• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Waar is jy?

Started by PM, June 20, 2011, 03:30:06 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Gedink ek sal hier 'n onderwerp begin waar ons vir mekaar kan laat weet wanneer ons vir 'n wyle nie beskikbaar sal wees nie. 

Die verwoede bobbejaan is nou baie kwaai en ons sal maar liewers die stoep, waar ek opvangs het, verlaat.
More ry ons verder en ek sal van my laat hoor as ons weer opvangs het.  Hou die fort hoor!

:love7:

:bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Julle moet versigtig wees, daai goed het vierhande en baie groot tande. Hulle dink ook soos party mense wat ek gelukkig nie persoonlik ken nie, maar bekend is.. :icon_biggrin:  :dontknow:

Veiligry!  :toothy4:

:angel12:

PM

Hier is ons nou in Beaufort Wes.  Dit is koud buite maar warm binne!   :icon_biggrin:

Dankie my matertjie.  My se manlief is aan die stuur en jy weet mos,  dan vat dit drie dae!   :icon_biggrin:

Naas,  ek het vir jou deur Meiringspoort gery.  Ek was baie teleurgesteld.  Orals is rusplekke en toilette gebou en die pas het sy unieke "na aan die natuur" vir my verloor!  Dit is pragtig en skoon, maar dit is nie soos dit was nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Hoop die laaste deel van die verlof is net so aangenaam matertjie. Ons gaan van vandag af redelik op die pad wees en eers laataande tuis kom wanneer die normale huistakies weer opgevang moet word voor die volgende dag weer kilometers-vreet beteken! Van volgende week af behoort dinge weer stadig maar seker na normaal terug te keer en kuier ek weer saam met julle tussen die lyne  :book1:


PM

Dankie dat jy laat weet Raaitjie.  Wees veilig!   Geniet die rustige oomblikke en skryf 'n hond uit 'n bos uit!   :love7:  Ons behoort more op die laaste tuis te wees.  Met die padverleggings gaan dit maar stadig. 

Om te weet is om te verstaan.

Lox

hoop die res van julle reis is aangenaam. dalk loop julle vir Joe raak op pad met sy nuwe lorrie. hy was vanoggend hier aan.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Meraai vannie Baai

Hier sit ek.  :coffee2: Het gou so paar oomblikkies gesteel om net vinnig 'n draaitjie te gooi hier in die abc kringetjie. Die Meisiekinders is in stad toe en die uwe wou nie al snuiwende agterna piekel nie. Kinders was skaars verby die eerste gangeroe toe voel ek die alleenwees maak my meer benoud as die verkoue! Na twee en 'n bietjie weke van agt siele in een pandok tref die stilte my oorverdowend!

Stoffeltjie dit is nou baie aangenaam om jou ook hier raak te loop man!

PM

En hier sit ek en gooi ook gou 'n draaitjie op die forum voordat ons die pad verder aandurf.  Ons het gisteraand in Kroonstad oornag en sal verseker vanaand by die huis wees.

Hartlik welkom Lox.  Gee my nog 'n rukkie kans om deur alles te werk.  Ek wil vir jou 'n afdeling vir foto's oopmaak, gee net kans dat ek tuis kom.  Soek solank 'n paar nuwe foto'tjies vir ons uit hoor!

Ai Raaitjie,  ek hoop hulle kom gou terug!   :icon_biggrin:  Soms het 'n ou so 'n rukkie nodig om net weer asem te skep!  :icon_biggrin:


Om te weet is om te verstaan.

PM

Hier is ek!  Uit en tuis en by die huis!   :hello2:  Dankbaar dat ons tuis is en dankbaar dat ons 'n veilige reis van 5,000 km gedoen het.  Dit was elke kilometer die moeite werd.  Elke matertjie wat ons weer kon sien en vashou en tyd saam spandeer.  Baie dankie.

Lox,  ons fotoplekkie is in plek.  Nou wag ons net vir jou mooi foto's!  Met tyd sal ek ons foto's ook aflaai en hier en daar 'n ietsie met julle deel.  Ek dink ek het 'n afgeêtste foto van oupa bobjaan ook.   :icon_biggrin:

Om te weet is om te verstaan.

Edelsteentjie

Ek was stil, eers toegegooi gewees onder merkwerk, en vertrek seker oor so uur met vakansie Suidkus toe. Slaap vanaand oor op die pas, en druk dan more verder deur. Ek sal heelwat stil wees. :toothy2: :toothy2:

PM

Ag wonderlik!  Ry veilig en kom in een stuk tuis.  Geniet die vakansie,  jy verdien dit.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Lox

nou kan ons almal weer hallo sê en meedeel dat dit goed gaan
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Oubaas

Ek was in 1992 op Meiringspoort. Genade daai plek stink erg van die urine. Sjoe wat word van die mensdom. Ewentewel, bly om te hoor jul is veilig tuis PM. Geseende week verder.

Lox

Quote from: Oubaas on July 05, 2011, 08:00:26 PM
Ek was in 1992 op Meiringspoort. Genade daai plek stink erg van die urine. Sjoe wat word van die mensdom. Ewentewel, bly om te hoor jul is veilig tuis PM. Geseende week verder.


seker in die droee seisoen wat julle daar was.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Dankie Oubaas.  Ons het al weer 'n vakansie nodig!   :icon_biggrin: 

Om te weet is om te verstaan.