Author Topic: Lekker FM blootstelling  (Read 2543 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Lekker FM blootstelling
« on: November 10, 2021, 08:19:49 AM »
Toe kry ek vanoggend 'n baie hulpvaardige dametjie en sy sê ons moet net vir haar 'n briefie skryf en 'n uiteensetting doen van wat ons op die forum doen.  Sy sal dit vir ons gratis plaas.  Hulle reel 'n onderhoud met ons, dan kan ons vertel wat ons doen.  Mense, ek is nie 'n publieke spreker nie.  My broek sal bewe. 
Kan ons asseblielf saamwerk om 'n e-pos saam te stel wat ons aan haar kan voorlê.
As ek dit nie mis het nie het ons in Maart maand 2011 begin. 
Eerstens is dit gratis.
Wat is ons hoofdoel? Ons liefde vir Afrikaans en leersame artikels. 
Pragtige bydraes van Raaitjie oor rare mediese probleme?
Ons moet noem dat elke skrywer sy eie plekkie kry waarin hy/sy se skryfwerk kom.  Gedigte en kortverhale?
'n Plekkie waar almal in liefde saam kuier. 
Asseblief help! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Lekker FM blootstelling
« Reply #1 on: November 10, 2021, 09:28:54 AM »
Jy het dit. Jy gaan nie in die publiek praat nie. Sy kan vir jou haar vrae vooraf gee sodat jy kan voorberei. Haar vrae gaan gebaseer wees op wat jy in vooraf notas vir haar gee.
Wanneer die onderhoud plaasvind is dit net jy en sy in ateljee. En ek nog nooit gesien dat jy nie dadelik met iemand oor die weg kom en hulle ore afpraat nie.
(fluister fluister... Los net die rooies vir na die tyd anders red jy nog haar huwelik ook)

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Lekker FM blootstelling
« Reply #2 on: November 10, 2021, 09:48:44 AM »
Stem saam met Naas. Jy antwoord net die vrae. Baie geluk PM en duisend dankies dat ons deel kan wees van hierdie spesiale gaatjie in die kuberruim.
 :love7: :notworthy:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Lekker FM blootstelling
« Reply #3 on: November 10, 2021, 11:21:24 AM »
PM, ek wonder of dit moontlik is dat ons 'n afdeling skep vir die mediese goete? Op die oomblik is PH en Hallusinasies op my persoonlike blad. Die ander is op verskeie erwe en dit sal dalk makliker wees as dit alles bymekaar is? Ek sal dit dan self oorskuif as jy 'n hoekie geskep het vir dit. Ek dink veral ook aan jou bydrae oor beroerte. Alles is op verskillende plekke  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lekker FM blootstelling
« Reply #4 on: November 10, 2021, 01:02:50 PM »
Goed, ek het in die biblioteek twee onderwerpe bygevoeg.  As jy enigsins iets verander wil hê moet jy net sê.  Jy is ook moderator daar, so ek glo nie jy sal probleme hê nie.  Praat net, ek help graag. 


Naas,  :color:  dit is heeltemal 'n ander saak om tussen vriende te kuier as tussen vreemdes.   :sign10:  vir die huwelikredstorie! 
Jy weet dan, as PM begin is daar nie 'n einde nie.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Lekker FM blootstelling
« Reply #5 on: November 10, 2021, 01:06:29 PM »
Duisend dankies PM! Sal dit gou oordra.  :notworthy: :hello2:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Lekker FM blootstelling
« Reply #6 on: November 10, 2021, 01:14:06 PM »
Gedoen  :icon_biggrin: :notworthy: Nou gaan ek inkruip. Outop snork al. Hopenlik spring ek nie ons kooi mis nie.  :icon_bigsmurf:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Lekker FM blootstelling
« Reply #7 on: November 10, 2021, 01:14:29 PM »
P-empie, die forum is jou hart se punt. Praat uit jou hart ut en alles sal reg loop. Ek dink jy is goed toegerus vir die taak omdat jy passie het vir die forum. As ons dinge begin bygooi gaan ons jou grysmassa klits. Druk 'n paar gedigte wat jou saakmaak en lees een of twee voor.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Lekker FM blootstelling
« Reply #8 on: November 10, 2021, 01:25:22 PM »
Stem 100% saam met jou Naas. Giggel ek vir jou raad vir PM oor die rooivoggies en huweliksraad  :angel4:

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Lekker FM blootstelling
« Reply #9 on: November 10, 2021, 03:03:53 PM »
Voorregte om julle te ken! Hoed afgelig en laag gebuie.
PM haal diep asem... you got this (sleg hoesie ...verskoning)

XXXX

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lekker FM blootstelling
« Reply #10 on: November 10, 2021, 05:33:18 PM »
Naas, ek kry jou hier, jy sal moet kom help!  My grysmassa is lankal geklits!   :icon_scratch:
Julle moet asseblief kom met voorstelle.  Waar moet ek begin?  By die begin?  (Sien Naas, ek het jou voorgespring.)  :icon_biggrin:
Ons sal moet gou spring.  Ek wil graag teen more middag die voorlegging doen.  Dalk moet ek dit begin onder 'n nuwe onderwerp en dan kan julle my help om dit in perspektief te kry.  Assebliefie tog!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Lekker FM blootstelling
« Reply #11 on: November 10, 2021, 06:13:17 PM »
ons moet net vir haar 'n briefie skryf en 'n uiteensetting doen van wat ons op die forum doen.
Begin hier. Jy het reeds gesê wat die begin van forum was en dat ons die gebruik van ons taal wil promofeer. Noem net ook êrens dat deelnemers op die forum nie noodwendig skrywers hoef te wees nie maar dat ons gesels in ons taal en dat ons mekaar graag wil respekteer.
Ons vermy godsdienstige onderwerpe en prbeer die taal vreedsaam bevorder.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lekker FM blootstelling
« Reply #12 on: November 11, 2021, 07:04:00 AM »
Dnkie dankie.  Ek sal dit kom deel.  Was lus om my eie 0 te skop gistermiddag.  Het ek nou nie 'n pragtige voorlegging gedoen toe die krag afgaan nie.  Daar verloor ek alles.  Was kwaad vir myself omdat ek dit sommer hier op die forum gedoen het en nie eers op my rekenaar nie.   :mumum:
Ek weet nie of ek die enigste ou is wat nie 'n skryfstuk die tweede keer so goed kan raakvat soos die eerste keer nie.  Daardie tyd toe al my skryfwerk gesteel is het ek probeer om van die goed wat in my gedagtes was oor te skryf, maar kon net nie daarin slaag nie.  Dit het seker met die emosies te doen wat 'n mens nie 'n tweede keer dieselfde ervaar nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Lekker FM blootstelling
« Reply #13 on: November 11, 2021, 07:33:06 AM »
Ek wens ek kon myself keer en les leer dat mens nie bodder met 'n skildery as jy die kwas neergesit het en more kom jy bedons verby en dog 'wat die hel...'
Menige canvas in die asblik beland of weggesteek en later toegeverf. Weet wat jy bedoel PM!