Author Topic: Waar is jy?  (Read 17249 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Waar is jy?
« on: June 20, 2011, 02:30:06 PM »
Gedink ek sal hier 'n onderwerp begin waar ons vir mekaar kan laat weet wanneer ons vir 'n wyle nie beskikbaar sal wees nie. 

Die verwoede bobbejaan is nou baie kwaai en ons sal maar liewers die stoep, waar ek opvangs het, verlaat.
More ry ons verder en ek sal van my laat hoor as ons weer opvangs het.  Hou die fort hoor!

 :love7:

 :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Waar is jy?
« Reply #1 on: June 20, 2011, 02:42:08 PM »
Julle moet versigtig wees, daai goed het vierhande en baie groot tande. Hulle dink ook soos party mense wat ek gelukkig nie persoonlik ken nie, maar bekend is.. :icon_biggrin:  :dontknow:

Veiligry!  :toothy4:

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waar is jy?
« Reply #2 on: June 21, 2011, 08:46:05 PM »
Hier is ons nou in Beaufort Wes.  Dit is koud buite maar warm binne!   :icon_biggrin:

Dankie my matertjie.  My se manlief is aan die stuur en jy weet mos,  dan vat dit drie dae!   :icon_biggrin:

Naas,  ek het vir jou deur Meiringspoort gery.  Ek was baie teleurgesteld.  Orals is rusplekke en toilette gebou en die pas het sy unieke "na aan die natuur" vir my verloor!  Dit is pragtig en skoon, maar dit is nie soos dit was nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Waar is jy?
« Reply #3 on: June 21, 2011, 11:08:30 PM »
Hoop die laaste deel van die verlof is net so aangenaam matertjie. Ons gaan van vandag af redelik op die pad wees en eers laataande tuis kom wanneer die normale huistakies weer opgevang moet word voor die volgende dag weer kilometers-vreet beteken! Van volgende week af behoort dinge weer stadig maar seker na normaal terug te keer en kuier ek weer saam met julle tussen die lyne  :book1:


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waar is jy?
« Reply #4 on: June 22, 2011, 06:36:02 AM »
Dankie dat jy laat weet Raaitjie.  Wees veilig!   Geniet die rustige oomblikke en skryf 'n hond uit 'n bos uit!   :love7:  Ons behoort more op die laaste tuis te wees.  Met die padverleggings gaan dit maar stadig. 

Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Waar is jy?
« Reply #5 on: June 22, 2011, 11:54:57 AM »
hoop die res van julle reis is aangenaam. dalk loop julle vir Joe raak op pad met sy nuwe lorrie. hy was vanoggend hier aan.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Waar is jy?
« Reply #6 on: June 23, 2011, 03:09:15 AM »
Hier sit ek.  :coffee2: Het gou so paar oomblikkies gesteel om net vinnig 'n draaitjie te gooi hier in die abc kringetjie. Die Meisiekinders is in stad toe en die uwe wou nie al snuiwende agterna piekel nie. Kinders was skaars verby die eerste gangeroe toe voel ek die alleenwees maak my meer benoud as die verkoue! Na twee en 'n bietjie weke van agt siele in een pandok tref die stilte my oorverdowend!

Stoffeltjie dit is nou baie aangenaam om jou ook hier raak te loop man!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waar is jy?
« Reply #7 on: June 23, 2011, 07:49:07 AM »
En hier sit ek en gooi ook gou 'n draaitjie op die forum voordat ons die pad verder aandurf.  Ons het gisteraand in Kroonstad oornag en sal verseker vanaand by die huis wees.

Hartlik welkom Lox.  Gee my nog 'n rukkie kans om deur alles te werk.  Ek wil vir jou 'n afdeling vir foto's oopmaak, gee net kans dat ek tuis kom.  Soek solank 'n paar nuwe foto'tjies vir ons uit hoor!

Ai Raaitjie,  ek hoop hulle kom gou terug!   :icon_biggrin:  Soms het 'n ou so 'n rukkie nodig om net weer asem te skep!  :icon_biggrin:


Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waar is jy?
« Reply #8 on: June 23, 2011, 07:39:24 PM »
Hier is ek!  Uit en tuis en by die huis!   :hello2:  Dankbaar dat ons tuis is en dankbaar dat ons 'n veilige reis van 5,000 km gedoen het.  Dit was elke kilometer die moeite werd.  Elke matertjie wat ons weer kon sien en vashou en tyd saam spandeer.  Baie dankie.

Lox,  ons fotoplekkie is in plek.  Nou wag ons net vir jou mooi foto's!  Met tyd sal ek ons foto's ook aflaai en hier en daar 'n ietsie met julle deel.  Ek dink ek het 'n afgeêtste foto van oupa bobjaan ook.   :icon_biggrin:

Om te weet is om te verstaan.

Edelsteentjie

  • Guest
Re: Waar is jy?
« Reply #9 on: June 27, 2011, 10:49:22 AM »
Ek was stil, eers toegegooi gewees onder merkwerk, en vertrek seker oor so uur met vakansie Suidkus toe. Slaap vanaand oor op die pas, en druk dan more verder deur. Ek sal heelwat stil wees. :toothy2: :toothy2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waar is jy?
« Reply #10 on: June 27, 2011, 10:52:00 AM »
Ag wonderlik!  Ry veilig en kom in een stuk tuis.  Geniet die vakansie,  jy verdien dit.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Waar is jy?
« Reply #11 on: July 05, 2011, 05:56:15 PM »
nou kan ons almal weer hallo sê en meedeel dat dit goed gaan
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Oubaas

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 10
  • Gender: Male
  • 'n Gewillige donkie vir Jesus Web: http://www.facebook.com/home.php?sk=group_304095766282805&view=info&refid=0
    • Oppie Koffie Gemeenskap
Re: Waar is jy?
« Reply #12 on: July 05, 2011, 07:00:26 PM »
Ek was in 1992 op Meiringspoort. Genade daai plek stink erg van die urine. Sjoe wat word van die mensdom. Ewentewel, bly om te hoor jul is veilig tuis PM. Geseende week verder.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Waar is jy?
« Reply #13 on: July 05, 2011, 08:26:09 PM »
Ek was in 1992 op Meiringspoort. Genade daai plek stink erg van die urine. Sjoe wat word van die mensdom. Ewentewel, bly om te hoor jul is veilig tuis PM. Geseende week verder.


seker in die droee seisoen wat julle daar was.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waar is jy?
« Reply #14 on: July 06, 2011, 01:11:11 PM »
Dankie Oubaas.  Ons het al weer 'n vakansie nodig!   :icon_biggrin: 

Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waar is jy?
« Reply #15 on: November 18, 2011, 07:32:06 AM »
Kyk wat loop ek weer hier raak.  Waar is jy?
Hannes is nog in Sjina maar ek is net hier en is nie van plan om iewers heen te gaan nie. 
Ek wonder waar is Oubaas en Edelsteentjie en WW en Blouetjie en Louis WeKa en...  ons mis julle.
Hier het ons vir Lox hallo gesê en ek is bly hy is nog steeds aan die werk om vir ons elke dag iets nuuts te kom aflewer. 
Dankie aan almal wat so getrou saam gesels.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Waar is jy?
« Reply #16 on: November 18, 2011, 07:56:45 AM »
Waar is jy?

Ek is nou by die werk. Net nou oppad huistoe. Dan vinnig die dubbeldekker laai, en wag vir my beterhelfde. Dan ry ons Beaverlac toe whoop whoop whoop!!!! Berge hier kom ons. Hou vas ons is oppad.  :evil6:
 :angel12:

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Waar is jy?
« Reply #17 on: November 18, 2011, 08:24:31 AM »
hol rond op die plaas nes ek dink dit raak stiller dan dop iets anders uit soos die werkers se huise se septic tenk wat vanoggend besluit hy loop oor.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waar is jy?
« Reply #18 on: November 18, 2011, 10:23:22 AM »
Dit is sulke tye dat 'n mens spyt is jy het werkers en ook dankbaar is jy het werkers.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Waar is jy?
« Reply #19 on: November 19, 2011, 03:43:11 AM »
dis waar ja maar e is hulle meer dankbaar want sonder hulle kan ek nie boer nie en sonder my kan hulle nei aangaan nie
ons het mekaar nodig

ek wens net dat ons slag geld kan kry vir ons produk dat ek hulle 'n goeie verhoging kan gee en ook 'n lekker bonus

as so iets soos die spetic tennk ding gebeur knyp ek maar oë toe en doen die werk en kry klaar en gaan aan waar ons laas opgehou het

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Waar is jy?
« Reply #20 on: November 19, 2011, 05:01:59 AM »
Sit hier om gou-gou bietjie op te vang en koerant lees dan regmaak om Bonnievale toe te ry.
Gaan na 'n venue kyk vir die kinders se troue.
Dit is jammer dat ons nie by Lox kan uitkom om 'n toertjie deur die wingerde en kelders te doen nie.
My (skoon)dogter moet namiddag 'n dansstudend help met haar eksamen passies so ons sal laat terug wees.
Soms is Koffie op die nugter maag net die ding om die nagspinnekoppe uit te rook.
elle

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Waar is jy?
« Reply #21 on: November 19, 2011, 07:20:32 AM »
geniet julle se dag. ek is oppad see toe

kom draai i ander dag hier
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waar is jy?
« Reply #22 on: November 19, 2011, 07:56:13 AM »
Geniet julle dag matertjies, kom veilig tuis.  Ek sal solank soek vir iets om te plaas om oor te skryf.  Dalk lees hier iemand anders wat my wil voorspring.  Ek sal bly wees natuurlik.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Waar is jy?
« Reply #23 on: September 30, 2021, 03:42:36 PM »
Waar is ons forummoeder? Smaak my Leeupoort se bojane het haar tande gesteel.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Waar is jy?
« Reply #24 on: September 30, 2021, 06:05:44 PM »
Ek hoor julle wonder waar ek dwaal?
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Waar is jy?
« Reply #25 on: September 30, 2021, 06:14:12 PM »
Ek het my dood verlang na jou. Vertel bietjie hoe dit gaan.  :hello2: :hello2:  :love7:

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Waar is jy?
« Reply #26 on: September 30, 2021, 06:24:44 PM »
Aaai... Fffffvelskoen. Daar verdwyn my noorderliggie weer...
Wou net opgewonde raak.
Hierdie verdomde eensaam gange gaan my na skoolmeisies en groen koeldrank dryf.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Waar is jy?
« Reply #27 on: September 30, 2021, 07:03:38 PM »
In die hol eggos
van verlate gange,
Verstil woorde
soos verlore gesange.

Gaste wat daar dwaal
luister stom.
Maar versmaaide afwagting
hoor geen woord uit hul kom.

In alleen klowe
word alleengesprekke gevoer.
Geen antwoord om te hoor
as tortelduifie vir homself sit koer.

Dit is so dat alleen mense maar met hulself sit praat, somtyds hulself antwoord. Maar as hul eers met hulself baklei moet hulle liewerste hul bekke hou of 'n sielkundige gaan sien.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Waar is jy?
« Reply #28 on: September 30, 2021, 07:35:49 PM »
Oom Naas, jy moet die skoolmeisies uitlos. Jy's getroud.
Ten minste kan ons twee nog met mekaar gesels.  :pottytrain2: :snorting: :dontknow:

 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Waar is jy?
« Reply #29 on: September 30, 2021, 11:01:52 PM »
Hier is ek ook. Naas, Assie het goeie raad hoor  :toothy4:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Waar is jy?
« Reply #30 on: October 01, 2021, 02:43:40 AM »
Die Assie kind is partykeer bietjie voor oppie wa met haar ou Oom. Ek dink ek moet 'n slag plaas toe ry en haar bietjie gaan karnuffel.
More Ta Raaitjie. Ek is bly om so 'n eggo spoortjie in die middernag hier raak te loop.
Groete vir Outop.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Waar is jy?
« Reply #31 on: October 01, 2021, 02:52:47 AM »
Beloftes... Beloftes...
Ek moes die laaste bak paddaogies alleen opeet.

 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Waar is jy?
« Reply #32 on: October 01, 2021, 08:48:33 AM »
Groete oorgedra hoor. As julle weer paddaogies eet, skep sebliefie vir my ook 'n porsie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waar is jy?
« Reply #33 on: October 07, 2021, 11:52:16 PM »
Hi julle.  Ek is so jammer dat ek so skaars is, maar ek belowe, julle is elke dag in my gedagtes.
Ek hoop regtig dat ek binne 'n paar dae weer 'n normale lewe kan hê.
Alles wat kon verkeerd geloop het, het so gedoen.  Ons is besig om alles reg te ruk en dinge behoort binne die volgende paar dae weer normaal te verloop.  (Ha-ha, wie probeer jy bluf?)   :dontknow:
Noudat ek weer terug is in die stad wil ek probeer om "fiber" te kry, as iemand raad het, help asseblief!
Ek is gatvol gesukkel met diensverskaffers wat fokkollie diens lewer nie. 
Ek moet nou gaan doeks, het more 'n vol dag.
Liefies vir julle!   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Waar is jy?
« Reply #34 on: October 07, 2021, 11:59:55 PM »
Sterkte met alles wat jou kniege knak PM. Die fiber ding maak 'n verskil hoor!

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Waar is jy?
« Reply #35 on: October 08, 2021, 12:43:45 AM »
Ons het baie fiber in ons graanflokkies.
Oupa se al die fiber hou sy maag gereeld en dan kry ons genoeg oefeninge sodat ons nie gim toe hoef te gaan. Dit hou ons fiks en gesond instede van hardlywig en rond.

 :mumum:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Waar is jy?
« Reply #36 on: October 08, 2021, 12:56:01 AM »
Aai Assie, jy het nou weer jou Pro Nutro gesnuif en heeltemal verkeerd verstaan. PM praat van die moderne telefoon lyne wat die regering nou weer oral begrawe het. Dit maak die internet baie vinniger sodat ons beter en goedkoper op die forum kan kuier.
Ek wonder partykeer of jy nie dalk jou haartjies daai nie.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waar is jy?
« Reply #37 on: October 08, 2021, 01:07:33 PM »
 :binkybaby:   Dit beteken ek is onskuldig en weet van niks.   :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Waar is jy?
« Reply #38 on: October 08, 2021, 01:24:53 PM »
Die Amerikaanse argeoloe grawe op 400 meter koperdrade oop en verklaar dat hulle 300 jaar terug al telefoontegnologie gehad het.
Engelse argeoloe grawe op 350 meter fiber kabels oop en verklaar dat hulle 300 jaar terug al internet tegnologie gehad het.
Die Suid Afrikaanse argeoloe grawe en grawe. Toe hulle na 400 meter nog niks gekry het nie verklaar hulle dat RSA 300 jaar terug reeds wifi gehad het.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waar is jy?
« Reply #39 on: October 08, 2021, 05:51:21 PM »
Regtig!  Wrewrig?  Nou lieg iemand vir my!
Om te weet is om te verstaan.