate.

Wanneer borskanker na die okselvormige limfknoppe (onder die arm) versprei, is dit steeds 'n relatief vroeë stadium van metastase, en potensieel geneesbaar.

Die kankerselle sal tipies deur die limfstelsel of bloedvate na ander afgeleë dele van die liggaam beweeg.

Afgeleë metastase
 
Sodra die borskanker deur die limfknoppe na ander dele van die liggaam versprei, word dit 'n 'afgeleë/verre metastase' genoem, en dit is nie geneesbaar nie. Kankerselle kan vir baie jare onaktief bly op 'n ander deel van jou liggaam wat geen probleme of simptome veroorsaak nie.

As 'n borskanker buite die limfknope gemetastasiseer het, word dit 'n sistemiese siekte genoem. Dit beteken dat die hele liggaam behandel moet word en nie net 'n spesifieke gebied nie. Die enigste manier om die hele liggaam effektief te behandel, is gewoonlik deur chemoterapie en hormonale terapie.

Behandeling is daarop gemik om die vordering van die siekteproses te vertraag en simptome te beheer. Borskankerselle kan versprei na enige deel van die liggaam. As die borskanker versprei het na die been, sal die behandeling voortgaan vir borskanker en die selle sal steeds borskankerselle eerder as beenkankerselle wees.

Dit is belangrik om die twee tipes 'Stadium IV Borskanker' en die verskille tussen die twee soorte te verstaan:

1. De Novo-metastatiese borskanker:
Hierdie term verwys na vroue wat stadium IV is tydens die aanvanklike diagnose van borskanker. M.a.w die kanker het reeds versprei na ander dele van die liggaam. De novo metastatiese borskanker is verantwoordelik vir slegs sowat 6% van die gevalle met diagnose in die VSA.

2. Herhaalde borskanker: Dit kom dikwels voor of versprei na die aanvanklike diagnose en behandeling van borskanker. Hierdie herhaling kan maande, of selfs jare na die eerste diagnose en behandeling gebeur.

Borskanker kan op enige stadium na die aanvanklike diagnose en behandeling terugkeer. Dit is een van die mees angswekkende faktore vir baie vroue na die diagnose en behandeling van borskanker. Baie vroue beskou dit asof hulle lewe met 'n tydbom in hulle liggaam.

Daar is 3 tipes herhaling:

Lokale: Die kanker keer terug na die aanvanklike oorsprong waar dit begin het.
Streeks gebonde: Die kanker het versprei na nabygeleë limfknoppe, weefsels of organe.
Afgeleë: Die kanker het versprei na ander gebiede soos die been, brein, lewer of longe.

Vir meer inligting:
Bron: https://breast-cancer.ca/metsurv-stat/

NS: Verspreide borskanker se verloop is onvoorspelbaar. Daar is pasiente wat selfs die tien jaar oorlewingstydperk bereik en ander het nie.

Die sleutel tot oorlewing lê steeds in vroeë opsporing en voorkoming!


 
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Anastasia on August 12, 2018, 06:40:09 AM
Ai, dit is so vreeslik dat die ou ondermaanse bestaan van ons met soveel pyn en lyding moet gepaard gaan.  My hart gaan uit na haar en julle.
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: PM on August 13, 2018, 12:30:37 PM
Baie dankie vir die pragtige verduideliking.  Kennis is goud werd en as jy weet waarna om te kyk is voorkoming voor die hand liggend. 
Ek het ongelooflik baie respek vir mense wat hulle situasie besef en dit met blyoedigheid hanteer.  Sterkte aan almal wat deur so 'n geweldige moeilike tydperk gaan. 
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on August 25, 2018, 03:20:09 AM
My sus waardeer julle omgee so baie matertjie. Dankie van my kant af ook.  Oor twee weke plant hulle penne in ander heup en been in. Die onkoloog gaan dan weer 'n biopsie doen om seker te maak watter soort kanker haar bene van binne af opvreet  :crybaby2:

Sy het vandag 'n skakel op FB gedeel met baie belangrike inligting:
https://www.rooirose.co.za/borskanker-5-dinge-wat-jy-moet-weet/

Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: PM on August 26, 2018, 11:59:56 AM
Ek het dit gaan lees en sal graag daardie inligting ook hier deel by 'n nuwe onderwerp.  Sien jy kans om dit te begin?
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on August 26, 2018, 12:20:40 PM
Voel asb welkom en vry om dit te deel by 'n nuwe onderwerp matertjie!Hierdie onderwerp raak ons almal en kennis is mag.
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on October 12, 2018, 12:05:49 AM
Nuwe inligting rakende my sus: Daar is nog 'n stel plate ingeplant. Waar die skroewe is, het daar absesse gevorm en die infeksie het so vererg dat sy opgeneem was en die wonde onder narkose skoongemaak was. Sy moes ook bloedoortappings kry en is na 'n paar dae weer ontslaan.

Daar is 'n biopsie geneem van die bene en die uitslag is: Geen teken van kanker in die bene nie maar wel osteoperose wat die bene laat verbrokkel - 'n newe effek van die chemo.

Sy is op die oomblik weer in die hospitaal opgeneem want die infeksie het weer toegeslaan en dit moet onder narkose behandel word. Ons juig oor die feit dat dit volgens die biopsie nie verspreide kanker is nie maar kry haar so bitter jammer want die penne en skroewe lei tot meer sny en toewerk, oopmaak en skoonmaak, weer toewerk sniksnik. Wanneer hou dit dan op?

 :icon_scratch: :crybaby2:
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: adele on October 12, 2018, 07:43:15 PM
ekke is net hier langs jou, sonder woorde .... weet jy sal verstaan ....
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on October 16, 2018, 12:24:39 AM
Duisend dankies vir omgee en gebede liefste mater van ons. Ek het gistermiddag gou my sus gebel in Suid Afrika.  Sy kan moontlik vandag huistoe gaan. Moes weer 3 liter bloed ontvang en word behandel met 'n VAC (Vacuum-Assisted Closure of a Wound) pomp wat sy vir die volgende drie weke permanent gekoppel gaan he aan haar wond.

Hierdie wonderlike toestel help met die heling van groot wonde van onder andere diabete. Dit help ook om die rande van die wond saam te trek wat die groei van nuwe weefsel stimuleer.

Die gasse in die lug om ons plaas druk op die oppervlakte van ons liggame. Hierdie toestel verwyder die druk oor die area van die wond. Dit kan op verskeie maniere meehelp om 'n wond te genees. Dit kan mettertyd vloeistof uit die wond trek. Dit kan swelling verminder, en kan help om die wond skoon te maak en bakterieë te verwyder. Die VAC help ook om die rande van die wond saam te trek.

Die toestel het verskeie dele nl. 'n skuim- of gaas wat direk op die wond geplaas word. Kleef-film dek en verseël die wond. 'n Dreineringsbuis onder die kleef-film is verbind aan 'n draagbare vakuumpomp. Die suigaksie kan in siklusse of permanent geskied.

Tydens die terapie moet jy dus die masjien oral met jou saamneem. Die ongerief word by verre oorskrei weens die helende uitwerking wat hierdie pomp verskaf:

Dreineer oortollige vloeistof uit die wond.
Verminder swelling.
Vermindering van bakterieë in die wond.
Hou jou wond klam en warm.
Help om wondrande saam te trek.
Verhoogde bloedvloei na die wond.
Vermindering van rooiheid en swelling (inflammasie).

BRON:
https://www.hopkinsmedicine.org/healthlibrary/test_procedures/other/vacuum-assisted_closure_of_a_wound_135,381
 
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/VAC%20op%20Joey%20se%20wond.jpg)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/VAC%20masjien.jpg)
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: PM on October 16, 2018, 01:38:12 PM
Skuif op Adele, ek wil net hier langs jou sit.  :crybaby2:
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on October 24, 2018, 11:09:37 PM
Dit gaan nie goed met my brawe ou sustertjie nie. Ons dink in sirkels en duisende onbeantwoorde vrae oor die wrede werklikheid van die kringloop van ons menswees vreet ons op van binne.
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: PM on October 25, 2018, 08:49:06 AM
Sterkte vir jou en al jou geliefdes Raaitjie.  Ons hou julle in ons gedagtes. 
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: adele on October 25, 2018, 03:05:31 PM
Liefste Raaitjie, as eeeendag die laaste dae kom ... moenie terughou nie, laat gaan ... Ook julle sirkelgedagtes, gee oor aan God. Dis seer, ooo dinges dis baie seer, maar moenie dit erger maak nie....  :love7:  :crybaby2:  :love7:
gee haar die boodskap dat dit goed is, en reg is, as sy God se vrede reeds ervaar, moenie keer nie.

As julle my verkwalik oor hierdie boodskap, skuus dan daarvoor, maar ek weet hoe seer kry iemand as jy sy pyn uitrek  ... maar laat hulle weet jy seerkry en verlanggg, so baie verlang, maar ook gaan oukei wees om agter te bly.
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: PM on October 27, 2018, 02:06:49 AM
Raaitjie, ek wil graag weet hoe gaan dit met jou sus. 
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on October 27, 2018, 03:20:28 AM
Liefste Adele, ek verstaan een honderd persent wat jy so opreg bedoel omdat jy hierdie paadjie self gestap het. Ek het juis vandag vir haar 'n boodskap gestuur dat dit okay is om te se 'ek is NIE okay nie'. Sy hoef nie sterk te wees terwille van almal wat haar so oneinding lief het nie.

Dierbare forummamma, sy sou gister dalk huistoe kon gaan. Hulle het nou die twee wonde wat infeksie gekry het, verbind met mekaar deur dit oop te sny en skoon te maak. Die VAC pomp doen sy werk en dit is die beste wat hulle vir haar kon doen onder omstandighede.

Ons het 'n foto gesien wat die dokters geneem het van haar wond en het letterlik die hele nag omgehuil. As ek hierdie kruis vir haar kon dra sou ek nie een sekond gehuiwer het nie maar sy stap hom alleen. Haar geloof dra haar deur. Dankie maters vir julle omgee. Ons waardeer opreg. Ek dra elke keer julle omgee oor aan haar.
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: PM on October 27, 2018, 09:09:11 AM
Jieeeesssss.  Ek huil saam met jou my sustertjie.  Dit is so moeilik.  Ek glo dat dit die magteloosheid is wat 'n mens onder kry.  Jy kan  maar net toekyk en niks daaraan doen nie.  Tog is julle onophoudelike ondersteuning vir haar goud werd en dit dra haar deur.  Moenie moed verloor nie.  Ons dink almal aan julle.   :crybaby2:

Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: PM on November 01, 2018, 01:22:55 PM
Ek het 'n voeltjie hoor fluit dat Die Afrikaanseforum vir ons matertjie 'n ruikertjie gestuur het, met liefde.  Ons hoop almal dat dit haar sal opvrolik.  Sy behoort dit vandag nog te kry. 
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on November 01, 2018, 08:40:49 PM
My sus is in vervoering. PM, jy is die beste forummoeder. Kyk wat is vandag afgelewer!

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Joey%20se%20blomme.jpg)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Joey%20blom%20boodskap.jpg)

Ons as familie wil opregte dank bring vir julle omgee  :love7: :icon_salut: Ek sluip gou weer terug om te vertel my sussatjie het glo gese hierdie pragtige geskenk het gekom asof Gestuur. Sy raak nou 0-vol vir die situasie siestog en dit was nou net wat sy nodig gehad het! PM, jy wou ietsie stuur om haar op te beur. Dit het gewerk!!

Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: PM on November 02, 2018, 09:44:23 AM
Ag dit lyk pragtig.  Ek is bly sy voel 'n laggie vir 'n slaggie.   :icon_biggrin:   Dankie tog vir 'n afleweringsdiens, anders sou dit nie gou gebeur het nie.   :notworthy:
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on November 11, 2018, 11:55:36 PM
Wil gou die volgende deel wat ek raakgelees het:

Die algemeenste soorte kanker en die waarskuwingstekens:

Niemelanoom-velkanker is die algemeenste vorm van kanker en tas jaarliks miljoene mense aan. Die waarskuwingstekens sluit onder meer in sere wat nie genees nie, of genees en dan weer verskyn, verhewe en skubberige rooi kolle of klein, blink, gladde knoppies wat pienk, rooi of wit is.

Melanoomvelkanker se waarskuwingstekens is ʼn moesie of merk op die vel wat ongelyke rande het,  ʼn moesie wat groter is as die punt van ʼn potlooduitveër, ʼn moesie wat vinnig groei of van kleur of vorm verander, of ʼn moesie wat bloei of jeuk.

Borskanker Daar word ook jaarliks honderde duisende nuwe gevalle van borskanker aangemeld. Die waarskuwingstekens sluit in ʼn nuwe knop of massa in die bors, swelling in die bors, verdikking, rooiheid of skubberigheid van die vel op die bors, pyn in jou bors of tepel en tepelafskeiding wat nie borsmelk is nie.

Longkanker is wêreldwyd een van die algemeenste soorte kanker onder mans. Die waarskuwingstekens sluit onder meer in ʼn aanhoudende hoes wat mettertyd erger word, die hoes van bloed, kortasemrigheid, konstante borspyn en gereelde longinfeksies. Longkanker veroorsaak gewoonlik nie simptome voordat dit gevorderd is nie.

Prostaatkanker se waarskuwingstekens sluit onder meer in probleme om te urineer, veranderinge in ejakulasie, bloed in die urien of ejakulaat, pyn in die lae rug, dye, heupe of bekkenarea en druk of pyn in die rektum.

Kolon- en rektale kanker se waarskuwingstekens sluit onder meer in gewigsverlies, swakheid en uitputting, verandering in dermgewoontes, langdurige pyn die maag, druk in die rektum of buik en bloed in die stoelgang.

Bronne

Die Nasionale Kankerinstituut https://www.cancer.gov/

WebMD: https://www.webmd.com/cancer/cancer-a-to-z  en https://www.webmd.com/cancer/medical-reference/default.htm

Kansa: https://www.cansa.org.za/files/2015/01/CANSA-CancerCare-Booklet-AFR-Jan-2015.pdf
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: PM on November 12, 2018, 08:34:26 AM
Dankie vir die aandra matertjie.  Dit is altyd goed om voorbedag te wees. 
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on November 19, 2018, 11:24:06 PM
Dit gaan nie goed met my ou sussatjie nie. Hulle gaan vandag die penne wat in haar heup en been geplant is uithaal. Haar liggaam het dit verwerp en is blykbaar die rede vir die absesse wat aanmekaar vorm. Die wonde se skoonmaak is 'n nagmerrie sniksnik. Sy is so moedige ou vegtertjie. Ek het Sondag 'n bietjie met haar gesels oor die foon en kon hoor sy is gedaan. Soveel pyn al beleef. Die lewe is hard en wreed. Vra nie meer vrae nie want daar is nie antwoorde nie. 

Update 21/11/18 Bloedtoets wys daar 2 lelike goggas in my sus se bloed wat nie reageer op antibiotika nie  :crybaby2:
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: PM on November 21, 2018, 10:18:39 AM
Baie sterkte vir haar en vir julle Raaitjie.  Dit is die magteloosheid wat so aan 'n mens kou.  Ek hoop dit gaan al beter met haar.  Daar is nie woorde wat kan troos nie.  Hier is 'n drukkie vir elkeen van julle. 
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on November 21, 2018, 12:01:24 PM
Baie dankie matertjie. Opregte waardering van ons almal. Nie een van ons kan die nut insien van penne inplant en dan weer moet uithaal nie. Sny op sny op sny en dit terwyl haar wonde letterlik vrot word want dit heg nie  :dontknow: :crybaby2:
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: PM on November 21, 2018, 12:33:46 PM
Ek kan my nie eers die pyn en lyding indink nie.  Dit moet verskriklik wees.   :icon_scratch:    :BangHead:
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on November 22, 2018, 12:00:29 AM
Ai PM, ons het nie meer woorde nie. Net trane. Haar wonde is gister weer in die teater skoongemaak.

Hoeveel kan een mens verduur voor jy oorgee? Hierdie sussatjie van my is een van die gelowigste mensies wat ek ken en het tot nou toe nog NET goed gedoen aan ander en haar lewe is loutere hel op aarde. Almal bid en bid en bid en sy word net sieker en sieker en sieker.

Die verloop van die harde wrede werklikheid ne. Laat ek liewers swyg.
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on September 13, 2019, 12:40:22 AM
10 Maande later kan ek dankbaar kom getuig dat hierdie brawe sustertjie van my teruggeveg het met alles in haar. Sy ontvang nog steeds behandeling maar spog reeds met 'n pragtige bos hare en 'n sprankel in haar menswees wat verstande te bowe gaan.

Opregte dank vir elkeen wat saam ons op hierdie ongenadige pad gestap het tot nou toe. Ek deel graag 'n skakel op FB waar sy vertel hoe 'wonderneut' haar gehelp het met herstel.

 https://www.facebook.com/joey.mans.5/videos/2393303087423169/

 :love7: :notworthy:
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: adele on September 13, 2019, 12:35:40 PM
Wat 'n wonnnnderlike woord is dit nie, ek is sooo oneindig dankbaar, ongelooflik om haar so pragtig te sien  :love7:  :hello2:  :love7:
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on September 14, 2019, 08:01:11 AM
As ek kyk na fotos voor die chemo en tydens die behandeling is dit 'n wonderwerk vir ons dat my sus 'anderkant' uitgekom het soos my moederlief dit beskryf.  Dankie vir jou omgee liefste matertjie. Jy het self hierdie pad met 'n geliefde gestap :crybaby2:

(https://hosting.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Voor%20en%20na%20chemo.jpg) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/c19070a1-569c-4b37-a225-b9f54729d1bc)

Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: adele on September 14, 2019, 09:26:24 PM
dit is so, Vriendin, behalwe dat daar nie voor- en agterna foto's was nie.
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on September 15, 2019, 10:18:11 AM
 :crybaby2: Sal die kronkels op ons lewenspaaie nooit verstaan nie matertjie. Stywe drukkie vir jou.  :love7:
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: PM on May 24, 2020, 08:02:57 AM
Raaitjie, hoe gaan dit nou met jou sus? 
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on May 24, 2020, 10:44:50 AM
Sy veg nog terug PM. Hulle vermoed dat daar verspreiding is na haar heup en behandeling kan eers weer verder geskied na die virus gemors opgeklaar word. Intussen 'krap' hulle gereeld die sweersel skoon tot op die been en bloedoortappings na die tyd om te help vervang aan dit wat verlore gegaan het tydens die skoonmaaksessies. Die nagte blykbaar die moeilikste weens die pyn en sy sou gebel het om weer 'n voorskrif vir morfien te ontvang. Sy het probeer om sonder die pynmiddels oor die weg te kom vir 'n ruk maar die groot K vreet soos 'n honger vraat.
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: PM on May 26, 2020, 02:42:22 PM
Ek hou julle in my gedagtes en in my hart sustertjie.  Stuur asseblief vir haar 'n stywe drukkie van my en een styyyyywe drukkie vir jou.   :love7:
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on May 27, 2020, 12:26:53 PM
Baie baie dankie! Ek neem myne en dra hare oor  :love7: :notworthy:
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: adele on May 17, 2021, 09:38:47 PM
Dwalend deur ons gange, kom raak ek weer hier stil. Hoe gaan dit met hulle, Raaitjie?
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on May 18, 2021, 12:42:14 AM
My sus het kennis gemaak met Covid wat sy gekry het terwyl sy in die hospitaal was vir behandeling. Die foto van haar wat ons gekry het (geen besoekers toegelaat) het my in trane gehad. Ek het my sus amper nie herken nie lief Adele. Sy is gister weer getoets en ons wag op die uitslae. Haar kankertelling bly genadiglik stabiel maar nog te hoog.
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: PM on June 29, 2021, 09:51:08 AM
En hoe gaan dit nou met Sustertjie Raaitjie.
Jy kan gerus 'n covid 19 onderwerp begin.  Jy is mos die forum se dokter.

Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: PM on July 03, 2021, 11:14:34 AM
Eat to beat

Die volgende skakel het 'n wonderlike saamgestelde lys van verskeie kankerwerende/kankerbestrydende voedselsoorte onder andere  kruie en speserye/groentes/vrugte/olies en nog vele meer - tot 'n verrassing vir die soettande  https://www.eattobeat.org/food (https://www.eattobeat.org/food)Hoë inname van kankerbestrydingskosse soos groente, vrugte, vis, kalsiumryke kosse en vesel is geassosieer met 'n verminderde risiko van kolorektale, long- en borskanker, terwyl rooi en verwerkte vleisinname, alkoholinname, ongesonde liggaamsmassa-indeks (BMI ), en abdominale vetsug geassosieer word met 'n verhoogde risiko.Om fisies aktief te wees en genoeg vitamien D te verkry, het ook die vatbaarheid van kanker verminder.Inflammasie is die onderliggende probleem wat kankeragtige tumorinisiasie, progressie en groei dikteer. Studies dui daarop dat 30 persent tot 40 persent van alle soorte kanker voorkom kan word met 'n gesonde lewenstyl en dieetmaatreëls! Ander bronne beweer dat hierdie getal eintlik baie hoër is, met ongeveer 75 persent van kankergevalle is lewenstylverwant.
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: PM on July 03, 2021, 11:21:39 AM
Hier is 'n pragtige artikel oor gemmer, die "super food".  Geniet!
https://happydiyhome.com/growing-ginger/
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: Meraai vannie Baai on September 15, 2021, 12:21:22 AM
Baie dankie vir die deel lief PM  :notworthy:
Title: Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
Post by: PM on September 15, 2021, 11:08:15 AM
Ek en gemmer loop hand aan hand.  Dit is ook die beste medisyne vir karsiek.  Enige vorm werk, ek ry nie sonder gemmerkoekies nie.  Lief ook die gemmer stukkies wat versuiker is.