• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Waar is jy?

Started by PM, June 20, 2011, 03:30:06 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

PM

Kyk wat loop ek weer hier raak.  Waar is jy?
Hannes is nog in Sjina maar ek is net hier en is nie van plan om iewers heen te gaan nie. 
Ek wonder waar is Oubaas en Edelsteentjie en WW en Blouetjie en Louis WeKa en...  ons mis julle.
Hier het ons vir Lox hallo gesê en ek is bly hy is nog steeds aan die werk om vir ons elke dag iets nuuts te kom aflewer. 
Dankie aan almal wat so getrou saam gesels.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Waar is jy?

Ek is nou by die werk. Net nou oppad huistoe. Dan vinnig die dubbeldekker laai, en wag vir my beterhelfde. Dan ry ons Beaverlac toe whoop whoop whoop!!!! Berge hier kom ons. Hou vas ons is oppad.  :evil6:
:angel12:

Lox

hol rond op die plaas nes ek dink dit raak stiller dan dop iets anders uit soos die werkers se huise se septic tenk wat vanoggend besluit hy loop oor.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Dit is sulke tye dat 'n mens spyt is jy het werkers en ook dankbaar is jy het werkers.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Lox

dis waar ja maar e is hulle meer dankbaar want sonder hulle kan ek nie boer nie en sonder my kan hulle nei aangaan nie
ons het mekaar nodig

ek wens net dat ons slag geld kan kry vir ons produk dat ek hulle 'n goeie verhoging kan gee en ook 'n lekker bonus

as so iets soos die spetic tennk ding gebeur knyp ek maar oë toe en doen die werk en kry klaar en gaan aan waar ons laas opgehou het

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Angelica

Sit hier om gou-gou bietjie op te vang en koerant lees dan regmaak om Bonnievale toe te ry.
Gaan na 'n venue kyk vir die kinders se troue.
Dit is jammer dat ons nie by Lox kan uitkom om 'n toertjie deur die wingerde en kelders te doen nie.
My (skoon)dogter moet namiddag 'n dansstudend help met haar eksamen passies so ons sal laat terug wees.
Soms is Koffie op die nugter maag net die ding om die nagspinnekoppe uit te rook.
elle

Lox

geniet julle se dag. ek is oppad see toe

kom draai i ander dag hier
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Geniet julle dag matertjies, kom veilig tuis.  Ek sal solank soek vir iets om te plaas om oor te skryf.  Dalk lees hier iemand anders wat my wil voorspring.  Ek sal bly wees natuurlik.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Waar is ons forummoeder? Smaak my Leeupoort se bojane het haar tande gesteel.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Anastasia

Ek hoor julle wonder waar ek dwaal?
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Naas

Ek het my dood verlang na jou. Vertel bietjie hoe dit gaan.  :hello2: :hello2:  :love7:

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Naas

Aaai... Fffffvelskoen. Daar verdwyn my noorderliggie weer...
Wou net opgewonde raak.
Hierdie verdomde eensaam gange gaan my na skoolmeisies en groen koeldrank dryf.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Naas

In die hol eggos
van verlate gange,
Verstil woorde
soos verlore gesange.

Gaste wat daar dwaal
luister stom.
Maar versmaaide afwagting
hoor geen woord uit hul kom.

In alleen klowe
word alleengesprekke gevoer.
Geen antwoord om te hoor
as tortelduifie vir homself sit koer.

Dit is so dat alleen mense maar met hulself sit praat, somtyds hulself antwoord. Maar as hul eers met hulself baklei moet hulle liewerste hul bekke hou of 'n sielkundige gaan sien.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Assie

Oom Naas, jy moet die skoolmeisies uitlos. Jy's getroud.
Ten minste kan ons twee nog met mekaar gesels.  :pottytrain2: :snorting: :dontknow:

:mumum:

Meraai vannie Baai

Hier is ek ook. Naas, Assie het goeie raad hoor  :toothy4: