• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)

Started by Meraai vannie Baai, December 27, 2012, 02:06:27 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

PM

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#571
Om die inligting te deel is vir my 'n groot voorreg mater. So pas weer 'n doktersbesoek en bloedtoets gehad. Weens die virus het ek besluit om eerder weer ons plaaslike dokters by die klein hospitaaltjie te besoek waar ek binne minute behandeling kan ontvang sou dit nodig word.  By die spreekkamers waar ek voorheen was in ons naaste dorp, is nie 'n hospitaal nie en sou ons dus 'n uur moes reis om by een te kan kom.

Ongelukkig het ons in die cowboydorpie nie altyd dieselfde dokters nie en ken niemand dus jou mediese geskiedenis nie maar teen nou is ek al gesout om die asemdiefrympie in een paragraaf op te som en oor te dra in my beste Engels.

Groot was my verbasing vandag toe die besoekende dokter ewe droog opmerk dat PH een van daardie rariteite is wat hulle nie eers kan spel nie. Ek het saggies begin lag en net geantwoord 'been there yeah!'

:icon_biggrin: :headbang:

PM

'n Liggie in die tonnel as jy by iemand opland wat darem weet wat die woord beteken.   :dontknow:


Dit is met verbasing dat ek sien hierdie onderwerp is al oor die 180 duisend keer gelees!  Dit is werklik die wen onderwerp.  Goed gedoen Raaitjie.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek dink die soeke na inligting in Afrikaans oor enige mediese toestand is baie beperk PM en dra by tot die leserstal van ons eie plasings hier op die forum. Onthou hoe ons in die begin sporadies gesoek het na enige inligting rakende die asemdief.  Daar was dae wat ek soos 'n zombie gedwaal het en onsekerheid gevreet het. Die pad na aanvaarding is lank. Baie lank. En die pad na 'n nuwe normaal word baie goed opgesom in die volgende (vertaal) :

Sommige dae is ek bang.
Sommige dae is ek angstig.
Sommige dae is ek gelukkig.
Sommige dae is ek positief en hoopvol
en gewoonlik is al hierdie op dieselfde dag!

*Karen Salmansohn N o t S a l m o n . c o m

PM

Mooi so. Ek gaan "'n Uitdaging" plaas by 'n nuwe onderwerp.  Dit gaan oor die "truspieeltjie" wat ek deesdae in my sak saamdra.  As niemand kyk nie dan haal ek dit skelmpies uit en staar daarin terug na gister.  :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#575
:love7: Het so paar minute gelede 'n blik gehad op julle terugkyk. Pragtige idee mater  :notworthy:

PM

Ek het gespog met 'n onderwerp hier op die forum wat 190000 plus kere gelees is.  Wonderlik!  Dankie Raaitjie.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

 :toothy4: Wens die getal was op 'n meer positiewe plasing lief PM maar tog ook innig dankbaar dat ons 'n platform het waarop minder aangename onderwerpe gedeel kan word. Dankie vir al jou ondersteuning deur al die jare. Lig my hoed en knak die knieg vir jou eie gesondheidsprobleme wat jy so moedig verduur. Ons het nie gevra vir enige van die goete nie maar het die voorreg om te weet hoe kosbaar die lewe en gesondheid is ne.




PM

Lief Raaitjie, inligting is altyd positief en ek ken niemand wat meer positief is as jy nie.  Jou onbaatsugtige navorsing en gees van aanhouer wen, is vir my 'n riem onder die hart en vir ons almal 'n wonderlike voorbeeld.   :read:   
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


Meraai vannie Baai

Nadat 'n mede PH'er haar nuwe longe gekry het, was dit vir my emosionele muntstuk-mallemeule. So dankbaar vir haar en het gewonder of hulle wat goedgekeur is/was vir oorplantings ooit besef watter voorreg dit is dat die medici weet wat hulle abnormale drukking veroorsaak het en dat die nuwe longe nou perfek kan werk want die oorsprong van PH was in die 'siek ou longe'.

Vir ons wat tien teen een nooit sal weet hoekom die asemdief sy kloue om jou menswees geslaan het nie, is hierdie voorreg van 'n nuwe stel longe of hart nie moontlik nie. En as ek terugkyk oor die afgelope 7 jaar besef 'n mens eers dat die aanvaarding dat jy nie kwalifiseer vir 'extra body parts' (soos 'n spesialis se vroutjie eendag baie mooi aan my probeer verduidelik het), letterlik jare neem.

'n Familielid het onkundig opgemerk dat dit nie so erg is nie want 'n oorplanting gee jou gemiddeld 5+ jare ekstra. Dit was op die punt van my tong om haar terug te antwoord dat dit 5+ jare van maklik en pynvry asemhaal beteken. Ek het besef dit was haar manier om my beter te laat voel en hoe sal sy ooit kan verstaan dat daar dae is wat elke asemteug en beweging, pynlik is?

PM

Ek kan myself nie eers indink in jou situasie nie Raaitjie.  Wat ek kan doen is om elke dag aan jou te dink en te hoop dat  dit vandag 'n beter dag as gister sal wees. 
Ek hou van die "'n tweede kans om eenkeer te leef".   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#582
So dra ons elkeen 'n eie sketekruisie lief PM. Soms weet niemand eers watse stryd die ander persoon stry nie en verstaan nie die ongeduld of stilswye nie. Ons het hier een groot voordeel - daar is omgee vir mekaar. Dink ek nou weer aan Naas se woorde:  Maar ons krukke mos maar so op mekaar op die laaste opdraend.

En so sit ek en herkou aan jou woorde: 'tweede kans om eenkeer te leef'. As daar ooit 'n uitdrukking vir 'oorplanting' was, kry hierdie ene 'n goue ster en volpunte.
:hello2: :notworthy:

PM

Jy is reg lief matertjie.  Omgee is 'n soentjie op die seer.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek voel skoon skuldig, het die blad erg afgeskeep maar dit gaan effens dol op die oomblik. Vir eers het ek afgeskaal met die bewusmakings-projekte. My Asemdief blad op FB het ek vir nou ook eers op 'halt' tot later.  Het my ook onttrek by heelwat ander groepe en sal sodra dinge weer terugkeer na normaal, aandag gee aan die onderskeie projekte.