Dit klink heerlik en sal gewis tyd bespaar as die oond nie vol vet gespat word nie!
So van tyd geskryf - gister was dit weer 'sulke tyd' in die Lock pandok
Alles wat blink (en bereikbaar was want die doos met opmaakdinge is vasgepak met ons kinders
in Amerika se aardse besittings diekant wat nie verkoop is nie) en is nou uitgestal waar dit my die
grootste plesier gee, en vir arme Outop is dit kopkrap vir spasie om te kan woel - in ons 'kebuis!
Verlede jaar het ek in November bottelbeserk geraak en letterlik rakke vol bottels (oor die jare vergaar en ook
as geskenke ontvang), feestelik opgedollie met tou en krale. Hier en daar 'n kantblommetjie uitgeknip en die
'hot glue gun' was behoorlik ingespan in die proses - selfs vir skryf. Lief my 'Coffee' ene. Daar is geplak, geverf
en dan weer afgetrek. Pure lekkerte!
Daar het toe vier of vyf oorgebly wat ek net met gom geverf en in nagemaakte sneeu gedoop
& gekroon het met takkies uit die tuin wat silwer geverf was. Party van die bottels het in hulle
oorspronklike kleur gespog met flikkerende kersliggies. Die hele werksoppervlak was 'n kerstema.
In my element as ek kan speel!
En met al die gespeel vra Outop my wat is op die menu vanaand?
Antwoord: "Ietsie feestelik my ding..."
Ontbytkos vir aandete is mos feestelik, al dan nie?