Author Topic: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)  (Read 137080 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #120 on: May 17, 2016, 07:33:11 AM »
'n Plek gedek vir een en so word die oorskietdis weer 'n koningsmaal terwyl ek blaai deur elke sekond
van ons kosbare saamwees gisteraand...




Die bobotie-dis was nou 'n welkome afwisseling met so halwe koppie room by die gewone koppie melk
en 3 eiers vir die bolaag oor gebraaide maalvleis en uie.

Die volgende was na smaak by die vleis gevoeg en vir 'n rukkie alles saamgebraai:
4 teelepels kerrie, en 1 lepel borrie, 30 ml suurlemoensap, skeutjie vrugte chutney en so lepel bruinsuiker
Daarna met sout en peper skrikgemaak.

Die gewone snytjie brood (geweek in melk) was ook ingewerk voordat dit in 'n gesmeerde pan geplaas was.
Hierna is die melk/room/eiermengsel bo oor gegooi en vir 'n drie kwart uur in matige (180 grade) oond gebak.

Bedien saam met 'n mengelslaai. 

« Last Edit: May 17, 2016, 07:42:44 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #121 on: June 10, 2016, 08:10:21 AM »
Wat kan nou lekkerder wees in 'n immigrante kombuis as so ou sawwe tjoppie,
krummelpap en saggebakte eier? Kultuurkos se moses in ouma se blou 'kebuis!

« Last Edit: June 10, 2016, 08:14:10 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #122 on: June 10, 2016, 10:46:48 PM »


Melktert-Sopie

50ml Vodka
2 Lepels gekondenseerde melk
2 Lepels ideal melk
Strooi bietjie pypkaneel bo oor.

Geniet!  :toothy4:
« Last Edit: June 10, 2016, 11:06:08 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #123 on: June 10, 2016, 10:55:46 PM »


Gerookte vis & aartappelskyfies met parmesan en pietersielie,  is altyd deur 'n treffer
in die Lock pandok. Ek het hierby vir ons komkommer en tamatie gerooster.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #124 on: July 03, 2016, 02:40:02 AM »
Hierdie resep op die gevreetboek, het Outop vir dae beloer en gister was dan die groot dag
van hand aan die ploeg slaan om sy eie 'brood in 'n sakkie' aanmekaar te skud terwyl ek
geduldig en opgewonde alles gadeslaan deur die oog van die lens.

Heel eerste gooi jy 1 koppie meel, drie eetlepels suiker, 1 pakkie kits suurdeeg en 1 koppie
warm water in 'n sakkie. Maak dit toe en skud/vryf na hartelus tot alles opgelos is. Laat nou
rus vir tien minute.



Volgende stap gooi jy nog 1 koppie meel, 3 eetlepels olyfolie en 1 en 'n halwe teelepel sout by.
Maak sakkie toe en skud en vryf weer goed. Gooi dan nog 'n koppie meel by en brei weer goed
in die sakkie tot die deeg lyk soos gewone brooddeeg wat gereed is om te rys.



Haal deeg uit sakkie en plaas in gesmeerde pan(ne). Laat rys tot dubbeld die grootte op 'n warm
plek. Bak tot gaar (resep se ongeveer 25 tot 30 minute maar in ons gasoond moes dit 'n uur bak).



Haal broodjie uit en geniet, ek het die korsie gedeps voor Outop nog kon dink om sy kleim af
te steek. Botter en kaassmeer was die perfekte jas vir hierdie winterbederf  :icon_biggrin:

« Last Edit: July 03, 2016, 02:59:33 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #125 on: July 03, 2016, 02:57:04 AM »
Ons Amerikanertjies (mamma en kabouters) is oor twee weke by oupa en ouma
vir 'n drie weke kuier. Die versoek was hulle wil gaan kamp in die bos by die see
(in die hartjie van ons winter ja  :icon_biggrin:)

Toe besluit oupa dit is tyd vir 'n nuwe kampmeghefter (nog 'n Suid Afrikaanse produk
beskikbaar in Aus) en die Cobb Stofie moes natuurlik deeglik ingewy en getoets worre.



Net 'n paar kooltjies en so handjievol hout vir die rooksmakie doen die ding vir Outop
se roast en aartappels, babawortels en heel uie in foelie. Kort voor lank toe trek die stoom
en vul heerlikste geure die erf.



Daar was genoeg kans om heerlik te onstpan en kuier want die Cobb doen sy eie ding
en glo my vry, ons het gekuier en die kleingoed solank in die gees geniet en bederf :icon_biggrin:

Die eindproduk was 'n ware fees met 'n lekker sousie en bruinrys daarby.






« Last Edit: July 07, 2016, 10:47:44 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #126 on: July 04, 2016, 12:32:13 AM »
Ek is verlore die dag wanneer die laaste 'japtrap-blaardegie' uit die pakkie gehaal word'
Dit vat min verbeelding of kookkuns om 'n treffer daarmee te skep. Lui huisvrou se
kortpad na 'n Jamie-O- skepping.

En so het daar dan nog 'n variasie op die immergewilde spinasie pasteie as 'n Sondagbederf
op Outop se bord beland.

Die 'Vier-Kaas-Spinasie-Pasteie' het behoorlik gesmelt in jou mond en toe Outop die
laaste ene skuldig verorber het ek geweet dit was 'n kits-treffer. Gewoonlik gebruik ek
oorskiet spek in die pasteie, maar het hierdie keer besluit om vier soorte kaas in te span.
 :bootyshake:
En so maak mens:
Klaar gekoopte blaardeeg word in vier gesny en met eier geverf.
Heel eerste is 'n blerts roomkaas, dan jou gaar spinasie, gefrommelde feta & parmesan.
Vou vierkante toe en verf weer met eier.
Plaas in gesmeerde bak/pan en bak tot goudbruin (200 grade oond).

.

Wanneer lekker bruin, haal uit en rasper nog 'n kaas (vierde kasie) van jou keuse bo-oor.
Plaas terug in oond tot kaas gesmelt is.



Dien op en geniet. Loop 'n wye draai verby die skaal om skuldgevoelens of angsaanval te vermy.
 :icon_biggrin:




« Last Edit: June 13, 2019, 11:33:00 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #127 on: July 04, 2016, 12:39:12 AM »
Ek het genoeg spinasie gemaak sodat dit as stapelvoedsel kon dien saam met
die eerste roast & veggies wat ons in die slow cooker gemaak het.

Geskenk van Meisiekind en skandelik gister die eerste keer eers uitgetoets.
Die meghefter gaan ek voortaan, mildelik inspan. Pak hom en vergeet...
my soort kosmaak!

Nadat die roast gaar was, het ek dit net effens verbruin in die oond en weer
teruggeplaas tussen die groente. Vleis het van die been afgeval en was die naaste
aan my ouma se kos wat Sondae op die koolstoof gaargemaak was. Hemels!
 
:hello2: :notworthy:

« Last Edit: July 04, 2016, 12:42:45 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #128 on: July 05, 2016, 01:11:25 AM »
Op lui aande gryp twee hande naarstiglik na 'n geboksde verleiding en dollie dit effe op
sodat die man van die huis se pad na sy hart sonder slaggates/potholes bly. Soms is
ons gelukkig en kry goedkoop 'hulp-disse' vir 'n appel en 'n ei. So het gisteraand se
$5 winskoop in sy verpakking gelyk voordat die snip, rasper en verneukproses begin is.



Na al die ekstras ingespan was het die gekoopte pizza 'n gedaanteverwisseling ondergaan.



En so was die eindproduk toe verewig (my resepteboekie in agtergrond was die inspirasie
vir die toor proses van winkel na tuisgemaak).  :bootyshake:



Was baie in my skik toe ek hierdie resepteboekie op Meisiekind se Helping Hands Auction wen
'n paar maande gelede. Verpak in 'n doos (asof 'n pizza homself) is dit een van my persoonlike
gunstelinge. Terwyl ek die foto neem begin die pizza immigreer... die laaste keer se opwarm om
die fotos geneem te kry,  was een te veel vir die brose kors lol!




« Last Edit: July 05, 2016, 01:13:59 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #129 on: July 05, 2016, 02:45:13 PM »
Sies vir Ta Raaitjie. Moet ek nou op my streng dieet met kwyl tevrede wees...



 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #130 on: July 07, 2016, 12:13:29 PM »
Voel ek nou so half skuldig Assie. Sal moet ietsie gesonds vir jou hier kom opdis.
Ongelukkig was gisteraand se hoender nou nie regtig maerblykos nie maar daar
het wel so bietjie vars uitgedrukte lemoensap ingekom.
Weet nou nie mooi of dit sal troos en jou gewete sal salf nie.  :toothy4:

As jy nou die veeartsie wil beindruk met iets soortgelyks, moet jy die hoenderborsies
mooi netjies opkerwe (na hy geslag is hoor) dan gooi jy so twee lepels mielieblom en 'n
halwe teelepel koeksoda bo op die stukkies vleis in 'n sakkie met sout en peper na smaak.

Skud die spulletjie deeglik. Onthou om die sakkie toe te maak anders dink oupa jy gaan
dansparty in die kombuis hou met al die meel op die vloer  :icon_biggrin:

Sit die melerige hoenderstukkies nou eenkant neer en braai gou 'n ui en gelyke mate
knoffel en gemmer. (Jy mag maar soos Outop maak en verneuk met die in 'n botteltjie).



Hierna braai jy die repies hoender mooi bruin in 2 lepels olyfolie en gooi die uie by.
Dalk verkies jy om tyd te spaar en die twee gelyk te doen. Niemand sal agterna wis wat
was eerste gebraai nie.

Outop het die braai-en-uitskep-geit aan hom. Glo te doen met unieke smake wat
behoue bly. Ek redekawel nie, is net die vrou agter die lens.

Die lemoensousie kan jy maar na persoonlike smaak aanmekaar slaan. Outop het
2 eetlepels soya, 2 eetlepels witwyn (resep vra ryswyn of sherrie), 1 eetlepel suiker,
1 eetlepel chillie knoffel sous en die sap van 1 lemoen gemeng. Hierdie mengsel word
dan oor die gebraaide hoender gegooi en liggies verder gebraai totdat al die vloeistof
geabsorbeer is en die spulletjie 'n lieflike goudbruin kleur het.



Bedien saam met rys.  Die hoender is die volgende dag baie smaakliker en selfs heerlik
net so koud.

« Last Edit: July 07, 2016, 12:22:04 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #131 on: July 07, 2016, 07:38:55 PM »
Assie het g'n rede om haar figuur dop te hou nie, die mans doendit vir haar. Die reseppies uit Gatkantland is liplek-lekker. Ek het al so stil weg 'n paar probeer.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #132 on: July 07, 2016, 11:15:42 PM »
 :`ip2: Lees ek jou kommentaar en dink by myself hoe kosbaar is ons taal Naas.
As ek nou Assie se voorbeeld wil volg, sal die uwe se bord vir lank so moet lyk...



Met my eetlus sal ek liefs maar eerder die menu fynkam vir iets in der voege  :toothy4:



Ek het die aartappelblokkies in die pot; blomkool & broccoli en een klein pakkie gemengde
stoomgroente in mikrogolf net skrikgemaak. Toe alles gerooster in die oond asook die peppers.
Begin met 'n laag groenblare en daarna handvol van alles in lae gepak.
My bak het te klein geraak lol. Moes groter ene nadersleep.
Soetsuursous was konkoksie van mayo, bietjie suurlemoensap, klein bietjie kerrie en kondensmelk
en 'n proppievol brandsousie.
« Last Edit: July 07, 2016, 11:33:35 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #133 on: July 13, 2016, 09:09:56 AM »
PM stry nog steeds dieselfde stryd teen dubbelken en "lovehandles".
 'n Mens sou nou dink dat na amper drie jaar sonder rook het 'n mens al aangepas, maar ek dink dit sal nog 'n rukkie vat. 
Hierdie heerlike kos maak dit ook nie makliker nie, maar ten minste kan 'n mens kyk. 
Hier het die foto nou heeltemal oopgemaak.  Dit is baie oulik gedoen Raaitjie. 
« Last Edit: July 13, 2016, 09:12:45 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #134 on: July 16, 2016, 10:39:02 AM »
Van al die goeie dinge wat die lewe al vir my gegee het kan hy nou maar 10 kilogram terugvat.



 :mumum: