Author Topic: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)  (Read 207873 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Global Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3030
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #585 on: January 02, 2021, 12:03:11 PM »
Ek sluip vanaand gou hier in en groot was my verbasing toe ek sien hoeveel keer die onderwerp gelees is. Read 206777 times Dit is vir my werklik 'n riem onder die hart dat ons midde die onsekerheid en geveg met die deel van ons pad met die asemdief oor die afgelope klompie jare, 'n deel kon bydra om inligting beskikbaar te stel as pasient. Deur genade skop die ouvrou nog (soms in paaiemente soos wat ek gewoonlik spottenderwyse beskryf deur die moeiliker dae). 

 :hello2: :notworthy:
« Last Edit: January 05, 2021, 11:01:46 PM by Meraai vannie Baai »

Offline adele

  • Bouspan
  • Hardebaard
  • Posts: 1810
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #586 on: January 04, 2021, 07:37:09 AM »
Goeie mooi môre liewe Raaitjie, dankie dat jy ons kom groet het en so versigtig iets nuut op die horison kom neersit.Ons hoopglo saam met julle vir goeie nuus en beterskap vir die volgende jare  :love7:  :love7:
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Global Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3030
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Reply #587 on: January 05, 2021, 03:49:04 AM »
Dankie baie baie vir inloer en omgee mater  :love7: Mag die nuwe jaar vir jou ook net die allermooiste inhou. Ek wil net ons lesers inlig dat alle fotos hier, asook op ander bewaringsprojekte/plasings nie meer sigbaar gaan wees na die 25ste Januarie nie aangesien ons die fooie daaraan verbonde gekanselleer het.
« Last Edit: January 07, 2021, 11:19:50 AM by Meraai vannie Baai »