Author Topic: PM en Botswana  (Read 29351 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
PM en Botswana
« on: March 24, 2012, 03:38:19 PM »
Aitsa, hiers ek weer.  Die paar dae in Botswana was warm, warmer, warmste. Jy kan sien, almal was in die oond.  :dontknow:
Ons soektog na verblyf het ons tot in Mahalapye geneem, so 200km anderkant Gabs.  Gabs is nou die verkorte weergawe vir Gaberone. 
Daar is net nie 'n manier om verblyf vir 'n maand te soek sonder om dit nie eers te sien nie.  Dan het 'n mens 'n keuse.  In Gabs is daar mooi plekke, ook maar net 'n kamer, maar dit is 75km van Hannes se werksplek.
Sou die spoed op die pad 120km per uur was, sou dit nog nie so 'n groot verskil gemaak het nie, maar die pad wissel plek-plek van 60-, dan 80-, dan weer 60km per uur.  Daar loop mos bokke en beeste in die pad, en o ja, donkies, so, vinniger kan dit ook nie gaan nie.  Soms moet jy sommer net doodstil staan en wag vir die diere om koers te kry.
Tussen die substasie en Mahalapye is daar NIKS blyplek nie.  Vir 125km is daar net 'n paar klein dorpies met gastehuise vir ???
Ons het toe plek bespreek by 'n lodge, 30km van die werk af.  Dit is ook net 'n kamer met 'n dubbelbed, 'n badkamertjie sonder 'n stort, en dit is dit.
Daar is 'n mooi eetsaal met tafels buite op die stoep.  Dalk sal ek in die dag daar kan sit met my ou skootbrakkie.
Die plek is nog in aanbou en ek hoop van harte nie dat die lawaai my gaan gek maak nie! 'n Ander keuse het ook nie.  Kop maar eerste in en vasbyt!
Hoe dit sal gaan met die etes moet ons ook maar wag en sien.  Wat sal die kans wees dat ek hulle kombuis kan gebruik? Hannes se vier werknemers woon ook daar, hulle sê hulle sal pap en vleis koop of in daardie plekkies gaan eet.  ???
'n Aandete kos P62.00.  Ontbyt is P58.00.  Gee 120 pulla per dag per persoon.  :dontknow:
Ons het darem 'n "plunger" (is dit nou 'n "moervanger") om koffie in te maak. 
Dit klink nogal na 'n avontuur nê!?


Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: PM en Botswana
« Reply #1 on: March 24, 2012, 04:02:45 PM »
 :icon_biggrin:  :icon_biggrin:  :icon_biggrin: Sien ek nou jou pos hier en dink beslis 'n avontuur.

Ek dink dit was in Botswana of miskien in die Konga, maar ons een vriend vertel heel humoristies hoe hulle gesit en kyk het na die baie groot rotte en toe hy vir die groepie mans sê hy wonder of 'n mens so 'n rot kan eet het hulle begin te gesels en giggel in hulle eie taal. Vertaal die gids toe vir hom dat die mans nou net besluit het dat 99 van die rotte moontlik genoeg sal wees vir ons vriend. :-)

Ek hoop regtig julle geniet dit daar. Op die fotos lyk dit pragtig ongerep, maar 'n maand in ongerep kan dalk lank word.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: PM en Botswana
« Reply #2 on: March 24, 2012, 09:06:10 PM »
Ha lo   :wave:

(By die tyd van die dag weet julle darem al of al die rotte nog rondhol of nie.)  Dit is wanneer jy verlang na ons eie SA en waaraan jy gewoond is. Hier maak jy ten minste jou eie kos en weet alles is dood gekook.
Hoop julle is tog gemaklik en dat julle gou aanpas.
Op so 'n plek kyk jy die kat uit die boom en eet net vrugte en blikkieskos en koekies uit 'n toe pakkie, water uit bottels natuurlik.
Wees net versigtig en laat die beeste en donkies maar eerste loop. 
Hou ons op hoogte, ok?


elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PM en Botswana
« Reply #3 on: March 25, 2012, 06:32:08 AM »
Luister, as ek opvangs het om met julle te gesels, sal ek alles kan uitstaan!  :icon_scratch:  :love7:
Hmmm, rotbiltong! Eish! Of dalk gebraai oor die kole!
Ons vorige Botswana ervaring in Selebi Pikwe het ons oorleef, dit was vir drie maande! Gelukkig het ons toe 'n selfsorgeenheid gehad.
Ek glo ons sal hierdie ook maar moet doen.  'n Mens moet maar die soet en die suur beleef, dalk is dit nie so erg as ons eers daar is nie. 

Ons het die aand in Mahalapye (uitspraak - mahala-pie) oorgeslaap. Die aandete was pap en stukkies vleis en marog en na die volgende oggend se ontbyt was ons goed ge-olie.   :icon_biggrin: Alles swem in olie. Hulle eet met die hand en dan vryf hulle die olie so in die hande in.   :icon_biggrin:

Die water word gereeld getoets, maar ons koop liewers water.  'n Mens kan nie daardie kans waag nie.

n Maand in ongerep? Ag wat, 'n maand alleen tuis, sal baie erger wees.  Hannes was mos Novembermaand Sjina toe, ek weet mos!

Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: PM en Botswana
« Reply #4 on: March 25, 2012, 08:40:29 AM »
Giggel ek terwyl ek lees...
Pap en stukkies vleis (oorsprong?) en marog... wel, jy is vanoggend hier om te gesels.
Natuurlik sal julle oorleef, julle is mos strong bodies.
As julle daar klaar is, kom weer paradys toe dat ons kan kuier.
Rus lekker in die verre land, eersdaags is julle weer by die huis.
Lief julle!!!
elle

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: PM en Botswana
« Reply #5 on: March 25, 2012, 09:26:53 AM »
ek het op pap en marog groot geword - yum-yum!  Klink of dit darem heel avontuurlik is - rotblitong ... nee dankie  :hello2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PM en Botswana
« Reply #6 on: March 25, 2012, 11:18:04 AM »
Hannes het sy baas ietwat gedreig.  Of hy doen nog die Kaapse projek of hy gaan met pensioen!
Ons sal maar sien waarheen die paaie ons lei. 
Ons vertrek Dinsdag die 27ste Botswana toe. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: PM en Botswana
« Reply #7 on: March 25, 2012, 01:57:21 PM »
nou pik ek verward - ek tog julle is reeds in Botswana ????

Yip - hulle beter hom na die Kaapse projek stuur - sommer nou! :bootyshake:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PM en Botswana
« Reply #8 on: March 26, 2012, 08:07:02 AM »
Ons was 'n paar dae daar om verblyf te gaan soek. Wou graag by die eienares hoor of ons die kombuis so nou en dan kan gebruik.  Ons sal maar 'n gasstofie en 'n pot en 'n pan saam neem van hier af.  Die heel nodigste goedjies soos 'n spaan, 'n blikmes, snymes, skeplepel, ens.
Ons wynglase is 'n moet!
Ons het darem 'n kampyskassie om koeldrank en water koud te hou.
Ek ken ook vir Hannes, as hy begin pak... oee, groot uittog, hier kom ons!

Die Kaapse projek behoort iewers in Mei te begin.

Op hierdie trant kan ek maar net sowel 'n huurder kry vir ons huis en 'n karavaan pak en hak!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: PM en Botswana
« Reply #9 on: March 26, 2012, 09:42:01 AM »
Basta met die baas,  :evil6: Of 'n projek of julle kom net 'n lekker kuier gooi op sy Pensioen.  :icon_biggrin:

Geniet Botswana en ry veilig. Laat sommer weet of dit 'n plek is waar ons dalk kan gaan vir 'n kuiertjie?

 :angel12:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: PM en Botswana
« Reply #10 on: March 26, 2012, 11:08:08 AM »
Dan is julle hier om saam ons wees te vuur - dan behoort Andre en ek klaar met die gewig afskud te wees ... ons troue herdinking .. Theo se bday en ons twee se birthday's in Augs ... sommer alles op een dag ... in Junie :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PM en Botswana
« Reply #11 on: March 26, 2012, 12:58:16 PM »
Dit klink na 'n fees! Ek sien al klaar uit daarna, maar julle weet wat gebeur wanneer 'n mens die kar voor die donkies inspan nê?  :icon_biggrin:

Botswana, daar waar ons gaan, is net 'n plek wat jy met vriende kan geniet.  Om sommer net te gaan kuier vir "Botswana", sal nie werk nie.  :nono:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: PM en Botswana
« Reply #12 on: March 26, 2012, 02:04:54 PM »
 :evil6:   :hello:  Nee ek verstaan goed.  :toothy4:

Gaan, as alles goed verloop, die einde van die jaar saam met ander deur Namibia. So gedink dalk kan as die mooi is so iets aanpak die jaar daarna. Of dalk my beter helfde te vat vir tiervisvang in Natal se kant.  :dontknow: Sal maar moet sien waar heen die wind my stoot.  :evil6:

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PM en Botswana
« Reply #13 on: March 26, 2012, 02:38:14 PM »
Ek dink die bo-deel van Botswana is baie mooi.  AB sal moet kom vertel waar en hoe.  Dalk kan julle saam met hom 'n toer doen?  Hy weet mos van!
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PM en Botswana
« Reply #14 on: April 01, 2012, 03:56:44 PM »
Ons het die eerste nag in Zeerust oornag.  Is laat by die hospitaal weg en het met 'n swaar hart daar gery. 
Ek moet allergies wees vir iets.  Weet nie wat nie.  Jeuk en brand van my kop tot by my toontjie.  Nee, dit is stress, seg Hannes.  Jy rek mos uit oor alles.  Nou-ja, dan is ek maar uitgerek!
Die volgende oggend toe ons opstaan toe reën dit Mary Poppinse.  100 km verder is die grens.  'n Uur later is ons daar deur en dit reën nog steeds Mary Poppinse. 
Hier aangekom, deur die modder gly-gly geploeter tot by die kamer. Kan nie kla oor die kamer nie.  Dit het 'n dubbelbed, twee stoele en 'n tafeltjie.  Ons het 'n kampyskassie en 'n gasbottel wat buite staan, want ek is te dik en ongeskik.  Die drie van ons pas net nie in die kamer in nie.  In elk geval, nie gelyktydig nie.  Ek jeuk en brand nog steeds.
Die bad het 'n stortpyp, die probleem is net as jy dit oplig om jou hare af te spoel, dan is die drukking te laag, maar twee dae sonder water het ons geleer om tog maar dankbaar te wees vir die bietjie wat uitpiepie. 
Asof dit toe nou nie genoeg is nie, pik outa toe die pik netjies deur die kragkabel wat die lodge van krag voorsien.  Nou is ons in die pekel.  Ons kouevleis en kaas verlep saam met die blaarslaai. Die rooiwyn en water is warm en die badwater koud.  Plaas ek maar my ou keteltjie saam gebring het! Die naaste winkels is 40 km ver!  Maar toemaar.  More gaan hulle kabel-laste koop en dan sal dit reggemaak word.  Gebruik maar vanaand die parafienlamp.  Jammer ons rekenaars en selfone kan nie ook met die parafienlamp werk nie.  Toe jeuk en brand ek vir 'n eerste plek.
Ons het 'n gazebo'tjie gebring, 'n opvoutafel en twee kampstoele. 
'n Mens waardeer in elk geval die sterreprag as daar geen lig is nie. 
Gelukkig het ons 'n warm ete.  Kouevleis, kaas en brood. Warm rooiwyn is beter as geen rooiwyn nie.  Ons het ook al geleer, koue water is beter as geen water nie. 
Kom die son toe op.  Maak ek toe lekker broodjies met die laaste proviand en laat dit net vir 'oomblik
buite op die tafel.  Toe kom die ape. Toe kom ek terug. Toe is die broodjies weg.  Toe leer ek 'n les. "As jy hulle nog nie gesien het nie is dit nie te sê hulle is nie daar nie." Toe ry ons maar dorp toe.  Gelukkig vir my kon ek iets by die apteek kry vir my gekrap. 
Drieuur die middag is die kragkabel nog nie gelas nie.  Die ou wat die kabels moes las het 'n stuk uitgesny en nie besef hy het nou 'n inlaskabel en nog 'n kabel-las nodig nie.  Maar moenie worry nie.  More sal die krag weer aan wees.  Weet ook nie wat ons gaan doen nie, want die restaurant kan ook nie kos maak nie.  Dit is gelukkig nie ons probleem nie, want ons kan in elk geval nie daar eet nie.  Twee honderd en vyftig pula vir ontbyt en aandete vir drie weke lank, is ver buite ons bereik.  Buitendien is koue water baie lawend vir my rooigevlekte vel. 
Saterdagmiddag, die krag werk weer, die eerste ding is 'n koppie koffie.  Ek het al onttrekkingsimptome begin kry.  Ons besluit ons gaan onsself bederf en gaan eet T-been by die restaurant.  Wat 'n ramp!  Vergeet skoon om te krap!
Dit is Sondag.  Die gejeuk en brand het bedaar. Dankie tog!
Ons maak omelette met kouevleis en kaas en ja sowaar, 'n rooietjie daarby, lekker yskoud.  Hannes sê: "Prins Charles se 0, hy kan nie so lekker eet nie!"
Nou-ja toe, ons sal dit maar van hieraf verder vat.  Ons wou mos graag kamp, nou kamp ons.

 
Om te weet is om te verstaan.