• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Iemand wat min slaap

Started by PM, October 04, 2011, 10:44:02 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ons het altyd gepraat van 'n "nagvreter" en vanoggend skryf Marion vir my dat ek 'n regte "nagbraker" is.
Braak, vir ons, het twee betekenisse:  opgooi en nuwe grond "braak" of "breek".

So, sou ek dit direk vertaal sou dit seker "braker" in die tweede sin van die woord beteken.  Nagbreker.

Nagwolf
Nagkind
Naguil

wat nog?
Om te weet is om te verstaan.

PM

Willa, hier het ek ook 'n woord probeer, maar sonder sukses.  150 keer gelees en nie een antwoord nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

#2
Nagsiel  
Aanduiltjie

Digters, skeppende mense is heel dikwels 'n nagsiel - die beste tyd om te skep is in die middel van die nag.

Jy is 'n regte ou aanduiltjie en dan loop slaap jy met oop oe in die dag!

dis my probreer - wat dink jy
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Naas

Wat van 'n nagmerrieboer? of dalk Nagmerrie wagter.
Nagbraker is iemand wat a.g.v. siekte nie kan slaap nie.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Ah Willa

Ek hou van Nagmerrie Wagter  :toothy4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Ek hou nog van "nagbreker".  Dit is iemand wat die nag in stukkies breek!  Dit is ek daai! As almal slaap dan worstel ek met die nag! My flippedie flip, hoekom kan ek nie in die nag slaap nie! Almal slaap dan! Ek is seker die "security watch" hier rond!  Dan is ek drie uur in die oggend nog steeds wakker en ek slaap nie in die dag nie!  Dit klink vir my na 'n ernstige mediese probleem.  Dalk is dit soos my ou vader geseg het:  Jy moes defnitief 'n klein "te lank in die oond" vermoor het toe jy jonk was!  Maar waar?  Hoekom onthou ek dit nie?
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Dis 'n digterlike/skeppende kreukelkaMer wat jou aan die gang hou - soos baie van ons ... ek slaap so ongereeld ... soms in die middel van die dag .. soms vir 72 uur en meer glad nie ...

maar, ons probeer by routine hou ... elke aand tussen 7/8  kry ons vir Theo rustiger en aan die slaap (nie altyd nie - hy is ook nie te lief vir slaap nie) en dan probeer ons tussen 9/10  in die bed klim ... maar meer male klim ek weer uit en kom skryf .... :hello2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

 :hello2: Pragtig Willa, jy het dit!  :hello2:

Ja, ek dink ook dit is omdat my brein te besig is en aan die ander kant is ek te nuuskierig.  Bang ek mis iets!
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

jy moet Theo se ouma wees want hy wil ook nie slaap omdat hy bang is hy mis iets  :hello2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Ah Willa

ek is eerder 'n kinders as 'n ouer of ouPaMa :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Angelica

Hi julle,  trap ek sommer binne-in hierdie gat vanaand.
My counsellor in hierdie tyd van byna klaar gewerk, het juis vanmiddag vir my gevra of ek genoeg slaap.
NEE, EK SLAAP NIE.   :sleepy1:  !!  My brein is te besig.   :snorting:
Het weer net tot middernag geslaap. 
Sy se vergeet van skapies en bokkies tel. 
Staan op, gaan piepie en klim terug in die bed. 
Dan...  skakel alles uit / dink aan niks wat emosie bevat of aanwakker (? Nou toe nou, klink dit nou nie soos iets wat jou wakker kan hou nie?)
'n Blom se kleur, rustige skakerings ens ens ens.
Ek moet dit probeer vanaand, gaan my slaapmus opsit,  'n warm melkie met heuning drink  :icon_bigsmurf:,   :sleepy1:     :sleepy2:   anders gaan ek inmekaar val more.
Nou as daai mus en heuning nie help....  steel ek klaas vakie se sandsakkie en dop dit op my kop uit.

Sleep tight. 
elle

PM

Jy is reg, dit is nie die slaap wat die probleem is nie, dit is daardie omval as jy nodig het om staande te bly.  Ek het ook al die telding probeer, maar daar is nie genoeg skapies of bokkies nie.  :icon_biggrin:
Ek staan op en doen iets, of skakel die TV aan. More sal maar vir homself sorg. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek het ook al probeer skape tel. Dit werk tot ek aan die slaap raak... dan skrik ek met 'n slag wakker en wonder hoeveel skape het nou deurgeglip terwyl ek geslaap het. Dan moet ek al die verdomde skape oor tel anders kan ek nie slaap nie.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Ah Willa

Julle kan darem nog tel ... ek kan nie eens tel nie ... so ek kyk die skaapies so innie die oe en se loop wei laat ek kan aangaan met skryf ...  :angel8:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

Naas wat verlore skape weer moet tel ... heheheheh ek giggel diekant. Ons het nou al mooi klompie woorde hier. Erf gemerk  :book1: :notworthy: