Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => PH (Pulmonale Hipertensie) => Topic started by: Meraai vannie Baai on December 27, 2012, 02:06:27 AM

Title: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on December 27, 2012, 02:06:27 AM
Diagnose: Pulmonale Hipertensie / Pulmonary Hypertension

My BiograPHie

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/No%20cure.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/No%20cure.jpg.html)

Kunswerk geleen met erkenning.

NB: Maak asseblief ALTYD seker dat jy jou dokter raadpleeg voordat jy enige raad blindelings volg
wat in hierdie artikel of enige ander skakels gegee word! Selfdiagnose na aanleiding van wat jy hier lees
is gevaarlik - as jy bekommerd is oor van jou eie simptome of gesondheid, raadpleeg jou dokter/spesialis.


(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DiePHDie_zps30ccb3a8.jpg)

My kersgeskenk: 'n Kunstenaarsvoorstelling van die stryd teen Pulmonale Hipertensie. Ontwerp en illustreer deur ons seun Adriaan Lock met die versoek in skrif onderaan: Please beat PH!

*******************************************************************************************

Ek probeer my bes om die plasings, waar daar moontlik verouderde inligting opgeteken is, op datum te bring met nuwe bevindinge/navorsing.


*Let asb ook op dat ek die voorheen lang bewoording van ''n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen (PH) Pulmonale Hipertensie" verander het na 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie).

Pulmonale hipertensie is abnormale druk in die longslagare wat lei tot verhoogde drukking in die regterhartkamer wat indien onbehandeld, lei tot hartversaking.

Let asb op dat die verouderde perk vir abnormale pulmonale drukking van  25 en meer, nou aangepas is as volg :
Normale sistoliese pulmonale drukking 15 tot 30 mmHg en diastolies is 4 tot 12 mmHg.


Van die inligting en skakels hier gedeel sal nog verwys na 25 mmHg.

*******************************

Op die oomblik veg ek my eie oorlog teen 'onbekende oorsake/idiopathic' op hierdie diagnose. Die kardioloog vermoed kroniese bloedklonting is straks 'n sondebok, ons stry nie, maar het tog 'n sterk vermoede dat daar ook die een of ander allergiese reaksie teen die onwelkome gasse (veral dieselgasse in die lug) in my longe plaasvind.

Of dit moontlik is dat hierdie reaksie ekstra drukking of las kan veroorsaak, moet ons nou bewyse probeer dokumenteer. Ons woon nou vier jaar in die cowboydorpie wat die hoofslagaar van swaarvoertuie na die noorde vorm.

Wat ons wel agtergekom het is tydens die dae wat die verkeer swaarder is, die simptome erger is.
As ek in skoon lug is voel ek te gesond om siek te wees en sodra ons terug is in besoedelde omgewings voel ek te siek om gesond te wees.

Op slegte dae is selfs die reuk van sjampoo en lekkerruikgoedjies die oorsaak dat my liggaam reageer met hoesbuie en pynvolle reaksies. Is dit moontlik dat 'n langdurige allergiese reaksie wel genoeg drukking in longe se are kan veroorsaak dat dit dan ook in die regterhartkamer 'opbou' en daar gemeet kan word? Ons hoop om binnekort 'n antwoord op hierdie vraag te kry.

http://www.ehow.com/about_7230291_effects-inhaling-exhaust-fumes.html

*********************************************

Ek wil graag onderstaande inligting hier plaas sodat die nuutgediagnoseerde PH lyer kan verstaan wat is die verskillende soorte pulmonale hipertensie.

As jy 'n diagnose van pulmonêre hipertensie ontvang, is dit maklik om PH (pulmonale hipertensie) met PAH (pulmonale arteriële hipertensie) te verwar. Dokters gebruik die afkorting PH wanneer hulle eintlik PAH bedoel. Daar word selde 'n onderskeid tussen die twee termes getref. Maar daar is wel 'n groot verskil en dit is dus van groot belang (soms lewensbelangrik) vir jou om onderskeid te kan tref tussen die vyf verwante takke van PH. Die behandeling vir die een kan selfs fataal wees vir die ander.

Hoe verskil PH van PAH?
PH is 'n algemene terme vir 'n toestand waarin die druk te hoog is in die bloedvate van die longe. Daar is baie verskillende tipes van PH met baie verskillende oorsake. PAH is 'n subkategorie van PH wat gedefinieer word deur abnormale veranderings in die wande van die are ('n spesifieke tipe bloedvat) van die longe.

PAH lei tot nouer, minder elastiese pulmonêre are, soortgelyk aan geblokkeerde pype in 'n loodgieterstelsel. Die regterventrikel pomp bloed deur die pulmonale are en werk dan baie harder om 'n normale vlak van bloedvloei-druk deur die vernoude "pype" te kry.

Dit is soortgelyk aan die manier wat dit neem om lug geblaas te kry deur 'n gedeeltelik geblokkeerde strooitjie as deur 'n onbeskadigde, oop strooitjie.

Die behandeling vir een soort vertakking van PH kan drasties verskil van die behandeling vir 'n ander, en daarom is dit belangrik vir jou dokter om te weet watter tipe jy het om die mees doeltreffende behandeling voor te skryf. Die WHO (World Health Organization) het 'n tabel geskep om die verskillende vorme van PH te klassifiseer. Daar is vyf hoof groeperings.
 
Group 1:  PAH - Pulmonary arterial hypertension
 1.1 Idiopathic (IPAH) - Origin unknown
 1.2 Familial (FPAH) - Inherited
 1.3 Associated with (APAH):- One or more of the following
 1.3.1 Connective tissue disorder
 1.3.2 Congenital systemic-to-pulmonary shunts
 1.3.3 Portal hypertension
 1.3.4 HIV infection
 1.3.5 Drugs and toxins
 1.3.6 Other (thyroid disorders, glycogen storage disease, Gaucher's disease, hereditary hemorrhagic telangiectasia, hemoglobinopathies, chronic myeloproliferative disorders, splenectomy)
 1.4 Associated with significant venous or capillary involvement
 1.4.1 Pulmonary veno-occlusive disease (PVOD)
 1.4.2 Pulmonary capillary hemangiomatosis (PCH)
 1.5 Persistent pulmonary hypertension of the newborn
 
Group 2:  PH - Pulmonary hypertension with left heart disease
 2.1 Left-sided atrial or ventricular heart disease
 2.2 Left-sided valvular heart disease
 
Group 3:  PH - Pulmonary hypertension associated with lung diseases and/or hypoxemia
 3.1 Chronic obstructive pulmonary disease
 3.2 Interstitial lung disease
 3.3 Sleep disordered breathing
 3.4 Alveolar hypoventilation disorders
 3.5 Chronic exposure to high altitude
 3.6 Developmental abnormalities
 
Group 4:  PH - Pulmonary hypertension due to chronic thrombotic and/or embolic disease (CTEPH)
 4.1 Thromboembolic obstruction of proximal pulmonary arteries
 4.2 Thromboembolic obstruction of distal pulmonary arteries
 4.3 Nonthrombotic pulmonary embolism (tumor, parasites, foreign material)
 
Group 5:  PH - Miscellaneous Sarcoidosis, histiocytosis X, lymphangiomatosis, compression of pulmonary vessels (adenopathy, tumor, fibrosing mediastinitis)[/i]

Medikasie
Al die huidige goedgekeurde medikasie is ontwikkel vir die behandeling van PAH wat slegs vir pasiënte wat binne WHO Groep 1 val. As jy 'n diagnose van pulmonêre hipertensie (PH) ontvang het wat onder die ander groepe val en nie verband hou met vir groep 1 nie,  kan jy nie 'n kandidaat vir een van die PAH medikasies of terapie wees nie. In alle waarskynlikheid sal dit nie help en jou toestand vererger.
 
Dit beteken nie dat daar geen behandeling vir jou beskikbaar is nie. Jou onderliggende toestand - die siekte wat daartoe gelei dat 'n sekondêre diagnose van PH gemaak is, moet die fokus van jou behandeling wees.

Vir diegene met probleme wat verband hou met die linkerkant van die hart (WHO Groep 2), sal jy onder die sorg van 'n kardioloog geplaas word. Vir diegene met probleme wat verband hou met die longe, (WHO Groep 3), sal 'n pulmonoloog jou behandel.

Vir diegene wat buite die WHO groep 1 val, sal die verbetering van jou onderliggende toestand moontlik lei tot 'n verbetering van jou PH simptome.
 
Sources:
 Gilead Sciences - Insights on PAH
 Journal of Medical College of Cardiology -Revised WHO Classification of PH
Title: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on December 27, 2012, 02:24:35 AM
In onontwikkelende lande moet jy nie die water drink nie, en in ontwikkelende lande moet jy nie die lug inasem nie    :`ip2:

Ons word omring deur geure. Hetsy aan- of onaangenaam. Daar is meer as 3 000 chemiese produkte wat in die vervaardiging van produkte gaan. 'n Beraamde 20 persent van die bevolking is sensitief of allergies vir reuke wat selfs deur die vel en longe geabsorbeer kan word en hewige reaksies ontlont; selfs geure wat van plantaardige oorsprong is.

Simptome sluit in: hoofpyn, migrain, lighoofdigheid, jeukende vel/oe, uitslag, moegheid, swakheid, kort van asem, naar en verkoue simptome.

Baie van hierdie simptome is dan ook verbonde aan PH en ander asemhalingsprobleme wat korrekte diagnose bemoeilik.

Ek plaas graag ons vertaalde inligtingsblaadjie van PHSA ook hier sodat Afrikaanssprekende PH pasiente wat nuut gediagnoseer is, in hulle moedertaal meer te wete kan kom oor hierdie toestand.

 :love7: :notworthy: Eerstens 'n groot kniebuig aan PM vir die wonderlike reaksie op my versoek om hulp sodat ons vir Denneys hulle die eerste Afrikaanse inligtingsblad kon help saamstel. Met jou vertaling en die raad/hulp van Willa, kon ek die vertaalde poging hersien en is dit nou moontlik om sover moontlik, 'n volledige samestelling daarvan, vir PHSA voor te hou:

PHSA IS GEREGISTREER AS 'N NIE-WINSGEWENDE ORGANISASIE.

By baie pasiënte is Pulmonale Hipertensie gewoonlik 'n voortdurende (permanente) toestand.
PH sal nie vanself verbeter of verdwyn nie en alhoewel mediese behandeling of medikasie baie doeltreffend is om die toestand te beheer, kan dit nie PH genees nie.

Die simptomatiese behandeling deurmiddel van medikasie, help pasiënte om beter te voel, om makliker asem te haal, dit werk moegheid teë, beperk watersug (edeem), verlig die gevoel van benoudheid en kan help met borspyne. Medikasie stel pasiente met PH in staat om fisieke oefeninge te doen, 'n beter kwaliteit lewe te lei en om lewens te verleng.

PHSA is geregistreer as 'n nie-winsgewende organisasie en benodig fondse om pasiënte te help met die betaling van behandeling en medikasie - onkostes wat dikwels nie deur mediesefondse gedek word nie.

Dit is u bydrae wat PHSA in staat sal stel om ook 'n nuusbrief uit te gee, webtuiste te onderhou, bepleiting- en bewusmakingsprogramme en ander belangrike inligting te sirkuleer.

Enige bydrae - hoe klein ookal - sal ons help om ons doelwit te bereik.  U ondersteuning maak dit moontlik vir PHSA om pasiënte met hierdie toestand, bymekaar te bring, om opleiding te verskaf en die algemene publiek bewus te maak van PH; en 'n daadwerklike verskil te maak aan pasiënte se lewenskwaliteit.

Donasies kan gemaak word by:

PHA Suid Afrika
ABSA BANK
Tjek rekening
Rekening nommer: 4077933068
Takkode: 632005
N1 Stad Tak

DIE DOELWIT VAN DIE PULMONALE HIPERTENSIE ASSOSIASIE VAN SUID AFRIKA

*Om die regte van PH-lyers te bepleit, stemme te verwerf, wetgewing en beleid in plek te kry om hierdie regte te beskerm.

*Maatreëls te bevorder en te ondersteun wat die toestand sal voorkom, wat gevalle van PH en die ernstige gevolge daarvan sal verminder.

*Navorsing te doen en beleid te formuleer vir PH om sodoende bekwame diens te lewer.

*Die algemene publiek te leer en bewus te maak aangaande PH.

*Ondersteuningsgroepe te begin en te lei, ter ondersteuning van pasiënte met verskillende behoeftes in verskillende areas.

*Deur middel van uitgebreide programme die bestuur te bekwaam.

*Hulpbronne in plek te kry vir aanwending ten behoefte van die organisasie.

*Die algehele funksies van die organisasie, asook die geaffilieerde takke, te monitor en te bereken.

*Netwerk en die vorm van strategiese vennootskappe met ander rolspelers.

*Koördineer 'n nationale-databasis van pasiënte.

*Verhef die uitvoerbaarheid van die organisasie en verseker gesonde leiding/beheer.

*Om al bogenoemde regmatig toe te pas soos voorgeskryf deur die wet op "Non Profit Organisations Act" van 1997 en klousule 30(1) van die "Income Tax Act" wet 58 van 1962.

*Leuse onder aan fotos: Hoop, ondersteuning en kennis, skep geleenthede.

AGTERKANT VAN DIE BLAAI:

WAT IS  PULMONALE HIPERTENSIE?

Pulmonale Hipertensie of PH, is 'n seldsame bloedvatsiekte in die longe.  Dit kan met enige persoon gebeur, ongeag die ouderdom, geslag, sosiale-of etniese-afkoms. Lyers van hierdie toestand word geteister deur volgehoue hoë druk in die pulmonêre slagare in die longe, wat daartoe lei dat die slagare toetrek, vernou en verhard en die suurstofvloei na die hart belemmer word. Dit veroorsaak vergroting van die hart en kan lei tot hartversaking.

Die hart en sirkulasiestelsel

Om PH beter te begryp, sal dit help om die sirkulasiestelsel te verstaan. Soos voorgestel in die diagram, pomp die hart suurstofarmbloed na die longe waar dit suurstof opneem. Suurstofarmbloed word gewoonlik aangedui in blou, en suurstofryke bloed wat van die longe terug vloei word dan ook gewoonlik in rooi voorgestel.

*Hierna volg die diagram van die hart en longe met byskrifte.

Gedurende oefening klop die hart vinniger om meer suurstof na die spiere te stuur. Terselfdertyd sit die longslagare wat bloed na die longe vervoer uit, om meer bloed deur te laat. Die are in die longe rek effens.
Die longslagare van die persone wat aan Pulmonale Hipertensie ly, is nouer en kan dus nie soveel rek as wat nodig is nie.

*Diagram van are

Die longslagaar van 'n gesonde persoon

Die longslagaar reageer op die vinniger hartklop deur te rek om sodoende meer bloed deur te laat.

Die longslagaar van 'n persoon met PH

Die vernoude longslagaar het nie die vermoë om genoegsaam te rek in reaksie van die vinniger hartklop nie.
By 'n persoon met PH moet die hart nou baie harder werk om die bloed deur die vernoude longslagaar te pomp. Wanneer die hart oor 'n lang tydperk soveel harder moet werk, werk dit nie meer so effektief nie.

Simptome van PH kan ondermeer die volgende insluit:

Benoud- en kortasemheid wat vererger word deur aktiwiteit.
Gedurige gevoel van moegheid.
Lighoofdigheid, veral wanneer gestaan word, of wanneer trappe geklim word.
Geswelde enkels, bene en/of maag.
Borspyn, veral wanneer fisiese aktiwiteit plaasvind.
Pasiënte kan ook flou word.

SLUIT AAN BY PHSA

As jy of een van jou geliefdes aan Pulmonale Hipertensie ly, kan ons vir jou inligting, ondersteuning, hoop en 'n geleentheid bied om aktief betrokke te raak by PHSA.

Die Pulmonale Hipertensie Assosiasie van Suid Afrika (PHSA) is gestig deur pasiënte vir pasiënte. Ons is hier vir jou as 'n bron van inligting, uitreiking, ondersteuning en hoop. Ons pasiënte is ingelig, het begrip, is 'n inspirerende groep mense wat gretig luister en hul eie ervarings deel.

Die PH gemeenskap is geskoei op persoonlike verhale van pasiënte, versorgers, vriende, familie en mediese spanne. Al hierdie verhale is kragtige gereedskap om die algemene publiek in te lig oor Pulmonêre Hipertensie en bewusmaking te bevorder.

Elkeen van ons het 'n storie om te vertel. Jou stem en jou storie is belangrik vir ons. Die eerste stap van bewusmaking van PH aan die wêreld, begin by jou. Saam staan ons sterker en kan ons meer doen. Om lid van PHSA te word beteken dat jy help om 'n verenigde gemeenskap, oor die land, daar te stel.

Ons wil jou graag leer ken. Sluit vandag nog by ons aan.

Om aan 'n rare siekte te ly kan soms eensaam wees, maar jy is nie alleen nie. Deur uit te reik na ander wat elke dag met dieselfde kwessies leef, wat in dieselfde situasie is en soortgelyke ervarings deel, sal jy kennis maak met 'n gemeenskap wat inligting en ondersteuning kan bied, asook hoop vir die toekoms.

Lees van ander PH gemeenskapslede se ervarings en deel ook jou ervarings met ons.

Pulmonary Hypertension South Africa
Webtuiste: www.phsa.co.za
Telefoonnommer: 021 9308362
Selfoonnommer: 082 5204129
E-posadres: niemandts@iburst.co.za
Faxnommer: 086 5010245












Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: Meraai vannie Baai on December 27, 2012, 03:30:26 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/PHBewusmakingsveldtog_zps628fc00b.jpg)

Die armband is deur 'n mede PH lyer, Barbara Wilson Thompson (van Memphis, Tennessee) vir my gemaak. 'n Gedeelte van haar wins word geskenk vir navorsing oor pulmonale hipertensie. Die zeebra-embleem word gebruik om dokters bewus te maak dat nie alle simptome so eenvoudig soos 'dit is 'n perd' nie, maar dat dit verskans kan word onder die PH strepe van 'n zeebra.

Ek wil graag een van die simptome (Borspyn) bespreek. So maand of twee gelede het ek ernstig begin soek na die rede vir my borspyne. Inligting is skaarser as die spreekwoordelike naald in 'n hooimied  :icon_scratch: Denneys het selfs gehelp soek deur die vraag vir ons by hulle paneel te plaas. Ons kon geen antwoorde kry nie.

Toe graaf ek maar dieper in die kuberruim. Kom toe af op 'n betroubare skakel wat die vraag en baie ander inligting rondom hierdie toestand so pragtig uiteengesit het. Wil dit graag hier op die forum ook plaas.

Op 'n vorige keer het ek antwoorde gesoek in Afrikaans oor drukking in die hartkamer en die enigste inligting in ons moedertaal daaroor, was hier op ons eie erf te vinde waar ons oor dit gesels het. Dalk help hierdie inligting ook iemand wat nog grawe na antwoorde.

Daardie olifant wat uit die sirkus ontsnap het tydens die vloede vier jaar gelede, maak hom gereeld, ongenooid tuis op my borskas. Hoekom ervaar ons hierdie borskaspyne - veral aan die regterkant? Die hart sit tog aan die linkerkant?

Een moontlike oorsaak is dat die verhoogde pulmonale arteriële druk lei tot "drukking" op die spierweefsel van die regterventrikel.

Om te verstaan waarom hierdie drukking ongemak kan veroorsaak, sal die volgende verduideliking meer sin maak: Tydens inspanning werk die spiere van die regterventrikel harder om meer suurstof en voedingstowwe via die bloed te voorsien.

As die bloedvloei deur die klein are wat die regterventrikel (kroonslagare) voorsien, nie voldoende is om aan die vereistes van die ventrikel te voldoen nie, kan die spierweefsel begin om suurstofnood te ervaar en lei dan tot 'n pynlike sensasie.
Met inspanning, soos stap, trappe klim, hardloop, of selfs daaglikse take soos die opmaak van 'n bed, is daar 'n groter aanvraag na suurstof en dit kan bestaande pyn vererger of aanbring as daar geen pyn voorheen ervaar was nie.

Hierdie tipe van pyn, wat verband hou met die regterventrikel, word gewoonlik in die middel of aan die regterkant van die bors gevoel, selfs al is die hart aan die linkerkant.

Die tweede oorsaak wat kan lei tot borspyn in pasiënte met pulmonale hipertensie behels die feit dat as pulmonêre druk styg, die bloedvate self rek. Dit is soortgelyk aan die manier waarop 'n motor- of fietsband uitsit as jy 'n pomp gebruik.
Hierdie uiteensetting van die pulmonale are veroorsaak dat seine na die brein gestuur word, en jy ervaar dit as pyn.

Aangesien jy pulmonale vate aan beide kante van jou bors het, is hierdie pyn nie beperk tot links of regs nie en kan op enige plek oor die bors voorkom.

*Bron van inligting: http://knowyourph.org/resources/




Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: AB on December 27, 2012, 08:34:10 AM
Gits dis 'n vreeslike ding.

Ria, hoe meet hulle die druk in jou longslagaar?
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: Meraai vannie Baai on December 27, 2012, 09:16:53 AM
Stoffel oorspronklik word dit gediagnoseer met 'n echocardiogram waar die drukking gemeet word. Die enigste betroubare metode om dit te bevestig daarna, word 'n regterhartkateter gedoen. Na die prosedure word daar dan besluit op medikasie wat die simptome verlig.

Regterhart kateterisering (Right heart catheterization).

Tydens hierdie prosedure word die drukking en bloedvloei in die regterkant van jou hart gemeet. Die prosedure is nie pynlik nie, maar kan ongemaklik vir pasiënte wees. Ek lei aan engtevrees en vir my was dit 'n nare ondervinding weens die blou laken wat hulle oor my gesig gegooi het. Net daar het ek 'n hekel in daardie kleur blou gekry vir altyd en 'n bietjie  :icon_biggrin:

'n Dun kateter word in 'n aar gesit (in die lies of in die nek) na die vel in die gebied skoongemaak en verdoof is met medikasie. Die kateter word gevoer tot in die hart en is toegerus om afmetings van die druk neem in die kamers van die regterhart en pulmonêre are. Dit stel die spesialis ook in staat om te meet hoeveel suurstof in jou bloed en hoeveelheid bloedvolume wat deur die hart gepomp word.

Ek gaan ook oefening doen terwyl die kateter in is, (pedale wat onderaan die bed is) vir 8 minute om te sien of die drukking styg tydens inspanning. In baie gevalle word die medikasie ook toegedien en die drukking gemeet om te sien of dit werk of nie.
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: Meraai vannie Baai on December 27, 2012, 09:34:46 AM
http://knowyourph.org/resources/

Daar kan jy skematiese voorstellings sien. Volg die instruksies, soos om die geelhandjie te neem en te skuif. Daar is heelwat ander voorstellings ook. Druk ook gereeld op die inflate balloon sien ek nou om tot in hart te kan gaan. Krap maar rond :evil6:.

Hier is 'n skakel waar al die toetse vir die korrekte diagnose van PH uiteengesit word met kort beskrywings rakende elkeen:
http://www.mayoclinic.com/health/pulmonary-hypertension/DS00430/DSECTION=tests-and-diagnosis

Hierdie skakel beskryf, onder andere ook die verskillende bloedtoetse wat gedoen word, in die diagnose proses: http://pulmonaryhypertensionrn.com/blood-tests/
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: AB on December 27, 2012, 12:19:51 PM
dankie rina, so word daar baie goed gedoen waarvan ons ( ek) noggie eers gehoor het nie.
ek sal loer daar, dankie en sterkte.
groetnis oor die see...
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: PM on December 27, 2012, 09:52:41 PM
Raaitjie, ek is skuldig, die eerste keer dat ek gehoor het van hierdie toestand het dit nie regtig by my inpak gemaak nie.  Ek het maar net gelees en gedink dit is maar nog net een van daai!
Die dag wat jy gevra het dat ek die vertaling moet doen, het dit my met 'n vuishou getref!  Sustertjie, ek was omgeslaan met 'n veertjie.  Down to the ground!  Om die waarheid te sê, ek sukkel nog om op te staan!
Al wat ek kan sê is dat ek verbete vasklou aan die wete dat daar iewers 'n antwoord moet wees.  Ek glo daar sal 'n antwoord wees.  Daar moet net.  Ek is so lief vir jou Raaitjie, daar moet net 'n antwoord wees. 
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: Meraai vannie Baai on December 27, 2012, 11:10:58 PM
Ek verstaan matertjie!  Vir ons was dit net twee letters uit die alfabet na ons dit eerste keer op 'n verslag gelees het. Op die oomblik gryp ons verbete na moontlike oorspronge van alles onder die son en maan wat drukking kan veroorsaak. Behandelbaar verkieslik  :toothy4:

Ek sal jou IEWIGLIK dankbaar wees vir die PHantabalooslike vertaling wat jy aangepak het. Sooooo trots gewees om dit vir Denneys hulle te kon voorle. En die wonderlike poging van jou en Hannes om die toestand onder ander mense se aandag te bring. Dit alleen gee my 'n antwoord agter die 'hoekom' vraag. Baie meer mense is nou bewus van wat PH is.

Daar is mediese personeel wat in hulle hele loopbaan nooit met dit te doen kry nie. As ons met hierdie plasings en gesels rondom dit, net een persoon betyds kan laat hulp soek en 'n positiewe diagnose gemaak kon word, was die kennismaking met hierdie twee letters, die moeite werd  :notworthy:
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: Meraai vannie Baai on December 28, 2012, 05:29:22 AM
Vandag hierdie inligting raakgelees oor onbekende oorsake van drukking in die longe:


Idiopatiese pulmonêre hipertensie (Idiopathic pulmonary hypertension)

Indien daar geen onderliggende oorsaak vir hoë bloeddruk in die longe gevind kan word nie,  word die toestand  idiopatiese pulmonêre hipertensie (IPH) genoem.
 
Sommige mense met IPH het 'n geen wat 'n risiko faktor vir die ontwikkeling van pulmonêre hipertensie inhou. Maar vir die meeste mense met idiopatiese pulmonêre hipertensie, is daar geen erkende oorsake van hul pulmonêre hipertensie nie

 
*The official name of this gene is “bone morphogenetic protein receptor, type II (serine/threonine kinase).[/i]

Dit was die environmental factors wat my aandag getrek het omdat ons self wonder en kopkrap oor die invloed van gasse/reuke  :`ip2: As iemand dalk verdere inligting het rondom hierdie onderwerp, kom deel jou kennis met ons groot asseblief!
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: AB on December 28, 2012, 07:27:59 AM
maria, hoe beinvloed dit jou ander bloeddruk? soos die wat op die arm geneem word?
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: Fransi on December 28, 2012, 08:02:06 AM
Sjoe, sprakeloos en magteloos om presies wat ek voel oor te dra. Ek wens ek kon jou hand vashou en in stilte daar vir jou wees.
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: Meraai vannie Baai on December 28, 2012, 08:58:16 AM
Fransi as die onsekerheid van oorsprong net eers uit die weggeruim is sal dit soveel beter gaan. Op die oomblik wis nie eers die PH spesialiste waar die drukking vandaan kom nie. Ons tas maar in die donker rond LOL.

AB die drukking van gewone bloeddruk in die are het geen verband met die drukking in longare maar kan dinge bemoeilik vir 'n hart wat reeds harder werk as waarvoor dit ontwerp is.
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: AB on December 28, 2012, 09:58:08 AM
heng klink ingewikkelder as verstaanbaar.......wys jou net hoe wonderlik het God ons liggame gebou dat als kan werk al verstaan ons nie aldag hoe nie.

Mag daar gou oplossings kom vir jou.
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: Meraai vannie Baai on December 28, 2012, 10:38:49 AM
Hier word die verskillende drukke in ons are mooi uiteengesit AB

http://knowyourph.org/intro/index.php?q=8

Ons het twee stelle bloeddruk. Gewoonlik wanneer mense praat oor bloeddruk, verwys dit na die druk wat gemeet word op jou arm met 'n bloeddruk-apparaat en is die sistemiese bloeddruk.

Die sistemiese bloeddruk is die druk in die hoofare van jou liggaam wat strek vanaf die linkerkant van jou hart na die res van jou liggaam (arms, bene, ingewande, niere, brein, ens). Die druk in al hierdie are is dieselfde, en wanneer mense gewoonlik sê hulle het hoë bloeddruk is dit sistemies. Dit is dan ook 'n baie belangrike oorhoofse maatstaf van hoe jou hart funksioneer.

Die ander bloeddruk is die pulmonêre arteriële druk. Die pulmonêre are is die bloedvate wat bloed vervoer van die regterkant van die hart na die longe. Omdat hulle nie maklik toeganklik is (bv naby aan die vel) soos die are in jou arm, kan hierdie druk nie so maklik gemeet word nie. In plaas daarvan, kan 'n skatting van die longslagaardruk (nie-indringend) verkry word deur 'n ultraklanktoets (bekend as 'n transthoracic echocardiogram of "hart eggo").

Die enigste manier om 'n absoluut akkurate meting van die longslagaardruk te kry, is om dit direk te meet deur 'n regterhart kateterisering.

Die pulmonale en sistemiese are verskil op verskeie maniere. Gewoonlik is die pulmonale arteriële druk baie laer as die sistemiese bloeddruk.

Pulmonale hipertensie kan veroorsaak word deur 'n paar ander probleme wat net die longare raak, en nie sistemiese are. As gevolg hiervan, is dit moontlik om sistemiese hipertensie te hê en nie pulmonale arteriële hipertensie, en omgekeerd.
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: AB on December 28, 2012, 11:08:00 AM
dankie marai

sjoe nou wonder ek hoe 'n rokery die longe se bloeddruk beinvloed en die mense weet of besef dit nie?

Ek wys nie vinger na mense wat rook nie, ek is net dankbaar ek het al op 15 in st 8 ophou rook toe die sakgeld te min geraak het vir rook.
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: Meraai vannie Baai on December 28, 2012, 11:16:12 AM
Ai Stoffel jy laat my altyd giggel. Hoe rook die drukking kan affekteer, kan ek niks oor skryf sonder om arig te lieg nie. Ek het op 21 een trek aan 'n sigaret gegee en omtrent my longe uitgehoes. Besluit daar is lekkerder dinge om mee te eksperimenteer  :angel4:

Outop lees nou so deur ons plasings, en toe moes ek mooi beduie hoeveel name jy my noem en dat AB ons gewilde wynboer en Stoffel een persoon is :icon_biggrin:

Ek het vir Denneys Niemandt 'n boodskappie en uitnodiging op die gevreetboek geplaas om met ons te kom gesels oor hoe dit voel om met PH te leef. Soveel respek vir hom en al ons PHamily wat blymoedig stry :notworthy: Ons stap hierdie pad van onsekerheid nou maar ses maande en dit voel soos 'n leeftyd.

Hier is 'n twee skakels waar melding gemaak word van PH en rookgewoontes ens.

http://journal.publications.chestnet.org/article.aspx?articleid=1066083

http://www.mayoclinic.com/health/pulmonary-hypertension/DS00430/DSECTION=lifestyle-and-home-remedies
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: PM on December 28, 2012, 11:52:53 AM
Dit sal wonderlik wees as hy wil kom saam gesels.  Hoe meer inligting daar is, hoe makliker vir die ouens wat navorsing doen oor hierdie toestand.  Ons kan ook weer koppe bymekaar sit om nog ander inligting uit Engels te vertaal. 
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: Meraai vannie Baai on December 28, 2012, 12:01:03 PM
Sooooo wonderlik dat ek jou MY maatjie kan noem PM. Jou hart is so groooooot. Dit sal wonderlik wees as ons van die inligting kan vertaal in Afrikaans met die tyd. Daar is so bitter min beskikbaar in ons moedertaal. En baie van ons ouer mensies het net nie die kennis om alles in Engels behoorlik in te neem nie  :love7: Dit soveel keer gesien met my eie familie as ek skakels aanstuur.
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: PM on December 28, 2012, 12:05:43 PM
Die voorreg is myne Raaitjie.   :notworthy:
Jy moet die goed kom plaas wat vertaal moet word hoor. 
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: Meraai vannie Baai on December 28, 2012, 12:10:18 PM
Basies is dit wat ek via Engelse skakels aandra hier matertjie wat ons moet probeer vertaal. Hierdie soort van inligting is nie in Afrikaans beskikbaar as jy begin 'google' nie. Weet nie of dit in aanlyn mediese joernale is nie. Ons is sat gesoek na betroubare inligting. Gewoonlik help dit om te loer na die datums van plasings. Ek weet in die begin toe ons begin soek na agtergrond oor PH was dit 'n skrikwekkende ervaring. Al wat ons gelees het was dat die verwagte oorlewingstyd 2 tot 3 jaar is LOL. Vandag weet ons dat daar pasiente is wat met behandeling die tienjaarperk oorskry!

Mediese  ondersoeke:
• Neem altyd jou mediese legger saam tydens 'n doktersbesoek. Plaas dit op die toonbank en meld dat dit beskikbaar is vir verwysing.

• Beperk jou vrae tot wat betrekking het op jou situasie byvoorbeeld: "Hoe vergelyk die hart se werking nou teen vorige uitslae?"

• Moenie die dokter iets gee om te lees terwyl hy nog besig is om jou vrae te beantwoord nie. Dit sal sy aandag aftrek en hy kan dan nie fokus op jou vrae nie.

• Berei jou vrae skriftelik voor die tyd, vir maklike verwysing en om by die onderwerp te bly.
 
Maak seker dat jy afskrifte van al jou verslae en uitslae kry. Van my verslae was al verkeerdelik geliasseer en kosbare inligting kan verlore gaan.

Gaan al die inligting na op jou verslae. Soms ruil dokters per ongeluk verslae om!

* Bron vertaal deur inligting verskaf deur Cheryl Switzer

Geleende bron: http://www.phcentral.org/coping/tips/working_with_your_doctors
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: PM on December 29, 2012, 12:23:56 PM
Jy is reg.  'n Ou moet maar seker maak van die betroubaarheid van die bron.  Ons het ook al dikwels goed gelees wat ver van die spoor af is.
Mense wat met 'n terminale siekte gediagnoseer word, sal tot uiterstes gaan om 'n kuur te vind.  Dit is ook net juis hier waar soveel mense uitgebuit word.  Dit laat my altyd dink aan die spreekwoord:  Een ou se dood is 'n ander ou se brood. 
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: Meraai vannie Baai on January 01, 2013, 11:18:38 PM
Hoe waar is jou woorde nie PM. Mense wat met 'n terminale siekte gediagnoseer word, sal tot uiterstes gaan om 'n kuur te vind.

Hierdie is ongelukkig in meeste gevalle 'n terminale toestand en elke keer as ek lees van nog 'n slagoffer wat sy of haar 'vlerke gekry het/received his or her wings' swem my oge in trane. Misdiagnose is nog steeds die grootste struikelblok wanneer dit kom om betyds te begin met medikasie wat die simptome kan verlig.

Al wat ek op hierdie oomblik kan doen is om mense om my bewus te maak van hierdie aarsluipende suurstofdief en moordenaar. Vanoggend wil ek die volgende met julle deel:

Dokters en spesialiste KAN foute maak

http://www.phassociation.org/JourneysMemorial/AinesStory

Aine sterf op 10 Augustus 2010. Sy was agt jaar oud. Haar dood is veroorsaak deur Pulmonary Veno Occlusive Disease (PVOD). Alhoewel hierdie siekte raar in voorkoms is, is dit noodsaaklik dat bewusmaking oor dit gedoen word aangesien dit tot pulmonêre hipertensie (PH) kan lei. Daar word vermoed dat PVOD die skuldige agter 'n paar gevalle van idiopatiese pulmonêre hipertensie kan wees. In hierdie geval, was dit dan ook so.

Sy het baie afsprake met verskeie dokters, spesialiste op die gebied van gastroënterologie, pulmonologie, kardiologie en haar pediater gehad. Tragies was Aine verkeerdelik gediagnoseer met blakende gesondheid. Dit is net angs het die dokters oor en oor bevind. Voortdurend het haar ouers aan die dokters genoem van haar kortasemheid met inspanning maar dit was geïgnoreer. Sy makeer niks en is net gespanne was hulle diagnose. En ons het hulle geglo vertel haar ouers.

Feitlik alle pasiënte met PVOD en PCH word gediagnoseer met verhoogte pulmonale arteriële druk op die regterhart kateterisering, 'n bevinding wat die teenwoordigheid van PAH bevestig.

Let asb op dat die verouderde perk vir abnormale pulmonale drukking van  25 en meer, nou aangepas is as volg :
Normale sistoliese pulmonale drukking 15 tot 30 mmHg en diastolies is 4 tot 12 mmHg.
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: Meraai vannie Baai on January 03, 2013, 02:11:40 AM
Waar kom die drukking in die regterhartkamer vandaan by PH pasiente?

Wanneer verhoogde drukking in die longare voorkom, is daar 'n abnormale teenvloei "back pressure" in die regterhartkamer.  Die hart is nie ontwerp om teen hierdie abnormale drukking normaal te funksioneer nie.
Indien hierdie drukking volhou sonder behandeling, kan die hart vergroot en hartversaking intree en die volgende simptome kan waargeneem word:

*Die lewer vergroot en pynlik.

*Vergrote maag weens oortollige vloeistof.

*Verminderde aptyt.

*Uitputting met minimale inspanning

*Kort van asem tydens inspanning

Gewoonlik kom hierdie simptome stelselmatig voor met matige in spanning/oefening. Dit word dan toegeskryf aan werkslas, stres, moegheid, bloedarmoede, kinders grootmaak, huishoudelike take ens. Hierdie simptome vererger gemiddeld oor 'n tydperk van 18 - 24 maande voordat 'n diagnose van PH gemaak word.

http://www.cccgroup.info/whatpulhyper.asp

MEDIKASIE WAARSKUWING:
* Baie PH dokters laat na om hulle pasiente wat bloeddrukmedikasie en ander soort hartmedikasie in te lig oor die gevare van sekere medikasie wat sonder voorskrif te kry is.

*"Decongestants" wat in sommige verkoue en hoesmiddels voorkom is gevaarlik weens die feit dat dit die are vernou  - maak seker dat jy die aanwysings noukeurig lees en raadpleeg die apteker indien enigsins onseker.




Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: PM on January 04, 2013, 04:10:15 PM
Raaitjie, gee net kans dat ek my voete vind dan vertaal ons gou hierdie.  Volgende Maandag behoort ek weer rustig te wees.
Gee my asseblief 'n hupstootjie op te onthou. 
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: Meraai vannie Baai on January 05, 2013, 12:56:08 PM
Handige wenke wat die lewe vir my makliker maak op die oomblik:

*Heel eerste moet 'n mens let op wat jou liggaam vir jou vertel. Rus wanneer jy moet, sonder om skuldig te voel. Daar is nou 'n nuwe 'normaal' in jou lewe. More is nog 'n dag.

*Ek het geleer as ek alles in 'slowmotion' doen vorder ek fluks :icon_biggrin: As ek besig dae of gaste gehad het vir die naweek, kan ek verwag om vir twee dae daarna 'af' te voel. Voorheen het dit my baie onstel. Nou weet ek dat daar goeie en slegte dae is.

*Beweging terwyl jy suurstof gebruik, word makliker wanneer jy weet watter kragproppe is die gemaklikste om te gebruik sodat die asempypies jou nie kortwiek en jy jouself des dinges toe verknoop in die proses nie LOL. Ons het ook 'n masjien gekoop wat die lug suiwer en die ultravioletlig vernietig die 'onsienbare goggas' in die lug wat onnodige infeksies kan veroorsaak.

*Wanneer ek 'n vinnige handeling uitvoer wanneer die brandpyn op die bors erg is, is hoesbuie soms my voorland wat behalwe seer, ook baie uitputtend is en dan benoudheid vererger. Ek kan voel hoe die 'wurgproses' in my bors toeneem wanneer ek my hande byvoorbeeld bo my kop uitsteek om koppies uit die rak te haal. Skuif alles na 'n laer meer gemakliker hoogte.

*Kleingoed word die minimum opgetel en rondgedra aangesien pasiente aangeraai word om nie swaar voorwerpe te hanteer met verhoogde pulmonale drukking nie. Ons plaas 'n matras op die grond waar ek gemaklik kan sit en ons kaboutertjies nog steeds geniet. Dit maak die ruil van doeke en bottelgee ook soveel makliker.

*Stadiger opstaan/buk verhoed dat die duiseligheid jou oorval en jy jouself ernstig kan beseer. Omdat PH pasiente gewoonlik op bloedverdunners geplaas word, kan 'n klein besering gevaarlik wees weens die stadiger stollingsproses.

*Dit is 'n nuttige wenk om 'n SOS kenteken te dra wat in geval van noodsituasies jou toestand kan uitwys en jy die korrekte behandeling kry. Plaas ook 'n volledige lys van jou medikasie erens waar dit maklik gesien kan word as jy nie self in staat is om die inligting te kan verskaf in geval van 'n probleem nie.

*Voorwerpe in die huis wat die meeste gebruik word, word na die laaie/kaste geskuif waar jy met die minste inspanning nog oop- en toe kan maak. Ek het gevind dat die toestootproses pynliker is as die ooptrek.

*Gebruik 'n stoel wat maklik kan skuif in die kombuis (bv 'n barstoel met wieletjies) vir die tye wat jy moeg voel en nog takies het om af te handel. Daar is baie sleurwerkies wat sit-sit verrig kan word.

*Ons wasdraad het Outop nader aan die huis geskuif en korter geplant. Daar is ook plek gemaak waar daar 'n verhoogde platform is om die wasgoedmandjie op neer te sit vir die ophang en afhaal prosesse.

*Trappie by die wasmasjien gesit sodat ek gemakliker wasgoed in en uit kan sit/haal.

*Met eksperimenteer het ons agtergekom 'n soutvrye dieet kan nog steeds smaaklik wees. Gebruik sitrussappe by jou disse en ander soorte speserye in die plek van tafelsout. Die verminderde soutinname help swelling voorkom.

*Neem in ag hoeveel vloeistof jy per dag inneem. Dit sluit vrugtesap ens in. Probeer om nie meer as 1.5 liter in te neem nie. Ekstra vog wat uitgeskei moet word, verhoog die hart (wat reeds onder verhoogde druk moet funksioneer), se taak. Die hart is 'n spier en soos enige spier, word dit met oefening vergroot.

*Monitor jou gewig daagliks. 'n Skielike onverklaarbare toename kan beteken dat jou liggaam vog terughou en jy medikasie nodig het.

*Erge hitte/koue kan simptome vererger. Wees voorbereid. Wanneer ons in die bos kamp waar daar nie kragtoevoer is nie, neem ons 'n waaier wat met batterykrag werk, saam. Ek neem ook koel storte wanneer ek voel die hitte raak te erg. In die winter neem ons 'n gasverwarmer saam met ons.

*Vermy hoogtes waar die lug te dun is en asemhaling bemoeilik. Beplan vooruit vir suurstof indien nodig en ook 'n middel wat die are verwyd. Volg die spesialis se aanwysings noukeurig!

PS: Wees dankbaar vir al die hulp - moenie verwag dat dit gedoen sal wees soos wat jy dit altyd gedoen het nie. Gee erkenning en geniet die lewe. Elke sekond is kosbaar.
 :notworthy:
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: PM on January 05, 2013, 01:08:20 PM
Hene Raaitjie, 'n mens besef nie hoeveel verandering PH in 'n mens se lewe bring nie.  Dit wys ook net dat 'n mens daadwerklik 'n verskil kan maak.  Ek weet dat hierdie wenke ander mense wat aan PH ly, of sommer enige ander toestand het waar dit moeilik is om te beweeg, baie sal help.  Dankie vir die plaas hiervan. 
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: Gerda Gillen on January 08, 2013, 12:10:56 PM

Ek is 65 jr oud en is 1 jaar gelede met pulmonary hypertension gediagnoseer, deur ‘n internis hartpsesialis.
My hart werk 27 % en my longe 34 %.
Een jaar tevore het ek dubbel pasaangeer gekry wat die toestand verbeter het maar steeds is dit ‘n baie moeilike siekte , aangesien lewenskwaliteit byna ni bestaan , behalwe met die gebruik van Sildenafil , 1x perdag  dit gebruik,( amper meer bekostigbaar ) tot ‘n mate verbeter dit die lewensgehalte effens maar steeds help die gebrek aan slaap nie juis die toestand nie.
Ek het ook ‘n breuk wat nie reggestel kan word weens die siektetoestand.
Enige raad of ondesteuning met die hantering van die toestand wat ietwat verligting kan bring is al hoop wat ek het  met die forum.
Groete
Gerda Gillen

   
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: Meraai vannie Baai on January 09, 2013, 12:11:20 AM
Gerda ek is so bly dat jy die vrymoedigheid geneem het om saam met ons te kom gesels rondom hierdie toestand wat mens se hele lewe omdop die oomblik as die diagnose jou persoonlike pad kruis. Toe ek die tweede reel in jou briefie lees het gesukkel om deur die trane verder te probeer ontsyfer. Moes eers agteroor sit. Ek kan my nie eers probeer indink hoe dit moet voel vir jou na aanleiding van die persentasie werking van jou hart en longe wat jy het.

Ons sal graag hier op die forum vir jou 'n oor en skouer wil wees. Enige tyd van die dag of nag. Ek is in Australie en gewoonlik dwaal ek dus deur julle nag en my dag hier rond. Dit sal goed wees as jy vir ons kan vertel hoe jou PH gediagnoseer was en hoe lank dit geneem het. Ek het so baie vrae maar wil jou nie oorval nie.

Neem aan jy is op permanente suurstof? Ek sal vandag probeer om na betroubare inligting te soek wat dalk vir jou en ander, 'n mate van hulp kan wees. Het jy emosionele ondersteuning van die PH gemeenskap in SA?
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: Meraai vannie Baai on January 09, 2013, 01:29:41 AM
'n Mede PH lyer het lankal die moeilike proses van asemhaal met longprobleme, beskryf as 'asemhaal deur 'n strooitjie met jou neus toegedruk'. Hierdie asemstryd word vererger wanneer daar slym op die bors is. Ek kon vandag net glimlag toe ek op ons Aus PH skakel lees van die 'Lung Flute' wat pasiente help.
'n Eenvoudige musikale & mediese behandeling wat wondere verrig :love7: :hello2:

When patients blow into the "Lung Flute," sound waves are sent down the airways, mobilizing that mucus. Studies show using it twice a day improves lung congestion and other *COPD symptoms.

*COPD (chronic obstructive pulmonary disease) CAN OFTEN BE A PRECURSER TO PH.


'n Doktersvoorskrif word in sommige lande benodig. Vir meer inligting:
http://abclocal.go.com/kabc/story?section=news/health/your_health&id=8942927

Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: PM on January 09, 2013, 06:53:29 AM
Ja, dit is wonderbaarlik om te sien hoe mense mekaar bystaan en onderskraag.  Ek hoop van harte dat Gerda sal kom saam gesels.
Baie dankie vir die inligting Raaitjie.  Ek wens regtig dat meer pasiente hier kom saam gesels en hulle inset lewer om die lewe vir ander ouens makliker te  maak. 
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: Meraai vannie Baai on January 10, 2013, 12:32:55 AM
Informasie oor die gevare van hitte en voorsorgmaatreels.

In Australië sterf meer mense a.g.v hittegolwe as aan enige ander natuurlike ramp.

Persone wat die grootste risiko loop, is diegene met kroniese probleme met hart- en sirkulasie, diabete, oorgewig, dimentia en asemhalingsprobleme bv PH pasiente/longkanker ens.

Persone wat sekere medikasie gebruik soos vir bloeddruk/waterpille moet veral versigtig wees. Erge hitte beinvloed die werking van hierdie medikasie. Pasiente moet NIE ophou met die gebruik daarvan weens die hitte nie.

Bejaardes, kinders, persone wat harde fisiese werk moet doen en diegene met intense buitemuurse aktiwiteite moet ook spesiale voorsorg tref. Hierdie hoër risiko gevalle word aangeraai om hul dokters te kontak vir voorgestelde maniere om hulself te beskerm teen die hitte.

Wanneer ons sweet kan dit lei tot ontwatering wat bloedvolume verminder. Dit veroorsaak dat die hart harder moet werk om die verminderde volume van bloed deur die liggaam te sirkuleer. Vir persone met hartprobleme kan dit ernstige nagevolge inhou (hartaanval).

Hier is 'n paar handige wenke om toe te pas, gedurende hittegolwe, soos gegee deur Dr Rober Grenfell:   
 
■ Pas jouself op en behou kontak met ander persone. Persone wat alleen woon kan maklik ontwater en deurmekaar raak sonder om te besef dat hulle vog moet inneem.

■ Neem genoeg vloeistof in, moenie wag tot jy dors voel nie. (Voorgestel - ten minste een glas per uur)

■ As jy volgens doktersvoorskrif op verminderde vloeistof inname is, maak seker hoeveel vog jy mag inneem gedurende erge hitte. Wanneer hartpasiente/PH pasiente te veel vog inneem kan dit ekstra las op die werking van die hart plaas en lei tot hartversaking/sterftes.

■ Hou jouself so koel as moontlik deur binneshuis te bly - indien moontlik by lugversorgers/waaiers. Plaas 'n houer met water voor die waaier om te verseker dat koel lug gesirkuleer word.

■ Gebruik 'n sproeibottel met water om jouself af te koel.

■ Maak gordyne/vensters/deure vroeg in die oggend toe en gebruik waaiers in 'n kleiner vertrek waar jy die vinnigste afgekoel kan word. Groter vertrekke is die waaiers minder effektief.

■ Vermy direkte son. Doen noodgedwonge takies vroeg soggens.

■ Verminder jou aktiwiteite.

■ Vermy lang ure voor stoof om etes voor te berei, eet ligte etes.

■ Dra ligte klere.

■ Plaas 'n nat handdoekie om jou nek.

■ Neem koel storte en maak jou hare nat.

■ Tydens erge hitte verhoog die risiko van voedselvergiftiging: maak seker dat jou yskas se temperatuur
5°C of minder is. Skuif bederfbare inhoud in yskas betyds na vrieskas.

Indien kragonderbreking vir meer as vier ure plaasvind, kan bederfbare voedsel jou baie siek maak. Hou die yskas/vrieskasdeure toe solank as moontlik.

Wanneer koue/gevriesde voedsel nie meer koud voel met aanraking nie - gooi weg.

As jy besig is om voedsel voor te berei en daar is 'n kragonderbreking en jy kan nie die gaarmaakproses binne twee ure voltooi nie, gooi weg!

*vry vertaal uit 'n artikel wat by ons PH AUS skakel geplaas was.

Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: PM on January 10, 2013, 06:13:18 AM
Baie dankie vir die deel hiervan in ons eie taal Raaitjie.   :hello2:
Hierdie inligting kan enige persoon gebruik wat blootgestel is aan erge hitte.  Baie dankie. 
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: PM on January 10, 2013, 08:59:22 AM
Die vertaling is puik gedoen matertjie.  Jy kan dit met trots aanbied. 
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: Meraai vannie Baai on January 10, 2013, 09:09:01 AM
Dankbaar vir jou hulp matertjie :notworthy: Die watersproeibottel gebruik kaboutertjie vandag net soveel soos ouma. Hy se dit werk!
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: Meraai vannie Baai on January 11, 2013, 09:30:05 AM
Ek het wonderlike nuus - eers het dit my in trane gehad van woede, en dan weer laat jubel. Daar is 'n middel beskikbaar wat die are in jou liggaam binne sekondes verwyd en asemhaling vergemaklik en borspyne 'n paar uur onder beheer hou. Hierdie middel was voorgestel deur die kardioloog aan ons huisdokter. Die verslag was eers verkeerd geliasseer - en voorskrifte verkeerdelik vervang (laer mg bloeddrukmedikasie) of nooit opgevolg.
 
Ek dring toe aan op 'n afskrif van die verslag (gelees ons het die reg om dit te doen)  :love7: Paar dinge wys geword waaroor ek nie oor ingelig was nie.

Die sproeimedikasie is soortgelyk aan die pilletjies wat in SA voorgeskryf word om onder jou tong te sit vir hartpasiente.

Ongelukkig kan hierdie wondermiddel vir my, nie saam met sommige PH medikasie gebruik word nie omdat dit die bloeddruk erg verlaag (soos die ander aarverwydende middels ook) en hou dan 'n wesenlike gevaar van floutes en besering in vir die pasient.

Totdat daar meer duidelikheid is van die oorsprong van die drukking en of dit behandelbaar is of nie, het ek 'n stukkie van my 'ou normaal' terug  :hello2:

 

Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: PM on January 11, 2013, 09:42:50 AM
Dit is wonderlike nuus Raaitjie.   :hello2:   Ek is so dankbaar dat daar verligting is sustertjie.  Jammer dat die twee "drukke" so teen mekaar baklei. 

Met Hannes se kolonkanker het ek deeglik uitgevind dat 'n mens nie alle dokters kan vertrou nie.  Jy moet self maar jou vinger op die pols hou en alles navors wat hulle vir jou vertel.  Dring aan op elke verslag en gaan dit noukeurig deur.  Doen jou eie navorsing oor medikasie, daar is baie inligting op die internet.  As iets nie ooreenstem nie, kry nog 'n opinie. 

Sterkte sustertjie, ek weet jy gaan 'n groot verskil maak in die lewens van baie ander PH-lyers. 
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: Fransi on January 11, 2013, 11:54:45 AM
Ek is so bly jy is nou op iets (eerder laat as nooit) op medikasie wat met die asemhaling help. So bly.
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: Meraai vannie Baai on January 12, 2013, 07:12:04 AM
Self SO bitter dankbaar Fransi. Ek het nou-nou net vir PM en Gawie vertel dat ons einde ten laaste met die suurstofmetertjie kon vasvang wat gebeur as die erge borspyne begin. Die suurstofvlak val met tien punte
en dan begin die duiseligheid. Tot nou kon ons net agterkom dat die metertjie sukkel om enige lesings te kry wanneer die pyn op sy ergste is. Vanoggend toe dit begin brand het ek dit betyds kon kry vir 'n lesing. Nog 'n stappie in die proses van dokumenteer wat gebeur. Elke druppel help!

Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: Fransi on January 12, 2013, 08:49:34 AM
Dit is so waar. Dit is onsekerheid en nie weet wat en waarom nie, wat 'n mens dikwels teen die mure kan uitdryf. Dit help emosioneel as jy verstaan hoekom jou lyf reageer soos wat dit doen. As jy nie 'n naam het nie, voel alles onverklaarbaar en jy so magteloos, asof jy en jou lyf geskei is. Al wat jy weet is dat jy goor voel en dat jy nie meer jou lyf kan vertrou met die simpelste/eenvoudigste goed nie.
Ek is inniglik jammer dat jy siek is en in pyn, maar bly dat julle so druppelsgewys meer uitvind.
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: PM on January 12, 2013, 11:11:06 AM
Ek sien hier is baie besoekers wat hier lees Raaitjie.  Ek hoop van harte dat daar vir hulle hulp en raad uit hierdie onderwerp sal kom.  Elke brokkie inligting help.  Moenie ophou om alles waar jy jou hande op kan lê te kom deel nie. 
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: Meraai vannie Baai on January 13, 2013, 09:42:07 AM
Saam jou dankbaar as iemand hier nuttige inligting kan vind PM. Dit was my doel - om mense bewus te maak van die asemdief se simptome en die soeke na moontlike oorsake, veral die wat baie dokters miskyk.

Fransi, weereens is jou opsomming in die kol!  'n Mens weet wanneer jou lyf jou in die steek laat en dan begin die onsekere stryd om te soek na die sondebokke. Die korrekte diagnose is werklik vir baie pasiente 'n nagmerrie. Sommiges besoek tot 14 dokters voordat hulle gediagnoseer word. In meeste gevalle is die uitspraak - verloor gewig, kry 'n lewe, jy dink jouself siek. Raak meer aktief. Gaan spreek 'n sielkundige.

Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: Meraai vannie Baai on January 14, 2013, 05:27:22 AM
Voorsorg is beter as nasorg.

As jy vermoed dat daar fout is met jou liggaam, dring aan op 'n tweede, selfs derde opinie. Die kommunikasie tussen jou en jou liggaam, kan slegs jy ervaar.

Indien jy reeds jare lank sukkel met asma/longprobleme en voorgeskrewe medikasie help nie meer nie,  kan dit geen skade doen om jou dokter te vra om 'n echocardiogram te neem sodat die hart se werking bestudeer word en moontlike drukking uitgeskakel kan word. Dit neem soms maande voordat al die nodige toetse gedoen kan word indien jou dokter vermoed dat jy 'n ernstige probleem het, hoe gouer die proses aan die gang gesit word, hoe beter vir jouself.

Maak aantekeninge van jou simptome en hoe lank dit al duur. Dit kan korrekte diagnoses bespoedig. Dokters en spesialiste maak staat op diagnose volgens die simptome waarmee jy probleme het.  Ek het vandag weer na 'n video opname gekyk waar pasiënte gesels het oor hoe stelselmatig ons aanpas by veranderinge in ons liggame sonder om dit agter te kom.

Baie keer skryf ons dit toe aan die 'verouderingsproses'. Wanneer die dokter vra of jy probleme ondervind om byvoorbeeld teen 'n styl opdraende te stap, kan jy negatief antwoord op die ingewing van die oomblik en met nabetragting besef jy dat jy WEL sukkel. Neem tyd om deeglik te let op dit wat jou kwel.

Vra jouself af: kan ek nog so ver stap soos altyd, kan ek nog trappe klim, word ek gouer moeg van ligte oefening waar jy byvoorbeeld voorheen baie fiks was. Vang erge hitte/koue jou meer as gewoonlik? Word jy vinniger uitasem? Watter verband is daar tussen ongemaklike gevoel op die bors en ander pyne? Merk ander op dat jou lippe 'blou' vertoon en word jy duiselig sonder klaarblyklike redes?

Berei jou voor op die leerskool van geduld wanneer daar met die reeks toetse begin word.

Dit is 'n tydsame proses en jy word van bakboord na stuurboord tussen verskeie spesialiste gestuur. Geduld word 'n leefwyse.

Nie alle simptome wat 'n PH pasiënt het, kan toegeskryf word aan die siekte nie. Soos met enige ander persoon, kan daar fout gaan met die werking van verskeie organe in jou liggaam.

Wat wel ingedagte gehou moet word is dat die verskillende spesialiste wat jou behandel, noue kontak met mekaar het sodat medikasies se teenwerkinge vergelyk kan word.

Soms word die 'ernstiger' probleem eers opgelos voordat die ander probleme aandag/behandeling kry. Toe ek verwys is na die PH kliniek het die persoon vir my gese dat hulle daar na al jou mediese probleme sal omsien. Dit blyk toe nie so gerieflik te wees nie en ek het simpatiek begin verstaan hoekom PH pasiente soms drie tot vier verskillende spesialiste het en daar maande verby snoer tussen behandelinge en opvolgbesoeke.

Ek wil een ding benadruk: humor is 'n kruk. Moenie dat diagnoses jou onderkry nie. Sien die komiese raak en lag vir jouself.  
 







 





Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: PM on January 14, 2013, 08:22:54 AM
Dit is werklik goeie raad.  Te veel van ons is net "te lui" of vind dit te veel moeite om deeglike toetse te laat doen, of soos jy sê, ons skryf dit aan ouderdom toe. 
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: Meraai vannie Baai on January 14, 2013, 10:44:21 PM
PM, dit is waar wat jy skryf. Vir my is die lewe is 'n geskenk wat ons net eenmaal kry en ons moet die vervoermiddel (ons liggaam) versorg om hierdie aardse reis ten volle te kan geniet en die jare benut ongeag siek of gesond. Baie makliker as jy gesond is natuurlik  :toothy4: Die diagnose van enige terminale siekte hoef nie die laaste skof van jou reis so te beinvloed dat jy in sak en as die tog aanpak nie!

Dit is vir my 'n voorreg om kontak te he met ander persone wat verstaan dat die oorspronklike skok na diagnose 'n proses is wat verwerk moet word. Die allesoorheersende besef dat jy nie meer kan doen wat jy voorheen gedoen het nie is 'n groot emosionele struikelblok en sodra jy 'ek kan nie meer' omskakel na 'hoe kan ek nog' begin die liggie in die tonnel skyn  :icon_biggrin:

Vakansiebeplanning vereis 'n bietjie meer aandag. Skielike temperatuur veranderinge kan simptome vererger. Daar word voorgestel dat jy die oorskakeling so stelselmatig as moontlik maak sodat die liggaam kans kry om gewoond te raak aan die veranderinge.

Persone wat op bloedverdunners en ook sommige ander PH medikasie is, moet ook ingedagte hou dat temperature die uitwerking van jou medikasie beinvloed. Tydens warm weer verhoog dit die werking van veral Warfarin, en plaas ekstra las op die lewer. Intense koue kan ook die are laat vernou wat weer ekstra las op die hart plaas.

Aanvaar jou nuwe beperkinge en moenie jouself ooreis nie maar onthou dat met 'n bietjie ekstra voorbereiding kan jy nog werklik die lewe geniet. Raadpleeg jou dokter/spesialiste as jy onseker is oor enige iets.

 
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: Meraai vannie Baai on January 16, 2013, 01:43:49 AM
Sommige newe effekte, voorbereiding en toediening van PH Medikasie: Remodulin en Flolan.

Vanoggend wil ek 'n bietjie inligting en 'n paar instruksie videos rakende PH medikasie, met julle deel. Eerstens: Bid asb saam met ons vir die 18 maande oue Jackson - 'n moedige PH vegtertjie. Sy mamma het laat weet dat dit nou nodig geword het vir Jackson om met die ingrypende Remodulin behandeling te begin.

Dit is 'n katastrofiese duur behandeling. Ek haal sy mamma aan: "The medication that Jackson will be starting the last week in January costs about $30,000 a month, and no, there is not an extra zero on there!"

Typical estimates range from $120,000 to $160,000 per year, but may be higher depending on the dose.


Jackson se mamma het hierdie pragtige video saamgestel.
http://www.youtube.com/watch?v=cqvbuKJEPRk

SOMMIGE KOMPLIKASIES EN NEWE EFFEKTE VAN REMODULIN EN FLOLAN
http://pulmonaryhypertensionrn.com/prostanoids-for-treatment-of-pulmonary-arterial-hypertension-pah/

*Pyn/onsteking/swelsel/bloeding/klontvorming waar die ingangspunt van die toedieningsmeganisme is.
*Bloedvergiftiging weens besmetting.
*Onderbreking in die vloei van Flolanmedikasie - lewensgevaarlik!
*Hinderlike rooi uitslag.
*Verharding van die vel.
*Pyn in kakebeen/voet.
*Swelling van bene/voete/enkels.
*Naar en duiseligheid.
*Diarrhea.
*Hoofpyn.
*Gevaarlike lae bloeddruk.
*Gloede.

*Hier word die voorbereiding- en toedoeningproses van hierdie twee soorte PH medikasies uiteengesit.

http://www.youtube.com/watch?v=xgEBfbNKh6A

http://www.youtube.com/watch?v=GtvQRxUaJUk
http://www.youtube.com/watch?v=CdgoL8iIN08

Indien jy belangstel om meer te lees/weet rakende medikasie vir PH, is hierdie omvattende skakel 'n goeie wegspringblok: http://www.phassociation.org/Treatments
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: PM on January 16, 2013, 07:30:15 AM
Dit is vir my wonderlik dat jy nie ophou om inligting oor PH te verskaf nie Raaitjie.
Dankie vir die deel van Jackson se verhaal.  My hart gaan uit na hom en sy ouers en sal hul in my gedagtes hou.  Dit is voorwaar 'n erge stryd. 
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: Meraai vannie Baai on January 17, 2013, 06:20:27 AM
Matertjie my hart self stukkend vir hulle en ander ouers wat se kindertjies siek is. Daar is nog nie PH medikasie vir babas/jong kindertjies nie. Hulle word met die volwasse medikasie waarvan die dosisse aangepas word, behandel. Van Jackson se medikasie word eers fyngemaak en dan word die dosis daarvolgens uitgewerk. Omdat die voorskrif dan nie meer in oorspronklike formaat gegee word nie, weier die fondse om te betaal!

Daar is nog soveel onkunde rakende hierdie toestand en ongelukkig is dit nie iets wat jy gou na die apteker of selfs net jou dokter kan gaan vir raad of hulp nie. En 'n mens is so skrikkerig vir medikasie se newe effekte. Veral dit wat ons nie meer vertroud is nie.

Ek onthou met my eerste besoek aan die spesialis het ek 'n sterk pynmiddel gekry wat as jy dit misbruik het, jou kon laat flouval. Vir hoe lank met die voorskrif in my handsak geloop en geweier om dit te gaan haal  :icon_bigsmurf: want ek het die gevolge gesien van 'n persoon wat soortgelyke middel misbruik het. Was nie 'n mooi gesig nie!

Eers toe ek meer te wete kom oor presies hoe die middels werk, kon ek dit gebruik sonder vrees. Die ou-ou spreekwoord is nie verniet 'Kennis is mag en onkunde is nag' nie!
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: PM on January 18, 2013, 11:07:39 AM
Dit is baie mooi gedoen Raaitjie.  Kom vertel asseblief hoe julle die lugsuiweraar wat Dinsdag geinstalleer is ervaar. 
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: Meraai vannie Baai on January 18, 2013, 01:04:13 PM
Gemengde gevoelens op die oomblik na drie dae PM  :icon_biggrin: Ek het minder staat gemaak op geleende asem, maar Outoppie het erge sinusonsteking gekry. Ons is nie seker of dit weens die lugverkoeling is en of sy agiegeit tydens die installering van die sisteem die sondebok is nie. Sal jou op hoogte hou!

Die huis is heerlik koel, soos belowe met die advertensie, voel dit soos 'n vars seebriesie wat deur die pandokkie waai op sy laagste verkoeling. Op die hoogste verstelling waai al my satynblomme heen en weer soos die palms langs die ponlockie gedurende 'n storm en soek Outop na sy mussie snags! Dit wil my voorkom of die gedoente op ons dak 'n verskansing is van winter wat ons somer gesteel het  :headbang:
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: PM on January 18, 2013, 04:01:51 PM
Ek hou duime vas dat Outoppie gou beter sal word en dat dit maar net sy agiegeite is wat hom se neusegate kriewelrig gemaak het.
Dat die erge hitte gebreek is, is wonderlike nuus.  Nou kan jy asemhaal.   :love7:
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: Meraai vannie Baai on January 21, 2013, 04:29:26 AM
Dit lyk of Outop se snuiwerasies wel sy agiegeit was.  :icon_biggrin: 

Wil gou terugvoering gee oor die lugverkoeling/lugsuiweraarsisteem wat ons laat installeer het:
Na vyf dae kan ons begin om 'n positiewe verandering waar te neem  :bootyshake:

Die borspyne en lighoofdigheid is nog steeds daar maar die geblaf is hok geslaan en suurstofgebruik heelwat verminder in die proses, waaroor ek en Outop ongelooflik dankbaar is.

Of dit nou 'n verskil in die drukking gaan/kan maak, sal net tyd ons leer. Gelukkig is daar nog drie weke oor voordat ek vir die RHC gaan - so ons hou alles wat kan knoop, geknoop. Die senuwese al pure sydraad-dunne garings gespin, en dan wil ek ewigdeur soek na 'n vertroostende soutversnappering :icon_bigsmurf:

Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: PM on January 21, 2013, 08:20:51 AM
Ek wonder nou, natuurlik geen sekerheid nie, is dit werklik oorerflik of is dit die gevolg van dieselfde omgewing?

My ouma en oupa het in Mamagalieskroon gewoon waar hulle sewe kinders gehad het.  In daardie omgewing was asbestosmyne.  Nadat my ouma oorlede is, is die kinders  onder haar susters verdeel en hulle is uit die omgewing verwyder.   My oom was sestien en hy het werk gekry in 'n ander omgewing. My mammie het nog 'n paar jaar in daardie omgewing aangebly.
 
My mammie is dood op 56 jarige ouderdom en die diagnose was longemfiseem.  My oom, wat twee jaar ouer is as sy, is presies ses maande later dood aan "longemfiseem".  My ander oom, is vier jaar later ook "aan dieselfde siekte" oorlede en presies twee jaar later, is die jonger broer oorlede.  Op daardie stadium het die dokters begin praat van "asbestose". In 2010 is die laaste broer oorlede, ook aan asbestose.  Nie een van hulle kinders het enigsins enige probleme met hul longe nie.  (Een seuntjie het op tweejarige ouderdom gesterf nadat hy 'n pot kookwater omgetrek het en my tannie is in 'n motorongeluk oorlede op 'n baie jong ouderdom.)

Dit laat my wonder of PH nie in dieselfde lig gesien kan word nie.  Dalk moet daar eers meer navorsing gedoen word alvorens 'n mens met sekerheid kan sê. 

Dat dit onsekerheid is wat 'n mens se lewe vergal kan ek verstaan.  Vir ons ander, wat aan die ander kant van die aakligheid staan, is dit die magteloosheid wat daarmee gepaard gaan.  Al wat ons regtig kan doen is om 'n skouer te bied,
"vriendskapstutte en bruinbeertjiedrukke".  Ons gee om. 
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: Meraai vannie Baai on January 21, 2013, 10:11:37 AM
PM, was dit nie vir julle omgee nie het Outoppie en ek seker lankal met permanente twintig oor agt gatsiggies rondgedwaal in sak en as geklee, vir almal 'n nare pyn waarom wye draaie geloop sou wees. 

Duisend en tien dankies vir jou terugvoering!! Ek wonder nou, natuurlik geen sekerheid nie, is dit werklik oorerflik of is dit die gevolg van dieselfde omgewing?

Nou weet ek weer hoekom ons so lief is vir jou - die hoek waaruit jy kyk na hierdie plasing het vir ons 'n liggie laat opgaan. Omtrent almal weet dat asbestose nie oorerflik is nie, maar as jy bv. na die geskiedenis van jou familie kyk, kan dit maklik vir die leek voorkom asof dit wel oorerflik is!

Met PH is daar beslis 'n oorerflikheidsfaktor betrokke waar 'n spesifieke gene van sprake is.

Na ek by die PH forum vrae begin vra het oor die moontlikheid dat die drukking en meegaande simptome verband kan hou met besoedeling, het die reaksie wyd versprei met kommentare oor pasiënte se eie navorsing rakende dieselfde of soortgelyke invloede van die omgewing.

Hierdie navorsingsveld is braak ...soos met baie ander ongeneeslike toestande. Ek het wel op 'n vorige plasing melding gemaak van die gene wat verband hou met die oorerflikheidsfaktor. Hoeveel omgewingsinvloede bydra tot hierdie faktor gaan sekerlik eendag aan die lig kom en ek wonder of ons beskeie vrae en vermoedes dan beantwoord of bevestig sou word?

Alhoewel enige persoon beide tipes van pulmonêre hipertensie kan ontwikkel, is ouer volwassenes meer geneig om sekondêre pulmonale hipertensie te kry, en jong mense is meer geneig om idiopatiese pulmonêre hipertensie te kry. Idiopatiese pulmonale hipertensie is ook meer algemeen by vroue as dit by mans.

Nog 'n risiko faktor vir pulmonale hipertensie is 'n familiegeskiedenis van die siekte. Sommige gene kan gekoppel word aan idiopatiese pulmonêre hipertensie.

As een van jou familielede  idiopatiese pulmonêre hipertensie kry en positief toets vir 'n geenmutasie wat pulmonale hipertensie kan veroorsaak, kan jou dokter of genetiese raadgewer aanbeveel dat jy of jou familielede getoets moet word vir die mutasie.

*Geleende bron: http://edition.cnn.com/HEALTH/library/pulmonary-hypertension/DS00430.html

In my soektog na meer inligting oor moontlike oorsake en hoe groot en wyd strek die wesenlike gevaar van oorerflike toestande wat ook aanleiding tot PH kan gee het ek hierdie raaklees-skat ontdek:

Die studie van progressiewe familiële hartblok het in die 1970’s by die Universiteit Stellenbosch begin toe prof Andries Brink –  destyds  ʼn  hartspesialis by die Tygerberghospitaal – ʼn baba behandel het wat gebore is met ʼn baie lae hartspoed.  Die kind se toestand was so ernstig dat sy ʼn hart-pasaangeer moes ontvang. Op daardie stadium was sy die eerste baba in Suid-Afrika om behandeling dmv  ʼn pasaangeer te ontvang. Volgens prof Paul Brink was dit destyds ‘n ernstige besluit om te neem omdat kunsmatige pasaangeërs in ʼn vroeë stadium van ontwikkeling en byna die grootte van ʼn baksteen was.  Hedendaagse pasaangeër is minder as vier sentimeter lank en dit word onder die vel ingeplant met elektrodes wat na die binnekant van die hart lei en die hartslag reguleer. Die groot pasaangeërs van die laat 1970’s is in die buikholte geplaas met elektrodes wat deur die mantelvlies na die buitekant van die hart geneem is.

Terwyl Brink snr nog besig was om oor die beste behandeling vir die baba te besin, het hy gehoor van nog ‘n baba wat ‘n pasaangeër benodig het.  Dit het geblyk dat dié kind ‘n nabye familielid was van die baba onder sy sorg. Hy het gevolglik besluit om ook die moeder van sy jong pasiënt te ondersoek en bewys gevind van ‘n soortgelyke  onderliggende siekte – maar net nie so gevorder as dié van die kind nie. Dit het Brink laat vermoed dat hy het met ʼn familiële probleem te make het en hy het besluit om die hulp van dr Marie Torrington, ʼn spesialis op die gebied van genealogiese navorsing, in te roep. Dr Torrington het uiteindelik die siekte naspoor na ander families – van wie die meeste uit die Oos-Kaap afkomstig was.

Sy en Brink snr het gevind dat die draer van die defektiewe geen in 1696 uit Madeira, Portugal na Suid-Afrika geëmigreer het. Hier is hy getroud met ʼn vrou van Nederlandse afkoms. Vandag is alle Suid-Afrikaners wat deur progressiewe familiële hartblok geaffekteer word, afstammelinge van hierdie egpaar.

Volgens die navorsers is ongeveer 50 % van kinders uit ʼn familie waar een ouer progressiewe familiële hartblok het, draers van die toestand. Twee derdes van diegene wat draers van die siekte is, sal vroeër of later ʼn  pasaangeer moet kry” sê prof Valerie Corfield. “ Die res sal geen simptome van die siekte hê nie. By ‘n baie klein persentasie van hulle sal  daar geen aanduidings van die siekte op ʼn  elektrokardiogram gevind word nie, selfs al is hulle draers van die geen, terwyl die res wel tekens van onderliggende elektriese storings sal toon.”

“Deur ons navorsing het die spoedig geblyk dat die produk van hierdie geen, ‘n rol speel in die manier waarop hartselle natrium en kalium – die basis van die elektriese seine van die hart – hanteer.”

Die ontdekking van die oorsaaklike geen beteken dat families wat deur die siekte geraak word, nou ʼn akkurate genetiese diagnose kan ontvang en in ʼn  vroeë stadium reeds weet watter familielede die gevaar loop om die siekte te ontwikkel. Sulke familielede kan dan met gepaste behandeling opgevolg word.

Die ontdekking van die geen help navorsers en klinici ook om ander harttoestande wat verband hou met die hart se elektriese stelsel, beter te verstaan. Dit sluit in nie-genetiese vertraginge in hartspoed wat betreklik algemeen is onder ouers mense.


*Geleende bron: http://sun025.sun.ac.za/portal/page/portal/Health_Sciences/Afrikaans/Nuus_portaal/oorerflike_hartblok
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: PM on January 21, 2013, 10:55:44 AM
Ons praat altyd oor die liefde en omgee wat daar tussen ons heers.  Ons het mekaar leer ken en liefhê in die kuberruimte.  Dit klink so vergesog, maar dit is 'n feit soos 'n koei: ons lief mekaar.  Kyk maar hoe skaar mense met dieselfde "belange" hul bymekaar.  Mense met dieselfde probleme vat ook hande en onderskraag mekaar.  Die PH-groep "tap suurstofrykebloed by mekaar" en hou kop bo water.  Om alleen te staan, en probleme alleen die hoof te bied, is 'n baie harde eensame pad, wat meer as dikwels, geen probleme oplos nie.  Ek is so dankbaar dat ons daar kan wees vir mekaar. 


Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: PM on January 21, 2013, 11:04:30 AM
Dit mag dalk baie help as daar 'n vraelys saamgestel kan word en PH-pasiënte genader word om dit te voltooi. 
Vrae soos:
Waar is jy gebore.  Hoe lank het jy in daardie omgewing gewoon.  Hoeveel van jou bloedverwante het dieselfde probleem.  Het hulle saam in dieselfde omgewing groot geword of vir 'n lang tydperk daar gewoon?  Wat vererger jou toestand?
Jy sal weet watter vrae bygevoeg moet word.   Na die navorsing mag 'n ou dalk 'n bietjie meer inligting hê. 
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: Meraai vannie Baai on January 21, 2013, 12:22:47 PM
Hoe waar is dit nie PM, ons HET mekaar nodig en op jou woorderf was dit oor en oor bewys dat mens kan liefhe en omgee sonder dat jy ooit die persoon in lewende lywe eers 'n drukkie kon gee.

Die vrae-lys wat jy hier genoem het, het 'n mede PH lyertjie sorgvuldig uiteengesit en aan pasiënte genoem. By sommige afdelings het die kommentare ingestroom en by ander is daar merkbaar minder spontane terugvoering - veral waar sy gevra het oor die daaglikse leefwyse en hantering van simptome en newe effekte van medikasie. Ek het dieselfde uitnodiging gering aan ander, met dieselfde swye of beloftes -  'sodra dit rustiger gaan...' :dontknow:

As daar enige verwante inligting na vore kom by die PH forum sal ek dit ook hier beskikbaar stel. Intussen is daar lewe en dan is daar phenomale hoop en omgee vir almal hier betrokke :love7: soos wat baie van die verhale van PH lyers in onderstaande skakel sal getuig!

http://www.phassociation.org/page.aspx?pid=1542

Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: PM on January 22, 2013, 05:11:15 AM
Dit is ook in hierdie gevalle waar samewerking van kardinale belang is.  Inligting en nogmaals inligting. 
Hou ons op hoogte.  Hier antwoord nie juis veel lesers nie, maar hierdie onderwerp is al byna 500 keer gelees en dit is net een van die onderwerpe aangaande PH. 

Ek wil ook graag weer enige persoon wat belangstel om saam te gesels nooi om aan te sluit.  Skryf aan pm@afrikaanseforum.co.za    en ek sal jou registreer. 
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: PM on January 22, 2013, 08:00:54 PM
Ek mag ook dalk net hier byvoeg en dit is uit ervaring:  Daar rus 'n geweldige skuldgevoel op 'n ouer wat 'n kind in die wêreld bring wat aan 'n ongeneeslike siekte of toestand ly.  Die ouer verwyt hom/haarself tot in die hel toe al het hy/sy geen kennis gehad daaroor nie.  Dit is ook so dat enige ouer homself kaal sal maak vir sy kind.  Ek wil net vir elke ouer vra om die saak in heroorweging te neem.  Geen ouer sal enige-iets doen om sy kind te na te kom nie.  Sien dit so:  elke kind word vir ons geleen om hom/haar lief te hê en na die beste van ons vermoëns te versorg en lief te hê.  Ons doen dit dan ook na die beste van ons vermoëns.  As jy nog nie voor die graf van jou kind gestaan het nie, die gemis van sy/haar lewetjie ervaar het nie, sal jy nie verstaan nie.  Asseblief, hou op om jouself te kasty, dit was nie jou keuse nie, ook nie jou besluit nie.  Dit het gebeur en ons moet daarmee saamleef.  Saamleef sonder skuldgevoelens!   As dit ons keuse was, sou dit nie so gebeur het nie!  Ongelukkig het ons nie 'n keuse gehad nie.   Ek lief julle en my hart gaan uit na julle.  Staan sterk!  Daar is soveel ander mense wat afhanklik is van ons liefde.  Ek is seker, ons maak 'n verskil!  Ons is sterk en ons sal daardeur kom! 'n Drukkie vir ieder en elk.  

PM mater,  ek wil graag hierdie skakel vir ons lesers by jou kommentaar plaas aangesien dit kosbare raad is vir die ouers van kaboutertjies met PH:
http://www.phassociation.org/page.aspx?pid=877
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: Meraai vannie Baai on January 22, 2013, 11:21:56 PM
So oneindig dankbaar dat jy hierdie plasing gemaak het matertjie. Dankie vir die drukkies, ek het myne kom haal.
 
Emosionele ondersteuning is 'n ware 'krukke-seëning'.
:love7:

Navorsing het getoon dat pasiënte wat aan ondersteuningsgroepe behoort is meer geneig om beter toegerus te wees om die stres te hanteer van hul kroniese siekte en van hul daaglikse lewens; meer in beheer te voel van hul simptome, toestand, ens.  'n Veel beter emosionele welstand te handhaaf as individue wat nie hierdie belangrike hulpbron benut nie.

Statisties 'n beter oorlewingskans en beter lewensgehalte asook verbeterde vermoë om aan te pas by komplekse mediese roetines/verseistes as mense wat soortgelyke omstandighede, diagnoses, en bekommernisse deel sonder bystand'

*Geleende bron van inligting: http://wallcenter.stanford.edu/patient_care/resources.html

Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: Meraai vannie Baai on January 30, 2013, 11:12:13 PM
Hier is inligting wat pasiënte wat die PH medikasie (Remodulin of Flolan) gebruik, voorgestel het om die lewe 'n bietjie makliker te maak en daar is ook raad oor 'hoe om die pomp en pypies te verbloem', wanneer jy moet reis met jou lewensgewende, irriterende pakkasies of sommer net wil gaan swem  :icon_biggrin:

Ek vra onverskoning aangesien ek hierdie inligting net so in Engels hier gaan los.

Remodulin
Pump
 * Hiding the pump isn't hard at all. I find wearing a shirt that covers the waistband of the pants or skirt does the trick in covering the little annoyance. And in the summer, a nice sundress when on the beach or lounging around the house with the AC on.
Submitted by -- Aries

Pump Pouch
 * I ordered a soft waist pouch for my Remodulin pump to wear under a nightgown or under dresses. There are a variety of pump cases and accessories available, including a waterproof case for swimming. They can be ordered from the MiniMed site.
Submitted by -- Lynn Schaeffer

Site Infection
 * If by chance you do get a site infection, there are many creams that can help, one is a prescription called Bactroban, when administered correctly the effects of the infection go away in days. If you don't have that cream, any pain relieving cream such as Unguentine or Neosporin will do. Just don't ever get it into the site hole itself, that hurts!
Submitted by -- Aries

Site Pain
 * Here is a technique that was given to me by another Remodulin user. For her it has stopped her site pain all together. I do do this and some sites there is no pain. Other sites I do still have some pain but not nearly as bad as I use to. Maybe it can help someone else too.
 
After priming the pump and putting the needle in the soft serter you need to clean it again with an alcohol swab. Clean the needle and the soft serter and the prongs. You want to make sure that you dont have any of the Remodulin dripping from the needle or on the soft serter. Lay your pump lower than the injection site. This is so while you are doing the shot that no Remodulin drips from the tip of the needle. I lay mine on the floor. I only do my stomach area. The Remodulin is what is causing the site pain. By not getting any Remodulin on the skin while doing a shot can help to get rid of the site pain. Some of my sites it gets rid of all of the pain then there are other sites that I still have some pain but not as bad.
Submitted by -- Lora

 * Having site pain? Not to worry, a nice warm (not hot) bath will do the trick most times, it will also relax you. If baths aren't your thing, you could always use a heating pad or something to that degree to ease the ache.
Submitted by -- Aries

 * For site pain, I use Solarcaine Aloe Burn Gel (green stuff, available at most drug stores for about $3.50) for rubbing on the skin of the old site. It contains lidocaine, a good topical anesthetic, and the aloe helps with itching.
Submitted by -- Lynn Schaeffer

Site Protection
 * Keep the activities that involve stretching the arm or the stomach (depending where it is on you) to a minimum. The site can and will fall out (happened to me on several occasions).
Submitted by -- Aries

Site Selection
 * Changing the site time is important. You risk infection and bad pain when doing that. Though it's annoying, it's a necessity =).
Submitted by -- Aries

Sites
 * Alternate site areas are always helpful especially when the stomach is tender and you can't find a place that isn't hurting. Using the arm as an alternate is always good, anywhere between the elbow and shoulder, a few centimeters to the right of the bone should work just fine.
Submitted by -- Aries

 * When choosing a site for the Remodulin (or Ut-15) always press your finger over it before insertion to make sure that it does not throb or present some kind of a heartbeat, that usually means there is a vein or capillary there, and you don't want to hit those.
Submitted by -- Aries

Swimming
 * When swimming with the pump, always make sure it's in the waterproof case, and that the tape over the site is secure. Again, it can easily come undone and fall out if it's not on correctly, and as for the pump, well, we all don't have 6,000 dollars to get a new one with.
Submitted by -- Aries


Keeping Remodulin for More Than 14 Days

 * Remodulin can now be kept for more than 14 days. When you get down to the bottom of the bottle there still may be a bit left in the bottle. How can you get it out when you have to start with a new bottle. Pull back the syringe and squirt your air into your older bottle. Draw out all of the medicine that you can, then draw the syringe back more, then squirt that air into the new bottle, not the remodulin from the old bottle - just the air. Then draw out the med to make it up to the number you use, like our syringes go to three. I could not figure out how to do this until someone explained.
Submitted by -- Celeste

******************************


Flolan
Cassettes
 * I split my Flolan each day into two cassettes. One large (100ml) and one small (50ml). I mix it as usual in the larger cassette. Then I draw out about 40ml of Flolan, and put it into the small cassette. That is enough for about 8 hours, and I carry the pump in a small light pack without ice. I use the larger cassette at night, with about 60ml of Flolan, and regular ice packs. When I get up in the morning, I can remove the icepacks for the last few hours until I hook up the small daytime cassette. It makes the pump much lighter and easier to carry at my waist during the day, and I only need ice packs at night. This makes traveling much easier also.
Submitted by -- Judy Vucci

 * You have heard the old saying....be sure to wear clean underwear in case you are in an accident.... in that same thinking, it bothered me that I was the only one that knew when my pump needed to be changed. I am on the 8 hour cassettes and change them at 6:30 am, 2:30pm and 10:30 pm. I have now taped this information to my pump so that in case of an accident, the paramedics will know if the medicine is good and when it needs to be changed.
Submitted by -- Louise Pennewell

Editor's Note:
Same can be done for the 24 hour cassettes.

 * I am on 8 hour cassettes. My Hickman site is just below my breasts. I take a wide ACE bandage and wrap my entire torso in it. I then take the CADD pump and slip it under the bandage so it is "strapped" to my back. I tuck the extension tubing into my bra and nobody sees a thing!
Submitted by -- Whitney Decker

Clothing
 * I find that my dress or long blouse looks better if I cut slits in them where my flolan fanny pack will lay. I cut the slits and pull the straps through so that the straps are not showing. This way the dress/blouse can lay correctly and not all bunched up around my waist.
Submitted by -- Mary Brown

 * If you want to wear a dress that is tight fitting, here are a few ideas for hiding your pump.
 1.  Use the sticky, self adhesive thinnest ace bandage you can find at your local drug store (it can be generic brand). Place the pump close to your frontal groin area. You should have taken the clip off by now. Hold the pump in that area and unroll the bandage slowly around the center then toward top then toward bottom repeat then you can tuck the end in but what is best to use is the 2 silver clips that come with the other kind of ace bandage the large non sticky kind. You may have to do this many time the first time to make sure the entire bandage is not showing below the rim of the hem.
 2.  Find a very small soft change purse that is stretchy and will fit your pump very snug. Then go to a craft store and buy a piece of pant waist elastic ,a small piece.  Stitch the purse to the elastic. Tie it around the highest part of your thigh and adjust in order to hide.

Submitted by -- Kirsten Larson - September 2012

Ice Packs
 * Use a larger gel pack at night. You can sleep longer without worrying so much about thawed gel packs. We found some Rubbermaid?Blue Ice?7"x5" gel packs at WalMart?for about $1 each. Recently I saw them in a 2-pack for about $2. Some other stores also carry them. They have more gel in them than the packs provided to us by Accredo? At first glance, they appear to be too large. And, they are too large?Just fold one end over, pushing all the gel to one end, tape the fold with some plastic packing tape so they stay folded, and then freeze them. The bulkier & heavier packs aren't a problem when the pump is sitting on a table beside the bed at night. Karen sometimes gets 12 hours of use out of these "night packs", as we call them. Go ahead. Sleep late tomorrow morning!
Submitted by -- Larry Moody

 * I put the ice packs in zip lock bags. This keeps the dampness from getting on me. Also if one of the ice packs springs a leak, all the fluids will stay in the baggys and not on me. I also put a paper towel around the cassette that I am using before I put it in the pouch. This works for me.
Submitted by -- Jana Rivera

Traveling
 * I flew from Ohio to Calif. last year. a 5 hour flight. A month a head of time I contacted my doctor and Accredo (pharmaceutical company) for a letter of supplies I needed to carry on plane. I purchased a small backpack on wheels which carried my pump, 2 days of supplies , letters and other things needed for trip. I used a small thermos carry cool for my ice and medication cassette. the small lunchbag ice packs last for about 6 hours. Going through the security I requested to step aside where I was checked by a guard. they reviewed the letters and were very nice. I was even allowed to have the small scissors in the repair kit with me. I also was provided the name of hospital in city I was visiting if I needed medical attention by Accredo. I learned, on this first trip with flolan, that I need not panic, I can handle the change over of cassette and mixing of med.. in almost any location. (restaurant, in car, plane, whatever) It is a part of me. Accredo sent 10 days of meds to my mothers house (no need to pack all of it!!). It was a good experience if you plan ahead. Keeping the med. cool is only factor if taking along trip. airline, restaurant, hotel, will keep in their frig, freezer for you. Hotels will supply a refrig. with the small freezer section. Hope this is of some help.
Submitted by -- Ellen Miller

Editor's Note:
Being hand wanded in the airport is a necessity. You will always sound the alarm going thru the security passes.

 * Instead of taking your mixing board with you, take a roll of aluminum foil.. (plastic wrap works great too) or call Accredo and ask them to send you a sterile drapes with your shipment. Easy to pack and use, aluminum foil is inexpensive if you forget to order the sterile drapes!
Submitted by -- Alex Flipse

 * My caretaker/roommate reminded me of the time that I got out of the car and forgot my pump !#$%^&^%$# it was dragging on the ground...thankfully I had it well taped to me !!! Musta been a day that I felt GOOD...on those days I hafta remind myself to take the pump with me as I don't like to wear the pump.
Submitted by -- Joyce Suckow

 * When traveling with Flolan, we have used dry ice in a thick (~1?) foam ice chest for up to three days during car trips. Gel packs re-freeze solidly in about two hours. Our ice chest uses "about" 5 lbs per day. In the cold of Winter, dry ice lasts only a little longer than in Summer. The quality and thickness of the insulation on the ice chest is as, or more, important than the outside ambient temperature when trying to estimate how long the dry ice will last. Err on the side of getting too much dry ice, not too little. Recent prices we've paid range from $0.50 to $2.00 per lb., so shop around. Look up "Dry Ice" in the yellow pages. Dry ice comes in blocks and/or pellets. It doesn't seem to make much difference which we use, but in larger quantities the pellets fit better. Never touch dry ice with your bare hands. Not even for an instant. Damp skin can stick to it, causing loss of skin and/or severe frostbite in just seconds. An oven mitt works nicely for handling blocks of dry ice. A thick winter glove also works well for blocks or pellets. Plan Ahead!?Before your trip, freeze your gel packs in your home freezer before putting them in the ice chest with the dry ice. This will help the dry ice last longer. Make a note of when & how much dry ice you bought, and how long it lasts in your ice chest. Let experience be your guide when buying dry ice for future trips.
 
Be careful. Dry ice is EXTREMELY cold, -108? or colder! A really good home freezer might get down to 0?. Be careful when using gel packs that have been in with dry ice for awhile?They also get extremely cold! Much colder than in your freezer. Too cold, in fact?There is a very real possibility of freezing the Flolan in your cassette if you insert two gel packs, frozen with dry ice, in your bag at the same time! Either use only one gel pack at a time, or change out your gel packs at staggered times so that one is partially melted at all times. DO NOT put your spare pre-mixed Flolan cassette in any container along with dry ice. It will freeze the Flolan, destroying it! DO NOT use Flolan that has been frozen!
Submitted by -- Larry Moody

Tubing
 * Watch Flolan tubing when cooking and esp...baking! Sometimes I wear a sleeveless cotton turtleneck as my Hickman site is kinda 'high'...then I run the tubing out the right armhole and whether I wear a long or short sleeved shirt over it my tubing is not so noticeable.
Submitted by -- Joyce Suckow

*************************


*Geleende bron van inligting: http://www.phcentral.org/coping/tips/revatio
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH.
Post by: Meraai vannie Baai on January 31, 2013, 12:01:40 AM
Ek is besig om van die inligting, waar moontlik te vervang met vertaalde weergawes in Afrikaans. Intussen is dit hier beskikbaar met verwysings na meer inligting, indien pasiënte/versorgers of belangstellendes opsoek is na betroubare bronne.

Verlede week het ek 'n versoek gekry van die PH assosiasie van Australie om deel te vorm van hulle kommitee en sal dus in die toekoms op hoogte gehou word van nuwe behandelinge, medikasie en vordering op die gebied van navorsing oor Pulmonale Hipertensie. Deel van hierdie voorregte is ook die terugvoering na Denneys hulle in Suid Afrika wat deel sal vorm van my 'verpligtinge' vanuit die land van Bloekoms en gangeroetjies. 

:love7: :notworthy:

Vandag wil ek met julle gesels oor hoekom dit nodig is vir PH lyers om self navorsing te doen en soveel as moontlik betroubare inligting te versamel aangesien hierdie siekte werklik 'raar' is en jou dokter of spesialis tien teen een nog nooit met dit te doen gehad het nie!

Midde in die chaos van afgesny wees van die buitewêreld weens vloede, kragonderbrekings (wat beteken jou geleende asempies het gestaak; daar is ekstra werkslas op die hart geplaas weens die hitte en vogtigheid sonder lugverkoeling) en soms slegs beperkte internet toegang, het die inligting wat ons alreeds versamel het via die kuberbronne, vir my weereens die belangrikheid van 'hoe om te oorleef met 'n kroniese mediese probleem' op die hart gedruk. Pun nie doelbewus nie!

Soos baie ander pasiënte het ons ook gou agtergekom dat om met PH te lewe, nie beteken jy kan die mediese sisteem altyd vertrou nie! As die dokter oorkant jou met die pen in sy hand en stetoskoop om die nek nie eers die prosedure kan spel waarvoor jy verwysing na die spesialisbehandeling nodig het nie, besef jy baie gou dat selfonderrrig lewensbelangrik is.

Ek sal nooit vergeet hoe angsbevange ek was na die diagnose - baie ligweg, in een kale sinnetjie met ons bespreek was nie. "Hierdie drukking in jou longare en regterhartkamer sal lei tot hartversaking indien dit nie behandel word nie."

Dan volg die afsprake en toetse, soms maande uitmekaar en jou asem slaan letterlik en figuurlik weg as jy begin oplees oor die raar monster wat jou lewenspad gekruis het. Jou onbewus, stelselmatig van asem en krag beroof het met 'n vonnis "twee tot drie jaar lewensverwagting..."

Wanneer jy teruggaan om die uitslae van sommige verslae te kry, is die dokter wat kennis dra van jou omstandighede nie beskikbaar nie en jy moet alles van vooraf verduidelik aan die stug vreemdeling voor jou. Jy is maar net nog 'n pasiënt met 'n skeet of klagte. Sou jy hom/haar vra oor meer inligting kom jy gou agter: hulle weet minder as jy self  :crybaby2:

Liggestel: dit is 'n skrikwekkende ervaring as jy besef JY moet die dokter inlig!

As ek opgewonde raak styg my bloeddruk  :evil6: heel menslik, en die reeds kortasemgeite laat my klink soos 'n stoomtrein teen die berg uit. Om dan nog mediese termes uit beperkte argiewe op te diep, raak amper onmoontlik want 'n te kort aan suurstof is so goed soos 'n slot aan elke stoorgebied vir inligting in jou brein  :icon_scratch: en jy kan sien die dokter dink verlig met 'n skalkse grin: 'alzheimers!' Dit kan hy/sy darem behandel sonder dat hulle staat maak op inligting van die deurmekaar pasient LOL.

Ek kan die belangrikheid van selfonderrig/kennis oor jou toestand, nie genoeg onderstreep nie!

Het nooit ooit kon dink dat die personeel by 'n hospitaal my sou groet op die voornaam asof ons goeie vriende is nie. Nog minder sou ek glo hoe onooglik vet my legger met mediese verslae sou word nie, en dat ek daardie inligting (wat voorheen nie vir die pasient beskikbaar sou wees nie) aan 'n dokter/verpleegster moes verduidelik SODAT ek die regte behandeling kan ontvang nie want jy besef die mediese personeel het nie genoegsame kennis oor jou toestand nie  :dontknow:

Rosalind Coward, beskryf in die inleiding van haar boek The Whole Truth: the myth of alternative health,
hoe die idee van persoonlike verantwoordelikheid vir 'n mens se gesondheid gebore is uit 'n behoefte van pasiënte om die voorheen onbevraagde/onvweerspreekbare gesag van die mediese instellings, uit te daag.

Met sosiale verandering in die jare sewentig het skeptimisme ontstaan. Sy skryf: "Daardie spesifieke beeld van die deskundige", die rasionele wetenskaplike wat deur sy hoë vlak van wetenskaplike kennis kan diagnoseer, en in wie ons absolute vertroue gehad het, is weg.

Baie pasiënte vind baat by hierdie veranderde persepsie. Die bestudering van die besonderhede van hul mediese geskiedenis gee pulmonêre hipertensie-lyers 'n gevoel van beheer oor hul toestand. Wat verband hou met 'n beter selfbeeld teenoor hulle spesialis. En met fotostate van mediese geskiedenis 'n groot stap vorentoe geneem van die dae toe die inligting slegs vir die oë van dokters was en pasiënte dikwels in die duister gehou was oor hul omstandighede.

Pasiënte word nou aangemoedig om vrae te vra, om stellings te bevraagteken en aan te dring op tweede en derde opinies.

*Geleende bron van inligting: http://www.phcentral.org/features/20090218rottman.html

 :`ip2: Maak asseblief ALTYD seker dat jy jou dokter raadpleeg voordat jy enige raad blindelings volg wat op hierdie skakel of enige ander skakel gegee word!
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on February 01, 2013, 01:35:40 AM
Vanoggend kom doen ek verslag met 'n tien-oor-tien-glimlag (van oor tot oor). 'n Paar maande gelede, toe ons nog naarstiglik gesoek het na inligting oor PH, het ek op 'n artikel in 'n Afrikaanse koerant afgekom wat berig het oor die voordele van Viagra (Revatio/Sildenafil) vir PAH pasiënte (Pulmonale Arteriële Hipertensie) asook navorsing wat gedoen word oor die aarverwydings voordele van knoffel, getoets op laboratoriumrotte. Kon nie help om te dink hoe ons plaaslike dokters/aptekers se gesigte sou lyk as ek kom vra vir 'n handvol viagras en drie knoffelhuisies nie!

Wanneer dit vir behandeling teen PAH voorgeskryf word is die algemene dosis 20 mg, drie maal per dag. Vanoggend lees ek 'n kommentaar van Denneys raak waarin hy melding maak van die 'stywe bedraggie' wat hierdie medikasie kos. Oor die wêreldbekende pilletjie, waarvan hy deesdae die generiese produk drie keer per dag moet sluk, het Niemandt gesê: “Die mense spot my baie, maar die pil werk so hard aan my longe dat dit geen ander uitwerking het nie.”
:toothy4:
Op meer ernstige noot: Omdat hierdie toestand so onbekend is, is die kans groot dat jou dokter nie sal besef dat Revatio/Sildenafil eintlik Viagra in 'n ontwerpersjas is nie.

Dit is lewensbelangrik vir die PAH pasiente wat hierdie medikasie gebruik, om te weet dat die middel NIE saam met enige medikasie wat nitrates (soos nitroglycerin vir borspyne of hartprobleme) geneem mag word nie.

Probleem: 'n Vroulike pasiënt met primêre pulmonêre arteriële hipertensie (PAH) wat  Tracleer (bosentan) en Revatio (sildenafil) ontvang het in die noodgevalle afdeling (ED) met isgemiese borspyn en EKG veranderinge.

Die dokter aan diens het die vrou se medikasielys hersien, maar het nie geweet dat Revatio is sildenafil of die newe effekte in ag geneem nie.

Soos met die dokter in die geval hierbo, is die meeste dokters nie kundiges op die gebief van ernstige PAH nie en sou hulle dus nie besef dat Revatio is dieselfde middel as Viagra nie. Dubbele handelsmerke vir 'n enkele produk is veral problematies wanneer een van die produkname is goed gevestig en bekend is soos Viagra - voordat die nuwe produk van stapel gestuur word.

As jy verder wil lees: http://www.ismp.org/newsletters/acutecare/articles/20090129.asp

Dit is ook gevaarlik om saam met bloedverdunners te gebruik:

Taking Revatio with a nitrate medicine can cause a serious decrease in blood pressure, leading to fainting, stroke, or heart attack.

Vir meer inligting: http://www.drugs.com/revatio.html

Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on February 01, 2013, 05:56:23 AM
Baie dankie Raaitjie.  Dit is baie belangrike inligting.  Nie net vir PH-pasiente nie. 
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Fransi on February 01, 2013, 08:30:49 AM
Baie dankie vir die kennis en inligting wat jy deel.
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on February 12, 2013, 01:18:53 AM
*Diagnosering van Pulmonale Hipertensie deur slegs echocardiogramme en die gevare van misdiagnose.

'n Spesiale pleidooi aan pasiënte: Indien jy gediagnoseer word met Pulmonale Hipertensie (Pulmonary Hypertension) vanaf 'n echocardiogram, dring daarop aan om so gou as moontlik verwys te word na 'n PH spesialis sodat 'n regterhartkamerkateter (RHC) gedoen kan word!

Versoek aan mediese personeel: Maak seker dat die pasiënt ingelig word dat die gevreesde woorde "Pulmonale Hipertensie" op 'n verslag slegs deur die RHC prosedure bevestig kan word en dat daar baie ander moontlike oorsake van die huidige drukking kan wees. Dit is 'n onmenslike daad om hulle weg te stuur met die woorde dat dit te ingewikkeld is om te verduidelik.  Indien jy te besig is om aan die pasiënt te verduidelik presies wat is PH, verwys hulle na betroubare bronne.

Die echo's is NIE betroubaar genoeg om hierdie gevreesde toestand korrek te diagnoseer nie. Al staan dit op jou verslae, is dit NIE 'n uitgemaakte saak dat die drukking ontstaan het a.g.v PAH nie. Ons het drie verslae waarin Pulmonary Hypertension met echo's gediagnoseer is deur  verskillende dokters/spesialis en 'n kardioloog. Met die laaste (en enigste betroubare) toets het hulle tot die gevolgtrekking gekom dat daar geen bewys is van PAH (pulmonary arterial hypertension) nie.

Hierdie probleem is afkomstig van ander (onbekende) bronne wat die abnormale drukking veroorsaak en dus net bekend as Pulmonale Hipertensie.

Dus duur die soektog en toetse vir my nog steeds voort om die sondebok op te spoor en behandeling begin kan word en die gevaar van hartversaking voorkom kan word  :dontknow:

Ongelukkig is dit nie moontlik om tussen PAH en PH op 'n echo te kan onderskei nie. Die drukking en simptome is feitlik dieselfde - wat diagnose nog meer bemoelik.

Daar het ses maande verloop vandat ek die eerste diagnose met 'n drukking van 59mmHg ontvang het. As die dokters die uitdrukking PULMONARY PRESSURE gebruik het om die verhoogde drukking in die longe en hart aan my te verduidelik totdat die RHC gedoen is, was maande van hel met 'n doodstraf wat om jou nek hang, nie nodig nie.

FOTO: Ek het die inligting afgeneem en saamgestel vanuit verslae wat ons gehad het, sodat ander pasiente kan sien wat die verloop van my diagnose oor die afgelope ses maande was vanwaar die eerste drukking van 59mmHg en die PFO ('n gaatjie in die hart) as die sondebok beskou was - verwys na die kardioloog na aanleiding van dit. Kon geen gaatjie opspoor met volgende toets nie maar die verhoogde pulmonale drukking was bevestig. Daarna was daar nog 'n echo geneem (ons het nie die verslae van dit gekry nie) en die drukking was 48. Die heel laaste diagnose (high output cardiac state) is op die verwysingsbriefie na die nuwe kardioloog. Die verlaagde drukking van 31 op die RHC het ek ook nie 'n verslag ontvang nie. Alles gaan na die kardioloog en ek sal vra vir 'n afskrif indien hierdie diagnose ons ook op 'n dwaalspoor lei  :icon_scratch:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/PHpad.jpg)

Toe ek die eerste plasing gedoen het was dit om te probeer dokumenteer en agterkom of 'n allergiese reaksie van besoedelde lug bv. dieselgasse drukking in die longe en hart kan verhoog. Ek wil graag noem wat ons gedoen het van ons kant af om te help:

*Ons het drie knoffelhuisies in ons daaglikse dieet ingesluit aangesien navorsing met rotte bewys het dat dit are verwyd.

*Ek gebruik suurstof wanneer die borspyne te erg word, en sodoende verhoed dit dat die gedurige benoudheid vererger. Die gebruik van die suurstofmetertjie gee 'n wonderlike aanduiding van wanneer die vlakke so laag daal dat dit borspyne veroorsaak en duiseligheid.

*Ons het 'n lugsuiweraar laat installeer wat binne drie dae positiewe resultate verskaf het vir die lastige hoes wat ek gehad het. Daar het drie weke verloop tussen installering en die toets. Aan die einde van die tweede week het ek baie minder staat gemaak op 'geleende asem'.

  :notworthy: :icon_salut:

Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on February 14, 2013, 04:48:00 AM
SAMEVATTING:

Daar het heelwat water in die see geloop vandat ek die eerste plasing gemaak het. Die doel was om te probeer agterkom in watter mate besoedeling kan bydrae (indien dit moontlik is) tot verhoogde druk in die longare en regterhartkamer.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) beraam dat fyn deeltjies lugbesoedeling (PM (2.5)), veroorsaak sowat 3% van sterftes weens kardiopulmonêre siekte.

Navorsers dui daarop dat selfs kort termyn blootstelling aan verhoogde konsentrasies aansienlik kan bydra tot hartsiekte. 'n Studie in The Lancet het tot die gevolgtrekking gekom dat die verkeer se uitlaatgasse is die enkel mees ernstige voorkombare oorsaak van 'n hartaanval in die algemene publiek, die oorsaak van 7,4% van alle aanvalle.

PM besoedeling word na raming geskat as die oorsaak van 22,000-52,000 sterftes per jaar in die Verenigde State van Amerika (vanaf 2000) en 200,000 sterftes per jaar in Europa.

Die kleinste deeltjies, minder as 100 nanometer (nanopartikels), kan selfs meer skade aan die kardiovaskulêre stelsel veroorsaak.
 
Deeltjies kleiner as 2,5 mikrometer, PM2.5, kan deur die gaswisselingstreke van die longe dring, en baie klein deeltjies (<100 nanometer) deurdring na ander organe, insluitend die brein. Daar is voorgestel dat deeltjies soortgelyke breinskade kan veroorsaak as dié wat in Alzheimer pasiënte voorkom.

                                       
Algehele, langtermyn blootstelling aan PM verhoog die voorkoms van aterosklerose en inflammasie. Met betrekking tot die kort termyn blootstelling (2 ure per dag), elke 25 mg / m3 PM2.5 gelei het tot 'n toename van CVD sterfte risiko van 48%.

BRON: http://en.wikipedia.org/wiki/PM2.5

 
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on February 14, 2013, 07:35:35 AM
Besoedelde lug sal altyd probleme meebring.  Dit sal ook nie beter raak nie, net erger. 
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on March 15, 2013, 02:06:58 AM
Ongelukkig is dit 'n nare waarheid wat jy hier beklemtoon PM  :crybaby2: en om 'n stryd teen die groot reuse agter hierdie euwel aan te pak, is hopeloos!

Op 'n meer positiewe noot - ek het so lanklaas nuwe inligting hier kom plaas. Een van die groot redes is dat ons eers die alternatiewe medikasie wat ek gebruik vir die verligting van pyn en inflamasie wou toets voordat ons terug rapporteer.

 :icon_biggrin: My simptome het nie saam met die nie-PAH diagnose die hasepad gekies nie. Die 'high cardiac output' veroorsaak dieselfde oormatige moegheid, kortasemheid a.g.v 'n tekort aan suurstof in die bloed weens die hart se ooraktiewe werkinge en daarmee gaan die duiseligheid soos die bloeddruk wipplank ry, dan ook hand aan hand gepaard.

Soos reeds genoem, het die installasie van die lugsuiweraar, die allergiese reaksie van die longe met 90 persent verlig en het die drukking in die longare en regterhartkamer merkwaardig geval met die laaste toets. :hello2:

Op die oomblik is die grootste sondebok natuurlik nog steeds die borspyne, en dit is juis vir hierdie ongemak wat ons uit radeloosheid besluit het om te eksperimenteer met ander meer natuurlike pynverdowers wat nie verslawend is totdat die probleme dalk permanent opgelos kan word. (Het 'n afspraak by die kardiokliniek gekry vir Junie.) Intussen eksperimenteer ons en hou vol met die sout- en cholestrolvrye dieet om die artereosklerose intoom te hou.

Die middel wat ons bestel het is Turmeric Herbal Supplement (Curcumin). Hierdie aanvulling is al deeglik onder die loep geneem met verskeie navorsings die afgelope tien tot vyftien jaar.

Ek kan nou, na 'n maand, positief getuig dat die gebruik hiervan beslis help vir die pyn van inflamasie in die longvliese en are. Met die kombinasie van die suurstof se neem en die kapsules kan ek redelik normaal funksioneer en die lewe geniet saam met my familie!

 :icon_biggrin: Goeie nuus: Ons gaan weer toer vir drie weke einde April en ek is soooo opgewonde.  Ons het ook 'n kleiner suurtofmasjien gekoop wat ek kan gebruik as ons ry en is kompak genoeg om te kan dra, vir die staptogte wat ek die meeste gemis het. Nou kan ek ook weer help uittrek aan die klein jakkalsies in ons tuin LOL maar moet nog 'n ander uitweg soek as ek boosraak, want grassny is nog uit op die oomblik. Die ouvrou is voorwaar geseend om in hierdie tegnologiese eeu te leef en dit sluit natuurlik al die heerlike besoeke en gewoel hier op die woorderf in!

Vir die ouens wat meer wil lees oor Curcumin:
http://www.livestrong.com/article/188340-curcumin-for-pain/
http://www.needs.com/product/NDNL-0902-01/l_Curcumin_Turmeric

LET WEL: Pasiente wat hierdie middel oorweeg en bloedverdunners gebruik MOET eers hulle dokters/spesialis raadpleeg want dit verdun bloed en meer gereelde INR toetse moet gedoen word om interne bloeding te voorkom.  As jy probleme met galstene het VERMY die gebruik van hierdie produk! Daar is ook 'n waarskuwing dat dit 'n interaksie kan vorm teen kankermedikasie - bespreek enige alternatiewe medikasie eers met jou spesialis!




 
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on March 15, 2013, 07:37:34 AM
Dankie vir die terugvoer Raaitjie.  Hierdie onderwerp is al bykans 'n 1000 keer gelees. 
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on March 20, 2013, 03:57:48 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Vrygespreek.jpg)

Hierdie foto getuig van 7 maande se hel en 'n leeftyd se dankbaarheid. Spesiale dank aan Sanette Engelbrecht vir die gebruik van jou twee digbundels se titels om die foto te kon saamstel. Die houtvaas was 'n kersgeskenk, geskep deur ons oudste seun, Adriaan. Die foto vorm deel van die DVD wat ek gemaak het oor my pad met pulmonale drukking.

Die deel van ons ervarings was vir my 'n ware kruk die afgelope maande en ek hoop dat die lesers wat hier verbygekom het ergens tussen al die woorde en skakels, antwoorde/beter begrip oor PH gekry het. Hierdie is nie 'n afdeling wat iemand sal besoek as hy/sy nie 'n persoonlike belang by die twee gevreesde afkortings het nie en my hart gaan uit na ieder en elk wat kennismaak met hierdie toestand.

Ek wil graag nog 'n skakel met julle deel vir die persone wat probleme ondervind met borspyne aan die regterkant. Die heel eerste simptoom waarmee ek in die hospitaal beland het, was juis hierdie nare borspyn aan regterkant as gevolg van 'suspected PE (pulmonary embolism)' min het ons geweet met watter kronkels die toekomspad vorentoe sou strek!

Many lung problems can result in pain in the right side of the chest. Penumothorax, pleurisy, asthma, pulmonary embolism and pneumonia are some of the lung disorders that result in pain in the right side of the chest

 http://www.prweb.com/releases/2011/03/prweb5197624.htm
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on March 20, 2013, 07:45:56 AM
Pragtig gedoen Raaitjie.  Ek dink die inligting wat jy so getrou kom plaas het het baie mense gehelp.
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on May 28, 2013, 11:53:25 PM
Dankie liefste PM, ook vir jou getroue ondersteuning en liefde deur die afgelope maande.

Ons wil graag die ervarings na die drie weke van toer langs die kus, vinnig deel. (Alles dui weereens daarop dat die oorspronklike drukkings, deels 'n allergiese reaksie en probleme met mikroskopiese klontvorming was.)

Gedurende die eerste week van ons verlof moes ek nog kwaai staatmaak op die 'ekstra' asem en die draagbare suurstofmasjien was ongelooflik handig. Ek kon nog deel in alles wat daar was om te geniet, veral die vuurmaak saans! Gewoonlik trek my bors dadelik toe as daar rook in die omgewing is en moet ek na binne toe beweeg.

In die tweede week, omring met al die skoonlug, het dit al hoe beter gegaan. Die derde week het ons sewe dae reg op die strand gekamp. Daar was nie keer aan die ouvrou nie! Ek het gestap en myself in oorgawe geniet. Splinternuut gevoel! Gedurende hierdie tyd het ek net nodig gehad om soggens en saans asem te leen.

Die generator was hier weer van onskatbare waarde want dit het genoeg krag opgewek om die groot suurstofmasjien te 'trek'.

Ek het so goed gevoel dat ek weer ons kleingoed wat kom kuier het, na hartelus opgetel en bederf het.

Tussen al hierdie genot deur het my liggaam reageer/begin protesteer, met 'n klein klontjie in die pols en buig van arm. Die rottegifpilletjies was aangepas na dubbelsterkte. Omdat dit baie koeler was as voor ons vertrek en 'n ligte verkoue, het ons natuurlik (baie dom) nie die lugsuiweraar gebruik die afgelope twee weke nie.

Nodeloos om te skryf, al die nare simptome is terug, maar ons het nou beslis die bewyse dat vars, skoon lug gratis medikasie was wat werk as longe 'krampagtig' reageer op besoedelde lug.
 
More toets hulle weer die bloedtellings en die 11de Junie gaan die kardioloog 'n risiko program saamstel en met sy eie foutopsporings en moontlike behandeling/voorkoming begin.

As daar verwikkeling plaasvind, wat ander in dieselfde omstandighede by baat kan vind, sal ek kom deel soos tyd toelaat.
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on May 29, 2013, 07:45:47 AM
Ek is dankbaar vir die paar weke wat jy na hartelus kon deel in al die aktiwiteite Raaitjie.  Van harte hoop ek dat die uitslae in jou guns sal wees en dat die behandeling die beste resultate sal lewer.  Ons dink aan jou.  Sterkte matertjie. 
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on May 30, 2013, 12:32:12 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC06859.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC06859.jpg.html)

Die laaste paar weke het ek nie meer kans gesien vir die herhaalde patroon
van die steek van 'n naald en die wag, wag, wag op uitslae nie.
Gewens ek kon wegkruip vir my eie skaduwee; woorde was holspoke.
My pen het opgedroog. Terwyl ek een oggend weer wag om te ry
vir nog bloedtoetse, kry ek 'n hekelpen in die hande...

In die elf-maande-swangerpad-patroon
het ek geen steek uit die diagramme
vol boeiende kettings gemis nie.

Om 'n sewentig-maal-sewe pen
was sekondes in dubbelslag gedraai
en deur die lusse van tyd getrek.

Glipsteke het swanger spasies geheg
tussen die reg- en verkeerde kant van
oorblywende kortbeenseisoene...

*vorige en volgende* herhaal periodiek
met monotoon, nog 'n rondte in die sirkel
van my langbeen-lewensmosaïek

waar alle los drade, pynlik sekuur
aan die agterkant - stom weggesteek is.
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Fransi on May 30, 2013, 08:29:36 AM
Sommer net 'n drukkie. Aangrypend geskryf.
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on May 31, 2013, 03:57:00 PM
Ek hoop hierdie gedig vind sy pad na jou eie plekkie toe Raaitjie.  Dit moet net boek 3 toe.  Boek twee is tot oorlopens toe vol.
Kyk na die kere gelees matertjie. Dit is sterk oppad na 3000 toe. 
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on June 18, 2013, 07:51:29 AM
Die groot probleem (soms) met hekel, is dat dit jou gedagtes oop laat vir baie dink. 
Hier sien ek het dit tot jou voordeel gestrek.   :icon_biggrin:
Waaraan het jy gehekel toe jy hierdie gediggie geskryf het?
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on June 19, 2013, 01:29:07 AM
PM, ek is so besig om te tel terwyl ek leer hekel dat ek aan niks anders kan dink nie  :icon_bigsmurf: Ek het nog nie begin hekel toe ek die gediggie geskryf het nie. Meisiekind se vriendin in NZ het vir my 'n klompie wol gestuur 'n hele paar jaar gelede al en een oggend het ek skielik lus gekry om die hekeltegniek baas te raak; toe geloer na die afkortings wat hulle gebruik in patrone. Op FB haar laat weet ek soek my hekelpen en sodra ek hom kry sal ek die pogings afneem en vir haar wys LOL. Baie braaf  :icon_biggrin:

So tussen al die bloedtoetse en prosedures die afgelope jaar het dit werklik gevoel of woorde besig was om my te versmoor en ek wou iets doen om my aandag af te trek. Terwyl ek die hekelterme bestudeer het, het ek in my verbeelding gesien hoe hekel ons aan ons eie lewenspatrone. Elke sekond 'n kettingstekie in die mosaïek van tyd waar seisoene soms met lang bene voor ons uitstrek en die herhaalde patroon van 'steek' en wag op uitslae het my amper onder gekry... tot ek die ABC verruil het vir wol  :angel4:  
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on June 21, 2013, 07:21:31 AM
Ek hoop van harte jy sal gou weer jou liefde vir woorde terugvind en ook tyd maak vir die ABC. 
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on July 01, 2013, 05:16:22 AM
Vanoggend die uitslae ontvang van Donderdag se toetse. Ongelukkig is daar nog steeds abnormale drukking in die regterhartkamer en longare (48 rustend) wat verhoog het na 65, met oefening. Ons is teleurgesteld en baie onseker oor alles en tog ook verheug oor die hart se vermoe om by te hou met die verhoogde drukking tot nou.

Ek het 'n afspraak vir more oor die bespreking van verdere behandeling aangesien die nuwe medikasie wat alles in beheer moet hou, nie vrugte afgewerp het nie. Hulle sal ook die risikofaktore bespreek. Ons weet wel dat verskillende toerusting en tegnikuste se lesings kan verskil en het werklik gehoop dat daar met hierdie toets nie meer enige abnormale druk teenwoordig sou wees nie.

Die kardioloog het ons verseker dat die toestand fyn dopgehou sal word. En so doet ons voort met 'n nuwe sirkel van onsekerheid.
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on July 01, 2013, 07:22:58 AM
Ek is regtig baie jammer dat die druk steeds abnormaal toets Raaitjie. 
Is daar ander medikasie wat voorgeskryf kan word?
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Fransi on July 01, 2013, 08:35:44 AM
Ai Meraai, ek is so jammer en baie baie sterkte.
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on July 10, 2013, 12:48:55 AM
Dankie maters vir drukkies en julle omgee. Opregte waardering. Ongelooflik hoe lank dit neem om die oorsprong van alles te probeer opspoor. PM, jy vra of daar nie ander medikasie is nie. Op die oomblik gebruik ek reeds twee verskillende soorte wat help om die are oop te hou. Die kans is groot dat hulle dalk nooit die oorsaak gaan vind nie (idiopaties dus).

Ons leef dag vir dag in dankbaarheid vir die dinge wat die lewe vir my makliker maak. Daar is nog soveel seeninge oor as mens kyk na ander persone wat veg met die onbehandelbare monster van abnormale drukking in die are.

Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on July 10, 2013, 08:09:34 AM
Baie dankie Raaitjie, dit is voorwaar 'n pragtige foto. 
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on July 30, 2013, 01:53:34 AM
Na 'n jaar van intense navorsing en duisende dollars bestee aan mediese toetse en prosedures - het ons onomwonde bewyse dat die kwaliteit van besoedelde lug wat ons inasem, wel jou gesondheid kan aantas al weier sommige owerhede nog steeds om dit te erken en ompaaie te bou vir swaar verkeer deur woongebiede, soos in ons geval. Hierdie besoedelde lug kan jou letterlik jou asem wegslaan, jou gevange hou binneshuis. Daar is kort- en langtermyn effekte wat selfs jou dood kan veroorsaak.

http://education.nationalgeographic.com.au/education/encyclopedia/air-pollution/?ar_a=1

https://apps.who.int/inf-fs/en/fact187.html

http://www.sharecare.com/question/how-air-pollution-breathing-problems

http://www.sbcapcd.org/sbc/pollut.htm

http://www.cdc.gov/nceh/airpollution/

http://www.lung.org/associations/charters/mid-atlantic/air-quality/outdoor-air-quality.html

http://allergy.peds.arizona.edu/southwest/airpollution.html

http://www.infoplease.com/ipa/A0004695.html

NB: In dieselfde straat waar ons woon is daar ook 'n skool (soos in biljoene ander stede) en toe ek deur die onderstaande inligting lees het ek amper angsbevange gewonder wat die besoedelde toekoms vir ons en ons kinders inhou:

Children might be safer staying indoors in the after-school hours on days when ozone levels are high.
http://www.eurekalert.org/pub_releases/2001-11/uonc-apc112001.php


Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on October 03, 2013, 01:58:02 AM
Deel graag hierdie video vandag:
http://www.youtube.com/watch?v=y_11i3XMe8M
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Angelica on January 10, 2015, 07:35:42 AM
 Dankie vir die plasing namens my Angelica  :notworthy:

* There are multiple reports of rapid deterioration and death when pulmonary vasodilators are used in the presence of pulmonary venous hypertension...

*Pulmonary venous hypertension typically presents with shortness of breath while lying flat or sleeping (orthopnea or paroxysmal nocturnal dyspnea), while pulmonary arterial hypertension (PAH) typically does not.*

Kom stap 'n entjie saam in ons gaapbek-tekkies....

Toe ek aan ons besoekende dokters probeer verduidelik dat dit vir my 'n paar maande gelede onmoontlik geraak het om te slaap in gewone posisie weens die gevoel van jou longe wat gevul word met sement en asemnood wat selfs suurstof nie verlig nie, was hy verbaas en geantwoord dat dit waarskynlik is hoe my liggaam die verhoogde druk wat nog steeds daar is, ervaar. Die toestand gaan nie weggaan nie vertel hy baie simpatiek terwyl hy sy stoel tot reg voor my trek. Ek moet vrede maak daarmee en myself so gemaklik as moontlik 'inrig'.

'n Maand later het die swelling (selfs deur die dag), so pynlik geword dat my arms nie meer teen my sye of bors kon raak nie.

Die nuwe besoekende dokter het my skeef aangekyk toe ek probeer verduidelik en gese dit is nie 'n tipiese simptoom van PH nie en stel voor ek gaan terug na die kardioloog. Ons het gelukkig 'n afspraak gehad vir 'n echo om die volgehoue drukking dop te hou.

'n Dag of twee na die nuwe echo lui ons foon die aand en die spesialis lig my in dat niks verander het nie. Daar is nog steeds verhoogde abnormale druk en op sy verslag knak die volgende woorde weereens my kniege: Pulmonary Hypertension van 58mmHg met dyspnea en nog 'n vloekwoord wat toe na grawe op die internet verduidelik word as 'n 'vetgewassie in die hart' wat bydrae tot die pynlike ongemak en opsigself PH en skielike dood kan veroorsaak!

Beswaard en buite weste bekommerd - opgebid, soek ek van geloofskoers af - weer van vooraf na inligting oor PH en die verskillende betekenisse van die syfers.

*Severity of pulmonary hypertension (mPAP)
Mild = 25-40mmHg
Moderate = 41-55mmHg
Severe = > 55mmHg (some links have 60mmHg as severe)

Volle sirkel gestap op die PH pad en nog steeds verduidelik niemand vir jou wat aan die gang is in jou liggaam nie! Al onraad wat ek bemerk het, is dat die spesialis uit Brisbane (wat die toets kom doen het) deur my verslae gegaan het en my kardioloog vra of ek bewus is van die 'toestand' - waarop hy antwoord: I think so!

?????

Die 'skiep van nog 'n heart beat' het niks te doen gehad met fisiese skete nie lol. Praat hulle asof ek nie in die vertrek reg langs hulle twee is nie! Die bande, naalde en drade weerhou my van opspring en aandring op wat ek van moet/moes weet.

Net 'n nommer op 'n tjek.

Intussen vergerger die simptome stelselmatig en Meraai vannie baai kruip weg vir haarself en geliefde maters. Wil nie meer kuier, dink of gesels nie. Hou op bid en glo. Wou weghol maar ongelukkig neem mens jouself saam

En so doet ek vir klompie weke voort.

Nog 'n besoek later skryf die dierbaarste (nuwe) dokter wel iets voor na hy hot en haar gebel het, belowe my dit sal help met vog wat opgebou word en die hartfunksie verbeter; wat verligting bring maar hy kan ook nie verduidelik hoekom ek die sementgevoel ervaar wanneer ek horisontaal verkeer; hy soek ook nie na antwoorde nie!

'n Volgende besoek stel die volgende dokter voor dat ek nou op PH medikasie geplaas word nadat ek die afgelope ruk net vir rukkies kan sit voordat dit voel of die sementgevoel my ribbes deur my vel gaan forseer en ek meeste kere net 'n paar ure kan slaap selfs in geligde posisie. Oi. Ek bejammer myself so, tot ek besef my trane hol die grond onder my voete uit - ek begrawe myself lewendig.

Op 'n dag kry ek genadiglik myself aan die kraag beet en besef ek sal self moet soek vir antwoorde terwyl ek nog kan skop in paaiemente lol. Verwoerd begin ek alles aanpak wat ek nog graag wil - ek craft of dit uit die mode gaan en my vingerpunte oopbars. Gepleister gaan kuier ek maar weer vir Dr Google met die wete dit veroorsaak nagmerries/stuipe vir dokters. Ek vra hulle nie meer vrae nie. Wat ek raaklees (en kan bevestig uit verskeie bronne) sal ek deel op my manier. Selfkennis is ongelooflike belangrik vir ouens met rare skete.

Selfs 'n eenvoudige mediese prosedure soos aarvoeding - kan jou dood veroorsaak weens verhoogde vog inname. Kennis is mag en in ons geval, kan dit jou lewe red/verleng.

Dit was juis met die laaste dok se voorstel dat ek op vasodilators geplaas word dat ons weer besef het HOE lewensbelangrik die kennis en oorsprong van jou PH vir jou as pasient is, en ek haal weer aan:
'There are multiple reports of rapid deterioration and death when pulmonary vasodilators are used in the presence of (PVH) pulmonary venous hypertension.'

Nie een dokter/spesialis het verdere navorsing gaan doen oor my horisontale ongemak en asemnood nie. As ons die behandeling toegelaat het, kon dit fatale newe effekte gehad het.

Ek sluit af met hierdie laaste stukkie inligting wat ons ook self moes ontdek nadat ons vrae vrugteloos onbeantwoord gebly het deur mediese personeel:

*In chronic thromboembolic pulmonary hypertension (WHO Group IV), the blood vessels are blocked or narrowed with recurrent blood clots, and these clots can lead to release of substances that cause the blood vessels to constrict. This combination of blocked or narrowed vessels and vasoconstriction once again increases the resistance to blood flow and so the pressure within the system rises.
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on January 13, 2015, 09:39:43 AM
Al wat ek kan sê is sterkte Elle en dat ek van harte hoop dat daar antwoorde sal kom vir hierdie toestand. 

As 'n  mens kyk na hoeveel keer hierdie onderwerp gelees is, kan ons sien dat die probleem erg toeneem.  Daar is beslis 'n behoefte aan meer kennis.

Dankie dat jy dit met ons gedeel het en indien jy meer inligting kry sal ons dit waardeer as jy dit ook deel.

Groot liefies vir jou en drukkies.
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Angelica on January 17, 2015, 01:28:54 PM
PM, ons is ekstaties om jou hier te sien.  Ons verlaaanggg... :crybaby2:
Die inligting onder is vanaf Meraai.  Sy het my gevra om te plaas omdat sy nie meer toegang tot die Forum het en die onderwerp so gewild is.
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on January 20, 2015, 12:54:27 PM
Skuus vir die foutjie.  :bootyshake:

Dankie vir jou moeite matertjie.  :love7:
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Angelica on February 07, 2015, 02:42:42 PM
Nee wat, geen foutjie. 
Ek help met die oordra van inligting. 
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Angelica on February 09, 2015, 06:51:48 PM
Dankie AB.
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on February 20, 2015, 01:52:49 PM
Welkom terug Raaitjie.  :hello2:
Met 'n onderwerp wat amper 35 000 keer gelees is, kan 'n mens sien dat dit 'n nagmerrie is.  Baie dankie dat jy nog steeds inligting voorsien, ek is seker almal wat belang daarby het waardeer dit.
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on February 21, 2015, 01:39:29 AM
Verseker is hierdie nie 'n onderwerp wat jy gaan lees vir ontspanning nie PM.
Die ouens wat hier kom dwaal is bekommerd oor hulle self of 'n geliefde/bekende
en soekende na antwoorde/bevestiging van vermoedens.

Soos belowe wil ek graag die volgende fotos deel hoe ons die probleem met
horisontale ongemak, gepaardgaande met hartversaking, vergemaklik het.

Heel eerste het Outop vir my 'n uitskopstoel in ons kamer neergesit. Vir 'n paar
maande was dit my 'bed' en kon ek weer saam met hom in ons kamer 'slaap'.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC00357_1.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC00357_1.jpg.html)

Hierna het ons die dubbelbed verruil vir twee enkelbeddens wat kan lig in
verskillende posisies en ook 'n masjeerfunksie het. Dit het gevoel of ons
wittebrood-dae herleef toe ons weer langsmekaar kan hande vashou saans.
Ongelukkig na 'n paar maande was die hoogste verstelling ook nie voldoende
nie en moes daar weer plan gemaak word. Ontdek ons 'n driehoekkussing.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC00361.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC00361.jpg.html)

Sodoende kry die verstelbare bed nog so hupstootjie en word my gedwaal
soos 'n dief in die nag heelwat minder. (Al wanneer daar regtig verligting kom
is as jy staan en om dit 24/7 te doen is Grompie en padkaartbene jou voorland;
raak jy nariglik jaloers op slapendes)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC00360.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC00360.jpg.html)
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on February 21, 2015, 09:03:31 AM
Ons het 'n soorthelyke ervaring met my mammie gehad.  Sy is met longemfiseem gediagnoseer en kon later net in 'n uitskopstoel sit en slaap.  Dit was nag.  Sterkte my matertjie. 
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on February 22, 2015, 05:19:48 AM
Ek kan dink hoe moeilik dit vir julle as gesin moes wees om haar so te sien PM. 'n Mens kom eers agter hoe kosbaar is die voorreg om gemaklik te kan slaap as jy dit skielik nie meer kan doen nie en stoelslaap jou voorland word. Dankie ook vir die mooi Afrikaanse woord (uitskopstoel). Ek het 'recliner' vervang met dit in my vorige plasing. Wat pasiente ook moet onthou is dat edema een van die nare simptome van PH is.

Soos reeds voorheen verduidelik, presenteer simptome eers wanneer die siekte reeds in gevorderde stadium is en die linker-/regterhart sukkel om normaal te funksioneer. As jy dus ongemak begin ervaar met swelling, noem dit aan jou dokter/spesialis. Waterpille (volksmond) bring wel verligting. Soms is dit nodig om verskillende medikasies te kombineer sodat die liggaam ontslae kan raak van die ekstra vog.  Hou die skaal dop, skielike gewigstoename is 'n goeie aanduiding dat jou hart onder die abnormale las van verhoogde drukking, nie meer byhou nie.

Ek gaan 'n opsomming wat ek van PH gemaak het, met die lesers deel. Dit is dalk 'n goeie idee om hierdie te druk en bewaar as jy vir later moedeloos raak om te verduidelik presies wat Pulmonary Hypertension is. Verskoon die Engels asb.

PULMONARY HYPERTENSION

Pressure in the heart-to-lung system greater than 30 mmHg at rest.
Underlying lung and heart diseases can cause secondary PH.
Left untreated this abnormal pressure leads to heart failure and death.
Measured by an echocardiogram at first to estimate pulmonary pressure.
Once diagnosed, evaluation by right heart catheterization is necessary.
Never ignores breathlessness, fatigue, dizziness, nausea and palpitations.
Advanced PH substantially shortened life-expectancy.
Rare progressive disease which too often is misdiagnosed or overlooked.
You will need coping strategies/support on this 'new normal' journey.

High altitudes could worsen shortness of breath/symptoms.
Young patients have to be treated with adult medication.
Progressed illness leads to edema, chest pain, bluish lips/skin/hands/feet.
Early diagnoses can mean the difference between life and death.
Remember - anesthesia can be a dangerous procedure for PH patients.
There is a difference between PAH and PH! 
Effective treatments for the 5 different kinds of PH are crucial.
Narrowed blood vessels due to blood clots can cause PH.
Systemic blood pressure (main arteries)different from pressure in pulmonary arteries.
Idiopathic pulmonary hypertension (IPH) - no cause of pressure in lungs can be found.
Orthopnea/dyspnea (shortness of breath) while lying down,can be a sign of heart failure.
No known cure yet.
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on February 23, 2015, 04:07:15 AM
Ons bekendmakingsveldtog teen die asemdief het 'n splinternuwe "Misdaad-gedaante" verkry. Die karaktertjie word grafies geskep deur skoondoggie Marina en afgerond met 'n paragraaf deur die woorddief. Na slegs drie dae in die kuberruim, het ons alreeds 300 lesers bereik en glo dat die kort, humoristiese aanslag van die 'Asemdief'  'n hart of twee sal aanraak en persone wat vermoed iets is liggaamlik nie wel nie, sal gaan aanklop vir mediese hulp.
 
*Misleidende simptome het speurders weereens laat kopkrap op 'n raar misdaadtoneel
 waar bloedklontjies die enigste leidraad was.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Simptome_1.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Simptome_1.jpg.html)

*007 Die woorddief, was dadelik 'n hoofverdagte in die onlangse misdaad
 nadat twee letters uit die alfabet vermis is na vele dwaalspoor-ondersoeke.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Woordief%20word%20asemdief_1.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Woordief%20word%20asemdief_1.jpg.html)

*M & M Voorbladnuus: Verdagte gee haarself oor na 'n mislukte ontsnappingspoging.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Flippen%20pypies_1.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Flippen%20pypies_1.jpg.html)

*"Asemrowend" was die dubbelsinnige opmerking wat die media herhalend gemaak het
op die regter se uitspraak in 'n volgepakte hofsaal, waar lede van die mediese professie
soms lelik kleigetrap het tydens kruisverhoor.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Dr%20Regter_1.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Dr%20Regter_1.jpg.html)

*Kameras het geflits terwyl die beskuldigde weggelei is.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/PHrison_1.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/PHrison_1.jpg.html)

*Daar is verneem dat appél aangeteken is teen opgelegde vonnisse namens al die PH'ers
in gevangenisse, wêreldwyd.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/PHind%20a%20cure%20to%20set%20us%20free.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/PHind%20a%20cure%20to%20set%20us%20free.jpg.html)

*Na die vonnisoplegging in Julie 2012 het dit nou in 'n eksklusiewe onderhoud met die woorddief,
 aan die lig gekom dat daar gewoeker word met die saamstel van 'n biograPHie en die naakte feite
 word openhartig bespreek.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/PHifty%20shades%20of%20grey_1.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/PHifty%20shades%20of%20grey_1.jpg.html)






Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on February 24, 2015, 12:46:26 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Breathing%20keeps%20you%20alive.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Breathing%20keeps%20you%20alive.jpg.html)

Gesteelde asempies stel PH'ers in staat om 'n stukkie normaal in hulle lewe terug te bring. Onlangse navorsing het ook bewys dat dit waarskynlik help voorkom dat drukking in die longare aanhou verhoog en sodoende lewensverwagting verleng, veral vir pasiente wat onder die WHO Group 3 Pulmonary hypertension owing to lung disease and/or hypoxia val.
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on March 01, 2015, 12:09:36 PM
Ek ontvang gereeld vrae oor hoe 'n mens kan vasstel of jy PH het of nie. As jy vermoed dat jou simptome verband hou met drukking in die longare is die eerste stap om jou dokter te spreek. Onthou dit is NIE moontlik om drukking in die longare te toets met 'n gewone bloeddruktoets op jou arm nie! Dring aan om gestuur te word vir 'n echocardiogram. Indien abnormale druk in die pulmonêre slagare dan wel gediagnoseer word is die regterhartkamerkateter (RHC) die enigste betroubare toets om seker te maak of die drukking 'pulmonale arteriële hipertensie (PAH)' is of 'sekondêre pulmonale hipertensie (PH)' weens ander siektetoestande, voordat enige behandeling oorweeg kan word.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/PH%20cannot%20be%20tested%20with%20a%20cuff.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/PH%20cannot%20be%20tested%20with%20a%20cuff.jpg.html)
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on March 02, 2015, 02:25:55 AM
Elke teug - 'n oorwinning - in die 02 stryd!

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Share%20our%20war.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Share%20our%20war.jpg.html)
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on March 04, 2015, 12:55:57 AM
Hier is 'n kort video waar Denneys Niemandt gesels met Liesel Kruase Wiid oor Pulmonale Hipertensie.

https://www.youtube.com/watch?v=fbqpt86zuMA
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on March 04, 2015, 03:03:26 AM
Ek sukkel om stil te sit op die oomblik  :hello2:
In 'n soektog na nog inligting in Afrikaans oor PH kom ek vanoggend op hierdie berig af oor Gerald Maarman, wat op 16 Desember ’n doktersgraad van die Universiteit Kaapstad ontvang het en is die program SciMathUS (Science and Mathematics at Stellenbosch University) se eerste doktorale gegradueerde. My eerste reaksie was in hoofletters: IS DAAR UITEINDELIK 'N TEENVOETER VIR DIE ASEMDIEF GEVIND?

Maarman het sy MSc-graad in Mediese Fisiologie met ’n fokus op kardiovaskulêre afwykings en farmakologiese intervensies aan die US voltooi. Sy navorsing vir sy doktersgraad het bewys dat die hormoon melatonien effektief pulmonale hipertensie en hartversaking genees.

“Die hart was nog altyd een van die organe wat my gefassineer het. Pulmonale hipertensie is een van die oorsake van hartversaking en daar is geen kuur daarvoor nie. Daarom het ek besluit om my navorsing te fokus op hartsiektes, veral hartversaking.”


Bron: http://www.eikestadnuus.co.za/articles/articledetails.aspx?id=220023

http://pvri.info/content/effects-melatonin-treatment-cardiac-function-model-pulmonary-arterial-hypertension

 :notworthy:  :toothy4: :hello2: Ek jubel en juig diekant van die aardbol. Vanaand het hierdie slimme dokter ons op FB positief geantwoord op die berigte!

Gerald Maarman:Dis inderdaad 'n klein wereld. Eks bly die berig daar uitkom. Daar is voorwaar HOOP. Ons beplan 'n "Clinical Trial" binne die volgende weke.
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on March 05, 2015, 09:58:44 AM
Dit is wonderlike nuus Raaitjie.   :hello2:  Ek hoop van harte dat daar 'n oplossing is. 
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: adele on March 05, 2015, 06:09:41 PM
Pulmonale Hipertensie  ............ spesiaal vir Meraai en Petra, vriendinne saam met wie ek oor die suidpool sal stap.

My vriendin en versameldief van woorde
en digkuns en van vele waarde
in kookkuns en poppespelkorale,
haar asem is mos so jaar of drie gelede heen
uit hulle huisie doer ver weg gesteel

lieflingkind van Hom het sy gebly
het Hy haar deur die kuberruim gelei
om ander in nood te steun
wanneer hul longe bly kreun
smagtend na suurstof bly hyg
hul na elke strooihalm gryp

kom kuier asseblief nou tesaam
met hierdie mense sonder naam
dalk vind jul uit ’n naby geliefd’
is ook besteel deur die asemdief
dan kan jul vertel van dubbele hel
wat hart en long en menswees neervel

kom leer in Afrikaans
wanneer pulmonale bloeddruk
en klonte long en hart beseer
en die dood om elke hoek en draai
wegkoes sodat iemand hom nie keer
maar as hy die dag kan inglip
neem hy selfs kinders met hom mee

©adéle theron
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on March 05, 2015, 11:41:20 PM
 :notworthy:
Woorde is daar nie genoeg om my dankbaarheid te beskryf nie Adéle. Stywe druk vir jou matertjie. Ek het hierdie dadelik gaan bewaar by Asemdief se blad.

PM, hierdie wonderlike nuus het so baie mense weer moed gegee om aan te hou veg. Het gister 'n pragtige briefie ook gekry van Gerarld Maarman waarin hy belowe het om ons op hoogte te hou van die 'clinical trial'. Is dit nie amper ongelooflik om te dink dat ek die voorreg sou he om met die man te gesels wat die afgelope vier jaar al navorsingswerk doen aan 'n geneesmiddel vir hierdie aaklige monster nie! Hy erken self dat dokters tot nou te min geweet oor hierdie siekte, om 'n kuur te kon ontwikkel.

Ek wil graag ook jou S-woordskepping hier deel. Wou dit saam met Adele se pragtige gedig plaas by die FB blad, maar ongelukkig het die struktuur helemal verlore gegaan.
Dankie vir julle omgee  :love7:

 (http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC02113.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC02113.jpg.html)
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on March 06, 2015, 02:57:53 AM
Geen koets vir die PHrins of PHrinses as jou klok 12 slae slaan nie.
Daar is wel 12 middels beskikbaar om simptome te verlig en lewenskwaliteit
te verbeter, maar huidiglik nog geen geneesmiddel beskikbaar nie.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Not%20a%20PHairy%20Tale.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Not%20a%20PHairy%20Tale.jpg.html)
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on March 06, 2015, 02:03:18 PM
Adele, ek snik my hart uit.  Dit is so treffend geskryf!  Mag ons altyd hande hou en verby die pole stap.   :love7:

Ek het al vergeet van daai es-woorde Raaitjie.   :crybaby2:
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Angelica on March 09, 2015, 05:31:34 PM
Jinne, ek is so sonder enige hulp in hierdie verskriklike tyd waarin jy jou bevind.
Wat se ek? 
Net dat ek jou sterkte toewens.  Jou mense sterkte toewens. Dat jy vreugde sal vind in dinge en mense wat dierbaar is.
Wat kan ek doen?
Ek kan bid.  Daagliks vir jou bid. Dat jy die moed sal kry om voort te gaan.
Lief jou, vriendin.
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on March 10, 2015, 02:16:03 AM
 :love7: :notworthy: :icon_cheers:

Liefste Elle, dit is die liefde, onderskraging en omgee van mensies soos julle
wat dit moontlik maak om aan te gaan en terug te veg. Gereeld daardie
humorpilletjies te sluk sodra die ongemak; vrees vir die toekoms en onbekende
jou kniege wil kom knak, is oorlewing vansigself. Soos met alle veranderde
omstandighede pas jy gou aan by die 'nuwe normaal'.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Tel%20jou%20seeninge.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Tel%20jou%20seeninge.jpg.html)
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on March 11, 2015, 05:06:17 AM
Vir vroue met pulmonêre hipertensie hou swangerskap 'n  lewensgevaarlike risiko in weens hartversaking, hiperstolbaarheid van bloedtoevloei en afname in sistemiese vaskulêre weerstand. My PHriendin se pragtige seun is d.m.v surrogaatskap gebore.

Ek het hierdie poppie gemaak in die kleure van ons bewusmakingsveldtog in die soeke
na 'n geneesmiddel sodat vroulike pasiente 'n veilige swangerskap mag ervaar.
 
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Pregnancy%20can%20be%20PHatal_1.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Pregnancy%20can%20be%20PHatal_1.jpg.html)

Vroue met pulmonale hipertensie het 'n hoë risiko van morbiditeit en mortaliteit tydens swangerskap. Die onvermoë om kardiale omset te verhoog kan lei tot hartversaking terwyl verdere risiko's aanleiding kan gee tot hiperstolbaarheid en afname in sistemiese vaskulêre weerstand. Daar is geen bewyse dat die nuwe gevorderde terapie vir pulmonale hipertensie die risiko kan verlaag nie, maar 'n paar belowende resultate is aangemeld.

Derhalwe word vroue met PH nog steeds ten sterkste afgeraai om swnager te word. Wanneer swangerskap voorkom en beëindiging daarvan geweier word, moet swangerskap en geboorteproses deur multi-dissiplinêre dienste met ondervinding in die hantering van beide pulmonêre hipertensie en hoë-risiko swangerskappe.

http://www.ncbi.nlm.nih.gov/pmc/articles/PMC3221745/
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on March 12, 2015, 12:56:41 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Viagra%201.png) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Viagra%201.png.html)


Stel jou hierdie toneel voor in 'n klein plattelandse dorpie waar
almal alles van mekaar af weet en niemand bewus is van die feit
dat hierdie berugte pilletjie ook 'n effektiewe behandeling is teen
die gewraakte swelling en vermindering van inflamasie wat maar
twee van die nare simptome van PH is.

Sildenafil (Revatio) word voorgeskryf vir Primary Pulmonary Hypertension
dit verwyd die are na die longe sodat bloed makliker kan vloei en sodoende
word die las op jou hart verlig.

http://pulmonaryhypertensionnews.com/2014/08/26/pulmonary-hypertension-viagra-researchers-discover-novel-mechanisms-of-sildenafil-for-disease/

http://www.patient.co.uk/medicine/Sildenafil-for-pulmonary-hypertension.htm
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on March 15, 2015, 08:21:46 AM
Behalwe asemnood is die gevaar van hierdie siekte die verhoogde las wat op die hart se werking geplaas word.

PH leads to right ventricular (RV) overload and finally RV failure and possible death.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Feeling%20out%20of%20shape.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Feeling%20out%20of%20shape.jpg.html)

http://heart.bmj.com/content/101/4/311.short?g=w_heart_education_tab
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on March 16, 2015, 10:34:13 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/We%20share%20because%20we%20care.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/We%20share%20because%20we%20care.jpg.html)

http://www.medicinenet.com/pulmonary_hypertension/article.htm

http://www.htv.com.pk/health/7-things-you-should-know-about-heart-health
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on March 23, 2015, 01:36:33 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/PHind%20a%20cure.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/PHind%20a%20cure.jpg.html)

Dit breek jou hart in 'n duisend stukkies elke keer as jy lees dat nog 'n PH kindjie
sy/haar 'vlerkies' gekry het. Daar is nie spesiale medikasie om simptome te verlig
vir hierdie pasiëntjies nie. Volwasse dosisse moet aangepas word.
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: adele on March 23, 2015, 05:51:59 AM
dis asof dit iemand langs my ook is, soveel seer raak my wanneer jy iemand groet, mag vandag vir jou skielik baaaie makliker wees, vriendin xxxxx
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on March 24, 2015, 01:09:16 AM
Dankie vir die omgee Adele! 'n Mens word lief vir elke kindjie wat op jou gebedslys is en as hulle die stryd verloor is dit soos jy skryf, 'n seer wat jouself ook raak.
Vandag wil ek drie skakels los vir ouers wat aan hulle kinders of familie se kinders wil verduidelik wat PH is. Dit is 'n pragtige grafiese voorstelling wat deur 'n mediese student gedoen is.

https://www.youtube.com/watch?v=2sNafI8utlE

https://www.youtube.com/watch?v=BmPOeuh1pio

https://www.youtube.com/watch?v=fPfuBwP3Q-E

Ek het ook gister 'n versoek ontvang van die PH ondersteuningsgroep in Australia om op hulle raad te dien wat vir my 'n groot voorreg en geleentheid is om my deel van bewusmaking uit te dra. Daar is reeds sprake van 'n tweetalige boekie vir kinders en hulle het gevra of ek die Afrikaanse deel sal behartig. Hou saam ons duime vas dat die projek 'n werklikheid word.
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on March 24, 2015, 05:24:18 AM
Meeste van hierdie gevare verbonde aan suurstofverbruik het ek nog nooit eers van gehoor nie. Enigste ene wat ek op daaglikse grondslag mee 'n oorlog voer is die verstrengeling en natuurlik vanoggend toe slaan ek soos 'n os neer.

Hak my voet aan die koord van my masjien. Genadiglik niks gebreek behalwe 'n erg gekraakte ego. Wonderlikbaarlik kon ek 'n pleistertjie, so voel-voel plak waar daar piepkleine skraapplekkie was wat halstarrig nie wou ophou bloei nie! Bloed en ek was van geboorte af aardsvyande!

Suurstofterapie: Veiligheidswenke vir die voorkoming van brande en ander ongelukke

Die potensiaal vir 'n brandgevaar rondom rondom die gebruik van suurstof is  wyd bekend. Dit word egter soms vergeet of oor die hoof gesien. Daar is 'n paar eenvoudige voorsorgmaatreëls wat getref kan word om 'n veilige tuiste te skep by die gebruik van suurstof.

* Suurstofhouers moet ten minste 5-10 voet weggehou word van gasstowe, kaggels, koolstowe, kerse of ander bronne van oop vlamme.

*Vermy die gebruik van elektriese skeermesse tydens die neem van suurstof, weens die gevaar van vonke

*Moenie olie, vet of petroleum-gebaseerde produkte op suurstoftoerusting gebruik nie. Vermy die persoonlike gebruik/nabyheid daarvan terwyl jy suurstof neem. Hierdie materiaal is hoogs vlambaar in die teenwoordigheid van suurstof.

* Vermy petroleum-gebaseerde melke of room, soos Vaseline, op jou gesig of bors. Maak seker van die bestanddele van sodanige produkte voor aankope.

* As jy 'n velbevogtiger gebruik, oorweeg kakaobotter, Aloe Vera of ander soortgelyke produkte.

* Vir verligting van droë neus, gebruik water-gebaseerde produkte.

* Plaas waarskuwingstekens in elke kamer waar suurstof in gebruik is. Maak seker dat absoluut dat niemand in die huis of motor rook waar suurstof in gebruik is nie.

* Sorg dat suurstofsilinders stewig geanker is om te verhoed dat soos 'n missiel deur die vertrek gaan wanneer dit per ongeluk omgestamp word en die gas ontsnap.

* Wees versigtig as jy beweeg met die suurstofpypies, dit kan maklik verstrengel raak om jou bene en selfs vashak aan die meubels ens.

* Wees vertroud met die toerusting en die mediese toerustingverskaffer se veiligheidsinspeksies. Hou hulle kontak telefoonnommers, en die nommers vir ander nooddienste, naby jou telefoon.

* Moenie probeer om stukkende toerusting op jou eie te herstel nie. Kontak die verskaffers.

Maak seker brandalarms (rookverklikkers) is effektief en daar is nuwe batterye geïnstalleer.  Gaan dit maandeliks na. Sorg dat daar 'n goeie kwaliteit brandblusser in die huis is.

*Beplan en oefen 'n ontsnappings- en reddingsplan in die geval van 'n brand.

* Stel die plaaslike brandweer, gas en elektriese maatskappye en telefoon maatskappy in kennis wanneer daar met suurstofterapie in gebruik is. Versoek 'n "prioriteitsdiens notering." Dit is vir daardie tye wanneer daar 'n krag of telefoon onderbreking/herstelwerk nodig is.

Bron: http://www.m.webmd.com/a-to-z-guides/safety-tips-for-using-oxygen
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: adele on March 24, 2015, 01:45:53 PM
 :icon_biggrin:   :wave:  giggel ek nou vir daardie geknakte ego ... en daar is nie pleisters daarvoor nie, net humor.

ek lees nou hierdeur en kan nie glo hoe gevaarlik suurstof kan wees in teenwoordigheid van verkeerde goed nie. Dankie Raaitjie xx
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on March 25, 2015, 12:13:09 AM
Voorreg om te kan deel Adele  :love7:

Vandag wil ek inligting deel oor die gevare van bloedklonte. Een van ons PH admin lede
het haar vlerke gekry en sy haal nou vrylike asem. Bloedklonte in die longe was hierdie
keer fataal  :crybaby2:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Blood%20clot%20awareness%202.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Blood%20clot%20awareness%202.jpg.html)

DVT (diep veneuse trombose) vind plaas wanneer 'n bloedklont vorm in die diep are, gewoonlik in die pelvis of been. DVT kan gevaarlik wees op die volgende twee maniere:

In die eerste plek kan DVT dodelik wees indien 'n bloedklont afbreek vanuit die are in die been en deur die hart na die longe gaan.  Komplikasie van pulmonale embolisme (PE), veroorsaak tussen 100,000 en 180,000 sterftes per jaar in die Verenigde State van Amerika.

Tweedens, as gevolg van bloedklonte kan arem permanent beskadig word. Ongeveer die helfte van DVT oorlewendes het probleme met langtermyn beenpyn, swaar gevoel met gepaardgaande swelling wat beweging bemoeilik, veranderinge in velkleur en oop been sere kan meebring . Hierdie toestand, bekend as post-trombotiese sindroom (PTS) of "chroniese veneuse ontoereikendheid," kan lewensgehalte aansienlik benadeel.

Bron: http://www.sciencedaily.com/releases/2011/03/110305105233.htm

http://www.webmd.com/dvt/ss/slideshow-deep-vein-thrombosis-overview
 
http://www.webmd.com/drugs/2/drug-9412/phenergan+injection/details/list-sideeffects
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on March 26, 2015, 12:08:09 PM
Na aanleiding van ons vorige plasing oor bloedklonte wil ek die volgende inligting weer deel uit my eie ervaring. Het dit 'n tyd gelede as kommentaar geplaas.

Simptomes van TIA's (mini of ligte beroerte):

*Skielike onverstaanbare emosionele veranderinge.
*Teisterende hoofpyne.
*Onvermoë/probleme om musiekinstrumente te bespeel.
*Moeisame/onsamehangende taalgebruik. Veral die letter 's' en 'r'.
*Die spelling en betekenis van woorde raak vreemd.
*Dele van liggaam wat lam/dood/swaar voel en traag is om te reageer.
*Een deel van gesig wat anders vertoon as die res (veral merkbaar wanneer mens op jou tande byt of letter 's' uitspreek)
*Wanneer daar liggies met 'n naald op die liggaam gesteek word, is een kant onmiskenbaar meer gevoelig. Veral voelbaar op die 'blaaie' van jou rug.
*Probleme om alle daagste takies uit te voer bv. koffiemaak/aantrek/hoe die wasmasjien en ander toerusting in die huis werk.
*Kan nie onthou wat die funksies van die motor se pedale is nie.

Meer ernstige simptome:

*Totale verwarring en beelde raak verwronge.
*Alles word pers. Onvermoë om te onderskei tussen kleure.
*Geen benul van gewone optel/aftrek van syfers nie.
*Kan nie die opdrag om te spring of op een been te staan, uitvoer nie. Brein weier om saam te werk.
*Herken nie gesinslede nie.
*Onthou nie wie jy is/waar jy woon/waar jy is en watter dag of maand dit is nie. (Ek ry nou nog met 'n nota in my handsak rond met my naam, adres en kontaknommers indien dit weer gebeur.)
*Bewussyn verloor.

Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on March 27, 2015, 11:40:04 AM
Dit is 'n lang en moeilike aanpassing.  'n Mens voel onbevoeg, skaam en van jou menswees ontneem.  Nee, dit is nie lekker nie! 
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on March 29, 2015, 09:27:13 AM
So so waar PM! Dankie mater vir jou getroue ondersteuning vir hierdie bewusmakingsveldtog op jou blad en vir toegang weereens verleen sodat ons kan volhard daarmee. My wens vandag is dat 'vrylik asem haal/breathe easy' 'n lewensreg vir almal sal wees en nie 'n grafskrifboodskap soos huidiglik vir pulmonale hipertensie pasiente nie.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Breathe%20easy%20should%20not%20mead%20RIP.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Breathe%20easy%20should%20not%20mead%20RIP.jpg.html)

Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on April 02, 2015, 09:18:46 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/PHight%20back.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/PHight%20back.jpg.html)

Dit is so belangrik vir PH pasiente om te besef dat dit nie 'n skande is om te rus as jy moeg voel, of wanneer dit jou skielik baie langer neem om normale dagtake af te handel nie - jy pas aan by die 'nuwe normaal' in jou lewe. Vir my is dit belangrik om nog 'mooi' te lyk vir die man aan my sy al voel mens gedaan en oor die muur; kan jy nog steeds straal en alles om jou pers verf!

Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Naas on April 02, 2015, 09:41:31 AM
Met so 'n positiewe aanslag gaan "Pap Henna" se  :bootyshake: geskop word. Outop is voorvoor 'n kenner van edelstene want hy het vir homself 'n blink diamant gekies as lewensmaat.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on April 02, 2015, 10:06:42 AM
Dierbaarste maat van ons, die skaal hel hier swaar na my kant toe. Geseend is ek voorwaar. En met vriende soos jy aan ons sy, wie kan dan ooit beswaard deur die lewe gaan  :love7: Ons het geleer hoe kosbaar tyd, sekond vir sekond is. 'n Gawe wat jy met hand en tand, hart en long aangryp en verslind soos 'n vraat  :angel4:
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on April 15, 2015, 05:53:55 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Attitude%20goes%20hand%20in%20hand%20with%20Ability.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Attitude%20goes%20hand%20in%20hand%20with%20Ability.jpg.html)

Strategie is 'n magtige wapen in enige geveg. Dit geld ook in die magsstryd om jou menswaardigheid te behou as 'n PH pasiënt. Sodra jy 'ek kan nie meer nie!' verplaas met 'hoe kan ek nog?' is die stryd teen onvermoë, halfgewonne.
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on April 20, 2015, 10:43:54 AM
As daar ooit medaljes uitgedeel word aan versorgers, stoot ek my Outop tot heelvoor in die koor! Hy het noodgedwone ontpop in 'n kranige kok, 'n haarkapper van formaat en 'n sielemaat geskep uit die Heer se Hand. Met hierdie plasing wil ek my dank betuig aan hom, my versorger die afgelope drie jaar wat vir geen taak terugdeins nie. Dankie liefste Outoppie!
 
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Carers.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Carers.jpg.html)

*foto geneem deur ons oudste seun tydens 'n kersseisoen-kuier by hulle verlede jaar.
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Naas on April 20, 2015, 12:37:40 PM
If ever there was a love more beautifully expressed I would like to see it.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on April 20, 2015, 11:44:38 PM
Versorgers/Caregivers se bydrae en opoffering is onvervangbaar in die samelewing.
 :notworthy: :icon_salut:

Ons is werklik 'n geseende paar Naas! Persoonlik dink ek dit is baie moeiliker vir die versorger van 'n pasient as vir die maat met 'n 'skeet'. Baie dae gewens ek kon die hartseerlyne  om Outop se mond wegneem. As ek myself probeer indink in sy posisie as die rolle omgeruil sou wees, wil ek gaan wegkruip. Hy verdien werklik 'n medalje. Statistieke bewys dat vroue eintlik beter versorgers is as die manne. Egskeidingsyfers styg met 6 persent in die gevalle waar die versorger manlik is en in die geval van vroue versorgers was daar geen styging in die syfers nie.

Die rol van versorgers word te dikwels misgekyk en hulle kan ook emosioneel en fisies 'uitgebrand' raak. 'n Breekkans vir hulle is net so belangrik. Ongelukkig is daar nie baie hulp beskikbaar vir hierdie engele nie.





Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Angelica on April 25, 2015, 01:30:27 PM
Wow, Meraai!!!!
Ek sal op my kniee bly om God te bedank vir 'n man met soveel liefde.
Outop, jy is TOPS.  Dankie dat jy ons vriendin so bystaan en so liefhet. 
 :headbang:
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on May 06, 2015, 11:31:35 AM
Nou weet jy hoekom loop ek so oor van dankbaarheid liefste matertjie! Waar ons nou ook al gaan met verlof, stoot of dra Outop ewe geduldig die geleende asems op wieletjies  vir wanneer dit nodig word. Sy soort is min, ek weet dit diep uit my dankbare hart.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC01867.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC01867.jpg.html)

 
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on May 23, 2015, 12:22:43 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/IMG_1519%201_2.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/IMG_1519%201_2.jpg.html)

Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on June 02, 2015, 12:40:15 AM
Soms is dit so moeilik om vir iemand te beskryf hoe jy voel. Suzanne Kenner, 'n mede PHer se woorde is in die kol.

Just something to help others understand how we may be feeling at times.

"Having Pulmonary Hypertension means that many things change. Just because you can't see the changes doesn't mean they aren't real.

Most people don't understand much about this disability/disease and its effects, and of those that think they know many are actually misinformed. In the spirit of informing those who wish to understand...

These are the things that I would like you to understand about me before you judge me...

I am scared. I don't know what the future holds for me. Will I end up dead or will I be one of the lucky ones. If you find me being quiet and reflective, please don't think I am upset with you. I am trying to sort out my fears.

I am angry. PH has taken so much away from me. I can no longer do many of the things I enjoy doing. I sometimes have difficulty just completing simple tasks. If I appear angry please understand it is PH I am angry with, not you.

Please understand that having PH doesn't mean I'm not still a human being. I have to spend most of my day being very careful about what I do, and if you visit I might not seem like much fun to be with, but I'm still me stuck inside this body. I still worry about school, work, my family and friends etc, and most of the time I'd still like to hear you talk about yours too.

Please don't assume you know what is best for me. PH has affected my lungs and such, not my mind. I am capable of making my own decisions. If I make the wrong decision, it is I who has to deal with the consequences. I still want to be part of the "gang." Please continue to invite me to participate in activities. I'll decide if I am capable of it. You may think you are being considerate by not inviting me to go out with everyone else, but it hurts when you exclude me. Maybe it's just that I can't do what everyone else can.

Please don't tell me you know how I feel. You don't. Don't offer me sympathy; I don't want your pity. But do offer me support and understanding, which I appreciate. I know sometimes I look perfectly healthy, but looks can be deceiving. Please understand that I am dealing with invisible pain. Even on a good day I feel like you do when you run a mile. Please keep that in mind.

Please understand the difference between "happy" and "healthy". When you've got the flu you probably feel miserable with it, but I've been sick for years (PH is a rare disease) even if I was only diagnosed recently, I can't be miserable all the time, in fact I work hard at not being miserable. So if you're talking to me and I sound happy, it means I'm happy. That's all. I may be tired. I may be in pain. I may be sicker than ever. Please, don't say, "Oh, you're sounding better!" I am not sounding better, I am sounding happy. If you want to comment on that, you're welcome.

If you want to suggest a cure to me, please don't. It's not because I don't appreciate the thought; and it's not because I don't want to get well. There is NO cure for PH."

Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Naas on June 02, 2015, 10:43:28 AM
 :wave: :icon_bigsmurf: :icon_salut: U
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on June 02, 2015, 11:00:27 PM
 :icon_salut: :notworthy: Groot dankie Naas.

Ek vermoed baie van ons PH lesers in SA het moontlik met Denneys Niemandt Snr van PHSA kennis gemaak. Hy het weens gesondheidsredes bedank as voorsitter en kommitee-lid. Ons bid hom en sy gesin sterkte toe.
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on June 05, 2015, 03:49:31 AM
Daar word deesdae meer openlik uitgewei oor hoe persone met 'n 'onsigbare kwaal' voel as ongemaklike vrae gevra word. Ek het so paar dae gelede Suzanne se plasing gedeel. Baie van dit het ek (veral in die begin van ons eie PH pad) ervaar. Met tyd, het wysheid genadiglik gekom en hanteer ek die vrae en opmerkings baie beter. Moet erken, 'n mens voel effens soos 'n sketevraat as hulle jou opsom met 'jy lyk glad nie siek nie...?'

Die klem op die laaste vier woorde was lank 'n dolk in my ontstuimige gemoed en dan was ek baie keer lus om sommer skeef te antwoord!  :icon_bigsmurf:

Moeilike situasie want niemand anders kan sien hoe ons regtig voel nie - hoe moet hulle dus weet as jy op slegte dae van binne 'ongesoomd rafel'? Niemand anders wil ook van lig tot donker hoor hoe bang, onseker en siek jy voel nie. Dit is menslik. Elkeen van ons dra ons eie kruise. Sommige meer sigbaar as ander.

As ek dus 'n kompliment ontvang van jy lyk goed/mooi/gesond ens. besef ek trots dat die ouvrou nog byhou. Niemand sien die gespook agter die skerm om nog so 'goed' te lyk nie. Soos iemand in 'n kommentaar so gevat opgemerk het - ek lyk so danksy 'n positiewe lewens-uitkyk en my grimering natuurlik :toothy4: :headbang:

Ek het opgehou om te verduidelik van rare skete en kwale. Sou iemand vra hoe gaan dit met my, kan ek in alle eerlikheid antwoord: Ek skop nog dankie - al is dit soms in slow motion :hello2:
 
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on June 08, 2015, 07:10:28 PM
Ek verstaan daai deel van "jy lyk gladnie so siek nie!" Ons het ons deel van "siek" gehad die afgelope tyd.
Niemand verstaan ook my vrese dat Hannes se kanker enige dag kan terug keer nie.  Niemand weet van my alledaagse vrese nie. Miskien moet ek maar net vrede maak en weet dat dit die einde van die spoor is?  Help my asseblief!  Waarheen nou?
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on June 09, 2015, 12:31:35 AM
Liefste PM, 'n drukkie van omgee en verstaan vir jou! Vrees en pyn dra ons alleen totdat ons angsbevange besef dit vreet ons van binne op en dan op 'n dag/nag wanhopig uitroep soos jy: Help my asseblief! Waarheen nou? Gaan alles weer begin? Hoeveel tyd is oor?

Met 'n stukkende hart en self soveel onbeantwoorde vrae en vrese, het ek vanoggend oudergewoonte eers weer hier kom inloer na ek gehoor het dat Jenna Lowe (SA PH lyer) haar vlerke gekry en haal nou vrylik asem. Verlede jaar het sy haar nuwe longe ontvang en uitgesien na haar 21ste verjaardag.

http://www.news24.com/SouthAfrica/News/Death-of-organ-donor-campaigner-devastating-20150609

https://www.youtube.com/watch?v=SrYRCciwq3g&app=desktop

In die video gesels Jenna se ma oor hulle kennismaking en oorlog teen PH asook die grootse bewusmakingsveldtogte en pleidooie vir orgaanskenking wat Jenna so moedig gedoen het. Ek het die grootste respek vir haar. Niks het haar gestuit nie. 'n Wonderlike voorbeeld vir ons almal.

 :notworthy: :icon_salut:

Op die waarheen nou het ek nog nie antwoorde gevind nie. Wat ek wel agtergekom het, is dat gedeelde pyn en vrees beter hanteer word. Die styl-styl pad na diagnose/ernstige siekbed en die herstelproses, het sy eie slingerpas met skerp draaie  wat die eindbestemming somber verberg. Sodra ons begin uitreik - die vrese en pyn deel - word ondersteuning 'n kruk. Sonder dit sou ek beslis nie weer regop kon kom op die dae wat kniege knak nie.

Ek het ook geleer dat ongevoelige aanmerkings van hulle wat nie verstaan waarom ons so verander het, onbewus die krukke onder ons uitskop. Selfs skuldig hier aan en as tyd teruggedraai kon word, sou my optredes baie beslis anders gewees het onder so baie omstandighede. Pyn en vrees vir die onbekende toekoms laat mens grommend links en regs hap en selfs byt in so mate dat jy wil gaan wegkruip vir die vreemde 'ek'.

Sou dit nie wonderlik wees as 'n mens met jou uitgestrekte voete voor die vuur en 'n rooietjie in jou hand, openlik kon sit en gesels oor dit wat ons bangmaak nie?

Hier op die forum is ouens wat nog steeds omgee. Ek weet daar is nou klomp maters wat gereed staan met altwee arms om jou vas te hou in die gees en as dit nodig is, gewillig hulle moue ook sal hou! Hier is myne.
 :love7:
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Gawelina on June 09, 2015, 06:36:35 AM
My liewe PM en Raaitjie.  Ek sit met diep seer in my hart na julle en luister.  Dis bitter moeilik om te verstaan as mens  nie weet nie.  Mens moet soms net self in 'n situasie wees om rêrig te verstaan.  Toe ons Januarie vir Tarina gaan inskryf het by die universiteit, het my pa beroerte gekry by die huis.  Daar sit ek in Bloem en hulle sukkel alleen by die huis.  Dankie tog vir vriende wat kon deurjaag met hulle. 

Vandag, 6 maande later, sit ek met iemand wat gedurig in vrees lewe vir die volgende beroerte.  Ons almal loop op eiers.  Almal het hierdie diep vrees in hulle binneste en ons weet nie herwaarts of derwaarts nie.  Ek sien hoe my geliefde Pa voor my oë totaal verander.  Hoe hy ook verswak.  Ek sien hom depressief word.  Hy dwaal partykeer soos iemand wat deur iets gejaag word.  Ander kere sit hy doodstil en praat met niemand.  Onttrek hom.  Ek weet ook nie hoe om dit te hanteer nie.  Vir my voel dit of die hele wêreld my verwyt omdat ek niks doen nie, maar ek weet nie wat om te doen nie!

Soos almal, is ek hier op my eie mishoop, maar ek is hier vir almal wat my nodig het.  Ek verstaan nie altyd nie, maar ek het 'n Vader in die hemel wat my dra en wat my help dra as my seer arms te moeg raak.  Dankie tog vir almal se liefde wat help.  Ek is ook hier vir julle.  Soos altyd. :love7:
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on June 09, 2015, 06:43:31 AM
Ou Gawie, woorde het ek nie. Daar is so groot knop in my keel dat my vingers krom trek. Ek weet dit gewis: Ons het mekaar nodig, en tegnologie het afstand uitgevee  :notworthy: :icon_salut:
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on June 10, 2015, 12:14:21 AM
Amper onmoontlik om te dink dat die eerste medikasie om die simptome van PH te verlig eers in 1995 goedgekeur was alhoewel die medici bewus was van die siekte sedert 1900's!

Indien ons lesers meer belangstel oor nuwe behandelings:

http://pulmonaryhypertensionnews.com/2014/10/14/new-pulmonary-hypertension-treatment-derived-freeze-dried-plant-leaves/

Alhoewel pulmonêre hipertensie veroorsaak dat die are in die longe vernou, sterf pasiënte aan hartversaking. Behandeling om regterhartfunksie so ver moontlik te verbeter, is 'n voorsorgmaatreël om hartversaking te vermy in pasiënte.

Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on June 10, 2015, 09:15:51 AM
Gelukkig is daar baie dae wat 'n mens positief en vol moed is.  Dan kan ons ook maar "hop skip and jump", ons sal nie die pad wat vir ons uitgelê is kan verander nie. 
Hier in Leeupoort is baie oumense, tussen 80 en amper 100.  Hulle is 'n voorbeeld vir ons.  Hulle sê ook hulle leef op geleende tyd.  Hulle leuse is ook dan:
Wees sterk, hou moed en leef elke dag voluit. 
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on June 12, 2015, 08:00:32 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Evatjie%20vir%20asma%20verskille.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Evatjie%20vir%20asma%20verskille.jpg.html)

Gisteraand voor bedtyd lees ek gou deur die laaste plasings op FB en my oog vang 'n terme by 'n PH bewusmaking-artikel wat 'n Suid Afrikaanse dokter gedeel het. In 'n kommentaar van 'n kollega vang my oog die woord "Hartasma" en ek skryf dadelik terug dat ek die terme nog nooit voorheen gehoor het nie. Nuuskierig soek my vingers deur die rakke van die kuberbiblioteek na meer inligting.

Tot my verbasing kom ek toe agter daar is twee 'tipes' asma. Die gewone asma a.g.v inflamasie, allergiese reaksie, ooreising weens oefening, longprobleme, stres ens. en dan is daar "hartasma" (glo 'n volksmond uitdrukking) wat asma soos ons almal dit ken, namaak en nie 'n ware asma is nie maar onbehandeld 'n lewensgevaarlike toestand kan word. Een van die oorsake is wanneer die hart nie meer kan volhou om suurstofryke bloed te versprei nie en vog bou op in die longe, enkels en bene swel, benoudheid en probleme met horisontaal verkeer soos slaap op net een kussing.

Dit is geen wonder dat soveel PH pasiente vir jare gemisdiagnoseer word met gewone asma en wanneer daar meer ernstige simptome onstaan, word die ware probleem eers gediagnoseer.  

Indien jy verkeerdelik gediagnoseer word met gewone asma en medikasie ontvang daarvoor kan sommige van hierdie hulpmiddels ernstige versteurde hartritmes veroorsaak wat lewensgevaarlik kan wees veral as die dokter nie besef jy het pulmonale hipertensie en nie net asma nie!

Simptome van 'left heart failure'
Kortasem met minimale inspanning (soms gepaardgaande met tipiese fluit-geluid).
Hoesbuie.
Vinnige asemhaling.
Verhoogde bloeddruk.
Verhoogde hartritme.
Angstige, ongemaklike gevoel.
Swelling in enkels en bene.
Uitgeput/moeg.
Gewigstoename a.g.v vogretensie.
Benoud wakker skrik na 'n uur of twee se slaap en enigste verligting verkry word deur regop te sit/staan.

*By hierdie skakels word die toestand breedvoerig beskryf. Beslis die moeite werd om deur te lees!
http://www.tipdisease.com/2013/10/cardiac-asthma-causes-symptoms.html
http://www.mydr.com.au/asthma/bronchial-asthma-and-cardiac-asthma
http://www.mayoclinic.org/diseases-conditions/heart-failure/expert-answers/cardiac-asthma/faq-20058447


Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on June 16, 2015, 12:09:12 PM
Dit is uitstekende  inligting Raaitjie!  'n Mens leer elke dag iets nuuts. 
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on June 22, 2015, 12:31:45 AM
Om te deel is 'n voorreg PM. As mens na die leserstal kyk besef jy die onderwerp raak letterlik nog baie harte aan. Mense grawe nog steeds na inligting en moontlike antwoorde op hulle vrae wat jou huisdokter tien teen een, nie sal kan beantwoord nie  :icon_scratch:

Die PH-pad strek onbekend en van die inligting op die internet soms skrikwekkend  :crybaby2: Hoe meer jy weet/leer word dit wel makliker en op 'n dag kyk jy terug en wonder hoe jy dit gemaak het gedurende die eerste jaar na diagnose? Vandag deel ek 'n plasing van 'n vriendin van my wat die Saudi Association for Pulmonary Hypertension blad behartig. Sy is gebore met PH en 'n stralende voorbeeld vir ons almal om elke sekond uit die dag ten volle te geniet, ongeag jou omstandighede. Voorwaar 'n nuwe normaal!

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Asemdiefie%20van%20Saudi%20PH%20blad_1.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Asemdiefie%20van%20Saudi%20PH%20blad_1.jpg.html)

Ek onthou hierdie gevoel so goed - die kwaad oor 'n liggaam wat jou in die steek laat; bekommerde gesigte van geliefdes wat jou skaam 'n eenkanthoekie laat soek terwyl jy asem steel... tot op 'n dag wat jy opreg dankbaar jou seeninge tel om weer saam te kan kuier om 'n vuurtjie langs die strand en stap-stap wonders van die natuur indrink en jy 'n woudfeetjie sien wink doer voor in die (eens) asemrowende voetpaadjies.

Deel ook graag die volgende:  Staan keer op keer verstom oor die aanpasbaarheid en aanvaarding van kleingoed. Ons klein prinsessie het haar 'eie pypies' (waarvan die suurstofvloei afgedraai is) en so woel sy baie trots, saam ouma in die pandok. Kry ek raas wanneer sy sien dat ek in die badkamer 'haar' masjien gebruik. Ouma DON'T use my pypies, you got your own! Vergaap my hoe behendig sy die pypies swaai as sy help bed opmaak. Die 3 jarige klein aspatat gaan volgende maand saam haar ouers verhuis na Amerika vir vyf jaar, ouma se hart bitter seer as ek dink aan die groet wat wag.  

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Maddy%20en%20haar%20pypies.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Maddy%20en%20haar%20pypies.jpg.html)
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on June 22, 2015, 10:08:03 AM
Hier het ek ook nou 'n karige opvangsie.   :icon_biggrin:

Ek ken die ritueel van kleinkinders "afstaan".  Al wat ek kan seg is ek dink aan julle.   :love7:
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on July 02, 2015, 11:10:42 PM
*DYSPNEA: Dit mag net nog een vreemde woord op jou verslag wees maar elkeen wat dit ervaar kan jou boeke vol eina's en ongemak beskryf as hierdie asemnood kronies word.

Die aanvang van dyspnea moet nooit geïgnoreer word nie. Dit kan 'n aanduiding wees van ernstige siektes van die lugweg, longe, of hart. 

 (http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Dyspnea%201_1.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Dyspnea%201_1.jpg.html)

Meer inligting: http://www.ncbi.nlm.nih.gov/books/NBK213/
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Anastasia on July 03, 2015, 07:40:56 AM
Een van die dinge waartoe Lupus ook eindelik kan lei is juis Pulmonale Hipertensie.  Ek is dankbaar vir al die leesstof hieroor hier.  Tog so jammer dat saam met ouer word al die skete ook saamgaan.  Wens ons liggame kon so lank jonk en positief bly soos ons gees.
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on July 03, 2015, 09:39:53 AM
Ai Anastasia, toe ek lees dat jy gediagnoseer is met Lupus het my hart in my skoene gesak want ek is bewus van die feit dat dit PH kan veroorsaak. Ek hoop dat van die inligting wat die afgelope drie jaar geplaas was, vir jou van waarde sal wees en sou jy vermoed dat dinge besig is om hand uit te ruk, jy betyds sal aandring op 'n echo om die drukking in jou longare en hart te ondersoek. Dit is ons reg om aan te dring! Soos jy seker al agtergekom het, nie alle dokters en selfs spesialiste dra kennis van wat presies pulmonale drukking en self Lupus behels nie. Tragiese waarheid.

Kroniese pyn en moegheid, gepaardgaande met asemnood wens ek niemand toe nie. Kan aflei dat jy reeds 'n groot deel van dit ervaar het. Op die oomblik is nagte nog steeds vir my 'n skrikwekkende deel van die 24 uur siklus wat noodgedwonge op ons almal se pad kom lol. Om plat te slaap op 'n bed is uit soos die spreekwoordelike opsitkers vir baie baie lang maande al. Genadiglik kon ons hierdie probleem oorkom deur 'n bed te koop wat kan lig soos 'n hospitaalbed. Tog is daar nagte wat ek nog steeds slegs verligting kry as ek regop is. Dwaal dan deur die pandokkie en bejammer myself maar weet ook uit ondervinding - more gaan dit weer beter.

Ek het alles getrou aangeteken. As jou dokter nie eers die naam kan spel van jou skeet nie moet jy weet - dit is tyd om jouself in te lig lol  :icon_bigsmurf:
Elke dag leer ons ietsie nuuts. Vandag het my PH vriendin wat die Saudi blad doen 'n plasing gedoen wat ek ook hier kom deel het. Daar het ek 'n naam raakgelees 'Intercostal Muscles' wat vir my soveel meer duidelikheid verskaf het oor die seer en ongemak aan my sye as ek horisontaal verkeer. Moet met kussings weerskante van my slaap sodat my arms nie aan my sye raak nie. Dit voel of my ribbes deur my vel gaan klim en daar klippe in my longe is. Nou verstaan ek hoekom! En al wat dit gekos het was die feit dat ek kon sien wat in my liggaam aangaan in 'n grafiese voorstelling.

Dit is onder andere ook die spiere wat ons help met asemhaling en ongelukkig is PH 'n asemdief   :crybaby2:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Intercostals.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Intercostals.jpg.html)

Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on July 10, 2015, 12:38:32 AM
Ek wil die volgende onderwerp net ligweg aanraak aangesien Anastasia ons saam gaan neem op haar eie pad as Lupus pasiënt.

Pulmonêre probleme en Lupus

Pulmonêre hipertensie is soos talle kere reeds bespreek, 'n probleem waar die druk in die longslagaar, van die regterkant van die hart na die longe, verhoog is. Alhoewel raar, kan lupus die bloedvate affekteer in die longe en pulmonêre hipertensie veroorsaak.

Simptome van die siekte kan die volgende insluit: kortasem, veral met inspanning, borspyn, moegheid, swakheid, en selfs hartkloppings. Jou dokter sal na jou hart en long se funkies luister vir veranderde hartklanke wat mag voorkom. Vir meer duidelikheid sal 'n ultraklank geneem word om te help met diagnose voordat ander indringende toetse uitgevoer word.

Inflammasie veroorsaak deur lupus kan die longe op baie maniere affekteer, soos byvoorbeeld die membraanvoering van die longe, die bloedvate in die longe, longe self en die diafragma.

*Bron: http://www.lupus.org/resources/15-questions-pulmonary-issues-and-lupus

PH en lupus is twee afsonderlike siektes, en dit is belangrik om te weet dat pulmonêre hipertensie nie lupus veroorsaak nie. Lupus pasiënte kan wel PH ontwikkel met verloop van tyd. Lupus kan hoë bloeddruk in die longe meebring, en om dié rede moet individue met lupus wat  vermoed hulle het dalk PH, deeglik ondersoek word om te verstaan ​​wat kan bydra tot PH.

Die pulmonêre hipertensie Vereniging het onlangs 'n plasing gedeel met riglyne rakende hierdie twee siektes.

Behandeling van Lupus geassosieerde PH

Daar is 'n aantal middels beskikbaar wat die progressie van lupus- geassosieerde PH en PAH kan vertraag asook verligting van simptome meebring. Hierdie middels is ingewikkeld en vereis dat 'n dokter wat spesialiseerd is in die behandeling van derglike siektes.

Gewoonlik sal pasiënte 'n PH sentrum besoek waar spesialiste op die gebied, die beste vorm van behandeling sal bepaal en toepas.

Addisionele terapieë kan aanvullende suurstof of bloedverdunners insluit. Sommige pasiënte met lupus geassosieerde PH kan baat vind by immuunonderdrukkende middels wat die vermoë het om inflammasie in die liggaam te verminder.

*Bron: http://pulmonaryhypertensionnews.com/lupus-associated-pulmonary-hypertension/

Uriensuur word meestal geassosieer met jig in pasiënte. Maar 'n nuwe studie het bevind dat pasiënte met sistemiese lupus eritematose (SLE) 'n verhoogde risiko het vir pulmonale hipertensie, gebaseer op 'n hoë uriensuurvlakke.


Bron: http://pulmonaryhypertensionnews.com/2015/06/26/uric-acid-levels-sle-patients-associated-ph-new-study/
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Anastasia on July 10, 2015, 08:17:53 AM
Baie dankie vir die inligting, Meraai.
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Naas on July 10, 2015, 08:51:35 AM
Die inligting is leersaam en baie interesant. Dankie Ta Raaitjie.


:icon_bigsmurf:
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on July 10, 2015, 09:13:41 AM
Anastasia, Naas, dit is een goeie ding wat voortgespruit het uit al die rare dinge - dat ons kan deel vanuit eie ervaring.
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on July 13, 2015, 11:23:07 PM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/not%20visible.png) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/not%20visible.png.html)

Groot dank aan ons PHWA Team vir deelname aan die INVISIBLE DISEASES CAMPAIGN (Thanks to Jenni from LIFE for this great visual.) Voor ons die mobiele suurstofmasjien gehad het, moes ek in die motor wag terwyl Outop ons inkopies ens. doen in groot winkelsentrums as daar nie parkeerplek naby die ingang was nie. As jy 'n in rolstoel is, verstaan almal. Die ou met 'n onsigbare probleem op sy eie twee voete, veg sy eie stryd teen die afstand na die ingang en terug. 
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on August 12, 2015, 07:29:53 AM

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/recognize-a-heart-attack_1.png) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/recognize-a-heart-attack_1.png.html)

Die volgende simptome mag ernstige waarskuwingstekens wees van 'n dreigende hartaanval binne die volgende maand:

1. Onverklaarbare moegheid.
2. Kortasem.
3. Skielike spierverswakking.
4. Duiseligheid en koue koors gepaardgaande met sweet.
5. Drukking op bors wat stelselmatig vererger.
6. Verkoue of griep simptome.

Vir meer inligting:
http://thespiritscience.net/2015/07/25/how-to-recognize-a-heart-attack-one-month-before-it-happens/


Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Naas on August 12, 2015, 09:01:34 AM
Genade Ta Raaitjie, ek loop heeldag en aldag met meer as die helfte van die simptome. Dokters toets my hart en se net as ek nie gou doodgaan nie sal ek darem nog n rukkie lewe.  :dontknow:


 :icon_bigsmurf:

Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on August 13, 2015, 03:15:44 AM
Dokters toets my hart en se net as ek nie gou doodgaan nie sal ek darem nog n rukkie lewe. Wie anders as onse eie Naas sal so kommentaar lewer? :angel4:
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on August 14, 2015, 10:14:47 AM
Ons eie Naas!   :icon_biggrin:

Dankie vir die waardevolle inligting Raaitjie. 
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on August 17, 2015, 03:46:08 AM
Voorreg om te kan deel PM. Verblydend om te sien hoeveel gaste nog steeds inloer  :book1:



Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on August 19, 2015, 09:25:58 AM
Een van die groot vrese van PH pasiente is die feit dat die hart onder abnormale stres/drukking funksioneer en hartversaking 'n wesenlike gevaar inhou. Indien die oorwerkte hart nog 'n stryd voer teen ander sondebokke soos hoe bloeddruk, verstopte are weens abnormale kolestrolvlakke word die gevaar van 'n hartaanval nog 'n risiko op die lewensagenda. Wanneer is dit tyd om na noodgevalle te jaag is die groot vraag. Is dit net winde/suur ens. of is dit 'n ernstige situasie wat dringend mediese hulp vereis?

Hierdie vrae kan die verskil aandui tussen die hartkrampe/pyn gepaardgaande met gewone sooibrand of winderige ongesteldheid versus die van 'n hartaanval.

1. Word die pyn verlig wanneer jy van posisie verander?
Pyn gedurende hartaanval sal nie verander/verbeter tydens verandering van liggaamsposisie nie.

2. Vererger die pyn wanneer jy asemhaal?
Pyn gedurende hartaanval sal nie vererger met die asemhalingsproses nie.

3. Is die pyn/ongemak intens, dof of soos skerp messteke?
Pyn gepaardgaande met hartaanval word gewoonlik beskryf as 'n dowwe swaar gevoel en selde as skerp of stekerig.

4. Is die pyn/ongemak oppervlakkig?
Pyn tydens 'n hartaanval is gewoonlik dieper gesetel en nie oppervlakkig nie.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/location%20of%20chest%20pain%20during%20angina.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/location%20of%20chest%20pain%20during%20angina.jpg.html)

Bron:https://www.facebook.com/Cardiology.Point

*hierdie is slegs riglyne - indien jy onseker is soek dadelik mediese hulp!

Op 'n ligter noot:
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/keep%20calm.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/keep%20calm.jpg.html)
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Fransi on August 19, 2015, 04:19:30 PM
 :icon_biggrin:
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Naas on August 20, 2015, 07:07:47 AM
Ek is absoluut mal oor die fyn humor wat tussen die ernstige kabels ingevleg word. Laat my dink aan daai rooi strepies in my grys pak wat ek na Sussie se troue gedra het.
Hierdie inligting is ook vir my van onskatbare waarde. Dankie Ta Raaitjie.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on August 20, 2015, 02:08:19 PM
Die humor gee moed man. 
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on August 22, 2015, 12:32:36 AM
Verseker gee humor moed PM. Ek noem dit my kruk in die lewe en maak arig staat daarop wanneer die kniege neig om te wil knak  :icon_biggrin:

Vanoggend wil ek die volgende inligting deel, en begin met 'n vraag.
Ken jy die verskil tussen 'n hartaanval en hartstilstand?

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Cardiac%20arrest%20vs%20heart%20attack.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Cardiac%20arrest%20vs%20heart%20attack.jpg.html)
*foto is 'n samestelling vanuit http://www.brainlesstales.com/

Daar sterf daagliks 55,000 mense aan hartaanvalle elke jaar in Australia. 'n Gemiddeld van 20,000 tot 33,00 sterf tydens hartstilstand. Beide van hierdie toestande vereis onmiddelik mediese hulp maar verskil in wese van mekaar. Ek haal aan:

'n Hartaanval (ook akute hartinfarksie of miokardiale infarksie genoem) ontstaan as 'n bloedvat in die hart skielik geblokkeer word, wat die vloei van bloed belemmer. As gevolg hiervan begin selle in 'n gedeelte van die hart weens ’n gebrek aan suurstof doodgaan. Bloedklonte is die mees algemene oorsaak van hartaanvalle.

Hartaanvalle word meestal deur koronêre hartsiekte veroorsaak. Koronêre hartsiekte lei tot die opbou van 'n wasagtige stof, genaamd plaak, aan die binnekant van die are in die hart. Dit word aarverkalking (aterosklerose) genoem. Plaak bestaan uit cholesterol en ander selle. Hierdie plaak veroorsaak dat die binnekant van die bloedvat oor tyd vernou. Die bloedvloei word ingeperk en bloedklonte word veroorsaak deur bloedplaatjies wat voor die plaak opbou. As die bloedklont losbreek en in die vernoude bloedvate vassteek, ontstaan 'n hartaanval.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/arteries.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/arteries.jpg.html)

Hartstilstand kom voor wanneer daar 'n wanfunksie van die elektriese impulse in die hart plaasvind wat 'n onreëlmatige hartklop (aritmie) veroorsaak.  Met sy pompaksie ontwrig kan die hart nie bloed te pomp na die brein, longe en ander organe nie. Hartstilstand kan 'n paar moontlike oorsake insluit: ventrikelfibrilasie - 'n abnormale hartritme (aritmië) waar die onderste kamers van die hart (die ventrikels) onreëlmatig klop.

Die persoon met hartstilstand sal nie reageer nie weens bewusteloosheid, 'n gebrek aan asemhaling en geen pols. Die  dood is onafwendbaar indien die slagoffer nie binne minute behandeling ontvang nie.

Bron vir inligting: http://www.abc.net.au/health/features/stories/2014/07/11/4041687.htm
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on August 22, 2015, 01:25:38 AM
As jy of 'n geliefde onlangs gediagnoseer is met PAH/PH is hierdie 'n moet! Kyk asseblief na altwee videos.

https://www.youtube.com/watch?v=JHwJ11ulubg

https://www.youtube.com/watch?v=t0iM6QSXiyw

Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on August 22, 2015, 09:30:31 AM
Uitstekende inligting.  Dankie Raaitjie.
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on August 22, 2015, 10:09:00 AM
Voorreg weereens myne om te deel PM  :icon_salut: Hierdie dubbelsinnige voorstelling was vir my net so treffend!

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/ups%20and%20downs.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/ups%20and%20downs.jpg.html)


Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on August 22, 2015, 11:25:18 AM
Ja-nee, die lewe loop nie in 'n reguit streep nie, solank ons net op die reguit lyn loop nê?
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on August 22, 2015, 11:44:43 PM
Verseker PM en as ons dit nog positief kan doen en staatmaak op die humorkrukke, is daar heelwat gesondheidsvoordele aan verbonde.  :hello2:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/7%20redes%20vir%20hart%20gesondheid.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/7%20redes%20vir%20hart%20gesondheid.jpg.html)

'n Tong in die kies verklaring :)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/hoekom%20leef%20vroue%20langer%20as%20mans.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/hoekom%20leef%20vroue%20langer%20as%20mans.jpg.html)
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on August 25, 2015, 03:17:21 AM
'n Bloedklont in die long kan pulmonale hipertensie veroorsaak, dit is dus nodig dat ons sodoende ingelig is rakende die simptome en gevaartekens. Hier is skakels met uitstekende inligting.

https://www.youtube.com/watch?v=tMrCwtzcVbU

https://www.youtube.com/watch?v=0PEhvACEROI

https://www.youtube.com/watch?v=d3RtvVzjqGg

https://www.youtube.com/watch?v=yrov9TYs4eM

Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: adele on August 25, 2015, 10:12:00 AM
ek soek soms 'n like-knoppie om darem net te wys ek lees, geniet, giggel tot skater van die lag, dankie Here, vir humor ... iets wat net aan mense toegeken is.
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on August 25, 2015, 11:11:49 PM
 :notworthy: Dankie baie vir die mooi woorde matertjie! Stem saam met jou, self al gewens hier is 'n 'like' knoppie. Bewusmaking van enige terminale toestand is soms baie angsvol en neerdrukkend. Sonder die humorkruk sou dit permanent swartgallig en depressief gewees het. Vanoggend het ek weer wonderlike inligting raakgelees op mediese blad op FB wat my toestemming verleen het om van hulle grafiese voorstellings te deel.

As 'n PH pasient is daar alreeds soveel abnormale drukking in jou hart, deur hierdie eenvoudige tegniek toe te pas kan jy help om die ekstra las wat jy op jou hart plaas wanneer jy 'verkeerd' slaap, te verminder.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Save%20years%20of%20life.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Save%20years%20of%20life.jpg.html)

In 'n vorige plasing het ons gesien dat 'n drukkie stres kan verminder.
Ons het almal 'n drukkie nodig. Selfs 'n Roo'tjie!
 :love7:
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/everyone%20need%20a%20hug.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/everyone%20need%20a%20hug.jpg.html)
Title: Re: 'n Hand en tand, hart en long bekgeveg teen PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on August 28, 2015, 01:58:36 AM
Ek onthou een van die eerste wyshede wat 'n dierbare PHriendin met my gedeel het was die feit dat ons bo en behalwe saamleef met 'n asemdief, ook ander mylpale in die lewe gaan behaal soos die gevreesde 'oorgangsjare' as 'beloning' dat jy nog 'n bietjie ouer kon word  :icon_biggrin:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/menopausal%20dwarfs.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/menopausal%20dwarfs.jpg.html)

Geen woorde nodig  :toothy4:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Side%20effects%20graphic.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Side%20effects%20graphic.jpg.html)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 03, 2015, 11:42:30 PM
*Let asb op dat ek vandag die (voorheen) lang titel verander het. Onderstaande foto dus heel gepas  :icon_biggrin:

'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/wasgoedophang_3.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/wasgoedophang_3.jpg.html)

My leuse vir oorlewing...

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Invisible%20illness.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Invisible%20illness.jpg.html)


Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on September 04, 2015, 02:40:30 PM
Dit is goed so Raaitjie.  (Die naam)

Wow!  Jy sien kans vir baie!  Ek prop myne sommer in die tuimeldroger.   :icon_biggrin:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 06, 2015, 01:12:32 AM
Glo my vry PM, baie van die goedjies wat al tuimelende gedroog kan word, sien nie die son nie maar soos Outop se werksklere en die soort wat hulle verbeel hulle werk saam met hom op die 'lektrieklande en sjokkerig word, maak staat op die natuur en 'n draad  :icon_biggrin:

Heel in die begin was wasdae geen probleem nie maar stelselmatig het dit 'n tjankerige affering afgegee en het ek besef dat dit tyd geword het om trots in die sak te steek en het asemsteel meer kwaliteit tyd beteken en nie meer soos 'n misdaad gevoel nie.
 :toothy4:

Riglyne vir klassifikasie van PH, volgens die World Health Organization en aangevul uit eie ervaring.

Class I. Alhoewel jy gediagnoseer is met PH, ondervind jy geen simptome. (Soos baie pasiente sal getuig ervaar jy eers simptome  na 'n paar jaar (gemiddeld 2.8 jaar) as daar abnormale drukking in longare is.)

Class II. Jy ondervind geen simptome terwyl jy rustig verkeer maar ondervind moegheid, borspyne en word kortasem wanneer jy normaalweg aktief besig is. Een van die eerste gevaartekens is wanneer jy skielik kortasem raak na 'n stel trappe of teen 'n opdraende stap en dit voel jou hart klop in jou ore terwyl jy wonder waar het die olifant op jou bors vandaan gekom. Hierdie is volgens my eie ervaring dan ook die tyd waarin die hart begin protesteer teen die ekstra werkslas om die bloed na jou brein en ander organe te pomp.

Class III. Jy is gemakliker wanneer jy rus en simptome keer terug sodra jy aktief is (waar ek self op die oomblik is en suurstofgebruik noodsaaklik geword het. Op hierdie stadium is die sementgevoel weens vog wat opbou in die longe, selfs in rustende posisie ongemaklik en is 'plat' slaap uit soos 'n opsitkers saans na tien.)

Class IV. Simptome ervaar sonder dat jy aktief is.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on September 06, 2015, 01:54:32 PM
Is dit nie ongelooflik hoe aanpasbaar die mens is nie?  Dit is sekerlik ons "attitude" - ons positiewe houding teenoor die negatiewe,-  wat ons 'n sterk "terug-baklei" gee en dit noem ons mos  OORLEWING.   :hello2:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 09, 2015, 01:43:52 AM
Jy is so reg mater! Vir my persoonlik is dit die beste ding om myself kreatief te 'bewapen' as skete en geite my lewenslus wil steel.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Asemdiefie.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Asemdiefie.jpg.html)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on September 11, 2015, 01:20:32 PM
Hierdie week sit ek weer met bloeddruk van 220/107.  Het eergister gaan bloeddrukpille soek.  Nou gaan dit weer goed. 
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 13, 2015, 12:17:01 AM
Ai PM, so jammer om dit te lees. 'n Mens besef dit is lewensnoodsaaklik dat bloeddruk beheer moet word want dit word nie verniet een van die 'silent killers' genoem nie. Langdurige verhoogde bloeddruk (veral so hoog soos joune op die oomblik) veroorsaak skade aan ons are wat weer kan lei tot hart- en niersiektes, beroertes en ander aaklige probleme. Die groot gevaar is dat abnormale bloeddruk feitlik simptoomloos is en die leier gewoonlik onbewus is daarvan vir baie jare :dontknow:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on September 15, 2015, 01:32:22 PM
Dit is sekerlik waar die grootste gevaar lê.  Jy besef iets is fout, maar jy kan nie jou vinger daarop lê nie.  Toe ek egter erge hoofpyne kry vra ek vir Hannes om te meet.  Eers dink hy sy meter is foutief en gaan leen die buurman s'n.  Die resultate was maar dieselfde. 
Ek het lekker raas gekry by die suster by die kliniek toe sy hoor ek het een van Hannes se bloeddrukpille gedrink.  Tog verstaan sy dat dit 'n "noodgeval" was.  Nou het ek my eie.  Ek is so half skaam om te sê ek is op brille en pille!   :icon_biggrin:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 15, 2015, 10:47:26 PM
Welkom welkom in die pille & brille familie matertjie  :love7: Bloeddruk - die groot sondebok wat ons laat struikel op die gesondheidspad ne!

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/foods%20that%20lower%20blood%20pressure.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/foods%20that%20lower%20blood%20pressure.jpg.html)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on September 18, 2015, 01:47:56 PM
Ja, dit en die baie vet.  Ek het tot my skok ontdek dat ek "obese" is.   :icon_scratch:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 18, 2015, 09:52:30 PM
Moenie alleen voel nie! Die kardioloog kyk my ronde lyf onder sy mooi mat in elke keer en waarsku teen die gevare van die dun lyntjie tussen oorgewig & diabeet.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/risks%20for%20diabetes.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/risks%20for%20diabetes.jpg.html)

Ek krap nog kop oor die skielike 'gewigsverlies' simptoom in hierdie grafiese voorstelling.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/know%20symptoms%20of%20diabeties_1.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/know%20symptoms%20of%20diabeties_1.jpg.html)

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 25, 2015, 05:41:25 AM
WARFARIN: Ouens wat Warfarin gebruik moet ag gee op die feit dat jou INR (International Normalised Ratio - om te toets hoe lank dit jou bloed neem om te klont) gewoonlik wipplank ry gedurende winter en selfs net skielike koeler weer. Dit is lewensbelangrik dat jy meer gereeld getoets moet word aangesien hierdie weersverandering noodlottige gevolge kan inhou as jy probleme het met 'n hart wat bokspring (AF - Atrial Fibrillation).

Ek haal aan:

London, UK - 30 Aug 2015: Koue weer word geassosieer met 'n verhoogde risiko van isgemiese beroerte in pasiënte met (AF) atrial fibrillation.

As jy meer wil lees, volg asseblief onderstaande skakel
http://www.eurekalert.org/pub_releases/2015-08/esoc-cwl082815.php

WATERPILLE: 'n Vogafdrywende medikasie wat vir ook PH pasiente voorgeskryf word om hartversaking te voorkom, vereis ook dat jy meer gereeld getoets moet word om seker te maak jou niere funksioneer normaal.

Bron: http://www.phassociation.uk.com/treatment_for_ph/diuretics.php
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 27, 2015, 08:38:16 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/PH%20lonely.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/PH%20lonely.jpg.html)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on October 01, 2015, 09:08:02 AM
Dit laat my maar net weer dink aan die "kruishout-storie".  Sal ek maar weer my eie pakkie optel en verder stap.   :icon_salut:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on October 06, 2015, 07:48:32 AM
Ek vermoed, elkeen van ons, as ons kon kies sou liewers weer ons eie kruise optel PM. Mens voel jou las soms te swaar tot jy 'n ander sin beskou.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Benefits%20of%20laughing.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Benefits%20of%20laughing.jpg.html)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on October 06, 2015, 11:09:46 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Kroniese%20siekte%20simptome.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Kroniese%20siekte%20simptome.jpg.html)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on October 07, 2015, 02:46:48 AM
Daar is hoop vir ongediagnoseerde, hoë risiko pasiënte om betyds getoets te word vir die teenwoordigheid van abnormale drukking in longare met die minder gevaarlike transthoracic Doppler echocardiography toets. Gewoonlik was die enigste standaard toets die regterhart-kateter (RHC). 'n Studie aan die Nanjing University School of Medicine het 134 pasiënte getoets met interstitial lung disease en gevind dat die tegniek voldoende en onkostegewys, geregverdig kan word nadat die pasiente positief getoets het vir PH.

Dit is veral gepas in die geval waar drukking teenwoordig is sonder enige merkwaardige 'regurgitation' vir vroeë diagnose en korrekte behandeling. Ek het beide gehad en kan eerlik getuig dat die Transthoric-toets vir my baie minder traumaties was.

As an added feature of Doppler echocardiography, well-defined “B-lines” appear in the image as a result of interstitial lung disease. Since these B-lines are common in patients with interstitial lung disease, the researchers were interested in determining if there was a relationship between B-lines and pulmonary artery pressure.

To conduct the study, the researchers identified 134 patients with interstitial lung disease and confirmed pulmonary hypertension. They used Doppler echocardiography to see if the presence of B-lines and the distance between the lines related to an increased pulmonary artery pressure. Significantly more B-lines were present in patients with severe pulmonary hypertension, and the researchers were able to create a model to predict pulmonary artery pressure based on the number of B-lines present. Patients with more than four B-lines were almost guaranteed to have a high pulmonary artery pressure.


Vir meer inligting:
http://pulmonaryhypertensionnews.com/2015/10/06/pulmonary-hypertension-detection-aided-non-invasive-doppler-echocardiography-new-study/

Hier is 'n skakels na videos van wat jy kan verwag as jy vir 'n RHC prosedure geskeduleer is.
https://www.youtube.com/watch?v=vI9K4N4aC9Q
https://www.youtube.com/watch?v=oA_6gF0scxA

Skakel na Transesophageal Echocardiogram (in die geval 'n toets gewees om te kyk of daar bloedklonte in die hart is a.g.v AF (atrial fibrillation).
https://www.youtube.com/watch?v=8cjK8a-kK7Q

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on October 12, 2015, 08:44:35 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Healthy%20lung%20month.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Healthy%20lung%20month.jpg.html)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on October 13, 2015, 06:28:48 AM
Onderstaande inligting is baie belangrik vir alle PH lyers.

In a new study entitled “Smooth muscle cell progenitors are primed to muscularize in pulmonary hypertension,” a team of researchers at the Yale Cardiovascular Research Center discovered unique smooth muscle cell progenitors that are resident in lungs’ vasculature and, when damaged, are primed to respond and ultimately induce pulmonary hypertension. The study was published in the journal Science Translational Medicine.

Pulmonary hypertension is characterized by increased blood pressure in lung vasculature, forcing the heart to make an extra effort to pump the blood into the lungs. As a consequence, the extra workload the heart performs induces hypertrophy in the hearts’ right ventricle, causing right heart failure. The mechanisms underlying pulmonary hypertension are still poorly characterized, but it is known that unmuscularized smooth muscle cells (SMCs) usually becomes muscularized, mostly likely in response to low oxygen (hypoxia). *In fact, SMCs have been implicated in the pathogenesis of vascular diseases, including atherosclerosis, aortic aneurysm and pulmonary hypertension.
[/b]

Dr. Daniel M. Greif, study lead author and assistant professor of cardiology commented, “It is remarkable that these progenitor cells are present in the normal lung — almost sitting there poised to multiply and migrate in disease.”

To read more: http://lungdiseasenews.com/2015/10/12/researchers-discover-klf4-is-a-crucial-factor-in-pulmonary-hypertension/

*Hierdie deel was vir my veral belangrik aangesien ek tydens een van die toetse waar die kardioloog direk in die  are ingaan met 'n kamera, gediagnoseer is met quite advanced atherosclerosis en die abnormale drukking weens PH, weer opgemerk en vermeld is in die verslag. Dit blyk dat daar definitief 'n verband is tussen hierdie siektes en SMCs.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on October 21, 2015, 10:05:55 PM
Reisplanne en PH

Een van die eerste besluite wat ons as gesin gemaak het na die asemdief-diagnose was dat dit aanpassings gaan neem, MAAR ons gaan nie afsien van ons liefde vir toer en kamp nie. PH beteken nie dat jy 'n gevangene in jou huis hoef te wees nie. Ek was wel aangeraai om vir eers 'n vliegrit en hoogtes te vermy sover moontlik aangesien lugdruk die suurstofvlak in jou bloed drasties verminder en ek op daardie stadium gedurende die eerste jaar na diagnose nog nie suurstofaanvulling gebruik het nie.

Hier is 'n lys van dinge wat jy in aanmerking moet neem en voorsorg tref.

1. Voor jy jou vliegtuigkaartjie bespreek, kry 'n brief by jou dokter waarin die nodigheid van jou medikasie gespesifiseer word. Dit geld veral ook vir suurstofmasjiene. Net sekere fabrikate word toegelaat op vliegtuie. Kontak hulle en maak seker jou geleende asems sal saam jou op reis kan gaan.

2. Let daarop dat selfs al is jy nog nie afhanklik van suurstofaanvullings nie, jy wel probleme kan ondervind met asemhaling tydens die vlug en dus vir die duur van vlug wel 'n aanvulling gaan nodig he! Bespreek die lengte van jou vlug met jou PH spesialis.

3. Maak seker dat waarheen jou bestemming ook al gaan wees, jy 'n kontaknommer het van 'n dokter met kennis van PH vir noodgevalle. Om te reis/vlieg is uitputtend.

4. Strek jou bene gereeld tydens lang vlugte. Staan op en loop klein entjies op en af. Bloedklonte is vir enige persoon 'n lewensbedreiging!

5. Neem eksta medikasie saam met jou ingeval daar vertragings opduik tydens aansluitvlugte.

6. Reel vooraf met die lughawe indien jy medikasie met 'n interne pomp ontvang en 24/7 van suurstof afhanklik is sodat die personeel op grondvlak bewus is van vereistes en wat toelaatbaar is.


As ons gaan toer sorg ek dat al my medikasie by my is en dra 'n hangertjie met inligting oor mediese probleme en 'n kontaknommer van my dokter. Die boekie waarin warfarindosisse aangedui is en kontaknommers vir ons kinders agterop, is altyd in my handsak.

Stop elke twee ure en strek jou bene tydens lang ritte.

Ons neem ook 'n sterk genoeg generator saam ingeval daar nie kragtoevoer gaan wees om die geleende asems aan die werk te hou. My suurstofmasjien het twee batterye en daarmee kan ek vier ure gemaklik asemhaal terwyl ons stap langs die strand of net ontspan in die natuur.
Daar is 'n spesiale punt waar die batterye kan laai terwyl ons reis en ek suurstof neem. Tydens swaar verkeer vererger suurstofnood.

In karavaanparke vra ons vir 'n sleutel vir die groter badkamer wat gewoonlik vir rolstoele toeganklik is. Dit vergemaklik die proses van uit- en aantrek terwyl jy aan die masjien gekoppel is. Jy besef eers HOE uitputtend die proses is tot jy asemnood ondervind  :icon_biggrin:

 :nono: Moet nie toelaat dat die asemdief jou lewe steel terwyl jy nog leef nie! Elke sekond is kosbaar en jy is dit aan jouself verskuldig om sover moontlik die lewe ten volle te geniet met 'n nuwe normaal :notworthy:

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on October 25, 2015, 01:36:30 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/PH%20not%20for%20pity.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/PH%20not%20for%20pity.jpg.html)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on October 28, 2015, 01:29:19 AM
Die volgende inligting wil ek deel met pasiente wat nuut gediagnoseer is en dalk van die verdoemende skakels op die internet raakgelees het waarin skrikwekkende, verouderde inligting oor Pulmonale Hipertensie nog beskikbaar is. Dit is soms een van die moeilikste toestande om te diagnoseer en in die geval van PH verskyn simptome eers wanneer die siekte reeds te ver gevorderd is. Gewoonlik is daar 'n tydsverloop van gemiddeld twee tot drie jaar voor korrekte diagnose gemaak word.

Een feit wat nog steeds bly staan soos 'n paal bo water is dat PAH beskou word as 'n raar mediese toestand.

Wanneer word 'n mediese toestand as 'raar' beskou? The European Union meld dat wanneer minder as 5 persone in 'n groep van 10,000 lei aan 'n siekte, dit beskou sal word as 'n 'rare disease'.

Onbehandeld is en bly sommige takke van PH 'n lewensbedreigende toestand. Daar is intussen 'n magdom navorsing gedoen rakende die asemdief en verskeie medikasie en hulpmiddels beskikbaar om die lewensgehalte van pasiente te verbeter.

Behandeling:
 
Hoewel daar nog geen kuur vir pulmonale hipertensie is nie, is daar baie behandelings wat die lewensgehalte van lyers kan verbeter.

Pulmonêre hipertensie word eerstens behandel met medikasie na korrekte diagnose gemaak is. Hierdie medikasie word soms in kombinasie gebruik vir verligting van simptome.

*Medikasie om bloeddruk te verlaag

*Bloedverdunningsmiddels

* Medikasie om vernoude bloedvate te verwyd

* Middels om die hart se pompaksie meer effektief te maak

* Vogafdrywende medikasie om hartversaking te voorkom
 
* Sommige pasiënte kan aanvullende suurstof benodig
 
Pasiënte met PH wat nie reageer op mediese behandeling nie kan 'n dubbel-longoorplanting benodig. Tydens 'n longoorplanting, word die siek longe vervang met skenkerlonge.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on October 29, 2015, 01:30:41 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/PH%20Assosiasie%20Veldtog%20embleem.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/PH%20Assosiasie%20Veldtog%20embleem.jpg.html)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 03, 2015, 11:30:06 PM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Lung%20with%20script%20for%20awareness.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Lung%20with%20script%20for%20awareness.jpg.html)

*Geleen vanaf PHKids4acure
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 11, 2015, 04:11:28 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Breahtlessness.png) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Breahtlessness.png.html)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 12, 2015, 11:13:52 PM
Nuwe navorsing: Kan dit dalk lei tot die uitwissing van 'n geen wat PH veroorsaak?

http://yaledailynews.com/blog/2015/11/10/professor-finds-likely-key-to-cure-for-pulmonary-hypertension/

Yale researches performed a study on the cardiovascular system of mice and found that a specialized cell known as a 'progenitor' is responsible for increasing lung vessels in a place where smooth muscle cells should not exist. According to the study, pulmonary hypertension can be prevented if the gene that causes the progenitor to become a muscle cell is deleted.

Dokter Maarman (wat self besig is met sy eie navorsing oor hierdie onderwerp) het die volgende geantwoord op die Asemdief se blad waar ek hierdie artikel gedeel het: This is a very important finding my goodness. Thanks for sharing, it confirms what we've been suspecting all along.

*Een uit elke vier sterftes in die USA is weens hartverwante siektes waarvan pulmonale hipertensie, 'n deel vorm.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Marinda Kemp on November 13, 2015, 12:22:57 AM
 :love7: Meraai
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 13, 2015, 12:43:31 AM
Ek is dankbaar dat jy die inligting handig gevind het liefste mater  :love7: Sterkte vir jou.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Marinda Kemp on November 13, 2015, 01:53:47 AM
 :love7: Dankie Meraaitjie, nou maak baie dinge sin, meer sin as die altyd se gewonder. Jy is 'n  :angel7:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 13, 2015, 02:31:22 AM
Omdat hierdie toestand so raar is matertjie, kan ons nie altyd (daar is uitsonderings) soos ander pasiente na 'n dokter gaan vir antwoorde nie. Jy is deel van 1 uit 'n miljoen en dit beteken dat jy dit aan jouself verskuldig is om navorsing te doen oor waarom jou liggaam reageer met simptome en meestal gepaardgaande met verkeerde diagnose indien jy sou hulp soek.  Sommige pasiente het tot soveel as tien dokters gaan spreek voordat die asemdief as verdagte ge-identifiseer was. Dan volg die horde toetse en wag.... watter soort PH? 

As ek 'n lysie sou maak van mede PH'ers wat verkeerd gediagnoseer is sou dit nie 'n baie goeie lig op die mediese professie gooi nie en glo my vry, hulle sal dit ten alle koste wil ontken maar waar dit die asemdief aanbetref, word hulle foute letterlik 'begrawe'.

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 13, 2015, 06:30:36 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Broken.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Broken.jpg.html)

So dikwels vra mense hoe voel jy vandag? Te skaam om 'broken'  :crybaby2: te antwoord, glimlag ons met 'OK' dankie  :icon_biggrin:

*Baie dankie vir toestemming verleen deur Pretty with PH vir die gebruik van hulle grafiese voorstelling  :notworthy:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 15, 2015, 11:28:07 PM
Hierdie grafiese voorstelling is sekuur in die kol!

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/PH%20Hurts.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/PH%20Hurts.jpg.html)

*Geleen met erkenning/toestemming.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 17, 2015, 03:39:29 AM
*Grafiese embleem geleen met erkenning: Deb Brownell, Carnation, WA

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Zebra%20PH.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Zebra%20PH.jpg.html)


Hoekom 'n Zebra embleem vir PH?

Dokters word geleer om algemene simptome met algemene kwale te assosieer. "Wanneer jy hoefslae hoor, dink perde, nie sebras."

Pulmonêre hipertensie is 'n mediese sebra. Net soos 'n sebra se hoefslae klink soos 'n perd, so is PH simptome dikwels soos iets meer algemeen. Soms kan hierdie algemene simptome aanleiding gee tot verkeerde diagnose van asma, COPD, slaapapnee, vetsug of ander algemene siektes en word PH gemisdiagnoseer.

Korrekte diagnose is tydrowend. Gemiddelde oorlewing sonder behandeling is ongeveer 2.8 jaar, en daarom is die tydsduur van akkurate diagnose lewensbelangrik. Ongelukkig is die gemiddelde duur van simptome se aanvang om 'n bevestigde diagnose te maak deur 'n regterhart kateterisering, ook 2.8 jaar.


Bron:http://www.phassociation.org/SometimesItsPH/AboutTheCampaign

**********************************************************************************************************

*"When doctors hear hoof beats, they think horses, not zebras. Pulmonary hypertension is a medical zebra."

Breathless?

You are just unfit...
I must admit,
you are too fat!

Do you hear the hoof beats?

You are stressed...
I have no doubt,
you are just depressed!

Do you hear the hoof beats?

Just huffing and puffing...
tossin' while coughin'
puts the nail in the coffin!

©Asemdief (Meraai vannie baai) 2015

https://www.youtube.com/watch?v=mo4eSbHjUKo
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 18, 2015, 07:32:31 AM
Ons beleef op die oomblik 'n hittegolf  :crybaby2: en dit dreineer selfs die sterkstes onder ons se energie :icon_biggrin: so ek gaan nie skuldig voel oor die behoefte om ergens te gaan wegkruip tot dit weer winter is nie  :toothy4: 
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: adele on November 18, 2015, 10:30:06 AM
Dit moet erg wees vir jou. Ai Raaitjie, dink so baie elke dag aan julle ...
hier was ook vir lank, twee keer nou al, 'n hittegolf maar as ek dinge so beluister, is die ergste nou eers weer gebreek en die somer terug na normaal ...hie hie, wat normaal ookal moet beteken.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 18, 2015, 11:02:47 PM
Waardering vir omgee mater  :love7:

People most at risk of heat-related illness

Anyone can suffer from heat-related illness, but those most at risk are:

People over 65 years, particularly those living alone or without air conditioning

Babies and young children

Pregnant and nursing mothers

People who are physically unwell, especially with heart disease, high blood pressure or lung disease

People on medications for mental illness.

Elderly people are more prone to heat stress than younger people because their body may not adjust well to sudden or prolonged temperature change. They are also more likely to have a chronic medical condition and be taking medication that may interfere with the body’s ability to regulate temperature.

Bron: https://www.betterhealth.vic.gov.au/health/healthyliving/heat-stress-and-heat-related-illness
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 18, 2015, 11:11:36 PM
Ongelooflik wat ons hande verklap oor ons gesondheid en dit het niks te doen met palm reading   :toothy4:

Ek het al baie gewonder oor die merkbare lyne op my duimnaels wat met tyd vermeerder. Nooit besef dat langdurige asemnood een van die sondebokke kon wees nie.  Toe ek aan die kardioloog hier noem dat my huisdokter in Suid Afrika jare gelede al gevra het dat ek moet ophou om my naels so kleurvol te verf want hy kyk na die toestand van jou naels as deel van sy ondersoek, was hy verbaas.

Sekere lyne/vlekkies/merke ens verklap soms meer as die stetoskoop. Hy kon deur net na my naels te kyk sy vermoede bevestig van 'n lastige klontjie wat weer wegkruiper speel in 'n aar. Hoe weet ek nie, maar hy was nooit verkeerd nie!

Stroke
Take a gander at the "moons" on your finger nails. These white crescents at the base of the nails are technically called the lunulas — the birth place of new nail cells. They are typically most visible on the thumb and progressively smaller (or unseen) on each corresponding finger.

White moons are good.

"If they are purple (however) this indicates internal blood stasis and may be a tip that you are more prone to stroke," said Kristen Burris, founder and medical director of American Acupuncture Center in Eagle, Idaho. "Stasis" means a slowing of normal blood circulation.

For folks with purplish moons, Burris recommends they take 1,200 milligrams of Omega 3 (fish oil) each day to thin the blood (unless you are already on anti-coagulants). She lists three more natural, daily remedies to try: three cups of green tea, two tablespoons of ground flax seeds and — best of all — some red wine.


Bron: http://www.nbcnews.com/id/41628458/ns/health-mens_health/#.Vkzrz3YrJQI

What Your Hands May Reveal About Your Health
When you're visiting your doctor's office, does your doctor sometimes look closely at your fingers? A pulmonologist or cardiologist may be looking for signs of clubbing which is defined as a thickening of the flesh under the nails...causing the nail to curve downward, similar to the shape of the round part of an upside-down spoon. Clubbing is an indication of a heart or lung disorder causing chronically low blood oxygen levels.

There are other things your nails may reveal. Horizontal ridges may be another sign of trouble. Horizontal ridges, created when normal growth of the nail is interrupted, can be caused by many factors including, infection, toxins, underlying metabolic diseases or periods of reduced blood oxygen levels. These lines are called Beau's lines. If they are visible only on one nail, a nail infection may be the culprit but if the lines appear on all or most of the nails, you will want to bring it to the attention of your doctor during your next routine visit.

Writer's personal experience with Beau's lines: I am particularly interested in this topic because I had deeply creased thumb nail lines - both hands - for years before my own PH / hypoxic (chronic low blood oxygen levels) was diagnosed in the year 2000. A few months after starting on supplemental oxygen 24/7, my creases disappeared completely. Eight years later, I have had not one hint of Beau's lines.

Of course, my little experience is purely anecdotal and would probably make me look like a lunatic to my doctor's eyes if I mentioned it during a visit. To some doctors, spending time on a patient's nails is probably a little like reading tea leaves, interesting, but hardly hard science. Still, if your nails change in color or texture, it can signal something is going on that needs to be addressed.


Bron: http://www.phcentral.org/tidbits
Vir meer inligting: http://www.huffingtonpost.com.au/2014/07/30/hands-and-health-_n_5609854.html?ir=Australia
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 26, 2015, 06:55:54 AM
Weens die uiteenlopende oorsake en 5 vertakkings van Pulmonale Hipertensie, is dit seker een van die moeilikste gesondheidsprobleme om te verduidelik aan jou familie. Nie almal is vandag regtig meer lus of het die tyd om deur lang uiteensettings te wroeg sodat jy kan probeer verstaan wat met jou geliefdes/vriend/vyand gebeur nie.

Vanoggend het PHriendin Elsa, wat die Saudi-bewusmakingsblad hanteer (Saudi Association for Pulmonary Hypertension), hierdie uiteensetting gedeel wat die lewe vir my voortaan baie gemakliker gaan maak.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Uiteensetting%20van%20PH.png) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Uiteensetting%20van%20PH.png.html)

Nog 'n vraag wat ek gereeld hoor - is daar dan nog nie medisyne om die asemdief in sy spore te stuit nie? Hoekom kan ek nie van die medikasies vir verligting van PAH simptome gebruik nie? Is PH dan nie PH nie?

Treatment data in WHO Groups 2–5 PH are much less abundant than in PAH, as no therapies are approved for the treatment of these groups.

Currently, three drug classes have been US FDA-approved for chronic treatment of PAH: prostacyclin analogs, endothelin receptor antagonists (ERAs) and phosphodiesterase type 5 (PDE5) inhibitors.

Hierdie medikasie kan meer skade aanrig en selfs fataal wees, indien geneeshere dit sou voorskryf vir pasiente wat in groep 5 val.

Onderstaande inligting is 'n opsomming van my laaste F/U (follow up) echo om die verloop van PH dop te hou.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/PH%20Diagnose_1.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/PH%20Diagnose_1.jpg.html)

*Severity of pulmonary hypertension (mPAP)
Mild = 25-40mmHg
Moderate = 41-55mmHg
Severe = > 55mmHg (some links have 60mmHg as severe)

Wat is die verskil tussen mild, moderate en severe pulmonary arterial hypertension?

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/PH%20stages_1.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/PH%20stages_1.jpg.html)

As the stages progresses, the smaller the artery becomes. Until it eventually closes, and our hearts stop, and our lungs fail.

*Eenvoudig verduidelik, die verskil tussen PAH en PH:
Met eersgenoemde vernou die longare vanself en laasgenoemde (soos in my geval) word abnormale drukking in longare veroorsaak deur eksterne probleme.

Ek plaas weer hierdie inligting:
Riglyne vir klassifikasie van PH, volgens die World Health Organization en aangevul uit eie ervaring.

Class I. Alhoewel jy gediagnoseer is met PH, ondervind jy geen simptome. (Soos baie pasiente sal getuig, ervaar jy eers simptome na 'n paar jaar (gemiddeld 2.8 jaar) as daar abnormale drukking in longare is!)

Class II. Jy ondervind geen simptome terwyl jy rustig verkeer maar ondervind moegheid, borspyne en word kortasem wanneer jy normaalweg aktief besig is. Een van die eerste gevaartekens is wanneer jy skielik kortasem raak na 'n stel trappe of teen 'n opdraende stap en dit voel jou hart klop in jou ore terwyl jy wonder waar het die olifant op jou bors vandaan gekom? Hierdie is volgens my eie ervaring dan ook die tyd waarin die hart begin protesteer teen die ekstra werkslas om die bloed na jou brein en ander organe te pomp.

Class III. Jy is gemakliker wanneer jy rus en simptome keer terug sodra jy aktief is en aanvullende suurstofgebruik met tye noodsaaklik geword het. Op hierdie stadium is die sementgevoel in my borskas weens vog wat opbou in die longe, selfs in rustende posisie ongemaklik en is 'plat' slaap uit soos 'n opsitkers saans na tien.

Class IV. Simptome ervaar sonder dat jy aktief is.

The main goals of treatment in all forms of PH include improvement in the patient's symptoms, quality of life and survival. Importantly, this includes slowing the progression of, or even preventing, right heart failure.
Bron: http://www.medscape.com/viewarticle/804460_1
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 29, 2015, 07:43:01 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Wish%20for%20Christmas.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Wish%20for%20Christmas.jpg.html)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 30, 2015, 11:10:14 PM
Ons het aan die einde gekom van die PH bewusmakingsveldtog vir November 2015. Na aanleiding van die gedeelde Engelse plasing op FB (skrywer onbekend) het ek 'n vertaalde weergawe geskep vir myself oor dit wat PH nie kan/moet doen nie.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Wat%20PH%20nie%20kan%20doen%20nie_1.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Wat%20PH%20nie%20kan%20doen%20nie_1.jpg.html)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on December 01, 2015, 08:02:45 AM
*Ek vra onverskoning vir die gereelde veranderinge aangebring op plasings. Waar moontlik probeer ek om soos nuwe navorsing en inligting beskikbaar gestel word aan ons, die plasings hier ook weer op datum te bring.  :notworthy: :icon_salut:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on December 02, 2015, 03:16:15 AM
Meestal is ons onbewus daarvan tot op 'n dag wanneer hierdie lewensnoodsaaklike liggaamsfunksie  meer inspanning verg en jy skielik bewus word van elke kosbare asemteugie...

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Each%20breath%20unique.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Each%20breath%20unique.jpg.html)

Gedeel vanaf die 'Pretty with PH' blad.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on December 02, 2015, 11:15:56 PM
Goeie nuus vir PAH pasiente - alhoewel die medikasie vir lewenslank geneem moet word, kan die nuwe wondermiddel, Adempas - lewensverwagting verleng en verbetering in lewenskwaliteit verskaf. 

Professor Ghofrani, pharmacologist Stasch, and Dr Frey developed the substance from discovery to clinical application. They received the 'Future Prize' for the drug that gave pulmonary hypertension patients a longer life.

Dr Skowasch: "Diagnosis is difficult," he says, "because the illness is really rare and the symptoms aren't very specific.  "The patient will say he has difficulty breathing and that he feels weak - which can have all kinds of reasons. The cardiologist will say there's no coronary disease and the lung-specialist will say that the lungs seem to be working well. That's a lot of insecurity for the patient until he gets the news - which comes with a bad prognosis," Skowasch says.

Back in the early 1990s such a 'bad prognosis' meant an average life expectancy of about two-and-a-half years - comparable to the deadliest cancers.

Patients have to take the medication for the rest of their lives. But if they do, the chances of survival increase dramatically.


"The long-term data we now have shows very promising results in terms of survival and in terms of symptoms," says lung specialist, Professor Ardeschir Ghofrani.

Bron vir verdere inligting: http://www.dw.com/en/future-prize-for-the-drug-that-gave-pulmonary-hypertension-patients-a-longer-life/a-18887149?maca=en-gk_volltext_AppleNews_scitech-16401-xml-atom
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on December 02, 2015, 11:34:39 PM
Dit is geen geheim nie: Dokters kry stuiptrekkings oor inligting verkry vanaf die internet. Soms is dit al wat ons het, veral as dit by meer rare toestande (onder andere in ons geval Pulmonale Hipertensie is). Sou graag hierdie brawe mensie se brief aan my dokter wou gee.

Bron: http://themighty.com/2015/11/to-the-doctors-of-chronic-illness-patients/

Here’s what we want you to know about being our doctor.

It’s possible that right now we know more about our illnesses than you do, and if our diagnosis falls outside of your specialty, this is almost a guarantee. Please be OK with that. Consult the Internet or talk to other doctors to learn more, but when it comes to understanding how our illnesses affect our lives, talk to us. And even if you’re already familiar managing these conditions, don’t forget that our bodies never read the textbook chapter on “how to have so-and-so rare or unusual condition” so they might not follow all the rules.

Just be honest with us if you don’t have an answer or if you need to do more research. We’re educated about our conditions and we’ve developed good rubbish radar, so if you make something up or give us a round-about answer, chances are we will know. And chances are we won’t trust you anymore. Admitting when you don’t know something gives everything else you say more credibility.

Keep in mind that the 10 minutes in which you see us is just a snapshot of our lives. Believe it or not, we’ve spent time worrying about how we look before seeing you. We’ve worried that if we look too put together you might not believe we’re actually sick and you won’t take us seriously. We’ve also worried that if we look too disheveled you might think we’re depressed or don’t care about getting better and that, again, you won’t take us seriously. Just as a frown does not imply that we’re defeated and have given up, a smile does not indicate the absence of worry or pain. Please don’t make assumptions about how we’re doing based on whatever snapshot you happen to capture that day.

You might be scared of us because we have a chronic illness, but you should know we’re scared of you for the same reason — because we have a chronic illness. We’re scared you won’t trust our instincts and will accuse us of overreacting when we express concern. We’re scared you will become frustrated when we don’t get better and put the blame on us, that you will look at failed treatments as our own personal failures. We’re scared that one misunderstanding will red-flag our charts forever. You see, we can be as well-informed, empowered and proactive as we want, but we have no power. We can’t prescribe meds, order tests or make referrals. We need you for that. We need you to believe us, and we’re scared that you won’t.

So you’re scared. And we’re scared. There’s a lot of fear going on here. What about if instead of letting our minds shut down, we used this common ground as the foundation for an open doctor-patient relationship? Living day in and day out with these illnesses gives us an awareness of them and a perspective you cannot fully understand.

Please try to remember that. And we will try to remember that you can see things we can’t because you don’t live it day to day. We will try to remember that your education and experience treating other patients gives you a perspective we can’t fully understand.

We know you are human and we promise not to hold that against you. We know you make mistakes and that’s OK. Sometimes we’ll catch your oversight, but that doesn’t mean you aren’t doing your job as our doctor; it just means we’re doing our job as well-informed patients. We also know you won’t always be able to help us. Sometimes at the end of an appointment you will feel helpless. That’s OK, too. There will be more appointments; we’ll try again.

Just remember we’re human, too, and sometimes we get defeated. Because we know things could be worse, we sometimes forget we’re allowed to wish things were better. And sometimes we stop fighting for them to be better. We lose hope. We need you to help us through those times. Encourage us. Remind us what determination and perseverance look like. Most important, please know we will always appreciate you giving your time to care for us. Thank you for filling out the endless paperwork. Thank you for going out of your comfort zone to try and help us. Thank you for giving us a chance at a healthier future.

We know it’s your job, but we’re grateful all the same.

Read more: http://themighty.com/2015/11/to-the-doctors-of-chronic-illness-patients/#ixzz3tCYigIlx
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on December 03, 2015, 12:10:27 AM
A LETTER TO PATIENTS WITH CHRONIC DISEASE
July 14, 2010
by Rob Lamberts

Dear Patients: You have it very hard, much harder than most people understand. Having sat for 16 years listening to the stories, seeing the tiredness in your eyes, hearing you try to describe the indescribable, I have come to understand that I too can’t understand what your lives are like. How do you answer the question, “how do you feel?” when you’ve forgotten what “normal” feels like? How do you deal with all of the people who think you are exaggerating your pain, your emotions, your fatigue? How do you decide when to believe them or when to trust your own body? How do you cope with living a life that won’t let you forget about your frailty, your limits, your mortality?

I can’t imagine.

But I do bring something to the table that you may not know. I do have information that you can’t really understand because of your unique perspective, your battered world. There is something that you need to understand that, while it won’t undo your pain, make your fatigue go away, or lift your emotions, it will help you. It’s information without which you bring yourself more pain than you need suffer; it’s a truth that is a key to getting the help you need much easier than you have in the past. It may not seem important, but trust me, it is.

You scare doctors.

No, I am not talking about the fear of disease, pain, or death. I am not talking about doctors being afraid of the limits of their knowledge. I am talking about your understanding of a fact that everyone else seems to miss, a fact that many doctors hide from: we are normal, fallible people who happen to doctor for a job. We are not special. In fact, many of us are very insecure, wanting to feel the affirmation of people who get better, hearing the praise of those we help. We want to cure disease, to save lives, to be the helping hand, the right person in the right place at the right time.

But chronic unsolvable disease stands square in our way. You don’t get better, and it makes many of us frustrated, and it makes some of us mad at you. We don’t want to face things we can’t fix because it shows our limits. We want the miraculous, and you deny us that chance.

And since this is the perspective you have when you see doctors, your view of them is quite different. You see us getting frustrated. You see us when we feel like giving up. When we take care of you, we have to leave behind the illusion of control, of power over disease. We get angry, feel insecure, and want to move on to a patient who we can fix, save, or impress. You are the rock that proves how easily the ship can be sunk. So your view of doctors is quite different.

Then there is the fact that you also possess something that is usually our domain: knowledge. You know more about your disease than many of us do – most of us do.  your defining pain – is something most of us don’t regularly encounter. It’s something most of us try to avoid. So you possess deep understanding of something that many doctors don’t possess. Even doctors who specialize in your disorder don’t share the kind of knowledge you can only get through living with a disease. It’s like a parent’s knowledge of their child versus that of a pediatrician. They may have breadth of knowledge, but you have depth of knowledge that no doctor can possess.

So when you approach a doctor – especially one you’ve never met before – you come with a knowledge of your disease that they don’t have, and a knowledge of the doctor’s limitations that few other patients have. You see why you scare doctors? It’s not your fault that you do, but ignoring this fact will limit the help you can only get from them. I know this because, just like you know your disease better than any doctor, I know what being a doctor feels like more than any patient could ever understand. You encounter doctors intermittently (more than you wish, perhaps); I live as a doctor continuously.

So let me be so bold as to give you advice on dealing with doctors. There are some things you can do to make things easier, and others that can sabotage any hope of a good relationship:

Don’t come on too strong – yes, you have to advocate for yourself, but remember that doctors are used to being in control. All of the other patients come into the room with immediate respect, but your understanding has torn down the doctor-god illusion. That’s a good thing in the long-run, but few doctors want to be greeted with that reality from the start. Your goal with any doctor is to build a partnership of trust that goes both ways, and coming on too strong at the start can hurt your chances of ever having that.
Show respect – I say this one carefully, because there are certainly some doctors who don’t treat patients with respect – especially ones like you with chronic disease. These doctors should be avoided. But most of us are not like that; we really want to help people and try to treat them well. But we have worked very hard to earn our position; it was not bestowed by fiat or family tree. Just as you want to be listened to, so do we.

Keep your eggs in only a few baskets – find a good primary care doctor and a couple of specialists you trust. Don’t expect a new doctor to figure things out quickly. It takes me years of repeated visits to really understand many of my chronic disease patients. The best care happens when a doctor understands the patient and the patient understands the doctor. This can only happen over time. Heck, I struggle even seeing the chronically sick patients for other doctors in my practice. There is something very powerful in having understanding built over time.

Use the ER only when absolutely needed – Emergency room physicians will always struggle with you. Just expect that. Their job is to decide if you need to be hospitalized, if you need emergency treatment, or if you can go home. They might not fix your pain, and certainly won’t try to fully understand you. That’s not their job. They went into their specialty to fix problems quickly and move on, not manage chronic disease.

The same goes for any doctor you see for a short time: they will try to get done with you as quickly as possible.

Don’t avoid doctors – one of the most frustrating things for me is when a complicated patient comes in after a long absence with a huge list of problems they want me to address. I can’t work that way, and I don’t think many doctors can. Each visit should address only a few problems at a time, otherwise things get confused and more mistakes are made. It’s OK to keep a list of your own problems so things don’t get left out – I actually like getting those lists, as long as people don’t expect me to handle all of the problems. It helps me to prioritize with them.

Don’t put up with the jerks – unless you have no choice (in the ER, for example), you should keep looking until you find the right doctor(s) for you. Some docs are not cut out for chronic disease, while some of us like the long-term relationship. Don’t feel you have to put up with docs who don’t listen or minimize your problems. At the minimum, you should be able to find a doctor who doesn’t totally suck.

Forgive us – Sometimes I forget about important things in my patients’ lives. Sometimes I don’t know you’ve had surgery or that your sister comes to see me as well. Sometimes I avoid people because I don’t want to admit my limitations. Be patient with me – I usually know when I’ve messed up, and if you know me well I don’t mind being reminded. Well, maybe I mind it a little.

You know better than anyone that we docs are just people – with all the stupidity, inconsistency, and fallibility that goes with that – who happen to doctor for a living. I hope this helps, and I really hope you get the help you need. It does suck that you have your problem; I just hope this perhaps decreases that suckishness a little bit.

Sincerely,

Dr. Rob
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on December 20, 2015, 11:27:34 AM
My nuwe jaar's voorneme  :toothy4:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Heart2curePH.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Heart2curePH.jpg.html)

Die lewe is so kosbaar en bitter kort. Maak die beste van elke sekond!
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on December 24, 2015, 07:53:20 AM
Positief is altyd 'n wenner Raaitjie.   :hello2:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on December 24, 2015, 11:46:57 AM
Lekker om jou weer raak te lees PM!  :toothy4: :hello2:

Ek het seker die grootste kersgeskenk ontvang - nuwe navorsing aan die einde van 2015 het die volgende onthul:

'.... When untreated, pulmonary patients face a poor prognosis, estimated in 2.8 years. The probability of survival for untreated patients is 68% one year after the onset of the disease, which drops to 48% after three years and to 34% after five years, according to the Ohio State University Lung Center.
 
However, the most recent research demonstrates that pulmonary hypertension lifespan has increased to seven years, on average.'
 :love7: :hello2: :notworthy:

http://pulmonaryhypertensionnews.com/2015/12/22/7858/

Geen dokter kan jou lewensverwagting regtig 'voorspel' nie maar om elke keer teen beperkte jaartalle vas te kyk, te weet jy het dit reeds bereik -  en skielik vier 'ekstra' jare te sien is 'n die beste Geskenk in jou kerskous  :wave:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on December 27, 2015, 06:31:18 AM
Wonderlik Raaitjie.  Ek dink tog daar is vir ons elkeen 'n plan en 'n pad.  'n Maatjie van my is 'n week gelede oorlede aan 'n hartaanval.  Die dokters het vir hom nog 'n jaar gegee nadat hy met kanker gediagnoseer is.  Ons more bly tog maar duister.
Vir jou wens ek nog 'n lang en gelukkige lewe Sustertjie.   :love7:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on December 27, 2015, 08:58:11 AM
Baie dankie vir wonderlike seenwense Sustertjie  :love7: ook dieselfde vir jou. Innige simpatie met die verlies van jou vriend. 'n Fatale hartaanval kan so skielik gebeur. Eintlik behoort ons elke sekond voluit te leef en geniet asof die volgende een, jou laaste sou wees.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on December 30, 2015, 03:47:54 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Chronic%20illness.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Chronic%20illness.jpg.html)

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on December 30, 2015, 11:32:48 PM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Cat%20purrs%20heals.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Cat%20purrs%20heals.jpg.html)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on January 02, 2016, 09:25:27 AM
Dit lyk my ek moet nou vir my 'n kat kry Raaitjie.   :icon_biggrin:
Op 'n ernstige noot, dit werk so ja en baie ander diere het 'n genesende invloed. 
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on January 06, 2016, 06:10:49 AM
Kan werk as jy graag voorheen 'n katjie wou he, nou het jy die perfekte verskoning mater  :icon_biggrin:

Op meer ernstige noot. Daar word so baie gewaarsku oor vroegtydige optredes en voorkoming van hartaanvalle. Ek het voorheen op FB reeds 'n artikel gedeel oor een van die maklikste/goedkoopste maniere om uit te vind of jy jou in die gevaarsone bevind van die aar-oorlog. Ek verwys hier na eenvoudige proses om jou bloeddruk in die arms te laat neem. Let wet - ARMS

Wat PH pasiente moet onthou is die feit dat nie al ons skete te wyte is aan pulmonale hipertensie nie. Die simptome kan dui op ander mediese probleme en hierdie eenvoudige toets in die dokter se spreekkamer, kan jou lewe red.

Soms is dit moeilik om te onderskei tussen die normale lighoofdigheid as gevolg abnormale drukking in longare van PH, en die van sistoliese arteriële druk. Wanneer jy dus jou bloeddruk in die arm neem behoort die linker- en regterarm se lesings naastenby ooreen te stem. 'n Verskil is soms teenwoordig maar moet nooit meer as 10 punte wees nie!

Checking the blood pressure in BOTH arms could save your life: Big difference between the readings is an early sign of heart disease

Checking both arms could give warning of heart attack and stroke risk

People with a difference of 10 points are 38% more likely to have one

A big difference suggests the arteries in one arm are clogged

In this case, it is likely arteries in the heart and brain are also semi-blocked


 In 10 per cent of patients, there was a difference of ten points or more between arms. These men and women were 38 per cent more likely to have a heart attack, including a fatal one, stroke or related problem during the next 13 years.

It is thought that if there is a big difference between the two readings, the artery supplying the arm with the higher reading is likely to be clogged with fat.


Read more: http://www.dailymail.co.uk/health/article-2577290/Checking-blood-pressure-BOTH-arms-save-life-A-big-difference-readings-early-sign-heart-disease.html#ixzz3wQt5LSkR
Follow us: @MailOnline on Twitter | DailyMail on Facebook

NS: Dring asb aan daarop dat jou dokter die bloeddruk in beide arms neem wanneer jy ongewone duiseligheid beleef!
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on January 06, 2016, 08:40:53 AM
Baie goeie inligting hierdie.  Ons het ook 'n tuisapparaatjie en ek sal 'n toets gaan doen.
Hannes was juis weer in die hospitaal, maar Gerhard bring hom terug Leeupoort toe vandag. 
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on January 06, 2016, 11:01:17 PM
Sterkte vir Hannes. As jy die toets gedoen het PM, laat weet asb wat jou lesings was. Verstommend wat 'n eenvoudige bloeddruktoets kan verklap ne!
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on January 08, 2016, 02:29:31 AM
PAH versus PH en die gevare van hartversaking (heart failure)

Daar is 'n magdom inligting beskikbaar vir pasiente met Primary Pulmonary Hypertension (PAH) maar wat van persone met Secondary Pulmonary Hypertension?

Om staat te maak op jou dokter/spesialis, bring ongelukkig nie altyd antwoorde nie. Ag jouself baie gelukkig indien jy wel gekry het! Dit is nie maklik vir die mediese professie om te erken jy is 'n nagmerrie pasient vir hulle in 'n doodloopstraat nie. Soos alreeds genoem, dokters word opgelei om mediese probleme te identifseer, medikasie voor te skryf/chirurgies in te gryp en genesing te bewerkstellig.

Indien die oorsaak van jou PH idiopaties (onbekend van aard) is, bevind jy jou in 'n cul de sac op die oomblik totdat daar 'n geneesmiddel beskikbaar is.

Die normale behandeling vir PAH pasiente, kan fataal wees. Die standaard behandeling sluit gewoonlik suurstofaanvulling, bloedverdunners en 'n vogafdrywende middel om hartversaking te voorkom so ver moontlik aangesien die hart onder permanente druk geplaas is om die suurstofarmbloed na jou longe gepomp te kry sodat die suurstofryke bloed vandaar na die res van jou liggaam gepomp kan word. Dit is so goed jy probeer water deur 'n tuinslang laat vloei wat 'n kink in het. Al die organe/spiere protesteer wanneer daar nie genoeg suurstof teenwoordig is nie en in die proses werk die hart nog harder. 'n Bose kringloop.

Hoe lank kan 'n hart funksioneer onder hierdie abnormale drukking waarvoor dit nie ontwerp is nie? Ek vra nie meer vrae nie want daar is nie antwoorde nie en hoe gouer jy uit die spreekkamer kan kom, hoe vinniger kan die dokter 'n pasient spreek wat hy kan help. Dit is sy roeping. Soos met alles is daar hier ook die uitsonderings. Daar is wel dokters wat tyd sal neem om menslik met jou te gesels en jou vrae te probeer beantwoord.

My dokter glo ons is almal een dood skuldig, so jy is net so kwesbaar soos enige ander persoon; hoekom al die vrae en kommer oor more? Aanvaar en geniet elke sekond wat jou gegun is.
 :toothy4:

Die enigste behandelbare, omkeerbare PH is wanneer die drukking veroorsaak word deur bloedklonte in jou longe. Indien daar betyds opgetree word, behoort die drukking te verminder. Die slang in die gras is dat indien jy te laat gediagnoseer is en alreeds 'n geruime tyd oorlog gevoer het teen die asemdief, is jou strepie getrek. Dit geld ook vir hart-defekte.

Hierdie uittreksel werp 'n bietjie meer lig op die duistere saak.

For those diagnosed with secondary PH

As long as the underlying disease exists, it will keep causing PH. So, for example, if you have a congenital heart defect causing your pulmonary hypertension, your PH will not go away unless your congenital defect can be fixed.

However, once you have PH, even if the initial defect is cured, it may not make the pulmonary hypertension go away, especially if you have had PH for quite some time.

PH is a serious illness and it will usually require separate treatment, which may include oxygen, agents to help your heart pump better, diuretics, anticoagulants (blood thinners) and medications to lower PHT. Sometimes lung transplants also are performed.

If you've begun medical treatment for PH, follow your medical treatment plan very strictly. Never assume you can alter the dose or frequency of any of your medicines without your physician's approval. Not following your healthcare team's instructions can be extremely dangerous. Medical therapy has significantly improved the outlook for most PH patients, but it doesn't "cure" PH.


*Bron: http://www.heart.org/HEARTORG/Conditions/HighBloodPressure/AboutHighBloodPressure/What-is-Pulmonary-Hypertension_UCM_301792_Article.jsp#.Vo71Yvl97IU
http://www.kirotv.com/news/ap/entertainment/cole-died-from-pulmonary-tension-which-led-to-hear/npzRK/

The Associated Press
NEW YORK — Natalie Cole's family said the singer's cause of death was idiopathic pulmonary arterial hypertension, which led to heart failure.


The statement read: "(Cole) responded well to pulmonary arterial hypertension-specific agents over many years, during which she performed many concerts world-wide, but eventually succumbed to intractable right heart failure, an outcome that unfortunately commonly occurs in this progressive disorder."

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on January 08, 2016, 02:43:22 AM
Die gevaar van Pulmonale Hipertensie, vir vroeggebore babas.

Indien jy die ouer is van 'n vroeggebore baba, sal ek jou ten sterkste aanraai hom hierdie insiggewende videos te kyk en jouself te vergewis van enige simptome wat mag dui dat jou baba 'n slagoffer word van die asemdief.

http://pulmonaryhypertensionnews.com/2016/01/05/pediatric-pulmonary-hypertension-what-you-need-to-know/

http://www.medscape.com/viewarticle/835243
Currently, of our 670 active patients on therapy, the reason for the pulmonary hypertension in over 300 of them is neonatal chronic lung disease. The problem is that this is not pulmonary hypertension the way that pediatric cardiologists have been treating pulmonary hypertension for the past 15 years. This is pulmonary hypertension that is associated with lung hypoplasia, developmental delays, and significant loss of capillary bed as a result of diseases that are associated with chronic lung disease.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on January 18, 2016, 11:15:16 PM
Ons besef nie altyd dat die PH pad vir die versorgers/families vreesbevange kronkel met blinde draaie nie. Vandag gee ek  'n medalje aan my eie aardse engel/versorger en gee 'n drukkie vir elkeen wat saam bid vir 'n teenvoeter/cure vir die asemdief. Hier is 'n briefie geskryf deur 'n 7 jarige dogtertjie.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/PH%20briefie.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/PH%20briefie.jpg.html)

Bron: https://www.facebook.com/PHACanada/photos/a.146166622068428.23367.141407085877715/1124085354276545/?type=3&theater
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on February 05, 2016, 08:01:50 AM
Daar is min dinge in die lewe wat my moed in my skoene laat sak soos wanneer ek opkyk na 'n stel asemrowende trappe  :icon_bigsmurf:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Mount%20Everest%20Trappe.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Mount%20Everest%20Trappe.jpg.html)

Trappe is nie net vir ouens in rolstoele 'n probleem nie!
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on March 08, 2016, 12:02:22 AM
My eie Everest geklim! Wat 'n oorwinning was dit nie. Op 'n vorige keer wou ek so graag hierdie mooi met Outop deel maar die asem en krag het ontbreek. Hierdie keer het ek die 'geleende asempies' op sleeptou gehad en kon alles saam met my sus en swaerie (wat ons kom bederf het met 'n maandlange vakansie uit SA) ervaar en geniet.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/My%20Everest.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/My%20Everest.jpg.html)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC06862a.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC06862a.jpg.html)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/IMG_2948a.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/IMG_2948a.jpg.html)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on March 08, 2016, 12:58:41 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Neither%20did%20I.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Neither%20did%20I.jpg.html)

Hoe waar is dit nie! Die eerste keer wat ek kennis gemaak het met die twee woorde en afkorting uit die alfabet (PH) het die lewe op sy kop gaan staan. 'n Nuwe normaal het geboorte geskenk en elke sekond het kosbaar nog 'n 'verjaardag' geword.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on March 09, 2016, 12:54:32 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Blood%20clot%20awareness.png) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Blood%20clot%20awareness.png.html)

Self die slagoffer van 'n paar noue ontkomings met hierdie probleem onder andere, deel ek graag die volgende inligting ook hier. Nadat verskeie mikroskopiese klontjies in die longe oorspronklik vermoed is, was daar die hoop dat sodra die klonte deur die liggaam self opgelos word, die abnormale drukking in die longare verminder sou word.

Dit het nie gebeur nie en die oorsaak van drukking is dus as misteries geklassifiseer.

Soos reeds voorheen genoem is, word Pulmonale Hipertensie onderverdeel in 5 groepe waarvan my probleem met die asemdief derhalwe nou onder een van die laaste klassifikasie (5) val: Miscellaneous Pulmonary Hypertension.

Miscellaneous pulmonary hypertension symptoms follow the same symptoms of other PH forms plus systems of the underlying disease.

Initial diagnosis follows other HP forms.  You healthcare provider will need your medical and family history.  This will be followed by a physical exam to determine what symptoms you have.  A doctor will try to confirm PH with tests such as an echocardiogram, chest X-ray, electrocardiogram (EKG) and/or right heart catheterization.  To determine the underlying cause, Lung function tests, chest CT and MRI scans, and/or Polysomnograms will be done.  Blood samples may be taken to run genetic tests for certain diseases.

Miscellaneous Pulmonary Hypertension Prognosis

The prognosis for miscellaneous pulmonary hypertension varies by patient and the underlying medical cause.  Early detection is best and with the appropriate combination of therapies, the quality of life can be greatly improved.  The survival rate varies but may run around 50 percent within a 3 year period.


*Bron van inligting: http://pulmonaryhypertensionnews.com/miscellaneous-pulmonary-hypertension/
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on March 10, 2016, 01:15:57 AM
Die internet is 'n gawe ding, maar ook 'n nare ding.

Elke keer as ek 'survival rate' raak lees, wurg onsekerheid en steel 'n asemteug of twee.  Hoekom laat ons dit toe? Vanoggend het ek my vrese hokgeslaan  :toothy4:

Persentasiesyfers van 'survival rates' gaps en hap kepe uit jou lewe. Met die wonder van geboorte het ons reeds elkeen ook onvermybaar, sy of haar 'death sentence' ontvang. Waar en hoe is onseker maar een ding is verseker - you and I will die one day - John Pavlovitz.

Die kommers en vrese wat ons blootsry, doof lewensvlamme wyl kosbare minute/ure/dae/maande/jare onherhaalbaar, weggly...
Hierdie lewenspad kan ons nooit weer stap as jou cul-de-sac-streep getrek word; voor daardie dag/nag kom, laat ons voluit lewe en geniet.

Die Latynse digter Horace, vat 'n kosbare waarheid so mooi vas: 'Carpe diem - seize the day - don't waste a single moment!'

Ek sluit af met hierdie woorde uit die liedjie van 'You Me at Six': 'Carpe diem 'til the bitter end.'

Sela.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on March 14, 2016, 11:20:46 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/never%20regret%20a%20day.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/never%20regret%20a%20day.jpg.html)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on March 15, 2016, 11:14:58 PM
Toe ek hierdie artikel op die forum begin het, was ons besig om te probeer bewys dat lugbesoedeling kan bydra tot ernstiger newe effekte vir persone met PH weens onbekende oorsake.

Uiteindelik het daar vir ons na vier jaar van intense navorsing en dokumentering, 'n lig in die tonnel begin brand en maak soveel van die ongemak en asemnood skielik meer sin.  Na nog 'n nare SOB (short of breath) episode gisteroggend het ek radeloos begin grawe na antwoorde hoekom my longe so in opstand kom as daar skerp reuke in my nabyheid is!  Soms is onbeheersde hoesbuie my voorland soos reeds vier jaar gelede aangeteken.

Laat ek net vinnig probeer verduidelik. Daar was 'n sak met rooi uie in ons groentekas. Na die maandlange verlof het dit ongebruik bly le en elke keer as ek naby die kas kom, was dit onmoontlik om my asem diep in te trek. Hoe langer ek in die kombuis besig was, hoe meer het my longe protesteer en elke asemteug pynliker geword.

Dieselfde het verlede week gebeur nadat ek by die plaaslike winkel in die ry gestaan het om te betaal vir my aankope. Die vroue om my se parfuumreuke het my longe so affekteer dat my sig dof geword het van suurstof te kort! Dieselfde het ook al gebeur terwyl ek eendag oppad was na Meisiekind op die plaas en boere in die omgewing besig was om gewasse te spuit.

Nog sondebokke is enige bron van rook en selfs stoom terwyl jy kos voorberei. Ek het dit aan my dokter probeer verduidelik. 

:dontknow:  :crybaby2:

Vir so lank al soek ons na antwoorde oor hierdie reaksies. Soos met meeste navrae oor PH, loop jy vir jou vas in 'n doodloopstraat. Sou jy nog waag om te noem dat jy iets raak gesnuffel het, word jy onmiddelik verdoem dat jy nie vrede gemaak het met jou situasie nie!

Gesels met mede PH'ers het my ook nie een tree nader aan 'n antwoord of oorsaak gebring nie. Elkeen ervaar simptome en newe effekte anders.

Hierdie artikel het wel antwoorde gebring en nou kan Outop en ek 'n plan van aksie uitwerk om myself sover moontlik te beskerm teen onnodige ekstra asemnood.

ODOR ‘GUARDS’ IN LUNGS CAN MAKE US COUGH
WASHINGTON UNIVERSITY IN ST. LOUISrightOriginal Study


A newly discovered class of cells expressing olfactory receptors in human airways, called pulmonary neuroendocrine cells, act like border guards for the lungs, whose job it is to exclude irritating or toxic chemicals.

*Like the nose, lungs have odor receptors. But instead of sending nerve impulses to the brain that conjure up a burning cigarette or a cup of coffee, these receptors send a signal that may make you cough.

Unlike the receptors in your nose, which are located in the membranes of nerve cells, the ones in the lungs are in the membranes of the flask-shaped neuroendocrine cells that at times are triggered to dump hormones that make airways constrict.

The cells might be responsible for the chemical hypersensitivity that characterizes respiratory diseases, such chronic obstructive pulmonary disease (COPD), and asthma. Patients with these diseases are told to avoid traffic fumes, pungent odors, perfumes, and similar irritants, which can trigger airway constriction and breathing difficulties.

The odor receptors on the cells might be a therapeutic target, Ben-Shahar suggests. By blocking them, it might be possible to prevent some attacks, allowing people to cut down on the use of steroids or bronchodilators.

Ben-Shahar says. “When people with airway disease have pathological responses to odors, they’re usually pretty fast and violent. Patients suddenly shut down and can’t breathe and these cells may explain why.”

BRON: http://www.futurity.org/odor-sentinels-lungs-keep-bad-guys/

*************************************************************************************************

Nou is my vraag nog steeds: Is dit moontlik dat langdurige blootstelling aan/van hierdie soort reaksie teenoor die inaseming van reuke op ons longe, Pulmonale Hipertensie a.g.v onbekende bron (deel van WHO Group 5 PH), kan veroorsaak?
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on March 17, 2016, 11:09:32 PM
Hierdie skakel het pragtige grafiese voorstellings oor wat presies gebeur wanneer persone met hipersensitiewe reaksie a.g.v ooraktiewe pulmonary neuroscretory cells in aanraking kom met sterk reuke.

http://www.sci-news.com/medicine/science-odor-receptors-human-lungs-01659.html

Die wonderlike nuus en lig in die asemnoodtonnel - the scientists are hopeful that the PNEC pathways will provide targets for drugs that would better control asthma, chronic obstructive pulmonary disease and other respiratory diseases.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on March 30, 2016, 12:26:48 AM
Die voorreg om onbewus en gemaklik asem te haal is nie vir almal beskore nie. Indien jy dit nog vrylik kan doen - geniet en tel jou seeninge - teug vir teug  :notworthy:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/day%20by%20day.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/day%20by%20day.jpg.html)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on April 03, 2016, 11:02:12 PM
Ek het reeds genoem dat my liggaam deesdae hewiger 'allergiese reaksies' toon en asemhaling dan meer van 'n stryd word.

Nog 'n sondebok wat die lewe vir my baie onaangenaam gemaak het die afgelope naweek terwyl ons gekamp het, was die kombinasie van 'n tuna en mayonaise broodjie en die drink van 'n halwe blikke gemmerbier agterna!  As ek die twee apart geniet, was daar tot dusver geen asemhalingsprobleme of hoesbuie nie  :dontknow:

Ons het besluit om die reaksies te dokumenteer. Ons weet reeds dat enige rook, hetsy dit sigaret- of houtvure is, asemhaling erg bemoeilik. Dieselfde geld dan ook vir enige uitlaatgasse van voertuie/swaarvoertuie. Humiditeit speel 'n groot rol in die bemoeliking van asemhaling asoook mistige weer. Wanneer ons bergpasse ry begin my bors brand en pyn op sekere hoogtes. Enige sterk reuke, selfs die  van uie (soos vermeld in vorige plasing) veroorsaak erge ongemak.

Sodra die suurstofvlak in my bloed val, word my stem hees. Dit is gewoonlik een van die  tekens (bo en behalwe skielike hoesbuie, duiseligheid, benoudheid en gevoel van longe wat met sement gevul word) wat my bewus maak dat die geleende asempies nadergesleep moet word.

As jy self 'n PH pasient is en enige reaksie op reuke of voedsel kombinasies jou eie asemhaling bemoeilik het, sal ek graag met jou wil kontak maak.

 :notworthy: :icon_salut:



Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: adele on April 05, 2016, 05:56:56 AM
ek lees en lees ... soms met 'n traan, ander kere met vreugde vir elke dag se genade  :love7:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on April 05, 2016, 01:23:51 PM
Raaitjie, ek wens daar was iets wat ek kon doen om die lewe vir jou makliker te maak.  Hier is 'n ou drukkie vir jou. 
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on April 05, 2016, 11:09:33 PM
Julle omgee is die stutte in my lewe liefste maters  :love7:

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on April 12, 2016, 11:30:02 PM
Een van die (letterlik en figuurlik) nare simptome van die asemdief wat my kniege knak, is die 'morning sickness' wat heeldag duur  :crybaby2:
Hier is 'n paar voorstelle van die Pulmonary Hypertension Association, wat verligting kan bring.

1. Moenie groot maaltye nuttig nie. Neem eerder kleiner, maar meer porsies met tussenposes. Vermy groot hoeveelhede vloeistowwe (veral gaskoeldranke) tydens maaltye.

2. Vermy vetterige/olierige kosse. Dit neem langer om te verteer en veroorsaak ongemak en vergroot die kans dat jy gaan naar word.

3. As jy naar voel, peusel aan soutbeskuitjies, pretzels, roosterbrood of sagte brood. Ek vind dat 'sop-in-'n-koppie' gou verligting bring.

4. Koue vloeistowwe (sonder suurinhoud) soos by. yskoue water/blokkies/kruietee of vrugte-ysies bring ook verligting. Ek geniet die ysblokkies.

5. Sit regop en eet en moenie direk na ete gaan le nie. Dit is soms vir my nodig om te staan en eet, veral as jou borskas voel soos 'n sementfabriek weens vog op die longe.

6. Vermy kossoorte wat gas veroorsaak.

7. Plaas 'n yssakkie agter jou nek. (Die ene het ek nog nie probeer nie).

8. Maak die vensters oop vir vars lug. Bedompigheid vererger naarheid.

9. Borsel jou tande gereeld en gebruik mondspoelmiddel.

Bron: http://www.phassociation.org/Patients/DietAndNutrition/ManagingNausea

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on April 12, 2016, 11:46:15 PM
Een van die oorsake van naarheid as jy kennis gemaak het met die asemdief, is 'n simptoom van die altyddeur gevreesde 'heart failure' in kort HF.  Ek haal aan:
Nausea and vomiting can be side effects of drugs like epoprostenol and treprostinil. They can also be caused by the heart failure common in PH.

Gedurende een van die toetse wat ek ondergaan het (RHC - right heart cath) is "*High cardiac output state"gediagnoseer wat oningeligde dokters laat kopkrap weens die feit dat die hart klaarblyklik 'normaal' funksioneer en diagnose van HF fnuik.  Derhalwe duur HF onbehandeld voort en nog meer stres word in die proses op die hart geplaas, wat reeds onder verhoogde drukking funksioneer! Bose kringloop vir die handjievol pasiente wat hiermee kennis gemaak het.

*Patients with chronic high output may develop signs and symptoms classically associated with the more common "low-output" HF while an above normal cardiac output is maintained; specifically, they may develop symptoms and signs of pulmonary and/or systemic venous congestion, such as dyspnea and edema.

High Cardiac Output heart failure: High-output heart failure happens when the body's need for blood is unusually high, so heart failure symptoms happen even though the heart is working well.

This type of heart failure happens to a very small number of people with heart failure.


Although the causes of high-output heart failure are different from the cause of other types of heart failure, the end result is the same: Your heart isn't supplying enough blood to meet your body's needs. High-output heart failure results in the same symptoms of heart failure, including fatigue and shortness of breath.


BRON: http://www.uptodate.com/contents/high-output-heart-failure
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on May 06, 2016, 12:12:42 AM
Hierdie plasing sluit aan by my vorige een.

Gister was WorldPHDay 2016. Ek het 'n ellelange plasing gereed gehad om die verskillende behandelinge van die 5 uiteenlopende vertakkinge van die asemdief te bespreek.

Heelwat verwikkeling die afgelope paar dae het telkens my poging om dit te kom plaas voor die tyd, in die wiele gery! Nou het ek tyd gesteel en dit kom deel.

Nuutste inligting was noukeurig nagevors oor die feit dat die medikasie wat vir groep 1 (PAH) voorgeskryf word, skadelik (selfs fataal) kan wees vir die groepe - veral vir groep 5 PH! Ek het reeds voorheen hierdie feite gedeel maar wou seker maak dat niks intussen verander het nie. En weereens benadruk dat jou dokter presies moet weet onder watter vertakking jou probleem geklassifiseer word.

Group 1; The pulmonary arterial hypertension group which includes idiopathic PAH, heritable, drug induced, associated with congenital heart disease, HIV, portal hypertension, connective tissue disease, pulmonary veno-occlusive disease (PVOD) and persistent pulmonary hypertension of the newborn.

Group 2; PH secondary to left heart disease,

Group 3; PH secondary to lung disease.

Group 4; chronic thromboembolic pulmonary hypertension (CTEPH) and other pulmonary artery obstructions.

Group 5; PH with unclear or multifactorial mechanisms.
https://www.bcs.com/pages/news_full.asp?NewsID=19792478


Treatment of pulmonary hypertension is determined by whether the PH is arterial, venous, hypoxic, thromboembolic, or miscellaneous. The treatment is to optimize left ventricular function by the use of diuretics, digoxins, blood thinners, or to repair/replace the mitral valve or aortic valve.[33]

Patients with left heart failure or hypoxemic lung diseases (groups II or III pulmonary hypertension) should not routinely be treated with vasoactive agents including prostanoids, phosphodiesterase inhibitors, or endothelin antagonists, as these are approved for the different condition called pulmonary arterial hypertension.[34]

To make the distinction, doctors at a minimum will conduct cardiac catheterization of the right heart, echocardiography, chest CT, a six-minute walk test, and pulmonary function testing.[34] Using treatments for other kinds of pulmonary hypertension in patients with these conditions can harm the patient and wastes substantial medical resources.[3

https://en.wikipedia.org/wiki/Pulmonary_hypertension
[/i]

Vir die pasient wat gediagnoseer is onder groepe 2 tot 5 is daar 'n lang opdraende pad voor want nie net veg jy teen dieselfde simptome as die persoon met PAH nie maar klim daagliks jou eie Everest uit met die simptome van dit wat abnormale drukking in jou longare veroorsaak.

Ongelukkig is die behandeling en stryd met simptome van hierdie groepe nie naastenby so intensief ondersoek en aangeteken soos met PAH nie.

Treatment data in WHO Groups 2–5 PH are much less abundant than in PAH, as no therapies are approved for the treatment of these groups.

Bron: http://www.medscape.com/viewarticle/804460_1


Group 5 (PH with unclear and/or multifactorial mechanisms): The heterogeneity of this group prevents an appropriate description of genetics, epidemiology and risk factors in these guidelines.

http://erj.ersjournals.com/content/46/4/903


Ek het ophou tel hoeveel keer die antwoord op my vrae net 'Maak vrede - ons is almal een dood skuldig' en die man/vrou oorkant jou se onkunde in hoofletters teen die muur pronk! Dokters/spesialste doen 'n wonderlike werk maar ongelukkig is daar ook die uitsonderings soos met alles in die lewe.

Vier jaar na my eie diagnose het niemand nog ag geslaan oor my talle vrae oor wat onder aan die PH spesialis se verslag in pen aangeteken was nie. Alhoewel ons dit uitgewys het aan die kardioloog dat 'high cardiac output' waargeneem is tydens die RHC prosedure en dat hulle gese het dat dit opgevolg moet word deur die kardioloog, aangesien dit een van die oorsake kan wees van die abnormale drukking.

Dit val buite haar mediese veld aangesien die PH nie PAH is. Ja. Daar is 'n reuse verskil! Selfs ek weet dit maar probeer dit nou aan die besoekende dokters vertel - maand vir maand! Vier lange jare lank.

How is PH different from PAH?
PH is a general term for any condition in which pressure is too high in the blood vessels of the lungs. There are many types of PH with many different causes. PAH is a subcategory of PH that is defined by abnormal changes in the walls of the arteries (a specific type of blood vessel) of the lungs. The treatment for one type of PH may differ from the treatment for another, so it is important for your doctor to know which type you have in order to prescribe the most effective treatment.


 
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on May 06, 2016, 01:00:51 AM
Ek het my eie raad gevolg en word nou behandel deur 'n nuwe dokter in 'n naburige dorp. 'n Dokter wat kennis dra van die asemdief en uit sy eie besluit het om bietjie na te vors oor moontlike behandeling vir verligting van my ongemak/pyn van die simptome.

Reeds met die tweede besoek het ons 'n baie openhartige gesprek gehad waarin hy my meegedeel het dat alles wat tussen ons gebeur en wat hy besluit om te doen vir my baie noukeurig aangeteken gaan word. Sy volgende woorde het my ietwat onverwags gevang en ek het besef 'n mens moet versigtig wees wat jy graag wil he of wens jy kon kry.  Ek wou 'n dokter he wat reguit en eerlik met my gaan wees.

My wens is vervul.   

Daar was breedvoerig aan my verduidelik dat indien ek iets sou oorkom terwyl hy my behandel, hy homself en sy praktyk moet beskerm ingeval die familie sou voel dat daar nie alles moontlik vir my gedoen is nie, en hulle besluit om die dokter te dagvaar. Hy het verduidelik dat dit wel gebeur en hy homself moet beskerm.

Ek was geskok om die minste te se. My kinders is ten volle bewus van presies wat PH is en die gevolge daarvan. Nou verstaan en respekteer ons dit want daar is diegene wat in die rouproses sal gryp na enige grashalm.

Hy het ook genoem dat wat ookal my wense is, hy dit sal respekteer en dokumenteer.

Die uitkyk werk natuurlik ook na twee kante toe. Reeds besig om ons eie stryd aan te teken die afgelope jare - het ek dus besluit om ook hierdie deel van ons pad met die asemdief te deel  :book1:

Met 'n vorige besoek (om die uitslae van my bloedtoetse te bespreek) het ek die genoem hoe ongemaklik en pynvol dit vir my is om te slaap. Hierdie feit was menige kere onder die aandag van my vorige mediese span gebring met geen belangstelling of voorstel van medikasie wat verligting kan bring nie. So ek het aangeneem dat daar niks aan gedoen kan word nie en my slaapkruisie gedra met 'n traan hier en selfbejammering so tussen deur as niemand sien nie  :icon_bigsmurf:

Hierdie dierbare dokter wat my liefde vir Langenhoven deel (hy is 'n X'ander) het twee en twee bymekaar getel! 'n Rustende hartklop van 120 het dadelik die sommetjie se antwoord wegegee.

Ek het 'n voorskrif ontvang om die wegholhart se drafskoene weg te steek en in die proses het die behandeling begin wat heel moontlik kan lei tot 'n verlaging van PH syfers.

Daar is weer hoop! Die volgende echo sal heel moontlik wys of daar in my geval 'n verband was tussen die abnormale drukking en 'n hart wat dag en nag aan't weghol is. 

Hoekom niemand anders die afgelope vier jaar daaraan gedink het om vir my 'n Beta Blocker voor te skryf nie, sal ek nooit weet nie 
Dit is nie staatsgeheime nie. 

 :dontknow:

Conventional Medical Treatments for PH

ACE inhibitors - widen blood vessels. They do this by blocking the chemicals that cause blood vessel constriction.

Beta Blockers - will block the effect of adrenaline so the heart then slows down, resulting in lower blood pressure. ​​​

Calcium Channel Blockers (CCBs)• widen blood vessels by slowing down the movement of calcium ions into cells. This relaxes the blood vessels and the heart muscle. ​

Digoxin - useful in treating atrial fibrillation, atrial flutter, and atrial tachycardia and symptoms of shortness of breath.

Diuretics - Water pill - helps the body get rid of extra water. Less fluid in the blood vessels decreases pressure.

Oxygen Therapy

Warfarin (Coumadin®) - blood thinner​

Bron: http://www.clevelandareaph.com/






Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on May 11, 2016, 12:00:16 AM
En vandag is D-dag. Die uitslae sal wys of die nuwe medikasie gehelp het om die longe te beskerm teen die ongemak van vog wat opbou en of die tikker se ritme nou kuiser voortklop en die galop-pas in die bek geruk is.

Getrou aan my aard het ek voorbarig weer op die hoek gaan staan en my misnoee uitgeskrou aan almal wat dit naby my kuber-erf waag :icon_bigsmurf:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on May 12, 2016, 09:18:21 AM
My kiewe is lam - kon nie ophou glimlag nie  :toothy4:

Kan kom getuig dit is amptelik gedokumenteer - die nuwe medikasie werk soos 'n droom. Die weghol-bokspring hartrimte gedra homself ewe kuis en dok is oortuig daarvan dat ek binnekort soos 'n splinternuwe sikspens gaan voel. Veral waar ek tydens inspanning voorheen erg moes staatmaak op geleende asems.

Daar is alreeds na een week 'n wonderbaarlike verandering. Die rustende hartklop was 120 verlede week en gister 'n pragtige rustige 65  :notworthy: Dok het drie keer sy stoel nadergesleep en geluister; ek is nog steeds nie seker wie was die mees verligste/blyste nie - dok of ek  :`ip2:

Hierdie verminderde stabiele hartklop verseker dat die liggaam genoeg suurstof opgeneem kry waar dit voorheen onmoontlik was. Dit is geen cure vir PH nie maar dat dit 'n verbetering in lewenskwaliteit gaan meebring is gewis!

Die Xtrale het geen teken van bloedklontjies of enige vog gewys nie. Die waterpille en rottegiffies (warfarin)  doen ook hulle werk  :icon_salut:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Naas on May 12, 2016, 02:38:06 PM
 :hello2: Dit jubel in my want ek is so bly.... :hello2: :hello2: :angel8:


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on May 12, 2016, 09:24:43 PM
Diekant van die aardbol jubel en juig ons saam matertjie  :love7: Dankie vir jou omgee en inloer, instinktief het die ou Sondagskoolkoortjie weerklink toe ek jou kommentaar lees  :notworthy:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: adele on May 13, 2016, 09:56:49 PM
wonnnnderrrrrlik!!!   :toothy4: 
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on May 20, 2016, 08:07:44 AM
En daar bars my borreltjie van ekstase vandag. Nog steeds nie mooi seker hoe om die kloutjie by die oor te bring nie.

Vandag weer die week se bloedtoetsuitslae van Woensdag met dok bespreek en net om myself te vergewis ek het reg gehoor verlede week, vra ek hom weer is dit moontlik dat die nuwe medikasie die drukking in die longe gaan verminder?

Sy antwoord het my nog steeds in die war. "It is not going to bring the pressures in your lungs down - instead it's going to increase it. It will help protect your heart against the abnormal force it was beating with before but the way it is slowing it down will now increase the PH pressure, you need to go back to the cardiologist. See if we can start you on some new medication for the pressure."

Hoe nou? Ek weet nie. Ek weet wraggies nie. Verward en onseker is al wat ek weet.  Het 'n glasie wyn nodig  :icon_biggrin:

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on May 21, 2016, 03:33:06 AM
Vanoggend bevestiging gekry uit 'n betroubare bron. Dok was reg. Die beta blocker wat voorgeskryf is om die ritme afwyking in toom te hou moes deur sommige PH pasiente gestaak word nadat die Pulmonale Hipertensie drasties verhoog het en die SOB (short of breath episodes) vererger het. Soos wat hy gister dan ook aan my probeer verduidelik het. Blykbaar weeg hulle die risiko na weerskante op en besluit watter orgaan se behandeling prioriteit kry. In die geval - die hart.

Dok verduidelik die skade van volgehoue abnormale drukking is reeds daar en onomkeerbaar. Die hart kan beskerm word teen homself deur die 'output' met 50 persent te verminder. Glo nog steeds dat 'n wonderwerk sal gebeur en in my geval die drukking verminder. Klou daaraan vas.

Baie maters/familie het hande gevat - ek staan mos voorbarig op die hoek en skreeu: kom bid saam en binne 'n uur of twee skaam ek my so rooi soos die smurfie se hoed van Naas, en gaan vee weer uit. Die wete daar dat hulle wat omgee, bid reeds saam :icon_bigsmurf:

Ongelukkig veroorsaak die medikasie ook 'n newe effek van vogopbouing wat die lewe ietwat ongemaklik maak en op aanbeveling sal ons die skaal dophou en met volgende besoek aan dokter die gewigtige nommers oordra.

Op meer positiewe noot beinvloed die medikasie ook die werking van die rottegif (warfarin). Spook op die oomblik om die dosis weekliks aangepas te kry dat dit nie branderplank ry nie. My arm voel soos 'n speldekussing en die uwe lyk soos haar paspoortfoto maar ek glimlag darem in die werklike lewe nog wyd - die pille het veroorsaak dat ek een gifpilletjie per dag minder hoef te drink vir die volgende twee weke.   

Wat ookal gebeur - sal getrou soos altyd kom dokumenteer vir ingeval nog persone in dieselfde oorlog veg  :notworthy: :icon_salut:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on May 25, 2016, 09:36:58 AM
Soos belowe rapporteer ek terug. Afgelope paar dae het die newe effekte van die medikasie my kniege behoorlik geknak. Bloeddruk het hardnekkig geweier om normaal hulle gang te gaan ons het die syfers half skrikkerig dopgehou en getrou aangeteken/fotos geneem as bewys van wat gebeur.  Deur die dag was beide die sistolies en diastolies baie laag met gepaardgaande duiseligheid. Ek is meer gewoond aan syfers soos 160/90 en skielik voel dit of ek al swewende, spook-spook speel met myself en lyk die tellings deurgaans so:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC08533.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC08533.jpg.html)

Om te verhoed dat ons paniekbevange raak het ek dokter Google se hulp ingeroep want nie Outop of ek het 'n idee wanneer is lae bloeddruk te laag nie. Het wel besef dat stilgedra 'n baie veilige opsie is aangesien die warfarin dosisse wipplank ry op die oomblik en onbeheerde bloeding altyd 'n wesenlike gevaar is.

Die volgende inligting was dus vir ons goud werd. Ek het die oorlog emosioneel gewen deur myself in te lig oor presies wat gebeur binne ons are wanneer die hart sy werk verrrig.

Ek haal aan:

The heart pumps a constant supply of blood around the body through arteries, veins and capillaries. Blood pressure is a measure of the force of the blood on the walls of the arteries as the blood flows through them.

It's measured in millimetres of mercury (mmHg) and recorded as two measurements:
systolic pressure – the pressure when your heart beats and squeezes blood into your arteries
diastolic pressure – the pressure when your heart rests between beats

Some experts define low blood pressure as readings lower than 90 mm Hg systolic or 60 mm Hg diastolic — you need to have only one number in the low range for your blood pressure to be considered lower than normal. In other words, if your systolic pressure is a perfect 115, but your diastolic pressure is 50, you're considered to have lower than normal pressure.

A sudden fall in blood pressure also can be dangerous. A change of just 20 mm Hg — a drop from 110 systolic to 90 mm Hg systolic, for example — can cause dizziness and fainting when the brain fails to receive an adequate supply of blood.

And big plunges, especially those caused by uncontrolled bleeding, severe infections or allergic reactions, can be life-threatening.

Heart problems. Some heart conditions that can lead to low blood pressure include extremely low heart rate (bradycardia), heart valve problems, heart attack and heart failure.

These conditions may cause low blood pressure because they prevent your body from being able to circulate enough blood.

Medications that can cause low blood pressure.
Some medications you may take can also cause low blood pressure, including:

*Diuretics (water pills), such as furosemide (Lasix) and hydrochlorothiazide (Microzide, Oretic)
*Alpha blockers, such as prazosin (Minipress) and labetalol
*Beta blockers, such as atenolol (Tenormin), propranolol (Inderal, Innopran XL, others) and timolol
*Drugs for Parkinson's disease, such as pramipexole (Mirapex) or those containing levodopa
*Certain types of antidepressants (tricyclic antidepressants), including doxepin (Silenor), imipramine (Tofranil), protriptyline (Vivactil) and trimipramine (Surmontil)
*Sildenafil (Viagra) or tadalafil (Cialis), particularly in combination with the heart medication nitroglycerin

BRON: https://www.uab.edu/mix/stories/diastolic-blood-pressure-how-low-is-too-low
“Physicians are busy people, and like it or not they often focus on a single number,” Guichard said. “Systolic blood pressure is the focus, and diastolic pressure is almost completely ignored.” That is a mistake, he argues. “The majority of your arteries feed your organs during systole. But your coronary arteries are different; they are surrounding the aortic valve, so they get blood only when the aortic valve closes — and that happens in diastole.”

“isolated diastolic hypotension,” which refers to a low diastolic blood pressure (less than 60 mm Hg) and a normal systolic pressure (above 100 mm Hg). Older adults who fit those conditions are at increased risk for developing new-onset heart failure, the researchers found.

“Years ago and until recently, doctors were treating blood pressure so aggressively that many patients couldn’t even stand up without getting dizzy,” Guichard said. “We want to empower patients to know that you don’t have to drop those numbers all the way down to nothing, to the point where you can’t play with your grandkids or play golf or take a simple walk around the block because your blood pressure is so low. I think it’s important to raise awareness in this area, especially for older people.”

A diastolic blood pressure of somewhere between 90 and 60 is good in older folks. Once you start getting below 60, that makes people feel uncomfortable. A lot of older folks with low diastolic pressures get tired or dizzy and have frequent falls. Obviously, none of that is good news for people who are older, who potentially have brittle bones and other issues.

Your coronary arteries are fed during the diastolic phase. If you have a low diastolic pressure, it means you have a low coronary artery pressure, and that means your heart is going to lack blood and oxygen. That is what we call ischemia, and that kind of chronic, low-level ischemia may weaken the heart over time and potentially lead to heart failure.

 Low diastolic blood pressure increased one’s risk for heart failure.


BRON: http://www.mayoclinic.org/diseases-conditions/low-blood-pressure/basics/causes/con-20032298
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on May 25, 2016, 09:38:51 AM
You also have an interest in diastolic heart failure. What is that?
There are two different types of heart failure: one where the pumping function of the heart is abnormal — that is known as systolic heart failure — and one where the relaxation function is abnormal — that is known as diastolic heart failure. We have lots of medicines for, and experience treating, systolic heart failure, which is also called “heart failure with reduced ejection fraction” — everything from beta blockers, ACE inhibitors and ARBs to mineralocorticoid receptor antagonists and statins.

Diastolic heart failure, or “heart failure with preserved ejection fraction,” has no approved pharmacologic therapies to date. It was widely overlooked, to be honest, until about 10-15 years ago, when physicians realized that these poor patients were having terrible heart-failure symptoms but none of the classic objective measures of heart failure. In most cases, you can’t even tell the difference between a person with systolic and diastolic heart failure based on their symptoms. On the inside, however, their heart is pumping just fine; the problem is their heart is stiff — it doesn’t relax as well as it should. That stiffness leads fluid to back up into the lungs and extremities and causes a lot of the symptoms that you have with systolic heart failure, but the pumping function of the heart is normal.

Now that there is an awareness of diastolic heart failure, we’re realizing that it is a very common problem. It looks like there are as many people with diastolic heart failure as with systolic heart failure. As a matter of fact, there may even be more people with diastolic heart failure.

It has become a heavily studied form of heart failure right now. Everyone is clamoring to get a medicine to help these patients, because it turns out to be very prevalent, and a lot of times they have the same morbidity and mortality as people with systolic heart failure.

Sudden drops in blood pressure most commonly occur in someone who's rising from a lying down or sitting position to standing. This kind of low blood pressure is known aspostural hypotension or orthostatic hypotension. Another type of low blood pressure can occur when someone stands for a long period of time. This is called neurally mediated hypotension.

Postural hypotension is considered a failure of the cardiovascular system or nervous system to react appropriately to sudden changes. Normally, when you stand up, some blood pools in your lower extremities. Uncorrected, this would cause your blood pressure to fall. But your body normally compensates by sending messages to your heart to beat faster and to your blood vessels to constrict. This offsets the drop in blood pressure. If this does not happen, or happens too slowly, postural hypotension results.


BRONNE: https://www.uab.edu/mix/stories/diastolic-blood-pressure-how-low-is-too-low
http://www.webmd.com/heart/understanding-low-blood-pressure-basics
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on May 27, 2016, 06:25:23 AM
Dit is baie goeie inligting, dankie Matertjie.  Hoop dit gaan sommer gou weer "normaal" daar by  julle.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on May 30, 2016, 12:27:01 AM
Dankie baie baie vir inloer PM  :love7:

Ek moet vandag reel vir 'n opvolg echo by die kardioloog. Dokter verwag dat die hartmedikasie die PH gaan verhoog en as ons na alles kyk en dit ontleed, lei dit ons na 'n baie meer positiewe antwoord in die opsig dat die drukking eerder sal verminder. Dit maak net meer sin want een van die moontlike oorsake word uiteindelik behandel.

The prognosis and life expectancy for a person with pulmonary hypertension is improving as newer treatment options become available; however, prognosis may depend on the underlying disease or condition that is causing pulmonary hypertension
http://www.medicinenet.com/pulmonary_hypertension/article.htm


Ons is nie dokters of opgelei in enige mediese rigting nie, so of die twee oues van dae hier gryp na grashalms of vashou aan 'n moontlike wonderwerk  sal ons eers weet na die uitslae van die nuwe echo. Tot nou toe het ek nog nie die moed gehad om te bel nie.

Statistieke het bewys dat gevorderde PH meer fataal is as borskanker, as ek net dink aan die dokter se woorde dat die drukking gaan verhoog en dan sal val onder 'severe PH' - wil ek weghardloop  :crybaby2: Ons kan dit nie aanvaar nie. Wraggies nie.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Severe%20PH%20worse%20outcome%20than%20Breast%20Cancer.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Severe%20PH%20worse%20outcome%20than%20Breast%20Cancer.jpg.html)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on May 31, 2016, 05:58:23 AM
Die moeilikste deel is dat 'n mens so magteloos is om iets daaraan te doen.  Bly sterk in jou geloof.  Ons weet mos dat elkeen van ons 'n pad het om te loop.  Sterkte en voorspoed.  (((((Raaitjie)))))
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on May 31, 2016, 08:31:59 AM
 :love7: :notworthy: PM.

Ek het toe gister die moed bymekaargeskraap om te reel vir die echo. Normaalweg wag mens tot drie maande vir 'n afspraak en wonder bo wonder is die echo geskeduleer vir Donderdagmiddag 3.30. Nog net twee slapies en gewoonlik twee weke se wag dat die uitslae na jou huisdokter gestuur word.  Verlede keer het ek dieselfde aand 'n oproep gekry van die kardioloog met die nuus dat die drukking nog steeds daar was en niks het verander nie  :crybaby2: Hierdie keer glo ons gaan die uitslae positief wees  :icon_cheers:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on June 02, 2016, 11:28:39 PM
Die toets is gedoen en ons is bitter dankbaar dat die kardioloog gou tydjie gesteel het om te kom gesels na die tyd anders was daar nog twee weke se 'opvreet-van-binne-wag' vir die uitslae.

Abnormale drukking in hart en longe nog steeds daar. Blykbaar lek die een klep meer as voorheen MAAR daar het vir ons reeds 'n wonderwerk gebeur in die opsig dat die drukking nie verhoog het soos wat verwag was.

Die nuwe medikasie het beslis 'n beter lewenskwaliteit gebring waaroor ek innig dankbaar is. Hier is 'n aanhaling oor presies wat hierdie medikasie doen deur die hart te beskerm in die proses om onderliggende skete wat hartversaking weens PH kan verhoog, intoom te hou:

The goal is to try and treat the underlying causes.  To prevent congestive heart failure, medications such as beta blockers, ACE inhibitors and diuretics are used. 

Beta blockers block the effects of the sympathetic innervation of the heart.  This decreases the hearts workload, so it needs less blood and oxygen.  This aids in lowering blood pressure and helps to control abnormal beat rhythms that are either too fast or irregular.
Diuretics help to remove excess fluid from the body decreasing edema (swelling).


Duisend dankies vir elkeen wat aan ons gedink het en opgedra het in gebede.
:icon_salut:  :love7:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on June 04, 2016, 09:34:03 PM
Ons stryd het onverwags 'n nuwe vorm aangeneem na ek Vrydag nog 'n oproep van die kardioloog ontvang het. Indien die nuwe toetse positief is wag daar nog 'n rare (hoe ironies) oorlog waarin die uwe en gade liefs nie wou deel wees nie. Besig om naarstiglik inligting te versamel sodat ons lendene omgord is ingeval ons in die voorste linies geplaas word. Sodra ons die uitslae ontvang het sal ek soos altyd my deel van bewusmaking doen. 
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Naas on June 05, 2016, 07:45:39 AM
(((((Raatjie en Outoppie)))))


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on June 06, 2016, 03:32:57 AM
Dankie baie baie dierbare mater van ons. Sodra die uitslae ontvang is sal ek terug rapporteer. Tot dan - bid asb saam ons vir 'n negatiewe uitslag.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on June 10, 2016, 03:04:55 AM
Die toets is gedoen en ons het so pas die uitslae ontvang. Dit was negatief!! Daar is ander oorsake betrokke wat minder skrikwekkend in voorkoms sal wees. Ek jubel en juig!!

 :toothy4: :hello2: :notworthy:

Intussen het ek redelik nagevors oor die raar toestand wat as hoofverdagte beskou was in die proses om alle moontlikhede van die oorsprong van agteruitgang van die werking van die hartklep te ondersoek.

Ek het reeds voorheen redelik aandag gegee aan die 5 verskillende tipes van PH. Een van die vertakkings is PH wat in groep 2 val nl. (Pulmonale Hipertensie) a.g.v LHD (left heart disease).

Ten spyte van vooruitgang in klassifisering en evaluering, is dit nog steeds die weeskind wanneer dit kom by bewusmaking van lewensbedreigende komplikasies waarvan ons tot verlede week nie eers bewus van was nie en met navrae by ander PH pasiente en bewusmakingsveldtogte - ewe onbekend blyk te wees - Pulmonary hypertension (PH) in the setting of carcinoid syndrome (Ca-PH)

Een van die komplikasies van hartsiektes wat aanleiding kan gee tot PH is tricuspid valve regurgitation. Wanneer hierdie toestand nie fyn dopgehou word nie kan dit  fatale gevolge inhou vir die pasient. Dit was dan juis die agteruitgang van my klep se werking wat die nuwe verwikkelinge tot gevolg gehad het.

Weens die klem op 'left heart disease en PH' kry die belangrikheid van die klep wat tussen die regterhartkamers voorkom nie altyd die nodige aandag nie en verontagsaam dokters dikwels die simptome van wanfunksie. Agteruitgang en verweer van kleppe met meegaande simptome, kan stelselmatig geskied sonder dat die 'vyand' Carcinoid Syndrome ge-identifiseer word.


Carcinoid Syndrome.

Carcinoid tumours are rare neuroendocrine malignancies. The most malignant of the carcinoid tumours tend to arise from the ileum and must be invasive or metastasise to produce the carcinoid syndrome which is characterised by facial flushing, intractable secretory diarrhoea, and bronchoconstriction.

The incidence of carcinoid tumours is approximately 1 in 75 000 of the population of whom about 50% develop carcinoid syndrome. Once the carcinoid syndrome has developed, approximately 50% of these patients develop carcinoid heart disease which typically causes abnormalities of the right side of the heart - carcinoid heart disease (CHD) with fibrotic endocardial plaques and associated heart valve dysfunction that classically involves the tricuspid valve.

Usually, only carcinoid tumours that invade the liver result in pathological changes to the heart.


Advanced changes of tricuspid valvular disease has been shown to be associated with poor long-term survival, and carcinoid valvular disease, rather than tumor dissemination, is the cause of death in approximately one-third of these patients. Serotonin is presumed to be the catalyst for the cardiac fibrotic process.

Nearly 95% of patients with present with right-sided heart valve disease, characterized by tricuspid insufficiency and pulmonary stenosis and the subsequent development of pulmonary hypertension.

Pulmonary hypertension (PH) in the setting of carcinoid syndrome (Ca-PH) is usually due to fibrous lesions on the endocardium of valves.


Bronne:
http://emedicine.medscape.com/article/282515-overview
http://ceaccp.oxfordjournals.org/content/11/1/9.full
http://www.mayoclinic.org/diseases-conditions/tricuspid-valve-regurgitation/symptoms-causes/dxc-20120490
http://www.ncbi.nlm.nih.gov/pmc/articles/PMC1768473/
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on June 10, 2016, 03:38:22 AM
Een van die betroubaarste toetse vir carcinoid tumors is 'n Chromogranin A (CgA) Testing

The Chromogranin A (CgA) blood test is a good marker to help detect and monitor the activity of carcinoid tumors in general. This includes carcinoid tumors that secrete certain hormones that are associated with carcinoid syndrome as well as carcinoid tumors that do not cause carcinoid syndrome. Elevated levels of CgA are found in 80-100% of patients with carcinoid tumors.

Bron: http://www.carcinoid.com/patient/understanding/carcinoid-syndrome-diagnosis.jsp#Chromogranin


Why Early Diagnosis of Carcinoid Syndrome Is Important
Carcinoid tumors are often difficult to diagnose because there are few if any symptoms. In fact, many carcinoid tumors are found through unrelated surgery or at autopsy. But, if metastasis occurs, patients may experience the uncomfortable and sometimes debilitating symptoms of carcinoid syndrome.

Unfortunately, the symptoms of carcinoid syndrome are often too vague for doctors to rule out other possible conditions, and they may misdiagnose the disease as something else, such as irritable bowel syndrome. Misdiagnosis then puts patients at a higher risk for carcinoid crisis, a dangerous condition that can occur at the time of surgery, which can be a life threatening complication of carcinoid syndrome.

Because of the difficulty involved, there may be a delay of approximately 5-7 years in correctly diagnosing carcinoid syndrome. This emphasizes the need for early recognition of the symptoms of carcinoid syndrome, and continued testing for the disease.

For anaesthetic purposes, patients with carcinoid tumours should be regarded as suffering from a multi-system disease and so require thorough pre-planning followed by post-operative management in a high dependency environment by clinicians who are well versed in the complications associated with carcinoid.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on June 10, 2016, 06:34:19 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Ondersteuningsboodskap%20van%20Elsa.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Ondersteuningsboodskap%20van%20Elsa.jpg.html)

Dankie Elsa vir die pragtige gedig :love7: en dankie vir elkeen wat saam ons gebid het vir negatiewe uitslae.
Hierdie drie dae was nie maklik nie  :crybaby2:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on June 23, 2016, 03:43:15 AM
Groot verligting toe ek raaklees dat daar voortaan meer aandag gegee gaan word wanneer pasiente met 'n hartmurmer gediagnoseer word. Hierdie algemene afwyking kan soms tot erntige nagevolge lei as die toestand vererger.

Heart murmur - innocent or abnormal?
If you have long-term untreated or improperly treated mitral regurgitation, you can develop a type of high blood pressure that affects the vessels in the lungs (pulmonary hypertension). A leaky mitral valve can increase pressure in the left atrium, which can eventually cause pulmonary hypertension. This can lead to heart failure on the right side of the heart.

Bron: http://www.mayoclinic.org/…/mi…/symptoms-causes/dxc-20121850

As jy meer inligting oor hierdie toestand soek:
http://www.mayoclinic.org/diseases-conditions/heart-murmurs/basics/causes/con-20028706
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on June 23, 2016, 04:04:09 AM
Ongelukkig is hierdie toestand nog redelik onbekend.  Hoop maar dit sal meer aandag geniet.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on June 23, 2016, 04:57:36 AM
Bewusmakingsveldtogte het alreeds daartoe bygedra dat al hoe meer dokters bedag is op simptome maar soos jy tereg noem PM, dit is ondanks al die veldtogte nog steeds nie 'n bekende toestand nie. As ek kyk na die lesersgetal hier, het ons 'n deeltjie bygedra en voel dit vir my of die pad wat ons stap met die asemdief ironies genoeg, met 'n doel geskied het.

Om positief te bly is nie altyd maklik nie. Die vrees vir dit wat die toekoms inhou wanneer jy met 'n raar (terminale) skeet gediagnoseer word, is die realisering van 'n nagmerrie.

Baie pasiente erken openlik dat hulle volstruispolitiek speel as dit by derglike toestande kom. Hierdie goed kom ongevraagd op jou pad en hoe jy daarmee deel is vir elkeen 'n unieke ervaring, selfs al het jy dieselfde simptome as miljoene ander in dieselfde bootjie. Ongelukkig is dit meestal nie 'n probleem waarvoor daar altyd antwoorde/oplossings gaan wees nie.


Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on June 23, 2016, 11:47:49 AM
Ons kan maar net hoop. 
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on August 17, 2016, 12:46:38 AM
Pulmonale Hipertensie en Pneumonia

PH pasiente het 'n baie groter risiko wanneer hulle infeksie kry. Veral longinfeksies. Waar gesonde persone met die regte behandeling, tuis kan aansterk en volkome herstel is die prentjie heelwat anders vir die ouens wat se gestel alreeds afgetakel is weens kroniese siektes. Vir hierdie pasiente is hospitalisasie lewensbelangrik. Sterftesyfers weens longontsteking vir die reeds kritiek-siek pasient is so hoog soos 1 uit 10 tot 20 waar die syfer vir gesonde persone 1 uit 'n 100 is.

Pneumonia is an inflammation of the lungs, and can be life-threatening, especially among the elderly and those with serious underlying health conditions.

If you are already in poor health. You are more likely to become seriously ill with pneumonia. Pneumonia is a common cause of death in people who are already unwell - for example, people in the late or terminal stages of a cancer.

Bron: http://pulmonaryhypertensionnews.com/pulmonary-hypertension-pneumonia/

Omdat die hart reeds oorwerk is, kan pneumonia bydra tot vergroting van die hart en die ander organe ontneem word van genoegsame suurstof. PH pasiente voer alreeds 'n oorlog teen kortasem, duiseligheid, palpitasies en borspyne. Suurstofvlakke kan lewensgevaarlik laag daal.

If left untreated, oxygen levels can fall to life-threatening levels. If the body's tissues - especially in the heart and brain - do not get the oxygen they need, confusion, coma, heart failure and eventually death may result.

Dit is verstommend om te weet dat langdurige pneumonia, pulmonale hipertensie kan meebring!

The majority of patients with severe and prolonged pneumonia end up suffering from pulmonary hypertension due to lung instability, as explained in the study “Variable prevalence of pulmonary hypertension in patients with advanced interstitial pneumonia.”

Ek wil graag 'n paar struikelblokke op ons onlangse pad met longonsteking in beide longe (dubbele longontsteking in die volksmond) deel.
Heel eerste het die dokter die X-strale vir ons gewys en die swaar mediese termes van die verslag voorgelees waarvan ons natuurlik niks verstaan het nie. Al wat ons geweet het is dat hospitalisasie dringend nodig was.

Die termes op die verslag sal ek uiteensit met verduideliking en skakels na meer inligting. Kennis is mag.

1. Cardiomegaly:
Cardiomegaly is a general term used to describe any condition that results in an enlarged heart and a symptom of cardiomyopathy, or disease of the heart.

Vir die formule wat gebruik word om die hart te meet, is daar op hierdie skakel 'n pragtige uiteensetting met grafiese voorstelling:
http://www.med.umich.edu/lrc/coursepages/m1/anatomy2010/html/clinicalcases/cardiomegaly/cardiomegaly.html

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC09880.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC09880.jpg.html)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC09881.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC09881.jpg.html)

BRON: https://www.youtube.com/watch?v=bU0Nm7JFJtU

2. Pleural Effusions:
A pleural effusion means that there is a build-up of fluid between a lung and the chest wall.

Vir meer inligting: http://patient.info/health/pleural-effusion-leaflet

3. Costophrenic Angle Blunting:
Costophrenic angle blunting is a radiological finding or diagnosis. Word Costo is used to describe disease related to ribs and phrenic word is used to describe disease close to diaphragm. The acute angle between rib and diaphragm is considered normal when angle is less than 30 degree and blunt when angle is more than 30 degree. Angle becomes blunt in patients suffering with pleural effusion.

Vir meer inligting: http://www.epainassist.com/chest-pain/lungs/costophrenic-angle-blunting

4.  Basilar Consolidation/Collapse
"consolidation of the lungs" most commonly means a bacterial infection, or pneumonia, is present. A consolidated area contains thick, viscous fluid made up of bacteria, white blood cells and other debris.

Collapse: One of the conditions where the air sacs (alveoli) in the lungs deflate abnormally. In this case, the outcome is a complete or partial collapse of the lung(s).


Vir meer inligting: http://www.ehow.com/about_6556204_basilar-consolidation_.html
http://www.newhealthguide.org/Bibasilar-Atelectasis.html

5. Heart Failure:
Signs of fluid retention due to heart failure include swelling in the legs, ankles or stomach; increased urination; and weight gain, notes WebMD. Dizziness and confusion result from inadequate amounts of blood reaching the brain, while fatigue is the result of too little blood circulating to the muscles and major organs.

Die volgende skakel is omvattend in die beskrywing van presies wat pneumonia is:
http://patient.info/health/pneumonia-leaflet




Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on August 17, 2016, 01:43:21 AM
PNEUMONIA COMPLICATIONS

Pneumonia can usually be treated successfully without leading to complications. However, complications can develop in some patients, especially those in high-risk groups. These complications can be related to the pneumonia or to the drugs used to treat the pneumonia. In addition, pneumonia may result in worsening of chronic conditions such as chronic obstructive pulmonary disease (emphysema) or congestive heart failure.

Complications due to the pneumonia include:

●Fluid accumulation – Fluid can develop between the covering of the lungs (pleura) and the inner lining of the chest wall; this is called a pleural effusion. If the fluid becomes infected as a result of pneumonia (called empyema), a chest tube (or less commonly, surgery) may be needed to drain the fluid.

●Abscess – A collection of pus in the area infected with pneumonia is known as an abscess. They can usually be treated with antibiotics; rarely, surgical removal is needed.

●Bacteremia – Bacteremia occurs when the pneumonia infection spreads from the lungs to the bloodstream. This is a serious complication since infection can spread quickly from the bloodstream to other organs. Bacteremia can also cause the blood pressure to be dangerously low.

●Death – Although most people recover from pneumonia, it can be fatal in some cases. The 30-day mortality rate is approximately 5 to 10 percent among patients admitted to a general medical ward but is as high as 30 percent in patients with severe infection requiring admission to an intensive care unit.

Cardiovascular events – Some studies have shown that patients who have had pneumonia are at increased risk of having a cardiovascular event, such as a heart attack during recovery from the pneumonia, and the risk persists for several years after the episode of pneumonia.


Vir meer inligting: http://www.uptodate.com/contents/pneumonia-in-adults-beyond-the-basics
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on August 18, 2016, 12:40:39 AM
'n Ongure deel van ontsteking in die asemhalingsstelsel is die liggaam se natuurlike manier om van slym ontslae te raak. Die kleur en voorkoms van hierdie slym verklap baie meer as wat ons ooit sou kon dink. Met 'n sputum toets kan vasgestel word of die ontsteking bakteries van aard, 'n virus of ander oorsake is.

Dit kan selfs verklap of daar hartversaking is (wat vir die PH pasient meer kommerwekkend is weens die feit dat die hart reeds onder verhoogde stres en abnormale drukking funksioneer). Hierdie skuimerige slym kan ook 'n teken wees van gastroesofájico reflux disease.

https://www.reference.com/health/am-coughing-up-white-foamy-phlegm-93ef7974228a3963#

A cough that produces white, foamy phlegm is a possible symptom of heart failure, states Harvard Medical School. Heart failure occurs when the heart is unable to pump enough blood for the body to function properly, explains the National Heart, Lung, and Blood Institute.

Patients who cough as a result of heart failure usually experience the worst coughing while lying down on a flat surface, explains Harvard Health Publications. If the coughing produces white mucus, it is frothy and thin, although these patients may also exhibit dry coughing.

http://www.wisegeekhealth.com/what-is-frothy-sputum.htm

Frothy sputum is foam-like mucus coughed up from the airways. It is a sign of respiratory distress and can occur in association with a number of different medical conditions. Patients who develop frothy sputum should make an appointment to see a medical professional, and may want to consider an emergency room if they are having difficulty breathing or feel extremely disoriented. Some respiratory illnesses onset very quickly and can be fatal or severely debilitating if not treated rapidly.

Patients with frothy sputum may cough more than usual and produce foamy clots of mucus. Sometimes it is tinged pinkish, indicating that bleeding may be occurring in the airways. In a medical evaluation, a doctor may take a sample for analysis in a pathology lab. An evaluation can determine if the frothy sputum contains viruses, bacterias, or other clinical indicators that might explain why it is occurring.


Pulmonary Edema

Pulmonary edema is one of the most common causes of frothy sputum. This occurs when there is too much pressure in the blood vessels in the lungs, and they start releasing drops of blood into the surrounding tissue. This often leads to frothy pink mucus. Pulmonary edema is most commonly a symptom of congestive heart failure, a condition where the heart doesn't pump efficiently. It can also be caused by heart attacks, inhaling poisons, and near-drowning.

Pneumonia

Thick and reddish, greenish, or yellow sputum is normally associated with pneumonia.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on August 25, 2016, 08:57:08 PM
Die inligting wat jy bied is altyd van onskatbare waarde.  Ek hoop dit gaan beter met jou, dink aan julle elke dag.  As ek op my kniee gaan en die mooiste kleinste blommetjies afneem, dan dink ek aan jou.  Jy is altyd in my gedagtes.   :love7:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on August 25, 2016, 10:55:59 PM
Gaan elke dag 'n bietjie beter dankie liefste matertjie. Ek kniel saam met jou om die mooi van elke blom te geniet  :love7:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on August 30, 2016, 05:33:10 AM
Met hierdie plasing wil ek 'n teer puntjie aanraak rakende die onkunde van ander oor diegene wat hand om die lyf lewe met 'n kroniese gesondheidsprobleem.

Ons het alreeds gesels oor die gereelde aanhoor van 'maar jy lyk glad nie siek nie' en gepaardgaande frons van beskuldiging wat die opmerking vergesel - veral as jy graag fotos deel wanneer jy en jou gesin ontspan en die lewe geniet.  Bewaar jou siel as jy normaal voorkom iewers tussen in!  Jy is dan veronderstel om 'n terminale siekte te he, hoe durf jy stralend en om alles te kroon, blakend gesond lyk? :nono:

Met 'n klop en instap val die nuuskierige agie sommer by die voordeur in: "Ek het jou fotos op FB gesien. Jy lyk so gesond? Geen suurstof nie en jy het gestap..." En dan trek die frons van voorkop tot ken.

Sou jy waag om wel fotos te plaas/deel waar jy ander 'n kykie gee in wat agter die skerms in jou lewe aangaan word jy beskuldig daarvan dat jy 'n sketevraat of aandagsoeker is en hulle hou verby  :bootyshake:

'n Siek samelewing voorwaar. Hierdie is 'n geen-wen-situasie en vermorsing van kosbare asem/energie. Waarom voel ons dan skuldig? Dit is nie net ek wat so voel nie - hierdie ervarings word wyd gedeel!

Denise Reich skryf:

Social media photos and observations of chronically ill people smiling and looking “normal” or doing errands have even been used to deny or remove disability benefits, which is quite possibly the most troubling thing of all. It’s hard to understand that disability determination specialists, doctors and government benefits administrators — people who supposedly are knowledgeable about a wide range of health conditions — don’t accept the concepts of good days, payback and invisible illnesses that do not always have linear trajectories.

Nobody ever seems to consider what’s happening outside and around that Facebook photo they’re snarking about. The fact that it might have been the first time in weeks that chronically ill patient got to do something really fun eludes them. They don’t realize how much those activities cost in terms of pain, fatigue and reduced function. They look at one photo or one Facebook status about one day and think they’re an expert on your life.

’m not sure what these people think we’re supposed to do every day. We have incurable chronic illnesses. We often spend most of our time either at home or in treatment as it is. We’re often exhausted and in a lot of pain. If we’re not able to work full time, are we supposed to forgo any and all moments of joy, distraction, social interaction or enjoyment? Will that help us in any way? Being sick is extremely hard for many of us. It’s even harder when hurtful, judgmental types decide that illness should invalidate the fact that we have the same needs as anyone else. Instead of telling chronically ill individuals to shake off comments and accusations, maybe the onus should be on these hecklers to refrain from making them and mind their business. Is it really that hard to leave other people alone?


Bron: https://themighty.com/2016/08/why-i-wont-apologize-for-having-fun-while-sick/
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 01, 2016, 12:10:40 AM
Ek het gistermiddag 'n opvolgafspraak by ons dokter gehad na my onderonsie met dubbele longontsteking. As gevolg van die newe effekte van 'n vergrote hart en meegaande gevare van hartversaking, het hy my toelaatbare inname van vog beperk tot 1 liter per dag. Dit stel groot uitdagings aan die pasient, veral met die somer in aantog.

Vergewe asseblief die plasing in Engels wat ek leen vanuit Asemdief se bewusmakingsblad.

Being on an extreme fluid restriction (1 liter per day) can be challenging but worth it when diuretics are not enough to get rid of excess fluid. Usually, just limiting sodium is enough to help your body get rid of those extra fluids. Most people do not need to limit their fluids until heart failure is advanced or severe.

Too much fluid in your body can make it harder for your already-weakened heart to pump. This can make symptoms, such as swelling and shortness of breath, worse. If you want to read more on tips how to make sure you stay in the prescribed limit, please follow links provided.

Tracking your fluid intake: My doctor suggested to fill a 1 liter bottle with water. As you drink fluids, take an equal amount of water from the bottle. When the bottle is empty you have reached your fluid limit and should stop drinking.

Remember: Any food that will melt, that has a high water content, or that contains a lot of liquid should be measured and counted as part of your fluid intake too. That means you need to count ice cream, gelatin, ice, juicy fruits, and soup.

Staying away from alcohol is sound advice because it can raise your blood pressure which makes your heart work harder, specially when you have heart failure. Since you are allowed only a limited amount of fluid each day, it is best to choose healthier fluids.


BRONNE:
https://www.cardiosmart.org/~/media/Documents/Fact%20Sheets/en/tb1470.ashx
https://medlineplus.gov/ency/patientinstructions/000112.htm
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 04, 2016, 01:26:57 AM
(PH) can be a devastating condition that can take a large part of daily routine away from patients, there are exercises that can help you keep moving, living life, and fighting back.
http://pulmonaryhypertensionnews.com/…/upper-body-exercises…


So dankbaar dat ek hierdie oefeninge ontdek het op een van die PH organisasies se bewusmakingsblaaie. Oefening is noodsaaklik en vir die PH pasient nie altyd so maklik nie. Met hierdie oefeninge kon ek byhou maar wil tog 'n waarskuwing gee. Die eerste vier nek-oefeninge en die 'crunch-exercise' kan duiseligheid vererger wat ongelukkig deel is van die asemdief simptome!

Die name wat gegee word aan die onderskeie oefeninge vergemaklik die onthou van die siklus wat gevolg word en kon nie help om wyd te glimlag vir sommiges.  Wie het nou kon dink dat 'folding sheets and holding on to a hundred dollar bill while rowing the boat like wonder women or a snow angel are actually exercises to help you breathe easier?'

 :toothy4: :notworthy:

Nog 'n wonderlike hulpmiddel om jou longe en asemhaling te verbeter is die eenvoudig, dog doeltreffende megheftertjie wat die fisioterapeut in die hospitaal vir my gebring het as geskenk. Jy suig en suig.... totdat jy die balletjies een vir een gelig kry en vir 'n paar sekondes bo kan hou.

In die begin kon ek nie een balletjie gelig kry nie al het ek hoe hard probeer suig  :crybaby2:

Een maand later kon ek hierdie reeks fotos neem en het baie trots dit op my FB voorblad gaan deel.

Some people say life sucks but sometimes you can actually improve life by sucking.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Practise%20makes%20perfect.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Practise%20makes%20perfect.jpg.html)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 04, 2016, 04:42:10 AM
 :dontknow:  :icon_scratch: As jou geheue in die kreukelkamer so kort is soos myne kan hierdie lysie met die benaming van die 'Upper Body Pulmonary Exercises' dalk net die oplossing wees as jy 'n paar keer saam met die DVD op die skakel geoefen het en dit nou op jou eie wil doen. Elke oefening word 10x herhaal en gaan gepaard met asem diep intrek en stadig uitblaas deur saamgeperste lippe.

Hier is die skakel weer:
http://pulmonaryhypertensionnews.com/…/upper-body-exercises…

Die reeks bestaan heel eerste uit vier 'neck exercises' wat ek so onthou  :icon_biggrin:
1. Kopknik (op en af).
2. Kop links en regs op skouers onderskeidelik terwyl jy telkens in die middel stop.
3. Pigeon (laat lyf vorentoe sak en kom weer regop tussen asem in en asem uit).
4. Kopdraai van links na regs en herstel elke keer deur weer vorentoe te kyk.
 
Hierna volg die 'funny name exercises' - lekker asemhaal en uitblaas al sittende  :headbang:

1. Chicken (arms soos vlerkies op en af na sye en terug).
2. Row the boat (arms gelig en dan roeibewegings).
3. Hundred dollar bill (knyp elmboge langs sye heeltyd, beweeg arms dan sywaarts en weer terug)
4. Touch down (arms na bo gelig en terug tot op bene in sittende posisie).
5. Snow Angel (arms uitgestrek langs sye en op na bo in Y vorm en terug).
6. Folding Sheets (hande bymekaar voor met uitgestrekte arms en vou denkbeeldig lakens oop en toe).
7. Wonder Woman (arms gekruis voor bors, oopgestrek na onder en agter en weer gekruis oor bors).
8. YMCA (arms gekruis op bene, leun vorentoe en beweeg hande af teen bene, herstel weer tot regop sittende posisie).
9. Easy Twisting (arms in sye, draai regs en herstel na middel, draai links en herstel na middel).
10. Hard Twisting (arms uitgestrek na vore, hande saamgeklem. Draai regs met arms reguit gestrek en herstel. Herhaal na linkerkant).
11. Weeping Willow (hierdie beweging lyk soos 'n ballerina. Begin met arm langs been, strek dan na bo en buig oor na links met arm oor kop geswaai. Beweeg terug na middel en laat arm sak langs been. Herhaal oefening na teenoorgestelde kant.
12. Slouch (sak af in stoel. Hou hande oor maag, haal diep asem en blaas uit vir vier tellings.

Dit is vir my wonderlik om weer 'n oefeningprogram te kan volg waar ek kan byhou :love7: :hello2:

NS: Indien jy probleme het met duiseligheid wees asb. ekstra versigtig en vermy die oefeninge wat kan bydrae tot verergering. Dieselfde geld vir rugprobleme ens. Hou matigheid voor oge en pas aan waarby jou liggaam kan baasraak.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 12, 2016, 04:07:50 AM
Heesheid kan soms die enigste simptoom wees van twee lewensgevaarlike toestande naamlik PE (pulmonary emboli) en aanleiding tot Pulmonale Hipertensie (PH).

Indien jy dus vir maande lank gepla word deur onverklaarbare heesheid is dit tyd om spesiale aandag aan die 'gewone' verkoue simptoom te skenk.

In 1976, Schoenfield and Budinger reported a case in which severe dilatation of the thrombosed pulmonary artery was accompanied by hoarseness (2). In that case, PE was silent in onset and chronic in duration, and for months, the only symptom was hoarseness.

Besides the typical symptoms and signs of PE involving the pulmonary artery common trunk, such as sudden onset dyspnea, chest pain, and syncope (5), it is feasible that compression of the motor and sensitive branches of the RLN could cause other unusual clinical findings, such as voice box symptoms. Their presence in patients should alert the physician to the possible involvement of the pulmonary artery common trunk and its main branches, and to set up an urgent diagnostic strategy to deal with a life-threatening clinical condition.


Read More: http://www.atsjournals.org/doi/full/10.1164/ajrccm.187.1.108a#.V9YMqPl97IW

'... A 29-year-old lady presented with a 2-year history of hoarseness of voice. Physical examination revealed a mid-diastolic murmur and left vocal cord paralysis. Echocardiography confirmed mitral stenosis with pulmonary hypertension.'
http://www.ncbi.nlm.nih.gov/pmc/articles/PMC3433978/

Hoarseness of Voice in a Patient with Mitral Stenosis and Ortner’s Syndrome
Mitral stenosis is a valvular lesion typically seen in adults as a result of childhood rheumatic carditis. If the valve lesion is unrecognized and untreated, serious and potentially fatal complication can occur.


Read more: http://www.ncbi.nlm.nih.gov/pmc/articles/PMC3433978/

Ortner's syndrome is a rare cardiovocal syndrome and refers to recurrent laryngeal nerve palsy from cardiovascular disease. It was first described by Norbert Ortner (1865–1935), an Austrian physician, in 1897.

The most common historical cause is a dilated left atrium due to mitral stenosis, but other causes, including pulmonary hypertension, thoracic aortic aneurysms, an enlarged pulmonary artery and aberrant subclavian artery syndrome have been reported compressing the nerve.


Read more: https://en.wikipedia.org/wiki/Ortner%27s_syndrome

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 14, 2016, 05:38:18 AM
Die bewusmakingsweek vir 'Invisible Illnesses' kom stadig maar seker alweer nader om die boodskap uit dra dat dit wat ons sien nie altyd is wat dit voorgee om te wees nie. Die maskers wat ons dra is soms letterlik en figuurlik.

Hoekom voel 'n mens so magteloos om jou eie pyn/vrese te erken as iemand na jou welstand verneem? Is dit omdat ons weet dat jou kruis dan hulle las word en jy voel dat dit onregverdig is? Die antwoord is JA. 

Intussen gaan ons ongesiens gebuk onder 'n las wat niemand alleen hoef te dra nie. Knak kniege en sak koppe - hang jou selfgemaakte kroontjie skeef en neig om af te val en in skerwe te spat. Wens jy ook dat die 'sondebok' soos in die ou testament, die woestyn ingestuur kon word.
  :crybaby2:

Jy word gedurig vermaan om na jouself te kyk /jouself op te pas.

Dit is nie altyd so maklik as wat dit klink nie want daar is nagmerries van skuldgevoelens wat jou blootsry omdat jy nou hulp moet vra vir take wat voorheen gedoen was sonder inspanning... intussen glimlag ons wyd en braaf want daar is omgee-krukke van geliefdes wat ons staande hou.
 :love7:  :notworthy:



Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 25, 2016, 12:42:45 AM
Wolf-wolf...

Vandag wil ek 'n baie teer puntjie aanraak wat groot onmin, pyn en hartseer kan veroorsaak vir beide die sketevraat en geliefdes. Onsekerheid oor wat is eg en wat is nie, vreet simpatie tot net die vere van niks omgee, oorbly. As jy vir jare 'wolf-wolf' skreeu en op 'n dag blaas die kalant met alle geweld teen jou huis se swakste muur, moet jy nie verbaas wees as geliefdes verby hou sonder om ag te slaan of enige simpatie betoon.

In die stad naby ons het daar 'n vrou beweer sy het kanker en 'n klomp geld is geskenk om haar gesin te help onderhou. Sy het duisende mense om die bos gelei en was omtrent konsternasie toe die gemeenskap agtergekom het dat sy nie terminaal siek is nie maar dit misbruik het! Sy het al die simptome 'gehad'. Selfs hare afgesny asof sy dit weens chemo verloor het.

 :crybaby2:

Met al die inligting op die internet beskikbaar oor simptome het daar 'n klatergoudmyn ontstaan en sy naam is Cyberchondria

"Just because you share a symptom with a disease doesn't mean you have the disease," says Fryhofer. There's probably a simple, non-life-threatening explanation for your aches or pains. Don't ignore symptoms, but don't immediately assume the worst."

http://www.womenshealthmag.com/health/cyberchondria

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on September 26, 2016, 01:22:50 PM
Ek is oortuig daarvan dat iemand wat sê  hy het 'n siekte wat hy nie het nie, of nie gediagnoseer is deur 'n dokter nie, om simpatie te kry, ernstig siek is in sy kop.  Vergewe die persoon, want hy of sy weet nie wat hy/sy doen nie. 
Raaitjie, jy sit dit so mooi uiteen.  Ek wil tog nie, asseblief nie, my geliefdes deur daardie hel van onsekerheid en stress plaas, net om 'n bietjie simpatie, wat nie regtig simpatie is nie, te kry.  As jy nog nooit daar was nie, sal jy nie weet waarvan ons praat nie.  Dit is hel om daagliks oor jou geliefdes bekommerd te wees, die gevoel van magteloosheid te ervaar omdat jy niks daaraan kan doen nie.
Om voor te gee jy het 'n terminale siekte as jy dit nie het nie, is die gemeenste ding wat jy ooit aan jou geliefdes kan doen. 
Ongelukkig is dit ook 'n geestestoestand.  As daardie persoon tog net kan besef dat daar wel hulp is.  Gaan sien jou GP, hy/sy sal jou na die regte adres verwys.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 29, 2016, 02:28:20 AM
Menslik het die uwe ontplof en reageer asof die duiwel homself vir my die gal-sjampanje van 'bitterheid weens onsekerheid' geskink het  :icon_bigsmurf:

Ek is so dankbaar vir maters en familie wat omgee. Wat in sulke oomblikke wanneer jou bitterheid die lewensvreugde oomblik vir oomblik steel, reguit met jou te praat en die beker uit jou hand te neem. So het ek dan vanoggend weer die hand uitgesteek om die bande wat ekself geknip het, te heg met 'n pleister van omgee - al het my dade anders vertoon vir 'n wyle.

Nou is dit my takie om die bewusmakingsveldtog wat ek vier jaar gelede begin het, aan te vul terwyl daar nog skop aka woema in my oor is.

AB het doer in die begin vir my gevra wat is die verband tussen rook en PH? Ek het toe nie regtig antwoorde gehad nie. Het wel 'n skakel gelos. Vandag kan ek die volgende inligting kom deel rondom hierdie vraag vir Stoffel nadat ons leserstal op 70031 staan. Lank geneem maar hier is die bewyse:

Smoking is estimated to increase the risk for coronary heart disease and stroke by 2 to 4 times, and of lung cancer by more than 25 times. Numerous other conditions are related to smoking, including pulmonary hypertension (PH), a rare but severe disease characterized by high blood pressure in the lungs.[/b]
http://pulmonaryhypertensionnews.com/pulmonary.../

Uit eie ervaring kan ek getuig: My longe reageer onmiddelik as ek in kontak of selfs net naby sigaretrook (en enige ander rook) kom. Selfs die reuk van die rook wat aan rokers se klere bly hang, laat my longe onmiddelik reageer en in opstand kom. Dit geld ook vir uitlaatgasse of enige sterk reuke.

Onderdakparkeer-areas is net so groot struikelblok vir persone wat asemhalingsprobleme weens longtoestande het. Die uitlaatgasse van motors en waar persone gerook het, is 'n asemrowende, onsigbare vyand!
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: adele on September 29, 2016, 03:39:23 PM
ek soek 'n prentjie by elke plasing om te wys ek lees, maar weet, Raaitjie, ek kom loer in om op hoogte te bly. xxxx
:love7:      :love7:   
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 29, 2016, 10:45:31 PM
Drukkie vir jou liefste Adele  :love7:

Op die oomblik wag ek nog vir terugvoering en doktersverslae vanuit Suid Afrika sodra die 'lug weer gesuiwer is', sodat daardie verslae en mediese geskiedenis vergelyk kan word met my eie deur die PH spesialiste om te sien of dit die oorerflike vorm is of nie.

Daar is nie 'n manier waarop ek my kinders en kleinkinders onnodig gaan blootstel aan toetse tot die bewyse van 'n opgeleide mediese span met kennis oor die toestand in my dokter se hande is nie.

In die verlede het ek getrou en openhartig ons pad met die asemdief kom deel en daarom het ek besluit om ook hierdie deel te dokumenteer.

En op daardie seer noot onthou ek weer die skepping van skoondoggie vir ons Asemdiefblad en my woorde daarby. Min het ek besef  :crybaby2:
 
Hierdie 'biograPHie' maak deure oop waar ons onderwerpe gaan bespreek wat die lyding/pyn/probleemsituasies van pasiente, versorgers, familie en vriende betrokke, in kort beskryf en humoristiesgewys uitlig vanuit die lewe se 'grys-speel-kamer'. Daar waar ons elke dag 'n oorlog voer wat min van bewus is.

Dus - die naakte waarheid en die soeke daarna laat jou soms weerloos in die openbaar - uit eie keuse.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/PHifty%20shades%20of%20grey_1.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/PHifty%20shades%20of%20grey_1.jpg.html)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: adele on September 30, 2016, 07:10:44 AM
so reël God elke asem van ons, tot in woorde en ink, liefste vriendin xxxx
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 30, 2016, 11:32:25 PM
Verseker Adele  :love7: Dankie baie baie vir getroue ondersteuning en daar wees deur soveel jare al. Met al die navorsing wat steeds aan die gang is glo ek dat daar wel 'n cure gevind gaan word om die  asemdief in die bek te ruk.  Vanoggend lees ek weer hierdie gedig van my raak waar dit nodig was om die rottegifdosis (warfarin) te verhoog om die nare bloedklontjies in toom te probeer hou weens die interne tikkertjie se gallop-pas.

Lub dub
lub dub          lub dub
lubbe-dubbe-dub-dub
gallop jy uit pas voort
en ek kry smarties in piepklein glasies
"ammunisie teen die tydbom"
lubbe-dubbe-dub-dub
lub dub          lub dub
lub dub.
 
© Meraai vannie baai
 
*A gallop rhythm refers to a (usually abnormal) rhythm of the heart
 

Daar is verskeie soorte bloedverdunners op die mark. Jou dokter sal weet watter voorskrif jou eie omstandighede en voorsorgmaat benodig.

Aspirin: Many people are familiar with the daily dose of aspirin that is commonly recommended by health care professionals in order to prevent platelets from clumping together and forming clots. Although there is an almost never ending flow of new blood thinner medications emerging on the market, aspirin remains a commonly used preventative tool.

Warfarin (Coumadin): Coumadin is one of the most well known medications used to thin the blood. It is an anti coagulant that is also used in some cases to prevent heart disease.

Pradaxa: Pradaxa is a newer medication that is used primarily in people who have an arterial fibrillation. It is geared towards preventing blood clots and strokes.

Elequis: Lowering the risk of both blood clots and strokes is essentially the purpose of Elequis, a relatively new drug that is thought to be a competitor to the side effect laden Coumadin.

Xarelto: Especially useful in recipients of hip replacements and knee replacements, Xarelto is a newcomer amongst blood thinner medications. It is also been approved for use in cases of DVT as well as pulmonary embolisms.

Plavix (Clopidogrel): Plavix works by preventing coagulation of the platelets in the blood. It is especially suited for people who have certain medical conditions and heart conditions. It is also used as a preventative tool against the formation of clots in persons who have had a heart attack or stroke.

Prasugrel: In people who have been treated with angioplasty, Prasugrel may be used in conjunction with aspirin to prevent the formation of clots. Like aspirin, Prasugrel is an anti-platelet medication.

Brilinta: Brilinta is typically prescribed following a heart attack and can be used in conjunction with aspirin. It has been proven effective at reducing the chance of recurring heart attacks in people who have had them before and the medication is thought to further reduce the risk of recurrent heart attacks with continued use.

Cilostazol: Cilostazol is used to improve the flow of blood to the legs and can help assist with reducing the symptoms of intermittent claudication. Like some of the other blood thinner medications on our top ten list, Cilostazol is an antiplatelet medication, whereby it is used to prevent the platelets in the blood from clumping together.

Aggrenox: Aggrenox is essentially a prescription super aspirin. It is a combination of two medicines, aspirin and dipyridamole. In people who have had blood clots, the medication can help to reduce the risk of stroke and the drug is also used in persons who have had mini strokes as well.
 

Bron: http://naturalbloodthinners.org/blood-thinner-medications-list/

References:
1. https://www.nlm.nih.gov/medlineplus/bloodthinners.html
2. http://www.webmd.com/heart-disease/guide/warfarin-other-blood-thinners
3. https://en.wikipedia.org/wiki/Antiplatelet_drug
4. http://www.rxlist.com/
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on October 01, 2016, 01:25:34 AM
Groep 4 Pulmonêre Hipertensie
Bloedklonte in die longe asook bloedstolling-versteurings is ingesluit by hierdie groepering van PH. Ek wil graag die volgende inligting ook deel rakende meer natuurlike maniere om bloedklontvorming te help voorkom.

Daar is 'n paar natuurlike opsies om te oorweeg vir die vermindering van risikos van bloedklonte in die longe.  Baie kossoorte en kruie word beskou as natuurlike bloedverdunners en is nuttig in die voorkoming van bloedklonte.

Natuurlik bloedverdunners sluit in druiwe, bloubessies en granate. Gereelde gebruik saam 'n gesonde dieet  kan bydra tot verlaagde risiko van bloedklonte.

Sommige kruie is ook natuurlik bloedverdunners soos gemmer en borrie weens die vitamiene K inhoud wat salisilate blokkeer. Hierdie aksie verminder die effek van vitamien K, wat die liggaam gebruik om bloedstolling bevorder.

Knoffel word beskou  as 'n kragtige kardiovaskulêre bondgenoot en is nie net 'n natuurlike bloedverdunner nie, dit verlaag ook sistemiese bloeddruk.

Vir meer inligting:
http://naturalbloodthinners.org/blood-clots-in-lungs-symptoms-treatment/
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on October 03, 2016, 05:37:33 AM
As jy onlangs gediagnoseer is met Pulmonale Hipertensie, kan ek die volgende inligting nie genoeg benadruk nie.

Die kans dat jou dokter nog nooit met abnormale drukking in die longare/regterhartkamer te doen gehad het nie, is BAIE groot.

Voordat jy enige medikasie neem nadat pulmonale hipertensie op 'n echo waargeneem is, moet jy nie huiwer om te vra EN aan te dring dat ALLE ander standaard toetse eers gedoen word sodat jy as pasient, verseker weet watter een van die vyf groepe PH jy het.

World Health Organization Pulmonary Hypertension Groups

1.     Pulmonary Arterial Hypertension

2.     Pulmonary Hypertension due to left heart disease

3.     Pulmonary Hypertension due to lung disease

4.     Pulmonary Hypertension due to blood clots in the lungs

5.     Blood and other rare disorders that lead to Pulmonary Hypertension

http://pulmonaryhypertensionrn.com/types-of-pulmonary-hypertension/

Die ENIGSTE betroubare toets om te onderskei tussen PAH en die ander vier groepe PH is met 'n RHC - Right heart catheterization

(My toets is gedoen deur die longoorplantings-span in Brisbane Australia.) Indien jy inligting nodig het kontak my asb persoonlik via epos of FB.

"If your doctor suspects you have pulmonary hypertension, you’ll be asked about your family and medical history. Your doctor will carefully examine you, and may recommend some tests, including:

Chest X-ray – this will show if your pulmonary arteries and the right side of your heart are bigger than they should be

ECG – an ECG can reveal if the right side of your heart is bigger or strained

6 minute walk test – this test will indicate your level of exercise tolerance

Echo – an Echo helps your doctor to see the size and thickness of the right side of your heart, and check how well your heart is working

Ventilation perfusion scan (VQ scan) – this scan can reveal blood clots in your lungs

Right heart catheterisation – this measures the pressure in the right side of your heart and lungs

Cardiac catheter (left heart catheterisation) – this test may be done to look at other causes of your symptoms

Pulmonary angiogram

Lung function tests – to see how well your lungs are working and measure how much air you’re breathing in and out

Chest CT – to take pictures of your heart, lungs and blood vessels

Chest MRI – see how your right side of your heart is working and the blood flow in your lungs

Sleep studies – to measure your oxygen levels while you’re asleep
Blood tests

https://svhhearthealth.com.au/Conditions/Pulmonary+Hypertension
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on October 03, 2016, 09:41:31 PM
Om medikasie te neem vir PAH (verouderde vorm was PPH of primere pulmonale hipertensie) kan vir jou LEWENSGEVAARLIK wees as jou simptome dui op sekondere PH weens ander kardiologiese oorsake soos bv. hartkleppe wat lek / klepskade weens rumatiekkoors.

"...initiating pulmonary vasodilator therapy before the valve disease is treated also increases the risk of adverse drug effects and exacerbation of left heart failure symptoms."

There is no evidence for other pulmonary vasodilators currently. Prior experience with endothelin receptor antagonists suggests they increase the risk of HF, and data from the FIRST study using epoprostenol in systolic heart failure was associated with an increased mortality risk despite evidence that epoprostenol improved PVR, cardiac output, and the PCW pressure.

Thus, current practice is to avoid the use of these two drug classes when the primary cause of PH is left sided heart disease.

http://www.phaonlineuniv.org/DiagnosisTreatment/content.cfm?ItemNumber=4764

Pulmonary Hypertension due to Left Heart Disease (Group 2)

Unlike PAH (Group 1), this group of disorders is characterized by problems on the left side of the heart.  The pulmonary arteries are normal initially.  Passive elevation in the pressures of the pulmonary arteries is required to achieve forward flow.  Unfortunately over time, longstanding left heart disease can lead to changes within the pulmonary arteries. 

Specific subgroups within Group 2 are listed below.

1.     Left ventricular systolic dysfunction (the squeeze of the left ventricle is impaired)

2.     Left ventricular diastolic dysfunction (stiffness of the left ventricle leads to pressure elevation in the pulmonary arteries)

3.     Valvular heart disease (either narrowing or leakiness of the left heart valves)

4.     Left heart inflow and outflow obstructions not due to valvular disease and congenital cardiomyopathies (problems with blood flowing into or out of the left side of the heart not due to a valve problem)[/i]

http://pulmonaryhypertensionrn.com/types-of-pulmonary-hypertension/

Group 2 PH is defined not only by a mean PAP (mPAP) ≥25 mmHg, but also by an elevated pulmonary capillary wedge pressure ≥15 mmHg. This is also the most common form of PH, with studies estimating its presence in 60–90% of heart failure patients.


http://www.medscape.com/viewarticle/804460_1
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on October 14, 2016, 02:55:42 AM
Vier korte jare het ek getrou en onbeskaamd ons pad met 'n onsigbare skeet gedeel :) Soms openlik kom bedel vir gebede as die kniege wou knak as die pas te steil gelyk het. Vandag tref die besef my van hoe geseend is ons eintlik en kan die uwe dankbaar getuig dat die Liewe Vader my genadig was toe die beker ons padlangs gekom het want die 'siekte' laat jou nie siek lyk nie.

Wat 'n onmeetbare genade is dit nie vir die mensies wat jou liefhet het nie!

As ek kyk na mede PH'ers se stralende menswees terwyl elkeen sy/haar kruis dra is dit vir my 'n voorbeeld, stut en kruk om aan te hou veg met alles in my. Oorgee is nie 'n opsie nie - skop in paaiemente as dit moet anders gaan jy lewendig dood gaan!

Ek sluit af met 'n uitnodiging: Kom lag saam my, dit is die beste medisyne  :icon_biggrin:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Benefits%20of%20laughing.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Benefits%20of%20laughing.jpg.html)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on October 14, 2016, 03:30:41 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Handdoek%20ingooi.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Handdoek%20ingooi.jpg.html)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on October 17, 2016, 12:05:55 AM
'n Diagnose van PH is deesdae genadiglik  nie meer so 'doodsvonnis' soos sommige verouderde skakels weergee nie. Dat dit steeds 'n ernstige siekte is, is gewis en sonder twyfel maar om na diagnose in sak en as te gaan sit gaan jou nerens bring nie  :crybaby2:

Jy moet met alle mag terugveg in hierdie asemoorlog. Van my maters het 'n vol sprankelende lewe met abnormale drukkings van 100 en meer! Dat dit aanpassings verg is gewis. Die eerste stap na die ellelange lys toetse gedoen is, is om jou lewenstyl aan te pas. 

Jou mediese span gaan aanbeveel dat jy gesond eet, ophou rook (indien jy rook), alkolhol inname verminder en oefen binne eie perke.

Sluit aan by 'n ondersteuningsgroep as jy kan. Gesels met ander pasiente wat alreeds 'n ruk dieselfde pad stap as wat nou vir jou wag... kennis is mag. Onkunde laat jou teen 'n oormag gewapende bendes veg!

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on October 19, 2016, 11:11:22 PM
Ek het reeds gesels oor die belangrikheid om te oefen en deel graag die volgende inligting.

Pulmonêre hipertensie (PH) is 'n toestand te dikwels verkeerd gediagnoseer word en ongelukkig gebrandmerk met 'n baie kort leeftyd indien nie betyds behandel word nie. Na 'n akkurate diagnose, is dit tyd om aan te pas by jou nuwe lewe en roetine. Weens die ernstigheid van die toestand kan dit kommerwekkend wees om te dink oor fiksheid, terwyl die siekte jou voortdurend benoud weens asemnood laat voel, maar daar is wel oefeninge wat PH pasiënte veilig kan doen.

Bron:
 http://pulmonaryhypertensionnews.com/social-clips/2016/10/06/nine-tips-for-exercising-with-pulmonary-hypertension

Indien jy beperkte internet toegang het, hier is 'n kort opsomming:
1. Raadpleeg eerstens jou dokter oor 'n veilige oefenprogram.
2. Hou matigheid voor oe, begin met 'n stadige pas vir eers.
3. Betrek iemand om saam met jou te oefen vir aansporing.
4. Neem intense temperature in ag. Waak teen ontwatering.
5. Jy mag gevra word om oefening te vermy waar arms te hoog bo die kop gelig word.
    Oefen bene/bo lyf onderskeidelik. Nie tesame nie.
6. Stap/swem vereis min energie en is goeie oefening vir die hart.
7. Veilige opsie om jou ekstra asems (suurstofmasjien) te gebruik terwyl jy oefen.
8. Neem rus periodes tussen jou oefenprogram. Waak teen ooreising.
9. STOP wanneer jou liggaam waarskuwingseine uitstuur. Jy kan altyd later aangaan. More is nog 'n dag.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on October 25, 2016, 12:41:34 AM
Die week kry ek 'n briefie van 'n persoon wat vra "wat hou die toekoms in, wat gaan word van my?" My antwoord:
"Bly positief en moet die kruk van humor in jou nuwe normaal, nie vergeet nie!"

Daar is 'n aanpassingstyd na diagnose van enige ernstige siekte. Dit gaan gepaard met fases van skok, ongeloof, angs, onsekerheid, opstand, soeke na antwoorde/inligting en laaste maar nie die maklikste, aanvaarding en aanpassing by veranderde omstandighede.

Soms voel dit of jy deel geword het van 'n sirkus en Oom Olifant het die stoel misgesit en op jou bors beland! Sien ek vandag die advertensie van Wes Australia se bewusmakingsblad met die volgende woorde: Don't forget about the elePHant in the room...  :`ip2:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Bly%20positief%20vir%20asemdief.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Bly%20positief%20vir%20asemdief.jpg.html)

Die ou ekke was opgewek,
vol lewe en kwaaijongstreke
so na-aap die nuwe ekke.

Geen skeet toegelaat om te baat,
soms voos gesteek, pimpel en pers
doet ek steeks, nes 'n donkie voort.

Sawens prewel ons dankbaar saam
vir geleende asems en 'seën'
die flippen pypies stilletjies.

:headbang: :bootyshake:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on October 26, 2016, 11:43:29 PM
Selfs vier en 'n halwe jaar na kennismaking met die asemdief kom daar nog steeds dae/weke wat jy van vooraf oorlog voer teen die lewe. Die laaste drie weke was die opdraende van verset teen onsekerheid en vrees, soms amper te veel. Vanoggend het ek twee pragtige boodskappe  ontvang en 'n beeld uit die verlede wat my laat besef het dat hierdie omstandighede ook met 'n doel op my pad gekom het. Hoekom sal ek dalk nooit verstaan nie.

Antwoorde vir ons gaan daar straks nooit wees nie, al staan die uwe elke dag met my besem op 'n hoek met plakkate en skreeu ten hemele.
 
Sou dit in die toekoms dus blyk dat die asemdief wegkruiper speel in ons gene, gaan niks wat ek doen dit kan verander nie. Om toe te laat dat die hoofstuk in my lewensboek gate vreet deur die ander, is dom. Dom verby.

En so doet ons voort... ek is nuuskierig is om te sien wat die ander hoofstukke inhou  :book1: :hello2: :notworthy:

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on October 28, 2016, 12:20:09 AM
11 Mediese toestande wat verband kan hou met Pulmonale Hipertensie waarvan jy kennis moet neem:

1. Lupus-Associated Pulmonary Hypertension 
http://pulmonaryhypertensionnews.com/lupus-associated-pulmonary-hypertension/

2. Sleep apnea
http://pulmonaryhypertensionnews.com/pulmonary-hypertension-sleep-apnea/

3. Scleroderma
http://pulmonaryhypertensionnews.com/social-clips/2016/10/18/eleven-pulmonary-hypertension-related-diseases/3/

4. COPD ( chronic obstructive pulmonary disease)
http://pulmonaryhypertensionnews.com/2016/05/02/10353/

5. Pulmonary hypertension and lupus
http://pulmonaryhypertensionnews.com/social-clips/2016/10/18/eleven-pulmonary-hypertension-related-diseases/5/

6. Liver Transplantation
http://pulmonaryhypertensionnews.com/pulmonary-hypertension-liver-transplant/
http://pulmonaryhypertensionnews.com/social-clips/2016/07/14/pah-and-liver-disease-connection

7. Low oxygen (hypoxia)
http://pulmonaryhypertensionnews.com/2016/07/11/Vessel+Remodelling+in+Hypoxia+Triggered+Pulmonary+Hypertension+Need+MicroRNA

8. Sarcoidosis
http://pulmonaryhypertensionnews.com/pulmonary-hypertension-sarcoidosis/

9. Cirrhosis
http://pulmonaryhypertensionnews.com/pulmonary-hypertension-cirrhosis/

10. Fibrosis
http://pulmonaryhypertensionnews.com/pulmonary-hypertension-and-fibrosis/

11. Ulcerative Colitis
http://pulmonaryhypertensionnews.com/pulmonary-hypertension-ulcerative-colitis/

Bron: http://pulmonaryhypertensionnews.com/social-clips/2016/10/18/eleven-pulmonary-hypertension-related-diseases/6/



Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on October 30, 2016, 09:20:30 AM
Sommige komplikasies en PH kan dodelike kombinasies wees!

Soos met 'n skoot uit 'n geweer, is daar geen gevaar nie, TOT dit jou noodlottig tref.  So is die gevaar ook verbonde aan ander mediese probleme wat PH kan veroorsaak. Voorsorg is beter as nasorg -  dit het nog nooit soveel sin gemaak as juis nou nie.

Hier is 'n paar komplikasies wat jou kniege finaal kan knak:

1. Regter ventrikulêre versaking kan plaasvind wanneer die deel van jou hart die 'knie moet buig' teen die verhoogde druklas en verdikte wande. Wanfunksie wat mag lei tot fatale bloeding in die longe.

2. 'n Ooreisde hartspier kan aanleiding gee tot vergrote hart en meegaande kongestiewe hartversaking wat jou die perfekte teiken maak vir die jagter se pyl.

3. 'n Hart wat huppel en bokspring (arrhythmias) - mag die doodskoot wees en daar is geen trofee ter sprake hier nie.

4. Ernstige hartklepsiektes plaas jou in 'n hoër risikogroep en indien die skade nie betyds herstel word nie (hartklepchirurgie), is jou doppie heel waarskynlik, geklink.

5. 'Gekwes' met bloedklonte in die longe plaas dit jou instinktief op die gevaarlys maar daar is 'n lig in die tonnel - dit is behandelbaar.

6. Die vreugde van moederskap kan katastrofiese gevolge inhou vir die PH pasiënt weens verhoogde las op die liggaam, hart en sirkulêre sisteem.

7. As jou immuunsisteem verraad pleeg (Scleroderma) en onbehandeld, kragte saamsnoer met die asemdief, verminder jou kanse op oorlewing drasties (slegs 40% kans op oorlewing - 2 jaar na diagnose).

Vir meer inligting in Engels:
http://pulmonaryhypertensionnews.com/pulmonary-hypertension-complications/

Vir meer inligting in Afrikaans oor hartversaking:
http://www.health24.com/Medical/Archive/Afrikaans/Haar-hart-het-ophou-klop-20120721

Vir meer inligting in Afrikaans oor hartprobleme/siektetoestande:
http://gesondheidsorg-sentrum.blogspot.com.au/2013/03/kardiologie-cardiology-siektes-van-die.html
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 02, 2016, 12:57:48 AM
Voordat jy angsbevange raak oor hartritme versteurings, onthou asb dat dit baie algemeen kan voorkom. 'n Bokspringende hartklop is inderdaad dan ook so algemeen dat die kans groot is dat ons dit almal die een of ander tyd gaan beleef. Selfs al is jy super gesond en fiks.

Kommerwekkend raak dit wel indien hierdie afwyking sporadies voorkom en dit is raadsaam is om jou dokter te kontak sodat die mediese geskiedenis van jou familie bespreek kan word. Indien jy simptome soos duiseligheid, kortasemrigheid of floutes ervaar, is dit inderdaad tyd dat jy ’n afspraak by jou dokter maak.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 09, 2016, 01:55:40 AM
Ek het al verskeie kere genoem dat humor vir my 'n stewige kruk is. Min het ek besef hoe gewild die kruk geword het as 'n gratis wonder-doepa! Lagterapie: Moet dit nie onderskat nie!

“’n Vrolike mens is ’n gesonde mens, ’n neerslagtige mens raak uitgeput.” (Spreuke 17:22).

15 Minute se lag per dag is net so belangrik vir hartgesondheid as 'n 30 minute oefensessie, drie maal per week.
Een dokter vertel dat sy soms 'n voorskrif aan haar pasiente gee: 30 Minute se humoristiese videos, op daaglikse basis.
Maak seker dat jy nie een voorgeskrewe dosis mis nie!

Hierdie doepa is veilig vir gebruik teen enige skeet/kwaal of geit. Enigste waarskuwing: Dit is aansteeklik! 
:icon_biggrin: :hello2:

Ek haal die volgende aan:

*Lag verbeter longkapasiteit en verhoog die suurstofvlak in die bloed, wat help om kongestie op te klaar. (Bron: www.latterklub.dk)

*’n Studie aan die Stanford-universiteit in Amerika beweer een minuut se skaterlag is die eweknie van tien minute op 'n roeimasjien. Na bewering beweeg 600 spiere in die liggaam as jy lag :)

*Lag stimuleer die sirkulasie van bloed en sodoende is daar 'n verbeterde bloedtoevoer na al jou organe.
(Bron: www.latterklub.dk)

*Lag kan jou help om van 'n lastige kilogram of twee ontslae te raak. Na bewering kan een uur se lagterapie tot 500 kalorieë verbrand. Dus gelykstaande aan 'n uur se asemrowende drafsessie.

Ek kon nie help om hier te dink aan die ou uitdrukking 'lag jou dinges af...'  :bootyshake:

*Versterk jou immuniteit: Lag verminder die produksie van kortisol wat jou immuunstelsel onderdruk. Gedurende 'n lagbui versnel ons metabolisme. Die spiere word gemasseer en gestimuleer terwyl 'n verskeidenheid biochemiese stowwe vrygestel word in die bloed.

*Verminder pyn: Norman Cousins het gevind lag is doeltreffender as pynstillers. Lag vermeerder die vlakke van endorfien, ’n natuurlike pynstiller in die liggaam.

Bron: Jy mag maar lag -  hierdie inligting is raakgesnuffel by:
http://www.sarie.com/gesond/gesondheidstories/lag-n-slag/

https://www.youtube.com/watch?v=zoPoH3Y4NKg

https://www.youtube.com/watch?v=K5yClbsdJkg
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 10, 2016, 01:44:14 AM
Die kamera as hulpmiddel vir bewaring van mediese geskiedenis:

Meeste pasiënte sal getuig dat jy goeie en minder goeie dae beleef. Op minder goeie dae hou ek die kamera en gewone bloeddruk-apparaat langs my sodat ek kan vasvang wat gebeur as die duiseligheid jou skielik oorval en die bed jou voorland is (weens die gevare van ernstige bloeding as jy sou val en alleen tuis is - veral as daar 'n hoë dosis bloedverdunners geneem word as deel van jou medikasie). Dit is dan ook 'n aanduiding van 'n oorsprong vir die kranklike gevoel wat jou kniege knak.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC09754.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC09754.jpg.html)

Dit is ook 'n goeie idee om jou verslae af te neem, sou dit verlore raak 'n brand/inbraak ens. is dit as 'n rugstut ook bewaar in 'n kuberkluis en dus herwinbaar (as die aliens dit nie intussen gekaap het nie lol).

Op die oomblik is ons nog onseker oor die oorerflikheidsfaktor van die spesifieke vertakking van die asemdief waarmee my pad gekruis het. Dus is dit belangrik dat ek my verslae en bewyse van toetse wat gedoen is, met my familie in SA kan deel. Sou dit nodig word indien hulle verdagte simptome ervaar en ek nie meer daar is om inligting te voorsien nie.

My geliefde ou sustertjie het hierdie bewaringstaak op haar geneem en dit is 'n groot verligting vir my. Die datums van diagnose en kwale/skete is veral belangrik. Hier is twee voorbeelde van hoe ons dit gedoen het.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/diagnose%20PH.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/diagnose%20PH.jpg.html)

Die reeks en veral soort toetse wat gedoen was in die proses van diagnose, is 'n belangrike verwysing na jou mediese geskiedenis.

 (http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Toets%20op%20toets.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Toets%20op%20toets.jpg.html)

Al hierdie toetse, uitslae van verslae, X-trale ens. is bewaar in 'n koevert (met inligting oor PH) wat ek ontvang het na diagnose. Sodoende is hierdie inligting en my eie verslae alles bymekaar - sou dit nodig wees om jou te vergesel in 'n noodgeval.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC00803.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC00803.jpg.html)

PH is nog steeds 'n raar kwaal en min hospitale het opgeleide personeel met kennis oor die gevare wat gewone prosedures vir jou as pasiënt kan in hou. Selfs net die toedien van binne aarse medikasie en aarvoeding, kan fataal wees as jy op 'n streng vogbeperkte inname is.

Op die oomblik mag ek net 1 liter vog per dag inneem weens CCF (congestive cardiac failure) wat tydens hospitalisasie ingetree het. 'n Magdom antibiotika is toegedien om die longonsteking hok te slaan en die hart kon nie byhou met verhoogde vog inname nie. Niemand het dit in ag geneem nie.

Elke spesialis behandel jou volgens die rigting waarin hy/sy opgelei is. In my geval het die kardioloog nooit 'n opvolg besoek gedoen nadat ek oorgeplaas was van een na die ander hospitaal waar die longspesialis oorgeneem het na opname.

As jy dus 'n kardiologiese probleem het, is dit onmoontlik vir die longspesialis om aandag te gee daaraan. Hy kan jou slegs verwys na gepaste sorg.

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 14, 2016, 10:17:33 AM
Vandag was weer D-Dag. My opvolg afspraak by die longspesialis het nuwe hoop laat ontvlam! Hy gaan twee toetse doen gedurende die volgende paar weke om te kyk wat gebeur met die suurstofvlakke tydens normale slaap-patrone.  Indien daar 'n versteuring is gaan hy 'n sterker dosis suurstof voorskryf wat klaarblyklik kan help om die PH drukkingsyfers intoom te hou en sodoende help verhoed dat die hart meer vergroot. Vir die eerste keer in 'n lang tyd is daar weer 'n liggie in die tonnel wat brand en is ek opgewonde oor die toekoms.

Hierdie woorde vanaand so gepas!
 
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC01201.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC01201.jpg.html)


Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 16, 2016, 01:00:26 AM
Slaapversteurings en Pulmonale Hipertensie

Slaap-apnee is die term wat gebruik word wanneer mense tydens slaap, ophou asemhaal. Huidiglik een van die mees ondergediagnoseerde toestande.  Hierdie slaapversteuring kan die risiko verhoog vir hipertensie, pulmonale vaskulêre siekte, isgemiese hartsiekte, serebrale vaskulêre toestande, kongestiewe hartversaking en aritmieë.

In die studie, "obstruktiewe slaap-apnee en pulmonale hipertensie," is daar tot die gevolgtrekking gekom dat die toename in longslagaar druk, verwant is aan herhalende nagtelike arteriële suurstof te kort en hypercapnia - abnormale verhoogde koolstofdioksied (CO2) in die bloed.  Dit kan ook lei tot pulmonale vaskulêre hermodellering, volgehoue ​​pulmonêre hipertensie en regter ventrikulêre hipertrofie. 

Nuwe navorsing toon dat 'n tweede soort slaapapnee (wat niks te doen het met oorgewig en obstruksie nie, maar met 'n fout in die asemhalingbeheersentrum in die brein) baie bedrieglik en gevaarlik is, maar ook nou doeltreffend behandel kan word.

Sommige mense hou snags op met asemhaal omdat seine van dié sentrum in die brein nie die asemhalingspiere bereik nie, sê Bernard Tjallinks, neurofisioloog van die slaapkliniek by die Pretoria-Oos-hospitaal.

Albei soorte slaapapnee word in slaapklinieke gediagnoseer en behandeling vind plaas met 'n toestel wat lug by die mond inblaas en só aanhoudende suurstofinname verseker. Dokters waarsku dat slaapapnee-lyers nooit slaappille of verdowingsmiddels moet gebruik nie omdat dit hulle kan verhinder om weer te begin asemhaal.

Slaap-apnee kom in verskillende grade voor.  In ernstige gevalle sal die pasiënt so ‘n suurstoftekort opbou dat hy blou word. Wanneer iemand 5 keer per uur of meer ophou asemhaal, is dit ‘n aanduiding dat dit slaap-apnee kan wees.

Die volgende probleme kom algemeen voor by pasiënte met slaap-apnee.

*Chroniese moegheid:  Hulle slaap nooit lank genoeg om uit te rus nie  –  word aanhoudend wakker om asem te haal.

*Verlies van konsentrasie.

*Maklik aan die slaap gedurende die dag: voor die televisie, in geselskap, selfs later terwyl hulle eet of motor bestuur.

*Depressie.

*Ernstige gewigstoename en onvermoë om dit weer te verminder.

*Onvermoë om bloeddruk en bloedglukose te beheer, selfs op medikasie.

*Slaap-apnee kan diabetes veroorsaak.

*Spierswakheid.

*Geheueverlies.

*Versnelling van die prosesse wat skade aan die bloedvate veroorsaak:  lei dus tot ‘n hoër voorkoms van hartaanvalle, beroertes, onreëlmatige hartklop, en verlies van seksuele funksie.

Die gevolge van slaap-apnee kan dus wees:  vermeerdering van ernstige siektetoestande, verhoogde voorkoms van voertuigongelukke; verlaagde werksproduktiwiteit en beperkte algemene funksionering.

Bronne:
http://www.medscape.com/viewarticle/721684 (Cardiovascular Consequences of Obstructive Sleep Apnea)
http://af.namibiauraniuminstitute.com/snoring-disorders-your-2-minute-guide/
https://www.ncbi.nlm.nih.gov/pubmed/19249442
http://dokfrancois.co.za/2013/08/08/slaap-apnee-praktiese-inligting/
http://www.health24.com/Medical/Archive/Afrikaans/Slaapsorge-20120721



Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: adele on November 16, 2016, 06:26:45 PM
duhhhh, Raaitjie, dit pas perfek in my luiheid en onder-konsentrasie en geheueverlies in ...behalwe vir die gewigstoename en hoë bloeddruk, en ek is al jare gelede, seker ses of sewe jaar gelede, vertel ek hou op asemhaal, kort kort in my slaap, van 16 sekondes tot ek-kan-nie-onthou-hoeveel-sekondes lank.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 16, 2016, 11:34:49 PM
Ek was geskok om te sien tot hoeveel ander kwale die versteuring kan meebring Adele! Het jy ook die slaapstudie voltooi? Nou baie nuuskierig.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 28, 2016, 01:37:52 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Prys%20van%20PH%20medikasie.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Prys%20van%20PH%20medikasie.jpg.html)

Het jy 'n idee hoe duur is PH medikasie om simptome te verlig en lewenskwaliteit te verbeter? Klein Jackson is op 'n trippeldosis en dit kos $40,736 per maand! Hier is 'n foto wat sy mamma gedeel het. Kinders word met volwasse medikasie behandel waarvan die dosis aangepas moet word.

Die prys van mobiele suurstofmasjiene wat op vliegtuie toegelaat word kan jou enige iets van $5 000 af uit die sak ruk  :crybaby2:

As die assuransiemaatskappye weier om ouers/pasiente by te staan, en sonder 'n geneesmiddel - is daar geen toekoms vir pasiente met gevorderde PH nie. Bid saam met ons vir 'n 'cure' asseblief!
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Assie on November 28, 2016, 10:54:29 AM
Een ding is verseker. As ek van hierdie pille moet leef vrek ek van die honger...


 :mumum:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on December 01, 2016, 06:39:08 AM
Ongelooflik om te dink dat medikasie so duur kon wees Assie maar hier is die bewyse ne :crybaby2:

So twee maande gelede het die nuwe dok voorgestel dat ons moet begin oorweeg om van hierdie medikasies wat geskik sal wees vir my te beproef en gewaarsku dat dit 'n opdraende stryd gaan wees dat die staat dit goedkeur weens die belaglike onkostes daaraan verbonde aangesien ons mediese fonds nie medikasie dek nie.  Ek begin verstaan hoekom!

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on December 11, 2016, 03:32:37 AM
 :notworthy:  :icon_salut: Al die grafiese voorstellings is met erkenning geleen van LearnTheHeart.com

Wat het 'n donkie, hartversaking en PH in gemeen?

Hartversaking (heart failure) is die onvermoë van die hart om genoegsame bloedvolume te pomp of ontvang, om aan die liggaam se vereistes te voldoen.  Cardiomyopathy (cardio= heart, myo = muscle, pathy = disease) is slegs een van die oorsake wat kan lei tot hartversaking.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC01717.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC01717.jpg.html)

Pulmonale Hipertensie kan ook lei tot hartversaking en as dit gebeur, kan ons dit vergelyk met 'n donkie wat swaar sleep aan 'n oorlaaide vrag sandsakke. Na 'n ruk gaan die donkie nie meer kan volhou nie, so sal die hart onder stres van abnormale drukking ook nie kan volhou om genoegsame, suurstofryke bloed aan die liggaam te voorsien nie.

Dit is van uiterste belang vir jou as pasient om die simptome van hartversaking te eien sodat jy betyds gediagnoseer en gepasde medikasie voorgeskryf kan word aangesien dit 'n progressiewe toestand is en fataal kan wees indien onbehandeld.

Heart faliure is usually a progressive condition that begins with risk factors for LV dysfunction (e.g., hypertension), proceeds to asymptomatic changes in cardiac structure (e.g., LV hypertrophy) and function (e.g., impaired relaxation), and then evolves into clinically overt HF, disability and death

Skematiese voorstelling van 'n ooreisde hart.
 
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC01713.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC01713.jpg.html)

Ek het alreeds 'n paar plasings van hartversaking-simptome gedeel. Hier is weer 'n kort skematiese opsomming:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC01719.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC01719.jpg.html)

Hartversaking kan aan die linker- of regterkant (selfs beide kante) van die hart voorkom. Dit word ook verdeel in sistoliese of diastoliese wanfunksie.  Dokters diagnoseer hartversaking na aanleiding van die graad/erns van simptome en die beperking wat dit op normale funksionering meebring volgens die (NYHA) - New York Heart Association Functional Classification.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC01728.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC01728.jpg.html)

NYHA Class   Symptoms

I   Cardiac disease, but no symptoms and no limitation in ordinary physical activity, e.g. no shortness of breath when walking, climbing stairs etc.

II   Mild symptoms (mild shortness of breath and/or angina) and slight limitation during ordinary activity.

III   Marked limitation in activity due to symptoms, even during less-than-ordinary activity, e.g. walking short distances (20–100 m). Comfortable only at rest.

IV     Severe limitations. Experiences symptoms even while at rest. Mostly bed bound patients.


Jou diagnose op 'n verslag kan straks so vertoon:
Diastoliese LV  (linker ventrikulêre) disfunksie. Stadium NYHA - fase 11.

Korrekte behandeling is van uiterste belang. Verskeie medikasie is beskikbaar wat verskillende hulpfunksies aan die ooreisde hart verskaf.

Om terug te keer tot die 'donkie teorie':

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC01732.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC01732.jpg.html)

Wanneer daar van die sandsakke op die donkie se sleepwa afgehaal word, word die swaar las verlig, net so is daar vogafdrywende medikasie om die hart se werking te verlig.

Soms kan 'n spoedbeperking (beta-blocker vir die hartpasient) verligting bring om krag te spaar/herwin.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC01734.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC01734.jpg.html)

En dan is daar natuurlik die 'wortel voor die neus van die donkie' - medikasie wat vir kort termyn, binneaars toegedien word aan pasiente met gevorderde hartversaking wat wag op hartoorplanting. Hier word die hart gedwing om sterker te pomp sodat daar genoegsame bloedvloei na die liggaam kan wees.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC01735.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC01735.jpg.html)

Bron: http://www.healio.com/cardiology/learn-the-heart/blogs/the-donkey-analogy-for-congestive-heart-failure-treatment









Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on December 11, 2016, 06:47:51 AM
Orthopnea/orthopnoea
Griekse orto (reguit) + pnoia (asem) is kortasem (dispnee) wat plaasvind wanneer die persoon plat lê, wat veroorsaak dat pasiente noodgedwonge verkies om meer gestut te slaap of eerder in 'n stoel te sit en slaap.

Dit word algemeen beskou as 'n laat manifestasie van hartversaking as gevolg van vog-herverdeling in die sentrale sirkulasie, wat 'n toename in pulmonale kapillêre druk veroorsaak. Dit beteken dat vloeistof wat in die bene opgebou het gedurende die dag, versprei na die longe wanneer die persoon horisontaal verkeer.

Die verplasing van opgeboude vog in bene na die longe, verduidelik natuurlik die tipiese sementgevoel in jou bolyf wat ervaar word kort na die liggaam in 'n horisontale posisie verkeer. Hierdie toestand veroorsaak erge ongemak en ook gepaardgaande slaaploosheid wat onder andere ook 'n simptoom van hartversaking is. 

Mense met orthopnea vergoed dikwels - soms onbewustelik - deur met meer kussings onder die kop te slaap sodat die bolyf gelig is en sodoende hul simptome te verminder. Dit is die rede waarom dokters dikwels pasiënte met hartversaking vrae op hoeveel kussings slaap hulle in die nag.

Nog 'n simptoom van hartversaking is paroxysmal nocturnal dyspnea. 'n Skielike aanval van erge benoudheid snags, gewoonlik 'n paar uur nadat die persoon gaan slaap het. Onverklaarbare skielike tamheid en benoudheid tydens oefening is ook algemene klagtes wat verband hou met asemhalingsprobleme.

*Hier is die skakel na ons PH blad op FB. Jy moet ongelukkig ingeteken wees om dit te kan sien.
https://www.facebook.com/pages/Asemdief/1099236390102893
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on January 03, 2017, 05:59:37 AM
POPH - Watter verband is daar tussen lewersiektes en PH?

Lewersiekte kan POPH "portale hipertensie" veroorsaak. Dit beteken daar is verhoogde bloeddruk in die are na die ingang van jou lewer. Hierdie verhoogde druk veroorsaak dat bloedtoevloei na die lewer omseil word. As gevolg hiervan, is die bloed nie onderhewig aan die 'reinigingswerking' van die lewer wat die verwydering of ontgifting van chemikalieë en gifstowwe in die liggaam insluit nie.

Dit veroorsaak dus dat die bloedvate van die longe blootgestel is aan moontlike gifstowwe en kan die klein are van die longe beskadig, wat pulmonale arteriële hipertensie (PAH) laat ontstaan.

Kenmerkende simptome van POPH sluit bloedklonte en ander veranderinge in die bloedvate van die longe in. Simptome is soortgelyk aan dié wat verband hou met klassieke PH soos kortasem en beperkte vermoë tydens oefening/inspanning.

Pasiënte met POPH het 'n verhoogde fatale risiko tydens leweroorplanting. Indien daar abnormale drukking in die regterhartkamer tydens 'n echo waargeneem word by lewerpasiënte wat wag op leweroorplantings, is die RHC prosedure van uiterste belang om PH uit te skakel/diagnoseer.

Vir meer inligting: http://www.phassociation.org/Patients/LiverDisease
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on January 03, 2017, 09:38:12 AM
Die laaste paar weke het my geloof nerfdun by die dag geword met die aanvang van al die nuwe toetse wat die longspesialis doen in sy soektog na die oorsprong van volgehoue abnormale drukking na vier jaar. Ongemaklike skanderings wat jou weereens die uur van een-posisie-hou, laat om bid. Jy moet horisontaal op jou rug met arms gekruis bokant jou kop lê vir die duur van die toets. Vir persone met hartprobleme soos orthopnea weens hartversaking, is 'n VQ Scan ietwat ongemaklik en 'n pynlike ervaring :crybaby2:
 
Een van die bloedtoetse wat die longspesialis verlede week aangevra het was so onbekend dat die tegnikus moes oplees wat die vereistes is en mens besef dat so baie dinge rondom die asemdief werklik 'n rare gedoente is - selfs vir opgeleide mediese personeel.

Hierdie bloedtoetse kan nie bepaal of jy PH het of nie - maar dit kan ander siektes wat aanleiding tot die toestand kon gee, identifiseer. Siektes wat jou hart en longe kan beskadig tot so mate dat dit tot abnormale drukking, vergrote hart en hartversaking kan lei.

Een van hierdie meer algemene toetse staan bekend as die ANA bloedtoets.
Dit word gebruik om te bepaal of iemand 'n outo-immune siekte, soos lupus of rumatoïede artritis het. Sekere vertakkinge van lupus kan aanleiding tot PH gee.  Dit is 'n eenvoudige bloedtoets wat die teenwoordigheid van teenliggaampies opspoor wat gesonde proteïene in die liggaam verkeerdelik aanval.

Teenliggaampies is proteïene wat deur jou immuunstelsel vervaardig word. Hulle help jou liggaam om infeksies te eien en te beveg en teiken normaalweg slegs skadelike stowwe, soos bakterieë en virusse, deur die aktivering van die immuunstelsel om sodoende ontslae te raak van hierdie 'vyande'.

Soms teiken hierdie teenliggaampies verkeerdelik jou gesonde selle en weefsel. Dit staan ​​bekend as 'n outo-immune reaksie. Teenliggaampies wat gesonde proteïene in die kern (brein) van jou selle aanval word antinuclear antibodies
(ANA)
genoem.

Indien hierdie toets positief is, sal jou dokter aandring op meer toetse om verder te delf vir spesifisering van die sondebok aangesien baie van hierdie toestande die hart en longe ook aantas.

Ena Panel
Wanneer 'n persoon tekens en simptome het wat as gevolg van 'n outo-immuun siekte blyk te wees nadat 'n positiewe ANA toets gedoen is, sal jou dokter aanvra vir die ena paneel. Tekens en simptome van outo-immuunsiektes is hoogs veranderlik en kan verskillende dele van die liggaam aantas.

Simptome kan die volgende insluit:
Koors en aanhoudende moegheid
Spierpyne
Swelling en / of pyn
Veluitslag
Sensitiwiteit vir ultraviolet lig
Raynaud verskynsel
Proteinuria
Neurologiese simptome soos aanvalle, depressie, psigoses
Hemolitiese anemie (lae rooibloedseltelling) of leukopenie (lae telling witbloedsel)

MYOSITUS PANEL
Een van die toetse wat voorheen net beskikbaar was vir navorsingsdoeleindes is nou beskikbaar sodat dokters dit kan aanvra indien hulle vermoed dat daar probleme is met outo-immune reaksies in die liggaam. Sommige tipes van outo-immuunsiekte val die spiere van die liggaam aan. Die "miositis-spesifieke teenliggame" (SSA) kan help met die diagnose van polymyositis en dermatomiositis in pasiënte wat die siekte het.

Miositis is 'n term wat inflammasie in die spiere beteken. Daar is verskeie tipes miositis, die mees algemene is polymyositis en ermatomyositis.

Ek haal die volgende aan:

For a long time the testing for these antibodies was only available in research studies, but it is now possible to obtain this testing clinically. The Myositis Profile performed at the OMRF Clinical Immunology Laboratory includes tests for 12 of the MSAs and MAAs. Additional antibodies may be detectable using this profile. Dr. Ira Targoff is the consultant to the Clinical Immunology Laboratory regarding this testing. As with the Reichlin Profile for lupus, patients with a particular antibody may have distinctive clinical pictures with certain associated problems. Identifying certain antibodies can help characterize the condition more fully. Research continues in our lab, and others around the world, to determine the nature of the relationship between the various MSAs and polymyositis and dermatomyositis.

Other inflammatory conditions tend to cause milder forms of myositis, including:

Lupus
Scleroderma
Rheumatoid arthritis
Inflammatory conditions are often the most serious myositis causes, requiring long-term treatment.


https://omrf.org/research-faculty/core-facilities/myositis-testing/
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on January 04, 2017, 01:10:23 AM
Ek wil nog 'n paar bloedtoetse bespreek wat jy as PH pasient kan teekom op jou asemrowende tog. Soms maak die aanvraag van soveel 'stekerige' toetse nie vir ons sin nie maar as jy besef hoekom jou mediese span dit aanvra, val die stukkies van die legkaart op die regte plekke en verduur jy maar die naalde  :icon_biggrin:

ESR Erythrocyte Sedimentation Rate
Die besinkingstempo (ESR of sed koers) is 'n relatief eenvoudige, goedkoop, nie-spesifieke toets wat gebruik is vir baie jare om te help met die opsporing van ontsteking wat verband hou met toestande soos infeksies, kanker, en auto-immuun siektes soos tydelike arteritis, sistemiese vaskulitis en polymyalgia rheumatica. Aansienlik verhoogde ESR is een van die belangrikste toetsuitslae wat gebruik word om die diagnose te ondersteun.

Hierdie toets kan ook gebruik word om die siekte se aktiwiteit en reaksie te monitor vir terapie in beide van die bogenoemde siektes asook 'n paar ander, soos sistemiese lupus eritematose (SLE).

LFTs: lewerfunksietoetse
Word gebruik word om die veiligheid van sekere pulmonêre hipertensie behandeling te monitor. Die verhoogde druk in die pulmonêre are veroorsaak dat die regterkant van die hart nie doeltreffend pomp nie wat derhalwe veroorsaak dat die bloed 'ophoop' (backing up of blood) in die liggaam en hepatiese (lewer) opeenhoping, wat in die proses, skade aan die orgaan kan veroorsaak.

Wat is die funksie van die lewer?
Dit stoor die brandstof vir jou liggaam (glikogeen) wat bestaan ​​uit suiker.
Help om vette en proteïene van verteerde voedsel te verwerk.
Die maak proteïene wat noodsaaklik is vir jou bloed om te stol (stollingsfaktor).
Verwerking van baie medikasie wat geneem word.
Help om gifstowwe uit jou liggaam verwyder.

Blood differential test
Hierdie toets meet die persentasie van elke tipe witbloedsel (WBC). Dit sal ook wys of daar enige abnormale of onvolwasse selle in jou bloed is.

FBC - full blood count with differential
Hierdie toets kan 'n aantal verskillende elemente in die bloed meet o.a "hemoglobien" - die chemiese stof wat jou bloed 'n rooi kleur gee. As die hemoglobientelling laag is, is jy anemies. Daar is baie verskillende tipes van anemie - nie almal is ontvanklik en reageer op ysterbehandeling nie, dus sal jou dokter nodig hê om die presiese aard van anemie en hoekom jy anemies is te bepaal.

Met hierdie toets word ook gekyk na die grootte van die rooibloedselle. As hulle te groot is kan dit 'n teken wees dat jy gereeld alkohol drink, of tiroïedsiektes of vitamientekort (onder andere) het. Die FBC kyk ook na die witbloedselle. Dit is die selle wat infeksie beveg. Die witbloedselle kan verhoog wanneer jy 'n siekte onderlede het.


Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on January 05, 2017, 02:05:51 AM
'n Wonderlike geleentheid het onverwags opgeduik vir my deur ons mediese fonds om betrokke te raak by 'n navorsingsprojek van die Flinders University se Social Behavioural Research. Hulle poog om 'n beter emosionele ondersteuning te verseker vir pasiënte in Australia.  Voorkoming en ondersteuning van depressie en natuurlik die identifisering van selfmoordgedagtes.

My bydrae sal handel oor die pad wat ons volg met PH. Dit behels 'n noukeurige dagboek hou van wisselende emosies deur die dag/nag. Wat dit aanbring, wat ek doen om dit baas te raak en stres te verlig. Eet- en drink gewoontes. Gewigstoename daagliks dophou weens vogretensie ens.

Die onderhoude word telefonies behartig en afskrifte van hulle waarnemings word ook aan my mediese span gestuur wat dan sal omsien na aanbevelings wat gemaak word soos die program vorder. Afgesien van sielkundige/emosionele ondersteuning gaan ek ook die bystand hê van 'n geregistreerde dieëtkundige en 'health coach'. Die span maak seker dat ek 'n oefenprogram volg wat aangepas is vir my persoonlike omstandhede om die verlies van spiermassa te voorkom.

Navorsing het getoon dat pasiënte wat uitreik en deel raak van ondersteuningsgroepe meer geneig is om beter toegerus te wees in die stresvolle hantering van kroniese siekte en verandering van aanpassing in die daaglikse leefwyses.  Pasiënte voel meer in beheer van hulle emosionele toestand en hantering van simptome as diegene sonder emosionele bystand. 

Volgens statistieke is daar 'n merkwaardige beter oorlewingsyfers asook 'n beter lewensgehalte vir diegene wat deel vorm van 'n ondersteuningsgroep. Hulle vermoë om aan te pas by die komplekse mediese prosedures en vereistes, is beter weens die feit dat hulle kontak het met persone wat soortgelyke omstandighede, diagnoses, en bekommernisse/vrese deel.

Natuurlik is ek opgewonde en tog ook skrikkerig. Vir die eerste keer na PH diagnose gaan jy aangemoedig word om te praat oor jou diepste vrese. Tot nou was jou vrae stilgemaak met 'make peace' terwyl die dokter opstaan en vir jou by die deur wag om uit te gaan voordat jy hom onbevoegd laat voel.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/A%20real%20doctor.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/A%20real%20doctor.jpg.html)

Vir ewig dankbaar dat ek van dokters gewissel het al beteken dit dat manlief nou moet afvra by die werk om my te neem vir afsprake en die ewigdurende toetse. Ons omstandighede is reeds bekend aan sy firma en het wonderlike ondersteuning ook van hulle kant.

Na baie oorweging het manlief dan ook afgeskaal van sy toesighoudende verpligtinge sodat die spanning by die werk ten minste verminder kon word.  Dit was die beste besluit ooit kan ons getuig. En so het ons die eerste tree gegee op die nuwe pad met die ondersteuning van 'n span deskundiges.

 :hello2: :notworthy:

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on January 06, 2017, 01:57:16 AM
Polsdruk (pulse pressure) - die klikbek van jou liggaam.

Wie sou ooit kon dink dat 'n eenvoudige aftreksom kan dui op hartprobleme soos verhoogde risiko vir hartaanval, beroerte en selfs lekkende hartkleppe wat 'n aanduiding van sekondere PH kan wees? Deur ag te slaan op die syfer kan dit selfs jou ledemate beskerm teen amputasie.

Min mense besef die belangrikheid van 'polsdruk'. Wat is dit?

Dit is die verskil tussen jou sistoliese en diastoliese bloeddruklesings. Dit word gemeet in millimeter kwik (mmHg) en verteenwoordig die krag wat jou hart genereer elke keer wanneer dit saamtrek.

As jou rustende bloeddruk dus 120/80 mmHg is, sal die polsdruk 40 wees. Tussen 30 en 40 is normaal. 60 en meer is 'n aanduiding dat jou are hulle vermoe om te kan 'rek' verloor en die verhoogde volume bloed tydens die pomp-aksie van jou hart nou 'n las word op die are.

Hoe laer die polsdruk (dus heelwat minder as 40) is 'n aanduiding dat die hartfunksie verswak.

Soos reeds genoem kan 'n verhoogde polsdruk ook dui op lekkende hartkleppe (klep regurgitasie), dikwels as gevolg van ouderdom-verwante verlies in elastisiteit van die aorta en 'n aanduiding van 'Peripheral artery disease (P.A.D.) waar plaak opbou in die are wat bloed na jou brein, organe en ledemate vervoer.

Plaak bestaan uit vet, cholesterol, kalsium, veselagtige weefsel, en ander stowwe in die bloed.
Wanneer plaak opbou in are van die liggaam word die toestand ateriosklerose genoem. Met verloop van tyd, kan plaak verhard en vernou die are. Dit beperk die vloei van suurstofryke bloed na jou organe en ander dele van jou liggaam.

P.A.D. tas gewoonlik die are in die bene aan, maar dit kan ook die are wat bloed dra van jou hart na die brein, arms, niere en maag beïnvloed. Geblokkeerde bloedvloei na jou bene kan pyn en gevoelloosheid veroorsaak. Dit kan ook jou risiko van infeksie in die geaffekteerde ledemate verhoog.

Indien hierdie toestand van verminderde bloedtoevloei na ledemater vererger kan dit gangreen (weefsel dood) veroorsaak en lei tot amputasie. As jy beenpyn ervaar wanneer jy loop of trappe klim is dit tyd om jou dokter in te lig sodat jy getoets kan word vir P.A.D.

As jy meer wil weet van polsdruk is hierdie video die regte wegspringplek.
https://www.youtube.com/watch?v=JIHlFnTquOo

Vir meer inligting oor P.A.D:
https://www.nhlbi.nih.gov/health/health-topics/topics/pad/
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on January 06, 2017, 03:17:40 AM
Eerste sessie van die telefoniese ondersteuning (verbonde aan die navorsingsprojek van Flinders University se 'human behaviour and health research unit' is agter die rug.
 
Na 'n uurlange ondervraging het die 'health coach' 'n opsomming vir my voorgelees van wat my antwoorde onthul het. Dit was in die kol! Brawe front word voorgehou vir almal. Deels om familie te beskerm teen kommer en vrees. Die masker begin krake toon en ek voel vasgevang in 'n hulpelose situasie waar daar nie omdraai is nie. Met geen profesionele emosionele ondersteuning nie is dit 'n bose kringloop.

En toe stel sy my bekend aan 'n meer positiewe kring waar die 'triggerpoint' heel bo is, regs is die liggaamlike sy, onder is gedagtes en links van die sirkel is optrede wat spruit uit die oorsprong van afset.

Sodra moedeloosheid sy kloue om my begin slaan moet ek teruggaan op die lysie waar ek my emosies/takies/eet- en drinkgewoontes aanteken deur die dag/nag. Van daar sal jy 'n duidelike prentjie kan maak van wat gevolg het. En dit werk!

Klein simpel goedjies het 'n reuse impak. Selfs die lees van 'n dieët wat 'n gewigsverlies van 12 kg in 2 weke belowe het die krane oopgedraai! Hoekom?

Soos meeste vroue (en dalk manne lol) wil ek die jaar so paar kilogramme vir ewig enne biekie groet. Die dieët vereis ongelukkig dat jy 12 glase water per dag drink en 'n half uur oefeninge doen. Op 'n streng 1 liter vogbeperking per dag is dit onmoontlik. Stap as oefening kan ek byhou vir 'n half uur op gelyke grond op goeie dae :)

Omhels toe maar my ekstra 12kg en sleep dit saam kamer toe waar my bed nog skandalig onopgemaak le. (Ek het eers positiewe dinge gaan opsoek om te lees sodat ek gewapen is, en dit is toe die dieet my oog vang tussen die plasings.)

'n Kyk na die wekker se wysers op 'n koggelende agt uur die oggend laat my skuldig blitsvinnig na lakens en kussings gryp.

Nie baie slim nie.

Ek hanteer slow motion beter en dit hou die hartkrampe effe in toom. So tussen die pyn en ongemak word die krane vol oopgemaak. Die uwe besef die dag se take lê voor en ek is reeds vodde, agt uur die oggend.

Sleep die geleende asems nader en kom sit voor die sirkel en begin die trigger point soek... en so het menige knieknak-oomblikke deur die dag in sirkels gestap :)

Wat het ek hieruit geleer?  Ek het nie baie kennis van drome nie maar laasnag sin het verklap dat ek meer ontspanne is en die een uur 'les' werklik 'n positiewe impak in my lewe het na vier dae!

Gewoonlik het ek vreeslik gewoel in my drome wanneer ons familie in Suid Afrika my kom verras met 'n kuier. In elke droom was my oorlede ouma ook by en ek wil net weet HOE het sy die vlug geniet en sal sy nou meer kom kuier?

So dankbaar vir sulke seëninge dat hulle kom kuier in my drome maar die vrek moeg wakker word van die gewoel om te bederf, is 'n uitputtende voorreg - maar hierdie gewoel het ietwat anders verloop laasnag.

In my droom het die hele familie weer kom kuier. En daar sit ek so ewe saam aan tafel en bring my 'kombuishulp' vir ons ietsie te ete. Snaaks genoeg het oumatjie nie hierdie keer saam kom kuier nie...en ek het verfris wakker geword. Dink net - ek het so ewe hulp gehad  :icon_biggrin:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on January 09, 2017, 07:25:25 AM
Tweede sessie van telefoniese onderhoud.

Na diagnose van enige kroniese toestande is dit belangrik om vir jouself nog steeds bereikbare, korttermyn mikpunte te stel. Nuwe maniere bewerkstellig om jou doelwitte te bereik sodat jy die dinge wat jou plesier verskaf het toe jy nog jou sprankelende self was, weer kan geniet.

Sodra jy agtergekom het watter beperking/verandering in leefstyl jou gesondheid meebring, is die dokumentering van dit wat jy nog graag wil doen die eerste stap om weer beheer te neem.
Dit mag dalk nie so maklik wees nie en opsigself 'n uitdaging bied. Ek wil graag weer strepe op 'n canvas trek is my korttermyn doelwit.

Die kwaste op die rak nooi my gul om hulle te omhels maar die eens geliefde reuk van nat verf op die canvas laat die uwe nou met 'n muis in die hand - opsoek na beskikbare, reuklose verfies. Liefs die soort wat jy nie hoef te verdun met oliemediums of terpentyn nie is die wyse voorstel van die vriendelike stem oor die foon.

Waar jy voorheen woerts-warts in en uit die stort gespring het; jouself respektabelik gemaak het vir 'n uitstappie stad toe of die nakom van 'n koffie-afspraak, mag dit nou in 'n asemrowende voorspel ontaard om uit die huis te kom. Moet jy hersteltyd toelaat voordat jy die deur agter jou toe kan trek. 'Asemskep' na jy jouself opgedollie het, kry nou 'n letterlike betekenis op aanbeveling.

Die beplanning vir aandete word nou die 'woerts-warts deel van jou dag' want jy besef dat die uitstappie 'n groot deel van jou energie gaan gaps. Dit wat vanaand op die bord gaan verskyn moet maklik, vinnig EN gesond wees onthou jy net toe die reuk van vis & skyfies jou wou verlei :)

Die belangrikste padkos wat ek vandag ingepak het was: 'Be kind to yourself Aspects of your life before your physical health problems may be of little help in setting new goals and therefore it can sometimes be tricky to find ways of adopting and changing your goals.'

Ek het hierdie wonderlike voorneming van Jessica Bensch aangeneem en my eie gemaak:
'I plan to be kind to myself this next year and the years to follow. Kind to my body by listening to its signals. I will stop when I am in pain and move when my body craves movement. I will give my body good foods that help it work to its best ability. At the end of the day, I will be OK with what I accomplished and congratulate myself for surviving one more day.

I will be kind to my mind. I will not tell myself about everything I am unable to do — instead I will congratulate my mind for what it has accomplished. I will reward it with great books and beautiful music. I will have deep and meaningful conversations with friends, and I will give my mind the necessary time to be still.'

https://themighty.com/2016/12/chronic-illness-being-kinder-to-myself/
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on January 19, 2017, 11:25:48 AM
Pynmiddels, antibiotika en slaapmiddels kan lei tot 'n verhoogde risiko vir PH pasiente!

Ek baklei op die oomblik teen 'n nare infeksie wat met antibiotika behandel moet word. Vanaand 'n oproep van my dokter gekry waarin hy my meedeel dat hy die rottegifdosis (warfarin) drasties aanpas. Voel bevoorreg om 'n mediese span te he wat omgee. Indien jy kennis gemaak het met die asemdief en nie bewus is van al die newe effekte van ander medikasie sal dit die moeite werd wees om tyd te steel en deur die lys te gaan wat ek gedeel het vanaf my Asemdief blad op FB.
  :notworthy: :icon_salut:

*Tydens hierdie week se navrae rakende die navorsingsprogram waarby ons betrokke is het die health team voorgestel dat ek my dokter vra vir pynmedikasie om die borspyne te verlig en sodoende 'n goeie nagrus te verseker en beter toegerus is in die oorlog teen die asemdief.

Tot nou het die uwe gehuiwer om te vra vir enige pynmedikasie en dit ook aan hulle genoem. In die geval weet ek dat die span volgende week gaan navrae doen oor dit - so die kalf was in die put.

My dokter het geweier om enige iets sterker as panadols voor te skryf en ek was nie presies seker hoekom hulle so gekant is teen die gebruik van pynmedikasie nie.

Die volgende inligting het sy optrede verduidelik en ek is dankbaar vir sy besluit:

*Nie-steroïed anti-inflammatoriese pynmedikasie plaas ekstra las op jou niere wat weens PH alreeds 'n wanfunksie van jou regterhartkamer veroorsaak het, Die medikasie lei tot verhoogde vogrentensie en verminderde nierfunksies. Dit kan ook bydrae tot verhoogde asemnood!

*Senuwee-pyn medikasie lei ook tot verhoogde sout- en vloeistofretensie wat PH simptome vererger. Hierdie medikasie kan lei tot lomerigheid Pasiënte is geneig om progressief minder aktief te wees en dekondisionering van die toestand kan vinnig ontwikkel.

*Antibiotika vorm 'n interaksie met warfarin (Coumadin) wat lei tot verhoogde werking van die bloedverdunner en die risiko van ernstige bloeding sal aansienlik verhoog word. Indien jy dus antibiotika moet neem, is dit nodig om jou dokter/spesialis in te lig dat jy warfarin neem en sodat die dosis verminder/aangepas moet word. Sommige dokters stel voor dat die dosis selfs tot met 50% verminder word.

*Slaapmiddels - Hoër dosisse lei tot oormatige sedasie en verhoog die gevaar van val en hou negatiewe gevolge vir jou gesondheid in. Vir pasiënte met obstruktiewe slaapapnee (OSA) wat nie hul CPAP-toestel gebruik nie kan dit lei tot verergering van PH.

Indien jy hierdie medikasies moet gebruik weens komplikasies van jou gesondheid, is dit van uiterste belang dat jy jou gewig daagliks monitor. Gereelde opvolgbesoeke nakom en die samewerking en toesig van jou PH spesialiste het.

Bron:
http://pulmonaryhypertensionrn.com/living-with-pah/common-medications-that-pose-increased-risk-in-pulmonary-hypertension/
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on January 22, 2017, 11:38:12 PM
'n Dodelike Medisinale Duet

The diuretic 'Spironolactone' (Aldactone) & antibiotic Trimethoprim-sulfamethoxazole (Bactrim or Septra)

Ons is meestal bewus dat medikasie wat normaalweg as "veilig" beskou word wanneer dit alleen geneem word, ernstige komplikasies kan veroorsaak wanneer dit saam met ander medikasie of aanvulling gebruik word. Al ooit gedink dat hierdie kombinasie 'n skielike dood (hartstilstand/cardiac arrest) kan veroorsaak?

Skokwekkend ne!  Daar is twee algemene medikasies wat, wanneer dit saam geneem word, kan veroorsaak dat mense spreekwoordelik in hulle spore omkap en sterf.

As jy al ooit 'n urienweginfeksie gehad het, is die kans baie groot dat een van hierdie medikasies voorgeskryf was aangesien dit 'n gewilde antibiotika is.  Soos met alle medikasie is daar newe effekte, maar as jy aan enige hartkwale ly en vogafdrywende middels (diuretics) ook gebruik kan hierdie kombinasie fataal wees.

Ek haal die volgende aan:

THE DEADLY DRUG DUO

The generic name of the diuretic is spironolactone (Aldactone). The danger was recently reported by a Canadian research team that had been investigating ways to prevent a serious side effect of spironolactone—hyperkalemia—caused by the drug’s effect on electrolyte balance and action of reducing potassium loss. Hyperkalemia is the term for having too much potassium in the blood.

In an earlier study, these researchers showed that people who took the antibiotic trimethoprim-sulfamethoxazole—which you may know by the brand names Bactrim and Septra—and spironolactone at the same time were more than 12 times more likely to be admitted to the hospital for hyperkalemia than people who were taking spironolactone and the antibiotic amoxicillin. The reason was not a shocker…trimethoprim can reduce urinary potassium excretion by 40%, increasing the amount of potassium retained in the body, and as mentioned, spironolactone’s potassium-sparing effects can backfire, resulting in accumulation of too much potassium. Taken together, the antibiotic and diuretic can make for a double-whammy of potassium retention.

In their most recent study, the team showed that taking the diuretic and the antibiotic at the same time was associated with an increased risk of sudden cardiac death. Proving this point is crucial because sudden cardiac death is often chalked up to existing heart disease in patients taking spironolactone plus an antibiotic, according to the Canadian researchers, whose work is sponsored by the Canadian Drug Safety and Effectiveness Research Network. Spironolactone, in fact, treats heart failure and high blood pressure by helping the kidneys eliminate excess fluid and sodium from the body, reducing stress on the heart.

Using 17 years’ worth of records from a database that documents drugs prescribed to Ontario residents, the team identified mature adults (66 and older) who were taking spironolactone on a continuous basis. Then, using a different database, the researchers identified which of these adults died of sudden cardiac death within two weeks of being prescribed one of five different antibiotics that treat urinary tract infections—the trimethoprim-sulfamethoxazole and amoxicillin mentioned earlier…plus ciprofloxacin, norfloxacin and nitrofurantoin. Amoxicillin was used as the “control” antibiotic because its chemical make-up, unlike the others, does not interact in any way with that of spironolactone.

To avoid biasing the results, the researchers excluded study subjects who had been prescribed any other antibiotics within 30 days of death, those who had been admitted to the hospital within 30 days of their death and those who did not have a fully functioning immune system.


Bron: http://bottomlineinc.com/the-antibiotic-to-refuse-if-you-are-taking-a-diuretic/
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on January 23, 2017, 12:09:29 AM
Terugvoering oor newe effekte van antibiotika:

Die antibiotika Alprim (handelsnaam vir Trimethoprim in Australia en Singapore) wat ek geneem het se newe effekte het my lewe versuur oor die naweek. Ek het piepklein blasies en 'hives' gekry wat gepaardgegaan het met 'n erge brand/juk. Mondsere en gevoelige tong was deel van die onverwagse pakket. Om dit af te rond het ooronsteking en lewervlekke in die gesig gevolg!

Dit was juis met die lees van die aanlyn-pamflet oor die newe effekte van my medikasie dat ek die artikel oor die dodelike kombinasie van hierdie antibiotika en sekere vogafdrywende middels raakgelees het.

http://www.livestrong.com/.../245044-side-effects-of-alprim/
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on January 25, 2017, 01:21:00 AM
Slaaploosheid en kroniese toestande - handige wenke

*Nog altyddeur 'n boekvraat gewees besef ek daar is inderdaad 'n onsigbare dokter met gratis
 towerslaapmiddels tussen blaaie wat 'n tong in die kies waarskuwing teen verslawing inhou...

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC02514.jpg)

Een van (baie) openbaringsvrae wat die health team aan my gestel het was "waaraan dink ek as die slaap my snags ontwyk en waarom maak dit my hartseer?" My antwoord was 'n openbaring. Gedagtes het paadjies oopgetrap in die onthou van hoe my slaappatroon was voor die asemdief vir Klaasvakie voorgelê en sy sandsak gesteel het. Onthou ek daardie wonderlike slaaproetine waar die uwe plat op my maag, my kussing omhels het en die oomblik as my oge toegegaan het, aan die slaap kon raak sonder om eers bewus te wees dat ek asemhaal.

En net daar is dit waar die 'droewigheid' my oorval. Gevaarlike bedmaat hierdie terugverlang na wat voorheen was! Klein jakkalsies in die koringland.

Geleer om liefs in dankbaarheid my oge te sluit vir wat ons nog het en natuurlik 'af te skakel' deur te lees voor slapenstyd eerder as om vir oulaas by FB in te loer op Outop se pilletjie (tablet).

Indien jy self sukkel met slapeloosheid, hier is 'n skakel met handige wenke:
https://themighty.com/2017/01/sleeping-tips-worrying-pulmonary-hypertension/
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on February 14, 2017, 02:29:02 AM
Na afloop van die laaste toetse wat deur die longspesialis gedoen is om die asemdief-sondebok vas te trek, was die uitslae weereens 'n doodloopstraat. Die feit dat ons straks nooit gaan weet waarom daar abnormale drukking in die longslagaar is nie, word nou feitlik 'n sekerheid. Wat ons wel weet is dat die probleem BESLIS nie in die longe self onstaan het nie. Verwarrend voorwaar!

Tydens die regterhart-kateter was 'high cardiac output state' (high-output-heart-failure) as moontlike sondebok gediagnoseer en was ons verwys na 'n kardioloog aangesien die hart nie ontwerp is om teen volgehoue abnormale drukking te funksioneer nie en hartversaking 'n wesenlike gevaar inhou vir alle PH pasiënte.

Intussen grawe ek op my eie nog steeds na alle moontlike oorsake. As enigste persoon wat weet hoe my liggaam reageer op alles en wat ek van dag tot dag ervaar, voel die uwe 'toegerus' as proefkonyn  :`ip2:

Ek het vandag op 'n pragtige verduideling afgekom wat ek in Afrikaans vertaal het sodat my familie kan probeer om sin te maak.

Verwarrend laat die term 'pulmonêre hipertensie' outomaties die indruk dat dit primêr 'n longprobleem moet wees - inteendeel is 'n wanfunksie van die hart in baie gevalle die oorsaak van hoë druk in die longslagaar wat geleë is in die bors tussen die regter- en linkerkant van die hart en dus as sekondêre PH beskryf word.

Pulmonêre hipertensie word gedefinieer as 'n abnormale hoë bloeddruk (gelyk/groter as 30mmHg) in die longslagaar wat die linker- en regterkante van die hart verbind.

Slegs drie faktore dra by tot die druk in die longslagaar:
1. Bloedvloei (kardiale omset).
2. Weerstand teen vloei (pulmonale vaskulêre weerstand).
3. Linker eensydige drukking in hart (linker atriale druk).

Hoewel longslagaardruk gemeet word aan die regterkant van die hart kan hoë drukking vanaf die linkerkant, verhoogde druk aan die regterkant meebring.

Die oorgrote meerderheid van gevalle met verhoogde longslagaar-druk in die Verenigde State van Amerika is omdat die linkerhart se drukking verhoog weens linkerhartsiektes soos byvoorbeeld, aangetasde hartkleppe, lekkende hartkleppe, verstyfde hartspiere, hartaanvalle; verminderde linkerhart pompfunksie. Die simptome is verwarrend genoeg dieselfde en is die korrekte diagnose voor behandeling begin, uiters noodsaaklik!

Die hart is nie ontwerp om teen volgehoue abnormale drukking te funksioneer nie.

Pulmonêre hipertensie is 'n ernstige siekte of dit primêr of sekondêr is! Die regte diagnose moet gemaak word deur die regte toetse sodat korrekte behandeling die lewensgehalte van pasiënte kan verbeter.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on March 09, 2017, 04:02:58 AM
Fibromyalgia en Pulmonale Hipertensie.

Besig met navorsing oor die moontlike verband tussen Fibromyalgia en Pulmonale Hipertensie. Daar is oorbruggende simptome - veral wanfunksies van die hartkleppe, hartritme versteurings, asemhalingsprobleme, borspyne en gedurige moegheid. Dus belangrik om te weet wanneer verergerde simptome van Fibro kommerwekkend vinger kan wys na die Asemdief en die moontlikheid van 'n asemrowende kombinasie van FM & PH .

Pulmonary hypertension is found among people with Fibromyalgia, especially for people who are female, 60+ old, take medication Cymbalta and have High blood pressure.
http://www.ehealthme.com/cs/fibromyalgia/pulmonary%20hypertension/

Tydens die bestudering van 19 persone wat pulmonale hipertensie en fibromyalgia het, is die volgende inligting verkry:

*Top symptoms for these people

Breathing Difficulty (10 people, 52.63%)
Mitral Valve Incompetence (6 people, 31.58%)
Tricuspid Valve Incompetence (5 people, 26.32%)
Pain (5 people, 26.32%)
Atrial Fibrillation/flutter (5 people, 26.32%)

A new study has found a link between fibromyalgia and coronary heart disease after comparing patients with the condition to control groups. Researchers from Taiwan discovered that there was an association between the two disorders, and fibromyalgia patients were more likely to have heart disease. The study sheds light on the frequent problems people with the disease face.

Fibromyalgia patients often complain about heart palpitations, chest area pain and heartburn. However, these symptoms are sometimes ignored if there is no current heart condition or history of heart problems. Now, researchers from Taipei report that people with fibromyalgia have a higher risk of having coronary heart disease. They used the Longitudinal Health Insurance Database to compare patients to control groups without the disease and discovered the association.

http://www.emaxhealth.com/12410/fibromyalgia-linked-heart-disease-new-study

*Other conditions that commonly occur with fibromyalgia include:

Chest pain and heart palpitations
Mitral valve prolapse
Sudden drop in blood pressure


Na aanleiding van 'sudden drop of blood pressure - Nog iets wat my laat kopkrap het is die wisselende sistoliese bloeddruk wat soms hemelhoog en ander kere omval-laag is! Eers gedink dit is tydens die heart failure episodes wat dit voorkom maar tot my verbasing agtergekom dat Fibro ook kan veroorsaak dat jou sistoliese bloeddruk skielik val. En dit dra dan natuurlik by tot die duiseligheid en floutes

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC02883.jpg)

Meer rakende hartklep-wanfunksies:
http://www.ehealthme.com/cs/fibromyalgia/mitral%20valve%20incompetence/
http://www.ehealthme.com/cs/fibromyalgia/tricuspid%20valve%20incompetence/

Having shortness of breath or difficulty in breathing is a common symptom among fibromyalgia patients. According to a 2001 study published in the Journal of Muscoskeletal Pain, 50% of the fibromyalgia participants complaint of Dyspnea, a condition where one suffers from shortness of breath.
http://healthiculture.com/fibromyalgia/newsletter/breathingdifficulties/breathing-1.php

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on April 19, 2017, 01:02:17 AM
Galectin-3 Die proteïen-sluipmoordenaar  :crybaby2:
 
Volgens 'n studie wat konsentreer op hierdie proteïen, is daar bewys dat hoë vlakke daarvan geassosieer met pulmonale hipertensie sterftes - ongeag die oorsprong van PH. Navorsing toon hoe hoër die vlak van die proteïen, hoe hoër is die sterftesyfer.

Die sterftesyfer in die groep met laer galectin-3 vlakke was 16,7%. Dit was 30,4% in die mid-reeks groep en 52,2% in die hoë-reeks groep.

Die studie dui aan dat galectin-3 aansienlik verhoog in PH wat gekenmerk word deur 'n hoë bloeddruk in longare.

Een van die twee vorms wat deel van die galactin-3 studie was, is pulmonêre arteriële hipertensie (PAH), waar hoë bloeddruk voorkom in are wat bloed na die longe voorsien.

Die ander PH vorm wat bestudeer was hou verband 'n sekere vorm van hartversaking (HFpEF-PH heart failure with preserved ejection fraction The heart’s inability to function properly under that condition causes high blood pressure in lung vessels, as opposed to arteries.)

Galectin-3 is 'n natuurlike stof wat deur 'n tipe witbloedsel vervaardig word naamlik macrophage. Dit is betrokke by inflammasie en fibrose, of die verdikking en letsels van bindweefsel.

Bron: https://pulmonaryhypertensionnews.com/2017/03/03/study-shows-increase-in-protein-level-leads-to-rise-in-pulmonary-hypertension-death-rate/

************************************************************************

Galectin-3 - Identifiseer hoë risiko hartversakings-pasiënte

Galectin-3 is 'n proteïen wat 'n belangrike rol in die ontwikkeling en progressie van hartversaking speel in ongeveer 30% van die pasiënte wat met hartversaking gediagnoseer is. Hierdie gemedieerde vorm van hartversaking word geassosieer met progressiewe fibrose in die hartspier, wat die hart se vermoë om te pomp, benadeel.

Die beskikbaarheid van 'n galektien-3-toets om hoë risiko pasiënte met kardiovaskulêre siekte en miokardiale fibrose te identifiseer, verteenwoordig 'n verdere stap in die rigting van die doeltreffender teiken van terapeutiese benaderings om fibrose te verminder by pasiënte met chroniese hartversaking volgens Bertram Pitt, MD, FACC, professor in interne geneeskunde, Afdeling Kardiologie, Universiteit van Michigan Skool vir Geneeskunde.

Terwyl NT-proBNP 'n biomarker is wat help om hartversaking te diagnoseer, is bykomende inligting nodig vir fenotipe HF pasiënte met verhoogde risiko van her-opname in hospitale / sterftes.

Dit is nou bekend dat 30-50% van pasiënte met hartversaking 'n inherente progressiewe vorm van die siekte het wat verband hou met hoë vlakke van Galectin-3 wat progressiewe fibrose veroorsaak -  'n onderliggende patologie in hartversaking.

"Ten spyte van talle mediese vooruitgang, bly die aantal sterftes onder gehospitaliseerde pasiënte met hartversaking hoog, meer as dié van die meeste kankers," het Brian Blaser, uitvoerende vise-president, Diagnostics Products, Abbott, gesê.

Die nuwe Argitek Galectin-3 toets is 'n nuttige hulpmiddel vir dokters in die versorging van hierdie krities-siek pasiënte.

Bron van inligting:
http://www.news-medical.net/news/20101123/FDA-clears-BG-Medicines-Galectin-3-test-to-identify-high-risk-patients-with-cardiovascular-disease.aspx

https://www.dicardiology.com/content/galectin-3-test-may-help-identify-patients-highest-risk-worse-prognosis-heart-failure




Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on April 19, 2017, 01:35:59 AM
Warfarin of Dabigatran?

Moeg vir die ewige gesteek en wag op uitslae van jou INR telling om jou rottegifdosis (Warfarin) aan te pas? Dink baie mooi voordat jy oorskakel na een van die nuwer bloedverdunners! Dit kan dalk die moeite werd wees om maar op te let wat jy eet en drink sodat dit nie jou bloedstol-tydsduur beinvloed nie.

Indien jy ernstige hartklepsiekte, meganiese hartkleppe of nierprobleme het, hou die nuwe bloedverdunner 'dabigatran' verhoogde risiko in vir bloeding en beroertes.

Maak asseblief honderd persent seker dat jou dokter bewus is van hierdie mediese toestande indien jy oorweeg om van Warfarin na die nuwer bloedverdunners oor te skakel!

A study was cut short when researchers found that patients taking dabigatran had significantly greater risk of complications (stroke and bleeding) compared to patients taking the standard Warfarin therapy.

https://www.cardiosmart.org/News-and-Events/2013/09/New-Blood-Thinner-Fails-to-Help-Heart-Valve-Patients




Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on April 19, 2017, 01:39:20 AM
Die wanfunksionering van sekere kleppe in die hart kan lei tot PH en is dus belangrik dat pasiente met regurgitation of stenosis deeglik gemonitor word aangesien die klepwerking mettertyd versleg en risiko vir pulmonale hipertensie verhoog word.

 'Aortic and mitral valve disease, both insufficiency and stenosis, can lead to the downstream development of PH.

With persistent long-standing Mitral Regurgitation, eccentric LV hypertrophy develops due to the reduced afterload conditions. This leads to reduced contractility, stroke volume, and CO.

Eventually pulmonary venous and left atrial pressures increase, resulting in pulmonary edema, PH, and atrial fibrillation.'


http://www.phaonlineuniv.org/Journal/Article.cfm?ItemNumber=5518
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on May 05, 2017, 08:39:16 AM
Ek het lank gewik en weeg watter projek ek hierdie jaar kan doen vir bewusmaking van PH. 'n Paar opgefrommelde blommetjies en 'n blarehart was my redding en 'n wegspringblok. Gaan die vertaalde inligting wat ek op FB gebruik het, ook hier deel.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Asemdief%20Profile%20Pic.jpg)

Uitasem na 'n paar trappe of steiltes met 'n hart wat sonder rede teen maratonpas weghol en ewe verspot uit ritme galop tussendeur? Voor jy vrede maak en dink dat ouderdom die rede is - maak seker jy het nie 'n slagoffer van die asemdief geword nie!

Wêreld PH Dag

*5 Mei is oorspronklik gekies as Wêreld PH Dag, want dit is die herdenking van die eerste kind in Spanje wat gesterf het weens pulmonale hipertensie as gevolg van 'toxic oil syndrome' (rapeseed oil) meer as 30 jaar gelede.

Elke jaar op hierdie dag, neem pulmonale hipertensie-organisasies en groepe regoor die wêreld deel aan aktiwiteite om bewustheid van hierdie dikwels mis gediagnoseerde siekte te verhoog en die lewens van mense wat met PH leef, te vier.

Daar word dan globale aandag geskenk aan die belangrikheid om lewensgehalte te verbeter en die lewensverwagting van die meer as 25 miljoen mense wêreldwyd met PH te verhoog.

DOEL:
Verhoog bewustheid en begrip van die siekte om vroeë diagnose te bevorder. Vroeë diagnose is belangrik om premature PH-verwante sterftes te verminder.

Bevorder toegang tot gesondheidsorg en behandelings wat die lewenskwaliteit verhoog en lewensverwagting verhoog.

Bevorder die konsep van behandeling van die PH pasiënt in geheel, wat ook die behandeling van hul fisiese, sielkundige en sosiale kwessies insluit.

Bevorder navorsing wat sal help om die geneesmiddel vir pulmonale hipertensie te vind.



Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on May 06, 2017, 03:12:39 AM
Vergrote hart en PH

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Vergrote%20hart%20weens%20PH.jpg)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on June 26, 2017, 08:05:35 AM
Besoedelde lug en PH:
Net na ek gediagnoseer was met pulmonale hipertensie het ons begin wonder oor die verband tussen besoedelde lug en die intensiteit van simptome wat vererger. Verskeie pogings is aangewend om die lug te suiwer wat verligting gebring het. Wintermaande kan ons ongelukkig nie die toerusting wat helfte van die pandok se lug suiwer, gebruik nie.

Toe skaf Outop vir my 'n nuwe meghefter aan wat verklik hoe skoon die lug is en dit suiwer. Selfs die gasse. Tegnologiese wonder!
Met 'n proefneming kon ons die naweek vasstel dat my borspyne en asem te kort verklik wat om my aan die gang is nog VOOR die masjien dit optel.

As die lug 'fair' is begin my bors brand en die gevoel dat daar 'n olifant op jou borskas gaan sit neem toe.
Vanoggend was ek 'kranklik' verby met chaotiese hartklop. Elke asemteug pynlik. Nuuskierig loer ek toe na die nuutste hulpmiddel. Geen wonder - dit was in die rooi.

Die bewyse is afgeneem en ek het die simptome wat ek ervaar het ook neergepen. So begin 'n nuwe hoofstuk in die bewaring van wat ons persoonlik ervaar op die pad wat ek deel met die asemdief.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC04849.jpg)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Good.jpg)

Indien jy meer inligting verlang:
https://www.dyson.com.au/fans-and-heaters/purifiers/dyson-pure-hot-cool-link-evo/overview.aspx?&mkwid=sOv3lDVjD_dt&pcrid=195351491745&pkw=dyson+pure+hot+and+cool+link&pmt=e&gclid=CJantdv02tQCFUUGKgodlbcCbg

https://themighty.com/2017/06/hacks-tips-chronic-pain/
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on June 27, 2017, 04:02:52 AM
Nog twee waarnemings met die nuwe hulpmiddels.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Fair%20Air%20symptoms.jpg)

Soos die simptome vererger het...

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC04883.jpg)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Ans Botha on July 12, 2017, 11:20:47 AM
Sjoe is jy darem nou al beter? Nie geweet 'n mens kry sulke magaftertjies om jou te vertel hoe vuil die lug is nie!
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on July 15, 2017, 11:23:06 PM
Ans, dit is werklik 'n groot hulpmiddel. Ons het 'n waarneming gemaak na aanleiding van die simptome wat die afgelope twee weke ervaar was en agtergekom dat besoedelde lug my al hoe meer affekteer noudat ek meestal omring is met skoner lug. Dit is Outop se teorie en ek het 'n vermoede dit is in die kol. Voorheen het my liggaam stadig maar seker aangepas en raak mens gewoond aan die ongemak van moeiliker asemhaal. Bederf met die skoon lug, is die teen-reaksie nou baie meer 'voelbaar'.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on July 17, 2017, 11:22:01 PM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC05069.jpg)

Na baie proefnemings het ons nou weereens bewys dat 'vuil lug' jou longe (veral as PH pasient) beslis benadeel. Ek het vroeg vanoggend 'n tydjie saam met Outop verwyl in die sitkamer voor hy werk toe is en skielik het 'n lastige kuggie, gevolg met drukkende gevoel op die borskas my asemhalingsproses versuur. So pas 'n foto geneem van die diagram wat die nuwe hulpmiddel beskikbaar het en dit was nie vir my 'n verrassing om te sien hoe die kwaliteit van lug verswak het tydens hierdie ongemak!
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on July 20, 2017, 11:54:50 PM
 :notworthy: :hello2: :icon_salut:

Daar skyn 'n lig in die PH tonnel! Net die gedagte dat woorde soos hierdie dalk binne 'n paar jaar 'n meer positiewe statistiek gaan inhou, gee mens weer nuwe moed om aan te hou veg:

Mount Sinai has partnered with Theragene Pharmaceuticals, Inc. to advance a novel airway-delivered gene therapy for treating pulmonary hypertension (PH), a form of high blood pressure in blood vessels in the lungs that is linked to heart failure. If the therapy succeeds in human clinical trials, it will provide patients for the first time with a way to reverse the damage caused by PH.

'There is currently no effective cure for PH, and about 50 percent of people who are diagnosed will die from the disease within five years.

PH is a rare (15-50 cases per million people), rapidly progressing disease that occurs when blood pressure is too high in vessels leading from the heart to the lungs'.


Indien jy meer wil lees:
http://www.mountsinai.org/about-us/newsroom/press-releases/breathing-in-a-new-gene-therapy-to-treat-pulmonary-hypertension-
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on July 26, 2017, 11:50:09 PM
Soos met enige ander kroniese siekte, is jou kans net so groot om met nog 1 of 2 skrikwekkende toestande gediagnoseer te word. Een van die mees gevreesde woorde is beslis 'kanker' waar onder prostaatkanker die afgelope jare meer aandag gekry het. Indien jy as PH pasient hiermee gediagnoseer is, sal die lees van onderstaande artikel dalk 'n ander lig op die saak werp. Bring dit onder jou eie dokter/spesialis se aandag en vra of hy/sy bewus is van die navorsing en uitslae.

The odds of dying specifically from prostate cancer in the first 10 years is of the order of 1 per cent.
In a second study from the US published last week, two groups of men were assigned to either surgical removal of the prostate (364 men) or active monitoring (367 men).

After nearly 20 years of follow up, the number of deaths due to any cause was 223 and 245 respectively in each group. So once again nearly the same number of men in each group were still alive after 20 years.

Surgery did not prevent death any more than active monitoring. Strikingly, the number of deaths definitively attributable to prostate cancer in the two groups was only 18 and 22 respectively.

This means the odds of dying specifically from prostate cancer in the first 20 years after a cancer diagnosis from a prostate-specific antigen (PSA) test was about 5 per cent for the surgical group and 6 per cent for the active monitoring group.
The survival from prostate cancer is so high it's not a question of deciding which treatment is best, but whether any early radical treatment is required at all.


Bron: http://www.abc.net.au/…/prostate-cancer-surgery-for…/8724508
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on August 02, 2017, 12:46:00 AM
Brittany Foster skryf die volgende: Days when our bodies are like the annoying child in the school yard are just aggravating. It’s easy to become upset and feel anger. Unlike the school yard, though, we don’t get the chance to eliminate our current life situations.

We can’t just say “goodbye PH, you have been eliminated because you don’t make my life easier.” I wish we could do this and make it go away. It’s still our bodies, whether they behave for us or not. You have every right to feel anger and be upset, but it’s so important to practice self-care afterward.

You can’t eliminate chronic illness, but you can use self-care techniques to help manage uncomfortable emotions.


Sou dit nie wonderlik gewees het as jy jou lewenslange PH maats ook kon verban/unfriend nie? Ongemak en asemnood is  jou geniepsigtige tweeling-maatjies. Selfsorg (en soms skandelige selfsug) is dus 'n oorlewingstegniek teen hierdie vernielsugtige maters wat jou humeur in 'n ommesientjie laat vlam vat.

Die afgelope klompie weke was dit vir my soms feitlik onmoontlik om die noodgedwonge 'selfsorg' toe te pas soos wat omstandighede van uur tot uur vereis weens die feit dat ons familie huisves wat immigreer het en nog in die proses is om hulle voete te vind. 

Uit die aard van die saak met twee gesinne saam, het klein hasies in die pandok se koringland ongesiens toegetree tot die stryd teen die asemdief wat vir my ontaard het in 'n volskaalse oorlog waarin dit op die oomblik voel of ek ontwapen is om aan te pas by my weereens 'nuwe normaal'.

Die vrou van die huis moet vroeg-vroeg orde bring terwyl die kragte hou. Jy kom gou agter dat besems en moppe, koppies en pierings nare geraasmaak goed kan wees. Omvergegooide roetines knak jou reeds wankelrige kniege en jy besef die ou spreekwoord kan as sulks aangepas word: Oudword is nie vir 101% OCD sissies of tannies nie!
 :angel4:

Dit is dan wanneer jy in hoofletters Brittany se woorde jou eie maak  - You get mad, frustrated and do not want that PHerson to play with you anymore.













Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on August 06, 2017, 04:44:08 AM
'n Paar jaar gelede het ek nie gehuiwer om op 'n vliegtuig te spring (figuurlik gesproke  :bootyshake: ) as my kinders/kleinkinders my nodig het. Die afgelope klompie jare het die asemdief hierdie voorreg van my gesteel. Na verlede jaar se onderonsie met pneumonia het dit vir my letterlik lewensgevaarlik geword om 'n borsinfeksie te kry.

Ons het kennis gemaak met die 'nuwe normaal' van 'vlug vir kug & snuf'.

Gister het ons die plaaslike karavaan- en buitelugskou gaan besoek. Gewapen met ekstra asems het ons die optog aangepak en getrou in die rye gewag dat die hekke oopsluit. Verskeie faktore waaronder die parfuum van oud en jonk was die eerste hindernis. Daarna het  pronkstuk kragopwekkers die uitstappie laat ontaard in 'n asemrowende ervaring wat ek op eie houtjie besluit het om liefs nooit weer aan te pak nie.

My longe het pynvol in opstand gekom en ek het weereens besef die asemdief met sy kloue in jou hart- en longslagare, niemand se speelmaat is nie. Al probeer jy hoe dapper byhou en wegsteek.

En nou le die gewraakte toets weer voor om noodgedwonge te sien presies wat het die afgelope maande gebeur met hierdie drukking.

Blosend moet ek erken, vir die emosionele oorlog waarin jy jouself bevind na die uitslae, sien ek op hierdie stadium in ons lewe net nie kans nie en hys 'n witvlag... vir eers! Wanneer dinge weer rustiger gaan en die uwe kan skop en slaan teen die prikkels sonder toeskouers, sal ek die moed bymekaar skraap en die afspraak hernu.

So moes ek dus gisteraand aan ons gaste probeer verduidelik hoekom die tante van hulle haar afspraak vir eers kanseleer het.  Soms is dit beter om volstuis-volstruis te speel terwille van oorlewing.
 :icon_bigsmurf:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on August 09, 2017, 03:46:10 AM
Herken en identifiseer die gevaartekens wanneer jou suurstofvlakke te laag is:

Brittany Foster het 'n prag artikel saamgestel oor haar eie ervaring en simptome. Ek was verstom om te sien hoeveel van hierdie waarskuwingstekens ervaar die uwe self. Sommige van hierdie simptome het ek nie eers besef is a.g.v suurstof te kort nie!

Sy noem dat dit so belangrik is om bewus te wees oor vroeë waarskuwingstekens en simptome. Ewe belangrik ook dan om ander persone en jou dokter in te lig as bewusmaking sodat hulle weet wat jy ervaar. Dit is nie net belangrik om simptome te noem wat jy herken nie, maar dit is eweneens om terugvoering van ander te kry oor wat hulle mag waarneem en die waarskuwingstekens te herken.

Hierdie tekens kan verskil van persoon tot persoon. Soos vir Brittany, is daar 'n aantal bekende tekens wanneer my liggaam my laat weet dat die suurstofvlakke te laag is.

Die uiterlike tekens is soms die verskyning van 'hoendervleis' en selfs waarneembare blou en wit, selvormige merkies op my arms en bene en 'n onverklaarbare bewerigheid. Minder sigbare tekens wat ooreenstem met wat Brittany ervaar is 'n gevoel van onverwagse verwardheid en 'n algemene 'af' gevoel sowel as naarheid en gepaargaande duiseligheid.

Oë wat aanhoudend traan, ongemaklike gevoel soortgelyk aan slegte spysvertering, en laer rugpyn wat ek toegeskryf het aan die manier waarop ek in geligde posisie slaap om benoudheid snags te voorkom.

Pynlike simptome is die brandgevoel op bors asof jy onfiks aan 'n maraton deel geneem het. Dan word elke asemteug 'n pynlike ervaring en stryd. Gewoonlik volg 'n nare hoesbui wanneer ek enige inspannende aktiwiteit doen wat net verlig word met die neem van suurstof.

Outop en my kinders/kleinkinders kan blykbaar aan my oë en algemene houding sien wanneer my suurstofvlakke laag is.

Soos Britanny ook waargeneem het, is daar soms die tipiesie neiging van 'dagdroom' en gedagtes wat maklik dwaal, herhaling van dinge reeds genoem en die vergeet van sekere name van artikels ens. is vir my veral baie frustrerend. Nog ooreenstemmende simptome is 'n stadiger pas en totale gebrek aan energie hê.

Sy stel voor dat ons begin om aan die fisiese en minder opvallende simptome te dink en dit neer te skryf. Vra diegene na aan jou oor hul insette van wat hulle waarneem. Gebruik hierdie versamelde inligting as bewusmaking vir ander.

Suurstof as terapie.

Nie almal verstaan altyd dat jy een oomblik afhanklik kan wees van mediese toerusting en dan nie. Soms benodig pasiënte suurstof op dieselfde manier as iemand wat 'n rolstoel gebruik om oor die weg te kom. Sekere mediese komplikasies soos kongestiewe hartversaking veroorsaak pulmonale kongestie - behandeling sluit dikwels aanvullende suurstofterapie in. 

Serana Lawrence het 'n pragtige artikel saamgestel in die 27ste uitgawe van die phan mail, oor die gebruik van suurstof.

Sy noem ondere andere dat hierdie wonderlike hulpmiddel nie net 'n behandeling is wat bejaardes by hospitale kry nie maar dat meer bewusmaking aan die samelewing gedoen moet word dat dit ook daar is as terapie vir pasiënte van alle ouderdomme en vermoëns.

Dit is nie net daar om help met asemhaling nie maar ook om sekere inspannende aktiwiteite gemakliker te kan doen bv. trappe klim, werk ens. Selfs alledaagse roetine soos stort/bad. Ek het nooit besef hoe asemrowend aan- en uittrek kan wees nie!

Sommige PH pasiënte benodig suurstof slegs tydens vlugte en ander weer net vir slaap. Ander mag dit weer nodig nodig hê tydens swaar inspanning, terwyl ander dit dalk 24/7 benodig.

Ek kan vir lang tye sonder geleende asems oor die weg kom maar die oomblik as die ouens om jou begin stook aan 'n braaivleisvuurtjie word daar inderhaas gegryp na die pypies. Verby is die dae wat jy na binne moes vlug of skaam kry oor jy soms afhanklik is van mediese hulpmiddels. Dit stel jou in staat om saam te kuier en lag dat die trane loop.

Wanneer jy dus weer iemand sien wat die suurstofpypies afhaal en die masjien afskakel - tot later (en bly leef  :icon_scratch: ) sal jy hopenlik beter verstaan.








Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on August 18, 2017, 10:44:09 PM
Hoe kan jou suurstofvlak normaal vertoon op 'n oksimeter terwyl asemnood ervaar word?

Baie pasiënte aanvaar dat wanneer hulle sukkel om genoegsaam/vrylik asem te haal, moet hulle suurstofvlakke laag wees.  Hierdie vlakke word gemeet volgens die hoeveelheid suurstof in die bloed, nie die hoeveelheid suurstofryke bloed wat van die hart na die res van die liggaam gepomp word nie. Pasiënte is altyd verbaas as hul suurstoflesing binne normale perke is tydens asemnood.

Waarom voel ons dan so benoud?

PH en ander gevorderde longsiektes kan die hart ooreis sodat dit minder doeltreffend pomp. 'n Ondoeltreffende hart het 'n laer kardiale uitset.  'n Laer hoeveelheid bloed word met elke klop van die hart na die res van die liggaam gestuur en dit lei dan tot die gevoel van 'kortasemheid' terwyl jou suurstoflesing op die oksimeter normaal vertoon!

Daar is twee getalle op die oksiemeter - die pols en die suurstofversadigingslesing. 'n Normale lesing is 95-100%. Dokters is normaalweg nie bekommerd oor lesings bo 90% nie.

Daar is 'n paar faktore wat die akkuraatheid van 'n pols-oksimeterlesing kan beïnvloed. 

1. Naellak. Omdat die pols-oksimeter afhanklik is van die lig wat deur die vinger beweeg, kan pasiënte wat naellak dra dus 'n foutiewe lesing kry.

2. Lae bloedvloei. Sommige siektes soos skleroderma kan lei tot lae bloedvloei in die vingers. Omdat die pols-oksimeter afhanklik is van hemoglobien in die bloed, sal dit nie 'n akkurate lesing gee as daar lae bloedvloei is nie.

3. Foutiewe oksimeters.

*BRON: http://pulmonaryhypertensionrn.com/pulmonary-hypertension-diagnosis/oxygen-saturation-and-breathlessness-in-pah/
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: adele on August 19, 2017, 09:00:04 PM
spesiaal vir jou  :love7: 
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on August 22, 2017, 11:37:31 AM
Dankie baie baie liefste matertjie van ons.   :love7: :notworthy:

Ek wil sommer gou ook vertel van 'n nuwe 'meghefter' wat Outop baie teen my sin aangeskaf het. Dit is 'n polshorlosie wat behalwe die tyd aandui, ook jou bloeddruk meet, jou hartritme en slaappatrone monitor. En natuurlik tel dit ook die aantal tree wat jy per dag baas geraak het.

Omdat manlief alreeds aan soveel stres en kommer onderworpe is met die asemdief in ons lewe, wou ek beslis nie he dat hy my gaan monitor op sy tablet wat alles ewe getrou verklik wat die 'wonder horlosie' waarneem en sodoende nog meer gestres raak nie.  Het dus viervoet vasgesteek en geweier dat hy dit aankoop. Ons jongste toe so mooi gevra dat ek dit tog maar moet oorweeg en die mamma gee in en nou dra ek getrou die nuwe wonderwerk.

Verstommend hoe vinnig dit vibrerend reageer en 'n piepkleine hart-teken gee wanneer jou eie hart bokspring! Geringste inspanning en selfs stresvolle situasies maak die horlosie  jou bewus dat die hart te hard werk en jy dinge stadiger moet hanteer/doen.

Inderdaad leef ons in die tegnologiese eeu wat my daagliks beindruk. Ek sal more oggend DV 'n skakel los na meer inligting rakende hierdie nuwe hulpmiddel.



Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on August 29, 2017, 12:29:22 AM
Indien jy belangstel in die werking van hierdie toestel sal die volgende skakel meer inligting verskaf:
http://help.fitbit.com/articles/en_US/Help_article/1565

HOW DOES MY TRACKER DETECT MY HEART RATE?

When your heart beats, your capillaries expand and contract based on blood volume changes. PurePulse LED lights on your tracker reflect onto the skin to detect blood volume changes and finely tuned algorithms are applied to measure heart rate automatically and continuously.

Hierdie skakel het ook inligting vir pasiente wat aan ernstige hartritme afwykings soos atrial fibrillation lei:
https://www.imedicalapps.com/2016/05/fitbit-heart-rate-atrial-fibrillation/
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 13, 2017, 12:50:32 AM
Rebelleer of aanvaar 'n kroniese ongesteldheid

Die afgelope paar dae het ons saam met familie (wat Australia hulle nuwe tuiste gemaak het) gaan kamp langs die strand. Vassit in die lossand en kampvuur is sinoniem vir saam-kuier en ontspan langs die blou waters. Jy help ywerig tentpenne aangee en kan nie wag vir die groot kuier as daar klaar nesgeskrop is nie.

Intussen trek jy die vars seelug so diep as moontlik in en tel jou seeninge met elke hammerslag  :icon_biggrin:

Sonsondergang is nog al die jare my gunsteling tyd, wie kan dan die flikker van vlamme weerstaan as die vuurtjies saans gesellig begin knetter en kraak?

 :icon_bigsmurf: Hier moet ek my hand noodgedwonge lig en erken dat hierdie asemrowende plesiertjie die meeste gemis word tydens kampsessies die afgelope paar jaar.

Die oomblik as die wind begin toi-toi met rook in jou rigting protesteer die asemhalingsisteem met alle mag en word daar noodgedwonge gegryp na geleende asems op wiele of jy moet die witvlag hys en vlug - deeglik bewus van die oorlog waarin jy veg teen 'n onsigbare vyand - moet jy waak teen die innerlike rebellie as jy en die masjien aandag begin trek en die bekommerde gesigte van familielede jou begroet.

Dan word jou stryd nie net liggaamlik nie maar ook emosioneel. Haat jy die kommer wat jou kroniese toestand veroorsaak aan geliefdes. Besef jy dat die asemdief weereens die oorhand gekry het al probeer jy hoe hard om solank as moontlik op jou eie aan te gaan sonder hulp.

Terselfdertyd koester jy die voorreg om nou met die nuwe medikasie in staat te wees om vir lang tye hand aan hand langs die strand te kan stap met jou wederhelf sonder dat jy ekstra suurstof nodig het.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Hand%20aan%20hand_1.jpg)

Wanneer jy soos gewoonlik alles passievol 'oordoen' voel jy gekierang wanneer jou kniege skielik begin knak en jy agterkom die kragbron is uitgeput. Jy sal moet halt roep. Onwillekeurig begin jou gedagtes dwaal na wat jy 'n paar jaar gelede nog in staat was om te doen voor jy paaie gekruis het met 'n onsigbare vyand.

Die besef van 'n lewenslange stryd waarin jy moet waak teen rebellie en die wete dat jy afhanklik geword het van mediese hulpmiddels terwyl jy vir ander blakend gesond voorkom. Die verduidelikings aan hulle wat nie verstaan dat jy so gesond lyk en tog afhanklik is van 'masjiene'. Voel jy gedwonge om jouself verder te druk (tot jou eie nadeel) sonder om staat te maak op die hulpmiddels.

Dit is by verre beter om jou situasie te aanvaar en besef dat jy hulp nodig het want dit stel jou in staat om nog 'n deel van die 'ou normaal' weer te ervaar - al beteken dit dat jy buurman se vuurtjie geniet deur die ruit van jou huis op wiele... net soos die snorkende masjien langs jou.

 :notworthy: :hello2:

*Hier kan jy loer wat skryf 'n mede PH'er oor haar stryd teen rebellie of aanvaarding:
Denial Is Not My Friend; Saying Goodbye to Resisting Therapy
https://pulmonaryhypertensionnews.com/2017/07/14/ph-denial-is-not-my-friend-time-to-embrace-compliance/

NB: Lees ook asb. die opvolg artikel 'Suurstof as terapie'

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: adele on September 13, 2017, 07:17:15 PM
Wanneer ek weer iemand teëkom wat sukkel, wil ek hierdie met hulle deel.
Weer 'n keer sterkte vir jou, liefste Meraai, en tog is ek saam met jou dankbaar vir elke nuwe tree op die strand   :love7:  :love7:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 13, 2017, 11:22:29 PM
Duisende dankies liefste mater vir jou getroue inloer en woordspoortjies gelaat  :love7:

Ek het vandag op die gevreetboek iets kosbaars raakgelees:

F-E-A-R has two meanings:

Forget Everything And Run
              or
Face Everything And Rise

The choice is yours!

 :notworthy: :hello2:

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on September 20, 2017, 01:53:08 PM
Die probleem is, wanneer jy begin hardloop, dit kan jy in elk geval nie meer doen nie, dan hardloop die probleme saam.  Al oplossing is vind 'n manier om dit te verbeter en daarmee saam te leef.

Sterkte matertjie.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 21, 2017, 03:22:43 AM
Groot groot waarheid liefste PM  :notworthy: Een van die minder aangename probleme waarmee jy as pasiënt mee vrede moet maak en saamleef is GEWIGSTOENAME weens  jou toestand en gebruik van lewensnoodsaaklike medikasie. 

Gewigstoename a.g.v Warfarin/Coumadin (bloedverdunners)

Medici weier om te glo/erken dat daar 'n verband is. Of hulle en die vervaardigers nie graag gewigstoename gekoppel wil hê aan die lewensreddende produk nie, sal ons tien teen een nooit weet nie.

In my soeke na bewyse van ander wat dieselfde toename ervaar het, vanoggend op 'n skakel afgekom waar pasiënte wat noodgedwone bloedverdunners moet/moes gebruik, letterlik 32 blaaie vol kommentare gelaat het oor hulle ervarings. Met die uitsondering van slegs 'n handjievol, het almal getuig dat hulle gewigsprobleme toegeskryf kan word aan die gebruik van veral hoë dosisse bloedverdunners. En dit is nie net a.g.v ooreet of gebrek aan oefening nie! Ek haal net twee van die kommentare aan:

"...  I'm running 4-miles 5 times per week as well as doing an hour of stretching/pilates/balance-ball/dance most days. The basic rule of "calories-in have to be fewer than calories burned" seems to have been re-written by whatever coumadin has introduced to my body."

"...  I am a horse trainer and a 4-H horsemanship leader (certainly not a sedentary life-style). In addition to a very active life-style, I am a nutritionist, so my food intake is whole and natural (right out of our own garden). I know what overeating looks and feels like and how to avoid it. For the life of me, I could not think what was causing my weight gain but began to suspect the Warfarin. I can't tell you how happy I was to read that I was not alone and that, unfortunately, so many others have experienced the same thing. Unlike most of those I read about, I do have the option of getting off Warfarin now"

Geseend is diegene voorwaar wat nie gewig opgetel het tydens die gebruik van warfarin/coumadin nie.

Om alles te kroon is daar ook diegene van ons wat 'n oorlog voer teen die asemdief waar probleme met diastoliese wanfunksie van die linkerventrikel (LVDD) ook kan lei tot gewigstoename:

"...Pulmonary hypertension (PH) is commonly seen in patients who present with left ventricular diastolic dysfunction (LVDD) and is considered a marker of poor prognosis.
 
Clinically, patients with PH-LVDD usually present with worsening dyspnea, weight gain, and progressive limitation in exercise capacity. In contrast to patients with PAH, patients with PH-LVDD may also complain of orthopnea and paroxysmal nocturnal dyspnea.

Currently, there are no FDA-approved medications for the management of PH-LVDD.

PH-specific therapy (prostacyclins and endothelin receptor blockers, in particular) is intended for patients with PAH and will have either no effect, or will potentially exacerbate the condition of a patient with left heart disease "


 :crybaby2: :dontknow:

*Bronne:
http://www.steadyhealth.com/topics/coumadin-linked-to-weight-gain?page=1
http://www.phaonlineuniv.org/Journal/Article.cfm?ItemNumber=850
https://www.ncbi.nlm.nih.gov/pmc/articles/PMC3401870/
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 22, 2017, 09:29:05 PM
*Die plasing oor "suurstof as terapie" is geskuif na bl 23 om aan te pas by "Herken en identifiseer die gevaartekens wanneer jou suurstofvlakke te laag is."
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on September 28, 2017, 03:41:23 PM
Dankie vir die kosbare inligting wat jy so getrou kom deel Matertjie.  Een van die dae slat jy 10,000 keer gelees. 
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on October 15, 2017, 11:07:46 PM
Voorreg om te kan deel mater  :notworthy: Die artikel word wyd gelees ja en 'n bewys van soeke na inligting nog steeds. Ons trek nou op 99 756 keer gelees.

Vandag wil ek gou so bietjie gesels oor die "Moderne Siekte".

Ek het so week of wat gelede weer 'n reeks bloedtoetse gehad, onder andere vir 'n elektroliet-wanbalans. Het dus begin loer na die invloed wat 'n magnesium/kalium tekort op jou liggaamsfunksies het en inderdaad word hierdie wanbalans ook aangedui as 'n 'moderne siekte' weens verfynde voedsel en veranderde leefstyle waar probleme met tipe 2 diabetes, osteoporose, gewigs- en self velprobleme jou lewensgehalte letterlik en figuurlik versuur.

'n Hele bek vol ne!

Aangesien baie PH pasiente op vogafdrywende (Diuretics) geplaas word, is dit belangrik dat jy gereeld getoets word vir wanfunksies. Dit geld veral ook vir pasiente met hartversaking (heart failure).

Meeste van ons is bewus daarvan dat sekere tekorte kan lei tot krampe, gewrigs- en spierpyne maar vir my was dit tog half skrikwekkend as mens besef hoe groot is die sleutelrol wat gespeel word om die normale spiersametrekkings/ontspannings te beheer.

Aangesien die hart die belangrikste spier in jou liggaam is, kan onvoldoende inname lei tot hartritmeversteurings en in die ergste gevalle kan lae kalium tot hartversaking lei, volgens die Harvard Mediese Skool.

Te lae vlakke kan ook aanleiding gee tot slaaploosheid, moegheid en 'n algemene gevoel van swakheid. Duiseligheid en floutes weens verlaagde bloeddruk en wanfunksionering van die niere wat weer ontaard in 'n bose kringloop van onwatering en 'n oormatige dorsgevoel is simptome wat ernstige gevolge kan inhou.

Geestesongesteldhede soos verwardheid, prikkelbaarheid is nog newe effekte en so ook daardie liggaamlike ongemak van been-, arm- en selfs maagkrampe wat weer aanleiding kan gee tot hardlywigheid.

Die verhouding tussen voedingstowwe wat ons liggame benodig is inderdaad baie delikaat. Verbasend kan 'n wanbalans ook aaleiding gee tot swetende, stinkende voete, slegte asem en liggaamsreuke.

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Ans Botha on October 23, 2017, 09:05:25 PM
Baie interessant. Kon jy vasstel watter voedsel soorte ons moet eet of moet ons maar die tekort net aanvul met medikasie Meraai/
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on October 24, 2017, 09:09:07 AM
Ek self is deur 'n slegte hogere bloeddruk en hartversaking episode.  Erge moegheid en voete wat oor my skoene hang geswel.  Hoe suiker en kolesterol en wat nog.
Dr Auchamp, 'n kruie dokter hier in Bela Bela, (is ook 'n mediese dokter) het al die vreeslike pille wat ek voorgeskryf is weg gevat en vervang met kruie.  Die hele bedrag was R350.00 in die plek van oor die R1000 per maand. (Moes net die bloeddrukpille hou.)  Hy het my op die banting dieet geplaas.
Dit is nou ses weke.  My voete is weer normaal.  Ek voel baie beter en na die 10de dag van bloeddruklesings is my bloeddruk van so 'n aard dat ek nie meer die pille drink nie.
Die dieet skryf slegs groente (op die groen lys) voor, dierevette en olyf- en ander gesonde olies en vleis.  Geen ander kolidrate soos suiker en ander gebak nie. 
Ons is vir jare die verkeerde inligting gevoer en dit gesluk, soos dit maar ons aard is. 
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: adele on November 02, 2017, 11:54:17 AM
  :love7:  ek is so bly om sulke goeie nuus te hoor, lief julle en verlang wraggies ook nog   :toothy4:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 09, 2017, 10:33:16 PM
Ai PM ek so bitter jammer om te lees van jou nare ervaring. Sterkte matertjie en baie dankie vir die deel en inligting gegee  :love7:

Ans, ongelukkig het ek nie verder navorsing gedoen oor aanvullings of die regte tipe dieet nie aangesien ons net na ek die plasing gedoen het, vir 'n maand lank getoer het saam met my sus en swaerie uit SA. Ons het nog 'n week oor dan vlieg hulle weer terug. Sal dan DV meer intens loer na wat voorgestel word. Dankie vir julle getroue inloer hier waar ons lief, leed en seer deel met mekaar.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 23, 2017, 11:21:19 AM
Terugvoering oor kalium (potassium).

Ek het op 'n baie oulike skakel afgekom waar daar 'n bietjie meer uitgewei word oor hierdie onderwerp.  Een waarskuwing het veral my aandag getrek. PH pasiente let veral op die volgende inligting:
Other drugs used to lower blood pressure, including beta-blockers and ACE inhibitors, raise potassium levels in the body.
People with reduced kidney function may need to limit their daily potassium intake.

People who take thiazide diuretics, often used to treat high blood pressure, may need more potassium. That’s because thiazide diuretics promote potassium loss from the body. Steroids and laxatives also deplete potassium.


As jy meer wil lees - (onder andere is daar ook 'n lys van voedselsoorte ryk aan kalium) grawe gerus by onderstaande skakel:
https://www.webmd.com/food-recipes/features/potassium-sources-and-benefits#2

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 25, 2017, 11:48:46 PM
*Special thanks to Breathless PHighters for the use of your image on the right for our own awareness project. November is almost gone but the PHight for a cure is still going strong!

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Wear%20purple.jpg)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/PH%20add.jpg)


Pulmonary versus systemic blood pressure

Unlike systemic blood pressure, which represents the force of your blood moving through the blood vessels in your body, pulmonary blood pressure reflects the pressure the heart exerts to pump blood from the heart through the arteries of the lungs. In other words, it focuses on the pressure of the blood flow in your lungs.

The numbers in pulmonary hypertension
Pulmonary blood pressure is normally a lot lower than systemic blood pressure. Normal pulmonary artery pressure is 8-20 mm Hg at rest. If the pressure in the pulmonary artery is greater than 25 mm Hg at rest or 30 mmHg during physical activity, it is abnormally high and is called pulmonary hypertension.

Bron: http://www.heart.org/HEARTORG/Conditions/HighBloodPressure/GettheFactsAboutHighBloodPressure/Pulmonary-Hypertension---High-Blood-Pressure-in-the-Heart-to-Lung-System_UCM_301792_Article.jsp#

https://www.facebook.com/BreathlessPHighters/
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on December 20, 2017, 12:20:58 AM
Fit to fly? / Is jy voorbereid vir jou vlug?

Jy mag dalk aanvullende suurstof benodig tydens vlugsessies indien jy enige hart/longprobleme ondervind. Waarom?

Die lug wat ons gewoonlik in asem bestaan uit ongeveer 21% suurstof. Die hoeveelheid suurstof in die lug word egter laer hoe hoër ons gaan, bv. bo op 'n berg of in 'n vliegtuig. Om seker te maak dat daar genoeg suurstof is vir die mense aan boord van 'n vliegtuig is dit ontwerp om die suurstofvlakke binne die vliegtuig op die regte vlak kunsmatig (onder druk) te hou.

Die suurstofvlakke word egter slegs op hierdie vlak tot 8 000 m in die lug gehou. Boonop daal die hoeveelheid suurstof in die lug tot ongeveer 15%. Dit lei tot laer vlakke van suurstof in jou bloed. As jy nie probleme ondervind weens 'n longtoestand nie, is die verlaging in suurstofgehalte nie genoeg om die verskil te voel nie.

As jy wel 'n longtoestand het, kan jou suurstofvlakke alreeds laag wees, dus kan dit onmoontlik vir jou longe raak om die hoeveelheid suurstof in jou bloed op 'n veilige vlak te hou.

Laer vlakke van suurstof in jou bloed kan jou ongemak laat voel tydens of na jou vlug. Dit kan skadelik of selfs gevaarlik wees. Moet asseblief geen kanse neem nie! Kontak jou dokter/spesialis en maak seker voor jy 'n vlug bespreek.

Jy mag dalk onder gewone omstandighede nog nie aanvullende suurstof benodig nie maar hoogtes meer as 8 000m kan vir sommige longpasiente, 'n lewensgevaarlike verskil maak!

Vir meer inligting, volg asb die skakel op facebook:
https://www.facebook.com/europeanlungfoundation/?fref=mentions
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on December 20, 2017, 12:24:31 PM
Dnkie Raaitjie, dit is baie belangrike inligting. 
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: adele on December 20, 2017, 12:40:16 PM
Hierdie beslis, dankie Raaitjie  :love7:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on December 21, 2017, 05:45:58 AM
Soos altyd, 'n voorreg om te kan deel. Stywe drukkies vir julle twee. Die inloere hier word erg waardeer  :notworthy: :love7: :icon_salut:

Mag ieder en elk se tree op die lewenspad vorentoe lei na geluk, liefde, vrede en bowe alles - gesondheid wat verstande te bowe gaan!
 :notworthy:

*My grootste wens nog steeds is ongelukkig 'n geskenk wat nie toegedraai en onder die boom geplaas kan word nie maar ons kan aanhou glo en vertrou.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Cure%20PH.jpg)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on January 04, 2018, 05:02:16 AM
Verskuilde gevare van borskanker en pulmonale hipertensie (PH):

'n Pasiënt wat behandel is met chemoterapie en bestraling ná borskanker-operasie het pulmonale hipertensie en ander hartkomplikasies ontwikkel, volgens 'n gevallestudie.

Navorsers het dokters versoek om ag te slaan op pasiënte met 'n hoë risiko van hartskade as gevolg van kankerterapie, en echokardiografie aanbeveel vir die opsporing van sulke gevalle.

Pulmonêre tumor trombotiese mikroangiopatie (PTTM) is 'n noodlottige, kankerverwante, longkomplikasie as gevolg van die uiters vinnige progressie.

Alhoewel PTTM 'n seldsame verskynsel is, moet dit in die differensiële diagnose van akute dyspnea (probleme met asemhaling) of ​​pulmonale hipertensie in pasiënte met borskanker oorweeg word.

By diagnose moet die pasiënt so spoedig moontlik na 'n kardioloog verwys word.

Ten spyte van die vroeë diagnose van PTTM by 'n 42 jarige herhaalde borskankerpasient, het haar bloedplaatjie-telling afgeneem.

Sy het ook gekla oor rugpyn en toetse het gewys dat die kanker versprei het (bone scintigraphy showed multiple bone metastases).

Haar algemene toestand het vinnig agteruitgegaan en die asemhalingsprobleme het drasties vererger.

Sy kon dus nie met chemoterapie behandel word nie en is dood as gevolg van respiratoriese versaking 19 dae na opname.

Bronne:
https://pulmonaryhypertensionnews.com/2017/02/17/pulmonary-hypertension-cccurs-after-patient-has-breast-cancer-therapy/

https://www.karger.com/Article/FullText/477842



Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on January 04, 2018, 05:22:14 AM
Terwyl ons gesels oor die onderwerp van borskanker, die volgende puik bewusmakingsveldtog kan jou lewe ingrypend verander. Besoek gerus die skakel as jy nog nie het nie en doen self ondersoek. Of jy 'n man/vrou/ is, borskanker onderskei nie!

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Borskanker%20bewusmaking.jpg)

Bron:
https://www.thesun.co.uk/living/2609598/viral-photo-of-12-lemons-reveals-12-signs-of-breast-cancer-everyone-should-know-and-its-more-than-just-a-lump/

https://www.today.com/health/cancer-patients-photo-dimpled-breast-goes-viral-t22111
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on January 08, 2018, 02:10:52 PM
Dankie Raaitjie, dit is die beste voorbeeld wat ek nog gesien het.  Vandat jy begin het met hierdie onderwerp kry ek hier altyd iets nuuts en interessant om te lees.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on January 23, 2018, 11:58:00 PM
'n Voorreg om te deel soos altyd matertjie. Die onderwerp le baie na aan my hart. Vanoggend wil ek weer ietsie deel waaroor ek gesels het kort na diagnose van die asemdief.

Ek voel soooooo ongemaklik na ete, selfs al is dit baie kleiner porsies as wat ek voorheen geneem het. Gewoonlik is Outop nog aan't ete dan moet ek myself van die tafel af verskoon en skuins op die bank gaan lê en die geleende asems nadersleep. Dit lei natuurlik daartoe dat ek skuldig voel omdat Outop dan alleen afdek en opruim.

Dit is juis hierdie skuldige gewete wat my laat grawe het in die kuberruim om agter te kom of iemand anders met hart- en longprobleme ook so voel. Wou seker maak dit is nie my verbeelding of 'n 'onbewuste' manier om die afdeksessies te vermy nie   :icon_biggrin:

Ek het reeds geweet dat 'n oormaat sout in jou dieet sal veroorsaak dat die liggaam vloeistof moeiliker afskei en derhalwe vog opbou wat kan lei tot swelling, ongemak en verhoogde sistemiese bloeddruk aangesien 'n hoë soutinname die massa van die linkerventrikel van die hart verhoog.

Die are verdik en verstyf wat dan lei tot verhoogde weerstand; insluitende die koronêre are en die van die niere. Dit verhoog die voorkoms van beroertes, die graad van hartversaking en die neiging tot klonting en versnel die agteruitgang van renale funksies.
 
Aangesien baie PH pasiënte in 'n stadium van regterhartversaking verkeer is hierdie ekstra stremming van 'n oormaat sout in jou dieet op die hart 'n vergrote risiko.  Indien jy vogafdrywende medikasie (waterpille in die volksmond) neem, plaas dit ekstra las op die niere - ekstra sout kan sake drasties vererger.

Hoeveel jy op enige gegewe tydstip eet, sal natuurlik beïnvloed hoe jy voel. Alhoewel die maaggrootte baie wissel van een persoon na die volgende, kan 'n oorvol maag sy normale grootte tot vier keer verhoog en sal beslis bydra tot jou ongerief.

So oorvol maag (reg onder die diafragma gelee) sal opwaartse druk op die diafragma veroorsaak. Die relatief swakker spiere het dus probleme om tydens asemhaling te strek en kan jou longfunksie beïnvloed.

Spysvertering is afhanklik van asemhaling om suurstof te verskaf aan die spiere wat gebruik word in die omskakeling van vaste voedsel na vloeistof soos dit deur die spysverteringskanaal beweeg. Vir die PH pasiënt wat nie in staat is om te vergoed vir die ekstra suurstof aanvraag nie, beteken dit dat minder suurstof tydelik beskikbaar is vir ander organe.

Vir persone met vergrootte hart/versaking en asemhalingsprobleme skep dit groot ongemak en vererger simptome. Ek het agtergekom dat dit help om jou suurstof tydens maaltye ook te gebruik as jy nie reeds op 'n 24/7 dosis is nie.

Hier is hoe jy jouself kan help:
• Vermy té sout kos en etes
• Raak vertroud met jou soutverdraagsaamheid
• Eet kleiner maaltye deur die dag, eerder as groot etes
• Vermy moeilik verteerbare voedsel
• Rus en gee jou liggaam kan om die maal te verteer
 
*Bronne:
 Harmful effects of dietary salt in addition to hypertension, Nature
 How do the digestive and respiratory systems work together, Livestrong
 Volume of a Human Stomach, Livetextbook
 Breathing and Motor Neuron Disease, MND

Een van my geleende bronne  http://www.phcentral.org/tidbits het ongelukkig na 17 jaar van inligting verskaf aan PH pasiente, hulle deure gesluit aangesien daar nou baie meer bewusmakingsveldtogte die lig gesien het.



Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on January 24, 2018, 12:40:32 AM
Griep kan versprei word deur net asem te haal

Vir enige pasient met hart- en longprobleme kan griepvirusse 'n groter risiko inhou as vir gesonde persone. In 'n studie het navorsers die uitgeasemde lug van 142 mense met griep ontleed. Daar is in bykans die helfte (48 persent) van die lugmonsters wat geneem is van grieppasiënte wat net asem gehaal het - nie hoes of nies nie - was opspoorbare griepvirusse teenwoordig het dr. Donald Milton, 'n professor in omgewingsgesondheid aan die Universiteit van Maryland, gesê.

"People with flu generate infectious aerosols [tiny droplets that stay suspended in the air for a long time] even when they are not coughing, and especially during the first days of illness," he explained in a university news release."

https://www.medicinenet.com/script/main/art.asp…
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on January 24, 2018, 02:33:28 PM
Ek was besig om die vorige artikel te lees toe my foon lui.  Nou is ek terug en sien jy het weer 'n plasing gedoen.  Ek lief jou. 
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on February 14, 2018, 08:52:35 AM
Dankie so baie baie vir jou liefde deur al die jare PM  :love7:

Weet jy ek het vandag op hierdie spesiale 'liefdesdag' diep nagedink oor hoe wonderlik en seer die liefde kan wees. Die asemdief het meer as net my asem gegaps die afgelope vyf jaar :crybaby2: en ek gaan dit wat ons getref het so ligtelik as moontlik probeer beskryf sodat ander wat straks in dieselfde bootjie ronddobber, betyds kan verhoed dat hulle in die systroom van te veel omgee meegesleur word, die diep see in.

Wanneer is omgee 'te veel'?

Teen watter prys bou jy aan die fort waarin jou eie emosies skuil in die rol as versorger van 'n kroniese pasient? Waar en hoe trek jy die streep tussen te veel omgee en na jou eie behoeftes ook weer omsien voordat hierdie onbaatsugtige versorging na jare slegs pyn begin baar want die rol van 'carer' het die van 'lover' ongesiens omsingel en weggelei in boeie agter selfgeboude vier mure?

Jou huweliksmaat is nou net die mees liefdevolste versorger en sielemaat ooit, en jy - jy voel skuldig en so dem ondankbaar want op hierdie dag van rooi harte en rose - wil jy net 'n hammer en beitel gryp om die fort af te breek.

 :icon_bigsmurf:  :`ip2:
 
Love is the thing that gives color, beauty, and meaning to our lives, but as anything else in life, love has its own price. The price we pay for the chance to feel love is the risk of finding pain instead - – E.A. Bucchianeri .

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on February 14, 2018, 01:40:41 PM
Dit is 'n groot voorreg om te kan lief he en om om te gee Raaitjie.
 
Ek lees wat jy skryf met 'n knop in my keel Raaitjie.  Ek beleef die situasie van die  ander kant af.  Ek is die versorger en ek is oortuig daarvan dat Outoppie presies dieselfde voel soos ek.
Dit is ook 'n groot voorreg om die versorger te wees in pleks van die pasient. Vir my is dit 'n liefdestaak en ek is so dankbaar dat ek  nog tyd saam met my liefie kan spandeer dat ek alles met oorgawe doen. 

Daar is huishoudings waar albei die lewensmaats gesond is, maar hulle baklei soos kat en hond.  Ek het al dikwels gewonder wat sal met hulle gebeur as een van hulle voor so 'n uitdaging te staan moet kom. 

Wou nog seg:  Ek glo nie iemand kan ooit te veel omgee nie.  Ons kry net een maal die kans.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on February 14, 2018, 09:18:14 PM
Jou woorde stuit my in my spore liefste mater! Ek glo jy en Outop sou ure kon gesels oor die vreugde en seer van so 'n situasie. Die gevaar ontstaan as die versorger hom-/haarself uitbrand in die proses. Jy sal 100 persent verstaan hoe kommer en onsekerheid van binne kan vreet :crybaby2:

Jy wonder wat sou gebeur in huishoudings waar hulle sooos kat en hond baklei, ek weet van 'n hele paar PH mensies wat alleen agtergebly het. Sommiges is by die hospitaal afgelaai tydens erge asemnood en nooit weer gaan haal nie.

Hannes, en so ook die uwe, is inderdaad geseend om julle in ons lewe te he.  :notworthy: :icon_salut: :love7:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on February 18, 2018, 08:10:11 AM
Nee wat my lief vriendin.  Van uitbrand is daar nie sprake nie.  Ek weet dat jy nie 'n selfsugtige siel is wat die situasie uitbuit nie.  Buitendien, ons het mos beloof, vir botter of vir wors.   :notworthy:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on February 18, 2018, 10:18:33 AM
Jy is dierbaar  :love7: :love7:

Wat die hartseerste deel van hierdie situasie is liefste PM, is die feit dat Outop al hoe stiller en afgetrokke geraak het.  Sy humorsin het begin kwyn en die enigste toedanering was 'n piksoentjie soggens as hy gaan werk. Terwyl ek verlede jaar die ondersteuning gehad het van die universiteit se navorsingsprojek, het ons eers besef in watter mate Outop homself beskerm het deur te begin ontrek. Ons het hulle raad gevolg en lang gesprekke gevoer. Die gevare uitgelig.

Daar was 'n klein opflikkering maar stelselmatig het hy weer begin mure bou. Was dit nie vir ons pragtige verhouding as die beste sielemaats ook bo en behalwe net man en vrou wees nie, sou ons huwelik 'n ernstige knou gekry het soos wat met so baie van my mede PH'ers gebeur het.

Ons verhouding het so platonies geraak in 'n paar maande dat ek depressief begin raak het. Saans as hy tuis kom het ek so min as moontlik staat gemaak op geleende asems om aan hom te wys dat ek nie besig is om dood te gaan nie. Ek wou nie meer net sy pasient wees nie. Het my man gemis. Intussen het hy al hoe meer huishoudelike take op homself geneem om my te 'beskerm' en die kinders het bekommerd geraak want ons kon sien dat hy gewig verloor.

Die stres en kommer tuis het so invloed op hom gehad dat hy sy toesighoudende posisie by die werk afgeskaal het. Maak nie saak hoeveel keer ek hom probeer oortuig het dat ek 'fine' is.... dit het nie deurgedring nie. Dit was aaklig om hom so te sien kwyn en ek leef nog!!

En toe het ek besluit genoeg is genoeg. Ons mors tyd. Kosbare tyd wat ons nog as man en vrou saam kon geniet. Nie net maats en pasient nie. Ure weer gesit en gesels. En skielik het die liggie aangegaan en het hy erken dat die mure om hom gebou was sodat hy kon oorleef om daar te wees vir my. Hy was te bang om romanties te raak.

Ons het saam besluit om hierdie deel in ons lewe ook te deel want ek glo dat ons nie die enigste 'oumense' is wat nog nie koud wil wees nie en die asemdief het dit amper reggekry om vir ewig 'n wig tussen ons in te dryf. Nie omdat daar iemand anders was nie - in Outop se eie woorde: hy het bloot 'te veel' omgegee en homself emosioneel verwaarloos in die proses en stelselmatig het ek net 'n maat en sy pasient geword want dit was 'veilig'.

Hy het my ook mooi gevra om hom dop te hou en met die eerste tekens dat hy weer begin bou aan sy fort in plaas van help afbreek, moet ek praat. 

Ek wil graag hierdie geselsverse van my kreatiewe woordmater hier kom deel want dit is so gepas en woord vir woord is my eie versugtinge ook hier vasgevang tussen lyne:

Lidi de Waal Art&Poems
9 December 2019
 
bok bok staan styf hoeveel vingers op jou lyf
all in all kan die vrou
amper op haar een hand tel hoeveel vingers
op haar lyf was die laaste paar jaar
nou tel sy die tandarts se vingers
en desmond die haarkapper s'n
en die voete en naelsvrou s'n
maar dis net op haar hare en hande
en haar voete en tande
maar op haar lyf kom veels te min vingers
en geen bok bok staan meer styf
oor hierdie ou lyf nie
en dis die very very sad and ugly truth
van te veel eensame ou wyfiesiele

© Lidi de Waal

Vir my was daar nie voete-, hare- of naelshande wat vat nie want die asemdief en skerp reuke van salonne is aardsvyande  :icon_biggrin:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on February 19, 2018, 12:09:43 PM
Ek is bly jy het dit so mooi uiteengesit.  Ek glo daar is baie mense wat deur dieselfde proses gaan en dit kan hulle help om daar deur te werk. 
Ek het dit ervaar met Hannes se stryd.  Almal vra hoe gaan dit met hom, maar wat van my?  Die drie maande wat hy in intensief was, was vir my 'n lang eensame pad.  Daar het ek geleer om bitter dankbaar te wees dat hy vir my gespaar is. 
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on February 20, 2018, 08:44:42 PM
Saam met jou innig en opreg dankbaar matertjie. Wens ek kon daar wees vir jou. Die versorger het 'n reuse onbaatsugtige taak en om sterk te bly is nie altyd maklik of moontlik nie. Net mens.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Me%20Time.jpg)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on February 27, 2018, 12:06:24 AM
Navorsers aan die Stanford University School of Medicine het 'n ondersoek geloods waarom pasiënte met longoorplantings meer kwesbaar is vir die swam, Aspergillus fumigatus. Hulle het verhoogde ystervlakke as 'n risikofaktor vir die lewensbedreigende swaminfeksies geïdentifiseer.

Volgens Mark Nicolls, MD, the Stanford University Professor in Pulmonary and Critical Care Medicine, is yster soos kunsmis vir Aspergillus.

Hoë ystervlakke is ook kenmerkend van ander pulmonale siektes.

Hoe meer yster, hoe dieper dring die swam in die weefsels in. Verskille in ystervlakke tussen oorplantingspasiënte verduidelik hoekom sommige besmet raak en ander nie het Nicolls gesê..

Een derde van die longoorplantingspasiënte ontwikkel Aspergillus-verwante siektes, insluitend ernstige asma aanvalle en dikwels noodlottige lae respiratoriese infeksies. Die vernaamste oorsaak van die dood onder hierdie pasiënte is die verwerping van die oorplanting, wat die swaminfeksies dramaties versnel.

Oorplantingspasiënte ontvang medikasie wat hulle immuunstelsels verhinder om die nuwe longe aan te val. Tydens die herstelproses het pasiënte geen vermoë om infiltrerende patogene uit te hoes nie, wat hulle veral kwesbaar maak vir die alomteenwoordige spore.

Dit is omdat die longoorplantingsproses seine van die vagus-senuwee ontwrig, wat die hoesrefleks beheer. Pasiënte word gewoonlik op antifungale medisyne geplaas in 'n poging om infeksie te voorkom, maar hierdie patogene word oor die tyd meer dwelmbestand.

Nicolls het 'n nuwe tegnologie ontwikkel vir 'n chemiese oplossing wat oortollige yster vasvang om orgaanverwerping te voorkom. Hy het die tegnologie met 'n aantal medewerkers ontwikkel, waaronder Geoffrey Gurtner, MD, professor in chirurgie by Stanford, en Jayakumar Rajadas, PhD, direkteur van Stanford se Biomaterials en Advanced Drug Delivery Lab, wat ook mede-outeur van die studie is.

"Die vermoë om hierdie verbindings direk na die longe te lewer, is 'n nuwe behandelingsmetode," het Hsu gesê. "Vir die eerste keer het ons 'n nuwe manier om hierdie infeksies te behandel, afgesien van antibiotika wat probeer om die organisme self uit te wis."

Die oplossing kan soos 'n verf tydens operasie aangewend word, ingeasem word in die longe of intraveneus ingespuit word.

BRON: https://med.stanford.edu/news/all-news/2018/02/iron-triggers-dangerous-infection-in-lung-transplant-recipients.html
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on February 27, 2018, 11:49:16 PM
Rare Disease Day 2018 - Die realiteit van lewe met 'n seldsame siekte.

Die miljoene mense wat geraak word deur seldsame siektes regoor die wêreld kom ​​elke dag te staan voor groot uitdagings. Stel jou voor dat jy na verskeie dokters gaan wat nie jou toestand kan diagnoseer nie. Of dat daar geen bestaande behandeling vir jou siekte is nie, of die beskikbare behandeling te duur is.

Stel jou voor die sosiale stelsel rondom jou - skool, werk, maatskaplike dienste - nie aangepas is by jou behoeftes nie. Stel jou voor die finansiële las en stres wat veroorsaak word deur ure of selfs dae te moet reis om die enigste spesialis te kry wat jou kind kan help.

Stel jou voor dat daar net 'n handjievol mense met jou siekte wêreldwyd is en min of geen navorsing oor jou siekte het nie. Stel jou voor die isolasie wat jy sou voel. Hierdie is net 'n paar van die uitdagings wat mense met 'n seldsame siekte, hul gesinne en versorgers ervaar.

Rare Disease Day is die internasionale bewusmakingsveldtog vir seldsame siektes. Sedert Rare Disease Day in 2008 begin het, het duisende gebeurtenisse wêreldwyd plaasgevind en miljoene mense bereik. Die veldtog het begin as 'n Europese gebeurtenis en het toenemend 'n wêreldverskynsel geword, met deelname in 94 lande regoor die wêreld in 2017.

Die tema vir 2018 is navorsing en dit bied 'n geleentheid vir deelnemers om deel te wees van 'n wêreldwye oproep op beleidsmakers, navorsers, maatskappye en gesondheidswerkers om pasiënte in seldsame siekte-navorsing al hoe meer effektief te betrek.

BRON: https://www.rarediseaseday.org/article/show-your-rare

NS: Uit persoonlike ervaring: Stel jou voor - die dokter wat jou moet verwys na spesialis behandeling, vra jou as pasient: 'How do you spell that?'
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on February 28, 2018, 09:17:38 AM
'n Mens kan die situasie hanteer as jy met volwassenes werk, maar kinders is 'n ander saak.  Jou keel trek toe!
Daar is ook programme op TV wat sulke rare gevalle wys en dit is hartverskeurend.  Werk jy egter direk met die mense wat betrokke is, is dit opvallend dat hulle altyd lag en vrolik is.  Hulle geniet die lewe ten volle en laat my dikwels my kop in skaamte sak, omdat ek soms so morrig is oor alles. 
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on March 20, 2018, 04:01:12 AM
Stem volkome saam mater. Hartbrekend verseker  :crybaby2:

Dink ek nou weer hoe ons vyf jaar gelede begin het met navorsing om te probeer bewys dat besoedeling jou longe en hart so kan aantas dat jy ernstige probleme begin ontwikkel. Ons kan persoonlik getuig daarvan. Vanoggend op 'n plasing afgekom wat gedeel is deur Breathelife: A new video from WHO describing some of the health effects of air pollution.

Indien julle belangstel, hier is die skakel:
https://www.youtube.com/watch?v=t7MZE6ttPoA&feature=share
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on March 22, 2018, 04:53:12 AM
FDA het 'n ernstige waarskuwing teen die antibiotika clarithromycincould cause death in patients with heart disease!

As jy enige hartprobleme het is dit noodsaaklik dat jy hierdie naam neerskryf en die mediese span/ dokter attend maak daarop wanneer antibiotika voorgeskryf moet word vir jou.

The U.S. FDA is warning physicians against prescribing the antibiotic clarithromycin to patients with coronary artery disease. In long-term follow up of a randomized controlled trial, there was an unexpectedly higher rate of death in patients who received a two-week treatment course of clarithromycin, compared to placebo.

FDA has added a new warning to clarithromycin's label, advising prescribers to choose other antibiotics in patients with coronary artery disease.


Vir meer inligting:
https://pulmccm.org/policy-ethics-education-review/fda-warns-clarithromycin-cause-death-patients-heart-disease/
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on April 10, 2018, 10:08:23 AM
Dankie vir die inligting Raaitjie.  My rekenaarskerm gee al weer moeilikheid, as ek stil is moet julle weet hoekom.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on April 11, 2018, 01:30:20 AM
Inligting verskaf is soos altyd my voorreg mater. Jammer oor jou rekenaar probleme. Groot kuberpyn op sy eie! Vandag wil ek my 'netelige situasie' met die asemdief deel.

Die gevare van 'n gewone keelseer

Hierdie tyd van die jaar, met die draai van nog 'n seisoen is die gevaar van verkoue en griep altyd deur 'n bedreiging vir almal wat sukkel met enige asemhalingsprobleem of dergelike skeet. Dit is dan ook die tyd waarin hierdie ouma gereeld in trane uitbars as die kinders en kleingoed 'n kuiertjie beplan en dan weens 'n loopneus of lastige kuggie, moet wegbly uit vrees om my aan te steek.

Hierdie week was dan ook geen uitsondering nie. 'n Beplande kuier tydens die skoolvakansie, was letterlik in die kiem gesmoor toe een van die tienermanne 'n keelseer ontwikkel. Geen ander simptome nie maar die gevaar van aansteekbaarheid van hierdie lastigheid kan ontaard in 'n baie nare en selfs fatale situasie vir diegene met enige asemhalings- en hartprobleme.

Ons eerste vraag as iemand siek raak is altyd of die probleem verdere komplikasies vir jou innerlike tikker kan inhou indien ek sou aansteek. En so het die soektog weer begin na inligting rakende 'n keelseer.

The medical term for a "sore throat" is pharyngitis.

A throat infection can definitely spread further, and the obvious route for it to go is to the lungs. You can catch a throat infection when someone infected with the virus or bacteria sneezes or coughs, releasing droplets that contain the virus into the air or in any other way germ particles can easily move from one person to another - toddlers sometimes easily wipes their hands on clothing after sneezing etc.

Anyone with a long term breathing disorder should consult a doctor if they get a throat infection that lasts more than a day or two.  In many cases, people contract pneumonia when bacteria they normally carry in the nose or throat are spread to the lungs

Unfortunately, some of these viruses and bacteria that cause sore throat can survive for a period of time on objects like towels, brushes or even clothing, so that contact with these contaminated items can spread the disease.

At first glance, a sore throat and heart disease may seem to have little to do with each other. However, sore throats can introduce bacteria into the blood stream, leading to certain types of heart disease, according to the National Institutes of Health.

There are two types of heart disease associated with a sore throat. Rheumatic heart disease and bacterial endocarditis. Bacterial endocarditis rarely occurs in people who have healthy heart valves.

The risk of having a heart attack is 17 times higher in the seven days following a respiratory infection, University of Sydney research has found.  Patients were interviewed about their activities before the onset of their heart attack, including if they experienced a recent "flu-like illness with fever and sore throat." They were considered affected if they reported sore throat, cough, fever, sinus pain, flu-like symptoms, or if they reported a diagnosis of pneumonia or bronchitis.

Sore throat caused by allergy, toxins, trauma or cancers are not contagious.


Bronne:
https://www.sciencedaily.com/releases/2017/05/170515111601.htm
https://www.rxlist.com/is_sore_throat_pharyngitis_contagious/article.htm
https://www.medicinenet.com/is_sore_throat_pharyngitis_contagious/article.htm
https://medical-dictionary.thefreedictionary.com/sore+throat
https://sydney.edu.au/news-opinion/news/2017/05/16/respiratory-infection-can-increase-the-risk-of-a-heart-attack.html
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on May 03, 2018, 08:54:13 AM
Jammer Raaitjie.  Hoop die ou voel gou beter en Ouma kry haar kuier.  Die inligting is weereens waardevol.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on May 24, 2018, 11:30:55 PM
Mandjiesvol dankie vir inloer weereens PM. Die tyd van die jaar is hoes en proes omtrent jou voorland. Ouma het nog steeds in die proses uitgemis op kuiertjies. Maar ons hoop en vertrou dat hulle spoedig beter gaan wees. En so van hoop gepraat, ek wil graag so bietjie hart-oopmaak ...

Dappermasker van vertrou

Ons dra elkeen 'n kruis na diagnose van kroniese toestande en soms is die graffiti daarop eers verstaanbaar wanneer ons die simptome een vir een probeer baas raak in bose kringloop en jy getrou jou hand uitsteek na die voorgeskrewe houers/behandelinge waar hemel en hel, saam te vinde is.

Die gif van chemo wat bruis deur kankerlyers se are met belofte van remissie of nog 'n paar jaar vergunning maak die stryd sigbaar vir ander. Vir hom of haar wat kennis gemaak het met die asemdief is hierdie oorlog meestal onsigbaar, slegs waarneembaar wanneer jy noodgedwone moet staatmaak op geleende asems.

'n Ongenooide gas het homself stil-stil kom tuismaak in jou hartskamers en longare waar lewenskwaliteit verkrag word en sonder kaart of transport het dit terminaal teen (m)ure kom verf. Met organiese plundertog word elke asemteug geboeie agtergelaat en in appèlhowe ontvang slagoffers lewenslange vonnisse.

Vir jou word die voorreg van kop neerlê in soete slaap, langsamerhand net oop oë drome want die dief het meer as net jou asem gegaps. 

As die son sak, wag jy vir die hekse in stergewaad wat verrys uit gapende grotte en slaap verjaag met towerstokke. Nagrus sluip onverpoosd tussen donker skares van sekondes, minute, ure en sterf dag vir dag in triomferende bose sirkelgang, nimmereindigend.

Gister en eergister se prentjies van normaal sou Pieternella van die Kaap sê is nou net 'n stukkie verbytyd.  Op 'n dag hou jy op hoop want hoop is 'n skelm ding vertel sy ook, hy laat jou iewers in die lug hang tot jy sien hy daag nie op nie en dan val ons ver grond toe.

So omgord jy jouself en gaan hang die sak-en-as-jas heel agter in 'n kas, verskans agter slot en grendel van positiewe denke en doet blymoedig voort met 'n dappermasker van vertrou daar gaan eendag 'n cure wees vir die asemdief... :icon_biggrin:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Naas on May 25, 2018, 05:34:09 AM
Praglyne
Hartseerlyne
Waar lyne...

Ek buig my knie en bid oop oe.

Dankie Ta Raaitjie


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on May 25, 2018, 06:09:07 AM
 :love7: Hoe skryf mens dankie vir omgee-maters soos myne? Woorde klink so leeg maar ek glo regtig dat ons mekaar se vreugdes en soms soos nou, ook die seer/vrees binne verstaan en saambid  :notworthy:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: adele on May 25, 2018, 11:02:27 AM
Vanoggend lees ek net, maar geniet jou woorde liefliewe Raaitjie  :love7:  :love7:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on May 27, 2018, 11:44:30 AM
Whawoa, dit is een ding wat die floeksteen nie by jou kon steel nie, en dit is die pragwoorde wat jy soos 12 osse voor 'n wa inspan.
Goed gedoen!
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on May 31, 2018, 06:06:23 AM
Stywe drukkie vir julle Adele & PM  :love7:

Die volgende onderwerp is een van die sondebokke rondom die slaapprobleem soos in vorige plasing uiteengesit:

Hallusinasies en ernstige siekte toestande.

Daar is een aaklige newe effek van PH en hartritme versteurings waaroor bitter min pasiënte die moed gaan openbaar om te erken dat hulle probleme ondervind met hallusinasies a.g.v die onvermoë van 'n reeds ooreisde hart om te voldoen aan die liggaam se voortdurende suurstofbehoeftes.

'n Reeds ontwrigte slaappatroon a.g.v jou kroniese siekte plus die vrees vir watter beelde jou gaan teister, ontaard in nog 'n bose kringloop wat ek nie eers kan begin beskryf nie. Gewoonlik gaan dit gepaard met of die wakker word of net aan die slaap raak. 

Ek wil graag inligting deel oor hierdie onderwerp vanuit FDA verslae waarin dit blyk dat 'n verhoogde persentasie pasiënte in die ouderdomsgroep 60+ val en die meerderheidsgeslag wat geraak word,  is vroulik.

Pulmonary hypertension and Hallucination - from FDA reports

Hallucination is found among people with Pulmonary hypertension, especially for people who are female, 60+ old. 47 people who have Pulmonary Hypertension and Hallucination are studied.

Gender of people who have Pulmonary Hypertension and experience Hallucination *:
 female: 87.23 %
 male: 12.77 %

Age of people who have Pulmonary Hypertension and experience Hallucination *:
 0-1: 0.0 %
 2-9: 0.0 %
 10-19: 6.98 %
 20-29: 0.0 %
 30-39: 0.0 %
 40-49: 11.63 %
 50-59: 20.93 %
 60+: 60.47 %

Arrhythmia and Hallucination
84 people who have Arrhythmia and Hallucination are studied and is updated regularly.     

Hallucination is found among people with Arrhythmia, especially for people who are female, 60+ old, take medication Digoxin and have High blood pressure.

Gender of people who have Arrhythmia and experience Hallucination *:
 female: 61.73 %
 male: 38.27 %

Age of people who have Arrhythmia and experience Hallucination *:
 0-1: 0.0 %
 2-9: 0.0 %
 10-19: 1.47 %
 20-29: 2.94 %
 30-39: 2.94 %
 40-49: 8.82 %
 50-59: 23.53 %
 60+: 60.29 %

There is a difference between hallucinations and delusion
Liang-Hai Sie, Retired general internist, former intensive care physician het dit pragtig verduidelik:

Delusion is about an erroneous idea, not matching reality.

Hallucination is about sensing (hearing, seeing, smelling, feeling, tasting) something that isn’t there.

Visual hallucinations can include; Organ failure- build up of toxins, lack of oxygen caused by failing a cardiovascular system (heart, lungs, delivery of oxygenated blood to body organs).


Bronne:
https://www.ehealthme.com/cs/pulmonary-hypertension/hallucination/
https://www.ehealthme.com/cs/arrhythmia/hallucination/
http://mccardio.com/handler.cfm?event=practice,template&cpid=3570
https://www.healthcentral.com/article/what-causes-visual-hallucinations

Toestemming op die skakels oor PH en hartritme afwykings met hallusinasies word verleen sodat pasiënte die verslag mag druk:
Print a copy of the study and bring it to your health teams to ensure drug risks and benefits are fully discussed and understood.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on June 05, 2018, 12:46:44 AM
Nuwe hoop vir Groep 2 PH pasiënte met linkerhartsiektes :notworthy: :icon_salut:

'n Nuwe fase 2-studie van Tenax Therapeutic na 'levosimendan' as 'n terapie vir pulmonale hipertensie (PH) wat verband hou met hartversaking en die behoud van die linker ventrikulêre uitset (PH-HFpEF) - 'n tipe PH a.g.v linkerhartsiektes, sal binnekort begin om deelnemers te werf het die maatskappy aangekondig.

Pasiënte met hierdie vorm van PH het geen goedgekeurde terapieë vir hul toestand nie.

Alhoewel verskeie pulmonale arteriële hipertensie (PAH) behandelings ondersoek is, was daar geen bewyse gevind dat dit effektief is nie. Die voorkoms van PH-HFpEF in die VSA oorskry na beraming meer as 1.5 miljoen pasiënte' 

"Hierdie PH pasiënte het verhoogde sterftes en morbiditeit, sowel as verminderde oefeningskapasiteit en lewensgehalte" het Jebsen bygevoeg. "As levosimendan hul hemodinamiese funksie kan verhoog, kan die verbeterings in hul lewenskwaliteit betekenisvol wees."

Dit kan ook beskermende effekte hê deur die las op hartspierselle te verlig.

Bron: https://pulmonaryhypertensionnews.com/2018/06/04/phase-2-trial-of-levosimendan-in-ph-related-to-left-heart-disease-to-begin-enrolling/?utm_source=PH&utm_campaign=c2275b2a4c-RSS_MONDAY_EMAIL_CAMPAIGN&utm_medium=email&utm_term=0_fd7f2e1d35-c2275b2a4c-71349741

 :crybaby2: Up to now, treatment remains focused on the underlying LHD and despite initial enthusiasm for PH-specific therapies, most studies have been disappointing and their routine clinical use cannot be recommended. More work is urgently needed to better understand the pathophysiology underlying this disease and to develop effective therapeutic strategies.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: adele on June 05, 2018, 08:46:23 AM
 :read2: ek dink ek sou lankal moed opgegee het tov hierdie sluimer-geheime-soekend-na-verstaan siekte. Raaitjie, so gebruik God jou om baie ander bietjie hoop te gee
 :love7:  :love7: 
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on June 11, 2018, 12:49:13 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/New%20normal%20for%20PH_1.jpg)

Daar is gedurig dinge in elkeen van ons se lewe wat aanpassing verg. Op die pad van hulle wat kennis gemaak het met 'n kroniese toestand wat jou energie en asem steel is dit dan ook gewis deel van die pakket vir 'n nuwe normaal en het jy nodig om buite die boks te dink sodat jy nog die klein vreugdetjies kan geniet. Een van die wonderlikste hulpmiddels vir my as ouma wat 'n wakende ogie moet hou, was 'n matras  :icon_biggrin:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Anastasia on June 11, 2018, 05:36:29 AM
Hierdie lyne van jou het  vir my soveel persoonlike betekenis:  "Ons dra elkeen 'n kruis na diagnose van kroniese toestande en soms is die graffiti daarop eers verstaanbaar wanneer ons die simptome een vir een probeer baas raak" 

My stryd met Lupus plaas my in 'n appelmandjie van verstaan wat in die peermandjie aangaan.  Lupus is ook 'n siekte waarvan min mense bewus is.  Soos in jou geval, is daar nie daaglikse sigbare simptome nie, en kan ander nie jou daaglikse stryd verstaan nie. 

Ek moet myself tog net sover bring en 'n topic begin hieroor, en my pad daarmee.  Maar ek dink dit is moeiilik om eers te begin.  Soos met die boek wat halfpad is oor my ander stryd.  Dis of die skryf daarvan my in 'n donker plek plaas. Maar dis dalk net deurdruk.  Om die rowe vir eenmaal en klaar af te trek, al is dit pynlik
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on June 11, 2018, 07:35:39 AM
Dit was vir my 'n verligting toe ek begin deel oor dit wat op ons pad gekom het mater. Ek glo dat jy op die regte tyd die woorde sal vind om jou kruis te deel met ons en ander. Dink aan jou wat in die proses is om die rowe vir een en altyd af te trek. Letsels is altyd daar om ons te laat onthou van die pad wat ons gestap het - 'n pad waar jy sterker anderkant uitgekom het!
:love7: :notworthy:

We share because we care.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on June 20, 2018, 05:26:49 AM
Ek is mal oor die uitdrukking, we share because we care.  Hoe pragtig is dit!


Toe Hannes gediagnoseer is met kolonkanker het ek gedink dit is die einde van die wêreld.  Ek het hoog en laag gesoek na inligting.  Dit sal wonderlik wees as jy, Anastasia, kans sien om jou ervarings met ons te deel.  Inligting is van uiterste belang. 
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on July 11, 2018, 11:06:19 PM
'n Bietjie 02 humor vandag. As ons gaan stap, sleep Outoppie gewoonlik die geleende asems. Sy gewone opmerking na ons gestop het om ietsie moois te beloer is gewoonlik 'kom Fifi...' en gee die pypie so pluk en dan moet ek my steps ken om by te hou  :icon_biggrin:


(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Meraai%20en%20doggie%20foto_1.jpg)

 :icon_scratch:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Suurstof%20humor_1.jpg)

 :hello2: :notworthy:  :icon_salut:

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: adele on July 12, 2018, 02:41:07 PM
 :love7:    :love7:     :love7:   
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on July 23, 2018, 01:18:21 PM
Dag Fifi, hoop dit gaan goed vanoggend!   :icon_biggrin:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on July 23, 2018, 11:07:24 PM
Woef-woef...

Ek blaf soms in paaiemente maar dit gaan goed met Fifi dankie mater  :icon_biggrin:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on July 24, 2018, 02:15:25 PM
Lekker lag ek nou!  Jou sin vir humor is pragtig matertjie.   :love7:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on August 03, 2018, 12:06:09 AM
Jy mag maar lekker lag liefste PM. Ek lag met graagte saam want optimisme is die beste gratis 'doepa' vir emosionele welsyn.  Navorsing het die invloed van postiewe uitkyk op die lewe, ondersoek in 'n studie om die rol van 'Lewenstevredenheid en Optimisme' te bepaal by pasiënte met PH - Ek wil graag 'n gedeelte daaruit deel vanoggend.

"Depressie en Angs by Pasiënte met Pulmonale Hipertensie".

Navorsers in Spanje het 'n studie gedoen om vas te stel of die vlakke van lewensbevrediging en optimistiese uitkyk help om simptome van depressie en angs wat in 'n groep PH pasiënte voorgekom het, te verduidelik.

Hulle het bevind dat PH pasiënte baie hoër vlakke van angs as depressie gehad het, en dat simptome van angs beduidend voorspelbaar was vir die kwaliteit van lewe, meer as die erns van die siekte!

Hierdie resultate dui daarop dat emosionele welstand van mense met PH, veral met betrekking tot die vlakke van angs en depressie, beter verduidelik kan word deur die pasiënt se lewensomstandighede in ag te neem en nie die erns van hul siekte alleen nie, aangesien dit die gevolge van pulmonale hipertensie kan reguleer/moduleer," het die navorsers bevind.

En hulle het beklemtoon dat "die hoër voorkoms in hierdie monster van klinies-betekenisvolle simptome van angs, in vergelyking met depressie, daarop dui dat gevoelens van vrees en onsekerheid spesiale aandag onder pasiënte met pulmonale hipertensie vereis."

Bron:
https://pulmonaryhypertensionnews.com/2018/08/02/emotional-well-being-of-pulmonary-hypertension-patients-not-set-by-ph-severity-study-says/?utm_medium=desktop-push-notification&utm_source=Notifications&utm_campaign=OneSignal

Vir die ouens wat meer wil lees oor wat angs/spanning in ons liggaam veroorsaak:
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=4266.msg28685;topicseen#msg28685


Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on August 03, 2018, 04:48:57 PM
Ek stem.  Om vir jouself te kan lag is ook 'n gawe.  Dankie tog vir laggies. 
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on August 03, 2018, 04:52:51 PM
Ek het nou net gou gaan kyk wanneer hierdie onderwerp geplaas is, toe sien ek weer hoe pragtig jy die toestand verduidelik het.  Weet jy hoeveel is 123,000 kere gelees?  Dit wil gedoen word!   :notworthy:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on August 09, 2018, 01:21:49 AM
Dankie vir jou gereelde ondersteuning en omgee mater. Ek besef dat dit nie opbeurend is om oor die onderwerpe te gesels nie maar die leserstal staaf die feit dat daar wel mense is wat opsoek is na inligting in Afrikaans oor skeet en kwaal hetsy (on)geneesbaar.

Ons PH gemeenskap treur vandag na nog 'n mater haar vlerke verdien het en nou vrylik asemhaal. Sy was 'n inspirasie vir ons met haar unieke humorsin. Met haar toestemming vooraf verleen, wil ek graag hierdie deel ter nagedagtenis. Haar byskrifte by geleende fotos is kosbaar en sy het gereeld genoem dat ons asb. vrymoedigheid moet neem en deel.

RIP Lilly.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/PH%20and%20old%20age.jpg)

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Anastasia on August 09, 2018, 06:55:42 AM
Kosbare foto.  Ek het op facebook gelees, en het direk hierheen gekom om met jou te gesels.  Sonder dat ek geweet het jy het hier gedeel.  Ek wou vir jou sê dat elke keer as 'n mater of geliefde aan dieselfde swaar pakkie wat jy self dra, struikel en die ewigheid in vlieg, dit hard aan jou eie vel pluk.  Ek weet.  So, ek hou jou styf vas in my metaforiese arms vandag.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on August 09, 2018, 07:00:48 AM
Ek weet jy verstaan, spesiale drukkie vir jou Anastasia.  So hou ons mekaar in die gees vas. Soos jy se, elkeen het sy eie swaar pakkie om te dra maar die omgee van maters soos wat ons hier het, is kosbaar!
 :love7:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Anastasia on August 09, 2018, 07:08:41 AM
 :icon_flower: :love6:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on August 13, 2018, 03:17:24 AM
Nie alle siektes is sigbaar of geneesbaar nie maar midde kroniese ongesteldhede is daar innerlike heling te vind in iets so alledaags as 'n glimlag - al lyk dit soms meer na 'n grimlag  :icon_biggrin:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Glimlag%20deur%20goeie%20en%20slegte%20dae.jpg)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on August 13, 2018, 11:40:02 AM
Dit is soooo pragtig!  Lief jou stinkend my maatjie. 
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on August 13, 2018, 11:47:36 AM
 :love7: Jy is dierbaar verby! Lief jou meer PM.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on August 23, 2018, 11:53:41 PM
UITEINDELIK! Is dit moontlik dat daar vir pasiënte met linkerhartversaking in die asemdief-oorlog, 'n lig in die PH tonnel begin skyn?

 :read2: :notworthy: :icon_salut:

Behandeling met Milrinone verbeter hartfunksie by pasiënte met PH as gevolg van linkerhartsiekte het 'n nuwe studie bevind

Tot op hede is daar geen goedgekeurde terapieë vir pasiënte met PH as gevolg van linkerhartsiekte (PH-LHD) nie. Ten spyte van die feit dat verskeie pulmonale arteriële terapieë ondersoek is, het niemand nog kon bewys dat hierdie behandelinge, effektief vir PH pasiënte met linkerhartsiektes is nie.
 :crybaby2:

Gevolglik is daar 'n behoefte om "alternatiewe middels te ondersoek wat effektief is teen hierdie vorm van PH en om hul doeltreffendheid te bewys," het navorsers geskryf.

Milrinone, beskikbaar onder die handelsnaam Primacor (onder andere), is 'n algemene behandeling vir hartversaking, en kan waarskynklik 'n terapeutiese effek op PH-LHD hê.

Navorsers het die gebruik van milrinon getoets in 60 pasiënte met PH-LHD, wat almal konvensionele behandeling vir hartversaking ontvang het. Die navorsingsdwelm wat in die studie gebruik is, was 'n milrinone-inspuiting, vervaardig deur Nonan Bate Pharmaceuticals in China.

Voor en na behandeling het al die pasiënte (die wat behandel was met milrinon en die wat konvensionele behandeling ontvang het) 'n ekkokardiogram ondergaan sowel as 'n ultraklankskandering wat intern na die hart en nabygeleë bloedvate kan kyk,  Bloedmonsters is ook geneem en ontleed.

Resultate het getoon dat behandeling met milrinone die PH-LHD-pasiënte se pulmonale arteriële sistoliese druk (PASP) aansienlik verminder het, terwyl geen effekte gesien is by pasiënte wat met konvensionele terapieë behandel is nie.

Verder, met 'n dosis van 0,5 mikrogram / kg / minuut, het milrinoon uitstekende doeltreffendheid getoon en die hart se linker ventrikelstruktuur en funksie van pasiënte met ligte tot matige PH-LHD het aansienlik verbeter.

Aangesien net 2 uit die 60 pasiënte ernstige PH-LHD gehad het in groepe A en groep B, kon navorsers nie die effektiwiteit van die terapie in hierdie spesifieke groep evalueer nie.

Die instandhoudingsdosis van milrinoon het gedurende die verloop van die behandeling geen beduidende nadelige reaksies veroorsaak nie.

Algehele resultate dui daarop dat "'n klein dosis milrinoon PASP aansienlik kan verminder in pasiënte met ligte (mild) en matige (moderate) PH-LHD, en die hartstruktuur, hartfunksie en biochemiese indekse aansienlik verbeter," het navorsers geskryf.

In toekomstige studies kan die milrinone instandhoudingsdosis binne die vermelde dosis verhoog word, om te sien of hartfunksie en -struktuur, PASP en toetsaanwysers van pasiënte met PH-LHD verbeter kan word en of nadelige effekte gaan toeneem met hoër dosisse het hulle bygevoeg.

Bron: https://pulmonaryhypertensionnews.com/2018/08/23/study-examines-milrinone-role-patients-ph-due-to-left-heart-disease/?utm_medium=desktop-push-notification&utm_source=Notifications&utm_campaign=OneSignal
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on August 24, 2018, 04:44:15 PM
Ek glo almal staan saam en hou styf duime vas dat daar 'n helder lig in die tonnel is Raaitjie.  Dankie nogmaals vir die inligting wat jy so getrou oordra.  Jy is in elk geval 'n liggie in ons gange. 
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on August 25, 2018, 03:21:50 AM
As jy nie die gange vir ons geskep het en in stand hou liefste PM, kan niemand se liggies hier skyn nie. Wil net weer kom dankie skryf vir ses jaar se omgee en ondersteuning. Die forum is vir my 'n toevlug in baie opsigte.

 :love7: :notworthy:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Naas on August 25, 2018, 07:49:24 AM
Ditto Ta Raaitjie. Onse Forummoeder het 'n groot omgee hart. Ek wil vir Hannes hierby insluit. As hy nie so mooi na mammie kyk nie...


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on August 26, 2018, 11:35:00 PM
Voorwaar is ons geseend Naas! As dit nie vir die forum was nie sou ek beslis nie soveel persone kon bereik deur 'n bewusmakingsveldtog van die asemdief nie. Sal PM ewig dankbaar bly vir die groot voorreg. Onderstaande bewusmakings plasings word gedeel op versoek van die PH Assosiasie.org

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/PH%20awareness%202.jpg)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/PH%20insides%20attacking%20themselves_1.jpg)




Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on August 30, 2018, 01:25:33 AM
Ek glo vas dat positiewe denke (selfs al is dit net 'n illusie) 'n kragtige helingsmiddel is. Ons besit die © op hierdie voorreg!

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Sometimes%20samestelling.jpg)

Muhammad Ali
“To be a great champion, you must believe you are the best. If you’re not, pretend you are.”
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on August 31, 2018, 10:59:32 PM
PH Medikasie dra by tot verergerde simptome

'n Groot deel van die hantering van pulmonale hipertensie is die neem van nodige medikasie om simptome te verlig en om progressie te vertraag. Omdat pulmonale hipertensie meer as net die longe affekteer, het baie PH pasiënte 'n lys van ten minste 'n dosyn verskillende medikasie om verskillende dele van die liggaam te behandel.

Medikasie is nodig, maar hierdie hulpmiddel kom nie sonder 'n prys nie en die newe-effekte dra by die uitdagings van die hantering van chroniese siekte. Ongelukkig kom medikasie saam met 'n lys van newe-effekte wat oorvleuel met simptome wat diegene met pulmonale hipertensie reeds ervaar.

Om jou liggaam  se waarskuwingstekens en die oorsake te bepaal en herken, is moeilik. Wanneer jy dus ekstra simptomaties voel, is dit natuurlik dat jy gaan wonder of simptome voortspruit uit die verergering van PH of is dit weens medikasie? Moet jy bekommerd wees dat jou toestand versleg of moet die medikasie-dosis aangepas of iets bygevoeg word?

Baie pulmonale hipertensie simptome - soos duiseligheid, moegheid en naarheid - oorvleuel met medisyne se newe-effekte.

Sommige hartmedikasie (vir probleme soos aritmieë) wat van die simptome verhoog, sluit in beta-blokkers, waterpille (diuretika), inhalors en steroïede.

Die beta-blokkers werk deur blokkasie van die dele van die hart wat jou harttempo verhoog. Dit verlaag die hartklop maar vererger die tamheid wat jy gewoonlik ervaar a.g.v. PH,  veral tydens hittegolwe.

Waterpille verminder oortollige vloeistof in die liggaam, maar verlaag ook jou bloeddruk. Dit kan duiseligheid veroorsaak wanneer jy opstaan. Soms beinlvloed dit ook jou kaliumvlakke, wat kan lei tot onaangename newe-effekte soos hoofpyn en moegheid.

Geen wonder dat ons soms wonder of dit selfs die moeite werd is om die medikasie te neem? Al hou ons nie van die newe effekte van verergerde simptome wat baie van die medikasie veroorsaak nie, gaan jy slegter voel sonder dit want hierdie medikasie wat jy daagliks neem is nodig vir die funksionering van jou liggaam met die minste fisiese stres wat daarop geplaas kan word. Sonder hierdie medikasie moet jou organe baie harder werk.

Brittany Foster stel voor in haar artikel dat jy jou simptome dokumenteer en sodoende 'n aktiewe rol speel in die versorging van jouself en die neem van medikasie. Dit help veral wanneer jy buitengewone simptome begin ervaar. Op dié manier kan jy agterkom of daar 'n patroon is.

Sy skryf: "Wanneer ek iets aan die dokter rapporteer wat kommerwekkend is, ontleed ek tendense. Het ek op daardie stadium 'n nuwe medikasie begin? Het ek onlangs 'n dosis verhoog of verminder? Is die simptoom op 'n spesifieke tyd van die dag of ongeveer dieselfde tyd van die maand? Op soek na hierdie patrone help om my simptome te verduidelik, wat dit vir die dokters makliker maak om vas te stel of die probleme medikasieverwant is, of lewenstylveranderinge kan help of as die onsekerheid verdere ondersoek benodig.

BRON:
https://pulmonaryhypertensionnews.com/2018/08/31/ph-medications-add-symptoms/?utm_medium=desktop-push-notification&utm_source=Notifications&utm_campaign=OneSignal
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 01, 2018, 01:09:57 AM
Hier is 'n baie insiggewende podcast deur 'n kardioloog wat handel oor die feit dat ons self verantwoordelik is om die name/dosis ens van medikasie te ken sodat jy dit kan noem aan jou spesialiste/dokters/mediese span. Dit is veral belangrik as jy op bloedverdunners is wat 'n wesenlik gevaar van ernstige bloeding kan inhou as jy sou val en beseer word. 'n Mens dink nie altyd daaraan dat jy dalk jou bewussyn kan verloor in die beseringsproses en as jy dan nie 'n rekord van jou medikasie in jou beursie of handsak het, die noodhulpspan nie bewus is van die gevare wat jou toestand kan inhou nie. PH pasiente moet spesiale sorg ontvang met die toedien van narkose, binne aarse voeding, en interaksies van ander medikasie met jou voorgeskrewe medisyne.

http://drwarrickbishop.com/ep03-keeping-track-of-your-medications/
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 02, 2018, 12:40:23 AM
Warfarin kan nekrose of gangreen veroorsaak.

Dit is nie algemeen bekend dat warfarin nekrose of gangreen (dood van vel of ander liggaamsdele) kan veroorsaak nie aangesien dit 'n uiters raar newe effek van warfarin is.

Alhoewel  dit 'n seldsame komplikasie is word medisie aangeraai om pasiënte te monitor vir die ontwikkeling van pers-toon-sindroom  (purple toe or blue toe syndrome) wat warfarin gebruik. Hierdie verandering kan ook voorkom a.g.v Raynaud's sindroom.

Selfsorg: Kontak jou dokter onmiddellik as daar enige kleurverandering op jou vel, tone/toonnaels, ulkusse of 'n ongewone probleem op enige area van jou vel of liggaam ervaar. Jy mag onmiddelike mediese sorg benodig om amputasie (verwydering) van die betrokke liggaamsdeel te voorkom.

Dit is dus uiters belangrik dat jy aandag skenk aan enige ernstige pyn wat skielik voorkom of kleur of temperatuur verander in enige area van jou liggaam nadat jy die medikasie begin neem het of enige dosis vermeerdering voorgeskryf is.

Meer leesstof:
http://patientblog.clotconnect.org/2011/03/29/purple-toe-syndrome/

https://www.ncbi.nlm.nih.gov/pmc/articles/PMC4069753/

https://medlineplus.gov/druginfo/meds/a682277.html

https://www.ncbi.nlm.nih.gov/pubmed/12741443

Vir meer inligting rakende Raynaud's sindroom:
https://www.mayoclinic.org/diseases-conditions/raynauds-disease/symptoms-causes/syc-20363571




Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 02, 2018, 12:49:11 AM
Atrial Fibrillation kan ook aanleiding gee tot 'Blou toon sindroom' (Blue toe syndrome)

Atriale fibrillasie (fibrillasie van die spiere van die atria van die hart) kan behandel word deur Warfarin-natrium, Coumadin, Flecainide-asetaat, Digoksien, Pradaxa.

Blou Toon Sindroom is 'n gebrek aan bloedvloei na die tone wat 'n blou verkleuring veroorsaak wat ook voorgekom het by persone met atriale fibrillasie / fladder, trombose, hoë bloeddruk, diep veneuse trombose, osteoporose pasiënte.

Sept 01 2018: Atrial fibrillation and Blue toe syndrome - from FDA reports
22 people who have Atrial Fibrillation and Blue Toe Syndrome are studied.


*Geslag van mense met Atriale Fibrillasie en Blou Toon sindroom:

Vroulik: 33.33%
Manlik: 66,67%

*Ouderdom van mense wat Atriale Fibrillasie het en Blou toon sindroom ervaar het:
 
 0-1: 0.0%
 2-9: 0.0%
 10-19: 0.0%
 20-29: 0.0%
 30-39: 0,0%
 40-49: 0,0%
 50-59: 0.0%
 60 +: 100%

*Mees algemene medikasie:

Coumadin: 11 mense, 50,00%
Warfarin Natrium: 7 mense, 31,82%
Clonidine: 4 mense, 18,18%
Robaxin: 3 mense, 13,64%
Sektrale: 3 mense, 13,64%
Glucophage: 3 mense, 13,64%
Aspirien: 3 mense, 13,64%
Pradaxa: 3 mense, 13,64%
Benicar: 3 mense, 13,64%
Detrol: 3 mense, 13,64%

BRON: https://www.ehealthme.com/cs/atrial-fibrillation/blue-toe-syndrome/


Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 05, 2018, 11:05:35 PM
Vir baie PH  pasiënte is 'n dubbel long- en hartoorplanting die laaste uitweg. Die volgende is lewensbelangrike inligting indien jy op die oorplantingslys is en voor-inplantings sirkulatoriese reddings-intervensies benodig. Die FDA het op 17 Augustus 'n waarskuwingsbrief gerig aan kardioloë oor die hoë sterftesyfer en beroertes geassosieer met  die 'Tydelike Totale Kunsmatige Hart (TAH-t) Companion 2-stelselsisteem' tydens 'n na-goedkeurings studie.

Meer spesifiek, sowat 60 persent van pasiënte oorleef ses maande na inplanting met die C2 stelselsisteem, in vergelyking met 74,2 persent van pasiënte wat die CSS Console ontvang het. Sterftesyfers was ook op drie maande hoër met die nuwe toestel (34,5 persent teenoor 22,5 persent).

Daarbenewens was die voorkoms van beroertes wat verband hou met die tweede sisteem meer as drie keer dié van die CSS-konsole op drie maande (26,5 persent teenoor 7,9 persent).

"Ons beveel aan dat u hierdie sterftes en beroertes sorgvuldig oorweeg tydens die TAH-t-na-goedkeuringstudie wanneer u behandelingsbesluite neem en die risiko's en voordele van die C2-stelselsisteem met pasiënte bespreek," het die brief, wat deur William onderteken is, bespreek. Maisel, MD, MPH, hoof mediese beampte van die FDA se Sentrum vir Toestelle en Radiologiese Gesondheid.

Volgens die brief het die agentskap voorheen data opgedateer oor 'n hoër sterftesyfer met die C2-bestuurder, veral onder pasiënte wat voor-inplantings sirkulatoriese reddingsintervensies benodig het.

Noudat die finale data uit is, beveel die FDA aan dat klinici die resultate van die studie oorweeg wanneer hulle behandelingsbesluite neem en hulle aanmoedig om negatiewe gebeure met die SynCardia TAH-t deur middel van die MedWatch-vrywillige verslagprogram aan te meld. Apparate wat vermoedelik geassosieer word met nadelige gebeurtenisse, moet ook teruggestuur word aan die vervaardiger vir analise.

Bron: https://www.cardiovascularbusiness.com/topics/heart-failure/fda-temporary-artificial-heart-linked-excess-mortality-stroke-risk

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 16, 2018, 12:02:42 AM
'Erkenning van kwesbaarheid tydens die hantering van kroniese siekte kan inderdaad 'n teken wees van dapperheid.'

Enige kroniese siekte gaan gepaard met vele verwarrende, kommerwekkende emosies wat soms onmoontlik lyk om te verwerk. Brittany Foster verwoord dit so pragtig in haar artikel. Sy skryf: "Vir die grootste deel van my lewe het "dapperheid" beteken dat ek braaf moes wees. Vir my het dit gelyk asof jy jou ware gevoelens moet wegsteek met 'n glimlag.

Daar is dae wanneer angs die oorhand kry, en daar is dae wanneer ek met hartseer oorval word. Depressief en hopeloos voel.

Ek het geveg teen die trane wanneer pyn ervaar was, en geleer om die fisiese gevoelens wat ek ervaar het bloot net te aanvaar totdat jy so oorweldig was en dit nie meer verder kon hanteer nie."

Brittany skryf verder: "Toe ek fisiese ongemak verduur sonder veel emosionele vertoon, het ek kommentaar gekry oor my "sterkte/braafheid" van dokters, verpleegsters, familielede en vriende. "Jy is so dapper," het hulle gesê.

Met die saamleef van PH is dit nodig om jouself te herinner dat dit nodig en goed is om te huil en te erken hoe jy werklik voel.

Die erkenning van simptome wat jy van oomblik tot oomblik ervaar, help om jou fisiese en geestelike gesondheid beter te hanteer.

Laat jouself toe om te huil tydens intense ongemak van pyn, benoudheid en al die ander fisiese simptome wat saam met jou siekte toestand gepaard gaan. Sodoende word dit meer hanteerbaar en kan jy dit 'een simptoom op 'n slag' beter beheer en verwerk.

Met die wegsteek van jou ongemak, vererger dit jou fisiese simptome en die angs oor pyn terwyl jy wonder wat gaan aan met jou tot die angstigheid in so mate toeneem dat jy oorweldig word deur emosies van hopeloosheid, woede, frustrasie en hartseer. Hierdie oorweldiging laat jou voel dat jy totale beheer oor gees en liggaam verloor.

Dit is nie net belangrik om die gevoelens oor jou fisiese simptome uit te druk nie, maar dit is ook ewe belangrik om te praat oor hoe jy geestelik voel. As gevoelens van woede teenoor jouself opbou, manifisteer dit ook ekstern en kan jy selfs kwaad word vir diegene wat jy liefhet en voor omgee en jouself blameer en kritiseer.

Dit is so belangrik om maniere te vind om hierdie verskillende emosies wat jy op 'n daaglikse basis ervaar, te hanteer en verwerk.

Dit is uiters moeilik om kwesbaar te wees en ander te laat weet hoe jy voel, maar dit is so noodsaaklik tydens die hantering van 'n kroniese siekte. Brittany noem dat sy dit nuttig vind om haar emosies tydens terapie te verwerk en om dit te bespreek met haar ondersteuningsgroep.

"Toe ek jonger was, het ek nooit besef dat om jou emosies openlik te deel en jouself toe te laat om jou hart oop te maak oor wat jy regtig fisies en geestelik beleef, so verfrissend kon wees nie."

Deur jou fisiese en geestelike probleme te verbloem omdat jy gedwonge voel om braaf voor te kom, is meer skadelik vir jou hele gestel.

Deur te deel oor dit wat jou pla is reinigend en laat jou toe om meer beheer oor jou liggaam te kry. Sommige dae kan jy die simptome verwerk met 'n glimlag. Ander dae is daar troos in die wete dat jy kan en mag huil wanneer dit nodig is en dat jy jou woede en gevoelens van nederlaag openlik kan erken en uitdruk.

Herkenning van fisiese simptome en enige verandering in jou geestesgesondheid maak dit makliker om voort te gaan in die stryd teen 'n kroniese siektetoestand soos PH.

Bron: https://pulmonaryhypertensionnews.com/2018/03/23/managing-ph-taught-me-vulnerability-is-courageous/
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 18, 2018, 08:11:10 AM
Teenmiddels: Warfarin Vs. NOACs (Novel Oral AntiCoagulants)

Kommerwekkende inligting rakende Vit K, die teenmiddel vir Warfarin - min mense besef dat die toedien van 'n Vit K inspuiting tot ses ure en meer kan neem om effektief, ernstige bloeding te stop!

Meeste pasiente is onder die indruk dat Vit K 'n onmiddelike teenreaksie tydens bloeding gaan veroorsaak. Die realiteit is dat dit tyd neem vir die afhanklike faktore van Vit K om te produseer. So as iemand dus ernstige bloedingsprobleme met Warfarin het en hulle ontvang Vitamien K om die stollingstelsel te probeer herstel, moet die lewer daardie faktore eers produseer om die stelsel weer effektief te laat werk. Vitamien K se afhanklike mede-faktore kan ses ure of meer neem om te begin produseer.

In 'n noodgeval as jy bv. 'n been gebreek het, of as jy interne bloeding het of dringende chirurgie benodig,  en daar 'n vereiste is om dadelik die antikoagulasie te keer, veral in 'n situasie van ernstige bloeding, dan kan dokters vars gevriesde bloedoortappings gee plus  die produkte wat die faktore vir nodige stolling in die pasiënt insluit sodat bloeding gestop kan word en die koagulasiesisteem of stolstelsel terug na normaal kan keer.

Om die proses van antikoagulasie te stop is die eenvoudigste manier om die medikasie te weerhou. Met verloop van tyd produseer die liggaam die faktore wat betrokke is in die koagulasie-proses, en die stelsel keer terug na normaal.  Dit kan 'n kwessie van dae wees vir die meeste van die agente.

Vir meer inligting rakende verskillende bloedverdunnermiddels besoek onderstaande skakel van die praktiserende kardioloog, Dr Warrick Bishop.

BRON: http://drwarrickbishop.com/ep11-reversing-anticoagulants-warfarin-vs-noacs/
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on September 18, 2018, 10:53:34 AM
Dankie vir die inligting.  Nou weet ek ook.   :bootyshake:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 19, 2018, 12:43:55 AM
Voorreg van deel altyd myne PM. Ek vind dokter Bishop se podcasts baie insiggewend. Vir die ouens wat op bloedverdunners geplaas word weens gesondheidsrisiko's is daar altyd die gevaar van bloeding. Nie net tydens ongelukke of beserings weens duiseligheid en val nie maar wel ook spontane bloeding wat kan plaasvind in die brein en ingewande.

Gereelde toetse om seker te maak dat daar geen gewasse (lesions) in die dermsisteem is nie, kan inwendige bloeding betyds voorkom word. Dit is ook belangrik dat pasiente wat op Warfarin geplaas word, gereeld hulle INR toetse ondergaan om seker te maak dat dit bloedstollingstyd binne bepaalde perke is vir wat ook al die rede vir gebruik is.

Bloedverdunners is deel van sommige PH behandelings soos wannneer daar gevaar is/was van beroertes of hartritmeversteurings waar die bloedtoevloei nie altyd voldoene voorsien word aan die res van die liggaam nie, soos in die geval van atrial fibrillation. In hierdie gevalle sal daar dan ook 'n beta blocker voorgeskryf word en een van die newe effekte is duiseligheid wat weereens die gevaar van beserings tydens val, verhoog.

In die meeste gevalle van A-fib sal 'n pasaangeër nie die oplossing wees of enige verskil maak nie aangesien dit gebruik word in gevalle waar die hartritme te stadig is. Met atrial fibrillation klop die hart te vinnig (vibreer). Wanneer dit wel 'n verskil sal maak is wanneer daar chirurgiese ingrepe is om die seine van die een deel van die hart af te sny in leke taal. 

Vir meer inligting:
http://drwarrickbishop.com/ep44-clots-and-drugs/
http://drwarrickbishop.com/ep28-unexpected-positive-effects-on-anticoagulation/
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on September 19, 2018, 12:51:13 PM
Dit is altyd vir my baie interessant om te lees en te leer.  Wanneer mense in 'n geselskap hierdie onderwerpe aanroer dan weet jy ten minste waarvan hulle praat. 
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Anastasia on September 19, 2018, 08:37:53 PM
Mater, ek was gister by kardioloog.  Dinge lyk maar nie goed nie.  Gaan Dinsdag vir angiogram.  Dit lyk asof ek 'n hartaanval gehad het, maar, ek being me, dit nie geweet, verder gedrafstap deur die lewe.  Maar die angiogram sal alle raaisels ontbloot.  En dan maar sien watter verdere prosedures en pad nodig is.  Ook maar alles uitvloeisels van die lupus.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 19, 2018, 11:08:47 PM
So bitter jammer om dit te hoor matertjie. Sterkte met die pad vorentoe. Jy is 'n wonderlike voorbeeld van deursettingsvermoë vir ons almal. Ek is hier as jy enige vrae het. Sal bid dat die lupus nie 'n vakbondskap met die asemdief aangegaan het soos wat hulle vermoed nie.

 :love7: :notworthy:

Voor my eie diagnose 6 jaar gelede het ek basies dieselfde pad gestap as jy. Dok het ook vermoed dit was 'n hartaanval en my opgeneem. Die EKG was abnormaal en suurstofvlakke in bloed te laag. Die drukking in longare het hulle misgis met 'n longonsteking  :crybaby2: Daarna het 'n lang lang reeks toetse gevolg en uiteindelik het ons kennis gemaak met die twee letters in die alfabet wat 'n mens beslis nie langsmekaar wil sien op jou mediese verslae nie 'PH'.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on September 20, 2018, 01:08:05 PM
Ek is jammer om te hoor jy is olik.  Het gewonder hoekom jy so stil is Anastasia.  Ek hou styf duime vas dat dit nie ernstig is nie en dat jy gou weer op die been sal wees. 
Ek het geen kennis van Lupis nie.  Kan jy asseblief 'n bietjie inligting verskaf.  As jy wil maak ek vir jou 'n afdeling oop. 
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 21, 2018, 04:25:36 AM
My hele menswees gaan uit na ons brawe matertjie. 

Vanoggend wil ek graag gesels met ons lesers wat nuut gediagnoseer is met 'n kroniese siekte wat PH veroorsaak het soos o.a  autoimmune toestande. Met ander woorde siektes waar jou liggaam se eie beskermingsmeganisme (immune stelsel) skielik teen homself begin veg.

In baie eenvoudige leke taal kan ons die immunestelsel beskou as 'vegters-eenhede (helper selle)' van die liggaam wat ons beskerm teen infeksies, virusse ens. Van hierdie vegterselle identifiseer die 'vyand' soos 'n weermag en merk hulle sodat die 'lugmag en vloot' kan toe tree tot die geveg.

Hierdie proses kan vereenvoudig word in 'n seesaw effek.

Tydens identifisering van die vyand (kieme, virusse, bakterie ens.) is van die vegterselle byvoorbeeld bo, en ander onder. Die proses geskied met fyn balansering in ons liggaam. Sou daar iewers iets verkeerd gaan en die proses word ongebalanseerd en stol in 'n posisie omdat die 'geveg' te lank duur kan autoimmune siektes die liggaam tref soos byvoorbeeld lupus, RA, MS.

Daar is 'n pragtige vergelyking vir hierdie toestande: Jou immunestelsel is soos die wereld se beste bokser wat in die eerste rondte 'n bietjie goed opgevoeter word deur die opponent.

In die tweede rondte word hy geblinddoek en die ref, beoordelaars en borge word ook toegelaat in die bokskryt. Nou kan die kampioen glad nie sien wie is wie nie! So hy gaan dus voort en slaan verwoerd na vriend en vyand.

Tydens hierdie blinde geveg in ons liggaam kan dit ook nie onderskei tussen goed en kwaad nie en val die liggaam homself aan.  Sommige van hierdie autoimmune toestande, soos 'n sekere vorm van Lupus, kan dan ongelukkig ook aanleiding gee tot PH.

Vir meer inligting:

https://pulmonaryhypertensionnews.com/2017/04/13/pulmonary-hypertension-related-diseases/
https://www.medicalnewstoday.com/info/lupus
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 21, 2018, 09:40:00 AM
Vir ons nuutgediagnoseerde leser of as jy inligting soek vir 'n vriend(in), familielid of versorger van 'n PH lyer is:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/What%20if%20it%20is%20PH.png)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on September 21, 2018, 12:18:50 PM
My groot wens is dat die ander mediese onderwerpe ook soveel aandag kry soos hierdie een Raaitjie.  Jy weet hoe ek voel.  Hierdie onderwerp en die hulp wat dit aan PH lyers bied, die liefde en aandag wat jy hier inpak, maak hierdie forum deur en deur die moeite werd.  Alles te danke aan jou.  Ek knak   MY  knieg vir jou en is werklik baie dankbaar. 
Kyk hoeveel keer is hierdie onderwerp gelees, en dit is nog ver van klaar af. 
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 24, 2018, 11:36:12 PM
Ek waardeer jou woorde en gereelde inloer opreg PM. As iemand inligting plaas oor mediese onderwerpe dink ek is dit belangrik dat hulle gereeld terugvoering gee en nuwe inligting waar moontlik, plaas. Dit verg redelike navorsing en jy moet weet dat die persone wat gaan lees slegs die is wat belang het by die onderwerp hetsy dit as pasient, versorger of 'n bekommerde familielid is.

Soos altyd: 'we share because we care!' 

As jy paaie gekruis het met 'n kroniese toestand en in die proses inligting oor jou eie ervarings daarmee kan deel, voel dit vir my persoonlik of dit darem 'n doel dien in die lewe en ek onthou so goed hoe magteloos 'n mens voel as jy begin soek na betroubare inligting na diagnose - veral rakende 'n raar toestand soos PH wat ekstra las op die werking van jou hart plaas en kan lei tot hartversaking (heart failure).

Dit was dan ook die eerste woorde wat ek gehoor met my eie diagnose: "Daar is abnormale drukking in jou hart en longare. As dit nie behandel word nie gaan jy hartversaking kry en dit kan fataal wees."

Hierna het die nagmerrie van toets op toets gevolg wat soos 'n leeftyd voel want dit duur voort. Maar in die proses begin die simptome uiteindelik sin maak soos wat jy kennis inwin van wat presies PH behels en hoe belangrik dit is dat jy weet watter soort pulmonale hipertensie jou pad gekruis het en jou mediese span spesialiste 'n behandelingsplan voorhou wat jou lewenskwaliteit kan verbeter aangesien daar nog geen cure vir PH is nie.

Een van die simptome van die asemdief nl. onreelmatige hartklop (palpitations) hou dan ongelukkig ook altyd 'n wesenlike gevaar van klontvorming in. Dit is dus nodig dat ons 'n klein bietjie insig rondom die vorming van klontjies en die behandeling daarvan verstaan. Dokter Warrick verduidelik hierdie proses van klontvorming baie eenvoudig in die *skakel (sien bron vir verdere inligting.)

In eenvoudigste terme is daar volgens hom twee hoofkomponente wat aanleiding gee tot die vorming van 'n klont. Een van die komponente is die klein deeltjies wat uit die beenmurg kom nl. bloedplaatjies. Hulle is kleurloos en deel van wat 'n stolsel (klont) vorm.

Die ander komponent in samewerking met bloedplaatjies, is 'n sterk kruisbruggende strandproteïen genaamd fibrien. Dit vorm 'n gaaswerk en hierdie netwerk met bloedplaatjies vorm die stolsel.

As die bloedvate beskadig word, word die inhoud van die bloedvate bewus daarvan omdat proteïene en merkers wat normaalweg nie aan die sirkulasie blootgestel word nie, nou blootgestel is. Sodoende kom die bloedplaatjies in kontak met reseptore wat hulle normaalweg nie sou nie.

Dié reseptore aktiveer die bloedplaatjies en veroorsaak dat hulle veranderinge ondergaan ter voorbereiding van die vorming van 'n stolsel. Terselfdertyd vind 'n proses van verskillende faktore plaas om fibrien te produseer.

*Vir meer inligting: http://drwarrickbishop.com/ep19-how-clots-occur/
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 25, 2018, 06:36:35 AM
BLACK BOX WAARSKUWINGS OP MEDIKASIE

Weet jy wat 'n 'black box warning' op voorgeskrewe medikasie soos bv. Pradaxa (om bloedklonte te voorkom en te behandel) beteken?

A black​ ​box ​warning is a​ ​consumer​ ​warnings ​with​ ​a​ ​black​ ​border​ ​placed​ ​on​ ​labels​ ​calling​ ​out​ ​the​ ​product’s serious​ ​health​ ​risks. Black Box warnings are not something to take lightly. For the FDA to warn about a drug means it’s pretty bad. The last stop before a recall notice!

Pasiënte wat byvoorbeeld ophou om Pradaxa te neem sonder om 'n antikoagulasie protokol te volg, het 'n verhoogde risiko van beroerte. Newe-effekte van Pradaxa sluit in ernstige interne bloeding, beroerte, nierversaking, lewerversaking en hartaanvalle.

By ouer pasiënte is daar 'n beduidende neiging tot interne bloeding. Na slegs die eerste twee jaar op die mark was die antistolmiddel, Pradaxa, aan meer as 500 sterftes gekoppel. Daardie getal is nou in die duisende.

Lees asseblief die inligting op onderstaande skakels.

https://www.consumersafety.org/drugs/pradaxa/

Nog 'n black box waarskuwing verskyn ook op CIPRO (voorgeskryf vir bakteriese infeksies)
Ciprofloxasien is 'n antibiotika genaamd "fluorokinolone" en sluit in Levaquin en Avalox wat gebruik word om verskeie bakteriese infeksies te behandel soos chroniese brongitis, aansteeklike diarree, urienweginfeksies (UTI's) en meer.

Hoekom 'n Black Box waarskuwing?

Verhoogde risiko van tendonitis en tendonbreuk (insluitend Achillespees)
Voorkoms van akute lewerskade.
Senuweestelselskade en neurotoksisiteit. (Verslae gevind in meer as 300 studies).

Vir 'n lys van nog medikasie wat 'n black box waarskuwing het, volg hierdie skakel asseblief!

https://deeprootsathome.com/black-box-warnings-drugs/

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 25, 2018, 11:26:25 PM
Ek glo met  my hele menswees dat Megan Marjorie se woorde 'n spieëlbeeld sal wees vir elkeen wat lewe met 'n kroniese siektetoestand. Haar uitdrukking van 'ek is 'n professionele pasiënt' het my diep getref en wil graag haar wysheid deel met diegene wat ook 'professionele pasiënte' is.

Om siek te wees, is nie wie jy is nie. Dit is net iets waarmee jy moet saamleef.

Ek sal lieg as ek sê my siekte het my nie beperk nie. Dit het om 'n "suksesvolle" lewe te lei volgens anders se maatstaf, verfonkfaai.

As gevolg van my siekte het ek geleer dat ek krag besit wat die meeste gesonde mense sou beny.

As gevolg van my siekte het ek geleer dat die lewe 'n geskenk is wat nie vermors moet word nie, so ek behandel dit dienooreenkomstig.

Wanneer die geleentheid vir avontuur kom, gryp ek elke geleentheid aan, alhoewel ek later later fisies gaan betaal vir die pret beleef. Ek maak seker dat die genot ervaar, elke ons van pyn agterna die moeite werd gaan maak.

As gevolg van my siekte kan ek skoonheid en vreugde vind in selfs die mees alledaagse of pynlike ervarings.

As gevolg van my siekte het ek my 'stem' gevind. Ek het my passie gevind. Ek wil hê ander moet weet dat 'n lewe vol pyn en stryd nog steeds 'n pragtige en wonderlike vol lewe kan wees.

Dit mag nie vir 'n gehoor van duisende wees nie, maar ek het geleer dat wat ek moet sê en wat ek skryf, saak maak.

Deur my ervarings te deel, kan ander minder alleen voel, maak nie saak wat hulle beleef en ervaar nie.

My lewe mag nie wees wat ander as "suksesvol" beskou nie - maar ek is trots op wie ek is en wat ek bereik het.

En my toekoms, hoe lank dit ookal gaan wees, mag dalk nie die wêreld se weergawe van "suksesvol" wees nie maar dit sal pragtig en die moeite werd wees, want ek werk hard daaraan om my lewe te laat draai om die dinge wat ek lief het en ek is trots daar op.

BRON: https://themighty.com/2018/09/hearing-im-sorry-being-chronically-ill/?utm_source=engagement_bar&utm_medium=facebook&utm_campaign=facebook_share
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Naas on September 26, 2018, 03:42:39 AM
Ek is wie ek is omdat ek is... probeer my keer...


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 26, 2018, 06:37:26 AM
Amen!  :love7: :hello2: :notworthy:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Anastasia on September 27, 2018, 07:16:02 AM
Ek is eindelik weer tuis. Dankie vir die goeie wense. Die uitslae van die toetse was goed. Die Angiogram toon mooi oop are, geen hartskade. Verdere longskanderings en longfunksietoetse toon dat vir my jare en onaktiwiteit die longfunksie heel goed is. Die spesialis rule uit dat dit pulminere hipertensie kan wees.

Alhoewel ek steeds so naar voel, met 'n beklemming om die bors en hartkloppings met duisel spells, weet ons nou daardie dinge is reg.

Ek het wel 'n erg flukturerende glukose en suiker vlak, wat ek met regte dieet onder beheer moet kry. Ek het in verlede juis 'n soet ding gegryp as ek so voel, wat die vlakke natuurlik verder versteur het.

Goeie nuus is dat ek ook nou 'n afspraak het agv al die omswerwinge by 'n goeie rumatoloog wat my rumatiek en lupus verder gaan ondersoek en behandel, en ook 'n ortopeed, wat gaan poog om my skeefgetrekte 'chassis' stuk vir stuk reg te kry, van die enkels, knieee en heupe af. Hopelik kan ek dan ook meer aktief weer raak.

So, alles maar ieperkonders van 'n ou vrou!
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 27, 2018, 07:26:46 AM
 :love7: :hello2: :notworthy: :icon_salut: :`ip2:

Beste nuus. Baie dankie dat jy laat weet het liefste mater van ons. Sterkte vir jou pad vorentoe. Ek glo jy gaan die wenpaal stralende bereik met elke doelwit wat jy wil bereik!
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on October 19, 2018, 04:18:28 AM
Pasiënte met 'n kombinasie van hart- en longprobleme weet hoe belangrik dit is om so gou as moontlik behandeling te ontvang indien jy griepsimptome toon. Dit is soms moeilik om te onderskei tussen verkoue en griep.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Cold%20VS%20Flu.jpg)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on October 19, 2018, 10:44:09 AM
Dankie vir die uitwys van verskillende toestande.  Dit sal handig te pas kom Raaitjie. 
Ek is dankbaar dat jy goeie ruseltate gehad het Anastasia. 
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 01, 2018, 12:45:54 AM
Dit is weer November - en dit beteken bewusmakingsveldtogte van die asemdief. 

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/pH%20Skaal%20en%20PH%20kwaal%20awareness%202018.jpg)

Benoud & Uitasem na ligte inspanning? Pyn op die bors & Hartkloppings? Duiselig & Naar? Geswelde bene/enkels & maag? Intense moegheid & blou lippe/vel? Onverklaarbare floutes en ongemak na ete? Hierdie is simptome wat jy nooit ligtelik moet opneem of verontagsaam nie! Dit kan 'n aanduiding wees van abnormale drukking in jou hart en longare.

Raadpleeg jou dokter en dring aan om deur 'n mediese span wat kennis dra van pulmonale hipertensie, getoets te word. PH kan NIE met 'n gewone bloeddrukapparaat om jou arm gemeet word nie!
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on November 01, 2018, 12:41:51 PM
Ons dink aan julle, ek dink dit gaan makliker as dit koeler is?
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 01, 2018, 09:21:22 PM
Baie belangrike vraag PM. Verseker word PH beinvloed deur sekere klimaatsfaktore.  Dit is belangrik dat pasiënte bewus is daarvan.

Koue weer vererger benoudheid omdat dit jou meer uitasem maak en wintermaande hou groter gevaar in vir verkoues, griep en longontsteking. Pasiënte word aangeraai om serpe te dra waarmee jy ook jou gesig teen die koue lug kan beskerm. Die dra van 'n masker wanneer jy in groot winkelsentrums inkopies doen is ook baie wys aangesien kieme selfs met 'n nies versprei en ingeasem kan word. Sorg dat jy warm aangetrek is. 'n Lekker mus en handskoene help beslis. Tuis is pantoffels en troetelkombers 'n teenvoeter vir die koue vyand. Dit word ook aanbeveel dat jy 'n warm kombers in die motor hou - veral vir diegene waar dit sneeu gedurende die koue maande.

Onthou dat droë, warm lug ook jou longe irriteer.  Besoedelde lug is een van die grootste sondebokke.  :crybaby2:

Baie warm weer kan simptome vir PH-pasiënte vererger en hul risiko van hitte-uitputting en dehidrasie verhoog. Vermy kafeïen en alkohol. Onthou om voorgeskrewe vogbeperking ingedagte te hou. Dit sal dalk nodig wees dat jy hierdie beperking met jou PH spesialis bespreek gedurende erge hittegolwe!

Dra ligte, los klere, gebruik 'n goeie sonblok en dra 'n wye sonhoed. Probeer om in 'n lugversorgde omgewing te bly, rus gereeld en vermy onnodige uitputting gedurende die warmste deel van die dag. 'n Waaier kan verliging bring maar is nie genoeg tydens hittegolwe nie. Oorweeg 'n besoek aan die biblioteek of sentrums waar daar lugversorgers is. 'n Koue stort of bad sal ook help. 'n Nat koel waslap of klein handdoekie oor jou gesig is ook 'n ware lafenis tydens intense hitte.

Hoë hoogtes het 'n beduidende impak op PH pasiënte. Lae atmosferiese druk veroorsaak laer suurstofvlakke in die bloed en die bloedvate in die longe vernou, wat 'n toename in pulmonale druk veroorsaak, beide in PH pasiënte en gesonde mense. Dit kan veroorsaak dat simptome vererger en meegaande afname in oefenvermoë.

Lae humiditeit sal ook jou longe affekteer.

Hierdie skakel het wonderlike inligting:
https://phassociation.org/patients/living-with-ph/climate-and-ph/

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 02, 2018, 01:30:11 AM
"Maar jy lyk nie siek?!"
"Jy lyk dan so gesond?!"
"Het jy al die of daai probeer...?"
"Dalk liewers 'n sielkundige raadpleeg...?!"
"Wonder hoekom straf die Here party mense so?"
"Jy moet familievloeke afsny, ons bid bid en jy bly dan siek!"

 :icon_scratch: :pottytrain5: :dontknow:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/PH%20is%20onsigbaar_1.jpg)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/PH%20insides%20attacking%20themselves_2.jpg)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 03, 2018, 12:19:48 AM
Dit is belangrik dat PH pasiënte met hartklep-probleme hierdie onder die aandag van hulle mediese span bring aangesien persoonlike ervaring my geleer het dat NIE al die dokters/spesialiste bewus is van die feit dat medikasie vir PAH ernstige newe effekte kan inhou vir WHO group 2 PH pasiente nie.  Ek het reeds in die verlede 'n artikel gedeel waarin die gevaar van sommige PAH medikasie wat gebruik word vir ander vorme PH wat verbonde is hartprobleme uitgewys was.

"Pulmonale hipertensie word gedefinieer as verhoogde bloeddruk in die longe," het dr. Satjit Bhusri, 'n kardioloog by die Lenox Hill-hospitaal in New York, gesê. "Hierdie hoë druk kan wees as gevolg van 'n abnormaliteit binne die longe of as gevolg van langtermyn hoë druk vanuit die hart - soos 'n strukturele probleem met 'n hartklep wat oorgedra word aan die longe."

Onlangse studies het voorgestel dat die impotensie-middel Viagra (sildenafil) die probleem kan help, bekend as "pulmonale hipertensie gekoppel aan hartvatsiekte."

Maar nuwe navorsing dui daarop dat die medisyne die teenoorgestelde kan doen - dit verhoog die hartrisiko's van pasiënte.

In wat hy 'n "verrassende bevinding" genoem het, lei ses maande behandeling met sildenafil tot erger kliniese uitkomste as placebo, het mnr. Javier Bermejo, hoofnavorser by die Gregorio Maranon-hospitaal in Madrid, Spanje, gesê.

In die laaste reël het hy gesê: "Langtermyn gebruik van sildenafil vir die behandeling van residuele pulmonale hipertensie by pasiënte met hartvatsiekte moet vermy word."

Chirurgie kan die valvulêre probleem regstel, het hy gesê, en terwyl "die hoë druk in die longe beter kan word, kan die drukking ook inteendeel verhoog word!"

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on November 03, 2018, 06:53:35 AM
Ja nee kyk.  Hierdie toestand laat nie ruimte vir enige speletjies nie.  Dit is ook nie vir sissies nie,   :bootyshake:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 03, 2018, 01:00:58 PM
Verseker PM! Ek het jou vraag oor klimaat se invloed op die asemdief op bl 30 beantwoord hoor. Vanaand wil ek 'n gedeelte uit die bewusmakingsveldtog van 'n ander blad deel wat vir my baie treffend was:

"....the pure act of breathing is such a beautiful gift and we should never take it for granted.
.
Take a minute, breathe in slowly and exhale slowly! Bank that feeling in your memory and when ever things get hard remember you can just breathe where others often can't. Your troubles will seem much smaller when compared to those whose daily struggle is to just breathe. #beAbreath..."

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 04, 2018, 02:01:35 AM
17 Van die goedgekeurde PH behandelinge vir die verligting van simptome en om 'n beter lewenskwailiteit te voorsien (waarvan net 4 veilig gebruik kan word vir PH pasiënte met hartklepdefekte) en nog steeds nie EEN wat PH kan genees nie  :crybaby2:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/17%20Approved%20Treatments%20for%20PH.jpg)

'n Mede PH'er het my aandag daarop gevestig dat sy medikasie gebruik wat nie op die lys is nie nl. Orenitram. Hierdie medikasie val onder Treprostinil wat 3de op die lys verskyn.

Treprostinil is available in three different formulations and four different routes of administration for the treatment of pulmonary arterial hypertension (PAH) :
Remodulin® (treprostinil sodium, intravenous and subcutaneous administration)
Tyvaso® (treprostinil sodium, inhaled administration)
Orenitram® (treprostinil diolamine, oral administration)

Epoprostenol is the synthetic equivalent of prostacyclin, and treprostinil and iloprost are both stable synthetic analogs.

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 06, 2018, 08:48:43 AM
Geseend is die PH pasiënte wat toegang het tot verskeie behandelings. Ek het die volgende artikel ontdek waarin 'n mede PH mater Denneys (wat in 2006 gediagnoseer was) gesels het in 2016 oor die te kort aan beskikbare medikasie in Suid Afrika.

Ongelukkig het ek nog nie terugvoering gekry om te hoor of daar in die afgelope twee jaar nog verdere behandelings bygevoeg is nie maar sodra daar bevestiging is sal ek terug rapporteer.

"A Cape Town woman suffering from pulmonary hypertension, a rare lung disease, has been given six months to live after she says doctors at Groote Schuur Hospital reduced dosages and cut back on her medication which could potentially have prolonged her life.

Pulmonary hypertension is the same disease that killed 20-year-old Jenna Lowe, three years after she was diagnosed with the disease and six months after a bilateral lung transplant.

Like Lowe, Shulman was also misdiagnosed several times before doctors realised what she was suffering from.

Shulman said the Pulmonary Hypertension Association of SA eventually referred her to cardiologist Dr Jan Smedema, and she had been responding well under his treatment until forced to go to the state facility.

Smedema confirmed that Shulman’s condition was deteriorating and said it was disappointing her dosages had been reduced at Groote Schuur.

He said he often had to fight to get the right drugs for his patients.

“I sit on the phone and harass the medical schemes so it’s disappointing to see the treatment she is getting.”

He said pulmonary hypertension was a rare but deadly condition, much like terminal cancer, and it often affected young, productive women.

Smedema questioned why expensive drugs were given to transplant patients yet not to patients such as Shulman.

“It seems there are some doctors that hide in big state institutions without caring for their patients yet still get paid their high salaries,” he said.


Denneys Niemandt the former chairman of the Pulmonary Hypertension Association of SA, who was diagnosed with the disease in 2006, said people who did not have medical aid were often left “stranded”.

Even with medical aid, he has to re-apply every year for his chronic medication, and his doctor has to provide written motivation for it. He said the experience had been different when he had been diagnosed with cancer last year.

“Within two days all my medication had been approved.”

“In Europe and the US, there are 15 or 16 types of medication for pulmonary hypertension, some of it free. In South Africa, there are only two officially registered ones that have to be imported at huge cost.”

What was also frustrating, he said, was that his European connections had indicated they would be willing to send medication to South African free of charge but, because of red tape in South Africa, it would be seized and destroyed.

Alaric Jacobs, spokesman for Groote Schuur Hospital, said Shulman was receiving the available medication for her condition.

He said that Bosentan was not a registered medicine in South Africa and there was no generic for it in the country.

What was also frustrating, he said, was that his European connections had indicated they would be willing to send medication to South African free of charge but, because of red tape in South Africa, it would be seized and destroyed.

Alaric Jacobs, spokesman for Groote Schuur Hospital, said Shulman was receiving the available medication for her condition.

He said that Bosentan was not a registered medicine in South Africa and there was no generic for it in the country.

BRON:
https://www.iol.co.za/news/south-africa/western-cape/i-went-to-state-hospital-it-was-downhill-from-there-1989222
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: adele on November 06, 2018, 12:39:25 PM
Ekke lees hierdie hartseer ervaring oor ons klinieke en gesondheidsorg in ons mooi land. En dan dink ek aan die standaard wat ons jare gelede gehandhaaf het, en nie net in die sg blanke gedeeltes nie. Ja, ek weet in die swart wagkamers het baie mense lank gewag, maar dié dinge het mos verander en wie weet beter as ek hoe swaar almal deesdae kry wanneer jy afhanklik is van die staat se sorg.
Hoeveel keer moes ons nie hoor: Dis hoe die stelsel deesdae opereer, jammer meneer, ons kan niks anders doen nie .... en dan word ons geboek vir drie of vier weke verder, want môre of volgende week is die dagboekbladsy reeds oorvol  :crybaby2:  :dontknow:  :crybaby2:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 06, 2018, 12:52:57 PM
Weet jy mater die hartseerste is dat ek die ouens betrokke by bewusmaking van PH in SA twee keer gekontak het om te hoor of daar enige nuwe medikasies beskikbaar is en nog geen antwoord ontvang nie. In my soektog na inligting het ek toevallig op hierdie artikel afgekom.

Die pryse van hierdie medikasies is met een woord belaglik. 'n Maand se voorraad vir sildenafil (volksmond viagra) vir die behandeling van PH om die long are te verwyd, is $1,600. Baie pasiente is op drie tot vyf medikasies waarvan sommiges tot $30 000 per maand beloop.

 

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: adele on November 06, 2018, 01:14:24 PM
GOEISTE! Dan bly mens maar daarsonder en leef na die beste van jou vermoë tot die einde. Want sulke pryse sal hierdie land sekerlik nie met vreugde betaal nie.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 07, 2018, 12:54:07 AM
Asemrowende pryse inderdaad Adele! As jy dit oorskakel na Rande is dit astronomies. Ek haal net 'n paar pryse aan. Volg asb die skakel vir 'n volledige lys  :crybaby2:
 
Drug                                     Average Daily Drug Cost ($)                               Average Annual Drug Cost ($)

Macitentan (Opsumit)                       $128                                                                           $46,840
Ambrisentan (Volibris)                      $123                                                                           $44,719
Treprostinil sodium (Remodulin)        $142.81 to $281.25                                                     $52,126 to $102,656

BRON:
https://www.ncbi.nlm.nih.gov/books/NBK349251/table/T30/
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 08, 2018, 12:30:28 PM
Ek lees deur die verskillende emosies op die bewusmakingsplasing van PHA UK en besef dit is net genade alleen wat jou staande hou in die geveg waar jy 24/7 teen benoudheid oorlog voer agter brawe maskers.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/How%20breathless%20makes%20you%20feel.jpg)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 08, 2018, 12:36:17 PM
My antwoord as iemand vra hoe was jou dag: Net asem gesteel - skop nog dankbaar in slow motion  :bootyshake:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/PH%20sucks.jpg)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on November 09, 2018, 01:20:40 PM
Ai, ek het hartversaking en spook met kortasem, ek wil nie weet hoe ongelooflik moeilik dit is vir julle ouens nie.  As ek so moeg en kwesbaar voel sit ek net waar ek sit en ek is dankbaar dat ek so baie gedoen het toe ek nog kon.  Nou voel ek nie meer so baie skuldig omdat ek so vrot is nie.  Ek het mos my deel gedoen.   :icon_biggrin:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 10, 2018, 08:30:05 AM
Ai liefste mater, so jammer om dit te hoor. Drukkie van omgee en verstaan vir jou  :love7:

Dit verg 'n aanpassing wat net diegene verstaan wat self deur hartversaking se simptome geraak word. Ek gaan sommer die bewusmakings-samestelling hier deel wat ek vir 'n PH and Congestive Heart Failure ondersteuningsgroep op FB gemaak het. Ek glo dat jy meeste van hierdie simptome geleer ken het  :crybaby2:

Het jy al by 'n ondersteuningsgroep vir hartversaking aangesluit? Daar is 'n wonderlike groep op FB - soek net 'heart failure support groups' op. Ek het by twee aangesluit en so baie geleer. Voel glad nie meer so alleen nie. Dit is wonderlik om te lees dat ander met dieselfde simptome stoei.

Soms voel 'n mens oorweldig as simptome van die kruis wat jy dra dreig om jou te knak. Dan is dit nodig om jouself aan die kraag beet te kry en geluk te wens dat jy nog staande kan bly - die wete dat daar ander is wat 'n baie swaarder kruis as jy dra maak jou las ligter.
Ek weet van gevalle waar mede maters in die bokskryt moes klim met twee soorte kankers terwyl hulle nog in die asemdief-oorlog ook aanhou veg.

Wat ons nie moet vergeet nie is dat elke persoon se kruis vir hom of haar 'afgemeet' was het my geliefde ou sussatjie altyd vir my vertel. Afgemeet volgens dit wat ons kan dra.

Wat ek kan hanteer, sal jou kniege knak en as ek jou pakkie sou wou dra sou ek die witvlag moes hys en my eie terugvra!

Die afgelope twee dae het PH en CHF my amper onder gekry maar genade van Bo, die onderskraging van 'n aardse engel as wederhelf aan my sy, die humorsin van mede maters hier op die forum het my deurgedra. Dit is soms nodig om te erken dat die pad rof is.
 
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/PH%20and%20CHF.jpg)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on November 12, 2018, 10:16:17 AM
Ek lig my hoed vir die ouens wat so swaar kry en nog met 'n laggie "om die snoer" deur die dag gaan.  'n Mens kan maar net "sterkte" sê!
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 13, 2018, 08:03:34 AM
Dankie vir omgee weereens mater. Ons dra werklik mekaar se welstand op die harte.  :love7: :notworthy: Wonderlike voorreg om die inligting wat ons self ervaar op ons onderskeie paaie met skete en kwale te kan deel omdat ons omgee. Ek sien ons leserstal staan nou op 130 026.  My hart klop warm!

Van harte gepraat - ek het reeds in 'n hele paar plasings genoem dat die groot vrees vir enige PH pasient altyd maar daar is dat die volgehoue drukking in hart- en longare sal veroorsaak dat die hart nie meer kan byhou onder die verhoogde werks-las om aan die liggaam se behoefte te voorsien vir bloedtoevoer en hartversaking gaan intree.

Hierdie toestand kan dan vererger in so mate dat 'n dubbel long- en hartoorplanting die laaste uitweg is.

Vandag wil ek spesifiek gesels oor die ritmeversteurings wat PH pasiente ervaar. Dit is en bly 'n nare ervaring en mens raak onwillekeurig altyd beangs en die onsekerheid of die PH besig is om uiteindelik die finale tol te eis, vreet jou van binne af op, veral as die versteurings skielik meer intens ervaar word. 

Die laaste paar weke het ek erg las gehad met hierdie kalant en het skoon bedons geword want dokters en spesialiste het net nie tyd of geduld om jou toestand se progressie te verduidelik of jou vrese te besweer met antwoorde wat jy verstaan as leek nie.

Dan doen 'n mens maar waarteen jy gewaarsku word.  :dontknow: en begin soek na betroubare inligting op die internet. Beslis nie nog iets wat die laaste asem uit jou wurg met verdoemende, verouderde of onvolledige inligting nie!

So ontdek ek toe 'n kardioloog se reeks videos oor palpitasies ('n simptoom van beide PH en hartversaking) wat pasiente se lewensgehalte erg benadeel - deels omdat niemand dit presies aan ons verduidelik nie. En natuurlik is dit 'n baie moeilike kalant om op heterdaad te betrap. 

Die hop en skiep gebeur spontaan en gewoonlik sonder enige waarskuwing. Dit verdwyn dan ook weer net so vinnig soos dit verskyn het. Soos 'n lig wat jy aan en afsit.

Na  selfs 'n hele reeks toetse is daar soms nog steeds geen antwoorde nie want nou gedra jou hart hom ewe skielik baie vroom. En jy weet nog steeds nie wat aan die gang is nie. Jy word getroos met die wete dat dit net 'ectopic beats' is en dokter verseker jou haastig dat dit nie gevaarlik is nie!

Jy hoop die naam is nou iewers in jou kreukelkamer in 'n laaitjie gebere waar jy dit tuis weer sal kan uithaal, skelm loer wat dit beteken en dan probeer doen wat voorgeskryf was: onstpan en gaan aan soos voorheen.

En natuurlik - hoe dan anders, die oomblik as jy by die deure uitstap van die hospitaal of spreekkamer..... walla!

Slaan die tromme in jou hartkamer verwoed en  two-step so erg dat jy summier wil begin name neerskryf op jou kinders se erfstukke sodat daar nie bakleiery na jou heengane onstaan wat jou dalk in jou ewige rus ook versteur nie  :bootyshake:

As hierdie vir jou bekend is of jou hart hou van tiekiedraai op 'n sesvoetgat-ritme is dit tyd dat jy gaan sit en luister na die wyse woorde van 'n kardioloog wat sy storie ken; nog omgee vir sy pasiente en almal wat las het van kommerwekkende palpitasies.

Wanneer jy na die eerste video geluister het, glo ek sal jy tyd steel om nog te luister. Ek het weer 'n deel van my lewensgehalte terug gekry en die vrees van onkunde is verdryf. Ek is nou toegerus en weet wanneer is dit regtig nodig om met 'n ritmeversteuring die outbackpad hospitaal toe aan te pak of die ambulans op die hoek te ontbied.

Ek sal die video skakels hier onder plaas asook die UK kardioloog Dr Sanjay Gupta se blad op FB: ttps://www.facebook.com/yorkcardiology1/

https://www.youtube.com/watch?v=dzK0eGOeIDQ
(The 4 types of heart palpitations)

https://www.youtube.com/watch?v=mYAST-rniBQ
(In this video, Dr Sanjay Gupta describes why some people get flutters and others thuds when they experience their ectopics.)

https://www.youtube.com/watch?v=-i3b-ureBxs&fbclid=IwAR2re6jttEkrnHI76HZLJKco8w5BKDTYVw-S82299xYn9f9BSB18BqjQ-iA
(Heart palpitations: Ectopic heart beats - conquering your fear)

https://www.youtube.com/watch?v=zEYlYNmvT-A&fbclid=IwAR2L7gF7Ui_C8mMJfoDoJTO7LIMvBB9bj2eMDLRJqVpz9VP7U7dHLYUJ27I
(Anxiety, ectopics and palpitations)

https://www.youtube.com/watch?v=-7rDc5f8muk&fbclid=IwAR2SIreqz7GMEk916Bjgm2MbQPMCwdMK__pO7g6tFdlxkw2BErYIY-rNaqc
(How to tell if the palpitations you are getting are serious or not)

https://www.youtube.com/watch?v=yvJ7KNIgGQ4&fbclid=IwAR05NNqg6QrLATn7GKMOETaBcjMrkTD5iqelu9xLy4QcVvF3te8BYDgya2Q
(Palpitations and the vagus nerve)

https://www.youtube.com/watch?v=zt4Cw-VKIlY&fbclid=IwAR2dtAo_bh4h9cDJ9a13_sprGEJ5vqUrxFAEOCgt5kghW2S8yWDHv_o1gII
(The gastrocardiac syndrome - heart palpitations caused by the stomach)

https://www.youtube.com/watch?v=wo0l2RMdvCY&fbclid=IwAR2DzsiO8Gw7JqLO3ZMUeLeI3QO7YVjoOC4k6T6iZ53XxDVbA_cr8nKYQXs
(Heart Palpitations: A simple exercise to help ectopic heart beats)

https://www.youtube.com/watch?v=OFiAVO7mGuo&fbclid=IwAR01OyV_rbhvK3QGVh7VczUyaj0jk4ZnGIAJvbc1aiQHpC7WmoSZfUaxJnk
(Top 10 tips for people suffering from palpitations)

Ek hoop dat julle hierdie videos net so leersaam en gerusstellend gaan vind.














Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on November 13, 2018, 12:48:52 PM
Dit is ongelooflik baie inligting en dit help as 'n mens weet wat aangaan.  Hartlik dankie vir jou onophoudelike deurgee van inligting Raaitjie.  'n Mens kan sien aan die hoeveelheid lesers dat hierdie afdeling/onderwerp van jou kosbaar is vir baie mense.   :notworthy:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 14, 2018, 01:06:56 AM
Soos altyd 'n voorreg om te kan deel PM  :love7:

Ek is gaande oor die eenvoudige manier waarop Dr Sanjay verskillende onderwerpe rakende palpitasies uiteensit en vir my is dit werklik goud werd en skakel onnodige kommer uit. Hy probeer ook so ver moontlik pasiente se vrae beantwoord in die videos.

Vanoggend het ek 'n video gekyk waarin hy verduidelik hoekom 'n mens soms die drang ondervind om te hoes terwyl jou hart amok maak met daardie lastige 'ekstra hartkloppe'. Om dit mooi te verstaan moet ons die natuurlike manier waarop bloed vanaf die longe deur die hart na die res van die liggaam gepomp word, volg.

(Ek het 'n opsomming gemaak vir my familie wat beperkte internet toegang het en nie die video kan kyk nie.)
 
Die hoof pompaksie in jou hart vind in die linkerventrikel plaas en wanneer dit saamtrek word suurstofryke bloed na die res van jou liggaam gepomp. Hierna ontspan dit en die drukking is laag. Soos wat dit ontspan, vul suurstofgevulde bloed vanaf die longe weer die linkerhart en in hierdie proses is die mitrale klep oop sodat die bloed deurgelaat kan word na die ventrikel. Dit is die normale proses wat plaasvind.

Maar wat gebeur wanneer daar skielik 'n ekstra hartklop (ectopic beat) is?

Die hart was besig om te ontspan en skielik word dit gedwing om weer saam te trek. Die normale ritme is dus versteur
en die hart begin noodgedwone van nuuts af saamtrek terwyl die mitrale klep wat nog oop is, geforseer word om inderhaas weereens te sluit omdat die drukking in die linkerventrikel verhoog het weens hierdie hernude saamtrek-aksie.

Dit veroorsaak dat die bloed wat besig was om vanaf die longe na die linkerhart te gaan, nou geforseer word om 'op te dam' in die longe
en dit veroorsaak dat die drukking in die longe verhoog.

Wanneer dit gebeur raak jy benoud en uitasem weens die verhoogde drukking in die longe en wanneer hierdie drukking te hoog word bou vog in die longe op en irriteer die longweefsels en dan ervaar jy 'n behoefte om te hoes.

Sodra jy hoes raak jy ontslae van die opgeboude vog in die longe en teen hierdie tyd is die ekstra hartklop verby. Die hart begin weer ontspan, die klep open en die drukking verlaag want die bloed uit jou longe vul weer die linkerhart en in die proses verlig die kortasemheid en benoude, versmorende gevoel.

Die oomblik as jy weer gemaklik kan asemhaal voel jy soos 'n splinternuwe mens, sien en waardeer die mooi om jou.
 :icon_biggrin:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Breathing.jpg)

https://www.youtube.com/watch?v=AOGvUzB3jmE&t=10s
(Ectopic heart beats, shortness of breath and cough)





 

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 19, 2018, 04:43:53 AM
Ek gesels gisteraand met 'n vriendin wat 'n familielid het wat gediagnoseer is met PH. Omdat sy dieselfde simptome ervaar het sy haar dokter ingelig en gevra om getoets te word. Die dokter was onge-erg want hy glo nie dat PH wel bestaan nie. Haar simptome word toegeskryf aan asma en hartprobleme.

Geen wonder dat sommige pasiente eers na die verloop van 'n aantal jare korrek gediagnoseer word wanneer hartversaking reeds ingetree het.

Meer bewusmaking is dringend nodig. As jou dokter optree soos my vriendin sin het dit tyd geword dat jy 'n tweede, derde en selfs vierde opinie inwin en aandring op toetse spesifiek gerig om abnormale drukking in jou hart en long are te ondersoek.

Dit is hartbrekend om te lees dat nog 'n PHriend(in) sy of haar 'vlerke gekry het' - dit hoef nie 'n sinoniem te wees vir vrylik asemhaal wat die einde van jou lewenspad aandui nie.

 :crybaby2:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/PH%20ongeneesbaar%20127%20jaar%20later.jpg)

 
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on November 19, 2018, 05:30:54 AM
Ek het gedink om 'n kardioloog te sien, hulle weet seker meer hiervan. 
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 19, 2018, 07:58:35 AM
As jy jou dokter gaan spreek PM, vra hom reguit of hy enige kennis het van pulmonale hipertensie. Hartversaking kan aanleiding gee tot PH. Indien die dok met sy gewone bloeddrukapparaat wil 'toets' vir PH dan vertel jy hom daar is 'n massiewe verskil tussen gewone bloeddruk wat so gemeet kan word en die drukking in jou hart en longare. 

My sus en ons jongste seun het hierdie stel afgetrap toe hulle navraag gedoen het. Baie pasiente se huisdokters erken wel eerlik dat hulle nie genoeg kennis het rakende die toestand of behandeling nie. Jy soek eerder so 'n dokter wat dan besef hy moet jou verwys na 'n PH spesialis.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on November 21, 2018, 10:21:18 AM
My afspraak is vir 'n wyle op ys totdat ons eers 'n paar noodsaaklike pligte uitvoer.  'n Mens se lewe word meestal vir jou beplan en jy kan nie altyd maak wat jy wil nie.  Volgende week beslis en ja ek sal hard en duidelik vra. 
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 22, 2018, 01:39:32 AM
Sterkte mater met al die draaie wat julle lewe maak. Ek het hierdie inligting ook by die hartversakingsafdeling wat jy vir ons geskep het geplaas maar omdat ek dit ook onder die aandag van ons lesers hier wil bring, gaan ek weer deel.

(https://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Symptoms%20and%20signs%20BP%20and%20PH.gif)

*Indien iemand meer inligting oor hartversaking soek:

http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=4448.0
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=4458.0
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=4462.0
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on December 03, 2018, 12:44:53 PM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/PH%20warriors.jpg)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Naas on December 03, 2018, 02:37:09 PM
Never a more true word spoken...



Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on December 05, 2018, 01:34:18 AM
Dankie vir inloer en omgee geliefde ou mater van ons. Weet jy veg saam in hierdie asemoorlog. Ek wil vandag hierdie woordskepping in jou eie 'tru-rat struktuur' kom uitstal met erkenning.

Asemoorlog

Soos ‘n rukwind deur die huis
rol rammel-gorrel-roggel.
As die donder helder blits in die lug,
die krake in die mure, ruite wys.

Die borrel van geluk geprik
bars met ‘n aaklige pop
en stuur die onlekker
soos ‘n rukwind deur die huis

Asemloos die aanhoor
van feitlike vonnis
en ongenaakbaar waarheid
rol rammel-gorrel-roggel.

Die einde is nie die seerste
maar die doringpad daarheen
ontketen die WAAROM storm
as die donder helder blits in die lug.

In die laaste oorlog vir die lewe
is elke asemteug ‘n veldslag,
elke dag sy eie oorwinning.
Maar die krake in die mure, ruite wys.

Die krake in die mure, ruite wys
as die donder helder blits in die lug.
Dan rol die rammel-gorrel-roggel.
Soos ‘n rukwind deur die huis.
© Naas

http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=2262.0
 :notworthy: :icon_salut:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on December 11, 2018, 04:17:04 AM
Gesels ek gister met 'n Afrikaanse vriendin wat kom inloer het na werk. Sy wou weet hoe die asemdief 'n mens se leefwyse beinvloed en terwyl ek vertel hoe Outop en ek aangepas het soos wat probleme ontstaan, was die skok op haar gesig duidelik sigbaar.

Sy het reguit en eerlik geantwoord as so iets haar moet tref, sal sy verseker gou doodgaan en my antwoord: nee, jy sal nie. 'n Mens veg instinktief terug. Jy gee nie op nie want die lewe is so kosbaar en dit is nie so maklik om dood te gaan nie al voel dit soms so as opgeboude vog en benoudheid weens die swelling jou wil kelder.

Dan is sit of lê wraggies net te ongemaklik of pynlik - moenie moed opgee nie. Staan bring verligting en vir my op die oomblik nog die enigste uitweg.

Hou net jou hande (en verstand) besig met iets wat jou aandag gaan aftrek en jy geniet. Opbeurende musiek in die agtergrond is deel van die terapie wat werk vir my.

Natuurlik gaan daar dae wees wat jy net wil gil uit frustrasie en smag na die kwaliteit lewe wat jy gehad het en nie waardeer het nie!

Ander kere kry jy jouself skandelik jammer, pik 'n traan of tien en kry jouself daarna maar net weer aan die kraag beet en doet voort in stadige aksie - dan kom die satisfaksie brokkiesgewys en hou langer. Klink na 'n 'bargain' ne  :icon_biggrin:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Dont%20give%20up.jpg)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on December 12, 2018, 12:02:21 PM
'n jaar gelede het ek hierdie bydraes gelees met 'n hart vol trane, maar ek het nie regtig besef waardeur mense met pulmonale hipertensie worstel nie.  Ek sê beslis nie dat ek dit nou verstaan nie, want ek is nie daarmee gediagnoseer nie, maar ek het nou so 'n voorsmakie gekry van wat benoudheid, kortasem en borspyne is.  Daardie -naar-van-benoudheid- as jy plat lê - gevoel.  Die doodse moegheid wat jou ootval, al sit jy en niks doen nie. 
Die bloedtoetse wys ek het  NIE  harversaking nie, maar wat het ek?  Piepiekonders!   :icon_biggrin:   Ek het gelag dat die trane loop oor die "bloedlatings", maar wie is ek om te stry.  Teen hierdie tyd is ek al so moedeloos dat ek maar soos 'n skaap aanstap.  Ons sal maar wag tot die proses verby is. 
Intussen hou ek almal wat so stry teen die asemdief styf teen my hart vas.  Hou moed!
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on December 12, 2018, 12:12:01 PM
Vou jou toe met omee en liefde liefste PM  :love7: Jou ondersteuning deur die afgelope ses jaar was en is 'n ware kruk. Sterkte met jou eie pad vorentoe. As die simptome aanhou - dring aan op tweede en derde opinies. Mag ek vra watter toetse het hulle alles gedoen?
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on December 12, 2018, 12:59:41 PM
X-strale van die hart, longe en niere.  Bloedtoetse van my kroontjie tot by my toontjies.   :icon_biggrin: 
Ek het eers waterpille gekry om van die pampoenvoete ontslae te raak, maar na die eerste bloeduitslae seg oom dokter dat ek dit moet los.  Dit maak die bloed nog dikker.  My skildklier is gesond.
Hy wou die bloeddrukpille verander, maar besluit toe daarteen.   :dontknow:
Ek het hartpilletjies gekry en antibiotika vir die sweer wat op my been is asgevolg van 'n verdomde bosluisbyt.  Ek het die ding self verwyder, so ek weet wat my raak gesteek het.   :icon_biggrin:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on December 12, 2018, 11:00:45 PM
Sjie, innige simpatie man! Vir daardie halstarrige dikbekbloed is glasie rooiwyn net die regte ding PM. Ek praat uit ondervinding. Kon van 10mg rottegif per dag afkom na 5.5mg (normale voorskrif gewoonlik 1 - 2mg per dag). Sodra ek die rooiwyn uitsny, klont die bloed weer te gou en word die rottegifdosis weer opgeskuif. Bose kringloop.

My mediese span erken hulle kan die selfmedikasie van wyn nie goedkeur nie maar dit werk so ek is happy.  :hello2: :bootyshake: :icon_salut:   
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on December 13, 2018, 11:55:51 AM
Jy sien!  My bloed is verslaaf aan rooiwyn!   :icon_biggrin:   Dikbekbloed!   :sign10:
Ek het gelag na die eerste keer wat dokter die bloed getap het.  Hannes seg toe ek sal seker eers 'n bietjie moet wag voordat ek 'n glasie kan skink.  Hoekom? Vra oom dokter ewe "onskuldig".   :icon_biggrin:   So uit die perd se bek!  :angel3:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on December 15, 2018, 04:38:28 AM
Giggel ek alweer  :toothy4:
Dink hoeka ek moet so rooietjie vir my en Outop gaan skink. Ons is besig met voorbereidings om saam ons geliefde kampmaters en Meisiekindjie hulle vir 'n week weg te loop na die natuurlike warmwaterbronne toe oor kerstyd. Doen wonders vir 'n mens se gestel!

My versoek aan enige iemand met 'n kroniese ongesteldheid: moenie toelaat dat simptome jou kniege knak nie. Elke sekond is so kosbaar en vir ons wat soms alles in slow motion moet doen - pas dit ook toe in alles wat jy geniet. Rek die vreugde uit in stadige aksie.

:headbang: :`ip2:

Rakende die onderstaande voorstelling: My vriendin se gesig het amper so gelyk toe sy uitvra oor die asemdief se simptome. Die gerustelling dat 'n mens so aanpasbaar is en dan alles om jou weer so 'normaal' as moontlik vir jouself maak, het nie helemal die gewenste uitwerking gehad nie maar ek weet die positiewe 'vibe' in ons pandokkie was aansteeklik en sy is vuur en vlam hier weg om terug te kom en tougewys gemaak te word in 'n craft-tegniek net vir ingeval 'so iets' eendag op haar pad kom. Ek was in my noppies. Enige verskoning om te kan craft! 

 (https://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Understanding%20your%20symptoms.jpg)

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on December 16, 2018, 08:39:50 AM
Laat ek nou vir julle iets vertel.  Daar is absoluut  NIKS  wat ons sin vir humor sal aanraak nie.  Niks nie seg ek vir julle.  As jy 'n bietjie onder die weer voel, kom loer maar hier in, daar is altyd hoop en uitkoms.   :read2:


Geniet julle tydjie.  Lief julle.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on December 20, 2018, 10:44:35 AM
Amen suster  :notworthy: :hello2: :toothy4:

Ek het vandag my gelamineerde 'decal' wat  'designed and prepared is on special paper for durable transfer on to another surface such as glass or porcelain' van die PH assosiasie ontvang. 

(https://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/PH%20decal%20for%20dashboard.jpg)

Dit gaan die lewe 'n bietjie makliker maak in die toekoms tydens inkopies en wanneer die lastige vrae opduik of opmerkings 'maar jy lyk dan nie siek nie'  :icon_scratch: :icon_biggrin:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/PH%20decal%20for%20dashboard%202.jpg)

Ek is so dankbaar vir al die betrokkenheid agter die skerms om hierdie tipe van bewusmaking vir ons beskikbaar te he. En dit net voor die besige kersseisoen en gevaar op ons paaie.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/PH%20decal%20for%20dashboard%203.jpg)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on December 23, 2018, 02:51:15 PM
Dit is goed so.  Soos ek jou ken gaan hier 'n paar kunswerke gebore word.  Geniet dit matertjie.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on January 07, 2019, 02:58:00 AM
Ek het so pas by van die ondersteuningsgroepe deur die nuwe plasings gedwaal en was verstom hoeveel persone hierdie tyd van die jaar dieselfde simptome ervaar waarvan die vrees oor hartritmeversteurings beslis uitstaan en die meeste kommer veroorsaak.

'n Hart wat een oomblik soos 'n resiesperd deur die sekondes jaag en dan verspot bokspring op een plek, net om die volgende oomblik in stadige aksie die wenpaal te probeer haal, kan 'n onstellende ervaring wees. Onnodige kommer kan jou angstig maak en die situasie vererger. Wanneer is dit werklik nodig om bekommerd te raak?

Dr Gupta se videoreekse oor hierdie onderwerp was werklik 'n openbaring en gerusstelling vir my. Vanoggend het ek 'n plasing ontvang wat ook uitwei oor die verskillende ritmeversteurings en wanneer dit werklik nodig is om jou mediese span te kontak.

Speak to your doctor about your abnormal heart rhythms if:

your palpitations last a long time, don't improve or get worse
along with palpitations you start to feel faint or dizzy
you have a history of heart problems.


As jy bekommerd is oor die duur van jou ritmeversteurings (byvoorbeeld langer as 30 sekondes elke keer) is dit die beste om jou dokter te kontak en te vra vir 'n EKG.

Besoek gerus hierdie skakel vir meer inligting:
https://www.bhf.org.uk/informationsupport/conditions/abnormal-heart-rhythms?fbclid=IwAR1qhbJN3YaliWOaVXEOfs3wncaD1HtCoa8OBjtJtRDAywmW_4Sb8ZGysCA
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on January 07, 2019, 03:00:47 AM
https://www.bhf.org.uk/informationsupport/publications/heart-conditions/heart-rhythms?fbclid=IwAR1ZDM14JqMi0jv1GZ41xEuf297xxbYJSEGmeZF-yoHpdQhQyw428q891Mw

This booklet is about heart rhythms. It includes information on both normal and abnormal heart rhythms. It explains what palpitations are, what ectopic beats are, the different types of abnormal heart rhythms, the tests used to diagnose the problem and the treatments you might need.

This booklet is also available to download in large print.


Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on January 07, 2019, 05:53:07 AM
Vir diegene wat belangstel om 'n tuis-EKG masjien aan te skaf, los ek die skakel en inligting wat jy kan verwag van die lesing. Hierdie lesing en verslag kan van jou foon af na jou mediese span gestuur word vir ontleding.

Understanding the classifications on your EKGraph device - it  will classify an ECG as 1 of the following:

No Abnormalities – A regular or sinus rhythm of the heart set by the natural pacemaker of the heart called the sinoatrial (or sinus) node.

Arrhythmia – Any change from the normal sequence of electrical impulses. The electrical impulses may happen too fast, too slowly, or erratically – causing the heart to beat too fast, too slowly, or erratically.

Missed Beat – The heart’s regular rhythm is interrupted by a premature or early beat.

Bradycardia – A slower than normal heart rate (Less than 60 bpm)

Tachycardia – A faster than normal heart rate (Over 100 bpm)

Accidental VPB – Ventricular premature beats (VPB) are single ventricular impulses caused by re-entry within the ventricle or abnormal automaticity of ventricular cells.

VPB Trigeminy – 2 normal (sinus) beats followed by a VPB

VPB Bigeminy – 1 normal (sinus) beat followed by a VPB

VPB Couple – 2 consecutive VPBs

VPB Runs of 3 – 3 VPBs

VPB Runs of 4 – 4 VPBs

VPB RonT – A Ventricular premature beats so early in the cardiac cycle that it falls on the apex of the preceding T wave.

ST elevation – The ST segment is abnormally high above the baseline. The ST segment corresponds to a period of ventricular contraction.

ST depression – The ST segment is abnormally low below the baseline.

https://sonohealth.org/?fbclid=IwAR24fux_JQRCSbI4QAdh3cCzQPUZ7zBDQaVjhnY5KMCs7yG1RiEYsIuucMk#howitworks
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on January 11, 2019, 04:00:24 AM
Soms kan mens nie anders as om die draak te steek met struikelblokke en slaggate wat kroniese toestande meebring op jou lewenspad. Vandag hierdie plasing raakgelees by een van ons hartversaking-ondersteuningsgroepe op FB.

 :icon_biggrin: So gepas  :evil6:

(https://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Living%20with%20chronic%20illnesses.jpg)

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on January 14, 2019, 01:10:00 AM
Nuut gediagnoseer met PH? Maak asseblief seker dat jy betroubare bronne gebruik as jy soek na inligting. Daar is skrikwekkende, verouderde inligting op die internet wat onnodige spanning gaan meebring terwyl jy reeds genoeg kommer ervaar in die verwerking en onsekerheid na diagnose.

https://phassociation.org/?fbclid=IwAR2EfRBS2SJphc64EQEGV7c1T86Y-b8H3O_b5Z91ZzRL0A6AKH4tYkMfNFY
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on January 23, 2019, 02:52:37 AM
Gevaar van inwendige bloeding tydens die gebruik van warfarin

Dankbaar dat my ervaring met hierdie newe effek nie 'n baie lelike nadraai gemaak het nie! Die belangrikheid van op jou hoede wees ten alle tye vir enige tekens van inwendige bloeding vanuit enige liggaamsopening kan nie genoeg benadruk word nie!

Ek het Sondagnag wakker geword met intense maagkrampe wat versprei het na my niere en bene. Die afgelope maande was ek geteister met ongemaklik swelling op my maag veral, selfs ligte aanraking of kledingstukke wat noupassend is, was pynvol. Toegeskryf aan simptome van hartversaking en PH, het ek dit aanvaar as nog 'n ongemak op die pad na 'n nuwe normaal.

Die krampe het vererger en ek het naar en duiselig geword. Skielik begin opgooi. Tot my skok was dit elke keer skoon bloed.

Ek was in soveel pyn dat die gevaar van inwendige bloeding nie eers 'n gedagte was nie. Die dokter het daarna sonder om doekies om te draai vir my die gevaar van hierdie tipe bloeding terwyl jy behandel word met warfarin, uitgelig en verduidelik. Sou daar in die vervolg enige bloeding wees, selfs net 'n teelepeltjie - MOET ons onmiddelik die ambulans kontak en noem dat ek warfarin gebruik en verduidelik wat gebeur het. Ons plaaslike hospitaaltjie is nie toegerus om so 'n noodgeval te behandel nie. Ons naaste stad met groot hospitale is 'n uur se ry van ons af wat die situasie vererger.

Gister het die dokter weereens sy tyd geneem om die erns van die situasie ook aan Outop te verduidelik. Ons het 'n kaartjie ontvang waarin al my mediese besonderhede en sy persoonlike telefoonnommer op is, wat dan aan die ambulanspersoneel gegee moet word sodat hy met hulle kan kommunikeer tot ons by die hospitaal is.

Die menslikheid en omgee was vir ons 'n riem onder die hart.  Hy het weer klem geplaas op die feit dat omstandighede in 'n ommesientjie kan verander en die bloeding fataal kan word.

Ons moet onthou dat nie al die simptome wat ons ervaar toegeskryf kan word aan die asemdief nie! Ongelukkig is inwendige bloeding 'n welbekende, gedokumenteerde en lewensbedreigende newe effek van warfarin.

Vir meer inligting rakende warfarin:

https://healthywa.wa.gov.au/Articles/U_Z/Warfarin-and-risk-of-bleeding
https://www.heart.org/en/health-topics/arrhythmia/prevention--treatment-of-arrhythmia/a-patients-guide-to-taking-warfarin














Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on January 23, 2019, 08:02:29 AM
Dankie weereens vir goeie inligting.  Jy laat elke haar op my lyf regop staan as ek hoor van jou noue ontkomings. 
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on January 23, 2019, 09:45:59 AM
Jy veg self jou eie oorlog op die oomblik en so ook Naas, liefste PM. So dra ons elkeen aan 'n kruisie en probeer ons bes om positief te bly en nog voluit te lewe soos omstandighede ons toelaat.

Die volgende twee weke gaan dit dol gaan by ons tussen bloedtoetse en dokters afsprake weer. Ons gaan ook van more tot Saterdag 'n bietjie weg vir Outop se verjaardag.

Moet se ek was vandag redelik tranerig  :icon_bigsmurf: en probeer die nuwe verwikkelinge verwerk sonder om op hol te gaan.

Intussen het ek 'n tand gebreek en moet ons nou more 'n tandarts in die stad vind wat bereid is om dit uit te sny. Die warfarin moet drie dae voor die tyd gestop word, dan bloedtoets doen om te sien of dit op 'n veilige stollingsfaktor is voor hulle enigsins kan werk maak van die gedoente. Antibiotika voorskrif is darem al gekry so die wiel is aan die rol.

Ons gaan dus vir 'n ruk stil wees. Pas julle self mooi op assebliefie. Aan ons lesers, kontak jou mediese span en maak seker dat jy op hoogte is van wat om te doen sou daar enige tekens van inwendige bloeding bespeur word!
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on January 23, 2019, 10:13:08 AM
It never pains but it roars!  Sterkte my ou sussie en groot geluk met Outoppie se verjaarsdag.  Ek glo en vertrou dat julle 'n pragtige nuwe lewensjaar saam sal geniet.  Mag julle net gesondheid en krag ontvang.  Ons is almal baie lief vir julle. 
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on January 23, 2019, 10:15:50 AM
 :love7: :toothy4: :toothy4: :notworthy: Opregte dank. Liefde wederkerig.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on January 28, 2019, 12:04:56 AM
Rottegif en tandheelkunde - 'n bekvol ne!  :evil6:

Meeste PH'ers wat op bloedverdunners is sal kan getuig dat jy nie net by 'n tandarts kan instap met 'stop of trek asseblief'. Sommiges sal reguit vir jou vertel hulle raak nie eers met 'n tang aan jou as jy nie jou warfarin ten minste tot op 'n INR vlak van 1.8 op swart en wit kan wys nie en vooraf antibiotika behandeling ontvang het nie.

Genadiglik het ons toe Donderdag oppad kus toe, gou manlief se tandarts besoek met ons versoek van 'trek asseblief'. X-strale geneem en tannie Tandarts het ons mooi laat verstaan sy sien kans AS bla bla bla.... en indien sy sien dat daar diep gesny moet word, stop sy blykbaar net daar, wat vir ons baie gerusstellend was.

Verwys my na 'n mondspesialis by die hospitaal waar hulle toegerus is vir noodgevalle sou daar onbeheerbare bloeding plaasvind in die proses. Die antwoord het ons verwag en was voorbereid. Afsprake vir beide reeds gereel. Antibiotika getrou gesluk. Warfarin word van vandag af gestop. Woensdag bloedtoets. Donderdagoggend uitslae en dan tandarts toe. Hou asseblief styf duimvas dat die bloedvlakke voldoen aan haar vereiste en dat alles vlot verloop!
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on January 28, 2019, 11:28:28 PM
Minder algemene oorsake van bloeding tydens hoes of brakings:

'n Long embolisme ('n bloedklont in die longe) - dit veroorsaak gewoonlik skielike benoudheid en borspyn.

Pulmonale edeem (vloeistof in die longe) - jou sputum sal pienk en skuim wees, en dit kom gewoonlik voor by mense met voorafgaande hartprobleme.

Longkanker - dit is meer waarskynlik as jy meer as 40 jaar oud is en rook

Tuberkulose (TB) - 'n ernstige longinfeksie wat verband hou met koors en sweet; Dit word al meer algemeen in die UK, maar kan met langtermyn antibiotika behandel word.

Kanker van die keel of windpyp.

Gebruik van anti-stolmiddels - medikasie wat help om jou bloedstolling te vertraag, soos warfarin, rivaroxaban of dabigatran.

Algemene oorsake van bloeding in die mond:
Bloeding in die mond word dikwels veroorsaak deur mondsere, tandvleis (periodontale) siekte, of deur 'n lae bloedplaatjie telling (selle wat die bloed help klont).

Daaglikse aksies soos borsel of flos van tande kan bloeding veroorsaak.

Newe-effekte van chemo of bestraling kan 'n droë mond of mondsere insluit, wat ook kan bloei.

Vir meer inligting oor bloeiende tandvleise:
https://www.healthline.com/symptom/bleeding-gums
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on January 29, 2019, 07:43:26 AM
Laat weet hoe dit by die tandarts gaan asseblief.  Hou duime vas dat alles goed sal afloop.
Ek weet hoe uiters gevaarlik is inwendige bloeding.  Hannes was mos nou onlangs weer in die hospitaal.  Gelukkig is hy al weer besig om 'n boepie te groei.   :icon_biggrin:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on February 01, 2019, 11:15:44 PM
Kan dankbaar kom getuig dat die tand uit is. Nagmerrie ondervinding (vroue tandarts nie genoeg krag gehad om die vabond uit te kry nie.) Sy was gewillig om die proses aan te pak met 'n INR op 1.9. Sy het na die tyd ysblokkies nodig gehad vir haar arm en ek vir my gekneusde ego en mond  :icon_bigsmurf: :headbang:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on February 08, 2019, 01:47:58 AM
Ek wil gou die volgende inligting deel. Ongelukkig nog nie kans gehad om dit te vertaal nie.  :icon_bigsmurf:

Weather Changes and People with Lung Conditions. What You Need To Know to Breathe Better.

Last week we had frigid temperatures in Virginia. Our wind chill was reaching temperatures less than zero degrees Fahrenheit. I was asked by one of my patients to write a blog post about weather change and why lung patients are affected by the changes in our atmosphere. I have had my own opinions but I was up to the task of figuring out the science as to why my lung patients were the ultimate weather predictors and even more… what they could do to breathe more comfortably when a change in weather is occurring.

The Science

I have to say I love to “geek out” and find out the true science behind things. It is nice to learn why things work the way they do and the lungs (as you all know) are my passion so of course I had to find out a possible cause of shortness of breath due to weather change. To give those of you a little lesson, I first need to talk about air pressure. Air pressure flows from a high pressure system to a low pressure system.

In your body, as your diaphragm pulls down it creates a lower pressure inside your lungs than what is in the atmosphere… therefore air rushes in and you are able to inhale. Next I need to tell you about Dalton’s law of partial pressure (for those of you nonscience-lovers, I’m almost done).

Well this guy Dalton stated that the total pressure of a mixture of gas (for example the air we breathe) is the sum of the partial pressure of its components. (As we know, air is nitrogen, oxygen, and a small amount of other gasses) So why is what Dalton said important?…. Well when we have a barometric pressure change that causes the barometric pressure to go down, the partial pressure of oxygen should proportionally go down.

This means that there is less oxygen in the air that we breathe. This is similar to when you are visiting places of high altitudes… thinner air = less oxygen. When we have a weather system that drops barometric pressure in the air we breathe not only is the pressure gradient less, but there is less oxygen in the air. Now for you naysayers… Is the amount of oxygen substantially less… well no, BUT sensitive chronically ill lungs feel this change and not only that, many of my patients will state that “they can’t take in as deep of a breath” as they usually can.

Some other thoughts that may play a part in making breathing difficult when you have a lung condition (although not scientifically proven but just make sense):

Your lungs are the only major organ in your body directly exposed to atmosphere. If you think about it… your brain is enclosed in the skull, your heart is enclosed in your chest, but your lungs have a direct pathway (your trachea / windpipe) that gives those bad boys direct exposure to the temperature, humidity, and allergens in the air we breathe. (Doesn’t seem fair for those lungs does it?) With this knowledge, I have to believe that if the air is severely cold or extremely hot… our poor lungs just don’t like it.

If there are allergens in the air that our lungs can react to… they are going to react like my sweet 4 year old daughter Caroline does when her big brothers tease her…. Those lungs are going to lash out and shut down. It’s the “temper tantrum” no one wants to experience…. It’s shortness of breath. Humidity is essentially moisture (water in gaseous form) in the air which just gets in the way by taking up space not allowing the air to be fully saturated with its normal percentage of gasses and well… I liken it to a houseguest that overstays their welcome… it just has to go.

So what can you do when there is weather change to breathe more comfortably?

Plan ahead – Make sure you stay up to speed on what is going on with the weather in your area. If you have a lot to get accomplished that week, plan to get things done if possible before weather fronts arrive.

When the temperature is cold:

- Use a light weight scarf and hold it close to your nose and mouth. When you breathe out you will warm and moisten the scarf so that when you breathe in the air won’t feel so cold to your lungs. (Be aware not to use a fuzzy “linty” scarf. You don’t want to be inhaling fibers into your lungs)

- Use pursed-lip breathing while exerting yourself in cold temperatures. Breathing in through your nose will allow your nasopharyngeal passageway (nose and its passages that follow) to warm and humidify cold dry air.

- Utilize your “rescue” or “fast acting” inhalers to help you breathe at your best. Make sure you have them easily accessible if you need to use them. Stay on top of using your maintenance medications to avoid flare-ups and/or reduce inflammation.

Park your car in the garage if you are able to. This will help you avoid expending energy scraping ice off of your windshield and will limit your exposure to the frigid temperature outside. Preheat your car whenever possible and if a family member or friend can do it for you… bonus!

- If using oxygen, keep your oxygen tubing inside your jacket to keep the air as warm as possible. Keep in mind if using a portable oxygen concentrator that most of them aren’t rated to be exposed to frigid temps for a prolonged period of time. They may give you an error code if the machine gets too cold. Never keep your POC in the car. Bring it inside your house to be stored at room temperature. See your operator’s manual to find out specifics on safe operating temperatures for you portable concentrator.

- Avoid carrying items when you are outside in cold temperatures. It is hard to carry anything when you have a lung condition. Compounding those efforts to carry anything and breathe comfortably with cold temperatures can be exponentially difficult. Whenever possible have someone assist in carrying or transporting items for you. This may mean that in some cases you need someone to carry you oxygen cylinder or concentrator while you walk from point “A” to point “B.”

When the temperature is hot

- Drink plenty of fluids to avoid dehydration. Many of my patients dislike the taste of water. If that’s the case try favoring the water you are drinking with citrus or berries or cucumber. Try to avoid caffeine and alcohol.

- Have your “rescue” or “fast acting” inhaler handy. You may feel on very hot and humid days that using it before going outside helps you to breathe more comfortably. In extreme heat the entire body is stressed so if you think about it, your body will react the same way it does when you get stressed out. Stay calm and use breathing techniques to recover.

- Reduce your exposure as much as possible. Try to limit your activity outside to short spurts of time and avoid over exerting yourself. Wear clothing that will keep you as cool as possible. I absolutely love the moisture wicking or dry fit clothing when I’m out at the ball field with my boys when the temperature starts heating up. It typically has great breathe-ability and keeps me cool.

High humidity can also carry increase counts of mold, spores, and other allergens. Pay attention to the weather reports and if they are suggesting that the “at risk” population should stay inside due to ozone or air quality index…heed those warnings as much as possible and don’t go outside.

Thanks for Reading! Remember: We are in this TOGETHER!

If you found this article helpful… Please SUBSCRIBE to BreatheLiveFit. Your support allows me to do to one of the things I love the most… Help Lung Patients! By subscribing, you will get notification when new content is posted each week. I will NEVER spam your inbox.

:) Christina

Also visit BreatheLiveFit on Facebook. I often post inspiration and other tips that I don’t want you to miss!

Visit @BreatheLiveFit on Instagram
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on February 13, 2019, 05:39:40 AM
Die soektog na oorsprong van die inwendige bloeding duur nog steeds voort.  Soveel vrae, so min antwoorde op die kronkels van ons pad met die asemdief die afgelope ses jaar alreeds. Die mediese fonds genadiglik toestemming verleen vir prosedures wat nog gedoen moet word in die hospitaal. Hopenlik gaan die uitslae van gister se toetse antwoorde bring more. Ek voel al soos 'n vraagteken.

:icon_bigsmurf: :headbang:


Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on February 26, 2019, 09:19:05 AM
Uitslae was toe nie helemal wat ons verwag het op Valentyns dag nie lol.  Biopsie word eerskomende Maandag gedoen om 'more sinister lesions' uit te skakel en hopenlik 'n verslag van 'benign' te ontvang wat ons verwag om te hoor. Vir nou is dit eers weer 'n gespook om die INR telling vir die warfarin op 1.5 te kry soos wat hulle versoek het. Sondag die laaste rottegiffie gesluk vir die week wat voorle. Donderdag bloedtoets en Vrydag uitslae by dok kry. Alles gekruis wat kan knoop dat die bloedsake saamspeel.  Intussen bak en brou die uwe of dit uit die mode gaan om my gedagtes met lekker dinge besig te hou!
 :headbang: :notworthy:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Assie on February 26, 2019, 02:09:26 PM
Ek het nou 'n Oom verloor. Een wat net so mooi met sy hande kon werk. Ongelukkig het die rookduiwel hom nooit gelos nie.
Sy linkerlong het "ryp" geraak soos 'n po-po en uitmekaar begin val. Agv vorige hartomlydings en stents kon hulle nie raak aan die vrot long nie. Die bloeding het al meer geraak en laasnag het hy letterlik in sy eie bloed verdrink..
My hart rou. Hy was so 'n platjie en almal wat hom geken het was so lief vir hom. Nou is sy hande stil.


 :mumum: 
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on February 26, 2019, 07:50:01 PM
Assie, ek is so jammer om dit te hoor.  :crybaby2: Stuur 'n drukkie vir jou oor die waters nooi. Genadiglik het my piepkleine 'goggas' nie die asemdief gejoin nie en kan die longe moedig voort veg soos altyd, sonder invations. Ons het 'n baie groot kans dat hulle my goedgesind gaan wees. Ek dink die grootste skok vir Outop en my is die feit dat my sus se onderonsie met die groot K nog so vars in die geheue is. Dan voel die kleinste persentasie op persoonlike kennismaking, soos 'n verskuilde weermag in jou bors.

(https://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/The%20ride%20goes%20on.jpg)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on March 12, 2019, 01:10:44 AM
Soms oorheers simptome van die asemdief jou lewe so dat jy vergeet dat jy enige ander skete ook kan opdoen en nie eers bewus is van die verandering in jou liggaam nie. Outop en ek was totaal verbaas toe Dok die uitslae van my bors sonars op die 14 Feb met ons bespreek en noem dat daar 'n mass gevind is en 'n biopsie is dus nodig.

Die FNA biopsie was verlede Maandag die 4de Maart gedoen. Ons wag nog steeds op uitslae van die pathology lab! Al is daar net 'n piepkleine kans dat daar kankerselle teenwoordig kan wees word die uitgerekte gewag op verslae ampertjies te veel. Ek spot en se die asemdief hou selfs al asem op as die foon lui!

Hulle het gese dit gaan 72 uur neem, dus 3 dae. Ons trek vandag al by die 7de dag en nog geen nuus nie.  :crybaby2: Ek het vandag die radioloog geskakel en gevra hoekom neem dit so lank. Hulle het belowe om die verslag dadelik weer (?) deur te faks na my dokter.

(https://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/breast%20care%20after%20biopsy.jpg)

Al wat ons tot op datum het was die name wat die radioloog en dokter aan ons genoem het nl. *Complex cystic mass. Op die verslag dui dit aan dat die biopsie gedoen moet word om 'any other sinister lesions' uit te skakel. Ek was nie eers bewus daarvan dat daar drie soorte 'cysts' is nie.

Simple cysts have smooth, thin, regularly shaped walls and are completely filled with fluid. The sound waves sent out by the ultrasound test pass right through them, indicating there are no solid areas. Simple cysts are always benign.

*Complex cysts have irregular or scalloped borders, thick walls, and some evidence of solid areas and/or debris in the fluid. These solid areas echo back the sound waves from the ultrasound.

A complex cyst is sometimes aspirated, or drained with a fine needle, so that the fluid inside can be tested. If blood or any unusual cells are present, further testing may be needed to rule out breast cancer.

Complex cystic and solid masses are those with solid components such as a thick wall (≥0.5 mm), thick septations (≥0.5 mm), an intracystic mass, or solid masses with cystic areas. Such masses are uncommon but are suspicious for malignancy, BI-RADS 4, and merit biopsy. When malignant, the cystic portion can be due to areas of necrosis within a high-grade malignancy. As mentioned earlier, invasive cancers can mimic cysts or complicated cysts. 

Complicated cysts are “in between” simple and complex. Although they share most of the features of simple cysts, they tend to have some debris inside them and echo back some of the ultrasound waves. However, they don’t have the thick walls or obvious solid components that a complex cyst has.

The challenge for the radiologist is differentiating between a complicated cyst and a complex cystic mass. When a solid component is revealed, even if discreet, the lesion comes into the category ACR4 (PPV between 2–95%) with a biopsy indicated for diagnostic purposes.

Indeed, the rates of malignancy reported in the literature vary between 23% and 31%. The aim of this article is to describe how to optimize the ultrasound technique, the signs of complex masses, the place of the different techniques of percutaneous biopsy and to examine the diagnostic range of complex masses.


Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on March 12, 2019, 11:25:28 PM
Die impak van jou gesondheidsprobleme op familiebeplanninge is soms 'n bitter pil van skuldgevoel wat jy moet sluk en positief probeer om die baie ander seeninge aan te hou tel.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Unknown.jpg)

Omdat sommige kroniese toestande meestal onsigbaar is soos PH, druk 'n mens jouself om aan te hou in die proses om ander kommer te spaar: knak die kniege en word jy gedwing om te erken dat dit wat vir ander normaal is, vir jou nou 'n berg is wat kaalvoet deur dorings en distils oorbrug moet word. Kom jy soms by kruispaaie wat jy blosend moet erken, hier kan ek nie verder nie.

(https://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Blink%20of%20an%20eye.jpg)

Wanneeer skuldgevoelens jou oorval moet jy nooit vergeet hoe ver jy alreeds gestap het op hierdie styl pad...

(https://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Never%20forget.jpg)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on March 15, 2019, 11:17:31 PM
Uitslae van biopsie gisteraand half ses ontvang nadat dok moes rondbel om die verslae op te spoor. Van die beloofde 'we fax it again now' het niks van gekom nie sniksnik. 

Ons het wonderlike nuus ontvang: Daar was geen kankerselle in die 'mass' wat gevind en uitgesuig was nie!  Onbeskryfbare verligting na al die gewag en onsekerheid wat vreet van binne na buite toe dokkie met die verslag in sy hand staan en glimlaggend na my en Outop kyk was die oomblik vir ewig in ons lewe vasgevang. "No cancer cells were found!"

En so gaan die soektog van Maandag af van nuuts af voort om die ander sondebokke op te spoor. Voorwaar 'n kroniese wagkamerlewe wat Brittany Foster so raak vasvat in haar nuutste artikel. Ek los die skakel:

https://pulmonaryhypertensionnews.com/2019/03/15/worries-ph-waiting-room/?utm_medium=desktop-push-notification&utm_source=Notifications&utm_campaign=OneSignal
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on March 16, 2019, 10:04:50 PM
Ek sit en kyk na die koevert wat dok vir ons gegee het met gemengde gevoelens. Binne is die verwysingsbrief vir die chirurg wat hy vertrou en aanbeveel het wat genoeg ondervinding het op die gesondheidsgebied waarin daar nou gekonsentreer gaan word nadat die groot K weereens gefnuik is.  Genade onverdiend in die sirkelgang van jou wagkamerlewe.

Nou wag ingrypende behandeling en die besluit rus in my hande of ek en die asemdief kans sien om voort te gaan. Soveel om op te weeg. Hoeveel 'weeg' vrouwees na buite in alle gevalle? En so gryp jy weer na jou masker en plak dit stewig vas.

:icon_scratch: :dontknow:

(https://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Twee%20gesigte.jpg)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on March 19, 2019, 12:42:58 AM
In die lig van nuwe verwikkeling op ons lewenspad wil ek vandag vir die eerste keer openlik praat oor 'n baie teer onderwerp.

Baie baie jare gelede wou ek die woorde en dade van twee mense in my lewe verban en het my besemstokvoorkoms kunsmatig met twee sagte vroulike kurwetjies laat verander.

Let op die 'tjies'  :icon_bigsmurf:

Dierbare Outop was lief vir my, besemstok of te not. Ek wou nie soos Dollie of Pamela lyk nie. Wou net vrou genoeg voel sodat daar nooit weer in die openbaar na my voorkoms verwys word as die van 'n dertienjarige nie. En ek wou ook nie meer in die tiener afdeling vir my 'n 32 A bra koop nie. 34 B was die oorgretige mikpunt.

Slegs naby familie het geweet waar Meraai se nuwe kurwes vandaan kom en ek kon nie help om gereeld te spot as ek iets wou benadruk as die reine waarheid met 'ek belowe met die hand op my plestiek ti-ti'.

Soos tyd aangestap het en die kroos uitgebrei het, het my besemstoklyf uitgerys soos boerbeskuit nie kan droom om te doen nie. Ek kon rol soos 'n bal as die lewe my getrip het met skeet en kwaal. Outop se hand was en is altyd daar om my weer op te help en ondersteun.

En so was ons dan ook saam in die spreekkamer toe Dok ons inlig oor die 'mass' wat gevind is in my linkerbors. Nog toetse en prosedures volg. Ek het reeds genoem dat die groot vrees vir die letter K genadiglik nie deel van ons pad geword het nie maar daar was 'n nuwe vyand.

My vroulike kurwes het vermurwe onder swaartekrag en vader tyd. Niemand het ons ingelig dat die gekoopte boesems elke tien jaar vervang of verwyder moet word nie! Niemand nie.

En so het ons geskok kennis gemaak met die woorde: Ruptured implants en nog 'n paar swaar verdoemende woorde daarby.

Natuurlik het ek prof Google genader om te loer hoe my nuwe vyand se arsenaal lyk. 'n Hele paar chirurge het in aaklige detail gewys hoe die proses van verwydering en skoonmaak geskied. Asof dit nie genoeg was het die prys verbonde aan die noodgedwonge prosedure wat voorle, prentjies geskilder (ook in detail) van 'n boesemlose wat draadpoppies op die sypaadjie verkoop vir brood en melk op ons aftrede oor drie kale jaartjies.

Ek het 'n sinkplaatgiggel gekry toe die kwasstrepe wys hoe ek bure se draad stukkie vir stukkie Afrika-styl gaps en toe tralies en inmates deel word van die prentjie het ek dadelik gewonder of mens die sonstofies kon smous as hulle binne twee maande gebruik was asof hulle so verweer is as my plestiek ti-ti's.

Terug na die werklikheid. Prof Google het my ook laat kennis maak met die term: 'Implant illness'. Getuienisse van chirurge wat braaf genoeg was om te erken en bewusmaking doen oor hierdie stil vyand in jou borskas, het my en Outop laat besluit dat die oproep gemaak moet word na die naam van die dokter op die koevert wat nog steeds skuins op my lessenaar staan.

Die onkologiese chirurg waarheen dok ons verwys het, het dit sy lewensroeping gemaak om vroue wat hulle borste verloor het weens die groot K, weer vrou te laat voel. 'n Meester op sy gebied verseker dok ons en die feit dat hy met baie siek pasiente werk gee hom die vertroue  dat hy die gevaar van die asemdief en narkose sal kan hanteer in die prosedure wat nou moet volg.

Kan eerlik getuig, Meraai treur en verwens myself dat die woorde en dade van ander my so beinvloed het dat ek nou, heigend rond soos 'n bal, weer 'n besemstokvoorkoms van voor gaan he want daar is nie 'n manier wat ek 'n punt in die wind boesem kies om 'vrou' te voel vir die volgende tien jaar en dan weer deur die verwyderingsproses moet gaan nie. 

Maar dit gaan tog lekker wees intussen en vir nou, as Outop my so verras...

(https://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Tieties.png)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on March 20, 2019, 04:03:47 AM
Ons het hand aan hand net aanhou stap soos al die ander dae die afgelope jare en verwag dat ons weer by kruispaaie van diagnoses gaan kom. Wat ek nie verwag het nie, is dat trane my die keer so gaan verblind dat 'naamborde' onleesbaar is om 'n keuse te kan maak watter rigting ons moet gaan nie.

Vrees vir die onbekendheid en nuwe vyande, stop ook nie die son se opkoms of ondergaan nie en keuses moet gemaak word.

Van iewers het ek moed bymekaargeskraap en gebel om te reel vir die afspraak by die chirurg waarheen dok ons verwys het. Die ontvangsdame het my omtrent 5.30 Aus tyd gisteraand geskakel om te vra of ons dalk Maandag of Dinsdag kan inkom om die spesialis te sien.  Nou wag ons om te hoor watter een van die twee dae dit gaan wees.

Wag... wag... wag.  Ek is te bang om buite te gaan dwaal en so dalk die oproep mis.

Ons is nog nie seker of die spesialis bereid gaan wees om die gebarste prosteses te verwyder met die asemdief en gevaar van narkose nie. Indien hy nie kans sien nie weens die risiko verbonde, gaan ons nie voort met die voorgestelde prosedure van verwydering en verdere behandeling nie.

Intussen het ek soveel liefde en omgee ontvang van familie en maters dat dit voel of ek sweef. Juffrou Gawie het die volgende geskryf:
Raai. Ek kan nie eens begin om te dink waardeur jy gaan nie, maar ek belowe jou, ek hekel vir jou nuwe upholsteries - punt in die wind, windgat goedjies as jy net die woord spreek. Love you sooooo much

Deur die nag het sy laat weet die sagste wolle is bestel vir my nuwe upholsteries en die spesialis het bevestig my afspraak is Dinsdagoggend 10 uur.

 :love7: :hello2: :notworthy:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on March 21, 2019, 12:26:39 AM
Mens moet nooit die fout begaan om te dink dat as jy kennis gemaak het met een kroniese vyand, dat daar nie nog gaan wees nie. Altyd gespot wanneer iemand vra hoe dit deesdae gaan dat ek nog skop in paaiemente en al die seeninge tel wat my weerhou om in 'n diep donker gat te val en selfbejammering se arms jou ywerig toegooi.

Ek vermoed dat my plasings die volgende paar maande baie 'borstig' gaan wees.  PH is nie meer die enigste twee letters wat hande gevat het in my daaglikse bestaan nie. Uit eie keuse het twee ander kunsmatige byvoegings hulle stemme stom, dik gemaak met 'n 'bang in vain'.

Wat ons saai sal ons maai en in die oesproses hang die woord 'explant' in ons midde. Nadere ondersoek onthul nog woorde - enbloc/total capsulectomy explant en dat beskikbare data en navorsing ten sterkste 'a full capsulectomy/enbloc with capsule and tissue removal' aanbeveel.   

My verslawende voorliefde om woorde van kies tot kies te rol, sterf geweldadig in die uitspoegproses. Al wat oorbly is die galsmaak van selfverwyt wat soos altyd te laat kom.

Al wat ek nou verseker weet is die volgende:
Explant is your first step in this healing journey... NOT an instant miracle cure!

Vir meer inligting:
https://journals.lww.com/plasreconsurg/pages/articleviewer.aspx?year=2019&issue=03001&article=00007&type=Fulltext

https://www.youtube.com/watch?v=WwbvURBqcJY

https://www.fda.gov/medicaldevices/productsandmedicalprocedures/implantsandprosthetics/breastimplants/ucm064106.htm

https://aestheticplasticsurgeons.org.au/news/breast-implants-removal-what-to-expect/

https://www.youtube.com/watch?v=vjDMBYQM19o

As jy wil aansluit by 'n ondersteuningsgroep:
https://www.facebook.com/groups/Healingbreastimplantillness/

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on March 21, 2019, 02:12:50 AM
Ek kan nie glo dat dit wat jy so bitter graag wou he, nou so bitter nasmaak het.

(https://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Prostese%20inhoud.jpg)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on March 26, 2019, 09:22:25 PM
Voor operatiewe narkose-ondersoek noodsaaklik vir die PH pasient:

Ons het gister die afspraak met onkologiese chirurg Dr Lee gehad vir verwydering van gebarste borsprosteses. Was gerusgestel deur sy eenvoudige verduideliking van die prosedure sonder dat ons regtig nodig gehad het om 'n vrag vrae te vra. Was gereed vir dit - die ondersteuningsgroep het 'n saamgestelde lys van vrae wat ek op 'n later stadium sal opsom en kom deel vir PH pasiente met bors-prostese probleme.

In die groep waarby ek aangesluit het in AUS en NZ is daar 2 PH'ers (die uwe ingesluit).

Die mede PH'er met dieselfde probleme het gister gehoor weens die feit dat sy bloedklonte in longe het, dat die risiko te groot is om die warfarin dosis te stop vir  die prosedure en dan weer te neem, weens die gevaar van bloeding en klontvorming. Haar plastiese chirurg en narkotiseur het altwee geweier om voort te gaan met operasie.

Ons het gister weer Xtrale van my longe gehad om die gevaar van klonte uit te skakel. Vandag doen hulle ook weer 'n EKG en daarna sal die uitslae seker die finale besluit beinvloed.

Dr Lee het aan ons verduidelik dat hy bereid sal wees om voort te gaan met die verwydering (explant) indien die ICU narkotiseur vandag die groen lig gee vir 20% of minder kans vir 'mortality' tydens narkose met PH. Hulle het ook aangevra vir al die vorige verslae van die kardioloe en narkotiseurs wat reeds betrokke was met en na diagnose van die asemdief.

Ek wil graag ook noem dat ons uitstekende diens ontvang het van alle personeel by die spreekkamer, hospitaal en lab in Toowoomba QLD.

Dit was 'n voorreg en plesier om onder die senutergende, netelige omstandighede rakende die situasie, soveel menslikheid en omgee te ervaar. Nie almal is so gelukkig nie, Vroue getuig van persoonlike ervarings van verbale aanvalle wat selfs 20 minute duur en dit tydens die neem van EKG!

Vir meer inligting:
https://www.uptodate.com/contents/anesthesia-for-noncardiac-surgery-in-patients-with-ischemic-heart-disease?fbclid=IwAR3BkQVhf5VknviIs9D1i4IvTsSWZoJhvkp7i_pNfYdSvTHabNowHw4rrBI

https://www.uptodate.com/contents/perioperative-management-of-heart-failure-in-patients-undergoing-noncardiac-surgery
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on April 08, 2019, 11:34:15 PM
Ek is terug aan't huise. Die giftige sakkies en hulle omhulsels is verwyder. Nou stap ons opgewonde aan op die kronkelpad van genesing en waarneming om te sien hoeveel van die BII (breast implant illness) simptome het oorvleuel met die asemdiefsimptome. Op die oomblik is swelling en kneusing nogals erg ongemaklik maar ons besef dat tyd heling gaan bring.

Die ICU narkotiseur het aangedring op 'n nuwe echo om die PH drukking vas te stel wat nou gedokumenteer is as 60mmHG en daarvolgens was 'n wonderlike spanpoging saamgestel en daar was geen nagevolge van narkose soos gewoonlik nie. Ek het 16 ure in die intensiewe versorgings eenheid deurgebring sodat alles dopgehou kon word en is daarna oorgeplaas na die chirurgiese saal.

Die verwydering van die prostese en omhulsels was gedoen deur die oncoplastic breast surgeon. 'n Man met eg menslike optrede teenoor sy pasiente. Sal my huisdokter ewig dankbaar bly vir die verwysing na hom toe en nie net 'n gewone 'plastiese snydokter' in die volksmond nie.

Vooraf was die grootste uitdaging, die voorbereiding waarvan my warfarindosis aangepas moes word voor die prosedure tot op 'n INR telling van 1.1 met gepaardgaande inspuitings twee maal per dag om bloedklontvorming te voorkom.

'n Dag na operasie het die proses begin om die telling weer op veilige vlak terug te kry. Dosis is van 7.5mg opgeskuif na 10, en toe na 12. Die hoogste wat ek nog moes neem. Na vyf dae in die hospitaal was die laaste dosis net 5mg vir twee dae oor die naweek en ek het gister weer 'n INR bloedtoets gehad.

Ons kry vandag die uitslae en nuwe dosis.

Ter opsomming: Ons is nog besig met waarnemings maar tot dusver kan ek saam met duisende ander vroue getuig dat die eerste gewaarwording was die gemak waarmee jy skielik weer kan asemhaal. Die suurstofaanvulling was net nodig terwyl ek in ICU was.

Die sementgevoel wat my gekelder het vir die afgelope jare, het saam met die gifsakkies verdwyn. Ons is opgewonde om te sien hoeveel, en OF hierdie inwendige vergiftiging wel die PH drukking beinvloed het. 'n Nuwe hoofstuk...



Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: adele on April 09, 2019, 09:06:44 AM
Ek lees en lees, moes weer teuggaan hier op jou spoor om regtig te besef wat die impak van jou sakkies was. Maar sowaar, nooit sal ek wonder hoekom jy dit desjare terug gevra het nie, ken ek nie die idee van kurwetjies nie? En hoeveel mense het nie 'n hupstootjie met die linkervoet nodig gehad vir bietjie selfvertroue nie?

maar sjoe, dat jy nou selfs beter asemhaal, wat 'n wonderlike voorreg en verligting, liefste Raaitjie, ongelooflik om te dink wat die verligting vir jou fisies beteken en geestelik moet wees. Ek is soooo bly om dit te weet. Pas jou ekstramooi op, dankie dat Outop jou aan sy sy het.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on April 25, 2019, 11:51:01 PM
Duisend dankies vir omgee liefste mater  :love7:

Die afgelope drie weke was dit soveel makliker om asem te haal as voorheen en ek het kans gesien vir alles. Die wonder om jou asem diep te kon intrek sonder ongemak en hoesbuie was die grootste geskenk midde die omstandighede van verwydering van die gifsakkies (explant).

Die baba olifantjie het sy weg terug gevind na die Knysna woude en jou hart het verlig en bedeesd in volmaakte ritme geklop vir die eerste keer in jare. Die brandpyn in jou borskas verdwyn vanself en jy praat manlief mal in laaang sinne sonder om uitasem of hees te raak. Geen wakkerskrik meer met die doodse benoudheid wat jou laat regop sit, snakkend na asem.

Onwillekeurig bly wonder jy hoeveel van die ander PH simptome gaan nou makliker hanteerbaar en 'ligter' voel of straks stelselmatig met die verloop van tyd, net verdwyn? Gaan die abnormale drukking in jou hart en longe verminder?

Selfontleding laat jou ook wonder of die rede vir soveel beter voel dalk net was omdat jy basies die minimum gedoen het in die proses van heling of is daar regtig verligting soos duisende ander vroue wêreldwyd getuig na die verwydering van die twee gifsakkies en omhulsels?

Een kampnaweek omring deur die rook van die mooiste kampvure het my laat besef die asemdief se kloue is nog deeglik ingeslaan. Die olifantjie is terug en die gesteelde asems koggel in die pandok se gang terwyl jou hart uitbundig in jou borskas baljaar op 'n foxtrot-ritme.

Gewikkel in 'n emosionele oorlog wou ek tranerig terugkruip na gister se gemak, maar gister is verby en more lê nog toegesluit.

Net tyd gaan leer of daar blywende veranderinge gaan intree rakende die asemdiefsimptome. Intussen het ons net vandag om al die seëninge te geniet en elke pynvrye asemteug te waardeer.

(https://oi847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Gister%20is%20verby.jpg)

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on May 04, 2019, 06:39:28 AM
Ernstige waarskuwing vir 'explant pasiente' wat bloedverdunners gebruik: Ek het die laaste twee dae so goed gevoel dat ek weer begin bak en brou het. 'n Nuwe broodresep het my verlei en ongelukkig vereis die resep dat jy dit in 'n swaar ysterpot moet bak. Na verwydering van die gifsakkies word jy gewaarsku om vir ses weke so min as moontlik jou arms bo jou kop te gebruik en ook om nie swaar voorwerpe te hanteer nie. Meeste van ons ken die gewig van 'n medium size ysterpot.
 :icon_biggrin: :bootyshake:

Ons gasoond is ooghoogte so die uwe gebruik 'n steppie om by te kom  :icon_bigsmurf: dit help om die armbewegings in toom te hou maar klaarblyklik was die gewoel te gou en te veel.

Ek het weer 'n baie ligte inwendige bloeding opgedoen in die regterbors  en nou is ek doodsverskrik en oorversigtig  :icon_biggrin:

Vir weer oopmaak en klontverwydering sien ek nie kans nie. Hou asb styf duimvas saam met ons dat dit vanself gaan opklaar soos met eerste inwendige bloeding.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on May 05, 2019, 02:04:21 AM
Goeiste Raaitjie.  Hier lees ek nou jou verhaal en haal weereens my hoed af vir julle twiekies se deursetttingsvermoee.   Ek is oortuig daarvan dat dit binnekort weer goed sal gaan.  Ek dink met liefde aan julle.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on May 05, 2019, 09:43:21 AM
Daar is nie 'n opsie om te kan omdraai nie PM so vorentoe is al uitweg. Die ligte bloeding lyk vanaand beter so heling is besig om plaas te vind waaroor ek innig dankbaar is.  En natuurlik is ek ongelooflik opgewonde want my beloofde pakkie van Gawie met sy kosbare inhoud is gepos!
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on May 09, 2019, 06:33:57 AM
Met die draai van ons seisoene protesteer die asemdief en slaan sy kloue dieper in; word jy onwillekeurig gedwing om 'n paar ekstra bitter pille te sluk... dit geskied nie met gemak nie, asof 'n mens net nooit gewoond raak daaraan nie. Hoekom is dit so hard om hulp te vra sonder om te voel jy het gefaal in die onafhanklikheids gespook om 'by' te bly?   

(https://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/PH%20Pills.jpg)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on May 10, 2019, 04:54:44 PM
Probeer 'n lepeltjie jogurt.  (Nie jougurt nie, mygurt  :icon_biggrin:  ) dalk help dit. 
'n Mens bly maar mens, ek voel ook dikwels ek het gefaal, maar eintlik het ek niks verkeerd gedoen nie.   :icon_scratch:  Hou maar moed en hou jou kop hoog, dit is waar dit hoort!  (Nie jou neus nie hoor.   :angel12:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on May 10, 2019, 10:08:38 PM
Die 'bitter pille' van die lewe en 'n lepeltjie jou/mygurt het nou my dag gemaak lief PM.  As ons tuin haar herfsjas aantrek, besef ek dat hulp vra met soveel alledaagse takies weer my voorland gaan word want weersveranderinge en die asemdief is aardsvyande. Dit verstom my net weer dat mens jaar na jaar dieselfde emosionele oorlog 'verloor' en voel jy faal wanneer jou kragte te kort skiet en die huishouding jou aanklaer en regter word. Die skuldgevoel word nooit minder nie.  My diebare wederhelf doen alreeds so baie maar terselfdertyd tel ek my seeninge vir die voorreg dat hy daar is vir my.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on June 07, 2019, 01:07:28 AM
Soms vergeet ons dat die helingsproses nie altyd in harmonie is met ons verwagtinge nie en selfs met tye in trurat gaan. Nou reeds in die negende week na die gebarste gifsakkies verwyder is (explant) het ek nog steeds lastige simptome weens bloedklontvorming a.g.v interne bloeding weens te hoë en vinnige dosis aanpassings van die bloedverdunners (warfarin) in die hospitaal.

Voor ingrypende prosedures vereis die mediese span dat die warfarin INR tot op 'n veilige vlak (1.2) verminder moet in die voorafgaande week wat dan ook deel vorm van die PH behandeling waar dit normaalweg, verkieslik tussen 2.4 tot 2.8 gehou word ingeval van hartklep- en AF probleme.

Hierdie geleende voorstelling van Suspended Coffees was vir my nogals heel gepas op die oomblik

(https://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Healing.jpg)

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on June 07, 2019, 01:13:26 AM
Die gevare van bloedklontvorming tydens inplanting en selfs na explanting van prostese of dit silikon of soutwater is, moet nooit onderskat word nie!

Ek deel hierdie na aanleiding van 'n plasing deur 'n nuwe lid by die 'gifsakkie-groep' waaraan ek behoort. Die jong vroutjie se longfunksie toets het getoon dat daar een of ander probleem met haar asemhaling is. Verdere toetse het bewys dat sy 'n massiewe bloedklont in haar long het.

"I am 34 years old and have life threatening Pulmonary Embolism. The cause...my previous surgery."

Sy het die volgende skakel gedeel vir bewusmaking:

"Pulmonary embolism is a rare post surgical complication, even more so following breast augmentation. Herein we present a case of a 23-year-old woman who survived an episode of massive pulmonary embolism after breast implant surgery. Current literature about this subject is very scarce.

Based upon this experience it is important to emphasize that more restrictive risk assessment scores such as the Caprini score should be used, bearing in mind a possible higher risk of complications secondary to anticoagulant treatment such as bleeding and haematoma.

Our case serves as a warning about the risk of VTE in breast implant surgery, making it paramount to evaluate each patient more closely, employing more restrictive risk assessment tools.

Acute pulmonary silicone embolism (APSE) from cosmetic silicone injections is well known to cause lung disease.

Recently, cases of chronic pulmonary silicone embolism (CPSE) related to silicone and saline breast implants causing dyspnea and pulmonary infiltrates have been reported.

CPSE is embolization of silicone to the lungs in women with breast implantation but with no history of subcutaneous silicone injection. These cases made us wonder whether CPSE is an underrecognized contributor to chronic pulmonary ailments."


https://www.ncbi.nlm.nih.gov/pmc/articles/PMC4793791/…

Hoeveel hierdie gifsakkies bygedra het tot die verergering van die PH drukking sal ons eers weet as ek weer 'n toets ondergaan en die drukking het DALK drasties verminder.  Dan kan ons begin vrae vra en intense navorsing doen.

Daar is so min beskikbare inligting op die oomblik en natuurlik veg 'n mens teen die groot indoenas se multi-miljoen-dollar inplantings-industrie :( Al wat ek kan getuig is dat dit my PH simptome beslis beinvloed het.

Al wat ons op die oomblik kan doen is om te dokumenteer wat ek ervaar en vir my sal dit ewigheidswaarde he as net een persoon betyds gediagnoseer kan word en die asemdief in sy spore gestuit word en met die nuwe rigting wat die lewenspad inhou na kennismaking met BII (breast implant illness), is bewusmaking daaroor net so belangrik vir my.

(https://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Dying%20to%20life.jpg)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on June 07, 2019, 02:42:57 PM
Diit is so belangrik om navorsing oor 'n snydokter te doen.  Weet ook wat die nadele en voordele van 'n operasie is.  Dit is nie maklik nie en ook nie versekering dat alles sal goed verloop nie, maar tog!   :icon_scratch:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on June 16, 2019, 10:54:57 PM
Verseker stem ek saam jou mater. Baie belangrik om 'n goeie chirurg te kies en met die prosedure van explant is dit veral belangrik dat die chirurg kennis het van 'n volledige explant. Indien jy hart- en longprobleme het sou ek aanraai dat jy beslis 'n spesialis narkotiseur kontak wat kennis dra van die gevare van narkose vir PH pasiente.  Ek wil graag die volgende skakel los na 'n ondersteuningsgroep in Suid Afrika waarby ek aangesluit het.

https://www.facebook.com/groups/BIISA/
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on June 24, 2019, 11:52:17 PM
"When you have #pulmonaryhypertension you don't always know how you're going to feel from one day to the next.
Do you ever feel guilty for canceling plans so you can rest?"


'Putting myself first'.

Hierdie drie woorde hou 'n hartseer in wat moeilik beskryfbaar is. Na soveel jare bly dit nog steeds vir my die hartseerste deel en die selfverwyt as jou probleem geliefdes se planne dwarsboom, kou gate in jou menswees. Ons kinders wat in Amerika woon kom kuier so al om die 2de/3de jaar en die opgewondenheid van uitsien en beplan wat ons saam gaan doen is ewe onbeskryflik.

Hierdie jaar se kuiertjie was beplan rondom 'n toer na Fraser Eiland. Ons skoondogter se ouers sou saam toer en daar was groot opgewondenheid rondom die roete beplanning. Oorspronklik sou Outop en die uwe halfpad oornag het en sou by die res van die familie aansluit waar ons met die ferry sou oorgaan tot op die eiland.

Noodgedwonge verandering in planne het ons laat besef dat die asemdief nie gaan saamspeel nie.

Weens probleme met klontvorming kan ons nie langer as drie tot vier ure op die pad wees sonder 'n oornag-breek nie. Die beplande roete van 8 ure aanmekaar ry waarvan ek 3 ure self sou moes bestuur tot op die lughawe waar ons skoondogter en haar familie  sou ontmoet, was die eerste struikelblok.

Duiseligheid en visie probleme sodra die abnormale drukking in die regterhartkamer styg is 'n risiko wat ek nie kan neem deur self te bestuur vir solank nie. Die langste wat ek myself toelaat is 'n uur (ongeveer 80km).  Na die 8 ure rit, sou die res van die roete op die eiland self nog voorle tot by ons beplande bestemming.

Die risiko van bloedklonte sou dus net te groot wees en ek moes 'n selfsugtige besluit neem en ons het die familie ingelig dat dit vir ons onmoontlik gaan wees. Ek kan dit net beskryf as 'n emosionele oorlog van selfverwyt in die proses om na jouself om te sien   :crybaby2: :dontknow:   

https://www.myphteam.com/resources/putting-myself-first
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on June 28, 2019, 11:27:55 AM
Skuus dat ek nou eers antwoord.  'n Paar dae sonder krag, en toe 'n paar dae sonder krag na 'n aaklike siekigheid, en toe sonder data, kom ek nou eers hier aan. 
Ek glo nie jy het 'n selfsugtige besluit geneem nie Raaitjie.  'n Mens kan net doen waartoe jy in staat is.  Omstandighede lei tot 'n mens se besluite.  Hoe dan nou anders? 


Ek is ook oortuig daarvan dat jou geliefdes nie wil hê dat jy jouself in gevaarstel nie.  Verander dit wat ons kan, maar aanvaar dit wat ons nie kan verander nie.  Dat dit makliker gesê as gedaan is, is nie altemit nie.  Weet dat ek altyd aan jou dink.   :love7:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on June 29, 2019, 02:34:42 AM
Die omgee is wederkerig mater. Dink aan jou wat self 'n kruis dra. Hoop dat daar hulp was in die vorme wat jy nodig gehad het op die pad na herstel. Saamleef met 'n mediese ongesteldheid wat soms nimmereindigend voel en jou bekruip op onmoontlike tye kan soms voel soos  'n roller coaster waarop ons gedwonge beland het! Vandag wil ek gesels oor hierdie onplesierige lewensrit, as mens dit so kan noem.

Jen Cueva skryf die volgende: I am a "well-seasoned" PH patient. Life with a rare illness is a busy one. It can often feel like a roller coaster ride; you never know whether your day will be uphill or downhill. It can change in a second, so just buckle up, hang on and enjoy the ride.

Ek kon nie help om 'n visuele prentjie te skep nadat ek haar artikel gelees het nie. 'Well seasoned' is ons inderdaad - deeglik gelouter deur die jare van mallemeule simptome, ry ons voort op die asemdief se 'roller coaster life style'. Hierdie rit is nie vir die avontuur of pret nie.

Die asemrowende styltes, onverwagte duiselwekkende val en skerp draaie dreig om jou te ontspoor maar die wete dat jy nog steeds voortbeweeg laat jou greep dankbaar verstewig om die harnas van onsekerheid ter oorlewing.

Hierdie lewensrit beskryf Jen so: "I wish I could tell you that my days are full of positive vibes and happy tears. In reality, they’re filled with fatigue, chest pains, tears, shortness of breath, fears, and anxieties. Then there are the lab appointments, doctor appointments, and miscellaneous medical

Om meer te lees:
https://pulmonaryhypertensionnews.com/2019/06/28/worth-phight-cure-life-expectancy/?utm_medium=desktop-push-notification&utm_source=Notifications&utm_campaign=OneSignal
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on July 09, 2019, 11:28:32 PM
Ek staan soms verstom oor hoe jou lewe in 'n oogwink kan verander. Selfs 'n onskuldige nies kan jou letterlik so befonkfaai dat jy stilletjies dink doodgaan is dalk makliker/genadiger  :icon_biggrin:

Voorheen het ek al redelik uitgewei oor hoe ons kinders probeer om so ver moontlik nie te kom kuier as een van hulle 'n lastige kuggie of loopneus het nie. Hoe gemaak as jou manlief nou met dit van die werk af kom en jy weet - hier kom 'n ding wat handewas en maskerdra  'n 'go gaan stick' soos nog nooit voorheen nie.

Binne 'n paar dae toe nies en proes ek saam of dit mode geword het in die pandok. Tydens een so nies-sessie loop dinge erg verkeerd en die uwe voel of die hel homself tuisgemaak het in my binneste en my ribbes gebruik as fynhout om die vuur te stook. Vier dae baie braaf vir myself vertel dit is net nog 'n paar 'bad days'. Ek is mos al gesout en peper teen hulle.

Toughen up Meraaitjie! Jou kinders land Saterdag en daar is nie tyd vir selfbejammering nie (ek het my dae en nagte omgehuil want die pyn in ribbekas het werklik ondraaglik begin word).

Gister toe besef ek iewers moet drasties fout wees en bel Outop by die werk om my te kom haal sodat ons by dokkie kan uitkom. Ek gee op na vier dae.

Dok se simpatieke diagnose: You've snapped a rib during one of that nasty sneezes my dear!

"Treating broken ribs has changed in recent years. Doctors used to treat a fractured rib by wrapping the torso tightly to help keep the affected rib from moving. But this type of bandaging can restrict your breathing and occasionally lead to respiratory problems, including pneumonia.

Today, broken ribs are usually left to heal on their own without any supportive devices or bandages.

Yep, net tyd gaan heling bring. Ongelukkig onderdruk sterk pynmedikasie asemhaling en die verbode verhouding met die asemdief moet liefs vermy word. Die hele gedoente klink soos 'n nare grap maar glo my vry, dit is GEEN grap nie. Die nuwe pyn in my lewe kan ek nie beskryf nie. Dink al die trane het my ABC verroes.

Daar is nog sooooooooo baie wat ek wou doen voor die kinders se kuier. Wie nou vir wie gaan bederf kan ek net raai en vermoed my bad days gaan 'n paar weke lank strek in die helingsproses wat my kragte gaan beproef soos nog nooit voorheen nie! Hou styf duimvas dat my genies en proes wonderbaarlik verdwyn want die medikasie wat dit moet onderdruk voorspel niks goed vir die PH drukking nie!

Pasiente wat bloedverdunners gebruik moet meer gereeld getoets word tydens die gebruik van anti-inflammatoriese middels aangesien dit die gevaar van bloeding kan verhoog. Ek moes dadelik 'n bloedtoets laat neem en die volgende is geskeduleer vir twee dae later.

Nonsteroidal anti-inflammatory medicines (NSAIDs), such as ibuprofen or naproxen, may cause stomach bleeding and other problems.

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/8b6a3397-1e45-4483-b0a5-838e3783545b-original.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/8b6a3397-1e45-4483-b0a5-838e3783545b)

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: adele on July 10, 2019, 07:44:03 AM
Liefliewe Raaitjie, dis omtrent 'n rillerfliekverhaal. Sterkte en 'n laanng sagggte drukkie vir jou  :coffee2:  :love7:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on July 14, 2019, 10:55:24 PM
Dankie so baie baie vir omgee liefste mater van my. Ek kan vandag positief getuig dat dit 80 persent beter gaan diekant van die aardbol. Gebede het gewerk en ek het ophou nies en hoes. So bitter dankbaar! More weer 'n bloedtoets om die interaksies met die rottegif in toom te hou met gereelde dosis-aanpassings. Ons kleingoed en hulle mammatjie het geland en ons kuier alreeds die kangeroes uit die Bloekombosse uit. Wat 'n blessing om hulle weer by ons te he. Genadegawes van Bo inderdaad!
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on August 05, 2019, 11:03:35 PM
Ons gaan die volgende drie weke weer bietjie wegloop en ek besef vandag weer watter wonderlike medikasie is hierdie kosbare voorreg opsigself! Selfs die 'uitsien' voel of ek 'n dubbeldosis-voorskrif ontvang het!

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/e35fca53-135a-4d55-a5bd-37be5a396159-original.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/e35fca53-135a-4d55-a5bd-37be5a396159)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on August 31, 2019, 08:18:42 AM
"Did you know: people with heart disease are at least six times more likely to have a heart attack after coming down with the flu?"

'n Narige hoes, genies en geproes was die nuwe kommunikasiemiddel in ons wieletjieshuis die afgelope drie weke en nou ook in die pandok. Outop het op 'n stadium so olik gevoel van die griep dat die enigste Afrikaanse woorde wat hy kon uitkry een nag was "... ek sluk sommer bietjie Doom om die bugs dood te maak..."

En toe ons nou die afgelope twee dae darem weer 'n beskaafde geselsskap kon voer was die onderwerp van 'aansteek' hoog op die agenda.

Die moeilike keuse - gaan jy siek werk met 'n aansteeklike kwaal soos byvoorbeeld griep, of bly jy tuis om oordraging te vermy aangesien daar ander kollegas met kroniese probleme of nabye familie lede is? Indien jy die 'veilige' tuisbly keuse verkies maar verloor straks jou inkomste weens hierdie keuse - wat dan?

'n Kollega by die werk het net voor ons met verlof gegaan het, siek kom werk en my wederhelf wat net een keer elke vier jaar platgetrek word met bugs waarvoor Doom nie help nie, moes die knie buig. Medikasie wat soos 'n klein aptekie gelyk het, was aangekoop.

Radeloos het rooiwyn later ook op die selfgeskrewe voorskrif verskyn en Outop daarby gesweer :icon_biggrin:

Die vrees dat ek sou aansteek het hom  nog meer benoud gemaak en hoe meer die uwe beduie dat daar nog geen teken van 'n geblaf is nie, was dit nie genoeg nie. Of ek getjienks was of nie maar die derde week toe blaf ons vir mekaar en besluit om eerder huiswaarts te keer aangesien troeteldiere nie toegelaat word in die oord nie.

Die apteker het geweier om enige iets te gee toe hy hoor van die asemdief. Slegs panadol. Niks anders nie. Veral nie decongestants! 
Decongestants – like pseudoephedrine or phenylephrine – constrict blood vessels but if you have high blood pressure or heart disease, the last thing you need is constricting blood vessels :crybaby2:

Radeloos myself het ek teen dokters voorskrifte van Outop se medikasie begin neem oppad terug na ek self begin wonder het oor gogga-gif.  :bootyshake:

Teen die derde dag van minimale gebruik het die ingeboude waarskuwing in my armhorlosie teen hartritme-afwykings my attend gemaak dat daar iewers groot fout was.

Ek deel die volgende inligting:

Staying healthy during cold and flu season is important for everyone, but for patients with pulmonary hypertension (PH), it can be especially important.

Prevention is the key. In addition to recommending an annual flu vaccination for people in high-risk groups, including people with chronic pulmonary disorders and children 6 months and older, the CDC also recommends the flu vaccine for caregivers and contacts of people in the high-risk groups. The best time to get the flu vaccine is around October, but you can still receive a flu shot throughout flu season. Speak to your doctor about getting a flu shot if you have not yet done so.

When possible, avoid people who are sick. Wash your hands often with soap and running warm water (lather with soap at least 20 seconds prior to rinsing), or use an alcohol-based sanitizer. Avoid touching your face with unwashed hands and disinfect frequently touched surfaces such as doorknobs, remote controls and cellphones.


https://www.health.harvard.edu/heart-health/dont-let-decongestants-squeeze-your-heart

http://pulmonaryhypertensionrn.com/blog/5-tips-for-ph-patients-during-flu-cold-season/

https://prd-medweb-cdn.s3.amazonaws.com/documents/pulmonary/files/Medications%20to%20Avoid%20for%20Pulmonary%20Hypertension%20Patients.pdf

https://www.mayoclinic.org/diseases-conditions/heart-disease/in-depth/flu-shots/art-20044238?fbclid=IwAR1H3UsfLFCKhMphwcPVrbhoUkfhI8-oTZdQm4gwAyGC6GdfsNCRAPdas9k



Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Assie on September 05, 2019, 12:57:43 PM
Ek is nou bitter bekommerd oor hierdie aanstekery na die tyd. veral wanneer daar rooiwyn by betrokke is.


 :mumum:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 06, 2019, 07:29:06 AM
Sinkplaat gegiggel vir jou opmerking dierbaarste Assie ... dit is goed dat die forum nie die beelde wat gedagtes optower kan verklik soos 'n kameralens nie  :icon_biggrin:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 20, 2019, 12:22:07 AM
Oorsensitiewe reaksie vir sterk reuke en smake irriteer en vererger PH simptome.

Vir solank moes ek probeer verduidelik aan ander dat sterk reuke my asem letterlik steel.  Daar is amper te veel om op te noem. Sigaretrook en vure wat brand is twee van die groot sondebokke. Ek kan selfs net verby iemand stap wat gerook het, dan reageer my longe onmiddelik. Dan is daar nog die invloed van sterk parfuumreuke van vroue, manne se naskeermiddels en reukweerders, lugverfrissers, haarsalonreuke, liggaamsreuke (veral sweet), skoonmaakmiddels en uitlaatgasse. Die smaak van ertjies wat peppermentgegeur is maak my so naar dat my eetlus verdwyn (en dit gebeur nie maklik nie!)

Wat ek nooit besef het nie is dat hierdie oorsensitiewe reuk- en smaaksintuie die asemdief (PH) simptome vererger  :crybaby2:

In die nuutste artikel van ons Pulmonary Hypertension News vertel die mamma van 'n PH lyertjie die volgende: "My son was diagnosed with PH as a child. As his disease progressed I noticed I was having a difficult time getting him to brush his teeth every day. I sat him down to discuss the importance of caring for his teeth and that’s when he explained that the minty flavor of the paste made it difficult for him to breath. I was forcing him to brush and he was struggling every time he did. We switched to a child’s fruit flavor tooth paste and that is what he used until his transplant at age 14. Can anyone relate?"

Verseker kan ek hiermee identifiseer  :crybaby2:

Wat 'n verligting om na soveel jare uiteindelik antwoorde te vind.  Ses jaar gelede het ek by my Facebook bewusmakingsblad gevra of daar enige ander PH pasiente is wat probleme het met reuke, veral uitlaatgasse en lugbesoedeling. Denneys van PH Suid Afrika se bewusmakingsveldtog het vrugteloos probeer inligting kry van ander pasiente. En skielik, ses jaar later duik hierdie artikel op in my poskoets ter bevestigting.

Daar is nog 'n lastige onverstaanbare simptoom wat ek graag ook bevestiging voor wil kry. Ek vermoed dat daar 'n verband is tussen verhoogde pulmonale drukking met tye en my oë wat dan spontaan traan asof ek droewig verby is. Die trane loop stroompies oor my wange en sou ek buk vererger dit nog meer. Hierdie spontane tranedal gaan gepaard met verhoogde loodgevoel op my borskas en asemnood.

Dit is kompleet asof 'n kraantjie van binne oopgemaak word en sodra ek suurstof neem, verdwyn die trane en asemnood.

:dontknow:


Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 20, 2019, 01:44:28 AM
Na aanleiding van die vorige plasing:

Ek het 'n paar jaar gelede 'n artikel gedeel oor die feit dat ons longe kan ruik... opsoek na dit ontdek ek weer hierdie inligting.

Your lungs can smell. That’s what new research suggests.

But unlike the odor receptors in your nose, which send a message to the brain, the receptors in your lung cause the airways to constrict when a pungent or caustic odor such as cigarette smoke is sensed.

The new class of cells, called pulmonary neuroendocrine cells, or PNECs, were discovered by scientists at Washington University in St. Louis and the University of Iowa.

“Our body plan is a tube within a tube, so our lungs and our gut are open to the external environment,” said Yehuda Ben-Shahar, an assistant professor of biology and of medicine at Washington University in St. Louis. “Although they’re inside us, they’re actually part of our external layer. So they constantly suffer environmental insults,” he said, “and it makes sense that we evolved mechanisms to protect ourselves.”


https://www.voanews.com/science-health/study-your-lungs-can-smell?fbclid=IwAR3h8Klm3mRUV7w9Wc-uAeqaN7HOqoT8vk94917zByhkL5ixu9p9_PoxBog

'How can scented products affect my health?
Chemicals used to add scents to products can cause serious health problems for some people, especially for people with lung diseases such as asthma or COPD . Being near a scented product can make some people sick.

Scents enter our bodies through our skin and our lungs. The chemicals in scents can cause many different reactions. Even products containing natural plant extracts can cause allergic reactions in some people.

While some people are only mildly affected by scents, others have severe reactions. Some common symptoms include:

headaches
feeling dizzy
feeling tired or weak
shortness of breath
nausea
cold-like symptoms
worsening asthma symptoms'


https://www.lung.ca/lung-health/air-quality/indoor-air-quality/scents?fbclid=IwAR2HYPMorZsx4r2O2Fr0ugvpYRhqpDIZHLzgQsjg2LfJt0CjT0F8UwmZ3yo
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 23, 2019, 05:19:40 AM
Daar is een (van 'n klompie) baie sterk krukke waarop ek die afgelope jare steun - die wete dat ek nie in beheer is van die asemdief nie maar dat ek wel kan beheer hoé ek reageer op die knie-knak-simptome op 'n asemnood-pad vol uitdagings.

 :icon_biggrin: :bootyshake: :book1:

In my dag des lewe nooit kon dink dat ek eendag ernstig sal moet besin oor wat ek aantrek bed toe nie. Die dae van ragfyn kantgedoentetjies om die liefdesvlamme hoog te laat brand en so te hou, het gekwyn soos die opsitkers in ons pandok na twee woorde uit die alfabet hulle self permanent kom tuis maak het in ons midde sonder uitnodiging.

'n Mens besef eers hoeveel energie aan- en uittrek vereis wanneer dit iets word wat jou laat hyg na asem asof jy so pas aan die landloop, berg uit deel geneem het. Maar, soos met alles op jou pad met 'n kroniese probleem, is daar persoonlike oplossings wat uit nood gebore word.

Kant en sy het plek gemaak vir enige iets wat NIE lyk soos nagklere nie maar tog gemaklik genoeg is om plek te kan maak vir wanneer die voggies deur die nag opbou en oonooglike ekstra kurwes skielik jou voorland word. Hierdie ondeursigbaar, onvleiende, lospassende tooisels geniet voorkeur want dit bied my die opsie om tuin toe te verkas (sonder om aan en uit te trek en onnodige energie en asems te mors) sodra Outop sy tassie neem soggens om kragtige saad op die elektriese lande te gaan plant.

Ek het nodig om te 'earth'. My voete moet die dou voel, my vingers moet aan blaar en blom kan vat. Ek moet vroegoggend gesels met my struike wat dorstig baklei teen die nare droogte wat ons teister wanneeer ek badwater, bietjie-bietjie gietergewys aandra tuin toe. 

Klein aanpassings in slaaptydroetine wat kosbare vervullings vroegoggend baar!
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on October 08, 2019, 01:15:12 AM
Soms voel ek soos 007 in die lewe se onsigbare rolprent. Ongelukkig is daar geen vooruitsig vir enige vergoeding of uitsien na aftrede vir hierdie 'karakter' nie en jy besef dat die aanpassings wat reeds gemaak is om die lewe te geniet soos omstandighede dit toelaat, in 'n ommesientjie kan verander.

Ons het die afgelope vier dae saam met ons Afrikaanse kampvriende ontspan langs die creek. Diekant van die aardbol beleef ons weer 'n hittegolf en dan is dit effens moeiliker om by te hou. Genadiglik vergemaklik die geleende asempies dinge en maak sulke sitasies leefbaar.

Soos die noodlot dit wou hê, besluit my mobiele masjien om sy laaste asempies uit te blaas en daar sit ek letterlik op hete kole en die hitte word net erger. Outop gryp die gereedskapkas nader om te loer of hy 'n noodoperasie kan doen. Pure verniet... masjientjie het die suurstofstryd verloor. Ons het wel tuis 'n groot elektriese suurstofmasjien maar jy is huisgebonde met dit.

Ek kan nie vir julle beskryf wat alles deur my 007 gedagtes gegaan het nie. Ek het my nuwe normaal as vanselfsprekend aanvaar. Ons kon gaan kamp, kuier en rondstap. Ek kon saam in groot winkelsentrums gaan inkopies doen met die geleende asems op sleeptou. Gebak en brou na hartelus terwyl ek asem steel. Skielik het alles verander.

Ons was skaars by die huis toe begin die soektog na 'n ander masjien want vir kluisenaarslewe is ek beslis nie gereed nie. Vier ure later is die ander masjien betaal en het Outop gereel dat ons dit die naweek kan gaan haal. Wil dit nie laat pos nie want die ouens gaan nie besef hoe bitter kosbaar is die pakkie vir my nie. Soos by julle beteken 'handle with care' nie veel nie.

Ek het een ding besef,  as die suurstofmasjien oorgee en die laaste asempie uitblaas is ek nie gereed om dieselfde te doen nie. In die geveg gaan ek aanhou tot die bittereinde. 

Soos gewoonlik was dit weer moeilik vir ander om te verstaan dat mens so gesond en vrolik kan lyk en nog steeds ' terminaal siek' is. Waarom verwag mense dat jy moet siek lyk? Is dit so moeilik om te verstaan dat sommige skete onsigbaar is en jy kliphard net so onsigbaar terug veg met elke kosbare asemteug?

Soms voel ek amper skuldig omdat ek nog die lewe ten volle wil geniet terwyl ander kopkrappend na jou staar en wonder of jy nie al eintlik dood moes wees of dan ten minste gesond moet word nie want dit is darem al 6 jaar...
:icon_scratch: :headbang:

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/e1a2fca3-c4cd-45d2-9932-0cb7b9cb72ee-original.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/e1a2fca3-c4cd-45d2-9932-0cb7b9cb72ee)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: adele on October 08, 2019, 08:04:07 AM
Daar is een (van 'n klompie) baie sterk krukke waarop ek die afgelope jare steun - die wete dat ek nie in beheer is van die asemdief nie maar dat ek wel kan beheer hoé ek reageer op die knie-knak-simptome op 'n asemnood-pad vol uitdagings......
Ek het een ding besef,  as die suurstofmasjien oorgee en die laaste asempie uitblaas is ek nie gereed om dieselfde te doen nie. In die geveg gaan ek aanhou tot die bittereinde ......

Wie is ek om nie dieselfde te doen nie? My lyfie is nie (tans) terminaal siek nie, maar spring nie onverklaarbare pyne en skete, piep en iepekonders vry nie, maar ek laat ook nie toe dat dit my stop leef nie  :love7:
Dankie vir jou positiewe, kosbare ondersteuning wat ons nie altyd besef jy aan ons gee nie, liefste vriendin  :love7:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on October 08, 2019, 11:28:04 AM
Liefste matertjie, hier is my hoekie waar ek openhartig kan kom vertel van die 'ups and downs' op die asemdiefpad en julle liefde, ondersteuning en daar wees is ook 'n stewige kruk waar sonder ek beslis nie die pas sou kan volhou nie.
 :love7: :notworthy:

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/33ff9bb4-926a-49dc-8921-11da2455e043-original.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/33ff9bb4-926a-49dc-8921-11da2455e043)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on October 08, 2019, 11:51:23 PM
(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/ce9b73d5-1069-48fc-a119-91e24dd4932d-original.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/ce9b73d5-1069-48fc-a119-91e24dd4932d)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on October 09, 2019, 10:49:47 PM
In een van ons forummoeder se kommentare lees ek gister ietsie raak oor 'wintergreensalf' wat my aandag dadelik getrek het. Na verdere ondersoek het ek inligting ontdek wat my ernstig laat besin het om te gryp na 'n blikkie skynbaaar-onskuldige salf wannneer die oumensskete jou beetkry.

Genadiglik het ek, uit die mag van gewoonte gewonder hoe dit die asemdief en medikasie gaan beinvloed. 'n Groot skok gekry. Weereens gedink aan die dinge wat jou dokter jou nie vertel of teen waarsku nie...

 :crybaby2: :dontknow:

What are some things I need to know or do while I take Methyl Salicylate and Menthol Cream and Ointment?

This medicine may raise the risk of heart and blood vessel problems like heart attack and stroke. These effects can be deadly. The risk may be greater if you have heart disease or risks for heart disease. However, it can also be raised even if you do not have heart disease or risks for heart disease. The risk can happen within the first weeks of using methyl salicylate and menthol cream and ointment and may be greater with higher doses or long-term use. Do not use methyl salicylate and menthol cream and ointment right before or after bypass heart surgery.

This medicine may raise the chance of severe and sometimes deadly stomach or bowel problems like ulcers or bleeding. The risk is greater in older people, and in people who have had stomach or bowel ulcers or bleeding before. These problems may occur without warning signs.

People who are taking blood thinners like Warfarin should steer clear of wintergreen due to the extremely high presence of Methyl Salicylate. Never to be taken orally & always dilute before applying to skin & be wary if you have hyper sensitive skin.

https://www.drugs.com/cdi/methyl-salicylate-and-menthol-cream-and-ointment.html?fbclid=IwAR2T9QjxB2DGEpUNhF9H2bW0qiPGKJzNntUBmT-5fgD-yaAMEHCtiL_8cis

https://www.uofmhealth.org/health-library/d08473a1?fbclid=IwAR3_oEuJX1L7v-U3FK4sa45_xtnc52P5470HlicJ9UTV2nhuvA1fi99q0Ns
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on October 17, 2019, 05:57:31 AM
(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/74042eef-3e94-45de-9b14-5554338a8f79-original.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/74042eef-3e94-45de-9b14-5554338a8f79)

Ek voel soos die prentjie  :toothy4:

Die nuwe (2de handse aankope) vir my geleende asems op wiele het na 20 minute se gebruik oppad Gold Coast toe die naweek pure Afrika styl gestaak. Ek was in trane. Ongelukkig was dit op auction gekoop en die bod wat aanvaar was, was slegs helfte van 'n nuwe masjien se prys. Outop het die man gekontak wat die masjien op auction gehad het en aan hom verduidelik dat die masjien foutief is en wat gebeur nou?

Hy het sy skouers opgetrek en gese dit het perfek gewerk vir sy pa. Die masjien was uiterlik in puik kondisie met slegs 120 ure se gebruik. My getroue ou Fifi het amper 4000 ure en is self terminaal siek siestog. Nou is ons in die lang proses van instuur en herstel. Die ouens is ongelooflik streng met die gebruik van 02 asook die diens en herstel van masjiene.

Jy en jou finansies (no joke) gaan deur 'n streng keuringsproses. Kon nie help om te dink hoe wonderlik dit sou wees as die ouens wat moet besluit of jy kwalifiseer vir geleende asems, self asemnood met eksterne invloede buite kliniese hospitaalomgewings kon ervaar. Ongelukkig word dit nie so gedoen nie sniksnik.

Intussen het ons nuwe normaal wat al vanselfsprekend aanvaar was onverwags weer verander met die gebrek aan mobiele asems.

Kamp in die boendoes sonder krag is nou vir eers op die lange baan geskuif. Inkopies in groot winkelsentrums met al die reuke van haar- en naelsalonne, pragtige gegeurde kerse en uit-eet en omring met vroue/mans wat botteltjies parfuum/naskeermiddels in oormaat gebruik, is nou ook taboe.

Die vrees dat ons skielik midde 'n bosbrand kan beland oppad iewers heen, probeer ek op die agtergrond skuif want net die gedagte is asemrowend genoeg MAAAAAAR daar is nog steeds baie ander seeninge. Ons trek nou by plan B.... daar is nog 24 letters van die alfabet oor vir nuwe planne en daarom skryf ek vanoggend ook my eie briefie aan die asemdief...

*Foto geleen van mede PH blad in Suid Afrika.

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/3d9c0459-2f7a-453a-8cf2-cb091ff9bf55-original.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/3d9c0459-2f7a-453a-8cf2-cb091ff9bf55)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on October 18, 2019, 01:12:30 AM
Hierdie week was dit my geliefde Outoppie se beurt om moeilike vrae te beantwoord en homself vasgeloop in die onkunde wat heers rondom raar skete en kwale. Die moedeloosheid op sy gesig terwyl hy vir my verduidelik het hoe hy probeer om die persoon in te lig oor presies wat PH is en dat jy soms nooit eers sal weet wat die toestand veroorsaak het nie en dat daar nog geen cure is nie, was duidelik sigbaar in sy hele gebaar.

Ek het 120% verstaan. En toe hy vertel hoe dit gevoel het toe die man hom vra of ons al die of daai probeer het want sy skoonsus is 'n dokter en sy glo dat alles gesond gemaak kan word met wat jy eet, het ek sommer uitgebars van die lag. Welkom, welkom in my wêreld van onkunde en ywerige raadgewers wat glo dat 'siek wees' sigbaar moet wees en in die eeu waarin ons lewe moet daar mos 'n cure al wees, hulle genees dan sommige kankers!

 :mumum:

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/0384d6f5-cf6d-4927-802c-3b9a1552c56b-original.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/0384d6f5-cf6d-4927-802c-3b9a1552c56b)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on October 19, 2019, 06:45:45 AM
Daar is 'n spesifieke deel van die onderstaande inligting wat my aandag getrek het en dit is sooooooo onregverdig teenoor ons as PH/PAH pasiente. Wanneer gaan die ouens wat besluite neem oor jou asemnood besef dat die behoefte van COPD pasiente kan verskil van ander tipe long/hart probleme soos byvoorbeeld PH/PAH?

Insurance Coverage for Oxygen

We have almost no data guiding doctors as to what the target oxygen level should be for patients with PAH. Medicare and Insurance have set a saturation level of below 88-89% for reimbursement. This means that if you have an oxygen saturation above 89% then your insurance is not likely to pay for your oxygen therapy.  This threshold is taken from a very old study involving patients with COPD (another type of chronic lung disease) and did not include patients with pulmonary hypertension.  Nonetheless these are the rules and your doctor has no ability to change these guidelines. 

 :crybaby2:

Practical Oxygen Use in Daily Life
It would be very helpful if we had data that informed us what target we should be trying to reach for oxygen saturation goals in PAH patients.  Unfortunately we have no such data.  As a result, we rely on the data from COPD studies.


BRON: http://pulmonaryhypertensionrn.com/living-with-pah/do-i-need-oxygen/?fbclid=IwAR0AkESv4nSvWBS9bGpKHkBIOlsj2XiebF69dRDY7GPmai4RGF7SPMnfnjw
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on October 20, 2019, 07:26:49 AM
Na aanleiding van my vorige plasing wil ek graag die volgende gedagtes deel met almal wat betrokke is in welke mate jy of 'n familielid/vriend(in) ook al geraak word deur hierdie verouderde maatstaf waarmee daar besluit word of jy aanvullende suurstof mag ontvang of nie. 

Die halters wat spesialiste gebruik om jou hart se werking dop te hou oor 24 uur of meer is reeds alom bekend. Tydens toetse vir slaapapnea en met stress echocardiography word jou suurstofverbruik en hartwerking wel gemeet maar weereens - ongelukkig is dit in die kliniese hospitaal omgewings.  Ek het dit telkemale alreeds genoem!

Wanneer gaan spesialiste regtig begin luister en navorsing doen buite die verouderde riglyne na aanleiding wat hulle pasiente ervaar?
 
Dink net hoeveel lewensbelangrike inligting kan versamel word vir pasiente wat se asemnood vererger weens eksterne invloede in die samelewing indien jy 'n halter het wat alles monitor soos byvoorbeeld waar jy jou bevind, hoogte bo seevlak, groot winkelsenstrums, besige stadsverkeer, tydens bosbrande, kerkdienste, byeenkomste en soveel meer!

Indien hierdie haltermetode dan bewys dat jou suurstofvlakke wel merkwaardig verswak sou dit aansienlike vooruitgang beteken as daar toerusting beskikbaar was soos byvoorbeeld die fit bit armhorlosies met 'n ingeboude GPS wat 'n verslag aan jou mediese span stuur met al die lesings. As hierdie soort toerusting beskikbaar was om jou asemnood gedurende  omgewingsinvloede te monitor en dokumenteer sou dit 'n magdom data kon versamel.

It would be very helpful if we had data that informed us what target we should be trying to reach for oxygen saturation goals in PAH patients.  Unfortunately we have no such data.  As a result, we rely on the data from COPD studies.

Kan jy jouself indink wat dit kon beteken vir duisende ander pasiente wat tans nie in aanraking kom vir aanvullende suurstof nie omdat die owerhede op verouderde data nog steeds besluite neem waar jou toestand nie eers in ag geneem was nie.

Ek wil afsluit met die volgende: Watter verskil sou dit kon maak indien mediese studente, pasiente se vordering kon volg buite kliniese omgewings en 'n verandering te weeg bring in die toekoms deur middel van 'n tesis.  Nuwe hoop kon bring vir hulle wat tans ongewapen moet veg in die asemoorlog en sodoende 'n beter lewenskwaliteit kan handhaaf met behulp van aanvullende suurstof soos benodig deur onvoorspelbare invloede buite jou beheer wat tans nie in oorweging geneem word nie.



(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/9f4a844c-4616-4467-8a7a-1cd0fed754f2-original.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/9f4a844c-4616-4467-8a7a-1cd0fed754f2)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on October 21, 2019, 07:26:31 AM
Op versoek het ek gister se plasing vry vertaal in Engels vir Asemdief se FB blad vir diegene wat dit wil deel vir Engelssprekendes. Verskoon die foute. Het dit goed gedink om dus ook hier te deel  :icon_bigsmurf:

In regards to a link that I've shared yesterday that stated: "We have almost no data guiding doctors as to what the target oxygen level should be for patients with PAH. Medicare and Insurance have set a saturation level of below 88-89% for reimbursement.

This means that if you have an oxygen saturation above 89% then your insurance is not likely to pay for your oxygen therapy. This threshold is taken from a very old study involving patients with COPD (another type of chronic lung disease) and did not include patients with PAH. Nonetheless these are the rules and your doctor has no ability to change these guidelines".


I would like to share the following thoughts with everyone involved to whatever extent you or a family member/ friend is affected by this outdated criteria by which specialists decide if you are allowed to receive supplemental oxygen or not.

When will specialists really begin to listen to their patients and do research outside the outdated guidelines for the use of O2, but rather do their research based on what the patients are experiencing?

Idiopathic PH patients need to be tested outside clinical hospitals too!

The holters used by specialists to monitor your heart's functioning over 24 hours or more are already well known. During sleep apnea tests and with stress echocardiography, your oxygen consumption and cardiac output are measured, but again - unfortunately in clinical hospital settings.

Imagine how much vital information can be collected for patients that experience worsening shortness of breath due to all the external influences in society and the environment.

What difference would it make if you have a device that monitors everything such as your location, the altitude, being in large shopping areas, busy city traffic, during forest fires, even church services and so much more!

If wearing a holter during these conditions then proves that your oxygen levels do noticeably deteriorate, it would mean considerable progress.

Imagine the wealth of data that could be collected if there were equipment available such as the fit bit watch with a built-in GPS that sends a report to your medical team with all the readings to monitor and document your breathing and O2 levels during these environmental influences.

Can you imagine what this could mean for thousands of other patients who are currently unable to receive supplement oxygen because the authorities are still making decisions about the use of 02 where your condition was not even taken into account?

I would like to conclude with the following: What difference could it make in the future if our medical students start to explore the world of patients in real life situations and maybe do a thesis following these patients disease progression.

Maybe then those who are currently fighting in the 02 war, can maintain a better quality of life with the help of supplementary oxygen as needed because of environmental influences beyond their control. Influences that are currently not even being considered!
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on October 22, 2019, 11:18:10 PM
As jy jou magteloos teen mure vasloop is al wat ons kan doen net 'jou stem dik maak deur middel van jou vingers op 'n skakelbord' en jou eie pad deel want die hartseer waarheid is dat jou huisdokter straks nog nooit 'n pasient gehad het met pulmonale hipertensie nie! Meeste PH pasiente weet meer van hulle siekte as die persoon voor jou met 'n stetoskoop om die nek.

Ek sluip gou terug ... dit is vir my 'n voorreg en tog ook hartbrekend om te sien dat hierdie 'skete en kwale plasing' die mees gewildste onderwerp op ons forum is. 153 075 Views Dit is een van die redes hoekom ek aanhou deel. Hopenlik het dit iewers vir iemand 'n vroee diagnose moontlik gemaak.

 :notworthy:

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/d2b9f92f-67de-4642-a1a9-50df03f9e6df-original.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/d2b9f92f-67de-4642-a1a9-50df03f9e6df)

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on October 23, 2019, 03:15:17 AM
Concern has arisen that warfarin, a vitamin K antagonist, could interfere with bone metabolism, putting patients at risk for such bone disorders as osteoporosis and bone fractures.

'n Paar maande gelede het ek twee keer my ribbes beseer deur te nies  :icon_bigsmurf:

Kon die jarelange gebruik van Warfarin bydrae tot hierdie kommervolle gebeure? Hoe meer ek navorsing begin doen het, het die newe effekte van die rottegif (my verwysing na bloedverdunners) my laat dink dat dit tyd geword het om die moontlikheid te ondersoek om oor te skakel na 'n ander bloedverdunner aangesien daar reeds plaque in my hart gevind is en gevorderde arteriosclerosis gediagnoseer is.

Can taking warfarin cause osteoporosis arterial calcification?

Warfarin induces atherosclerotic calcification which induces a chondrogenic plaque phenotype. Warfarin upregulates alkaline phosphatase activity in atherosclerotic plaque. ... These results suggest that warfarin interferes with calcification phenotype in the plaque by inhibiting carboxylation of MGP.

Calcified cells in the atherosclerotic plaque displayed chondrocyte features. To confirm the presence of chondrocytes we stained for collagen type-II, a specific marker for chondrocytes. Areas in the plaque with suspected chondrocytes stained positive for collagen type-II (B). Quantification revealed that after 4 weeks of warfarin treatment a significant increase was measured

https://figshare.com/articles/_Warfarin_induces_atherosclerotic_calcification_which_induces_a_chondrogenic_plaque_phenotype_/255096/1

Long-term warfarin therapy may be associated with bone mineral loss and vascular calcification in 60–80 year old hypertensive patients.  
https://www.sciencedirect.com/science/article/pii/S2214647415000896

Vitamin K-dependent matrix Gla protein (MGP) has been known as a potent inhibitor of arterial calcification and osteoporosis. Therefore, we hypothesized that warfarin therapy affects bone mineral metabolism, vascular calcification, and vascular endothelial dysfunction. 
https://www.sciencedirect.com/science/article/pii/S2214647415000896

After adjustments for confounders, warfarin therapy was independently associated with progression of aortic stiffness (P = 0.016). The rate of progression of aortic stiffness showed a linear trend in response to vitamin K status and warfarin therapy, suggesting that at least part of the effects are mediated through reduced availability of vitamin K. https://academic.oup.com/ndt/article/29/11/2113/1807940

Warfarin use is associated with increased breast arterial calcification,   
https://www.ahajournals.org/doi/10.1161/JAHA.115.002665

Die volgende toets sal dus 'n beendigtheidstoets wees soos voorgestel deur ons huisdokter. Vir eers is ek besig om inligting te versamel sodat ek die mediese span kan oortuig van die verwantskap tussen my gebreekte ribbes en die rottegif.

 :notworthy: :`ip2: :book1: :bootyshake:




Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on October 26, 2019, 12:47:06 PM
Ek het by 'n ander PH forum gesels met 'n vroutjie wat ook op warfarin behandeling is sedert 2014. Dus vir haar, 'n tydperk van die afgelope vyf jaar. Sy het self ribbeserings opgedoen met nies en verstommend genoeg, selfs deur net om te rol op haar bed asook 'n te harde drukkie ontvang.

Uit vrees dat die ander bloedverdunners ook newe effekte het verkies sy om eerder op die warfarin behandeling te bly.

Na oorweging besef ek dat hierdie besluit rakende verandering vir myself, nie oornag geneem kan word nie. Daar moet meer navorsing gedoen word voordat ek hierdie groot stap neem om na 18 jaar van een soort bloedverdunners te vra vir 'n verandering.

Are the New Drugs Safer?
No matter which one you use, there will be a risk of bleeding problems. Blood thinners work by making it hard for clots to form. That's a good thing when you're trying to prevent a stroke, but it's not so great if it makes it tough to stop a cut from healing.

https://healthblog.uofmhealth.org/health-management/which-blood-thinner-right-for-you

https://www.webmd.com/dvt/dvt-treatment-tips-for-taking-heparin-and-warfarin-safely#1

https://www.sciencedirect.com/science/article/abs/pii/S000291491201065X?fbclid=IwAR14uL2-ezm1xGwwM5KYDa_Ro0R2181DW3eRTqITMCB4JfinEFkvvlafHZ0
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on October 29, 2019, 04:12:07 AM
Soms kan 'n mens nie anders as om net  te lag vir hoe jy moet lyk vir ander na die uitvoer van eenvoudige huishoudelike takies  :icon_bigsmurf: :headbang:

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/f91b6398-bda6-4246-b07f-e9e3d8502393-original.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/f91b6398-bda6-4246-b07f-e9e3d8502393)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on October 29, 2019, 04:21:03 AM
Heesheid a.g.v lae suurstofvlakke met pulmonale hipertensie:

Hierdie simptoon is nogals lastig as ek in paragrawe wil gesels :icon_biggrin: en verbasend het my tiener kleinseun hierdie heesheid dan ook as 'n 'trigger' geidentifiseer vir asemnood en sal onmiddelik reageer met: "Ouma you need your 02".

Na ek Brittany se plasing gelees het voel ek glad nie meer raar-alleen nie!

One of our newest members to the forums brought up a side effect that doesn’t usually get a lot of attention. She wrote that she has noticed changes with her voice when talking and states “I have trouble with my voice “fading.’”

Like our newest member, I have also experienced changes in my voice that happen when my oxygen levels are low or happen when I try to hold a longer conversation. My voice becomes raspy and hoarse and I feel a constriction around my throat. My doctors have said that I have reactive airways and something like low oxygen might trigger the airways to constrict and make my voice more hoarse than usual.

Have you experienced changes in your voice like raspy voice, hoarseness, or experienced your voice fading? What has your doctor said could be the cause of this for you? Are you seeing a specialist like an ENT for this?


Bronne:
https://pulmonaryhypertensionnews.com/forums/forums/topic/do-you-ever-notice-changes-in-your-voice/?fbclid=IwAR0vDYHLXPCzBFl62TDoTuBerPxqo0MZtIpTqYxqVBg9DCIvttJR2Cp3awA

https://www.sciencedirect.com/science/article/pii/S2468600X17301172?fbclid=IwAR3EDp9diTTqwVf_2ghPBpQ6917rGrzhmXWeSp63ZnlrLb0-pfQZG205VTM

https://en.wikipedia.org/wiki/Ortner%27s_syndrome?fbclid=IwAR1Z2J2t5P2s8umLNiEUJL8X7cYjAenQdJLHLTGMCBAPnoQ1gogjGwM4cV0
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 12, 2019, 12:21:34 AM
Daar is niks so aaklig soos wanneer jy omring is met die verswelgende hitte en asemrowende rook van bosbrande nie.  Australia is bekend vir sy vlamme hel gedurende die somermaande. Hier is handige wenke indien jy wel vasgevang is onder derglike omstandighede.

Bushfire Smoke: Protecting your health

Avoid physical activity outdoors (exercise causes more fine particles to be breathed deeper into the lungs). People with pre-existing lung or heart conditions in particular, should rest as much as possible and keep away from the smoke.

Anyone with a heart or lung condition should follow the treatment plan advised by their doctor and keep at least five days supply of medication on hand.

People with asthma should follow their personal asthma plan.

When smoke is in the air, but a fire is not directly threatening you, stay indoors and close all windows and doors.

If you operate an air conditioner during smoky conditions, switch it to ‘recycle’ or ‘recirculate’ to reduce smoke coming inside your home.

If you do not have an air conditioner, take steps to reduce heat stress especially the very young, and people who are unwell or elderly.

If your home gets too hot to be comfortable, or is letting in outside air, try to take an air-conditioned break at a local community library or shopping centre.

If there is a break in smoky conditions, take the opportunity to air out your home to improve indoor air quality.

When indoors, minimise other sources of air pollution such as cigarette smoke, burning candles, using unflued gas appliances or woodstoves and stirring up fine dust from sweeping or vacuuming.

During extended, very smoky conditions, people who are sensitive to smoke should consider temporarily staying with a friend or relative living outside the smoke-affected area.

Outdoor sporting events may also be postponed by event organisers.

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/2240012b-e450-48c2-a64b-2e1eb12b369d-original.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/2240012b-e450-48c2-a64b-2e1eb12b369d)

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 12, 2019, 11:37:44 PM
November is weer ons PH bewusmakingsmaand.  Moeilik om te glo dat daar nog steeds dokters is wat geen benul het van die ware impak en omvang van die asemdief-oorlog nie. Soms voel dit dat jy kosbare asem mors as jy probeer verduidelik dat daar goeie en slegte dae is en jy nooit weet hoe jou dag/nag gaan verloop nie.

PM liefste mater, vandag 'n spesiale dankie vir die voorreg dat ek die afgelope jare die forum kon gebruik vir ons bewusmakingsprojek. Die syfers spreek vanself dat daar 'n groot behoefte en leemte is vir inligting uit die pasient se persoonlike ervarings: (Read 155034 times).

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/6696744c-d648-4950-9b7e-10d56564c374-original.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/6696744c-d648-4950-9b7e-10d56564c374)

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/35631331-fcb6-4c61-8640-bee7f7cc105d-original.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/35631331-fcb6-4c61-8640-bee7f7cc105d)

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 20, 2019, 11:31:47 PM
Soos te veel kere in die verlede, is ons uit nog 'n kuiertjie gekierang  :crybaby2: PH simptome raak 'n mens gewoond maar die 'uitmis' op saamwees val in 'n ander kategorie en jy weet 'vermy is die beste voorkomende medikasie' al is dit hoe hartseer.

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/64001cf4-e624-4860-96fa-ea24bc5bcf0a-original.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/64001cf4-e624-4860-96fa-ea24bc5bcf0a)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 26, 2019, 12:39:38 AM
Wanneer medikasie PH pasiente nie meer verligting bring nie is die enigste uitweg lewegewende oorplanting. Somtyds 'n dubbel long en hartoorplanting. Die volgende inligting rakende hartoorplantings laat 'n mens nogals kopkrap en tog maak dit sin...

" Prominent medical experts have recently discovered that many recipients of heart transplants are inheriting donors' memories and consequently report huge changes in their tastes, their personality, and, most extraordinarily, in their emotional memories.

The idea of transplanted cellular memory emerged as early as 1920 in the film "Les Mains d'Orleac" written by science fiction writer Maurice Renard. A second brain in the heart is now much more than an idea. Prominent medical experts have recently discovered that many recipients of heart transplants are inheriting donors' memories and consequently report huge changes in their tastes, their personality, and, most extraordinarily, in their emotional memories. Today new science is testing the theory that the heart is involved in our feelings. So what have they discovered so far?

Discovery of Case Studies
Amazing new discoveries show that the heart organ is intelligent and that it sometimes can lead the brain in our interpretation of the world around us, and in the actions we chose to take. A large number of case studies were enough to prompt some scientists to look differently at the heart and test old theories that the heart is involved in our feelings, emotions and premonitions. Since cardiac surgeon Christian Barnard's first successful human heart transplant in South Africa in 1967, heart transplant recipients have had intriguing experiences, so strange and out of character that they seek to meet the families of their donors to find out what is going on. Could they have inherited certain behavioral and character traits through cellular memories from the heart of their donors?

Meeting Donor's Family
Upon meeting their donors' families, the heart transplant patients hunches were confirmed: the new personality traits had indeed been passed on from their donors. Families of donors often tend to bond with a recipient of an organ donated by their departed loved ones. They, in many ways, recognize and like the recipient, almost as if a part of their lost one was, somehow, still alive."

Bronne:

https://hubpages.com/education/your-second-brain-is-in-your-heart

https://www.youtube.com/watch?time_continue=34&v=LelkiUDS0yM&feature=emb_logo&fbclid=IwAR3xopmpEMIudlXEv0MgYUSDU-GX0xNs4riHmGO2O58KPZ12TJ-fXgCr3f4

Vir meer inligting rakende hartoorplantings:
https://www.mayoclinic.org/tests-procedures/heart-transplant/about/pac-20384750
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 26, 2019, 08:25:36 PM
Dit is amper die einde van November 2019 bewusmakingsveldtog. Nog 'n jaar gegun  :hello2: :notworthy:

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/3633f7fe-8ff1-495f-baa6-544cee14586c-original.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/3633f7fe-8ff1-495f-baa6-544cee14586c)


(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/3fb60bc3-f000-40a5-a48a-4d342e38786e-original.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/3fb60bc3-f000-40a5-a48a-4d342e38786e)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 26, 2019, 11:33:47 PM
Hierdie een is vir myself - 'n bietjie TLC  :toothy4:  :sign10:

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/fec56cb6-e358-4e4b-beb2-b52a6706ee8d-original.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/fec56cb6-e358-4e4b-beb2-b52a6706ee8d)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on December 11, 2019, 11:46:48 PM
(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/c38cd623-a747-41f0-ac30-86250229c6ff-original.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/c38cd623-a747-41f0-ac30-86250229c6ff)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on January 10, 2020, 12:40:43 AM
Ek het gehoor dat ons brande hierdie kant van die aardbol ook heelwat nuusdekking in ander lande kry. 'n Mens vergeet soms dat die rook van hierdie vure sy eie gevaar inhou. Ons PH organisasie in Australia het 'n waarskuwing gegee dat persone met hart- en longprobleme eerder dadelik ongevalle toe gaan en aan die personeel verduidelik presies wat PH (Pulmonale Hipertensie) is en dan gevra dat die persone 'n skakel gee na die bewusmakingsblad vir meer inligting. Hierdie voorsorg is veral belangrik aangesien PH 'n raar toestand is en baie mediese personeel nog nooit met pasiente wat daaraan ly, te doen gehad het nie.

Ons moes twee keer inderhaas vlug en in die proses soek vir verblyf waar daar minder rook was. Dit was bykans onmoontlik! Hierdie rook het selfs dele in NZ bereik wat die son verberg het. Onderstaande inligting, verduidelik die gevare verbonde aan die rook van bosbrande.

What's in bushfire smoke that makes it a health risk?

Bushfire smoke is a mixture of water vapour, small particles and gases, which may include carbon monoxide, carbon dioxide and nitrogen oxides.
These gases travel long distances and are known to irritate the respiratory system, but evidence suggests it's the particles that are most damaging to people's health, according to NSW Health.

"Research has shown that air pollution from bushfires is associated with effects on the lungs and the heart," Dr Dennekamp said.
For example, research in Victoria found a link between out-of-hospital cardiac arrests in Melbourne and bushfire smoke."

These cardiac arrests occurred several hundred kilometres away from where bushfires were burning in the Victorian Alps.
:crybaby2:

Bron: https://www.abc.net.au/…/bushfire-smoke-health-man…/11699894
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on January 10, 2020, 10:38:16 PM
(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/69971fc3-3bb5-4398-a0ae-998e419f3263-original.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://app.photobucket.com/u/raaitjie/p/69971fc3-3bb5-4398-a0ae-998e419f3263)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on January 14, 2020, 11:42:01 PM
Vanoggend wil ek my kreatiewe woordvriendin se geselsverse deel vir elkeen wat moedig terug veg teen die asemdief/kroniese ongesteldhede...

daar's ń onverleplike sonneblom binne jou
wat te midde van
ten spyte van
ondanks desnieteenstaande
jou altyd altyd noop om jou kop weer na die son te draai
deur alles heen
en deur al die tye
het jy soms verdroog
en radeloos en planloos
plat op die grond gelê
maar altyd weer
altyd maar net weer
het jy jou kop hoog opgelig
om oopgesig die son te aanskou

© Lidi de Waal
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on March 09, 2020, 03:05:08 PM
Hoop.  Deursetting! 


Ha-ha, daai padda het 'n plan.   :hello2:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on May 06, 2020, 04:54:35 AM
Groot was my verbasing toe ek weer 'n slag hier kom inloer. 30 gaste wat saamgelees het terselfdertyd. So dankbaar  :book1:  :notworthy: Dit was juis gister weer ons PH bewusmakingsdag wereldwyd vir 2020. Hopenlik gaan hier 'n paar mense wyser weg rakende hierdie asemrowende toestand.

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on May 06, 2020, 02:11:28 PM
Ek is so bly om jou weer hier te sien Raaitjie.  Gaan dit goed met jou. 
Dit is so 'n pragtige stukkie van die sonneblom.  Dit is tog so waar, soms draai jy net jou kop en dan sien jy weer die son en weet daar is hoop.   :hello2:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on May 06, 2020, 11:20:21 PM
Skop nog dankie PM. Lees nou weer 'n opmerking wat ek op die blad gemaak het in 2019: "Soos te veel kere in die verlede, is ons uit nog 'n kuiertjie gekierang  :crybaby2: Simptome raak 'n mens gewoond maar die 'uitmis' op saamwees val in 'n ander kategorie en jy weet 'vermy is die beste voorkomende medikasie' al is dit hoe hartseer."

Min het ons geweet hoeveel ander mense gaan hierdie inperking self ervaar!
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on May 07, 2020, 01:07:22 PM
Dit is mos net hier waar "eensaam" betekenis kry.  Saam met een? 
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on May 24, 2020, 11:21:37 PM
Ek deel graag hierdie inligting van Dr Maarman:

Die epidemiologiese landskap van die COVID19 pandemie is vinnig besig om van vorm en konteks te verander. So neem kennis van die volgende uit my oogpunt, ervaring en kundigheid:

Ons moet erken dat mense wie glad nie oorsee was nie, nou ook 'n redelike hoë risiko het om die virus op te doen. Dis hoekom dit uiters belangrik is om publieke spasies en samesyn te vermy.

Die tydsberekening van die virus is problematies, want ons is in verkoue en griep seisoen en simptome kan maklik verwar word deur jou en selfs jou dokter. Ek stel voor jy begin verantwoordelikheid neem vir jou eie gesondheid.

Dring aan by jou dokter vir 'n COVID19 toets indien jy die volgende kombinasie van simptome het: seerkeel, seer lyf, oormatige letargie (lamheid of moegheid), dyspnie (kort van asem) aanhoudende hoes en 'n baie hoë koors (38-41°C). As jy hierdie simptome het, en jou dokter wil jou nie verwys vir 'n toets nie, dring daarop aan met alle ernstigheid of gaan sien 'n ander dokter vir 'n tweede opinie. Bygesê, doen dit net, as jy die begenoemde kombinasie van simptome het.

Verder, om gewone verkoue/griep medikasie te gebruik is nie effektief teen COVID19 nie maar vereis komprehensiewe mediese sorg! So toets eerder onnodig as om 'n week later te sterf.

Mense wie asimptomaties is het nie nodig om getoets te word op die stadium nie, tensy jy in kontak was met iemand wat die virus het. Wat moeilik is want jy weet nie regtig wie positief is nie. So volg my advies as jy die simptome het.

Corona beteken nie "crown of fear" nie. Die valse inligting mislei baie van ons mense. Hoe dit werk in die mikrobiologie veld is as volg. Ons identifiseer mikroorganismes (virusse en bakteria), onder andere, op grond van hul struktuur, funksie of aksie (m.a.w wat dit doen of wat dit veroorsaak). Dan, gebasseer op die bogenoemde, kry die mikroorganisme 'n naam, en die oorsprong van die naam (of die studie daarvan) is wat ons noem etimologie.

Byvoorbeeld, die bakterium genaamd Staphylococcus aureus wat longontsteking (pneumonia) of sepsis kan veroorsaak. Die naam Staphylococcus, kom vanaf die Griekse taal, wat beteken "string of grapes", want onder die mikroskoop lyk die struktuur van die bakterium soos klein trossies druiwe. Corona, kry ook sy naam, op dieselfde wyse, want onder die mikroskoop lyk die struktuur van die virus, soos 'n kroon. Nie "kroon van vrees" nie.

Dr. Maarman ❤
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on May 24, 2020, 11:23:02 PM
Die griep inenting kan nie veg teen COVID19 nie want dit was spesifiek ontwikkel as beskerming teen influeza virusse. Die simptome van griep en COVID19 oorvleuel grootliks, en kan dus maklik verwar word. Met gevolg, kan dokters jou dalk verkeerdelik behandel vir griep terwyl jy eintlik COVID19 het. In so ‘n situasie, kan jy dalk te laat getoets, gekwarentyn en behandel word vir COVID19. Dit is uiters lewensgevaarlik en ons probeer dit vermy ten alle koste.

Die griep inenting bevat ‘n verswakte, gedeaktiveerde influenza virus. Dit help jou liggaam om immuniteit opbou d.m.v. teenliggaampies, sodat wanneer iemand jou aansteek met griep, is jou liggaam grotendeels beskerm. Dit kan jou liggaam ongeveer twee weke neem om immuniteit op te bou, dus kan sekere mense nog steeds griep simptome kry, alhoewel minder ernstig, en dan is dit makliker om die simptome van griep te onderskei van COVID19 s'n.

Deur die griep inenting vir mense te gee, sal minder mense dokters en hospitale besoek vir griep verwante komplikasies. Dus, verlaag ‘n griep inenting die druk op die gesondheid sektor. Sodat meer gesondheidswerkers kan fokus op die bevegting van COVID19.

Ten laaste, onthou asseblief dat griep jaarliks sterftes veroorsaak van nagenoeg 6000-10 000 mense (direk of indirek). So gaan kry asseblief ‘n griep inenting, want griep te same met COVID19 kan katastrofies wees!

Dr. Maarman
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on May 24, 2020, 11:30:38 PM
Ek het die volgende vraag aan Dr Maarman gevra op sy mediese platform:  I've seen a post where they show you some postural drainage positions when you are suffering from congestion due to mucus on your lungs. People don't always get into hospitals in time and they are send home to isolate. Could this procedure help - if done correctly?

Dr Maarman het sy kollega en goeie vriendin Samantha gekontak wat 'n fisioterapeut in Suid Afrika is. Hier is haar antwoord:

Samantha Hendricks Hi Maria Lock and thank you Gerald Maarman for the platform.

Respiratory physiotherapy plays a big role especially with the current pandemic and in quarantine. I have recently posted on my personal page regarding the video you are referring to. Education is vital at this time.
**Always consult with your Dr/General Practioner FIRST to hear if Physiotherapy is recommended. **
To treat lung conditions, there are various methods to clear secretions/phlegm.
1. Postural drainage is a position that uses gravity to mobilize the mucus from your lungs up to the throat. This makes it easier to cough out. The person lies in various positions so the part of the lung to be drained is as high as possible. At home you can use pillows to achieve this; e.g in side lying over two pillows under the arm and you head and shoulders downwards. By this you are literally tilting the lungs in a downward position. 20 minutes a side helps the drainage.
2. Manual techniques -
Percussion or clapping on the chest wall over the part of the lung to be drained helps move the mucus into the larger airways. The hand is cupped as if to hold water but with the palm facing down. The cupped hand curves to the chest wall and traps a cushion of air to soften the clapping. It is done forcefully and with a steady beat. Each percussion also should have a hollow sound. If the hand is cupped properly, percussion should not be painful or sting. You can fold a towel over the area and do not “clap” directly on the skin.
Be careful not clap over the spine, breastbone, stomach and lower ribs or back to prevent injury to the spleen on the left, the liver on the right and the kidneys in the lower back.
Generally, each home treatment session can last for 20 to 40 minutes. It is best done before meals or one and a half to two hours after eating, to decrease the chance of vomiting. Early morning and bedtimes are usually recommended. The length and the number of times of day it is done may need to be increased if the person is more congested or getting sick.
There are some other techniques as well, but postural drainage and percussions are the easiest to explain without demonstration.
A nebulizer helps to moisten and open the airways even if you use just normal saline.
There are some useful links and info sheets available that I can send you. So feel free to send me your email address.
Hope it helps!
Samantha Hendricks
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on May 26, 2020, 02:34:24 PM
Dankie weereens vir die inligting Raaitjie.   :love7:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on June 02, 2020, 05:47:49 AM
Om die inligting te deel is vir my 'n groot voorreg mater. So pas weer 'n doktersbesoek en bloedtoets gehad. Weens die virus het ek besluit om eerder weer ons plaaslike dokters by die klein hospitaaltjie te besoek waar ek binne minute behandeling kan ontvang sou dit nodig word.  By die spreekkamers waar ek voorheen was in ons naaste dorp, is nie 'n hospitaal nie en sou ons dus 'n uur moes reis om by een te kan kom.

Ongelukkig het ons in die cowboydorpie nie altyd dieselfde dokters nie en ken niemand dus jou mediese geskiedenis nie maar teen nou is ek al gesout om die asemdiefrympie in een paragraaf op te som en oor te dra in my beste Engels.

Groot was my verbasing vandag toe die besoekende dokter ewe droog opmerk dat PH een van daardie rariteite is wat hulle nie eers kan spel nie. Ek het saggies begin lag en net geantwoord 'been there yeah!'

 :icon_biggrin: :headbang:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on June 12, 2020, 11:12:53 AM
'n Liggie in die tonnel as jy by iemand opland wat darem weet wat die woord beteken.   :dontknow:


Dit is met verbasing dat ek sien hierdie onderwerp is al oor die 180 duisend keer gelees!  Dit is werklik die wen onderwerp.  Goed gedoen Raaitjie.   :notworthy:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on June 25, 2020, 01:55:05 AM
Ek dink die soeke na inligting in Afrikaans oor enige mediese toestand is baie beperk PM en dra by tot die leserstal van ons eie plasings hier op die forum. Onthou hoe ons in die begin sporadies gesoek het na enige inligting rakende die asemdief.  Daar was dae wat ek soos 'n zombie gedwaal het en onsekerheid gevreet het. Die pad na aanvaarding is lank. Baie lank. En die pad na 'n nuwe normaal word baie goed opgesom in die volgende (vertaal) :

Sommige dae is ek bang.
Sommige dae is ek angstig.
Sommige dae is ek gelukkig.
Sommige dae is ek positief en hoopvol
en gewoonlik is al hierdie op dieselfde dag!
 
*Karen Salmansohn N o t S a l m o n . c o m
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on June 26, 2020, 03:37:30 PM
Mooi so. Ek gaan "'n Uitdaging" plaas by 'n nuwe onderwerp.  Dit gaan oor die "truspieeltjie" wat ek deesdae in my sak saamdra.  As niemand kyk nie dan haal ek dit skelmpies uit en staar daarin terug na gister.  :bootyshake:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on June 29, 2020, 11:01:31 PM
:love7: Het so paar minute gelede 'n blik gehad op julle terugkyk. Pragtige idee mater  :notworthy:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on August 13, 2020, 09:30:15 AM
Ek het gespog met 'n onderwerp hier op die forum wat 190000 plus kere gelees is.  Wonderlik!  Dankie Raaitjie.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on August 14, 2020, 02:29:51 AM
 :toothy4: Wens die getal was op 'n meer positiewe plasing lief PM maar tog ook innig dankbaar dat ons 'n platform het waarop minder aangename onderwerpe gedeel kan word. Dankie vir al jou ondersteuning deur al die jare. Lig my hoed en knak die knieg vir jou eie gesondheidsprobleme wat jy so moedig verduur. Ons het nie gevra vir enige van die goete nie maar het die voorreg om te weet hoe kosbaar die lewe en gesondheid is ne.

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/PH_body.png?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://app.photobucket.com/u/raaitjie/p/64af9026-09a6-4db4-8f8c-dc3b37909626)

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on August 14, 2020, 10:36:28 AM
Lief Raaitjie, inligting is altyd positief en ek ken niemand wat meer positief is as jy nie.  Jou onbaatsugtige navorsing en gees van aanhouer wen, is vir my 'n riem onder die hart en vir ons almal 'n wonderlike voorbeeld.   :read:   
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on August 16, 2020, 09:21:31 AM
 :love7: Dankie mater!

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/Fear.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://app.photobucket.com/u/raaitjie/p/e84a9cd9-8912-4611-9bd4-cd2a9cbfbb72)
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on August 18, 2020, 12:21:03 AM
Nadat 'n mede PH'er haar nuwe longe gekry het, was dit vir my emosionele muntstuk-mallemeule. So dankbaar vir haar en het gewonder of hulle wat goedgekeur is/was vir oorplantings ooit besef watter voorreg dit is dat die medici weet wat hulle abnormale drukking veroorsaak het en dat die nuwe longe nou perfek kan werk want die oorsprong van PH was in die 'siek ou longe'.

Vir ons wat tien teen een nooit sal weet hoekom die asemdief sy kloue om jou menswees geslaan het nie, is hierdie voorreg van 'n nuwe stel longe of hart nie moontlik nie. En as ek terugkyk oor die afgelope 7 jaar besef 'n mens eers dat die aanvaarding dat jy nie kwalifiseer vir 'extra body parts' (soos 'n spesialis se vroutjie eendag baie mooi aan my probeer verduidelik het), letterlik jare neem.

'n Familielid het onkundig opgemerk dat dit nie so erg is nie want 'n oorplanting gee jou gemiddeld 5+ jare ekstra. Dit was op die punt van my tong om haar terug te antwoord dat dit 5+ jare van maklik en pynvry asemhaal beteken. Ek het besef dit was haar manier om my beter te laat voel en hoe sal sy ooit kan verstaan dat daar dae is wat elke asemteug en beweging, pynlik is?
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on August 18, 2020, 12:27:13 PM
Ek kan myself nie eers indink in jou situasie nie Raaitjie.  Wat ek kan doen is om elke dag aan jou te dink en te hoop dat  dit vandag 'n beter dag as gister sal wees. 
Ek hou van die "'n tweede kans om eenkeer te leef".   :love7:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 23, 2020, 11:59:30 PM
So dra ons elkeen 'n eie sketekruisie lief PM. Soms weet niemand eers watse stryd die ander persoon stry nie en verstaan nie die ongeduld of stilswye nie. Ons het hier een groot voordeel - daar is omgee vir mekaar. Dink ek nou weer aan Naas se woorde:  Maar ons krukke mos maar so op mekaar op die laaste opdraend.

En so sit ek en herkou aan jou woorde: 'tweede kans om eenkeer te leef'. As daar ooit 'n uitdrukking vir 'oorplanting' was, kry hierdie ene 'n goue ster en volpunte.
 :hello2: :notworthy:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on September 28, 2020, 05:53:12 AM
Jy is reg lief matertjie.  Omgee is 'n soentjie op die seer.   :love7:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on November 19, 2020, 12:44:20 PM
Ek voel skoon skuldig, het die blad erg afgeskeep maar dit gaan effens dol op die oomblik. Vir eers het ek afgeskaal met die bewusmakings-projekte. My Asemdief blad op FB het ek vir nou ook eers op 'halt' tot later.  Het my ook onttrek by heelwat ander groepe en sal sodra dinge weer terugkeer na normaal, aandag gee aan die onderskeie projekte.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on January 02, 2021, 12:03:11 PM
Ek sluip vanaand gou hier in en groot was my verbasing toe ek sien hoeveel keer die onderwerp gelees is. Read 206777 times Dit is vir my werklik 'n riem onder die hart dat ons midde die onsekerheid en geveg met die deel van ons pad met die asemdief oor die afgelope klompie jare, 'n deel kon bydra om inligting beskikbaar te stel as pasient. Deur genade skop die ouvrou nog (soms in paaiemente soos wat ek gewoonlik spottenderwyse beskryf deur die moeiliker dae). 

 :hello2: :notworthy:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: adele on January 04, 2021, 07:37:09 AM
Goeie mooi môre liewe Raaitjie, dankie dat jy ons kom groet het en so versigtig iets nuut op die horison kom neersit.Ons hoopglo saam met julle vir goeie nuus en beterskap vir die volgende jare  :love7:  :love7:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on January 05, 2021, 03:49:04 AM
Dankie baie baie vir inloer en omgee mater  :love7: Mag die nuwe jaar vir jou ook net die allermooiste inhou.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on March 01, 2021, 01:19:04 AM
Die afgelope twee weke was 'n emosionele 'rollercoaster'. Ek het voorheen al navrae en intensiewe navorsing gedoen oor die voorkoms van hallusinasies wat ontstaan weens 'n te kort aan suurstof. Ongelukkig kon ek geen bevestiging vind uit persoonlike ervaringe van PH pasiente wat die voorkoms en verband kon staaf nie. My soektog na die oorsprong van hierdie nagmerrie ondervindinge het dus weier begin strek want die situasie duur steeds voort vir die afgelope twee jaar. Met of sonder suurstofaanvulling teister die wanbeelde my nog steeds en het dit op die punt gekom waar ons besluit het dat dit te gevaarlik geraak het om self te bestuur. En so het nog 'n hoofstuk in ons lewe 'n aanvang geneem. Sodra ek die inligting mooi uiteengesit het, sal ek kom deel. Hopenlik lees iemand hier en kan vir ons terugvoering gee. As ek kyk na ons leserstal is daar nog steeds mense wat opsoek is na inligting oor die asemdief.



Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on May 14, 2021, 12:27:41 PM
As jy probleme met asemhaling/long- en hartprobleme ondervind en geen toetse kan dui op enige mediese probleme nie, volg die skakel om Curry Whisenhunt se plasing wat hy goedgunstiglik 'n week gelede toestemming verleen het om te mag deel as bewusmaking van Lewy Body Dementia:

https://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=4593.msg32205#msg32205

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: adele on May 17, 2021, 09:32:16 PM
ek kuierlees ook nog steeds, liefliewe vriendin. Enige dimentia is vir meeste mense nog baie vreemd. Slegs hulle wat so iemand versorg, kan oor die nagmerrie saamgesels. Dink weer en weer en steeds aan julle  :love7:  :love7:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on May 18, 2021, 01:00:14 AM
Stywe drukkie vir jou liefste matertjie. Opregte waardering vir inloer en 'n woordspoor gelaat  :love7:

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on June 29, 2021, 09:57:11 AM
Dit is ongelooflik om te sien hoeveel mense hier lees.  Al is ons soms stil (asgevolg van eie probleme) is dit nie te seg dat die forum stil is nie. 
Raaitjie, al die inligting wat jy gee is waardevol en kosbaar.  Moet asseblief nie dink dit is nodeloos of gaan ongemerk verby nie. 
Hou so aan en bou voort op hierdie ongelooflike onderwerp.
Groot liefies vir jou en almal vir wie jy omgee.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 03, 2021, 05:38:18 AM
Die voorreg is myne lief PM. In 'n mate het die deel van ons pad met die asemdief, meegehelp met die verwerking en aanpassing vir Outop en myself oor die afgelope jare en baie keer ook 'n verwysing na inligting wat ons al 'misplaas' het in die kreukelkamers. :icon_biggrin:

Tydens ons toer het ons weer besef hoe hoogtes jou asemhaling beinvloed. Daar was plekke wat ons so graag wou besoek en 'n paar dae oorstaan om die skatte te ontdek/ontgin, maar enige hoogtes vanaf 800 meter bo seevlak was elke asemteug vir my pynlik en het ons so gou moontlik probeer om laer te kom. Naaste aan seevlak was asemhaling die gemaklikste en het ek die gesondste gevoel wanneer ons lugbesoedeling kon vryspring soos byvoorbeeld in die Outbacks van Queensland.

Nog iets wat ons albei verbaas het, was die reaksie van my longe as ons in die omgewing van steenkoolmyne was  :crybaby2: Gelukkig het ons twee draagbare 02 masjiene in die motor gehad want op 'n stadium het een begin om 'n alarm te  gee om te waarsku dat die suurstofinhoud nie meer voldoende was nie.

Ek het die gesondste gevoel in die Outbacks waar daar geen fabrieke en lugbesoedeling was nie.

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on September 06, 2021, 09:29:52 AM
Ek verstaan daardie skoon lug en hoogte, waar die druk baie hoog is.
Die tyd wat ons in New Zeeland was het my geswelde voete baie verbeter en my kortasem was skoon weg.  Ek kon heerlik in die winkels wandel, waar hier moet ek 'n "loopstoel" gebruik waar ek kort-kort moet sit.
Die ouderdom dra ook nie gunstig by nie.   :dontknow:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 06, 2021, 11:45:17 PM
Daar was tye wat ek self sou kon doen met 'n loopstoel (mooi woord mater!)  :notworthy:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on September 07, 2021, 09:04:40 AM
My loopstoel het my al dikwels baie handig te pas gekom.  Dit is veral baie welkom as jy in 'n elle lange ry moet wag vir jou beurt.  Dit maak dit soveel aangenamer as jy kan sit en lees terwyl jy wag.   :read2:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 09, 2021, 06:25:23 AM
Wonderlike hulpmiddel inderdaad PM.

Vandag wil ek graag 'n klein bietjie meer uitwei oor die 'heesheid' wat gepaardgaan met abnormale drukking in die hart en longsisteem van PH'ers.

By my artikel op FB oor die asemdief het ek gevra of daar nog persone is wat verhoogde drukking wat met heesheid gepaardgaan, ervaar het in die nabyheid van steenkoolmyne. Wag angstig op terugvoering. Intussen het ek 'n gedeelte vanuit die artikel gedeel wat medici daarop wys dat heesheid soms die eerste tekens van PH/PAH kan wees en moet nie ligtelik opgeneem of verontagsaam word as daar geen duidelike oorsprong van die probleem gevind kan word nie.

Heesheid van stem by PH pasiënte:
Hierdie raar toestand word beskryf as Ortner sindroom of die kardiovokale sindroom. (This correlation between hoarseness of voice and cardiac anatomic pathology was first described by Norbert Ortner (1865-1935), an Austrian physician in 1897).

Due to its low frequency of occurrence, more common causes of hoarseness should be considered when suspecting left recurrent laryngeal nerve palsy (LRLN).

When considering cardiovocal syndrome, the most common historical cause is a dilated left atrium due to mitral stenosis, but other causes, including pulmonary hypertension, thoracic aortic aneurysms, an enlarged pulmonary artery and aberrant subclavian artery syndrome have been reported compressing the nerve.

Die artikel bespreek dan die geval  van 'n 23-jarige vroulike pasiënt met twee maande lange heesheid van haar stem as die aanvanklike voorstelling van idiopatiese PAH as gevolg van die kompressie van die linker RLN tussen die vergrote longslagaar en die aorta. Hierdie geval beklemtoon die feit dat PH/PAH in die differensiële diagnose van heesheid van die stem gehou moet word, selfs in die afwesigheid van die gewone tekens en simptome wat kenmerkend is van die siekte.

Nog voorkomste:
Notable case: A middle-aged male had ongoing cough, hoarseness of voice, and shortness of breath for two years without a history of smoking was found to have mitral valve stenosis due to calcification. This led to left atrial enlargement, elevated pulmonary artery pressure, pulmonary artery hypertension, and right ventricular enlargement. This cardiomegaly, or enlargement of the heart, led to compression of the LRLN

Notable case: A young female with a history of mixed connective tissue disease presented with hoarseness of voice and was found to have secondary pulmonary artery hypertension. This was causing right heart enlargement and therefore compression of the LRLN

Bronne:
Hoarseness of voice as presenting complaint of idiopathic pulmonary arterial hypertensionhttps://www.ncbi.nlm.nih.gov/pmc/articles/PMC5351375/?fbclid=IwAR01rznV4rmKlJohHnsvgTE9cjxilYmW946CoXpp3OerBuZ8NcglUk_WI8o

https://en.wikipedia.org/wiki/Ortner%27s_syndrome


Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on September 09, 2021, 06:46:02 AM
Ek weet waarvan jy praat. My vergrote hart is ook die oorsaak dat my stem soms hees raak, veral as ek moeg is.  Nou verstaan ek net 'n bietjie beter. 
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 09, 2021, 07:09:24 AM
So dankbaar dat daar bietjie meer inligting beskikbaar is vir jou lief PM. Sterkte en vou jou toe met omgee en seker die grootste 'ek verstaan'  :love7:

Hier is nog inligting rakende heesheid, dit was veral opmerklik dat ander ook probleme het met die gevoel dat jou asem nie genoeg is om langer sinne baas te raak nie. Ek het geleer om in korter sinne te praat en hou die paragraafsinne vir wanneer ek skryf lol:

Most case reports describe hoarseness of voice as the presenting symptom. Left laryngeal nerve palsy and paralysis of the left vocal cord can also present with dysphagia and shortness of breath during speech.

https://pulmonaryhypertensionnews.com/forums/forums/topic/do-you-ever-notice-changes-in-your-voice/ 



Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on September 09, 2021, 08:10:43 AM
Met oor die 227 093 keer gelees, kan 'n mens sien hoe 'n groot behoefte daar aan kennis aangaande hierdie onderwerp is.  Die werk wat jy hier doen is van onskatbare waarde.  Baie dankie Lief Raaitjie. 
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 09, 2021, 11:56:52 PM
 :notworthy: Dankie vir die mooi woorde PM. Ek het gou gaan loer na die laaste bladsy (40) wat ek bewaar het voor ons begin toer het. Dit was toe 217288 keer besoek/gelees. Dit lyk of die inligting hier gemiddeld 3 000 besoekers per maand gehad in die tyd, terwyl daar geen nuwe plasings was nie. Wens die onderwerp was meer positief maar tog dankbaar dat ons kan deel uit eie ondervinding oor minder bekende skeet en kwaal.

Nuutste verwikkeling:
Ons het ophou tel hoeveel toetse gedoen was sedert 2012 en 9 jaar later, nog steeds sonder dat die oorsprong van die asemdief vasgestel kon word, het ek verlede week gehoor dat een van die belangrikste toetse om te probeer agterkom hoekom my bloed so klonterig raak, klaarblyklik nooit gedoen was nie! 

Ons kliniek het nie permanente dokters nie en maak staat op besoekende medici. Die dokter wat toe moes seker maak watter Covid entstof die veiligste sal wees vir die ouvrou het heel eerste gevra wat die oorsaak is van my PH. Toe ek antwoord dat daar nog steeds geen antwoord is nie vra hy of ek getoets was vir Antiphospholipid (AN-te-fos-fo-LIP-id) syndrome.

Na nege jaar en 'n  :pottytrain5: huisie van steek-en-wag toetse is daar geen manier wat ek kan onthou wat gedoen was en wat nie. Hy het op die aanlynverslae begin grawe.  Selfs sy oproep na die organisasie wat die bloedtoetse ontleed was vrugteloos. Geen bewys dat die toets gedoen was nie. Tot my verbasing moes ek hoor wat die probleem alles behels en natuurlik die heel eerste vermoede dat die sondebok, ongediagnoseerde klontjies in die longe was, weer op die voorgrond gebring.

Daar was 'n magdom van die probleme wat ek oor die afgelope 35 jaar ervaar het :crybaby2:

Antiphospholipid (AN-te-fos-fo-LIP-id) syndrome occurs when your immune system mistakenly creates antibodies that make your blood much more likely to clot.

This can cause dangerous blood clots in the legs, kidneys, lungs and brain. In pregnant women, antiphospholipid syndrome also can result in miscarriage and stillbirth.

There's no cure for antiphospholipid syndrome, but medications can reduce your risk of blood clots.
Signs and symptoms of antiphospholipid syndrome can include:

*Blood clots in your legs (DVT). These clots can travel to your lungs (pulmonary embolism).

*Repeated miscarriages or stillbirths.

*Other complications of pregnancy include dangerously high blood pressure (preeclampsia) and premature delivery.

*Stroke. A stroke can occur in a young person who has antiphospholipid syndrome but no known risk factors for cardiovascular diseases.

*Transient ischemic attack (TIA). Similar to a stroke, a TIA usually lasts only a few minutes and causes no permanent damage.

*Rash. Some people develop a red rash with a lacy, net-like pattern.

Less common signs and symptoms include:

Neurological symptoms. Chronic headaches, including migraines; dementia and seizures are possible when a blood clot blocks blood flow to parts of your brain.

Cardiovascular disease. Antiphospholipid syndrome can damage heart valves.

Bleeding. Some people have a decrease in blood cells needed for clotting. This can cause episodes of bleeding, particularly from your nose and gums. You can also bleed into your skin, which will appear as patches of small red spots.


BRON: https://www.mayoclinic.org/diseases-conditions/antiphospholipid-syndrome/symptoms-causes/syc-20355831
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on September 12, 2021, 03:38:06 PM
Is jy nou getoets Raaitjie?

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 15, 2021, 12:11:56 AM
Ons het die situasie bespreek na ek self bietjie nagevors het en gesien dat die enigste behandeling in alle gevalle alreeds deel is van my voorskrewe medikasie (bloedverdunners) PM. Dus nutteloos want niks gaan regtig verander nie en dalk het die slim medici dit besef en in die haas van vandag, nie komkommer oor nog toetse nie  :icon_biggrin:.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on September 15, 2021, 11:05:17 AM
Ek hoop dit gaan goed met jou.  Dit is nie maklik om elke dag saam met so 'n toestand te lewe nie. 
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 15, 2021, 11:49:49 PM
Dankie weereens vir omgee PM. 'n Mens is verseker aanpasbaar in oortreffende trap en ek kan eerlik getuig dat die beste medikasie teen skeet en kwaal hier in die forumgange gratis te vinde is. 
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on September 16, 2021, 04:20:06 PM
Dit is 'n voorreg lief Raaitjie.   :love7:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on September 17, 2021, 07:43:55 AM
Vra Christo vir my wat my bloedgroep is.  O Positief.  Sê hy dat mense met daardie bloedgroep covid makliker hanteer. ???
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 30, 2021, 02:48:16 AM
PM, ek het bietjie gaan grawe en die volgende raakgelees:

Individuals with blood type O may have lowest risk of infection; individuals with A and AB may have increased risk of severe clinical outcomes
(WASHINGTON, Oct. 14, 2020) — Two studies published today in Blood Advances suggest people with blood type O may have a lower risk of COVID-19 infection and reduced likelihood of severe outcomes, including organ complications, if they do get sick.

https://www.hematology.org/newsroom/press-releases/2020/possible-link-between-blood-type-and-covid-19
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Antjie Patat on September 30, 2021, 08:00:19 AM
Raaitjie, my kakeben op die vloer.
Grote griet, wat n gedoente. Ek stem saam dat as jy reeds die behandeling en leefstyl het wat die nuwe (moontlike) diagnose tot gevolg kan he, dan hou by wat jy is en het, veral omdat daar die regtig n kuur is nie.
Soos PM sê, dis nie lekker of maklik om elke dag jouself te moet vind deur die PH / asemdief nie, maar ons is hier vir jou, ons sal altyd hier wees.
Al luister ons en dra n koffietjie of n sappie aan...
Weet net jy is in ons gebede.
Ons is so effe besig die laaste paar dae, en n paar persoonlike pligte en susterlike pligte om by uit te kom, so ek is soms effens skaars.
love julle lots...
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 30, 2021, 09:38:30 AM
Liefste ou Antjie Patat, jy sal nie glo HOE ek jou omgee en liefde waardeer nie. Uitslae van Dinsdag se toets so uur gelede gekry. Dit was gedoen om die nuutste PH drukking te meet in die hart en longe, met die hoop dat daar antwoorde sal wees vir die nare hallusinasies.

Result: Pulmonary Hypertension has progressively increased to 70mmHg from 60mmHG.

Ongelukkig kon daar geen verband gevind word tussen die verhoogde drukking en die nare goggas nie. Dus duur die soektog voort. My kniege so effens geknak vanaand.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Naas on September 30, 2021, 09:42:41 AM
Ek het nie woorde nie...
(((O)))

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 30, 2021, 10:36:10 AM
Daardie ruimtedrukkie beteken die wereld vir my Naas. Ek het 'n sterk vermoede dat die uitslag moeiliker is om te verwerk vir dierbare Outop. Ek cope. En dit is al wat tel. Oorgee is nie 'n opsie nie.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Antjie Patat on September 30, 2021, 07:09:22 PM
"Oorgee is nie n opsie nie....."
Mag ek nooit jou voorbeeld mis kyk of leef nie.
Steeds bly ek glo...elke haar op jou hoof is getel, en dat geen niks slegs vir jou bedoel is deur die Hoër hand nie, net goedheid en guns. Daarom weet ek diep in my wese dat hierdie asemdief jou nie gaan wen nie, en mag jy nie moed verloor nie. En as jy wel bietjie wil spoed verloor want die berg is hoog, dan is ons daar vir ondersteuning.
Wat n dapper vrou is jy net nie, en Outop jou Ridder.  Hou moed Raai. Hou moed.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on September 30, 2021, 11:12:19 PM
 :love7: :notworthy: :angel8: En op versoek, doet ek voort Antjie Patat.
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on October 07, 2021, 04:28:00 AM
 :book1: Hierdie bydrae het omtrent so lywig geword as die uwe haarself  :icon_biggrin: Maar vanoggend se plasing is die einde van die laaste hoofstuk in hierdie biografie van skeet en kwaal. Ek het na nege lange lange jare besef dit is tyd vir halt roep met my soektog na antwoorde en oorspronge. Die gewag op uitslae en soeke na antwoorde knak ons almal se kniege keer op keer.

Die afgelope lang naweek was ons by die kinders op die Goue Kus en was dit die eerste keer na die nuwe uitslae dat ons hulle vrae probeer beantwoord het. Ek glo nie ek sal ons seun se gesig in die spieel ooit vergeet toe hy van agter die stuur vir ons vra "Do we have a time frame mum?" en Outop strak antwoord: "No time frame."

Ek het net gese dat nie een van ons dit het nie. Daar is 'n tyd om gebore te word en jou lewensstrepie hou nie vir ewig aan nie. Vanoggend het die uwe besluit dit is tyd om te aanvaar en net aan te gaan. Antwoorde daal nie letterlik uit die hemel neer nie en ek grawe gate in my geloof op soek na antwoorde wat nie daar is nie. 

Elkeen dra sy of haar kruis en ek is uit Genade bevoegd gevind om myne te kan dra en nou blymoedig te aanvaar.
Sela.
 :book1: :icon_salut:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Naas on October 07, 2021, 06:33:38 AM
Ta Raatjie, ek het nou hier gelees, gesluk, weer gelees, weer gesluk maar deur die wyse woorde besef hier ry 'n figuurlike ridder op' n wit perd heldhaftig die toekoms in. Die pad onbekend, die bestemming is nie belangrik nie, die veldslae tussen nou en daar sal gewen word. Dieselfde ridder kon langs die pad gaan sit het en oorgegee het.
Ta Raaitjie bly my held en na aan my hart.
Ek weet jy en ek gaan dit wat vir ons oorbly met oorgawe geniet.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on October 07, 2021, 08:18:05 AM
En nou sluk ek swaar Naas. Ons gaan die dinge wat kniege wil knak, bloots en in oorgawe uitry. Dit is verseker!  :hello2: :love7: :notworthy:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Assie on October 07, 2021, 10:54:50 AM
Oupa se ons toekoms is soos die plaaspad.
Party plekke is die middelmannetjie so hoog dat die gras ons onderstelle skoonvee en die klippe ons holle skraap. Party plekke is die pad gelyk, party plekke is daar sand dan val ons vas of ons stamp ons onderstelle des moers in die potholes. Maar dis alles die moeite werd want by die opstal wag gasvryheid en 'n vars koppie moer.

 :mumum:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on October 07, 2021, 11:34:17 PM
((((((Assie en haar Oupa))))))  :toothy4: :love7:
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: PM on October 15, 2021, 06:42:43 AM
Ek stem saam met Naas.  Ook ek lig my hoed en knak my knieg.  Dit is tog so dat dit wat 'n mens nie kan verander nie moet jy aanvaar.  Jy doen dit so moedig Raaitjie.   :hello2: :love7:

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on June 01, 2023, 03:34:51 AM
Covid-19 en Pulmonale Hipertensie (PH)

Opregte dank vir omgee julle  :notworthy: en op hierdie dankbare noot het die uwe, na ernstige oorweging, besluit om die volgende hoofstuk in ons lewe ook te dokumenteer na lang tye van stilstuipe.

Wat die pad vorentoe gaan inhou is vir my net so duister soos vir enige ander persoon op aarde. Ek het wel besef dat 'n pad met PH en Covid nie 'n maklike tog gaan wees nie en weereens is daar bitter min eerste handse inligting beskikbaar. Natuurlik was ons almal in die duister en het ernstige bedenkinge gehad oor hoe die gekombineerde simptome van Covid en PH my asemhaling gaan beinvloed.

My geliefde ou Meisiekindjie het dadelik begin reel sodat ek toestemming kan kry om die Anti Viral behandeling te ontvang. Na 'n telefoniese onderhoud met die plaaslike hospitaal-dokter is die voorskrif na ons apteek gestuur en kon ek dieselfde aand na ek die middag positief getoets het, begin met behandeling.

Op die dokter se aanbeveling moes ek oplet na verergde simptome soos hartkloppings, benoudheid tydens rus, brand in bors en dan onmiddelik die ambulans kontak.

Ongelukkig, soos wat meeste PH pasiente kan getuig is hierdie simptome alreeds vir jare deel van jou leefwyse. Wanneer is dit in die geval van jou huidige omstandighede 'gevaarlik'? Wat is daar om in oorweging te neem voordat jy jou hand uitsteek en die ambulans ontbied?
 
Ek moes daaraan dink dat Outop op daardie stadium reeds baie siek was met Covid en ernstige benoudheid ervaar het. Indien ek opgeneem word, sou ek oorgeplaas moes word stad toe. 'n Uur se ry van ons cowboy dorpie af.  Hy sou onder geen omstandighede in staat gewees het om te bestuur nie en was in self isolasie.

Die gedagte aan isolasie in 'n hospitaal kamer sonder besoekers en kommer oor jou man tuis, het die skaal vir my laat oorhel na 'bly tuis en hou verloop van dinge fyn dop'. My liggaam is reeds vir die afgelope nege jaar in 'n oorlog betrokke met onsigbare simptome wat min mediese personeel verstaan of ooit mee kennis maak. Die finale faktor was die kommer wat my kinders sou beleef oor hulle Dad wat nou ernstig siek en alleen is; die wete dat dit regtig sleg moes gaan met my om die ambulans te kontak.

En soos gewoonlik het die humorkruk my stut geword - my maatstaf vir wanneer om te weet die skaal swaai verkeerde kant toe: Die oomblik wanneer een van my ontslape familielede kom besoek afle, kry ek vlerke en vlieg self stad toe  :icon_bigsmurf: :angel8:

Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on June 01, 2023, 03:38:04 AM
Dag sewe met Covid het aangebreek en ek kon vir die eerste keer genoeg konsentreer om navorsing te begin oor die interaksie tussen die Anti Viral behandeling en Warfarin.

Belangrike inligting rakende Paxlovid (Anti Viral drug en interaksie met Warfarin)
Applies to: warfarin and Paxlovid (nirmatrelvir / ritonavir)


Ritonavir may both increase or decrease the blood levels and effects of warfarin. Early in your treatment with ritonavir, the interaction may be more unpredictable. However, beyond the first week or so of continued use, it is more common for patients to experience a reduced response to warfarin, which may require dosage increases. Talk to your doctor if you have any questions or concerns. Your doctor may be able to prescribe alternatives that do not interact, or you may need a dose adjustment or more frequent monitoring of your INR to safely use both medications. Call your doctor promptly if you experience any unusual bleeding or bruising, swelling, vomiting, blood in your urine or stools, headache, dizziness, or weakness.
https://www.drugs.com/.../paxlovid-with-warfarin-4326...

Vir meer inligting rakende Pulmonary Hypertension and COVID-19
https://pubmed.ncbi.nlm.nih.gov/34933375/


Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on June 02, 2023, 08:38:12 AM
Covid-19 en Pulmonale Hipertensie: Verskil in simptome tussen Outop en myself.

Daar was 'n groot verskil tussen die simptome wat Outop ervaar het invergelyking met wat ek ondervind het. My eerlike mening was dat hy baie sieker was. My groot voordeel was die Anti Viral medikasie wat ek kon gebruik binne 24 uur vandat simptome begin het.

My eerste simptome was 'n vreemde hoes. Ek is gewoond aan 'n gekug en onbeheerste hoesbuie van PH. Hierdie was vreemd want ek het rooi wange gehad maar geen koors nie. En toe het die lyf- en gewrigspyne begin, was ek die derde aand vir die eerste keer bewus van benoudheid en ek moet noem, daar was al baie meer benoudheid met die asemdief. Of dit die rede, of die medikasie was dat hierdie pes meer gevoel het soos 'n nare griep, sal ek nooit weet nie.

Ek kon nog met niemand anders gesels met PH, wat ook Covid gehad het om dit te kan bespreek of vergelyk nie. My ore het gepyn, en koue koors het my soms drie keer per dag in die bad laat klim wat ook verligting vir die seer spiere en gewrigte gebring het.
 
My bolyf en maag het meer geswel as met PH en het op 'n stadium gevoel of ek 'n ballon gevul met sement in my ronddra. Die ouvrou het niesbuie ervaar wat my hele waterwerke ontwrig het en soms deur vier stelle nagklere gegaan in die proses.

Dit was die langste in my lewe wat ek in nagklere uit eie keuse deurgebring het. En ek moet blosend erken ook die langste wat Outop aan my voorkoms sonder oorlogsverf blootgestel was.
Daar was een dag wat ek 'n ligte keelseer begin ontwikkel het en 'n pakkie sout chippies het dit genadiglik gestuit.

Arme Outop het hierdie pes in sy volle glorie leer ken. Hy het oorspronklik gedink toe ons die Woensdagmiddag hier wegtrek om ons drie maande toer te begin, dat hy weer 'n sinusontsteking het.

Ons het na 140km besluit om te oornag en van slaap was daar geen sprake. Hy het net sieker en sieker geword. Die oggend het hy 'n covid toets gedoen en positief getoets. Ons het toe reeds besluit indien hy positief toets gaan ons dadelik omdraai en huistoe gaan.

Genadiglik was daar 'n hele week se voorraad in die wieletjieshuis asook noodvoorraad vir ingeval ons iewers oorstromings teekom en vasgevang word vir 'n week of so.
By die huis het hy die wieletjieshuis geparkeer, ons ander voertuig se battery weer gekoppel sodat ek vervoer het om die nodigste medikasie oor die toonbank te kan koop want ek het geweet, ons gaan altwee binnekort te siek wees.
 
Niemand mag by ons kom nie en ons is vasgevang in die pandokkie. Ons kinders wou met alle mag net kom help. Hoe stel jy as ouer jou kinders bloot aan hierdie vieslike virus? Ons het belowe dat ons sal laat weet indien dit regtig nodig word dat hulle kom help.

My arme Outop se neus was so toe dat hy vir drie of vier aande rondgedwaal het soos 'n gees. Net te benoud om te le en slaap. Later het hy klein rukkies regop op die bank of leunstoel gesit en dut. En toe kom die keelseer van alle sere. 11 dae later is my Outop nog steeds nie homself nie. Ons rus soveel as moontlik en net tyd sal leer of daar vir hom of myself, langdurige newe effekte gaan wees.

Een simptoom wat nie een van ons ervaar het nie was erge koors!

Ons was wel beide baie naar met tye en beslis verminderde eetlus en albei se smaak was aangetas. Beide 'n ligte hoofpyn ervaar met tye. Niks ergs nie.
Outop het in ligte maat self ook spierpyne ervaar. Hy sukkel nog steeds met sinus-tipe simptome. En die uwe het dit genadiglik vrygespring. Hoe geseend is ons nie. Ons lewe en kan getuig dat ons handgeskud het met 'n nare nare ding.

So het twee ou siele en die virus mekaar verpes. Ek kon nie enige PH simptome soos bv. hartritme-afwyking/kortasem/benoudheid toeskryf aan Covid-19 nie omdat dit vir jare reeds deel is van my leefstyl met die asemdief.

My bloedtoets sal Maandag wys in watter mate die Anti Viral medikasie die werking van Warfarin beinvloed het
Title: Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
Post by: Meraai vannie Baai on June 05, 2023, 01:11:01 AM
Interaksie tussen Paxlovid en Warfarin:

Terugvoering: My voorgestelde INR telling moet tussen 2.5 en 3.5 wees (as gevolg van Pulmonale Hipertensie, DVT en Atrial Fibrillasie). 'n Week nadat ek 'n Paxlovid-behandeling vir Covid-19 voltooi het, was my INR vanoggend 1.7 en op advies van die dokter moet die dosis vir die volgende 3 dae verhoog word en dan terugkeer na die afwisseling van die normale dosis soos voorheen. Vrydag weer toets om seker te maak die telling is terug na voorgestelde mikpunte.