• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)

Started by Meraai vannie Baai, March 07, 2015, 06:58:59 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

#75
Die nuwe kamp-meghefter (Potjie King) is getoets met Outop se Kerrie-konkoksie  :icon_biggrin:
Ons het soortgelyke een so paar maande gelede gekoop. Die ou kan ook vleis braai
waar die vorige een net 'n potjie kan maak.



EN SO SLAAN JY DIE KONKOKSIE AANMEKAAR:

Eintlik is dit 'n agterstevoor potjiegedoente! Eerste stappe gewoonlik dieselfde.
Hy braai die uie en skep uit vir eers tot later.
Dan is dit die vleis en kruie se beurt om kennis te maak met die nuwe aankope.
:`ip2:



So braai die ou dan sy vleis & kruie; gooi so lekseltjie bier ook oor
en skep dan uit (soos altyd dat die geure later mekaar intiem leer ken.)



Dan kom die groente met water en al in die potjie.
Hierna skep hy die vleis en uie bo-op.
Bedek en laat prut totdat al die vog verdamp het.





Naas

Ek vermy die Gatkantland verleidelikheitjies met passive want dis presides waar dit heengaan, na die gatkant toe.
Ta Raatjie, jou kos is altyd so smaaklik op die log dat die kwylspiere sommer tja tja.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Fransi

Heerlik, heerlik, heerlik! Ek voel soos Uilspieël, versadig. :-)

Marinda Kemp

Alles lyk so lekker, die naweek gaan ek alles probeer wat ek hier raak gelees het
Upington is nie vir sissies nie.

PM

Nou is ek darem vreeslik honger!  Lus lusser en belustig.   :snorting:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#80
Altyd 'n fees om julle hier om die tafel raak te lees  :toothy4:

Wil een van ons eie gunstelinge deel met julle. Geelmeel-mieliepap (polenta diekant van die aardbol),
Outop se wok-tjoppies & gebakte eiers.

In die pap het ek 'n koppie vol mielies, 'n bakhand cheddarkaas en so goeie skeut uievlokkies ingegooi
terwyl dit gaar geword het. Bo op die pap was daar oondgebraaide tamaties, takkie pietersielie en 'n
skeppie roomkaas. Koningsmaal op die Boeremanier  :notworthy:


Meraai vannie Baai

#81
DV oor twee maande kom my sus hulle ons bederf met 'n maandlange
kuier hier in Gatkantland. Buite weste van opgewondenheid, is liggestel!
Die toerplan met nuwe wieletjieshuis  is noukeurig beplan en natuurlik
word die menu met groot liefde bespreek en beproef.

So het Outop dan die afgelope naweek weer 'n slag sy nuutste kampmeghefter
uitgetoets. Hy wil  swaerie bederf met 'n RRR (rolled rib roast) langs die see.

Nie seker of dit gaan werk nie het die kok van die huis sy Potjie King staangemaak
en die bestanddele is mooi in rytjies uitgestal.

Hy het sy eie 'tien gebooie' as dit by kosmaak kom :headbang:

15 Kale kooltjies onder in die meghefter, doen die ding van begin tot einde.
Ekonomies op die sak beduie die ou trots en ek weet hy bedoel nie net die sak
met kole nie! So 'n maal vir 4, by 'n Ausie-pub, sal gewis 'n gat in jou sak vreet :icon_biggrin:



Een van die tien gebooie is by nou al bekend aan ieder en elk -
jy braai, skep uit en voeg later by... Hier was daar dan ook nie
afgewyk van die ritueel nie. Die uie, sampioene en peppers is
laaste in die pot, bo op die vleis en groente.



Aan die einde van die dag was die ou heel in sy skik en is sy dis gemerk & geboek -  dit werk!
Die meghefter is in staat om 'n eenpot-feesmaal te skep.



PM

#82
Hier is sekerlik die beste klomp resepte bymekaar vir Afrika.  Dit is werklik 'n fees om hierdeur te wandel en as ek iets spesiaals wil maak kom stap ek net deur die gang.  Dankie Raaitjie.

Gee asseblief die resep vir daardie maalvleisbolletjies wat so lekker lyk. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#83
Wat 'n grootse kompliment PM  :notworthy: Vir die maalvleisbolletjies: Ons rek die klein pakkie maalvleis met 'n gekerfde ui, 1 wortel en 2 middelslag aartappels (grof gerasper), 'n koppie cheddar kaas ook gerasper (of jou eie kaas-keuse); ongeveer 'n halwe koppie oats. Hierby voeg ek sout, peper, klein bietjie kerrie en gerookte paprika na smaak by. Dan rol ek balletjies, plaas dit in 'n bakplaat met 'n bietjie olyfolie in en strooi ook bietjie van die olie bo oor die balletjies. Bak tot goudbruin in 'n 200 grade oond. Dit vries heerlik en is ewe smaaklik na dit ontdooi is. Ons het ook al gemengde groente fyngekerf in bygegooi in die verlede.


PM

Baie dankie sustertjie.  Ek sal dit maak.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

LOL, bloos ek nou lekker. Moet altyd terugsluip en kom regmaak. Vang jy my in die proses. Kan getuig dit is werklik 'n heerlike maalvleisbolletjie PM. Jy moet dit net geur na eie smaak.

:love7: :headbang:

PM

Ha-ha, ek het geen foute raakgelees nie.  'n Mens se brein maak mos maar die foutjies self reg.   :hello:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#87
Na soveel jare omring met Rooinektaal span ek die taal-osse soms ariglik hot agter haar in  :icon_bigsmurf:
En so sal daar dan maklik vir ontbyt, verlede week se gevriesde rolled rib roast en omelette verskyn
in die plek van tradisionele spek en eiers. 




PM

Pragtig gestel Raaitjie!  Ek wonder hoeveel ouens snap hierdie uitdrukking.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#89
Vreugde vir my dat jy die taaltammetjie verstaan PM  :toothy4: net soveel as wat my spel met groente my gister besorre het. 

Met Outop se pilletjie (tablet) voor my staangemaak het ek probeer om die instruksies van die meesters
op die skerm te volg. Die genot het by verre die sukses oorskrei. 

Vrees vir sny en bloed het my die stompste mes in die laai laat soek en dit het natuurlik my kerfvermoë,
erg belemmer...   

Goeie verskoning  :angel7:

Gewoonlik verskaf die fotosessies my net soveel plesier as die voorbereiding of speel met disse. Giggel
nou nog as ek daaraan dink hoeveel herrangskikkingswerk die swig voor versoeking (aartappelskyfie-roos)
my gister gegee het. Wou proe of die rose-chips so lekker proe as wat dit lyk  :icon_biggrin: 



Toe begin die rangskik van vooraf en die laaste foto het so daar uit gesien