Goeie genade! Teen die tyd wat ek "gekonek" is, het ek skoon vergeet wat ek wou sê. Dit is soos om SABC te kyk, na die advertensies weet jy nie meer watter prograg jy gekyk het nie.
Wat wou ek nou weer sê? O ja! Ons het toe weer vanaand die
sjebeen die
restaurant die
Le Stroois besoek. Op die spyskaart was varkribbetjies.
Manne, daai soet-suur-aflek "is to die for".
maar ek sweer daai beer was besig om sy laaste nasate te plant toe hulle hom geskiet het. (Of het hulle hom met die hamer geslaan?) Hoe moet ek nou weet!
Ek was nie by nie, net die nagevolge gesmaak! Taai! Nie soos in met suiker gemeng nie gehoor, taai soos in gebrei dat die sout wit sit, maar nou loop ek die storie vooruit, soos gewoonlik!
Ons was nog besig om te sit en wag, (ja, dit is baie besig) vir die kos, toe spring daar 'n paddatjie onder deur die tafel, onder deur my stoel en kies rigting na die naaste donker hool en Hannes vra: "Skattie, mis jy nie iets nie?" Ek draai my kop en kyk die springende dingetjie agter na... "ag nee wat, ek sien niks met die spoed van witlig wat haar agternasit nie! Kannie myne wees nie!"
hê-hë!
"En daar kla 'n donkie!
Na Naas se strories, wat ek natuurlik met smaak oorvertel het, bars ons altwee kliphard uit van die lag.
Kom die blinkgesig "kelner" so 'n "opgepolishde Botswana gesiggie soos 'n "ge-oliede rosewood hangkas" en vra: ''What's de matter sir? Do you need anything else?"
"Eish!" se Hannes.
Yes sir! Ice is comming up!
Nou lag ons twee dat hoor en sien vergaan!
"Julle, waar was julle?!"
Ons luiddrugtigheid sou nou rerig nie saak maak nie hoor, dit was maar net ons twee spoke daar in
"Le Stroois" dit is nou afgesien van al die "personeel" wat geskitter het in hul afwesigheid.
Hier kom die ou gesegde in: "You pay peanuts, you get monkeys".
"Ver van jou goed, naby jou skade."
Goed, na 'n paar arms swaai en handgebare maak die "kelner" sy verskyning en ons vra of ons dalk nog vanaand ons kos kan kry. (Voor ons heeltemal gesuip raak.)
"Natuurlik."
Ek gaan niks meer seg nie, want julle wil nie weet nie!
So skryf 'n mens boeke en dit alles maak deel van 'n onvergeetlike ervaring.
Ek moes dit net deel voor ek gaan slaap.
Mag julle 'n soete nagrus het. (Geen kappie of deelteken wil iets met my te doen het nie en ek neem hulle ook nie kwalik nie en o ja, ek moet net byseg, swarkop is nou rooikop!
)
Lekker slaap. Ek lief, lief, lief julle!