• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)

Started by Meraai vannie Baai, March 07, 2015, 06:58:59 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Fransi

 :love7:

Ek was ook altyd so lief vir die toegedraaide hoendertjies. :-) Dit lyk regtig baie lekker.

Meraai vannie Baai

#106
Lekker om jou weer raak te loop hier tussen die disse mater  :notworthy: Afgelope twee jaar (oe Griet, dalk nog langer) werk ek aan 'n resepteboek met al die disse wat ons geniet. As ek nie fotos neem en neerskryf wat Outop doen nie, vergeet ons dit binne die eerste week. Die forum en FB bied natuurlik wonderlike geleentheid waar ons die blaaie kan vul soos wat die disse verorber word  :icon_biggrin:

Die volgende vleisdis het ons gewoonlik op die boeremanier geniet maar sien toe op een van die kosprogramme hoe die Engelse kok kapokaartappels ophemel as net die ding saam vleis met 'n langsous (my ouma se beskrywing).

Probeer dit toe ook so en kan getuig dit was 'n heerlike afwisseling, maar net tussen ons - dink mielierys en soetpatat sou vir aartappel in die skande gesteek het  :toothy4:


PM

Heerlik heerlik!  Dankie dat julle dit met ons ook deel Raaitjie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Soos altyd is die voorreg van deel myne matertjie  :notworthy:



Geseënde Kersfees aan elkeen wat hier verby kom en 'n wyle vertoef  :love7:

PM

Wat 'n wenner van 'n boud!  'n Feesmaal sowaar!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#110
En 'n feesmaal was dit voorwaar PM. Dit is 'n voorreg om so handige wederhelf te he wat jou passie vir kos deel. Die ou het direk na werk, die 24ste, begin met die ham en boud. Deel van die fees is om hom te volg deur die oog van die lens. (Ek sorg baie liefdevol dat daar vir hom 'n plekkie oop is om te woel en werkskaf tussen die  blink en flikker lol).

:love7:



Die geure wat hang oor ons pandok sal my altyd altyd bybly!



Kan skaars glo dat daar van al die moeite net 'n been oorbly  :icon_biggrin:



Kersoggend koffietjie.



Een van my beste geskenke is die lag en kuier rondom die ontbyt-tafel die dag na kersfees.



Lief die aards-engel en tel die seeninge teelepel vir teelepel dat hy my gekies het as lewensmaat  :notworthy:


PM

Baie mooi foto's.  Ons was by Skoonsus vir Kersfees.  Hulle het 'n feesmaal voorgesit.  Vleise, slaaie, brode met kaas en konfyte wat skrik vir niks.  Sal seker 'n rukkie neem voordat ons weer die voorreg sal hê om saam met Jongste en sy familie saam te kuier op Kersdag. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Familietyd so kosbaar ne! Glo julle was bederf met al die heerlikhede. Diekant kuier die kabouters (jong manne eerder) se pa 'n bietjie vir so paar dae hier en die klomp is heel jolig. Die kleinste kaboutertjie hou oupa en ouma en die hele huis besig :)

Meraai vannie Baai

#113
As die kraaie gaap is dit soos gewoonlik bokkostyd in die Lock pandok. Vandag
was ons soet en spaarsaam. Gisteraand se oorskiethoender is ook opgedollie vir
brekvis en 'n gesonde middagsnoepie.



Bietjie groenblare gemeng met die  oorskiet vrugteslaai, word toe 'n heerlike koel lafenis
en vul gaatjies tot Outop ons vanaand bederf met sy gewilde seekos-eenpot-roerbraai.


PM

Oe, njam-njam.  Lekker om weer hier te kan kuier!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ons klein cowboy het so pas sy vierde verjaardag gevier en al het ons probeer
keer was daar hopeloos te veel soetigheid verorber deur die loop van die dag.
Toe besluit ouma gister gaan daar net 'n gesonde bordjie opgedis word want die
knapie soek toe nog 'n B'day en het gedink dan mag hy die res van die lekkernye
verorber lol.


Meraai vannie Baai

#116
Soet & Suur Hoender

1. Meng 1 lepel mielieblom (cornstarch) met 'n lepel koue water tot opgelos.
Voeg nog 'n bietjie water by indien nodig.

2. Intussen meng jy 'n driekwart koppie suiker, halwe koppie witasyn, kwart koppie
Soya sauce, 1 lepel knoffel poeier, 1 lepel uie sout (ons het minder geneem) en
6 lepels tamatiesous in 'n pan.

3. Roer die mengsel goed en laat kook. Voeg jou mielieblom-mengsel nou by en kook
tot verlengde dukte. Hou eenkant.

4. Sny genoeg hoenderborsies in blokke na gelang van hoeveel porsies verlang (dit rym lol)
en plaas in seelbare sakkie met mielieblom sodat al die hoenderblokkies 'n lagie meel om het.

5.  Roerbraai die hoender dan tot gaar.

6. Terwyl die hoender gaar word, sny jy 'n ui en 1 rooi-, 1 groen en 1 geel bell peppers in blokkies
en voeg dit en jou sous by die hoender in die pan. Laat alles saam warm word. Ons het net groen- en rooi
pepers gebruik.



Ons het agterna besluit om 'n bietjie blomkool en brokkoli wat net liggies gekook was, by te voeg.
Die dis is saam met 'egg-fried-rice' bedien. Dit was heerlik en is nou beslis 'n gunsteling op die
pandok se menu.



Met 'n donkerder soyasous en 'n groente wat net geroerbraai is, word hierdie 'n heerlike
tuisgemaakte chinese dis.


Meraai vannie Baai

#117
Vandag deel ek een van my 'geheime' metodes om jou kreatiewe skeppings in die kombuis, fotogewys te deel met ander. Die skakel na die resep sal ek onderaan plaas. Ouens wat lief is vir fotografie se dat kleingoed bitter moeilike modelle is. Wel, ek kan dieselfde van kos skryf.  Gisteraand het ek weer 'n resep uitgetoets in die pandok se kombuis en was baie trots op die eindproduk. Natuurlik was die kamera wat altyd byderhand is, nadergesleep. Van waar dit gebere was vang my oog die gelamineerde afdrukke uit horingoue almanakke wat ek by 'n kerkwinkeltjie raakgesnuffel het.



En hier is die 'Grand Finale'  :notworthy: Wie sou kon raai dat 'n almanak prentjie so perfek kon pas en van my poging 'n pronkstuk maak?



Vanoggend was daar net een tertjie oor en voor ek hom verorber het ek gou weer my prentjie en die kamera nadergesleep. Een klein probleemtjie. Die sny tert op die agtergrond steek uit.  :dontknow:

'n Gevoude servet, baie strategies geplaas het die probleem opgelos  :icon_biggrin: :icon_salut:



En so kon ek toe met die hulp van PhotoScape, 'n samestelling maak vir die kombuishoekie op FB   :angel4:



https://www.facebook.com/groups/628882450509047/1124988494231771/?notif_t=like&notif_id=1461188238267289

En as jy eendag weer jou hartedief wil bederf met 'n Franse soet-brekkie en die toevou proses
word gatkantvorentoe gedoen, lyk jou skepping soos 'n Hollandse windmeul  :icon_bigsmurf:


Meraai vannie Baai

#118
Parmesan- of Cheddar-Kaasmandjies.

En daar lei nog een 'steel-met-die-oog & probeer-self-resep' tot 'n
nuwe gunsteling op ons Lock Menu. Wie sou nou ooit kon dink dit
is so maklik om 'n kaasmandjie te skep binne 7 minute deur slegs 2
lepels gerasperde parmesan op hopie in die oond teen 375 grade te druk?

Daarna word die gesmelte hopie kaas versigtig oor 'n onderstebo kolwyntjiepan
(ja, jy lees reg) geplaas sodat dit kan afkoel en jou kaasmandjie vorm. Ek het ook
een gemaak met gewone, verouderde cheddarkaas waarby ek  'n bietjie gedroogde
pietersielie en vir die wis en onwis,  so titseltjie, skrikmaak-rooipeper oorgestrooi het. 

Dit het perfek gewerk.



So verleidelik en eenvoudig dat dit sondiglik trippelvoudig herhaal was! Eerstens het
ek 'n gemengde seekosmandjie probeer...



Geswig voor die verleiding en dit verorber :)



Daarna die kaasmandjie met 'n mengelslaai...



Laastens was dit 'n Tuna-mandjie...







Meraai vannie Baai

#119
Feta, Spek & Spinasie Pasteie.

En daar oorval die groot lus vir 'n spinasie pastei, my helder oordag gister!
Swig gewilliglik voor die versoeking en gaan koop die vetste bos groenigheid
in ons cowboy-shoppie.

Spek- en uieblokkies is watertand-geurig gebraai terwyl die spinasie aan die
anderkant skrikgemaak is in gesoute kookwater. Na dit goed gedreineer was
is daar 'n koppie ricotta en so bakhandvol feta ingekrummel.

Spulletjie is toe deurmekaar geroer en Outop het die voorreg gehad om 'n
tongtippietoets te doen voordat die geurige mengsel op hopies in die middel
van skilferkorsdeeg (in vierkante gesny) beland het.

Punte net toegevou en gesmeer met eiermengsel is dit tot goudbruin gebak in
'n 200 grade oond. Ek het die skaal vermy en die kamera gegryp...



Dit was so heerlik romerig!



Feta, spinasie & hoender pastei.
Hier het ek gou kom indruk vandag (28/6/2017) om 'n variasie te deel wat op FB
geplaas is. Spek was vervang met oorskiet gevlokte hoender gemeng met gerasperde kaas.
Die spinasie het ek vinnig gekook en 'n lekker homp roomkaas is bygevoeg terwyl die spinasie
nog warm was vir 'n heerlike ryk romerige tekstuur.





* 'n Bietjie verder af op hierdie selfde bladsy is nog 'n variasie op die resep.  :notworthy: