• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Waar is jy?

Started by PM, June 20, 2011, 03:30:06 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Die Assie kind is partykeer bietjie voor oppie wa met haar ou Oom. Ek dink ek moet 'n slag plaas toe ry en haar bietjie gaan karnuffel.
More Ta Raaitjie. Ek is bly om so 'n eggo spoortjie in die middernag hier raak te loop.
Groete vir Outop.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Assie

Beloftes... Beloftes...
Ek moes die laaste bak paddaogies alleen opeet.

:mumum:

Meraai vannie Baai

Groete oorgedra hoor. As julle weer paddaogies eet, skep sebliefie vir my ook 'n porsie.

PM

Hi julle.  Ek is so jammer dat ek so skaars is, maar ek belowe, julle is elke dag in my gedagtes.
Ek hoop regtig dat ek binne 'n paar dae weer 'n normale lewe kan hê.
Alles wat kon verkeerd geloop het, het so gedoen.  Ons is besig om alles reg te ruk en dinge behoort binne die volgende paar dae weer normaal te verloop.  (Ha-ha, wie probeer jy bluf?)   :dontknow:
Noudat ek weer terug is in die stad wil ek probeer om "fiber" te kry, as iemand raad het, help asseblief!
Ek is gatvol gesukkel met diensverskaffers wat fokkollie diens lewer nie. 
Ek moet nou gaan doeks, het more 'n vol dag.
Liefies vir julle!   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Sterkte met alles wat jou kniege knak PM. Die fiber ding maak 'n verskil hoor!

Assie

Ons het baie fiber in ons graanflokkies.
Oupa se al die fiber hou sy maag gereeld en dan kry ons genoeg oefeninge sodat ons nie gim toe hoef te gaan. Dit hou ons fiks en gesond instede van hardlywig en rond.

:mumum:

Naas

Aai Assie, jy het nou weer jou Pro Nutro gesnuif en heeltemal verkeerd verstaan. PM praat van die moderne telefoon lyne wat die regering nou weer oral begrawe het. Dit maak die internet baie vinniger sodat ons beter en goedkoper op die forum kan kuier.
Ek wonder partykeer of jy nie dalk jou haartjies daai nie.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

 :binkybaby:   Dit beteken ek is onskuldig en weet van niks.   :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Die Amerikaanse argeoloe grawe op 400 meter koperdrade oop en verklaar dat hulle 300 jaar terug al telefoontegnologie gehad het.
Engelse argeoloe grawe op 350 meter fiber kabels oop en verklaar dat hulle 300 jaar terug al internet tegnologie gehad het.
Die Suid Afrikaanse argeoloe grawe en grawe. Toe hulle na 400 meter nog niks gekry het nie verklaar hulle dat RSA 300 jaar terug reeds wifi gehad het.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Regtig!  Wrewrig?  Nou lieg iemand vir my!
Om te weet is om te verstaan.